Welcome to Moriel Ministries...

Moriel is an international multi-faceted ministry of Jewish and non-Jewish regenerate believers one in Jesus the Messiah and is committed to the evangelization beginning with the Jews and also people of other faiths including Islam, Hinduism, Buddhism, and theologically deviant expressions of Christendom including Roman Catholicism (which we view as aberrational much as we deem Talmudic Judaism to be likewise largely unscriptural).

One Messiah Two Comings - Afrikaans

Een Messias, Twee Verskynings

En toe Hy nog saam met hulle was, het Hy aan hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het. 

Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank na hierdie dae nie. Die wat bymekaar gekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig? En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur Sy eie mag bepaal het nie; maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde. (Hand.1:4?8) Die mense met Restorasie denke vra die vraag: "Here gaan U in hierdie tyd die koninkryk weer oprig?"

Die term, "Restorasie" word vandag weer oral gehoor: Die heropbouing van die koninkryk. Hierdie term egter word net een keer in die Nuwe Testament gebruik, nie in die konteks van herstelling van die triomferende kerk nie, maar van Israel. Hierdie beweging se doelwit is om drie dinge te herstel wat, om mee te begin, egter nooit bestaan het nie!

Die eerste ding wat hulle probeer herstel is 'n uitgawe van die eskatologie, 'n oordrewe verwerklikheid. Dit word genoem: Die heersers (Dominionism) of oorwinnaars. Dit is die dwaaldenke dat die kerk sal heers vir Christus vóór Christus se wederkoms en die oprigting van Sy Koninkryk.

Die waarheid egter, is dat dat daar eers 'n groot afval gaan kom en dan sal die kerk aan die einde wel triomfeer, maar, dit is absoluut afhanklik van die wederkoms van Christus. "En die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel." (Rom.16:20) Daniël praat ook spesifiek en reguit van die vervolging wat in die laaste dae sal plaasvind.??"Ek het gesien dat hierdie horing (Hy praat hier van die Antichris) oorlog voer teen die heiliges en hulle oorwin todat die Oue van Dae kom en aan die heiliges van die Allerhoogste reg verskaf is en die bepaalde tyd gekom het dat die heiliges die koninkryk in besit geneem het. (Dan.7:21?22) Die Koninkryk nou Teologie maak valslik daarop aanspraak dat die heiliges eers in beheer van hierdie koninkryk moet kom vóór Christus se wederkoms terwyl die Woord van die Here dit baie duidelik stel dat dit eers gaan gebeur ná die wederkoms van Christus! Hierdie dwaling het egter al verskeie kere, meestal by draai punte in wêreld geskiedenis, in sekere tydperke van die kerk geskiedenis sy kop uitgesteek. Gedurende die agteruitgang van die Romeinse Ryk was dit bekend as Montanisme, (2 N.C.) wat dieselfde chaotiese toestand veroorsaak het in die gemeentes as wat ons dit vandag weer sien met die moderne Restorasie beweging waar die klem weer verskuif het na wonders en tekens wat mense mislei en in hierdie beweging intrek sonder enige Bybelse Teologiese kennis.

Valse Profesiee

Gedurende die herlewings tydperk was dit die Munster Anababtiste wat die volgeling was van die profete van Zwickow?Hierdie was 'n groep wat dieselfde dinge gedoen het as wat die Kansas profete vandag doen??, }}HULLE PROFETEER DINGE WAT NIE GEBEUR NIE!

Die tweede ding wat hierdie beweging probeer om te herstel is die beskouing van die profetiese gesag, wat totaal onbybels is. Die Bybelse siening van 'n profetiese gesag is dat 'n profeet verantwoordelik is vir wat hy sê. So was daar 'n persoon van die 'Vineyard' beweging wat beweer dat die Nuwe Testament leer dat ons net gedeeltelik in profesieë kan reg wees. En so kan John Wimber en Paul Caine (En andere) profeteer in die Naam van die HERE en net half reg en half verkeerd wees en nog steeds Bybelse profete wees?!! Hierdie idee is absoluut vals en uiters gevaarlik, sulke mense is mislei en hulle bedrieg en mislei onskuldige mense.

Derdens probeer hulle om 'n uitgawe van Apostoliese gesag weer in te stel wat ook onbybels is. Apostoliese gesag volgens die Skrifte was hoofsaaklik Skriftuurlik, en die vraag is: Bestaan die Apostoliese gesag, soos wat dit aan die twaalf Apostels gegee is, nog net so in die kerk van vandag? Ja, beslis, dit bestaan en word bewaar deur die Heilige Gees in die Geskrifte van die Apostels en van Paulus.

Daar was ook ander soorte Apostels, kerkbouers en bediening onder hulle, maar soos wat ons dit in die Nuwe Testament sien, was die Apostoliese gesag meervoudig.

Die Heilige Gees sê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek julle geroep het" (Hand.13:2) Jesus stuur die Apostels twee twee uit, en so is Skriftuurlike Gesag altyd meervoudig.

Die model egter, in die huiskerk skemas van die restorasie bewegings, is gebasseer op 'n piramiede gesag struktuur waar die apostel die hoofsweep is. Wat hulle dus hier het is 'n Apostoliese gesag wat niks anders as 'n tipe van 'n swaarhand leierskap is nie (Niko?Laïete) Skriftuurlike Apostoliese gesag word altyd gekenmerk aan verantwoordelikheid, en Paulus en Barnabas was altyd verantwoordelik aan die gesag uit Antiochië, en bo dit is die Bybelse Apostoliese gesag gekenmerk deur die onderdanigheid aan mekaar soos in Hand. 15, en dit was nooit 'n eenman vertoning nie.

Wat die restorasie beweging vandag beskou as apostoliese gesag is niks ander as swaarhand leierskap idees wat gebasseer is op Gnostisme. Hierdie mense maak aanspraak dat net hulle 'n subjektiewe openbaring of "kennis" (Gnosis) het, en as 'n persoon 'n saak nie kan insien nie, dan maak hulle daarop aanspraak dat die mens mislei is! Waarlike hernuwing of restorasie het niks te doen met die kerk nie maar met die heropbou van Israel.

Die vervangings beweging het die idee dat die kerk in die plek van Israel gekom het, en ontken enige betrokkenheid van Israel en die Jode in die eindtyd profesieë, dit is ook totaal onbybels en onskriftuurlik. Rom.11 leer dat Israel die "Wortel" is, en die wortel dra die boom, nie die boom die wortel nie, die wortel is onder die grond en omdat dit nie gesien kan word nie, beteken dit nie dat dit nie daar is nie. As die boom nie 'n wortel het nie sal hy doodgaan. Dus, as dit klaar is met Israel, dan is dit ook klaar met die kerk. As God Israel verwerp het omrede hulle sondes en ongehoorsaamheid, dan het onseVader net soveel rede om die kerk te verwerp, indien nie meer nie! Die sondes van Israel kan baie maklik in en

deur die hele kerk dispensasie waargeneem word asook die offering van kinderjies aan afgode soos wat ons vadag sien in die skreiende groot getalle aborsies wat uitgevoer word in die Weste, die sogenaamde "Christen demokrasie??"

Rom.11 leer dat die Heidende wat tot bekering kom, en Jesus Christus aanvaar as hulle Verlosser, die Jode vervang wat Hom verwerp, hulle is egter net ingeënt in die takke, maar die wortel bly nog steeds Israel. Alles onder die grond is die Ou Testament Israel, en dit is nie 'n vervanging nie, en dit alles is net 'n restorasie van Israel, die wortel is en bly steeds Israel.

Die oorspronklike takke was Joods en net so was die eerste Christene ook Jode. Die skrywers van die Nuwe Testament was Jode en die laaste Christene sal ook Jode wees.

Koning Jesus praat van die omvattende herstel van Israel in die Berg Rede?Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is (Luk.21:24) Koning Jesus gebruik dieselfde woorde wat Paulus gebruik het in Rom.11:25 behalwe dat Christus gepraat het van Israel as 'n volk. Die tye van die nasies word in Rom.11 bespreek in die konteks van verlossing van Israel, maar in die bergrede (Luk.21) is dit Israel in die Eindtyd. Die finale betekenis van die tye van die nasies wat tot 'n einde kom is gebonde aan die profesie van Daniël. God se uiteindelike reddings plan vir die wêreld berus op die verlossing van Israel en die vervulling van die Doelwit van onse HERE, profeties is dit die herstel of restorasie van Israel. Hier is 'n nasionale aspek in bespreking, meer belangrik,'n verlossings plan soos in Rom.11:15: "Want as hulle verwerping die versoening van die wêreld is, wat sal hulle aanneming anders wees as lewe uit die dode?"

God Se Plan

Die Nuwe Testament praat van herstel, nie die planne van die bewegings van vandag nie, maar 'n Plan in die konteks wat God het vir die restorasie van Israel waardeur Hy die die Nasies sal seën. Die Hebreeuse woord vir Heidene en Nasies is dieselfde nl.:'Goy'

God gaan die kerk in die laaste dae deur die Jode seën, en al hierdie dinge wat in die Midde Ooste gebeur is een van die tekens en die bewys dat Christus se koms voor die deur is.

Vandag is daar baie valse leraars in die Liggaam van Christus wat baie Christene mislei deur aan hulle te vertel dat hierdie tekens nie waar is nie, wat veroorsaak dat die uitverkorenes onvoorbereid sal wees!

Daar is twee hoof redes waarom die Jode Jesus as hulle Messias verwerp. Een van die ongelukkige redes is die geskiedenis van die Anti Semitiese Christene wat normaalweg deur die Roomse Katolieke, en die Oosterse Ortodokse kerke uitgedra is, maar, met die ongelukkige uitsondering van Martin Luther wie se werke Adolf Hitler geïinspireer het by sy skrywe van "Mein Kampf". Luther het geleer dat die Jode in 'n kraal vasgekeer, en by die punt van 'n mes geforseer moes word om Jesus Christus te bely. Hy sê: "Ons, die Duitse volk, sal die blaam dra as ons nie die Jode uitmoor om te bewys dat ons Christene is nie!!" Die tweede rede waarom die Jode Christus sal verwerp is omdat Jesus nie wêreld vrede gebring het nie en Israel se vyande onderwerp het nie, en die Messiaanse Koninkryk in Jerusalem nie ingestel het nie, en ook nie geregtigheid en vooruitgang en rus en vrede vir die nasies gebring het nie.

As Christus dan die Messias is, waar is die Messiaanse ryk in die karakter van Dawid dan? Die antwoord is in Daniël 9. Die Messias moes kom en sterwe vóór die vernietiging van die Tweede Tempel, en dit was nie die doel van die Messias om al hierdie dinge te bring by Sy eerste koms nie. Die doel van Christus se eerste koms was om te handel met die hoof probleem naamlik: Sonde.

Christus sal met Sy twééde koms wêreld vrede bring! Daniël 9:6 sê vir ons dat die einde met oorstroming, oorloë en vasbeslote verwoesting sal wees. Volgens Judaisme (Die Midrash Bereshith op bladsy 243 van die Warsaw uitgawe, moes die Messias in 33V.C die wêreld verlaat het en dit word ook geondersteun deur die Talmoed Skrifte wat bevestig dat die Messias moes kom en sterwe vóór die verwoesting van die Tweede Tempel.

Ons lees dat die Sanhedrin (Joodse hoogeplaasdes) gehuil het en gesê: "wee ons! Waar is die Messias? Hy moes teen hierdie tyd al gekom het!"

Rabbi Leopold Cohen, 'n baie senior ultra ortodokse rabbi het gepoog om die boodskap van Daniël 9 te verstaan. Hy het twee dinge in die outydse Rabbynse skrifte gevind. Een is dat die Messias alreeds moes gekom het, en tweedens is dat daar 'n vloek rus op almal wat Daniël 9 lees, en so het Rabbi Leopold Cohen die enigste eerbare ding gedoen wat hy kon, hy het 'n Babtiste prediker geword! Dit is relatief maklik om met die onderwerp van Christen Anti Semitisme te deel. Die vraag van 'n Jood is: "Hoe kan jy van my verwag om in die Messias van die Christene to glo as julle Christene my grootouers uitgemoor het??" Om hierdie probleem op te los moet daar vir die Jode van die regte Jesus Christus vertel word??? Jesus die Jood,??Rabbi Yeshua Ben Yosef van Nasaret, en herhinner hulle daaraan dat die Jode ook hulle eie profete in die naam van Moses vermoor het. Hulle het Jeremia in die tronk gegooi, hulle het Jesaja middeldeur gesaag, en Sagaria vermoor! Sal julle Moses verwerp vir wat die Jode in sy naam gedoen het? Sal julle Moses verwerp omrede 'n ortodokse Jood 'n tyd gelede wat met 'n outomatiese wapen in 'n moskee in Hebron ingegaan het en vyftig Moslems vermoor het? Moet Moses veroordeel word vir moorde wat in sy naam gepleeg is? Net so kan Christus ook nie veroordeel word vir wat Christene in Sy Naam gedoen het nie! Ons het Moses en die Torah aanvaar op die basis wat Moses gespreek het. Kan ons Christus aanvaar of verwerp op die basis wat Hy in die Nuwe Testament gedoen en opgeteken het? Die ander onderwerp naamlik; Hoekom het die Messias nie wêreld vrede gebring nie, is 'n ander bespreking. Vir Christus om die Messias te wees, moes Hy die Messiaanse Profesieë van die Ou Testament vervul. Daar is twee tipes Messiaanse Profesieë in die Ou Testament: "Die Lydende Dienskneg" Profesieë (In Jesaja en die Psalms van Dawid) en ook die "Dawid Messias" wat die Ere Koning sal wees wat al die vyande van God sal onderwerp aan Sy Gesag en wat wêreld wye vrede sal bring en sal regeer uit Jerusalem. As Jesus Christus nie die Messias van die Jode is nie, dan is Hy ook nie die Christus van die Kerk nie, want albei is dieselfde.

Christus en Messias is die "Gesalfde Een". Christus het nog nie al die Ou Testamentiese Profesieë vervul nie, Hy het nog net die "seun van Dawid" Profesieë in 'n geestelike wyse vervul, en nie in 'n historiese wyse nie. Vir Christus om die Messias te wees moet Hy al die Profesieë vervul. Die Lydende Messias word genoem: HaMashiach Ben Yosef; Messias, die seun van Josef, en die Ere Koning is HaMashiach Ben Dawid; Messias, die seun van Dawid.

Palm Sondag (Palm Sunday)

Paasfees was een van die drie Joodse feeste waarop hulle 'n lied gesing het by name: Die "Hallel Rabah" (Psalm 113?118) Die klem van hierdie lied is: Hosanna, Hosanna, geseënd is Hy wat kom in die Naam van die HERE, seëninge van die huis van die Here. Ere en dank aan die Here want Hy is goed, want Sy goedertierendheid is verewig, Hosanna. Hosanna. Die Jode is veronderstel om hierdie lied op die paasfees met wuiwende hande te sing, dit was ook bedoel om op die Loofhutte fees gesing te word met wuiwende Palm takke in hulle hande wat in die tipologie ooreenkom met die Joodse kalender van die Millennium. Die Loofhutte fees (Joh.7:2) verwys op die agtergrond na Esegiël 47 wat volgens die Joodse denke vergelyk word met die Dawid Koninkryk, en dit is die rede waarom met Jesus se verheerliking op die berg saam met Moses en Elia, dat Petrus drie Tabernakels wou opgerig het. Petrus het gedink: "Hier is die Messias, laat ons die Koninkryk oprig" Op hierdie Sondag wou die mense iemand gehad het wat die mag van die Romeinse heerskappy sou be?eindig op dieselfde wyse as waarop die Makkabeers die Griekse bewind be?eindig het, en om die Mesiaanse Koninkryk op te rig. Hulle het begin om die Paasfees te vier asof dit die Fees van Tabernakels was. Met Christus se eerste koms het Hy die eerste Drie Feeste (Lente Feeste) in die Joodse kalender vervul: Paasfees; Die Eerste vrugte fees (Wat die opstanding was) en die fees van weke; Pinkster fees. Met Christus se tweede koms sal Hy die laaste drie feeste vervul. (Die herfs of najaars feeste) Die fees van Basuine; Die versoensdag fees en die laaste en finale fees van tabernakels. Die Jode in Christus se tyd wou nie weet van die Lydende Dienskneg Messias wat moes kom as die Paaslam wat geslag moes word nie, hulle wou 'n Koning hê wat in die Duisend jarige vredesryk regeer. Die Lydende Messias, was geken as die "seun van Josef" "HaMashiach Ben Yosef. En die Ere Koning was geken as die seun van Dawid?"HaMashiach Ben Dawid". Vir Jesus van Nasaret, om die Messias te wees, moes Hy ál die profesieë vervul. Maar Jesus het eenvoudig en duidelik nie al hierdie profesieë vervul nie, Hy het net die profesie vervul met betrekking tot die seun van Josef, die Dienskneg. Met ander woorde dit is een Messias met twee verskynings! Eerstens het Hy gekom as die seun van Josef, en as Dienskneg het Hy gely. In die tweede koms sal Hy kom as Christus die seun van Dawid, die Ere Koning wat in die Vredesryk sal regeer.

Valse Leerstellings: Die A/Post­Millennium Denke

Hierdie denke was die breinkind van die Roomse Katolieke kerk wat gevolg het op die dwaling van Konstantyn en Augustinus met die tyd toe die Christendom 'n godsdiens van die staat geword het. Hierdie dwaling is totaal onbybels.

Volgens die oorspronklike Joodse sieninge van die Nuwe Testament, is net 'n voor Millennium standpunt aanvaarbaar. As daar nie 'n Millennium is nie, dan is Christus nie die Messias nie!, en as Christus nie die Messias vir die Jode is nie, dan is Hy ook nie die Christus van die kerk nie. Christus moet al die Ou Testamentiese Profesieë vervul.

Die Herstel Van Die Koninkryk

Wat die Apostels eindelik bedoel het by die vraag: "Here, gaan U in hierdie tyd weer die koninkryk van Israel herstel?" Was: "Ons weet dat U die seun van Josef is, maar wanneer gaan U die seun van Dawid wees?" "Wanneer gaan U die Koninkryk herstel soos wat Dawid gedoen het?" Johannes die Doper kon

hierdie dinge ook nie verstaan nie, en stuur toe twee van sy dissipels om vir Christus te vra: "Is U die een wat sou kom, of moet ons 'n ander een verwag?"(Luk.7:19)

En ook het die Apostels, ná die Opstanding, op die Olyfberg met die Hemelvaart, nie verstaan dat daar Een Messias, maar twee verskynings sal wees nie. M.a.w. Christus sal vir 'n tweede keer na ons toe kom!

Jesus Die Seun Van Josef

Israel het Josef sy geliefde seun meer liefgehad as enige van sy ander seuns (Gen.37:3) En daar kom 'n Stem uit die hemele wat sê: "Dit is My geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het" (Matt.3:17) Die Messias, die seun van Josef was die geliefde Seun van Sy Vader.

Gemeenskap En Diens

Toe sê hy (Jakob) vir hom (Josef): "Gaan tog verneem na die welstand van jou broers en berig terug" So het hy hom dan uit die dal van Hebron weggestuur, en hy het by Sigem aangekom. (Gen 37:14) Josef het in Hebron gewoon wat in Hebreeus beteken "Die plek van gemeenskap of broederskap. Josef het saam met sy vader in 'n plek van gemeenskap gewoon en is deur sy vader gestuur om na die welstand van sy broers te verneem. "Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van'n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk te word"(Filp.2:5?7)

"Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê" (Joh.3:16) Jesus het saam met Sy Vader in 'n plek van gemeenskap gewoon en is deur Sy Vader gestuur om na die welstand van Sy broers te verneem.

Josef se broers het gesondig en Josef bring hierdie slegte tyding aan sy vader. (Gen 37:2) Hierdie gurug van Josef aan sy vader veroorsaak dat sy broers hom haat.

"As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het. As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle van die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle"(Joh.15:18?19).

Jesus getuig van die sondes van Sy broers, en hulle het Hom gehaat. En hulle het Hom al hoe meer gehaat.?En Josef het 'n droom gehad en toe hy dit aan sy broers vertel het hulle hom meer gehaat (Gen 37:5) Josef openbaar aan sy broers hoedat hy 'n verhoogde status sal ontvang. Hulle het hom alreeds gehaat omrede hy hulle sondes geopenbaar het, maar nou het hulle hom verag. "En dan sal die teken van die Seun van die mens aan die hemel verskyn, en dan sal die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid" (Matt.24:30) "Toe probeer die owerpriesters en skrifgeleerdes in daardie selfde uur om die hande aan Hom te slaan, want hulle het geweet dat Hy hierdie gelykenis met die oog op hulleself uitgespreek het"(Luk.20:19)

Jesus openbaar aan Sy broers die status van glorie wat Hy sal ontvang, en Sy broers het Hom gehaat. Josef wat aan sy broers vertel het dat hy sal regeer, vertel aan sy broers: "Kyk, ons was besig om gerwe te bind op die land toe meteens my gerf gaan staan en ook regop bly staan, terwyl julle gerwe daar

rondom kom en hulle voor my gerf neerbuig" (Gen.37:7) "Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God en kom op die wolke van die hemel" (Matt.26:64) Josef sê dat hy eendag sal regeer, en Jesus vertel dat Hy eendag sal regeer.

Verwerp En Veroordeel

En hulle het hom van veraf gesien. Maar voordat hy naby hulle kom, het hulle listig raad gehou teen hom om hom dood te maak" (Gen.37:18) "??Ons wil nie hê dat hierdie man die koning oor ons moet wees nie"(Luk.19:14)

Die A?Millennium denke leer dat Christus nie op die aarde sal regeer nie.

Die Pre?Millennium denke leer dat Christus se duisend jaar regering sal begin wanneer Hy terugkeer.

Die Post?Millennium denke leer dat Christus se tweede koms eers na die Millennium sal wees. "Maar hulle het aangehou roep en gesê: Kruisig, kruisig Hom!" (Luk.23:21) Josef en Jesus was alby verwerp en veroordeel om te sterf.

"En hulle het vir mekaar gesê: Daar kom daardie dromer aan!" (Gen.37:19) "Toe sy mense dit hoor, gaan hulle uit om Hom in die hande te kry; want hulle het gesê: Hy is buite sy sinne" (Mark.2:21). Josef was deur sy broers beskuldig dat hy 'n dromer is, en hulle sê van Christus, die Messias, die seun van Josef, dat Hy buite sy sinne is.

"Toe sê Juda vir sy broers: Watter voordeel is dit dat ons ons broer doodmaak en sy bloed verberg? Kom, dat ons hom aan die Ismaeliete verkoop, maar laat ons hand nie teen hom wees nie, want hy is ons broer, ons vlees. En sy broers het na hom geluister. En toe die Medianitiese koopmans verby kom, het hulle Josef uit die put uit opgetrek en uitgehaal en Josef aan die Ismaeliete verkoop vir twintig sikkels silwer" (Gen.37:26?28) Juda verraai Josef en verkoop hom vir twintig silwerstukke. "Toe gaan een van die twaalf, met die naam van Judas Iskariot, na die owerpriesters en sê: Wat wil u vir my gee, en ek sal Hom aan u oorlewer? En hulle het vir hom dertig silwerstukke afgeweeg" (Matt.26:14?15)

(Juda en Judas is dieselfde in Hebreeus) Juda verloën Josef vir twintig stukke silwer, en Judas verloën Jesus vir dertig stukke silwer na inflasie.

En so het Josef guns in sy oë gevind en hom gedien; en hy het hom aangestel oor sy huis, en alles wat in sy besit was, aan hom oorgegee" (Gen.39:4) Alles wat Josef gedoen het, het hy gedoen as 'n dienskneg, en alles wat Koning Jesus gedoen het, het Hy gedoen as 'n dienskneg. (Luk.22:25?27/Filp.2:7)

"En vandat hy hom aangestel het oor sy huis en oor alles wat in sy besit was, het die HERE die huis van die Egiptenaar geseën terwille van Josef??"(Gen.39:5) ???"Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die HERE sal deur sy hand voorspoedig wees" (Jes.53:10) Die HERE sal alles seën wat die seun van Josef doen.

Versoeking

Ná hierdie dinge het die vrou van sy heer haar oë na Josef opgeslaan en gesê: Kom hou gemeenskap met my. Maar hy het geweier en aan die vrou gesê: Kyk, deur my is dit dat my heer geen kennis neem van

www.Moriel.org

wat in die huis is nie; en alles wat syne is, het hy aan my oorgegee. Hy is in die huis nie groter as ek nie en het my niks onthou nie behalwe u, omdat u sy vrou is; Hoe kan ek dan hierdie groot kwaad doen en sondig teen God?" (Gen.39:7?9) Josef was tot die uiterste toe versoek, maar het vas gestaan en nie gesondig nie. "Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel???

?Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! Want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien" (Matt.4:1?11) Die Messias, die seun van Josef, was versoek tot die uiterste toe, maar Hy het dit weerstaan.

Valse Beskuldigings

"Toe sy dan sien dat hy sy kleed in haar hand laat bly en buitentoe gevlug het, roep sy na huisgenote en sê aan hulle: Kyk, hy het vir ons 'n Hebreeuse man hier gebring om met ons gek te skeer; hy het na my gekom om met my gemeenskap te hê, en ek het hard geskreeu; en toe hy hoor dat ek my stem verhef en skreeu, het hy sy kleed met my laat agterbly en gevlug en na buite geloop" (Gen.39:13?15) Josef was hier valslik beskuldig) "En die owerpriesters en die ouderlinge en die hele Raad het valse getuies teen Jesus gesoek om Hom dood te maak, en niks gevind nie. En alhoewel daar baie valse getuies gekom het, het hulle niks gevind nie. Maar oplaas kom daar twee valse getuies en sê: Hierdie man het gesê: Ek kan die tempel van God afbreek en dit in drie dae opbou. Daarop staan die owerpriester op en sê vir Hom: Antwoord U niks nie? Wat getuig hierdie manne teen U? Maar Jesus het stil gebly. En die hoëpriester antwoord en sê vir Hom: Ek besweer U by die lewende God dat U vir ons sê of U die Christus, die Seun van God is? Jesus antwoord hom: U het dit gesê. Maar Ek sê vir u almal: Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God en kom op die wolke van die hemel. Toe verskeur die hoëpriester sy klere en sê: Hy het godslasterlik gespreek???"(Matt.26:59?65) Die Messias, die seun van Josef, was ook valslik beskuldig.

Lewe En Dood Geprofeteer

"Toe sê Josef vir hom (Die skinker) : Dit is die uitlegging daarvan: die drie ranke is drie dae. Binne drie dae sal Farao jou hoof verhef?jou in jou rang herstel; en jy sal die beker van Farao in sy hand gee net soos vroeër toe jy sy skinker was. Toe antwoord Josef die bakker: Dit is die uitlegging daarvan?die drie mandjies is drie dae. Binne drie dae sal Farao jou hoof bo?oor jou verhef?hy sal jou aan 'n paal ophang en die voëls sal jou vlees van jou afpik" (Gen.40)

Josef profeteer dat een van die kriminele sal lewe en dat een sal sterwe.

"En een van die kwaaddoeners wat opgehang is, het Hom gesmaad en gesê: As U die Christus is, verlos Uself en ons. Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jy ook nie God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is??Ons tog regverdiglik, want ons tog ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerd gedoen nie. En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in die koninkryk kom. En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees" (Luk.23:39?43) Koning Jesus was veroordeel saam met twee kriminele en, soos wat Hy gesê het, het een gelewe en een het gesterwe. Net soos Josef redding belowe het aan die skinker, die veroordeelde man.

Josef was verraai deur sy Joodse broeders in die hande van die Heidene, maar God neem hierdie verraad en draai dit om en maak dit die weg vir Israel en die hele wêreld tot redding, en net so was ons Messias,

die seun van Josef, verraai deur Sy Joodse broers en in die hande van die Heidene oorgegee. En net so het God hierdie gebeure omgedraai en het Christus die Weg tot verlossing geword vir Israel en die hele wêreld.

Vergeet Deur Die Wat Hy Gehelp Het

"En die voorman van die skinkers het nie aan Josef gedink nie, maar hom vergeet"(Gen.40:23) "Toe antwoord Jesus en sê: Het tien nie rein geword nie? En waar is die nege? Was daar niemand onder julle te vinde wat omgedraai het om God te verheerlik behalwe hierdie vreemdeling nie?" (Luk.17:17?18) Josef was vergeet deur die wat hy gehelp het, en die seun van Josef, Koning Jesus was ook vergeet deur die wat Hy gehelp het!

Opgehef Tot Glorie

"Toe laat Farao Josef roep, en hulle het hom gou uit die gevangenis uitgehaal, en hom geskeer en ander klere aangetrek; en hy het by Farao gekom. Toe sê Farao vir Josef: Aangesien God dit alles aan jou bekend gemaak het, is daar niemand verstandig en wys soos jy nie. Jy moet oor my huis wees, en na jou bevel moet my hele volk hulle skik; alleen deur die troon sal ek groter as jy wees" (Gen.41:14,39?40) Josef was uit 'n kerker, 'n plek van dood, uitgehaal en was deur die koning verhef tot 'n posisie van glorie in een dag.

"Gebed vir verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is; en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige" (Eff.1:18?21)

Koning Jesus, die seun van Josef, was verhoog van 'n plek van veroordeling en dood, na 'n plek van heerlikheid in een dag.

Wonderbare Raadsman

"En Farao sê vir Josef: Aangesien God dit alles aan jou bekend gemaak het, is daar niemand verstandig en wys soos jy nie"(Gen.41:39) Josef het getoon dat hy 'n groot raadsman sal wees. In Jes.9:5 lees ons: "Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman" En Farao sê vir Josef: "Kyk, ek stel jou aan oor die hele Egipteland" (Gen.41:41) Josef word met heerlikheid en eer verhoog, en hy ontvang 'n nuwe naam. "Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom 'n naam gegee wat bo elke naam is" (Filp.2:9) Koning Jesus is verhoog en verheerlik en ontvang ook 'n nuwe Naam.

Heidense Bruid

"En Farao het Josef genoem Safénat?Panéag en aan hom Asenat, die dogter van Potifera, die priester van On, as vrou gegee. En Josef het uitgetrek oor Egipteland" Gen.41:45) Nadat Josef verhoog is, neem Josef 'n heidense bruid.

"Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam" (Eff.5:23) Koning Jesus, na Sy verheerliking, neem 'n Heidense bruid, die beeld van die Heidense kerk. Dit is hoekom die Boek Rut, die storie van 'n Joodse man en 'n Heidense bruid, op die Pinkster feeste in die Sinagoges gelees word. Wat genoem word: "Die geboorte van die Kerk", en in albei gevalle is die bruide gegee om te deel in die heerlikheid. ONGEVEER DERTIG JAAR OUD.

"En Josef was dertig jaar oud toe hy voor Farao, die koning van Egipte, gestaan het" (Gen.41:46) "En Hy, Jesus, was omtrent dertig jaar oud toe Hy begin leer het" (Luk.3:23) Die seun van Josef was dertig jaar oud toe Hy met Sy werk begin het.

Net Way Hy Vir Julle Se Moet Julle Doen

"En toe die hele Egipteland honger gely en die volk na Farao geroep het om brood, sê Farao aan al die Egiptenaars: Gaan na Josef, doen wat hy julle sê" (Gen.41:55) "Sy (Jesus se) moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen"(Joh.2:5)

Elke Knie Sal Buig

"Toe trek Farao sy seëlring van sy hand af en sit dit aan die hand van Josef; en hy het hom fyn linneklere laat aantrek en 'n goue ketting om sy hals gehang en hom laar ry op sy tweede rytuig; en hulle het voor hom uitgeroep: Pasop! So het hy hom dan oor die hele Egipteland aangestel. En Farao sê vir Josef: Ek is Farao, maar sonder jou mag niemand sy hand of voet in die hele Egipteland verroer nie" (Gen.41:42?44) Toe Josef verhoog is het elke knie voor hom gebuig en het hy al die eer en heerlikheid ontvang.

"Daarom het God hom ook uitermate verhoog en Hom 'n Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus elke knie sou buig van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot Heerlikheid van God die Vader" (Filp.2:9?

11) "En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op die aarde" (Matt.28:18)

Die Brood Van Die Lewe

" En toe die hele Egipte land honger gely en die volk na Farao geroep het om brood, sê Farao aan al die Egiptenaars: Gaan na Josef, doen wat hy aan julle sê. En die hongersnood was oor die hele oppervlakte van die aarde, en Josef het alles waarin iets was, oopgemaak en aan die Egiptenaars verkoop, en die hongersnood was swaar in Egipteland" (Gen. 41:55?57)

"En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie: en wie in My glo, sal nooit dors kry nie." Joh.6:35) En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie. (Hand.4:12) Die hele wêreld moes hulle brood van Josef ontvang?en daar was geen ander manier waardeur die mense gered kon word nie!, en daar is ook geen ander manier waardeur ons gered kan word nie behalwe deur die Seun van Josef.

Christus Het Homself Aan Geen Mens Toevertrou Nie

"En hulle het gaan sit volgens sy bepalings, die eersgeborene na sy eersgeboorte en die jongste na sy jonkheid. Toe kyk die manne hom verbaas aan. Hoekom? Omdat Josef sy broers se sondige verlede geken het. "Maar Jesus self het Hom aan hulle nie toevertrou nie, omdat Hy almal geken het en omdat Hy nie nodig gehad het dat iemand van die mens sou getuig nie; want Hy self het geweet wat in die mens is"(Joh.2:24?25) Jesus die Messias is net soos Josef, hy het die lewens geskiedenis van sy broers geken.

Soos wat ons gelees het in Genesis, herken Josef se broers hom nie by die eerste koms nie.

Hulle Herken Hom Die Tweede Keer

Josef kon homself nie beheer voor al die mense wat by hom gestaan het nie, en hy roep uit en stuur hulle weg. Hy was so hartseer dat die Egiptenare en die bediendes van Foarao hom hoor huil het, toe sê Josef vir sy broers: "Ek is Josef! Lewe my vader nog!" Maar sy broers kon hom nie antwoord nie want hulle was totaal verskrik in sy teenwoordigheid. Toe sê Josef vir sy broers: "Kom tog nader na my, en toe hulle nader kom sê hy: Ek is julle broer Josef vir wie julle na Egipte verkoop het." (Gen.45:1?4) Josef se broers het hom nie by die eerste koms herken nie, maar by die tweede koms. "Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos 'n mens rouklaag oor 'n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos 'n mens bitterlik ween oor 'n eersgebore kind" (Sag.12:10)

Die broers van die Messias, die seun van Josef, het Hom nie by Sy eerste koms herken nie, maar hulle sal by Koning Jesus se tweede koms tot die besef kom dat hulle die Een teen wie hulle al die onreg gepleeg het, Hy die Een gaan wees wat tot hulle redding sal kom. Die Een wat gekruisig was, is die Een wat die Verlosser is, die Koning van die konings. Die seun van Josef is ook die seun van Dawid. Die Lydende Dienskneg is ook die Koning wat gaan heers.

Toe Josef se broers hulle sonde voor hom bely het hy hulle vergewe, en wanneer Jesus se broers, die Joodse volk belydenis doen, sal Hy hulle vergewe. In die begin het Josef die mense van Egipte, die Heidene, gebruik om brood vir sy broers te gee, maar 'n tyd het gekom toe die Heidene wegestuur was en hy hom aan sy broers bekend gemaak het. Op die huidige oomblik gebruik die seun van Josef die Heidene, die Christene, om brood aan Sy broers te stuur, die Brood van die Lewe, maar daar gaan 'n tyd kom in die groot verdrukking wanneer die seun van Josef Homself Persoonlik, aan Sy broers gaan openbaar

Al Die Mag En Gesag Aan Die Koning

Ons lees dat Josef met al die mag wat hy ontvang het alles oorgegee het in die hande van Farao. (Gen.47:20) "Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het" (1Kor.15:24)

Die Redder

"En hulle antwoord: U het ons lewe gered. Laat ons guns mag vind in die oë van my heer, dan sal ons die dienaars van Farao wees" Gen.47:25) Josef was geken as die redder van die mense.

"Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn en leer ons om die goddeloosheid en die wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe, terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Christus Jesus, wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself 'n volk as 'n eiendom te reinig, ywerig in goeie werke" (Titus 1:11?14) Die Messias, die seun van Josef, die Here Jesus Christus, word verheerlik en herken as die Redder van die hele mensdom.

Nie Geherken Nie

Toe Josef vereer was met al die linne klere en juwele van Farao (Gen.41:42) het hy totaal onherkenbaar geword vir sy Hebreeuse broers (Gen.42:8)

Een Messias: Twee Verskynings

Josef ontvang 'n nuwe naam by sy verhoging. (Gen.41:45) Die Heidene gee vir Rabbi Ben Yosef 'n nuwe Naam???Jesus???"n Griekse" Naam, nie Christus se oorspronklike Naam nie.

Diegene wat op Koning Jesus vertrou, Hom wie ons almal deurboor het, en nou ween oor die Enigste Seun, die Seun van God, sal dieselfde seëninge ontvang soos wat Christus se eie broers sal ontvang. Die Messias, die Seun van God (Die seun van Josef) sal terugkeer as die Messias, die seun van Dawid, en Hy sal die koninkryk van Israel herstel.

Amen, Amen. †††

Another demo
Welcome in the demo

Links and resources

Please note any link from anywhere within the Moriel Ministries web site does not necessarily imply endorsement...

Educational Resources

These Books are books that young Christians should read. these are foundational works for…
BeAlert!

BeAlert!

Our Moriel correspondent, Sandy Simpson, is the editor of Be Alert! Whose job as…
Links

Around the Web

It's very important that you clearly understand that the inclusion of any link from…
Moriel Affiliates

Moriel Affiliates

Moriel is an international multi-faceted ministry of Jewish and non-Jewish regenerate…

Questions for Catholics

Questions for Jewish People

Questions for Mormons

Questions for Hindus

Questions for Muslims

Questions for Jehovah's Witnesses

Questions for Seventh Day Adventists

Copyright © 2024 Moriel - God is my Teacher. All Rights Reserved.

Maintained by Cybersalt