Pray for the Peace of Jerusalem and of all Israel, that there will be a swift and decisive end to

Please prayerfully read the message from our Moriel Israel Branch and consider donating

 Moriel Ministries, P O Box 823,  Dover, TN 37058 412 321 6154 email [email protected]

Welcome to Moriel Ministries...

Moriel is an international multi-faceted ministry of Jewish and non-Jewish regenerate believers one in Jesus the Messiah and is committed to the evangelization beginning with the Jews and also people of other faiths including Islam, Hinduism, Buddhism, and theologically deviant expressions of Christendom including Roman Catholicism (which we view as aberrational much as we deem Talmudic Judaism to be likewise largely unscriptural).

House of David - House of Saul - Afrikaans

‘N Skeur In Die Wapenrusting

Gegroet in die Wonder Naam van Jesus.

Wanneer die Heilige Gees ons meer as een keer in die Bybel van iets vertel dan is dit belangrik.

Net soos wat ons vier Evangeliese verslae het van dieselfde verhaal het ons in die Ou Testament Konings en Kronieke met twee aspekte van die dieselfde dinge en die profeet of profete wat in hierdie tyd geprofeteer het. Jy sal drie of vier aspekte van dieselfde episode in die Ou Testament kry net soos in die Evangelies. Wanneer die Heilige Gees met ons meer as een keer van dieselfde dinge praat dan is dit belangrik. Blaai saam met my na 2 Kronieke 18. Dit is ‘n parallelle oorsig van wat ons in 1 Konings 22 vind.

2 Kronieke 18:1?34 ?? 19:3, vers 1: “En toe Jósafat rykdom en eer in oorvloed gehad het, het hy hom verswaer met Agab.” Pasop vir nepotisme. (Onregmatige begunstiging)

Punt 1: Dit gaan oor kwesbaarheid, goeie dade vir familielede kom in plek van getrouheid aan Bybelse voorskrifte. Wanneer jy sien dat mense onder mekaar groepeer deur ‘n huwelik of waar hierdie pastoor daardie pastoor se swaer is, of waar sy suster met ‘n ander pastoor getroud is? pasop. Alles wat God vir goed ontwerp het sal die duiwel vir kwaad gebruik.

God het families en familie strukture geskep, maar weet julle wat, Jesus het gesê dat hy wat sy familie meer liefhet as vir Hom, is Hom nie waardig nie. My vrou se familie is Jode uit Oos Europa wat Hitler se gas oonde oorleef het. Toe my vrou tot die geloof gekom het dat Jesus ook Yeshua die Joodse Messias is, het hulle vir haar gesê: “Nou is jy ook een van hulle!? Hulle het ons dood gemaak en nou is jy een van hulle!” Die duiwel sal altyd as hy kan iets wat God vir goed bedoel het vir kwaad gebruik. Nepotisme is die eerste ding wat ‘n goeie Christen ontvanklik kan maak om te kompromitteer met dinge wat hy weet verkeerd is. Kom ons lees verder oor Jósafat. Sy naam in Hebreeus is Yahowshaphat yeh?ho?shaw?fawt

— God sal oordeel. En in 2 Kronieke 18:2?7: “En ná verloop van enkele jare het hy afgetrek na Agab, na Samaría, en Agab het vir hom en die manskappe wat by hom was, skape en beeste in menigte geslag en hom aangehits om teen Ramot in Gílead op te trek. Toe sê Agab, die koning van Israel, vir Jósafat, die koning van Juda: Sal u met my saam na Ramot in Gílead trek? En hy antwoord hom: Ek is soos u, en my volk soos u volk, en ons sal saam met u in die oorlog wees. Verder het Jósafat aan die koning van Israel gesê: Raadpleeg tog eers die woord van die HERE. Toe laat die koning van Israel die profete, vier honderd man, bymekaarkom en sê vir hulle: Sal ons teen Ramot in Gílead trek om te veg, of sal ek dit laat staan? En hulle antwoord: Trek op, en God sal dit in die hand van die koning gee. Maar Jósafat sê: Is hier nie nog 'n profeet van die HERE, dat ons deur hom kan raadpleeg nie? En die koning van Israel antwoord Jósafat: Daar is nog een man om die HERE deur hom te raadpleeg; maar ék haat hom, want hy profeteer oor my niks goeds nie, maar altyd onheil; dit is Miga, die seun van Jimla. En Jósafat sê: Die koning moet nie so spreek nie!”

Ek haat hom hy profeteer nooit iets goeds nie. Valse profete sal altyd aan mense vertel wat hulle graag wil hoor, maar die ware profete sal aan mense vertel wat hulle moet hoor.

Vers 8? 34 – 19:1?3: “Daarop roep die koning van Israel 'n hofdienaar en sê: Gaan haal gou vir Miga, die seun van Jimla. Onderwyl die koning van Israel en Jósafat, die koning van Juda, elkeen op sy troon sit, beklee met koninklike klere, en hulle op 'n dorsvloer sit by die ingang van die poort van Samaría, en al die profete voor hulle profeteer, het Sedekía, die seun van Kenaäna, vir hom ysterhorings gemaak en gesê: So spreek die HERE: Hiermee sal u die Arameërs stoot totdat hulle vernietig is.

En so het al die profete geprofeteer en gesê: Trek op na Ramot in Gílead en u sal voorspoedig wees, en die HERE sal dit in die hand van die koning gee. Toe sê die boodskapper wat gegaan het om Miga te roep, vir hom dít: Kyk, die woorde van die profete is uit een mond goed vir die koning: laat jou woord nou tog wees soos die van een van hulle, en spreek goeie dinge. Maar Miga sê: So waar as die HERE leef, wat God my sal sê, dit sal ek spreek!

Toe hy by die koning kom, sê die koning vir hom: Miga, sal ons na Ramot in Gílead trek om te veg, of sal ek dit laat staan? En hy antwoord: Trek op, en u sal voorspoedig wees, en hulle sal in julle hand gegee word. En die koning sê vir hom: Hoeveel maal moet ek jou besweer dat jy niks as die waarheid in die Naam van die HERE tot my moet spreek nie? Daarop antwoord hy: Ek het die hele Israel gesien, verstrooid op die berge soos skape wat geen wagter het nie. En die HERE het gesê: Hulle het geen heer nie; laat hulle elkeen in vrede teruggaan na sy huis. Toe sê die koning van Israel vir Jósafat: Het ek u nie gesê hy profeteer oor my niks goeds nie, maar onheil?

Verder sê hy: Daarom, hoor die woord van die HERE: Ek het die HERE sien sit op sy troon, terwyl al die hemelse leërskare aan sy regter?? en sy linkerhand staan. En die HERE het gesê: Wie sal Agab, die koning van Israel, oorhaal, dat hy kan optrek en val by Ramot in Gílead? En die een het so gesê, en die ander weer so. Toe kom die gees vorentoe en gaan voor die aangesig van die HERE staan en sê: Ek sal hom oorhaal. En die HERE vra hom: Waarmee? En hy sê: Ek sal uitgaan en 'n leuengees word in die mond van al sy profete. En Hy sê: Jy sal oorhaal, ja, jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so. En nou, kyk, die HERE het 'n leuengees in die mond van hierdie profete van u gegee, terwyl die HERE tog onheil oor u gespreek het.

Daarop kom Sedekía, die seun van Kenaäna, nader en hy slaan Miga op die kakebeen en sê: Langs watter weg het die Gees van die HERE van my af weggegaan om met jou te spreek? En Miga antwoord: Kyk, jy sal dit sien op dieselfde dag as jy van kamer tot kamer sal gaan om jou weg te steek. Maar die koning van Israel sê: Neem Miga en bring hom terug by Amon, die owerste van die stad, en by Joas, die seun van die koning. En julle moet sê: So spreek die koning: Sit hierdie man in die gevangenis en spysig hom met brood van verdrukking en water van verdrukking totdat ek behoue tuiskom. Daarop sê Miga: As u ooit behoue tuiskom, dan het die HERE nie deur my gespreek nie. Verder sê hy: Volke, luister almal saam!

En die koning van Israel en Jósafat, die koning van Juda, het opgetrek na Ramot in Gílead. En die koning van Israel het aan Jósafat gesê: Ek sal my onkenbaar maak en in die geveg kom; trek u maar u eie klere

aan. So het die koning van Israel hom dan onkenbaar gemaak, en hulle het in die geveg gegaan. En die koning van Aram het die owerstes van sy strydwaens bevel gegee en gesê: Julle moet nie klein of groot beveg nie, net die koning van Israel alleen. En sodra die owerstes van die waens Jósafat sien, sê hulle: Dit is die koning van Israel! En hulle het hom omsingel om te veg; maar Jósafat het geskreeu, en die HERE het hom gehelp, en God het hulle van hom af weggelok. En toe die owerstes van die waens sien dat dit nie die koning van Israel was nie, draai hulle agter hom weg.

Toe het 'n man in sy eenvoudigheid die boog gespan en die koning van Israel getref tussen die aanhegsels en die pantser. Daarop sê hy aan die drywer: Ruk om en bring my uit die leër uit, want ek is gewond. En die geveg het dié dag toegeneem, terwyl die koning hom staande hou in die strydwa teenoor die Arameërs tot die aand toe; maar teen sononder het hy gesterwe. Maar toe Jósafat, die koning van Juda, behoue na sy huis in Jerusalem terugkom, het die siener Jehu, die seun van Hanáni, uitgegaan hom tegemoet, en aan koning Jósafat gesê: Moet 'n mens die goddelose help, en het u lief die wat die HERE haat? Daarom kom daar nou 'n toorn op u van die HERE. Tog is daar goeie dinge by u gevind, want u het die heilige boomstamme uit die land uitgeroei en u hart daarop gerig om God te soek.”

Koning Jósafat was ‘n goeie man, ‘n regverdige man. Elke koning van Israel het afvallig geword en ook die meeste van die konings van Juda, maar Jósafat was ‘n goeie koning, ‘n baie goeie koning. Wat gebeur wanneer ‘n goeie leier betrokke raak met slegte mense?

Ek glo nie aan skuldigheid deur assosiasie nie, die Bybel sê niks van skuldig deur assosiasie nie, maar skuldigheid deur samewerking? Skuldigheid deur identifikasie? Wanneer ’ goeie man in ‘n televisie program op ‘n platform verskyn saam met ‘n immorele ketterse persone dan promoveer hy hierdie mense se bedieninge deurdat hy homself met hierdie mense identifiseer.

‘n Ruk gelede het ek na ‘n uitsending oor TBN gekyk en ek kon nie glo wat ek sien nie en wanneer ongeredde mense na hierdie dinge kyk sal hulle sekerlik dink dat wedergeboorte ‘n klug is. Hierdie mense maak wêreldwyd van wedergeboorte ‘n groot grap. Dit gaan al meer en meer moeiliker raak om Jesus Christus en die Evangelie van redding aan mense te bring as gevolg van wat Satan deur die sogenaamde Christelike TV kanale doen. Ons is baie beter af sonder hierdie TV kanale omdat dit ‘n kragtige instrument is wat Satan so misbruik. Ongeredde mense kyk na die idioot kassies en hulle dink ons is almal swendelaar akteurs. Wanneer goeie mense met hierdie dinge deurmekaar raak dan word hulle geïdentifiseer met hierdie mense en dinge. Toe Jósafat in die strydwa van Agab gery het? het hulle hom verwar met Agab. Kom ons kyk hierna van die begin af.

Weereens het die Heilige Gees vir ons meer as een oorsig gegee. In 1 Konings se weergawe, aan die einde van hoofstuk 21, het Agab berou en vra om verskoning. Slegte konings is baie goed om berou te kry maar elke keer as hulle weer in sonde verval is hulle meer slegter as tevore. As Benny Hinn weer tot bekering kom gaan ek iewers skuiling soek.

Wat beteken dit? Hoekom? Hy is getroud met Jesebel. Jesebel is ‘n Bybelse metafoor vir die gees van al die valse godsdienste. Wat sê Jesus oor Jesebel? Op. 2:20: “Maar Ek het enkele dinge teen jou; dat jy die

vrou Isébel, wat haarself 'n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet.”

Dit is ‘n Sataniese misleiding deur ‘n valse geloof waarvan die vrou Jesebel tipologies ‘n verpersoonliking is. Met ander woorde, sy verteenwoordig geestelike misleiding, dit is wat Jesus vir ons sê. Jy word soos die mense met wie jy getroud is.

Ek is getroud met ‘n Joodse vrou wat ‘n senulyer is, ek dink dit is familie geskiedenis as gevolg van die nagevolge van die Jodemoord waarvan hulle ontsnap het. My vrou gaan die gas toestelle drie keer na voordat ons gaan slaap, sy kyk ten minste twee keer na elke venster in die huis. Ons woon in Engeland en hier word die ligte baie laat afgeskakel dan sê sy vir my in Hebreeus: “Yacov… het jy die venster in die kombuis nagegaan?” “Ja, Pavia, ek het dit nagegaan, lekker slaap.” Dan lê ek laat in die nag en wonder? het ek dit gedoen? Sy maak my deurmekaar, dan vat ek die flitslig en loop die trappe af om seker te gaan maak! Jy word soos die mense met wie jy getroud is.

Wel, Agab was met Jesebel getroud, die heks wat Israel mislei het in ‘n heidense demoniese geloof. Wat gebeur volgende? Jósafat is ‘n goeie koning maar daar is ‘n familie verbintenis. Nepotisme! Ek weet van twee Joodse missie beheer rade wat ondermyn is, wat basies vernietig is deur nepotisme? Joodse missie rade wat ‘n familie onderneming geword het.

Ek weet van kerke waar familie gunste die gemeentes vernietig het. As iemand nie saamgestem het nie was dit dieselfde asof hulle teen die familie opgetree het. Dit is gevaarlik. Enige iets wat God vir goed bedoel het sal die duiwel misbruik en nepotisme stel ons op vir sekere dinge.

In 2 Kronieke 18 sien ons wat altyd gaan gebeur, dit is wat Agab sal sê: “Ons het hierdie gemeenskaplike vyand. My mense is soos jou mense, my god is jou God, ons is broers. Ons moet saamstaan om die opposisie te oorwin. Kan jy nie sien dat aborsie hand uit ruk nie? Homoseksualisme is besig om die skole en die media ernstig te beïnvloed. Kyk na die groei van Oosterse gelowe en kultusse! Ons kan nie bekostig om verdeeld te wees nie, ons sal moet saam staan om God se land te red! Ons kan nie meer so onder mekaar stry nie. O ja ek weet ons het verskille maar ons kan dit nie meer bekostig nie. Daar is ‘n gemeenskaplike vyand, my mense is jou mense, my God is jou God.” Dit klink baie oortuigend, baie logies, aanvanklik klink dit ook Bybels. Soos wat ek al gesê het, die Heilige Gees is die Gees van Waarheid en Hy is ook die Gees van Heiligheid. Daar kan nie eenheid van die Gees wees waar daar dwaling en immoraliteit is nie. o’ Ons het ‘n gemeenskaplike vyand! Dit is maklik om met ‘n uiterlike vyand te deel, maar ‘n innerlike vyand is iets heel anders. Toe Jesus ons gewaarsku het teen valse profete in die Laaste Dae het Hy ons nie net gewaarsku oor kultusse soos die Moonies, Jehovah se Getuienis of Mormone nie.

Ja, hierdie dinge is van ‘n profetiese belang, maar die valse profete waarteen Jesus ons gewaarsku het is diegene wat in Evangeliese kerke insluip en probeer om ons te mislei. Ons vyande tussen ons, dit is hulle wat gevaarlik is.

Totdat ons nie met die vyand hier binne ons gedeel het nie sal ons nie instaat wees om met die vyand daarbuite te deel nie. Maar jy sal altyd dieselfde storie hoor: “Moet nie negatief wees nie, moet nie te krities wees nie, ons moet saamstaan teen ‘n gemeenskaplike bedreiging.” En dan kom die familie

element ook in. Kyk hoe het die koning vir homself ‘n naam gemaak. Agab gee ‘n groot partytjie met baie diere wat hy laat slag, dit is wat hy doen. Hierdie soort mense weet hoe om in guns by mense te kom, mens met ‘n agenda weet hoe om ander mense te manipuleer. Hulle leer dit by hulle vrou Jesebel. Kyk hoe veel mense het al Johannes Paulus II ontmoet. Die Vatikaan het ‘n paar maande gelede ‘n verklaring uitgereik wat sê dat hulle die een ware kerk is. In 1999 in Mexico het Johannes Paulus vir die Katolieke gevra om “teen Protestante op te staan.”

Hy maak nie ‘n geheim van sy agenda nie en tog is daar die een na die ander evangeliste wat hom “heilige vader” noem in weerwil van die feit dat Jesus gesê het dat ons niemand anders ons vader mag noem nie. Mens sê: “o’ die pous is ‘n wonderlike man, so saggeaard en vriendelik, hoe kan iemand teen hom praat? Ek het hom ontmoet en hy was dit of dat??” Hulle weet wat om te doen om in guns by mense te kom. Wat sê Paulus van Lucifer? Hy kom soos die engel van die lig en so ook sy dienaars want hulle weet hoe om mense om hulle pinkie te draai, net soos wat Merodach?Baladan Hiskia mislei het. Hy het vir hom geskenke gebring?? “Ek hoor jy is siek.” Wat ‘n pragtige mens wat omgee vir sy naaste, hy was die koning van Babilon, hy het ‘n agenda gehad, hy was ‘n manupilerende fop arties. Wel, Jósafat word ingetrek, daar is ‘n familie verbintenis maar daar is ook ander verbintenisse. “Ons het ‘n gemeenskaplike vyand, ons kan nie negatief wees nie, ons kan nie krities wees nie, ons wil nie tweedrag veroorsaak nie!

Die woord wat vir tweedrag in Rom. 16:17 gebruik word is dichostasia (dee?khos?tas?ee) waar die Engelse woord dichotomy? tweeledigheid vandaan kom. Hier word gesê dat mense wat tweedrag veroorsaak die mense is wat die Nuwe Testamentiese leer van die Apostels verlaat het. Ek veroorsaak nie tweedrag as ek mense waarsku teen Benny Hinn of Kennith Copeland nie.

As Hinn en Copeland die leer van die Nuwe Testament verwerp dan is volgens Bybelse definisie dit hulle wat tweedrag veroorsaak, dit is nie ek wat afgewyk het van die Nuwe Testamentiese Leer nie! As dit wel die geval is, sê my waar het ek verkeerd gegaan sodat ek dit kan regstel. Maar vandag is dit diegene wat opstaan vir die Waarheid wat tweedrag veroorsaak.

Hulle maak ‘n afgod van hierdie eenheid maar dit is nie die eenheid van die Gees nie. Paulus sê vir ons in 1 Kor. 11:19 dat daar partyskappe onder ons moet wees sodat die waarheid geopenbaar kan word. Die woord wat hier vir partyskap in Grieks gebruik word is “hairesis” (hah'?ee?res?is) waar die Engelse woord heresy? kettery? dwaalleer vandaan kom. Dit is dwaalleer wat skeiding bring en so baie dinge wat vandag in kerke gepropageer word is skoon kettery.

Kom ons kyk verder. Jósafat word ingetrek maar hy het sy bedenkinge. Hy is ‘n goeie koning en in ‘n sekere mate het hy by die Here gehoor. Let op wat het hulle gedoen by die fees, een na die ander valse profeet, 400 van hulle kom en bied ‘n vertoning aan en praat groot woorde.

Valse profete sal altyd vir jou vertel wat jy graag wil hoor en nie wat jy moet hoor nie. Hulle sal altyd jou ore streel en hulle word goed betaal vir hierdie goeie daad. Hulle is egter fop akteurs.

Een ware profeet teen 400 valse profete! Wel, laat ek vir julle iets vertel, vir iemand wat vandag profeties die waarheid praat is daar 400 valse profete in die liggaam van Christus wat teen hom gaan

www.Moriel.org

staan. Wat Jesus gesê het in die Laaste Dae gaan gebeur is besig om te gebeur. Baie min praat vandag die waarheid, baie is in kompromie met wat hulle weet valse profete is, ’n menigte wat ‘n valse leer verkondig. Net een man het opgestaan? Micaiah? en aan die einde was dit net sy profesie wat saak gemaak het. Ons sien dat daar duisende valse profete was in die dae van Jeremia en Barug, maar niemand het ooit iets van hulle gehoor nie? maar aan die einde het almal van Jeremia gehoor.

Dit was eintlik net Jeremia wat gepraat het, net hy wat die Woord van God gebring het is wat saak gemaak het. Dit is die laaste? een profeet wat die waarheid praat. Jósafat sê: “laat ek hoor wat hy sê.”

Ons moet verstaan wat die Hebreeuse teks hier sê. Daar is ‘n verbintenis in die name Micaiah? “hy is soos Yahwe,” en Jehoshaphat? “Jehovah / Yahweh. In Hebreeus is daar ‘n wortel wat wys op ‘n etimologiese vergelyking. As jy nie weet wat dit is nie moenie bekommerd wees nie, dit is een van die dinge wat hulle jou in teologiese skool leer.

Daar is ‘n soort geestelike verwantskap hier betrokke. Let op wat Miga sê wanneer hulle hom vra. In die begin sê Miga: “Ja gaan aan, God sal hulle in julle hand gee.” Hy sê presies dieselfde wat die valse profete gesê het. God se oordele kom in drie fases oor terug gevalle mense, die eerste fase is: “Ja gaan aan!” God hou op om hulle tereg te wys. God tugtig die wat Hy liefhet. Hoekom is dit dat dit altyd die getroue Christene is wat die meeste vervolging en verdrukkinge ondervind, dinge wat in Joods “Suris” genoem word? Dit is omdat God die vleeslike Christene oorgegee het aan hulle eie vleeslike begeertes. God tugtig net die wat Hy liefhet. Die ander is terug gevalle as hulle ooit gered is om mee te begin.

Pasop as God ophou om mense te tugtig, wanneer Hy hulle oorgegee het. In Romeine het God mense oorgegee aan hulle onnatuurlike onsedelikhede en dan gebeur dit ook met diegene wat daarop aanspraak maak dat hulle God se mense is. Dit is soos die profeet Amos se seun Loami? “Hulle is nie meer my mense nie.” God het hulle oorgegee. “Gaan aan, doen dit”? sê Miga.

Nou, koning Agab weet dit is nie wat God gesê het nie. Jy sien, hierdie valse leiers weet dat hulle verkeerd is. Ons lees in Timotheus dat hulle mislei is en ook misleiers is. Hulle is self mislei en hulle weet dat hulle misleiers is. “Gaan aan, doen dit.” Agab weet dit en sê: “Dit kan nie reg wees nie.” Agab het geweet, vertel my sê Agab, en Miga sê: “Ek sal jou vertel. Ek het Israel op die berge sien ronddwaal soos skape wat nie ‘n herder het nie.”

Ons moet die rol van die konings van Israel as herders verstaan. Koning Dawid is die Ou Testamentiese skaduwee van Jesus as die Goeie Herder. In Johannes 10 is Jesus is die Goeie Herder. In Psalm 23 Yehovah ra’ah? Die HERE is my Herder. Dawid is die Ou Testamentiese tipe of skaduwee van Jesus as Koning.

Die woord vir Pastoor en herder is dieselfde in Grieks en Hebreeus, en ‘n pastoor of herder in ‘n gemeente word gemeet aan hoe naby hulle soos Christus is. Dit is wat Petrus ons in sy brief leer. In die Ou Testament is ‘n koning ook aan Koning Dawid gemeet om te bepaal hoe ‘n goeie koning hy sou gewees het en dit is hoekom ons in die spreuk hoor dat die konings altyd met Dawid vergelyk was. “ en nie gedoen wat reg was in die oë van die HERE sy God soos sy vader Dawid nie.” Dawid het die maatstaf geword waaraan getrouheid gemeet was omdat hy die skaduwee van Christus as Herder was. Miga sê:

“Hierdie mense het geen herder nie.” Hy sê aan die koning dat so ver as wat die God aangaan, is die koning nie ‘n ware leier nie.

Dit is die tweede fase van God se oordele oor ‘n terug gevalle mense. God verwyder die leierskap en vervang hulle met preekstoel politiekkusse, akteurs en huurlinge, God gee vir hulle teokrate en nie herders nie.

Die eerste fase van God se oordele is, Hy hou op om mense tereg te wys en behandel hulle net soos die wêreldlinge, hulle word oorgegee. Die tweede fase van die oordele is, God neem die ware leierskap weg, hulle kry wat hulle wil hê. Dit is waar van die volke in die Boek Daniël. God stel konings aan en Hy neem hulle ook weg. Dit is waar in die politiek realm en dit is ook waar in die Kerk opset, God verwyder die leierskap.

Maar dan kom die derde fase van God se oordele, en dit is die gevaarlike een, God stuur misleiding. Onthou in Konings en Kronieke en in Samuel. Eenkeer het Dawid die mense getel en God het hom gemotiveer om dit te doen?? ‘n ander keer was dit die duiwel. Was dit God of was dit die duiwel wat Dawid gemotiveer het om die mense te tel? Wel, dit was eintlik God wat die duiwel gebruik het.

Blaai na 2 Thes. 2, hier word gepraat van die Antichris, die man van sonde, hier word in vers 3 gepraat van die Laaste Dae en die groot afval wat gaan kom met die manifestasie van die Antichris. Maar kyk wat staan in vers 11?12: “En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.”

Die Waarheid is die Woord van God. Jesus is die Waarheid, Hy is die Woord, die Logos. As iemand nie die waarheid van die Skrifte liefhet nie, dan kan hy ook nie Jesus Christus lief hê nie.

Hulle kan sê wat hulle wil, en al sing hulle al die hallelujas, as hulle nie die waarheid van die Woord van God, Jesus Christus die Logos, die Bybel liefhet nie, dan het hulle volgens God Jesus Christus nie lief nie. “As julle My liefhet bewaar My gebooie.” As jy Hom nie liefhet nie dan kan jy ook nie lief wees vir Sy Woord nie, as mense nie die Waarheid liefhet nie dan is daar ook geen liefde vir Jesus nie. Hy is die Weg die Waarheid en die Lewe, as iemand Hom nie liefhet nie dan is dit omdat hulle op ‘n een of ander wyse sonde geniet. Wanneer jy sogenaamde Christene sien wat nie die Waarheid liefhet nie dat is dit omdat sonde en die boosheid vir hulle ‘n plesier is. Daarom sal God ‘n verduistering oor hulle stuur sodat hulle die valse dinge sal glo.

Hier gaan die Antichris mense mislei! Hy is die uiteindelike oordeel, God gaan mense wat nie die Waarheid liefhet nie aan sy invloede oorgee. As mense nie nou al deur hierdie opsigtelike valse profete soos Benny Hinn of Kenneth Copeland kan sien nie, wat gaan hulle doen as die groot misleiding kom? Daarom gaan God hulle denke verduister en dit is ‘n vreeslike gedagte!

In die Boek Sagaria word die Antichris tipologies voorgestel as “God se agent”? dit is skrikwekkend, dit is ‘n oordeel!

‘n Paar jaar gelede in Engeland waar ek bly, het ek ernstig probeer om die dronk Pensacola en Toronto laggende dwaling te stop, maar die Here het gesê nee, jy gaan dit nie stop nie! Jy kan net die uitverkorenes waarsku. Jy kan net diegene red wat onskuldig mislei is, maar jy kan dit nie stop nie.

Hoekom? Wat jy vandag met die geld en voorspoed predikers en met die Toronto dwaling en die ekumeniese bewegings sien, is alles God se oordele oor ‘n terug gevalle Kerk. Hierdie dinge is nie net eenvoudige misleiding nie, dit is God se oordele oor ‘n teruggevalle Kerk, oor Laodicéa! God sal ‘n gees van dwaling oor hulle stuur sodat hulle die leuen sal glo!

Onthou Laodicéa is blind en haar eerste groot probleem is sy weet nie sy is Laodicéa nie.

Oordeel begin in die huis van die Here, dit gaan nie begin by die Vrymesselaars nie, ook nie by valse gelowe of by korrupte besighede en politikusse of Wall Straat nie, oordeel begin in die huis van die Here! God se oordele gaan eerste oor die Kerk kom voordat dit oor die nasies kom. As gevolg van aborsie alleen moet dit kom maar dit gaan eerste oor die Kerk kom.

Fase 1, God stop teregwysing. As jy nie al hierdie verkeerde dinge kan sien nie, al die skandale en valshede en mens gemaakte godsdiens, as jy dit nie wil sien nie dan gaan God jou oorgee aan hierdie dinge, God gaan teregwysing staak.

Fase 2, God gaan die leierskap wegneem, Hy het dit alreeds in Groot Brittanje gedoen en Amerika en Suid Afrika volg dieselfde pad.

Fase 3, dan stuur God ‘n sinsverduistering. Let op wat sê God vir hierdie leuengeeste: “Gaan en oorwin”. Nou, wanneer God ‘n misleiding stuur dan is dit ernstig. Maar God doen niks voordat Hy dit nie aan Sy diensknegte, die profete openbaar het nie. Miga het dit geweet. Diegene wat waarlik Jesus liefhet en wat Sy Woord bestudeer sal deur die Heilige Gees verstaan wat besig is om te gebeur. Wanneer God so ‘n dwaling stuur sal die wat in die Waarheid wandel dit weet.

Drie stadiums van oordele, en my vriend, my grootste vrees, maar wat nie meer ‘n feit is nie omdat dit alreeds verby dit is, ons is alreeds in die derde fase. God het alreeds opgehou om mense tereg te wys, hulle glo alreeds wat hulle wil glo, God het hulle alreeds oorgegee, hulle word behandel soos die ongereddes, en baie van hulle is ongered. God neem leierskap weg, en derdens gaan Hy hulle oorgee. Dit gaan vir hulle ‘n groot probleem raak.

Kyk na Jósafat, ‘n regverdige koning wat van beter moes geweet het. Hy het van die begin af dinge nie vertrou nie, hy het die waarheid by die ware profete gehoor maar tog het hy saam met Agab in sy strydwa gery. Hoekom wou Agab hê hy moes saam met hom in sy strydwa ry? Hoekom wil TBN mense soos Chuck Missler, Josh McDowell, Greg Laurie op hulle strydwa hê? Hoekom wil hulle goeie mense, Godsmanne saam met hulle hê? Daar is drie redes.

Eerstens; Hulle probeer kredietwaardigheid vir hulleself verkry wat hulle andersins nie kan kry nie. Mense sal dink: “Wel, as so en so saam met hierdie Godsmanne optree dan moet alles reg wees! Hulle probeer ‘n regverdiging soek, ‘n kredietwaardigheid wat hulle deur hulleself nie kan bekom nie. “Ek

weet ek is nie goed nie maar as ek met goeie mense meng sal God my seën.” Dit is hoe hierdie mense dink. “As ‘n goeie man saam met ons in die ding is dan sal God ons seën omdat hy ‘n goeie man is.”

Tweedens; Hulle soek iemand op wie hulle die skuld kan pak. Iemand wat die sak kan vashou as die skip sink. “Dit is sy skuld.” Agab het altyd ‘n agenda gehad. Maar daar gaan Jósafat! Terwyl die Here hom gewaarsku het? het hy nogtans op daardie strydwa geklim?

Derdens: Jósafat word verwar met Agab, hulle dink dit is Agab. Wanneer jy in Agab se strydwa ry gaan mense dink jy is Agab. Wanneer jy goeie predikers op platforms en op televisie programme saam met dwaal leraars sien optree dan gaan mense deurmekaar raak met hulle.

Ek weet baie goed dat Chuck Missler en Greg Laurie, Ray Comfort manne van God is . Ek weet dat Josh McDowell ‘n Godsman is, ek weet wat hulle glo, hulle glo grootliks wat ek glo. Hierdie is nie slegte mense nie, net soos Jósafat, maar wanneer hulle saam met slegte mense op platforms en TV programme optree dat word hulle in dieselfde kategorie in gedeel en ek vrees hulle maak van hulleself ‘n teiken.

Daar gaan mense wees wat hulle met dieselfde kwas gaan skeer alhoewel mense soos Chuck Missler, Ray Comfort, en Josh McDowell glad nie deel sal hê aan hierdie vervalsings en opvoerings nie. Dit is gruwel hoedat hierdie vervalle geld predikers die name van groot Godsmanne misbruik om hulleself kredietwaardig te maak terwyl die eerlike predikers geen deel het aan die mammon aanbidding wat die woord van geloof voorspoed predikers vermom met ‘n Christelike brabbeltaal nie. “O hy is een van hulle!” Jong gelowiges gaan dit sien en dit gee aan ketters kredietwaardigheid alhoewel die goeie mane persoonlik weet dit is verkeerd.

Nou, Jósafat het van homself ‘n teiken gemaak, hy laat toe dat hulle hom verwar met Agab en die pyle vlieg. Agab wil iemand hê om die sak vas te hou, en ek sê vir julle? TBN en Hinn en die massas gaan dieselfde pad loop as die PTL klub. Ek sidder vir die goeie manne wat toegelaat het dat hulle hulself identifiseer met hierdie booshede, maar hulle gaan in die kruisvuur beland wanneer dit gebeur.

Kom ons gaan verder. Jósafat roep na God en God tree tussenbeide, God red sy nek. God sal altyd by opregte mense staan, regverdige Godsmanne mense kan groot foute maak. Van die grootse manne in die Bybel het dom foute gemaak, ek het in my lewe al dinge gedoen wat verkeerd was, nie net verkeerd maar totaal dom dinge, ek weet nie hoe ek dit kon gedoen het nie? Dit is nie vir my lekker om dit te noem nie, maar dit is waar, maar God is genadig. God red Jósafat se nek die eerste keer, maar kom ons kyk wat gebeur volgende.

Hulle gaan agter Agab aan, Agab probeer slim wees, hy soek ‘n plaasvervanger maar hy het iets nie raak gesien nie, daar is ‘n gaping in sy wapenrusting.

In Efese 6:13 sien ons hierdie wapenrusting. Die gaping hier is waar die borsplaat die by die skouers kom, die borswapen van geregtigheid. Sonde openbaar mense? dit openbaar die gaping in die mondering. Ek het eenkeer na ‘n Romeinse soldaat se wapenrusting uitstalling in Rome gekyk, dit is massief, en die grootse gedeelte van hierdie wapenrusting is die borsplaat, die borswapen van

geregtigheid. Toe Paulus van hierdie wapenrusting gepraat het – het hy van iets gepraat wat die Jode verstaan het want dit is ook in Jesaja. Maar dit is ook iets wat die Grieke en die Romeine moes verstaan het. Romeine 6:13 sê dat ons dit moet aantrek sodat ons kan vasstaan. Agab het sy wapenrusting aangetrek maar daar was ‘n gaping daarin en daardie pyl vind dit.

Hy het onder die oordeel gekom en was vernietig. Hulle het ook nie die oorwinning oor die Arameërs gekry nie. Kyk na 1 Konings 22:3 3: “??Weet julle dat Ramot in Gílead aan ons behoort? En ons sit stil sonder om dit uit die hand van die koning van Aram te neem!” “Ons moet oorwinning kry oor hierdie ongelowiges, die heidene, die homoseksuele en aborsie drukgroepe, oor die Moslems, die Vrymesselaars, die Mormone, die Jehova se Getuies.

Ons moet die land terug eis vir Christus, ons moet saamstaan!” Dit is wat hulle sê, maar hulle sal nooit oorwinning oor die vyand kry nie, nooit!

‘n Valse broeder kan nie jou bondgenoot wees nie, hy is jou verantwoordelikheid, hy sal nooit wen nie, God gebruik nie mense op die manier nie. Daar is ‘n gaping in die mondering.

Wat is volgende? Hulle verloor die geveg maar ‘n genadige God tree tussenbeide om Jósafat se onthalwe. Dan in 2 Kronieke 19:2: “?? het die siener Jehu, die seun van Hanáni, uitgegaan hom tegemoet, en aan koning Jósafat gesê: “Moet 'n mens die goddelose help, en het u lief die wat die HERE haat???”

Hierdie geldpredikers haat die Ware Jesus Christus, hulle aanbid Mammon. Hulle mag miskien hulle god “Jesus” noem, maar hulle god is mammon. Hulle noem die sonde van hebsug “geloof.” Hulle het ‘n ander god, ‘n ander “Jesus”. Hulle haat die Ware Jesus, hulle wil nie ‘n Jesus hê wat sê: “Neem op jou kruis en volg My”? nie! Hulle soek ‘n Jesus wat vir hulle nog ‘n Mercedes kan gee, en hulle erken dit.

Hulle is valse broeders.

En wanneer jy in sy strydwa, dan ry jy in sy Mercedes en jy kom in sy TV vertoning – mense gaan jou verwar met hom en jy gaan van jouself ‘n teiken maak en niks anders as die Genadige Hand van die Here gaan jou nek red nie.

Hoekom meng jy met mense wat God haat? Wat maak jy op daardie idiotiese TV opvoerings?

Hoekom is jy op dieselfde platforms as ketters? Kan jy nie sien hulle gaan dink jy is een van hulle nie? Kan jy nie sien dat ongelowige mense gaan dink jy stem saam met hierdie mense nie?

Ek wens dat Jósafat, hierdie goeie koning, geluister het. Maar ons sien in 2 Kronieke 20 hy het nie geluister nie! Vers 35, 2 Kronieke 20:35?37: “Maar daarna het Jósafat, die koning van Juda, 'n bondgenootskap aangegaan met Ahásia, die koning van Israel?? wat goddeloos gehandel het.”

Hy doen dit sowaar weer! “En hy het hom as bondgenoot geneem om skepe te bou om na Tarsis te vaar; en hulle het skepe gebou in Éseon?Geber wat naby Aloch was. Maar Eliëser, die seun van Dódawa, uit Marésa, het teen Jósafat geprofeteer en gesê: Omdat u 'n bondgenootskap met Ahásia aangegaan het, verbreek die HERE u werk. En die skepe het skipbreuk gely, sodat hulle nie in staat was om na Tarsis te

vaar nie.” Die tweede keer het God se oordele gekom, die eerste keer het God hom gered en hom tereggewys. Maar die tweede keer: “Gaan jy dit weer doen?” En hulle doen dit weer en hulle verloor alles wat hulle opgebou het.

Jy sien Godsmanne wat dinge bou wat God seën en gebruik en dan gaan hulle en plaas alles op die spel om saam in Agab se koets te ry, om op ‘n idiotiese TV program te kan verskyn? Hoekom? Chuck Missler is ‘n man van God, Greg Laurie is ‘n man van God. Josh McDowell' is ‘n Godsman, Ray Comfort is ‘n Godsman. Daar is genoeg kerke en baie mense en genoeg geld in Calvary Chapels om hulle eie Christelike TV kanale op te rig. Hulle het nie nodig om met hierdie mense deurmekaar te raak nie, ek sê dit in groot liefde. Maar dit is nie net hulle nie.

Hoe kan goeie mense deurmekaar raak met die ekumeniese beweging? In die hoof streke van Calvary Chapels is drie uit vier mense gewese Roomse Katolieke. Die Roomse Kerk sê: “ Jy gaan Hel toe omdat jy die een ware kerk verlaat het, omdat jy nie meer glo dat redding deur die sakrament kom nie, omdat jy nie meer glo dat daar vergifnis van sonde in die vae vuur is nie.” Maar vooraanstaande evangeliese leiers soos Chuck Colson, Pat Robertson, J. I. Packer is een na die ander besig om hulle by hierdie “kerk” wat hulle vervloek te skaar? wat hulle families Hel toe stuur? Ek het ma wat haar geloof in standbeelde van Maria plaas in plaas van Jesus Christus.

Hoe kan goeie mense betrokke raak in sulke dinge? Maar weereens, wanneer God hulle teregwys, hoe diep kan hulle betrokke wees? Maar hulle doen dit.

Nepotisme, familie toegifte, vriendskap? “Ek ken hom al vir 20 jaar, my broer is met sy suster getroud”? al hierdie dinge is besig om jou op te stel. Dan gee hulle jou die tou — “Ons moet saam staan? ons het ‘n gemeenskaplike vyand, ‘n gemeenskaplike gevaar? ons is almal broers!”

“Ons is almal wedergebore, ons het een geloof, een doop, kom laat ons saam staan. Ons kan nie negatief of krities wees nie, ons moet mekaar aanvaar!

Hoekom het jy die mense lief wat God haat? God het Jósafat gewaarsku, hy het geweet daardie 400 valse profete is vals. Al hierdie Kansas City profete en al hierdie fop akteurs, Rick Joyner, een na die ander is volgens Bybelse definisie beproefde valse profete!

Hulle is net so vals soos al die valse profete van enige ander kultus. Jósafat het dit geweet. Hulle gee ‘n groot partytjie, ‘n groot vertoning, ‘n groot feesvierdende lofprysing, ‘n groot Pensacola ? Pepsicola skouspel of wat ook al. Die een na die ander profeteer groot oorwinnings, maar daar is geen oorwinning nie. Nou kom God se oordele!

God staak teregwysing, God neem die ware leierskap weg en Hy gee hulle oor. Hulle word kwaad vir Miga en slaan hom, hulle sê: “Jy is ‘n valse profeet? sluit hom toe totdat ek terugkom.”

Miga sê: “Nee, jy gaan nie terugkom nie ander is ek ‘n valse profeet!” Let op, net ‘n ware profeet sal dinge in die Naam van die Heer profeteer en volle verantwoordelikheid daarvoor neem.

‘n Rick Joyner of ‘n Gerald Coates, Kim Clement sal dit nooit doen nie. Hulle haat ware profete al is hulle reg. Dan klim Jósafat op Agab se strydwa. Hulle verwar hom met Agab en begin skiet op hom. God is genadig, maar dan tugtig God. God wys hom tereg maar hy wil nie hoor nie, en hy doen dit weer, dan word sy skepe verwoes en hy kom nie by Tarsis uit nie.

Wat ‘n tragedie is dit nie wanneer God mense ophef en seën en hulle iets gee om te doen en alles wat hulle opgebou het begin verkrummel en hulle bereik nie hulle God gegewe doelwit nie!

Wanneer jy in Agab se strydwa ry dan word jy geïdentifiseer met Agab, jy is saam met hom in die bed, en hy is saam met Jesebel in die bed, jy is saam met die Pous in die bed, met die Dali Lama, dit is waar dit heengaan. Dit is soos dit was, dit is wat dit is, en dit is hoe dit gaan wees.

Die gebed van my hart is dat die Josafatte van ons dag, die Godsmanne, manne wat ek ken, van hierdie strydwa sal afspring voordat hulle geskiet word. Klim af van die idioot kassies, klim af van daardie platforms, gee nie plek vir Agab in jou gemeente nie, moet nie sy literatuur versprei en sy boeke verkoop nie, moet nie diegene liefhê wat die Here jou God haat nie.

Jósafat was ‘n goeie man, ‘n goeie man met foute, wat slegte foute gemaak het, en voor jou oë is daar goeie manne wat vandag dieselfde foute maak. Mag God in Sy Groot genade hulle teregwys en ons bewaar.

Die Here seën julle, groete. Jacob Prasch

Read a sermon (in 14 different languages!)

click to pick - or scroll left and right with the arrows

Welcome in the demo
Another demo

Links and resources

Please note any link from anywhere within the Moriel Ministries web site does not necessarily imply endorsement...

Educational Resources

These Books are books that young Christians should read. these are foundational works for…
BeAlert!

BeAlert!

Our Moriel correspondent, Sandy Simpson, is the editor of Be Alert! Whose job as…
Links

Around the Web

It's very important that you clearly understand that the inclusion of any link from…
Moriel Affiliates

Moriel Affiliates

Moriel is an international multi-faceted ministry of Jewish and non-Jewish regenerate…

Questions for Catholics

Questions for Jewish People

Questions for Mormons

Questions for Hindus

Questions for Muslims

Questions for Jehovah's Witnesses

Questions for Seventh Day Adventists

Copyright © 2024 Moriel - God is my Teacher. All Rights Reserved.

Maintained by Cybersalt