Welcome to Moriel Ministries...

Moriel is an international multi-faceted ministry of Jewish and non-Jewish regenerate believers one in Jesus the Messiah and is committed to the evangelization beginning with the Jews and also people of other faiths including Islam, Hinduism, Buddhism, and theologically deviant expressions of Christendom including Roman Catholicism (which we view as aberrational much as we deem Talmudic Judaism to be likewise largely unscriptural).

Who Are the Jews - Afrikaans

Wie is die Jode?

Daar is vandag ‘n groot misverstand in die kerk met betrekking tot die ware identiteit van die Jode.

Wie is die fisiese afstammelinge van die twaalf stamme van Israel en waar pas die kerk in hierdie opset? Het God Israel verewig vergeet ten gunste van die Heidense kerk? Is die sekulêre burgers van die moderne Israel God se uitverkore mense? Dit is maar ‘n paar vrae wat deur Christene gevra word wanneer daar oor Israel gepraat word.

Kom ons ondersoek die probleem deur te kyk na twee Skrif gedeeltes wat deel oor die tye van die nasies. Een is in Romeine 11:25 waar Paulus daarmee deel uit ‘n redding aspek wanneer hy sê: Die tye van die Nasies kom tot ‘n einde.” Jesus deel daarmee uit ‘n nasionale profetiese aspek wanneer Hy in Lukas 21:24 sê:

“—en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is.”

God se doelwit vir die Jode is gedeeltelik en tydelik uitgestel alhoewel daar altyd individuele Jode is wat glo. Dit het nie net eendag geëindig nie. God het nie gesê: “Dit is nou genoeg? Ek gaan na die Heidene.” Dit begin in Handelinge 10 toe die eerste Heidene in die huis van Cornelius tot die geloof gekom het, dan is daar die bediening van Paulus.

Dit was progressief, dit was nie net eendag nog die Jode en daarna die Heidene nie — daar was ‘n oorgang periode en so sal dit wees wanneer die tye van die nasies tot ‘n einde kom, daar is ‘n oorgang periode wanneer God Sy genade weer van die Heidene na die Jode gaan draai.

Jesaja profeteer die wederkoms van die Messias en die vroeë kerk was almal pre millennium. Die Nuwe Testament profeteer die wederkoms van Christus in ‘n tyd wanneer God weer Sy genade oor Israel gaan herstel.

Israel se verharding was gedeeltelik en tydelik, God het vir Israel gesê: “Ek het jou geroep maar jy het My verbond gebreek, toe het Ek vir jou Jeremia gestuur maar julle het hom in die tronk gegooi. Ek het vir jou Jesaja gestuur maar julle het hom middeldeur gesaag, Ek het vir jou predikers van geregtigheid gestuur wat herlewing gebring het, Ek het vir jou koning Josia en Hiskia gestuur, Ek het vir julle Esra en Nehemia gestuur maar julle het hierdie herlewings vergeet. Julle het my verbond gebreek en nou het julle My Seun die Messias verwerp, Ek gaan na die Heidene.” Paulus sê vir ons dat daar ‘n tyd gaan kom wanneer die skoen aan die ander voet gaan kom. So het ons dan die Heidene en die Jode. Maar wie is die Jode?

In Genesis 12 is daar die vyf beloftes aan Abraham en dan het ons Paulus se beskrywing in Romeine 2:28?29 van wie ‘n ware Jood is. Paulus gebruik ‘n woordespel hier:

“Want nie hy is 'n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie; maar hy is 'n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.”

Die woord “Lof” is die sleutelwoord, dit is ‘n woordespel. Die woord “Jood” kom van die stam van Juda – Yehudah, sy wortel beteken om “God te loof”. Paulus sê sy lof is nie van ‘n mens nie, ‘n woordespel van wat ‘n “Jood” beteken: ‘n Lofpryser van God uit die stam van Juda.

Die Heidene Herdefinieer “Jood”

Die alledaagse definisie van wat ons vandag Jood noem het grootliks ontstaan by die Babiloniese ballingskap. Oorspronklik was hulle Israeliete genoem. Nou is dit interessant dat die term Jood eerstens op al die afstammelinge van Abraham, Isak en Jakob van toepassing was, hoofsaaklik deur Heidene en nie Jode self nie. Ons sien dit in die Evangelies. In Markus 15:32 word Jesus deur die Jode Koning van “Israel” genoem, maar in dieselfde hoofstuk in vers 2 word Jesus deur die Romeine die Koning van die “Jode” genoem.

Vir die Jode was dit “Israeliete.” Die idee van die populêre term “Jood” was iets wat grootliks gedurende en na die Babiloniese ballingskap ontwikkel het. Volgens 2 Konings 16 het ons die geografiese definisie van die inwoners van die Suidelike koninkryk van Judea. Die enigste wat ‘n Jood was? was die afstammelinge van die Judeërs wat teruggekeer het van die Babiloniese ballingskap. Oorspronklik was hulle “Israeliete” genoem wat van die Hebreërs af kom. 2

‘n “Israeliet” was ‘n afstammeling van Jakob, mense wat met God geworstel het? dinge met betrekking tot die Joodse karakter, die Joodse mense wat met God worstel. Jakob het met die Engel van die Here geworstel. Die rabbi’s noem dit die “Metatrone.” Ons weet dit is ‘n Ou Testamentiese manifestasie van Christus.

Nou, onthou, Jakob het die hele nag met die Engel van die Here geworstel totdat hy Sy gesig gesien het. In Bybelse tipologie is “Nag” die mees algemene metafoor vir die Groot Verdrukking. “Wagter, wagter hoe ver is die nag? Kom Hy in die tweede nagwaak of die derde? Hy kom soos ‘n dief in die nag. Werk terwyl dit dag is, die nag sal kom wanneer geen mens sal werk nie.” Jakob het met die Engel tot die einde van die nag geworstel. Ongelowige Israel gaan deur die hele verdrukking en dan sal hulle Jesus aan die einde van die verdrukking herken. Wanneer jy “Jakob” in die Bybel sien dan is dit etnies spesifiek tot die Jode. Hulle worstel met God. Maar voordat hulle ‘n nasie geword het, na die Eksodus, was hulle geken as “Hebreërs.”

Die Nuwe Testament ontwikkel dit verder, hier is ‘n Jood ‘n afstammeling van die Suidelike Israeliete, dit is van die Judeërs wat terug gekeer het van Babiloniese ballingskap deur die Hasmoniese periode na die Makkabeërs. In die Evangelie van Johannes egter stel hy dit uit ‘n spesifieke oogpunt. Hy gebruik die term “Jood” in ‘n unieke wyse in teenstelling met die ander Evangelies en dit het al aanleiding gegee tot groot misverstande en anti Semitiese denkes onder Christene, maar dit is nie die geval as ons die konteks reg verstaan nie. Ons het ‘n vertaling probleem van die woord “iudeos”. Johannes gebruik

hoofsaaklik die term “Jood” behalwe in Johannes 4 waar hy Jood gebruik as om te beteken? “‘n lid van die godsdienstige instelling” wat oorheers was deur die Sanhedrin wat in en om Jerusalem gewoon het.

Wanneer jy ‘n beskrywing sien soos: “as gevolg van die Jode” of “enige van die gelowige Jode” dan beteken dit hulle was almal Joods. Wat dit beteken is dat diegene wat partydig was vir die godsdienstige instellings, gewoonlik die Fariseërs? somtyds ook van ander sektes, maar almal was onder die oorheersing van Sanhedrin. Die Briewe en Handelinge gebruik die meer algemene term “Jood” in ‘n meer algemene wyse. Iemand wat nie Heidens is nie; iemand wat nie ‘n “gear” is nie; of iemand wat nie ‘n Samaritaan is nie.

Judaïsme.

Daar is drie hoof tipes van Judaïsme: Mosaik, Talmoedies en Isralie Juridies. Twee is geldig? een is nie. Die eerste? Mosaise Judaïsme waarvan ons lees in die Pentateug, die eerste Vyf Boeke van die Tenaag? die Ou Testament. Dit was ‘n Judaïsme wat nie bestaan het tot en met 70n.C. nie. Die Profeet Daniël sê dat die Messias moes kom en sterf voor die vernietiging van die tweede Tempel. Volgens die Mishna (volg Sanherin 96b) moes wie ook al die Messias was kom en sterf voor die vernietiging van die tweede Tempel. Wat ‘n feit is, is dat daar mense is wat Jesaja 53 as ‘n verbode hoofstuk beskou. Die Talmoed sê daar is ‘n vloek in Daniël 9 vir iemand wat dit lees. Hoekom? Die tyd van die koms van die Messias word hier beskryf. Die Messias moes kom en sterf. Baie Joodse mense worstel met die vraag: “As Jesus die Messias was, hoekom is daar nog steeds oorloë? Hulle verstaan nie. Daniël sê wanneer die Messias moes kom en sterf en oorloë en verwoesting sal wees tot die einde. Jesus bring ‘n wêreldwye vrede met Sy Tweede Koms.

In Judaïsme het ons twee beelde van die Messias: Mashiach ben?Yoseph en Mashiach ben?David – Die Seun van Josef en die Seun van Dawid. Met Jesus se Eerste koms het Hy gekom in die karakter van Josef, die een wat deur sy Joodse broers verraai is en in die hande van die heidene verkoop is. Sy broers het Hom nie met die eerste koms herken nie— hulle herken Hom wel met die tweede koms. En hulle het bitterlik saam met Josef geween en so sal dit weer wees met die Seun van Josef. Met Sy tweede koms is Jesus die Seun van Dawid wat die Messiaanse Koninkryk gaan oprig. Ja, Jesus sal vrede bring maar met sy eerste koms het Hy redding gebring. En so het ons Mosaïese Judaïsme, die Judaïsme van Moses wat nie bestaan het vanaf 70 n.C. nie.

Niemand wat die Bybel lees sal tot van die gevolgtrekkinge kom wat vandag voorkom nie. Daar is duisende mense wat tot wedergeboorte gekom deur net die lees van die Nuwe Testament. Niemand wat die Nuwe Testament lees sal ooit ‘n Jehova se Getuienis, ‘n Mormoon of ‘n Roomse Katoliek word nie. 3

En geen Jood wat die Tora lees sal glo dat Talmoediese Judaïsme die Judaïsme van Moses en die profete is nie, (In Hebreeus Moshe Rabeinu) Die woord “rabbi” word nie eers in Tenaag gevind nie. Dit is die tweede Judaïsme – dit is Talmoedies en dit was ingestel deur Rabbi Moshe Yochanan Ben ZaKai by die raad van Yavne in 90 n.C. Hy was Paulus se klasmaat uit die skool van Gamaliël en deel van die dieselfde groep rabbi’s wat deur Gamaliël opgelei was, die kleinseun van Rabbi Hillel van die Farisese skool van Hillel.

Dit is ‘n verhaal van twee rabbi’s, hulle was klasmaats: Rabbi Saul van Tarsus en Rabbi Ben ZaKai. Met die vernietiging van die tempel in 70 n.C.was Rabbi Yochanan Ben ZaKai in ‘n kis uit Jerusalem gesmokkel waarna hy ‘n raad saamgeroep het waar die Hebreeuse Kanon? die Ou Testament saamgestel was. Hy het gesê: Wel inplaas van ‘n tempel het ons nou ‘n sinagoge en inplaas van ‘n hoë priester het ons nou ‘n rabbi en in plaas van offers sal ons meer Mitsvot—goeie werke hê. Elke Jood sal een van hierdie klasmaats volg, of Yochanan Ben ZaKai wat geen versekering van saligheid het nie? of Rabbi Saul van Tarsus wat seker is van sy saligheid as gevolg van Yeshua wat sy Messias is.

Talmoediese Judaïsme is nie die Judaïsme van Moses en die profete nie, dit is ‘n mengsel, dieselfde soos in die geval van nominale Christene. Dit kom in verskeie vorms? Hassidiese (Kabalistiese gelowiges in Joodse Mistieke) Ortodoks, konserwatief en dan die Liberale Hervormers wat basies Humaniste is, ‘n godsdiens wat meer te doen het met kultuur en etiek as met ware geloof? dit is Talmoediese Judaïsme.

Dan is daar die derde soort Judaïsme? ook geldig, dit is wat Paulus en die Apostels onderhou het. Dit die Judaïsme wat sê dat Jesus die Messias is wat die Tora vervul het? Messiaanse Judaïsme. Maar in die Messiaanse beweging van die dag is daar die goeie, die slegte en die lelike.

Kom ons praat oor ‘n definisie van status wat ‘n Jood nie is nie. Paulus skrywe in Romeine 2:28?29:

“Want nie hy is 'n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie; maar hy is 'n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.”

Wat ons hier sien is geestelike en nie volgens die letter nie. Nou, hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene, in sy hart is.

‘n Misvertaling van hierdie twee verse is een van die dinge wat vuur in die vervangings teologie geblaas het. “O’ ons is Jode in die verborgenheid, ons is aan ons harte besny.” Maar as jy ‘n brief ontvang kan jy nie ‘n uittreksel uit die brief neem en dit in isolasie van die ander inligting van die brief lees nie. Romeine is ‘n brief en hierdie vertolking is direk in teenstelling van dit wat jy verder in die brief lees, net in hoofstuk 11, en Paulus skryf onder die inspirasie van die Heilige Gees? Ruach Ha Kodesh, en daar word onderskeiding gemaak tussen die natuurlike en die ingeënte takke.

In Jeremia 31:31 lees ons:

“Ek sal ‘n Nuwe Verbond sluit (letterlik sny) met die huis van Israel en die huis van Juda, nie soos die verbond wat Ek met julle vader gesluit het nie.”

Hierdie verbond is nie met die kerk gesluit nie, Jesus het nooit ‘n verbond met die Kerk gesluit nie, Hy het ‘n verbond met Israel en die Jode gesluit. As God klaar is met die Jode dan is Hy ook klaar met ons. Gelukkig is die verbond nie afhanklik van die getrouheid van mense nie maar van God. God het van die

begin af geweet dat Sy mense ontrou sou wees en enige iets wat ek kan sê oor die ontrouheid van Israel kan ek ook oor die ontrouheid van ‘n teruggevalle Kerk sê.

Dit is waar dat Heidene? nie?Jode wat glo? die Jode vervang wat nie glo nie. Gelowige Heidene vervang die Jode wat afgekap is van hulle eie boom, maar dit is nie ‘n nuwe boom nie, dit is dieselfde boom. Ons sien nie die wortel nie maar as daardie wortel dood is dan is die boom ook dood, as God klaar is met Israel dan is Hy ook outomaties klaar met die kerk.

Wat van die tien verlore stamme van die noorde?

Die Skrifte vertel vir ons wat met hulle gebeur het. Die getroue mense van die Noordelike Koninkryk van Israel het in die dae van Koning Asa na die suide gekom terwyl hulle stam identiteit behoue gebly het.

Dit is waarom die brief van Jakobus gerig word aan die twaalf stamme. Anna? in die verhaal van die Geboorte in die Boek Lukas was uit die stam van Aser. 4

Die Mishnah in die 3de en 4de eeu gee vir ons verskillende verslae van mense se stam identiteite en volgens die Skrifte was hulle nooit verlore nie, van hulle het met Assirieërs getrou en die Samaritane geword. Ander weer het in die Assiriese Ryk ingeweef en die Joodse bevolking van sentraal Asië geword, of hulle is dood eenvoudig net opgeneem.

Romeine 2:28?29: sê vir ons:

“Want nie hy is 'n Jood wat dit in die openbaar is nie, besnydenis is dié van die hart.

Jeremia 9: 25?26 gebruik die term: Diegene wat besny is maar nie besny is nie. Hy sê van hulle:

“?? daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek besoeking sal doen oor almal wat besny is, wat nogtans onbesnede is: oor Egipte en Juda en Edom??”

Let op hy plaas Juda tussen die Heidense nasies. Hoekom? As Jode hulle soos Heidene gedra dan is hulle nie beter as die Heidene nie, jy het jou Joodse erflating verwerp. Joodse mense wat hulle Messias verwerp het? het ook hulle Joodse erflating verwerp. Maar soos wat Paulus duidelik sê? hulle kan weer aan hulle eie boom ingeënt word.

God kan Jode maklik weer laat glo omdat Hy alreeds iets baie meer moeiliker gedoen het, Hy het Eskimos, Venezuelane, Sjinese, Europieërs laat glo in ‘n Joodse God. As God alle nasies in die vervulling van Jesaja 11:1 kan neem, die goyim sal kom na die wortel van Jesse; as Hy nie?Jode tot die geloof van hierdie veragte klein volkie kan bring, hoe maklik kan Hy nie Jode laat glo aan hulle eie Messias nie?

Besnydenis is ‘n metafoor vir bekering. Wat is die status van nie?Jode wat weergebore gelowiges is? Ons lees daarvan in Jesaja 56:3 en Efesiërs 2:12. Jesaja sê vir ons:

“En laat die uitlander wat hom by die HERE aangesluit het, nie spreek en sê: Die HERE sal my gewis afskei van sy volk nie; en laat die ontmande nie sê: Kyk, ek is 'n droë boom nie.”

God sal jou nie afskei van die Joodse mense as jy jou geloof in die Joodse Messias gestel het nie. Onthou, Abraham is die vader van almal wat glo, dit is omdat hy ‘n heiden was wat ‘n Jood geword het deur bekering. Etnies was Abraham beide ‘n Jood en ‘n Heiden, dit is hoekom hy die vader is van almal wat glo. Dit is waarom ons Heidene in die geslagsregister van Jesus sien? Hy het die Redder geword van almal wat glo. In Efesiërs 2:11?13 gebruik Paulus ‘n politiese term in die Griekse taal vir burgerskap.

“Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld. Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.”

Heidene is deur die geloof ingeënt in Jesus en deur aanneming en aartsvaderlike insluiting. By aanneming word die vader wettiglik die baba se vader en die moeder wettiglik die moeder. En met dit volgens die Skrifte beteken dit ook voorvaderlike insluiting. In 1 Kor. 10 skryf Paulus hoofsaaklik vir die Heidense kerk: “Ons vaders was almal onder die wolk en almal het deur die see gegaan??” Deur geloof in die saad van Abraham het Abraham die vader van almal geword en dit maak nie saak wat se ras jy is nie.

Tweedens, deur bekering, ‘n verandering van geloof. Daar is twee soorte bekering. Wanneer ‘n Boeddhis tot redding kom dan is hy nie meer ‘n Boeddhis nie, wanneer ‘n Hindu tot bekering kom dan hou hy op om ‘n Hindu te wees, en wanneer ‘n Jood tot redding kom dan is daar ‘n ander woord wat gebruik word vir bekering – dit is teshuva. Hy draai van sonde na God en sy Joodse identiteit word volbring. Heidene kom tot bekering, Jode word volbring? teshuva.

Ons sien dit soos in ‘n geval waar ‘n swart Afrikaan baba van heidense afkoms deur ‘n Poolse Christelike familie aangeneem word. Hy word ‘n Pool deur ‘n wettiglike aanneming en hy is verander tot die Christendom. Maar dan word hy groot en trou met ‘n Poolse meisie, hy word Pools deur ‘n huwelik verbintenis en hy leer om Pools te praat en hy word ‘n pool deur kultuur, maar hy is nog steeds swart. So is dit wanneer ‘n nie?Jood ‘n gelowige in Jesus word.

Deur aartsvaderlike insluiting word hy nie ‘n Jood nie maar ‘n seun deur aanneming? deur bekering? Godsdienstige bekering. Of hy word ‘n seun deur ‘n huwelikse verbintenis omdat Christus die bruidegom is van ‘n oorheersende Heidense kerk. 5

In 1 Korinte 9 lees ons van ‘n kultuur aanpassing, wanneer Heidene Nagmaal gebruik dan herdenk hulle die natuurlike opvolger en betekenis van die Pasga, dit is die status van ‘n Heidense Christen. Dink aan hierdie verhongerde kind uit Afrika wat deur ‘n Europiese familie aangeneem is, met alle goeie bedoelings, wettiglik, huweliks of kulturele redes het hy soos ‘n Pool geword, maar hy is nog steeds en bly ‘n swart Afrikaan, hy behou sy identiteit, maar hy is net so goed as enige ander Pool. Mense is net so lief vir hom as vir enige ander Pool.

Dit neem nie minder liefde om ‘n kind aan te neem as om een te verwek nie. Hy het dieselfde wetlike regte, dieselfde wetlike status.

Dan is daar die wetlike definisie. Die eerste is die Israelse wet van terugkeer. Die vader van die Sionistiese Beweging het vir dekades lank hieroor geargumenteer. Ben Gurion het gesê: “ Laat ons vyande besluit wie ‘n Jood is.” Dit is wat hulle gedoen het. Omrede die Nazi’s gesê het dat as jy een Joodse groot ouer gehad het dan gaan jy na ‘n konsentrasie kamp. Die Israelse regering het gesê as jy een Joodse groot ouer gehad het dan het jy die reg om Aliya te maak en om na Israel te immigreer, dit was die oorspronklike wet van terugkeer.

Tweedens was daar die Hilachic standpunt in die Joodse godsdienstige wet. Volgens Hilachic kon dit deur huwelikse afkoms wees. As jou moeder Joods was of as jy ‘n Hilachic bekering tot Judaïsme gehad het, met ander woorde— die besnydenis, dan het jy ‘n aartsvaderlike insluiting ontvang as jou moeder Joods was.

Derdens was daar die Israeliese Rabbynse definisie van ‘n Joodse status wat dieselfde is as die Hilachic, uitgeslote die dryfsand van Israeliese politiek wat dinge erg kompliseer.

Van die ongeveer 55 nasies van die wêreld wat demokrasië is — is daar net een waar ‘n Jood nie godsdienstige vryheid het nie, en dit is Israel. Dit is die Israelse Rabbynse definisie van ‘n Joodse status. Hulle sê jy moet aanvaarbaar wees volgens die Shulchan Aruch, ‘n kodifisering van die Mitsvot deur Rabbi Yosef Karo van eeue gelede, en as jy nie die Shulcan Aruch aanvaar het nie dan is jy offisiël nie ‘n Jood nie. Dit het ‘n dilemma veroorsaak vir swart Afrikaanse Jode, die Falashe, dit het ‘n dilemma veroorsaak vir Jode wat van Indië af gekom het, ‘n Yehudin; en dit was ook ‘n dilemma vir enige Jood wat nie ortodoks was nie. ‘n Anti? Sionistiese Rabbi het nie ‘n probleem om ‘n rabbi te wees nie maar ‘n hervormde of liberale Rabbi kon nie ‘n lissensie kry nie. Weereens, ons praat oor hoe mense godsdiens vryheid van Jode weerhou het; ek stem saam dit was ‘n historiese tragedie, ‘n oneer, maar Israel weerhou vryheid van godsdiens vir Jode, en nog meer vir die Messiaanse Jode. Dit bring ons by die Israelse Wetlike posisie.

Verskeie jare gelede het hulle besluit dat ’n Jood nie ‘n Jood is as hy hom tot ‘n ander geloof bekeer het nie, vernaamlik as jy “mikve?brit” ontvang het, die water doop, al was dit ‘n politieke georiënteerde besluit.

Nou, as jy na hierdie vier wetlike definisies kyk wat bepaal wie ‘n Jood is in terme van ‘n wetlike status dan is dit duidelik dat daar geen konsensus bestaan nie. Daar is geen wetlike en geen godsdienstige konsensus nie. Hulle maak willekeurige besluite wat gebaseer word op politieke belange om ‘n Joodse identiteit te bepaal.

Skriftuurlike klassifikasies.

Maar wat sê die Skrifte? Die Tenaag, die Ou Testament is hoofsaaklik vaderlik maar met ‘n moederlike geslagsregister in Kronieke, en dan is daar die verhaal van Rut. Dit is baie belangrik. Ortodokse rabbi’s sal ‘n poging aanwend om die Messiasskap van Jesus en die belangrikheid van Nuwe Testament te diskrediteer op die basis van stambome. Maar wat hulle nie vertel nie is dat die Rabbynse literatuur self (Sanhedrin 25C) vir ons sê dat Lukas se stamboom deur Maria is.

“O’ ja, maar die Joodse identiteit moet deur die vader wees!”

Die rabbi’s sê dit moet deur die moeder wees. Die rabbi’s weerspreek hulleself, maar in Kronieke en Rut is daar ‘n voorbeeld van moederlike geslagregisters. Die Nuwe Testament is egter meer vry, dit kan vaderlik of moederlik wees. 6

Paulus het Timótheüs besny, onthou die besnydenis was nie oorspronklik deel van die Wet van Moses nie, dit was lank voor dit aan Abraham gegee. Besnydenis? brit?mila, het die gee van die Wet op die berg Sinia voorafgegaan.

As God ‘n groot nasie wou gehad het om Sy boodskappers van redding te kon wees, as God Sy Woord en Sy genade aan ‘n groot nasie wou gegee het kon Hy Babilon gekies het, of Assirië of die Grieke van die ou wêreld, of die slim besigheid mense, die Phoenisiane.

Ons moet onthou dat in die tyd van Dawid en Salomo toe Israel op sy kruin was, was hulle nie ‘n super moondheid nie, en Israel sal ook nie ‘n super moondheid wees tot en met die Millennium van Christus nie. Hoekom het God so klein volkie gekies? Dieselfde rede waarom Hy ons gekies het. Hoekom is dit makliker vir ‘n arm persoon om tot redding te kom as ‘n welgestelde persoon? Hoekom is dit makliker vir ‘n ongeleerde persoon om tot bekering te kom as ‘n geleerde? Sodat niemand kan roem nie. Minder grond vir trots, minder grond vir “Kyk na my.” Sodat ons kan weet dat ons niks meer is as onverdiende sondaars van onverdiende genade. Dit is hoekom God my gekies het.

Moet nie die natuur van uitverkiesing misverstaan nie, dit is nie vir status nie, dit is vir diens. Tweedens, voorregte kom met verantwoordelikhede. Seëninge het altyd ‘n teenvoeter. Romeine 1:16:

“—die evangelie is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo,?”

Vir die Jood eerste, dit is waar, maar net so die nagevolge vir die verwerping daarvan, dit is beskikbaar vir die Jood eerste? dit is reg. Aan hulle behoort die Godspraak, die Nuwe Testament sê so. Redding is beskikbaar vir die Jode maar ook die resultaat vir die verwerping van die genade. Hoekom die ondersoek, die gasoonde, volksmoord? Hoekom anti Semitisme? Hoekom in hulle eie land, die Jode het geen vrede nie? Lees Levitikus 26, Deut. 28, en lees Deut. 18:18:

“Ek sal ‘n Profeet soos Moses vir julle opwek??”

Luister na Hom? die Messias. Ja, redding is beskikbaar vir die Jood eerste maar so ook die gevolge van die verwerping daarvan. ‘n Gelowige Heiden word ingeënt aan die boom; ‘n ongelowige Jood word afgesny van sy eie boom, wat ‘n tragedie!

Katolieke net soos Hervormde protestante het die kinderdoop in die plek van besnydenis geplaas, dit was ‘n nasionale verbond, die staatskerk. Mense het gedink hulle is in verhouding met God eenvoudig as gevolg van dat hulle gebore is in ‘n familie wat besny is. Dit is direk in teenstelling wat dit veronderstel was om te beteken? dit is nie volgens die Verbond wat met die vaders gesluit was nie.

Die Verandering.

Jeremia sê dit sal so wees wanneer die Messias kom.

Toe Johannes die Doper gekom het, en hier gebruik ons Joodse Midrasj om dit te verklaar? het hy gesê dat God Abraham se kinders uit die klippe kon verwek. Onthou wat het Jesus op Palm Sondag gesê met verwysing na die boustene van die Tempel. Wat Hy in Joodse metafoor gesê het was dat as julle My nie aanneem nie dan sal die klippe uitroep, as julle My nie aanneem en My nie erken as die Mashiach nie sal die Heidene dit doen? die klippe sal uitroep. 1 Petrus 2:5 verklaar:

“—ons is die boustene van die tempel.”

So, wat maak die tye waarin ons leef verskillend van die ander tye in die geskiedenis toe gelowiges gedink het dit is die Laaste Dae?

Dit was nie die eerste keer dat die gebeure in die Midde Ooste die middelpunt van die wêreld gebeure was nie. Ek glo dat wat nou in die Midde Ooste gebeur profeties belangrik is, maar dit is nie die eerste keer wat dit gebeur nie.

Die Plymouth Broeders het gedink Napoleon was die Antichris. Gelowiges in Engeland het gedink Mussolini was die Antichris. Gelowiges in Engeland het gedink Napoleon was die Antichris omdat hy die Midde Ooste ingeval het en probeer het om die Romeinse Ryk te her?konfedereer. Hy het ‘n kroon op sy kop gesit en homself Keiser gemaak. Hulle het gedink hy was die Antichris. 7

In die eerste eeu het die Messiaanse Jode gedink dit is die einde van die wêreld en toe hulle onder leiding van Simeon, die neef van Jesus uit Jerusalem ontvlug het? het hulle gedink dit is die einde van die wêreld, hulle het gedink die wegraping het plaasgevind.

Toe die vulkaan in die berg Vesuvius uitgebars het en die vulkaniese as in die atmosfeer die son en maan verduister het en die tempel vernietig was het hulle gedink Nero is ‘n Antichris figuur. Die Roomse Keisers het mense genommer, hulle het mense se koppe getel om finansiële beheer te verkry. Mense het gedink dit was die einde. Hoekom is hierdie tyd anders?

Daar is ongeveer sewe hoof tye en ten minste nie minder as ‘n dosyn ander belangrike tye waar Christene gedink het dit is die Laaste Dae. Wat maak ons tye verskillend van hierdie tye in die geskiedenis toe ware geredde wedergebore Christene gedink het dit is die Laaste Dae? Wat was toe weg wat vandag nie weg is nie?

My Israelitiese seun Eli was ‘n honderd jaar gelede weg, my vriend Kev was vyf honderd jaar gelede weg; my broer Larry was ‘n duisend jaar gelede weg; my broer Dawid was duisend vyf honderd jaar gelede weg, maar hulle is nie nou weg nie.

Die tye van die Nasies kom tot ‘n einde. Vyftien jaar gelede het die Amerikaanse kollege van Rabbi’s ‘n verklaring uitgereik wat sê dat meer Jode in die laaste agtien jaar in hulle Messias begin glo het as in die laaste agtien eeue. Dit was vyftien jaar gelede. Ons gaan ‘n tyd bereik wanneer hele sinagoges Jesus se

Messiaskap gaan aanvaar. Ek het vriende wat rabbi’s is? ortodokse rabbi’s wat tot redding en die geloof gekom het.

Wat het God vir Israel gesê toe die tye van die nasies begin het? “Vir eeue het Ek het My hande uitgestrek na julle o’ Israel, Ek het by julle gepleit om My verbond te hou, om voor te berei vir My Messias, maar julle het gerebelleer. Ek het vir julle Jeremia gestuur maar julle het hom in die tronk gegooi. Ek het vir julle Jesaja gestuur maar julle het hom middeldeur gesaag. Ek het die een na die ander profeet gestuur maar julle het hom tussen die voorportaal en die altaar gestenig. Ek het vir julle My boodskappers gestuur, predikers van geregtigheid? Israel, maar julle het hulle verwerp. Ek vir julle mense gestuur wat herlewing gebring het; Ek het Hiskia en Josia, Esra en Nehemia gestuur, maar julle het hierdie herlewings vergeet. Ten laaste het julle My Seun verwerp? nou gaan Ek na die Heidene.”

Maar nou kom die tye van die nasies tot ‘n einde. “Ek roep jou Heidense kerk; Ek roep julle Engels sprekende nasies; Ek roep julle Protestante demokrasieë; Ek roep jou Amerika; Ek roep jou Brittanje; Ek het vir jou My verbond gegee. Ek het vir julle John Bunyan gestuur maar julle het hom in die tronk gegooi. Ek het vir julle William Tyndale gestuur maar julle het hom op ‘n brandstapel gebrand. Ek het vir julle John Hus gestuur maar julle het hom ook verbrand. Ek het vir julle predikers van geregtigheid gestuur wat herlewing in Amerika gebring het; Ek het vir julle Jonathan Edwards gestuur; Ek het vir julle DL Moody en Billy Sunday gestuur; Ek het vir julle Dwight Moody gestuur, julle het hierdie herlewings vergeet Amerika! Julle het My Seun verwerp nou neem Ek my Genade terug na My mense van ouds? Israel.”

Dink julle dit is wat ek dink wat gaan gebeur? Ek sê dit deur die Gees van Jesus! Nee, dit is wat nou besig is om te gebeur. Voordat God Sy genade na die Heidene gebring het? het die tweede grootste insameling van Joodse siele in die tweede eeu plaasgevind, tot die wêreldse Joodse Historikus Max Dimont het gesê dat ten minste 25% van die Jode in Jerusalem Jesus as hulle Messias aangeneem het voor die rebellie van Bar Cochba in ongeveer 120 n.C.

Laat ons glo en vertrou dat God dit weer sal doen. Al wat ek wil sien voordat God Sy genade weer na Israel neem is dat Amerika en Brittanje nog een kans sal kry om tot bekering te kom. Israel verdien dit nie en ons ook nie, maar God is besig om Sy genade terug te bring na die Jode, die tye van die nasies kom tot ‘n einde en dit sal nie weer kom nie, die tyd is nou! †††

Welcome in the demo
Another demo

Links and resources

Please note any link from anywhere within the Moriel Ministries web site does not necessarily imply endorsement...

Educational Resources

These Books are books that young Christians should read. these are foundational works for…
BeAlert!

BeAlert!

Our Moriel correspondent, Sandy Simpson, is the editor of Be Alert! Whose job as…
Links

Around the Web

It's very important that you clearly understand that the inclusion of any link from…
Moriel Affiliates

Moriel Affiliates

Moriel is an international multi-faceted ministry of Jewish and non-Jewish regenerate…

Questions for Catholics

Questions for Jewish People

Questions for Mormons

Questions for Hindus

Questions for Muslims

Questions for Jehovah's Witnesses

Questions for Seventh Day Adventists

Copyright © 2024 Moriel - God is my Teacher. All Rights Reserved.

Maintained by Cybersalt