Welcome to Moriel Ministries...

Moriel is an international multi-faceted ministry of Jewish and non-Jewish regenerate believers one in Jesus the Messiah and is committed to the evangelization beginning with the Jews and also people of other faiths including Islam, Hinduism, Buddhism, and theologically deviant expressions of Christendom including Roman Catholicism (which we view as aberrational much as we deem Talmudic Judaism to be likewise largely unscriptural).

Betower die Slang

Deur- Jacob Prasch

    Die Apostel Paulus waarsku ons in Kolossense oor die ydel filosofieë van die wêreld. Die Britte het Bethem en Hobbs, die Grieke van ouds, Aristotle en Socrates, die Hollanders, Spinoza, die 19de eeu se Duitse Rasionaliste, Nietzche en Hegel. Almal het hulle eie filosowe gehad. Wel, God het Sy eie Boek van filosofie- Prediker.(Ecclesiastes).

 

In Hebreeus ken ons Prediker as Koheleth. In Hoofstuk 10:11 lees ons: “As die slang byt voor die beswering, baat die besweerder nie.” As die slang pik voordat hy behaag is dan is daar geen voordeel vir die besweerder nie. Wat ’n verklaring! Koheleth, God se filosofie is heel eenvoudig.

In die Latynse Vulgaat lees ons vanitas vanitatem omnia vanitas— “Dit is alles tevergeefs”.

Dit maak nie saak hoe ryk jy word nie, jy gaan net so dood eindig as die persoon wat nooit iets gehad het nie. God se filosofie van die lewe: Die wêreld is gevalle; maak die beste van ’n slegte saak. Wees lief vir die Here jou God en hou Sy gebooie. Vertrou op die Koninkryk van die Messias wat kom. Bou julle huise, kry kinders, wees lief vir mekaar (Jerm. 25:4-6). Maar as jy op hierdie wêreld vertrou gaan jy wreed ontnugter word. In tussentyd, gaan aan met jou lewe, daar is ’n beter wêreld aan die kom, moenie op hierdie wêreld vertrou nie, dis alles tevergeefs.

Jy kan ’n groot geleerdheid bekom, maar baie boeke maak is ’n vermoeiing van die vlees. Enige slim mens weet dat hoe meer jy leer hoe minder weet jy. Aan hierdie kant van die Koninkryk gaan jy nie daar kom nie. Ek praat nie sleg van geleerdheid nie, ek is ook onder die vloek, as kind is dit in my ingedril en soos julle sien, dit het my nie goed gedoen nie!

As die slang pik voordat hy betower is, dan het jy ’n probleem! Blaai na Jerm. 8:17:

“Want kyk, Ek stuur slange, basiliske onder julle waarteen daar geen beswering is nie, en hulle sal julle byt, spreek die HERE.”   God gaan slange onder teruggevalle mense instuur om hulle te pik. Wat is hierdie slange wat kalmeer moet word, en wat beteken beswering?

2 Kor. 11:3 sê: “Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus.”

Die slang het Eva verlei. Eva is ’n beeld van Israel en deur insluiting ook die Kerk. Satan val op twee maniere aan—die draak en die slang (Openbaring). Die draak is Satan die vervolger en die slang is Satan die verleier. Die slang se pik is net so dodelik as die byt van die draak. Satan val mense aan deur geestelike misleiding en openlik. In die laaste dae word die draak en die slang op die aarde uitgewerp. (Op. 12:9) Die kerk kom gelyktydig te staan teen vervolging en ’n geweldige geestelike misleiding. Die slang verlei die vrou. Dit het met Israel gebeur en dit gaan ook met die kerk gebeur. Paulus was bang dat dit met die gelowiges in Korinte gaan gebeur. Hoe werk dit?

Wel, kom ons kyk na die natuurlike vrou en die natuurlike man. As gevolg van die val van die man het alles verkeerd geloop. As gevolg van ons gevalle natuur het die man onsensitief geraak maar die vrou hipersensitief. Wanneer ’n vrou en man tot redding kom is dit gewoonlik die vrou wat eerste tot redding kom, nie altyd nie, maar gewoonlik. Wanneer ’n man en vrou bid oor ’n saak dan is dit gewoonlik die vrou wat by die Here hoor, nie altyd nie maar gewoonlik. As die man tot redding kom dan sal die vrou daarop volg. Water neem die vorm van die houer aan.

Daar is baie goddelike vroue met ongeredde mans wat vir baie jare so saam met hulle lewe. Waarom is dit makliker vir vrou om by die Here te hoor?

Hoekom kom vroue makliker tot bekering? Dit is omdat mans minder sensitief geraak het, maar aan die anderkant as gevolg van die sondeval het dit makliker vir vroue geword om die stem van die Heilige Gees te hoor. As jy ’n Christen is sal jou eerste en beste raadgewer ’n biddende vrou wees en nie ’n vrou wat altyd kla nie, dit stoot mans weg, maar nie ’n biddende vrou nie, sy kan groot insprake hê. Aan die ander kant, alles wat God vir goed bedoel het, soos die wêreld, om die slang te kalmeer, en die vlees te voed, is dinge wat die duiwel vir slegte dinge sal gebruik.

    Maar dan, terwyl dit makliker is vir vroue om die stem van die Heilige Gees te hoor, is dit ook makliker vir bose geeste om vroue te mislei. Vroue is van nature meer vatbaar vir geestelike misleiding dit is waarom Bybelse leierskap manlik is. Ons kan sê die manlike antenna is te kort om die seine op te vang maar wanneer hulle hoor dan is dit die meeste van die tyd die regte boodskap. Die vroulike antenna is te lank, hulle vang enigiets op en ook misleidende boodskappe. Moenie my vra om dit te verklaar nie, dit maak nie sin nie, maar aan die anderkant is mans as gevolg van die val afhanklik van vroue se sensitiwiteit. Vroue, as gevolg van die val is egter weer afhanklik van die man se beskerming en dit is ’n belangrike teologiese konsep wat ons moet verstaan.

Die man is die hoof van die vrou soos wat Christus die Hoof is van die Kerk of gemeente. As ons nie kollektief korporatief onder die beskermende bedekking van Christus is nie gaan ons mislei word. Die Slang het die vrou mislei net soos met Israel. Die slang pik, daardie slang moet besweer word.

In Genesis 3 is die verhaal waar die slang die vrou verlei het. Satan het dit wat God gesê het deeglik verdraai, en in Mattheus 4 het die slang dieselfde met Jesus probeer doen, maar hierdie keer het dit nie gewerk nie omdat- “dit is ook geskrywe…”

Satan het dieselfde met Jesus probeer doen wat hy met Eva gedoen het maar dit het nie met die Here Jesus gewerk nie. Satan het ’n Skrif gedeelte buite konteks aangehaal terwyl Jesus die Skrif binne konteks aangehaal het. “Dit is ook geskrywe”. Mense wat met hulle emosies dink is gevaarlik, dink so daaraan: Mense wat die leiding van die Heilige Gees ondergeskik maak aan menslike intellek is gevaarlik. Maar mense wat met hulle emosies dink en hulle intellek ondergeskik maak aan hulle emosies, is dodelik!  Emosie is ’n wonderlike dienskneg maar ’n baie dodelike leier.

Ons intellek moet onderdanig wees aan die Woord van die Here en die leiding van die Heilige Gees maar wanneer mense hulle emosies begin verwar met die Heilige Gees dan is daar ’n groot probleem. Mense dink met hulle emosies en hulle dink dit is geestelik: Hulle raak so hemel denkend dat hulle niks goeds aards beteken nie. Vroue is baie meer vatbaar vir hierdie dinge as mans, en vanselfsprekend is die Kerk meer vatbaar vir dit as Jesus, Hy is geensins vatbaar vir dit nie

As die slang pik voordat hy besweer is, het jy ’n probleem. Lachesh- ons vertaal dit as besweer / betower- “charmed”. Dit is ook ’n woord vir iets wat iemand immuun maak vir die gevolge om dit te dra. Dit is ’n term in Jesaja vir ’n amulet- ’n gelukbringer. Maar die regte term ‘lachesh’ wat ons vertaal as ‘besweer’ beteken “’n gefluisterde towerspreuk,” ’n towerspreuk wat die slang besweer / kalmeer / gerusstel / behaag.

Ek was ’n keer in Mumbai, Indië, by die Hek van Indië waar die slang besweerders uithang. Hulle hou kobras in mandjies aan en dan is daar die Swami besweerder met ’n tulband op sy kop. Die man het sy fluit- ‘n punji vir my gegee waarop ek ’n uittreksel uit “Blue Suede Shoes gespeel het en die slang het duidelik aggressief geraak, ek verander toe na Amazing Grace en dit het die slang gekalmeer, my dogter het foto’s hiervan. Slang besweerders is vandag nog in Asië te sien alhoewel hulle vinnig besig is om te verdwyn.

Lachesh—as jy nie die slang betower voordat hy jou byt nie, dan is jy in die moeilikheid.

Jes. 3:18-23 praat van kopdoeke, enkel kettings, serpe, parfuum houers en amulette. Hierdie woord amulet klink soos lacheshim (’n meervoud vorm van lachesh) in Hebreeus—

Iets wat die slang kan afweer. Jesaja 3:3 praat van die owerste oor vyftig, die eerbare man, die raadgewer, die ervare vakman en die ervare slang besweerder. Hierdie bekoorder (enchanter) word in Hebreeus geken as die slang bekoorder.

    Jesaja 3:1-4 sê die Here van die leërskare gaan Jerusalem en Juda se lewensonderhoud en ondersteuning afsny.

“Want kyk, die Here HERE van die leërskare sal uit Jerusalem en uit Juda wegneem die stut en die steun, elke stut van brood en elke stut van water, die held en die krygsman, die regter en die profeet en die waarsêer en die oudste; die owerste oor vyftig en die aansienlike en die raadsman en die knap ambagsman en die ervare besweerder. En Ek sal seuns hulle vorste maak, en moedswilliges sal oor hulle heers.” 

Wanneer God se oordele op teruggevalle mense val wat nie tot inkeer wil kom nie, dan kry hulle onbekwame leiers (seuns) en God neem die bekwame leiers weg. Ons dink aan Dave Hunt, Chuck Smith, Martin Lloyd Jones, dit was mense wat geweet het hoe om die slang te bekoor. Maar na hulle heengaan wil dit voorkom asof die kontemporêre liggaam van Christus ’n akute tekort begin ontwikkel aan Skriftuurlike bona fide slang bekoorders terwyl mense hiper ontvanklik raak vir geestelike misleiding.

Van Jesaja af gaan dit aan tot by die dag van Jeremia. Na Jesaja en Miga was dit Jeremia se dag en God sê Hy gaan slange stuur, die Here gaan ’n leuengees in die monde van  die profete gee.

As mense valse profete wil volg dan sal God valse profete stuur. 2 Tes. 2 praat van die opkoms van die Antichris. God sal ’n leuengees stuur sodat mense die leuen sal glo. In Sagaria 11:16 sien ons die Antichris, ’n magtige dienskneg van God. “God sal vir hulle ’n verleier stuur.”

As jy na valse profete soek, sal jy kry wat jy wil hê. Wil jy na Benny Hinn en Kenneth Copeland luister? God sal vir jou valse profete “slange” stuur. Nie net sal God vir jou hierdie slange stuur nie, maar kom ’n tyd wanneer God die manne wat weet hoe om die slange te bekoor gaan wegneem.

Daar is ’n tweede woord. Biyene is ’n Hebreeuse woord vir “onderskeiding tussen-.” In die Nuwe Testament is dit vertaal uit die Septuagint (Die Griekse Ou Testament) Sommige Bybel vertalings vertaal dit met reg as “Onderskeiding van geeste” “onderskeiding tussen verskillende soorte geeste.”  Wat se gees is dit? Is dit die Heilige Gees of ’n vreemde gees?

Die vrug van die Gees is selfbeheersing (ekreitei). Bly weg van daardie getatoëerde man en sy valse herlewings—Toronto, Pensacola en ander. Hierdie mense is buite beheer, dit kan nooit die Heilige Gees wees nie! Nou, dit is die soort onderskeiding wat ons almal moet hê.

Dan is daar die gawe van onderskeiding waar iemand deur ’n openbaring van die Heilige Gees onderskei wat iemand motiveer en dan die Liggaam inlig waar dit vandaan kom.

Die slang is subtiel; onthou hy haal die Skrifte oortuigend aan. Jy moet die Here Jesus onder die leiding van Sy Gees vra om jou te wys of dit wat gesê is die waarheid is. Sommige mense kan tussen valse en ware geeste onderskei.

’n Lachesh kan vertaal word as ’n amulet, ’n ‘charm’ soos in ’n armband, om bose dinge af te weer. ’n Lachess biyene. Kan jy die slang besweer voordat hy pik? Dit is nie goed om die spreekwoordelike staldeur met kettings te sluit nadat die perde daaruit ontsnap het nie! As jy nie die slang kan besweer nie gaan hy jou pik.

Jeremia sê daar gaan ’n tyd kom wanneer God slange gaan stuur net soos wat Hy met Israel van ouds gedoen het. Israel was onder God se oordele omdat hulle nie tot bekering wou kom nie, hulle het die waarskuwings van Hosea, Amos, Joel, Jesaja, Jeremia en Miga verwerp, God het die slange as ’n oordeel voor die Babiloniese ballingskap gestuur. Net soos voor Babilon die Grote gaan die slange weer kom. Hulle is oral! Jes. 26:16 sê: “HERE, in benoudheid het hulle U gesoek; hulle het stille gebede uitgegiet toe u tugtiging hulle getref het.”

Lachesh—’n fluisterende towerspreuk.

Een vraag wat ek myself al baie keer gevra het en wat julle ook al gevra het is hoe kan ons die seëninge van die hemel of die ewigheid of die Millennium Koninkryk verwag as ons weet dat ons ongeredde geliefdes het wat Jesus nie aangeneem het nie, of wat in die ewige verderf sit?

   Jes. 26:14:”Dooie mense herlewe nie, skimme staan nie op nie; daarom het U hulle besoek en verdelg en alle gedagtenis aan hulle laat vergaan.”

Nee, hulle is nie vernietig of uitgewis nie, maar wel hulle gedagtenis! Ons sal nie weet of hulle ooit bestaan het nie, alles wat ons van hulle geweet het sal uitgewis word. Dit sal ons nou pla maar na hierdie lewe nooit weer nie- asof hulle nooit bestaan het nie.

Wanneer ’n geliefde sonder Christus sterf dan is dit ’n groot hartseer vir ons, maar wanneer die Here kom sal Hy elke traan wegneem. (Op 7:17; 21:4; Jes. 25:8) Dit sluit die hartseer oor die dood van ons ongeredde geliefdes in, maar in die ewigheid sal daar nie ‘n bewustheid by ons wees dat hierdie mense ooit bestaan het nie, hulle sal weet maar nie ons nie.

Nie te min, ons lees, daar is ’n fluistering, ’n towerspreuk, ’n lachesh wat ’n sekere mag het. Num. 21:6 sê: “Toe stuur die HERE giftige slange onder die volk wat die volk gebyt het; en baie mense uit Israel het gesterwe.”

God stuur slange onder hulle as gevolg van hulle afgodery en rebellie. As jy verlei wil word om ’n goue kalf te aanbid dan sal God slange stuur om jou te byt, Hy sal toelaat dat Satan die instrument van Sy oordele word soos in die geval van Agab en sy profete. As mense valse profete verkies dat sal God vir hulle valse profete as ’n oordeel oor hulle stuur, God sal hierdie slange stuur om hulle te byt.

Alhoewel, daar was vreugde toe die Seun van die Mens opgelig was--soos wat Moses die slang in die wildernis opgelig het. Hoekom word die Here Jesus as iets boos voorgestel? Hy wat geen sonde geken het nie het sonde geword. Wat gaan verhoed dat daardie slang jou byt? Hy moet gekalmeer word. Wat is hierdie sagte woorde? Lachesh—’n fluisterende towerspreuk. “Here bewaar my van die bose, neem U hand nie weg nie, bewaar my van misleiding!” As dit nie ons lachesh is nie, dan gaan daardie slang ons byt.

Jy kan dalk nie baie teologiese kennis hê nie; jy is dalk nog nie baie lank ’n Christen nie, maar as jy daardie amulet het—as jy na die slang kyk wat in die wildernis deur die staf opgelig was, as dit jou lachesh, jou inspraak is, dan sal jy instaat wees om die slang te kalmeer. Misleiding sal kom maar jy sal instaat wees om die slang te kalmeer.

Voordat my vrou my vrou was, was sy my meisie en voordat sy my meisie was- was sy iemand wat ek in Jerusalem na Christus gelei het. Sy het my meisie geword terwyl ek in New York gebly het en sy in Israel, naby die Berg Karmel gebly. Gelukkig het ek goed geld gemaak en ek kon dit bekostig om met ’n vliegtuig heen en weer te reis of ons het ure aanmekaar oor die telefoon gepraat. Toe roep die bediening my en geld het skaars geraak. En soos wat dit met ’n jong gelowige gaan, toe kom die slange. Daar is ’n klop aan die deur, Jehovah se Getuies, meesal jong Arabiere. Sy het basies niks geweet nie en hulle vertel haar Jesus is nie God nie, Hy is ’n engel. Sy het niks geweet nie en sy het ook nie geweet hoekom sy na Hebreërs hoofstuk een geblaai het nie: Vers 5 “Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer?” (Begotten)

Die JW’s kon dit nie hanteer nie en sy het maar pas tot bekering gekom, teologies het sy basies niks geweet nie. Maar sy wat pas tot bekering gekom het- het geweet hoe om die slang te kalmeer. Kan jy die slang kalmeer? As jy nie die slang kan kalmeer nie is dit ’n waarborg, hy gaan jou byt, vergiftig!

Deut. 32: 28-33: “Want 'n nasie van verlore raadsplanne is hulle, en daar is geen verstand in hulle nie. Was hulle wys, hulle sou dit insien, (Onderskei) [biyene]  hulle sou op hulle einde let. (Would that they were wise, they would understand this, they would discern [biyene] their future.)  Hoe kan een dan duisend agtervolg en twee tien duisend op die vlug jaag, was dit nie dat hul steenrots hulle verkoop en die HERE (Rots)  hulle oorgelewer het nie! Want hulle steenrots is nie soos ons Steenrots nie--ja, ons vyande self is skeidsregters! Want hulle wingerdstok is uit die wingerdstok van Sodom en uit die wingerde van Gomorra; hulle druiwe is giftige druiwe, bitter trosse dra hulle. Hulle wyn is slanggif en wrede addergif.” 

    ’n Teruggevalle nasie en ’n teruggevalle kerk het ’n ander rots as wat ons het. Ebenezar, die Rots van ons heil, ons Petra—dit is Jesus. Hy is ons Rots (1 Kor. 3). Mormone sê- “Ons is die Kerk van Jesus Christus, heiliges van die laaste dae en ek getuig vir jou met ’n warm gevoel in my bors,dit is die waarheid”. Maar hulle glo Jesus Christus is die geestelike broer van Satan!

Die ware Jesus is die ‘monogenes’, Enig Geborene van die Vader. Mormone het ’n ander Jesus. Ons Jesus sê as iemand beweer dat Hy alreeds fisies terug gekeer het moet ons dit nie glo nie, gee pad van hulle af. Jesus sal terugkeer soos wat Hy in ’n wolk opgevaar het.

Waar iemand op hierdie oomblik deelneem aan die Katolieke Mis sê daarmee dat Jesus op die oomblik fisies terug gekeer het. Om te verklaar dat die brood en die wyn gesubstansieer is, beteken Jesus is fisies teenwoordig met die aanbidding van die Eucharis. Dit is ’n ander Jesus, hulle het ’n ander rots.

Die Woord van Geloof geld predikers het ’n ander Jesus. Die ware Jesus sê ’n dienskneg is nie verhewe bo sy meester nie. “Neem op jou kruis en volg My.” Die ander Jesus sê- “Jy is ’n konings kind, eis dit en gryp dit.” Hulle het ’n ander rots en hulle glo wat hulle glo. Hoekom? Hulle het nie die Nuwe Wyn nie. Hulle wyn is die gif van die slang. Hulle is deur ’n slang gebyt, hulle is geestelik mislei.

Maar kyk waar eindig hulle en gaan hulle eindig met hulle vreemde rots en die slang wat hulle gebyt het: In Sodom en Gomorra. Geen wonder homoseksualiteit is besig om in sogenaamde evangeliese kerke ’n vastrap plek te kry nie. Ons sien mense soos Tony Campolo en wolwe soos hy wat homoseksualiteit begin omarm. Brain McLaren, die guru van die Opkomende Kerk het sy seun en sy seun se man in die huwelik bevestig. Hoe kan hulle dit doen? Die slang het hulle gebyt. Moenie na hierdie mense luister nie, brand hulle leerstellings.

In Handelinge 16:16-18 sien ons waar Paulus in Europa in Filippi gekom het.

“En terwyl ons op pad was na die bidplek, kom 'n slavin met 'n waarsêende gees ons teë, wat vir haar eienaars deur waarsêery groot wins ingebring het. Sy het Paulus en ons gevolg en geskreeu en gesê: Hierdie manne is dienaars van God, die Allerhoogste, en hulle verkondig aan julle die weg van verlossing. En dit het sy baie dae lank gedoen; maar baie ontevrede daaroor, het Paulus hom omgedraai en vir die gees gesê: Ek beveel jou in die Naam van Jesus Christus om uit haar uit te gaan. En hy het op dieselfde oomblik uitgegaan.

Normaalweg word dit vertaal as ’n gees van waarsêery. Dit is die piton / luislang (Pythian) ’n slang gees. Let op die slang sê dinge wat waar is oor Jesus en Paulus en Timotheus. Hy hou aan ware dinge sê. In die begin het Paulus niks gesê nie. Maar daar kom ‘n tyd wat jy sal moet optree teen so ’n verdraaide situasie waar iemand dinge sê wat in dit self nie ’n bewys is dat hulleself opreg is nie. Jy sê niks teen hulle solank hulle die waarheid praat nie.

Maar slange is slim, hulle weet hoe om die waarheid te misbruik en mense te mislei om so naby genoeg aan hulle te kom om hulle te byt. Dit vereis onderskeiding—biyene in Hebreeus, in Grieks is dikrino normaalweg die term. In moderne Grieks is dit om te ondersoek, om na te speur. Ons sal nie net stil bly as iemand dinge sê wat nie waar is nie. Maar hoekom sê hulle dinge wat waar is? Mense wat dinge sê wat waar is doen dit om hulle te vereenselwig met gelowiges met die doel om naby aan hulle te kom om hulle te byt en dan kom hulle na vore met valse dinge.

Daar was ’n man wat ek vir jare geken het, toe vind ek uit daar is dinge wat hy geglo het wat hy weggesteek het. Hy het vir my ’n brief geskryf waarin hy beweer dat Jesus net Sy eie werke aan die kruis volbring het en nie die verlossings werke toe Hy gesê het dit is volbring nie. Hy sê verder dat God die Vader as ’n mens moet kom en in Jerusalem gekruisig moet word. Net so moet die Heilige Gees in die vlees kom en in Jerusalem gekruisig word. Die twee getuienisse in Openbaring 11 is die Vader en die Heilige Gees en hulle moet ook soos Jesus gekruisig word om so redding te bewerkstellig, en Jesus is hulle God.

   Nou, dit is ’n eeue oue weergawe van ’n dwaling wat geken word as Pneuma Passionisme en Patra Passionisme. Daar is niks nuut onder die son nie. Dit was die man wat ek geken en vertrou het. Sy lering was altyd reg en hy het saam met my gestem, maar die een of ander tyd kom die waarheid uit. Jy sal altyd die slang uitken, die vraag is, sal jy instaat wees om die slang te identifiseer voordat hy byt, dit kan iemand wees wat jy al vir jare ken?

’n Tyd gelede was ek heel verwar toe die dronk lag in die gees in Toronto en Pensacola uitgebreek het met al die strooi wat daarmee saam gegaan het. Ek het gesê- “Here daar is Pastore wat ek ken, goeie Gods manne wat in dinge betrokke geraak wat duidelik nie van U is nie, ’n valse herlewing. Hoe kan mense wat ek ken, goeie mense inskryf in so ’n misleiding en hulle gemeentes ook daarin betrokke laat raak?” Die Here het vir my gesê: ‘Stop Jakob moenie so naïf wees nie.’

Wanneer jy ’n pastoor of predikant sien wat sy vrou en kinders verlaat en wegloop met die kerk se sekretaresse, dat is dit skandelik, afskuwelik en verregaande, maar dit gebeur, maar so ‘n man het nie net eendag wakker geword en besluit om sy vrou en kinders te los en die pad te vat met die ander vrou nie, nee, iets was lankal besig om met hierdie man verkeerd te loop, soos sy verhouding met God en met sy vrou wat eindelik in die lig gekom het, iets gaan verkeerd om mee te begin.

Hoe gebeur dit dat mense, geredde Christene duidelike misleiding soos die siek Toronto lag in die gees begin volg- en hulle sien nie deur dit nie? Die antwoord is daar is iets met hulle al vir ’n geruime tyd verkeerd. Die slang was daar; daar was miskien dinge gesê wat waar was.

Hoe kan John McArthur sê jy kan maar die antichris en sy merk aanvaar en die beeld van die dier aanbid terwyl dit ’n direkte weerspreking is van die Woord van die Here in Openbaring 14?

Daar was iets van lankal af verkeerd met hierdie man. Jy verlaat nie oornag jou vrou en kinders en loop weg met ’n ander vrou nie, dit werk nie so nie. Maar die slange weet hoe om weg te kruip totdat hulle gaan byt, en wanneer dit gebeur is die vraag: het jy of kan jy die slang betower? Wel, ons weet wat gebeur.

Die Boek Eksodus 7: 10-13 sê: “Toe het Moses en Aäron na Farao gegaan en gedoen net soos die HERE hulle beveel het: Aäron het sy staf voor Farao en voor sy dienaars neergegooi, en dit het 'n slang geword. Daarop laat Farao óók die wyse manne en die towenaars roep; en hulle, die Egiptiese towenaars, het ook dieselfde gedoen met hulle towerkunste: --(Die Nuwe Testament identifiseer hulle as Jannes en Jambres en so ook die Joodse geskiedenis.)--elkeen gooi sy staf neer, en hulle word slange! Maar Aäron se staf het hulle stawe verslind.  Maar Farao se hart was verhard, sodat hy na hulle nie geluister het nie soos die HERE gespreek het.

'n Slegte en owerspelige geslag soek na 'n teken. Skriftuurlik volg hierdie dinge. Ek het al ’n duisend keer in die openbaar gesê dat wonders en tekens dinge van Jesus bewys, maar nie alles oor mense nie. Dit mag miskien ’n indikasie wees dat hy van God is, maar dit is geen bewys daarvan nie. Farao se towenaars was instaat om die wonderwerke van Moses en Aaron na te maak. Net soos waar die Antichris en valse profeet Jesus en Sy getuienisse se wonderwerke gaan namaak.

Bywonende wonders en tekens beteken nie noodwendig vlug van hand of kulkunsies nie; (Alhoewel dit kan wees) dit beteken die geestelike krag agter dit wat nagemaak word.

Hierdie mense trek mense se bene en hulle doen al hierdie gekke dinge maar die Antichris en die valse profeet gaan demonies bekragtig word om bonatuurlike dinge te doen, en dit sluit astrale verskynsels in.

Baie sê: O’ wonders en tekens! Die moet van God wees! Onthou Jesus het genesing gehad, maar nie genesing optogte nie. Jesus het wonders gedoen maar Hy het nie ’n wonders en tekens optogte en dienste gehad nie, Hy het bekering byeenkomste gehad. Jesus het nooit toegelaat dat wonders en tekens die fokus punt van die Sy boodskap of Sy bediening geword het nie.

   Maar die slang mislei mense. Dit was nadat Moses en Aaron hulle staf neergegooi het dat hulle slang die towenaars se slange opgeëet het. Die enigste een wat die duiwel kan uitoorlê is God. Satan is nie net astronomies slimmer as enigeen van ons nie, hy is slimmer as ons almal saam. Hy is die god van die wêreld en die enigste wat hom kan uitoorlê is die Here.

Dink aan die kruisiging, Satan het gedink hy het gewen. As hulle geweet het dat God Jesus uit die dood sou laat opstaan dan sou hulle die God van heerlikheid nie gekruisig het nie! Skaak! Nee, skaakmat! Net die Here kan die duiwel oorwin.

Satan is net te glibberig, en hy het baie ondervinding. Hy verlei die kerk basies net soos wat hy Jesus probeer verlei het. Wat se kans het ons? Uit onsself, niks! Moenie dink jy kan misleiding en verleiding hanteer nie, jy kan nie en ons kan nie. Net God kan. Houvas aan daardie staf…dit was daardie staf wat opgehef was, dieselfde staf. Dit is die enigste hoop. Anders gaan die slang jou byt.

Kan jy die slang besweer? Kyk na Amos 9:3:”En al steek hulle hul weg op die top van Karmel, Ek sal hulle daar opspoor en weghaal; en al verberg hulle hul voor my oë op die bodem van die see, Ek sal van daar die slang ontbied om hulle te byt.”

Die slang is wreed, gevaarlik en slim maar wanneer hy ’n mandaat van God kry as ’n instrument van Goddelike oordeel teen teruggevalle mense wat nie tot bekering wil kom nie, dan is hy onweerstaanbaar. God gaan nie rebelleerders teen die slang beskerm nie. Hy gaan hulle oorgee aan die slang. Dit is nie net Israel nie, dit sluit ’n afvallige Kerk in.

Mat 10:16: “Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe.”

Ons word beveel--nie gevra nie, ons word beveel –om versigtig en glibberig soos die duiwel te wees. Wat maak ’n speurder anders as ’n gewone polisieman? ’n Speurder het geleer om te dink soos ’n krimineel. Hy mag miskien nie ’n krimineel wees nie maar hy weet hoe ’n krimineel dink omdat hy weet hoe om soos ’n krimineel te dink. Hy verstaan die modus operandi; hy weet wat motiveer hulle. Hy verstaan wat hulle doen, hoekom hulle dit doen en hoe hulle dit doen, hy dink soos hulle. .

Ons is nie geroep om naïef te wees nie, ons is geroep om versigtig soos ’n slang te wees wat daarop uit is om te byt, ons is geroep om weet hoe om die slang te besweer. Hoe gaan die slang te werk? Wat het Jesus vir die Sanhedrin, die korrupte godsdienstige leiers in Mattheus 23:33- gesê? “Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?”

Jesus praat hier met godsdienstige leiers, geestelikes wat mense mislei, die slang werk deur die geestelike leiers wat Jesus nie meer volg op die basis van die Skrifte nie, alhoewel hulle Skrifte kan aanhaal. Die slang is subtiel, hy het die vrou mislei. Baie mense sit onder die leierskap en prediking van pastore en leraars wat slange is. Baie TV evangelis fop akteurs is baie duidelik slange, maar wat van die op die preekstoele- Slange? BIYENE. Nou is die tyd wat jy Jesus moet vra! “Here ek luister na Jacob Prasch, is sy boodskap van U of is hy ’n slang?” Moenie jou vertroue in my stel nie, jy kan die genade van Christus in my vertrou; die Heilige Gees wys jou dat dit die genade van Christus in my is, maar moenie my vertrou nie. Ek kan jou van iemand anders ook vertel wat jy nie kan vertrou nie, dit is jouself. Ons kan net op Jesus vertrou, anders gaan die slang ons byt. Sy venyn is gif en in die laaste dae gaan dinge baie moeilik raak;

Op. 12:9: “En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.” Satan se demoon krygstroepe kom aarde toe.

Op 12:13: “En toe die draak sien dat hy neergewerp is op die aarde, het hy die vrou vervolg wat die seuntjie (mankind) gebaar het;”

   Dit is ’n beeld van die geboorte verhaal maar dit het te doen met die einde van die eeu. Die vrou word vir drie-en -‘n halwe jaar teen die slang beskerm. Vers 15: “En die slang het uit sy bek water soos 'n rivier agter die vrou aan uitgegooi,-”  

Let op dat die slang en die draak dieselfde wese is maar met twee verskillende modes van aanval. Satan het sy kombinasie houe—links, regs, links; draak, slang, draak; vervolging, misleiding, vervolging. Hy kom agter die vrou aan, hy kom en hy het sy demoon duiwels saam met hom. Die slang agtervolg die vrou. Hy werk deur die geestelikes, hy verdraai die Skrifte, hy kan ook wonder werke doen. Tekens en wonders. Hy kan preek en dinge sê wat waar is, hy is goed, baie goed. (Net die wat wysheid en insig het sal verstaan en deur hom sien)

Waar is die diakrino; waar is die biyene lachesh? Kan jy die slang betower? Daar is kerke wat in die geheel met slanggif vergiftig is. Wat is die ekumeniese beweging? Die gif van die slang!

Wat is die woord van geloof geldpredikers? Die gif van die slang! Wat is die Nuwe Apostoliese Reformasie? Die gif van die slang! Wat is die doel gedrewe leuen en die wêreldwye vredesplan? Die gif van die slang wat alreeds baie Christene vergiftig het. Mense wat die Woord van die Here verwerp, verwerp die Here self! Die Here sal slange stuur, en dit gaan nie beter word nie dit gaan slegter word.

Die slang byt, maar hy kan betower word, jy moet weet hoe om die slang te besweer voordat hy byt. Dit is slegte nuus. Die goeie nuus is- die geheime towerspreuk. Die lachesh is die fluisterende towerspreuk. “Here bewaar my van misleiding!” Onthou, Jesus het gewaarsku teen oorloë- eenmaal; gerugte van oorloë- eenmaal. Vermeerdering van aardbewings en seismologiese aktiviteite- een maal. Eenmaal, eenmaal- eenmaal. Pestilensie- eenmaal, maar teen die misleiding en vervolging van die uitverkorenes- vier keer! Teen geestelike misleiding- vier keer meer as teen die ander dinge. Ken jy die towerspreuk? Wil jy graag jou ore gestreel hê of wil jy weet hoe om die slang te betower? Baie gelowiges is al deur die slang gebyt. Daar is baie mense in kerke wat verkeerde dinge doen.

Toe ek in Israel gebly het was ek bevriend met ’n Baptiste sendeling van Suid Amerika. Ek was ’n sendeling vir die Jode en hy ’n sendeling onder die Arabiere. Ons het altyd saam gebid en gepraat oor sy bediening onder die Arabiere en die Moslems en ek oor my bediening onder die Jode. Maar ek was van New York en hy uit die Bybel belt. Hy het my Yankie genoem en ek het hom ’n Rebel genoem- die Mason-Dixon lyn idee.

Hy het vertel van mense in Appalachia wat hy geken het wat met slange in hulle kerk gespeel het, ek het gedink hy maak ’n grap. Maar die feit is daar is mense wat so verblind is wat met slange speel om hulle geloof op die manier op die proef te stel!

Hier is broer Dave se weergawe wat hy in die Appalachia gebergte met hierdie mense ervaar het:

“Wel, prys die Here broeder! Ken jy die Here Jesus?” Wel, ja, ek het Christus leer ken toe ek op universiteit was.” “Mooi, jy sê jy is gered.” “O’ ja, die Here het my gered.”  “Het jy al die toets van geloof ontvang?” “Wilbur, hierdie man sê hy is ’n Christen, wel ons sal uitvind of hy gered is, bring vir ons die sak.” Dit is wat hulle in hierdie primitiewe Baptiste kerke in Appalachia gedoen het omdat hulle die Skrifteks in Markus 16:18 misverstaan het waar dit gaan oor die groot opdrag. (Mark. 16:19-20) “--slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodelik drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie;”

Wel, ek glo dit is kanoniek maar nie op die manier wat hulle dit verstaan nie. Die rede hoekom ek dink dit is kanoniek is nie net gebaseer op manuskrip getuienis nie, dit kan gedebatteer word, ek glo dit is kanoniek omdat ons ’n ander voorbeeld in Handelinge 28 het:

Hand. 28:1-5: “En eers toe ons gered was, het ons te wete gekom dat die eiland Melíte genoem word. En die inboorlinge het ons buitengewone mensliewendheid bewys, want hulle het 'n groot vuur aangesteek en ons almal daarby gebring weens die reën wat gedreig het en weens die koue.

    En Paulus het 'n klomp droë hout bymekaargemaak en op die vuur gesit, en 'n adder het weens die hitte uitgekom en aan sy hand vasgebyt. En toe die inboorlinge die dier aan sy hand sien hang, sê hulle vir mekaar: Hierdie man is beslis 'n moordenaar wat die goddelike wraak nie laat lewe nie, al is hy uit die see gered. Maar hy het die dier in die vuur afgeskud en geen kwaad gely nie.”

Nou, Paulus het nie die Here getoets nie, hy het nie die slang doelbewus opgetel nie, maar tipologies is dit ’n beeld van die oordeel wat oor Satan gaan kom. Onthou die slang wat in die Boek Openbaring in die vuur gegooi word is ’n beeld van die oordeel wat oor Satan kom. In die geval van Paulus was dit werklik ’n slang, hy kom uit die vuur en hy gaan terug in die vuur, maar hy byt.

Kan jy die slang betower? Het jy biyene lachesh- onderskeiding? Ken jy die gefluisterde towerwoord? As jy die slang nie kan kalmeer nie gaan hy jou byt en die gif is dodelik. Die slang byt maar dit is God se wil dat jy moet weet hoe om die slang te kalmeer voordat hy jou byt. Ons is almal desperaat om te weet of ons die slang kan kalmeer. Hy byt en hy maak dood, maar as jy hom kan kalmeer kan hy jou nie doodmaak nie.

God Seën

J.P. Moriel. / 09/2015

Another demo
Welcome in the demo

Links and resources

Please note any link from anywhere within the Moriel Ministries web site does not necessarily imply endorsement...

Educational Resources

These Books are books that young Christians should read. these are foundational works for…
BeAlert!

BeAlert!

Our Moriel correspondent, Sandy Simpson, is the editor of Be Alert! Whose job as…
Links

Around the Web

It's very important that you clearly understand that the inclusion of any link from…
Moriel Affiliates

Moriel Affiliates

Moriel is an international multi-faceted ministry of Jewish and non-Jewish regenerate…

Questions for Catholics

Questions for Jewish People

Questions for Mormons

Questions for Hindus

Questions for Muslims

Questions for Jehovah's Witnesses

Questions for Seventh Day Adventists

Copyright © 2024 Moriel - God is my Teacher. All Rights Reserved.

Maintained by Cybersalt