Pray for the Peace of Jerusalem and of all Israel, that there will be a swift and decisive end to

Please prayerfully read the message from our Moriel Israel Branch and consider donating

 Moriel Ministries, P O Box 823,  Dover, TN 37058 412 321 6154 email [email protected]

Welcome to Moriel Ministries...

Moriel is an international multi-faceted ministry of Jewish and non-Jewish regenerate believers one in Jesus the Messiah and is committed to the evangelization beginning with the Jews and also people of other faiths including Islam, Hinduism, Buddhism, and theologically deviant expressions of Christendom including Roman Catholicism (which we view as aberrational much as we deem Talmudic Judaism to be likewise largely unscriptural).

Christian Cults - Afrikaans

 In die Olyfberg rede, Mattheus 24 en Lukas 21 waarsku Jesus oor valse leraars, valse profete en valse Christusse. Toe ek nog ‘n jong Christen was het ek gedink dit het te doen met dinge soos Jehovah se Getuienis en Mormone ens. Ek twyfel egter nie die minste daaraan dat die groei van kultusse wat ons in die laaste paar jare gesien het, vernaamlik in die laaste twintig jaar, dit ook vir ons ‘n profetiese betekenis inhou nie. Maar dit is nie die valse leraars en valse profete teen wie die Here ons gewaarsku het in die Laaste Dae nie. “??as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.” (Mat. 24:24) Baie sê natuurlik dit is nie moontlik om die uitverkorenes te mislei nie, wel dit is ‘n leuen. Jesus sou ons nie so ernstig teen iets gewaarsku het as daar nie ‘n moontlikheid bestaan dat dit kan gebeur nie. Jesus waarsku ons teen diegene wat gaan kom om wedergebore Christene te mislei. Christene wat deur Mormone en Jehovah se Getuienis mislei kan word kan net Christene wees wat basies net tot bekering gekom het en nie baie weet nie. Iemand wat al drie tot vier jaar gered is sal nie so maklik mislei word nie.
Dit begin by mense.

Daar is ‘n teologiese definisie van ‘n kultus en daar is sosiologiese definisie van ‘n kultus, maar dit sal onvermydelik by ‘n sekere punt saamsmelt.

“Ek bedoel dit, dat elkeen van julle sê: Ek is van Paulus, en ek van Apollos, en ek van Céfas, en ek van Christus?” (1 Kor. 1:12?13)

”Ek is van Paulus”, “Ek is van Apollos” “Ek is van Céfas” “Ek is van Christus”. Mense wat sê hulle is van Christus is die wat sê: “Ons het geen leierskap nie en ons erken ook geen pastorale gesag nie.” Baie sê dit, ander sê weer? “hy is myne”, “hy is myne”, ? en hulle maak van mense gurus. ‘n Kultus verskuif altyd die fokus op ‘n mens en baie keer ‘n dooie mens. Daar is vandag kultusse? en ek bedoel evangeliese kultusse? wat nou meer populêr is as hulle stigters toe hulle nog gelewe het. Die Assemblies of God het die idees van mense soos William Branham verwerp toe hy nog gelewe het. E. W. Kenyon se idees was afstootlik vir die hoofstroom Pinkster. Die Manifest Sons, die Latter Day Rain misleiding, Restorasie? isme, Koninkryk Nou en die res daarvan ? was in die 40’s en 50’s deur die hoofstroom Pinkster en ook die Assemblies of God verwerp. Hulle was geklassifiseer as okkulties. Vandag egter word hierdie okkultiese en ketterse dinge al meer en meer in die hoofstroom gesien, vandag is daar weer Branhamiete? die leier van ‘n kultus kan ‘n dooie persoon wees! Dit is nie kultusse soos die Jehovah se Getuies of Mormone nie, dit is kultusse waar mense glo aan die ware Evangelie!

Wanneer iemand deur een van hierdie groepe tot bekering kom skep dit ‘n groot probleem. Wanneer ‘n Mormoon gered is? geen probleem. Joseph Smith was ‘n valse profeet en ons weet dat die hele Mormoonse kerk in ‘n leuen lewe. Wanneer ‘n Jehovah se Getuie tot bekering kom? geen probleem: Charles Taze Russell was ‘n valse profeet, so dit is klaar met die hele Wag Toring gemeenskap. Maar

waar mense deur ‘n Christen kultus wedergebore word dan is daar ‘n groot probleem, vernaamlik met groepe wat teologiese “kerke” is maar sosiologiese kultusse. Op die een of ander stadium gaan groepe wat teologiese kerke en ook sosiologiese kultusse is verval in ‘n kettery. Hulle gaan betrokke raak in afvallige leerstellings terwyl hulle met die Ware Evangelie begin het.

Wanneer iemand wedergebore word deur een van hierdie groepe dan het die leiers of leier ‘n groot geestelike en sielkundige invloed en selfs beheer oor hierdie mense omdat hulle werklik wedergebore is. Ek was wedergebore in die “Children of God”. Vir die eerste vyf jaar van my Christen lewe was ek betrokke met sulke groepe. ‘n Ander een was die “Church of Bible Understanding”. ‘n Ander kultus was geken as die “Bible Speaks”, ook geken as die “Greater Grace”. Wat hierdie groepe gevaarlik maak is hulle preek die ware Evangelie. Jy kan hulle nie heeltemal afskryf soos die Jehovah se Getuies en die Mormone nie, en dit is ‘n groot probleem.

Mense in hierdie groepe en die wat deur hulle tot bekering gekom het word vasgevang in ‘n geweldige geestelike en sielkundige gebondenheid.

Die Eerste Kenmerke van ‘n Kultus.

Let op dat die apostels soos Paulus teen hierdie mentaliteit gekant was. Het Paulus jou gered? Dit is Jesus wat red, dit is die Evangelie wat red en nie ‘n kerk nie. Die Roomse Kerk maak daarop aanspraak dat hulle die instrument tot redding is, die sakramente wat deur hulle priesters bedien word is hoe mense deur hulle gered word? ex opere operato. Hierdie groepe sal Christus preek maar op ‘n manier sal daar nie onderskeiding gemaak word tussen die Christus en die kultus nie.

Paulus bespreek hulle eerste karaktertrekke, iets wat hy later in Galasiërs ‘n “daad van die vlees” noem. (Gal. 5:19) “—Faksies.” (Gal. 5:20) Soms ook gesien as party?ism, miskien beter vertaal as “faksies”.

Die eerste kenmerk van ‘n kultus is wat Paulus noem die “sonde van partyskap”. Die sonde van partyskap is waar ‘n groep daarop aanspraak maak dat hulle die alleenreg besit op Bybelse waarhede. Hierdie partygees en wat daaruit ontwikkel is ‘n vorm van gnostisisme, van die Griekse woord “gnosis” wat “geheime kennis” beteken. Die gnostisisme in die Katoliek kerk word die sensus plenior genoem ? “die volle wete van die Skrifte”. Nou? daar is ‘n voller wete van die Skrifte, maar wat hulle op aanspraak maak is dat die Pous op hierdie basis as die opvolger van Paulus, al die onfeilbare insig en kennis besit om te bepaal en te definieer wat die Skrifte beteken. In gnostisisme is dit nie belangrik wat die Bybel eksegeties sê nie, maar wat belangrik is, is wat die leier oor die Skrifte te sê het.

John Wimber van die Vineyard beweging se stellings is gebaseer op Christen gnostisisme, ‘n kettery in die vroeë kerk. Byvoorbeeld, ‘n basiese lering van die Vineyard en die Latter Day Rain beweging en die Kansas City profete is Restourasie?isme en dit wat hulle “Joël se weermag noem. “They run on the cities, they rush on the walls, Great is the army who carries His word.” Dit word vergelyk met sprinkane. In die historiese opset was dit Nebukadneser se leër wat deur God gebruik was om Juda te oordeel oor hulle sonde, dit is ook ‘n tipe van die leërmag van die Antichris in Openbaring.

Dieselfde sprinkane wat ons in Joël sien? sien ons weer in Openbaring. So, wat ook al hierdie leërmag in die Laaste Dae gaan wees, is en was dit die leër van die Antichris. In Joël 2:20 lees ons God sê: “Ja, Ek sal

die sprinkaanswerm, uit die noorde afkomstig, van julle af wegjaag en dit wegdrywe na 'n dor en woeste land; sy voorhoede na die Oostelike See en sy agterhoede na die Westelike See toe. En sy stank sal opstyg, en 'n slegte reuk uit hom opgaan; want hy het alte groot dinge gedoen.”

Die Vineyard beweging sê dit is hulle. So, enige persoon wat begeer om deel te wees van ‘n leërmag wat God gaan oordeel en vernietig kan by die Vineyard, die Minifest Sons of God en die Latter Day Rain bewegings aansluit.

Dit maak nie saak wat die Bybel sê nie, maar wat die Gnosis sê wat dit beteken. “God het MY gewys”. Copeland en Hagin kom van Kenyon af. Vergeet wat Jesus aan die kruis gesê het, “Dit is Volbring” (Joh. 19:30), en? “Vader in U hande gee Ek My gees” (Luk. 23:46) die Kenyaane sê: “God het MY gewys dat Satan die oorwinning op die kruis behaal het en nie Jesus nie. Jesus was vir drie dae en nagte in die Hel gemartel en na dit het Hy uit die dood opgestaan.” Dit is ‘n ander Jesus en ‘n ander evangelie wat die Meester verloën wat hulle gekoop het. Die voorspoed predikers? God het dit of dat vir my gewys, dit is alles okkulties!

“Terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif 'n saak van eie uitlegging is nie; want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek”. (1 Pet. 21:20?21)

En direk hierna sien ons die Griekse woord “parasaxousin” – hulle stel die waarheid teenoor die dwaling.

Hulle maak verklarings van dinge soos Bybelse profesie ‘n saak van hulle eie uitleg. Dit is nie belangrik wat die Bybel sê nie, wat belangrik is? is wat die leier sê wat dit beteken.

Die Mens stel Homself vas.

Wanneer hierdie twee dinge? ‘n Partygees en Gnostisisme? by mekaar kom, pasop, dit is onafwendbaar dat daar ‘n derde ding gaan plaasvind.

Jesus het die werke van die Nikolaite gehaat (Op. 2:6). Histories weet ons nie wie hulle was nie. Baie mense dink hulle was die volgers van iemand wat Nicolaus genoem was, die seun van een van die diakens in Handelinge 6, maar niemand weet nie, tradisionele verhale, maar wat ons wel weet is wat Nikolaisme in Grieks beteken. Niko? die “onderdrukking” van “die Laity”? mense? selfaangestelde heersers wat aan hulle self weiding verskaf.

“En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê: Mensekind, profeteer teen die herders van Israel; profeteer en sê vir hulle, die herders: So spreek die Here HERE: Wee die herders van Israel wat aan hulleself weiding verskaf! Moet die herders nie die skape laat wei nie? Julle eet die vet en beklee julle met die wol; julle slag die vettes, maar die skape laat julle nie wei nie; julle versterk die swakkes nie en maak die siekes nie gesond nie en die wat gewond is, verbind julle nie en wat weggedryf is, bring julle nie terug nie en wat verlore is, soek julle nie; maar met strengheid heers julle oor hulle en met hardheid. So het hulle dan

verstrooid geraak, omdat daar geen herder was nie; en hulle het die voedsel geword vir al die wilde diere van die veld en het verstrooid geraak.” (Eseg, 34:1? 5)

Bybelse leierskap is deur voorbeeld, nie om oor ander te heers nie. Jesus bestraf die fariseërs oor hierdie dinge maar dit het nogtans in die vroeë kerk ingekom. ‘n Partygees word verbind aan Gnostisisme. “O maar hy verstaan die Bybel beter as ons”. Wanneer ‘n begaafde persoon mense toelaat om hom op ‘n verhoog te plaas, pasop. “Ons weet nie wat hy doen nie, maar hy is nader aan God as ons? hy het meer insig”. Dit kan waar wees maar direk teen die Skrifte. “Kies vandag wie julle wil dien.” (Josua 24:15) Maar dinge wat al sover gevorder het is gewoonlik te ver in ‘n gebondenheid. Die volgende ding is Nikolaisme, swaarhand leiers. “Wie is jy om ons te bevraagteken? Wie is jy om ons uit te daag? Jy het ‘n gees van rebellie.”

Persoonlikheids Tipe van ‘n Kultus leier.

Die persoonlikheids tipe van kultus leier is basies identies die persoonlikheid van ‘n diktator, ek is seker ‘n forensiese sielkundige sal dieselfde dinge sê.

Baie forensiese sielkundige outopsies is al op verskeie diktators soos Adolph Hitler en Joseph Stalin gedoen. Toe ‘n groep in 1940 ‘n persoonlikheid forensiese outopsie op Adolph Hitler en Stalin vir die Brits Amerikaanse alliansie gedoen het, het almal saamgestem dat nie Hitler of Stalin die moed sou gehad het om in die slag van Stalingrad of die slag van Bulge te veg nie en hulle sou ook nie die moed gehad het om aan hulle self te doen wat hulle aan ander in die konsentrasie kampe gedoen het nie.

Kultus leiers is soos diktators? onstandvastige persoonlikhede, gewoonlik omring deur ander wat meer onseker is as hulle, mense wat hulle kan misbruik om ander mense te mislei. ‘n Kultus leier sal baie min met iemand deel sonder die teenwoordigheid van sy meelopers. Hy sal altyd een van sy na?apers stuur wat basies altyd sal doen wat die kultus leiers hulle gesê het om te doen. Kultus leiers is onseker en hulle agente? assistente is net so onseker daarom word hulle maklik gemanipuleer. Nie almal is dieselfde nie maar een ding is seker: Wanneer iemand wedergebore is vind daar geestelik verandering plaas en as hulle geestelik verander dan is daar ook ‘n sielkundige verandering.

God verander mense van binne af na buite en soos wat hulle groei in Jesus word hulle al meer standvastig in Christus en ook standvastig in wie hulle in Christus is. In ‘n Christen Kultus gebeur dit nie, groepe wat in die begin teologiese “kerke” was eindig as sosiologiese kultusse. Daar is nie ‘n standvastigheid in Christus nie en hulle sekuriteit word gebaseer op hulle verhouding met die leier. Daar is verskillende grade maar hulle is almal dieselfde. Die enigste verskil tussen die meeste huiskerke bewegings wat vasgevang in restourasie teologie is hoofsaaklik tot watter graad hulle okkulties betrokke is, maar hulle is almal op dieselfde pad.

Die enigste verskil tussen die Jehovah se Getuies en David Koresh is dat die een verder af is in dieselfde pad. Gee hulle genoeg tyd, alhoewel hierdie teologiese “Kerke” maar net sosiologie kultusse is, gaan hulle net so in ketterse leerstellings verval. Nie net dwaling nie, maar fundamentele dwalinge. Die “Children of God” het dit gedoen.

Die “Church of Bible Understanding” het dit gedoen. Gee hulle genoeg tyd en hulle gaan betrokke raak in leerstellige dwaling. Maar dit is maar net die begin. Hierdie mense is onstandvastig en hulle is bang vir mense wat dinge weet wat hulle nie weet nie.

Ons mag nie ‘n afgod maak van opleiding en kennis nie. Apollos en Paulus was geleerd, Petrus en Johannes nie, en tog was die Apostoliese gesag wat Petrus en Johannes gehad nie minder waardig as die van Paulus nie. Alhoewel, soos wat Petrus in sy Brief sê: “Hierdie dinge is moeilik en dit is beter as Paulus dit verduidelik.” (2 Pet. 3:15?16) Wanneer iemand se agtergrond? sy intellek– gekruisig is, wanneer ‘n gelowige geleer het om op Christus te vertrou en nie op sy eie insig nie, eers dat word sy intellek ‘n baie goeie dienskneg. Intellek is ‘n goeie dienskneg maar ‘n slegte baas, maar onkunde is ‘n dodelike baas.

Hierdie mense sal altyd enigiets minag wat te doen het met ‘n Bybelskool of ‘n Teologiese Kollege en mense wat Grieks ken, hulle is bang vir hierdie mense. Hulle is gewoonlik in die teenwoordigheid van hulle groepe wanneer hulle iemand ontmoet wat meer as hulle weet. Mense wat die oorspronklike Grieks en Hebreeus kan lees is ‘n gevaar vir hulle. Dieselfde met diktators, hulle is bang vir mense wat meer weet as hulle. “Jy het dit nie nodig nie!” Hulle sal dinge uitwys wat op sigself waar is: “Kyk hoeveel geleerdes is daar in Universiteite met ‘n PhD graad wat Grieks en Hebreeus ken wat self oppad is Hel toe, hulle is nie gered nie!” Hulle kyk egter nie na die anderkant van die munt nie, hulle sal net dinge beklemtoon wat vir hulle van nut is om mense te kan beheer. Wanneer jy met ‘n kultus leier betrokke raak dan het jy te doen met ‘n persoon met ‘n onstabiele persoonlikheid, iemand wat net mense kan beheer wat hulle onseker van hulself kan maak.

Verhewe bo Leerstellige dwalings

Die uiteinde van hierdie dinge is leerstellige dwalinge, en dit is onvermydelik dat een of twee of beide van die volgende gaan gebeur.

Die eerste is finansiële wanbestuur soos wat dit beskryf word in Esegiël 34. “Jy slag die skape om lekker te eet, maar kyk hoe lewe die skape”.

In Amerika is daar ‘n voorbeeld met vyf vliegtuie, gereelde vakansies in die Bahamas? met sy tweede vrou? terwyl die skape in rot besmette krotte woon waar misdaad hoog gety vier. Baie van hulle bly in New York stad in die slegste krotbuurte denkbaar waar hulle daagliks 14 uur matte skoonmaak terwyl al hulle geld deur die kultus leier opgeslurp word wat veronderstel was vir die kinders in Haiti. Miskien het iets daarvan daar uitgekom, maar dit was ook vir die vyf vliegtuie waarmee net hy en sy tweede vrou rond vlieg.

Finansiële wangedrag is eerste. uiteenlopendheid is onvermydelik. Hulle gee hulle oor aan ‘n leefstyl wat hulle nie in die sekulêre wêreld sal kry nie omdat hulle nie slim genoeg is nie, soos baie van vandag se Pinkster leiers. 90% van die Pinkster leiers van ons dag sou nie die leefstyle gehad het waarvan die koerante vol is, as hulle nie Pinkster leiers was nie.

Die tweede ding, wat in baie gevalle onder hierdie mense gevind word, is seksuele wangedrag? immoraliteit, gewoonlik gaan dit vir ‘n geruime tyd in die geheim aan voordat dit op die lappe kom. In die kort termyn van ‘n kultus is dit die waarskuwings tekens om pad te gee.

Die sonde van partygees sal daar wees wat op ‘n manier verwant is aan Gnostisisme. Hulle sal aanspraak maak op ‘n moderne verklarings van leerstellings wat ander nie kan verstaan nie en waarin hulle volgers ingelyf moet word. Na ‘n tyd sal mense wat nie verstaan om pad te gee nie hulle in ‘n finansiële gemors en uitbuiting bevind. In baie gevalle sal hulle die Skrifte met betrekking tot tiendes verdraai om hulle doel te bereik. Immoraliteit sal daar wees, gewoonlik is dit seksueel, en soms ook van ‘n afwykende seksuele natuur.

Hoe dit plaasvind.

Voordat Satan die kerk in die 4de eeu verheidens het was sy eerste truuk volgens die Nuwe Testament om die kerk te Judafiseer. Dit is nie dieselfde as verjoods nie omdat die Kerk teologies Joods is. Israel is die natuurlike wortel. (Rom. 11)

Ons moet die Skrifte verstaan uit ‘n Joodse Christelike perspektief en nie uit ‘n Hellenistiese perspektief nie. Die Here het Sy Woord deur Sy mense geopenbaar, ‘n nasie met ‘n gegewe kultuur en ons moet dit verstaan.

Dit is belangrik om Bybelse Judaïsme teologies en Bybels te verstaan om so Bybelse Christelikheid te verstaan. Jesus het die Wet vervul. Satan se eerste misleiding was om mense terug te kry onder die Wet in plaas daarvan dat die Wet ons na Christus lei. Dit het niks te doen met onderhoudings nie.

Ons as ‘n familie wat Israeliese Jode is, wie se kinders in Galileë gebore is, onderhou die Pasga omrede ons kultuur en getuienis vir ongeredde Jode. Daar is ‘n Mezuza aan die deur en ons praat Hebreeus by die huis. Ons het Hanukkah en Purim en al die Joodse feeste. Ons gaan Sondae na ‘n Kerk toe en ons deel met ‘n Messiaanse gemeenskap op Saterdag? Shabbat. Dit gaan oor mense wat kultuurlik Joods is en hulle kultuur wil behou om aan Jode in hulle eie kultuur te getuig, dit is nie verkeerd nie. Ook is dit nie verkeerd om aan Jode te getuig deur mense wat die kultuur aangeneem het soos wat Paulus in 1 Korinte 9 sê nie. Waaroor dit gaan is wanneer iemand wil beweer dat dit nodig is vir redding of vir regverdiging. “Wel jy kan deur genade gered wees, maar….” Wanneer gesê word dit is nodig vir redding dan is dit “wettisme”. Wanneer daar bykomstige dinge nodig is vir regverdiging terwyl iemand deur Jesus gered is dan word dit geken as Nomianisme, van die Griekse woord “nomos”.

Vandag is daar twee soorte groepe waarvoor mense versigtig moet wees, mense wat onder twee verbonde wil lewe. Een is die ekstreemse sy van die Messiaanse beweging. Hier word nie gepraat van goeie Messiaanse Bybelse leraars soos Arnold Fruchtenbaum of die mense wat Christene help om die Joodse agtergrond van die Nuwe Testament te verstaan nie. Dit het ook nie betrekking op diegene wat op ‘n Joodse kultuurlikse manier aanbid om Jode te Evangeliseer nie. Dit gaan oor diegene wat probeer om mense te oortuig om die Wet verpligtend te onderhou.

David Kriss van Melbourne is gevaarlik man. Maar hy is nie die enigste Messiaanse ekstremis nie. In Engeland is daar Philip Sharp wat in die tronk beland het. Hy het sy Israelse vrou en kinders gelos en mense in ’n vergadering oortuig om hom as die Koning Messias te kroon. Hy is ‘n “Messiaanse Joodse Rabbi”, van hierdie mense is van hulle trollie af. Daar is ‘n soort Halachic gemeenskap in Queensland wat ek nie met ‘n paal wil aanraak nie. Dit gaan nie oor die goeie mense nie maar oor die wat die kluts kwyt is. Dit is egter nie net die Messiaanse Jode wat dit doen nie, wat weer die skeiding muur wil herbou nie.

Daar is ‘n ander groep mense wat ook probeer om onder twee verbonde te lewe: Die Sewende Dag Adventiste, die meeste van die volgers van David Koresh was Sewende Dag Adventiste.

Wanneer mense in fundamentele leerstellige dwalinge betrokke raak, veral soos om te probeer om onder twee verbonde te lewe, dan stel hulle hulleself oop vir baie erger dwalinge. Dit is ‘n saak van vlakke.

Dit is moeilik om te glo wat besig is om te gebeur as jy lees oor David Koresh, maar daar was al Evangeliese kultusse wat mense kon oorreed om ongelooflike dinge te doen.

Toe die tragedie met Koresh plaasgevind het, met al die internet materiaal, het ons gesien dat Koresh die patroon tot in die fynste besonderheid gevolg het. Onthou die SDA maak daarop aanspraak dat hulle weergebore is of dalk net gered, maar met ‘n hoop valse leerstellings: Die partygees, Nikolaisme en al die ander dinge? terug onder die Wet.

Koresh het 13 ure aanmekaar Bybel studie gehou en altyd oor Openbaring en oor homself gepreek. Wanneer iemand nie aandag gegee het nie of aan die slaap geraak het, het hy stoele en dinge rond gegooi. Hierdie Bybel studies was ontwerp om mense te breinspoel vir ‘n apokaliptiese kataklisme van ‘n aard wat sou gaan gebeur, maar altyd deur suggestie en nooit direk nie met die idee dat redding net sou kom deur hulle verhouding met hom in hierdie komende lotsbestemming. Hierdie mense was so gebreinspoel dat met die konfrontasie met die FBI het hulle geglo dat dit die Openbaring gebeure was wat hulle moes verwag het. Maar dit het nie so begin nie. Wat laat mense sulke dinge doen? Koresh moes die enigste opper gesags figuur word. Hy het hierdie mense laat glo dat hy halfgod was. Praat van Gnostisisme!

Net sy semen was goddelik deurtrek, so, net hy kon kinders verwek! Mans mag nie deur hulle vroue en kinders gerespekteer word nie, so het hy hulle verneder. Net sy gesag moes erken word. Hy het aantreklike vroue oorreed om in vergaderings op te staan en hulleself aan die mans te ontbloot, “Wie is aangevuur deur dit?” Dan het hy hulle in die openbaar verneder oor hulle wellus. Die man was van sy verstand af!

Sy kamers was bo in ‘n dubbelverdieping terwyl die mans in ‘n millitêre styl barakke geslaap het, net die voue kon na hom opgaan soos wat hy hulle beveel het, maar hulle was nie altyd volwasse vroue nie daar was ook meisies so jonk as 11 jaar.

Baie van hierdie mense wat doodgemaak is was sekerlik sy kinders. Hy het die mans so sleg gemaak dat hulle vroue nie na hulle mans kon opkyk as ‘n geestelike gesag nie en as hulle dit wel gedoen het hy hulle op ‘n ander manier verneder.

Hy het SDA tipe voedsel wette ingestel wat hy ook van tyd tot tyd aangepas het en as die vroue ‘n verkeerde soort aangekoop het? het hy hulle verskreeu en in ‘n ry laat staan, hulle gedwing om hulle klere uit te trek en hulle met plakke geslaan, dit het vir dae aangegaan, hulle moes voor hulle kinders ontklee en sê: “Sien julle wat gebeur met slegte mammas?”

Hoe het hy hulle gekry om sulke dinge te doen? Wanneer ouers so ver gedaal het om hulle 11 jaar oue dogter as ‘n seks slaaf oor te gee dan is die logiese volgende stap valse leerstellings en dit wat daarop volg. Wanneer jy dinge lees wat die Kingdom of the Cults en wat mense soos Joseph Smith gedoen het (Nog ‘n seks pervert) dan kom jy agter hoe perverte seks deel geword het van kultusse. Opregte mormone is die fundamentaliste, dit is hulle wat Brigham Young and Joseph Smith doelgerig volg.

Met ‘n uitreik aksie van Moriel onder Mormone in Manti? Utah? het ek ‘n man ontmoet met agt vroue. Hoe kry hierdie mense dit reg om vroue in sulke dinge betrokke te laat raak? Dit is nie moeilik om te verstaan as jy sien hoe oud hierdie vroue was toe hy met hulle getrou het nie. Hulle is pedofiele, dit is hoe hulle dit gedoen het.

Wanneer Wedergebore Christene dieselfde dinge Doen.

Maar daar is iets meer skrikwekkend as David Koresh of die Mormone. Wat van wedergebore Christene, geredde Christene wat dieselfde dinge doen? In 1978, op voorblaaie van die New York Poast was daar ‘n kultus wat weg gebreek het van die Luteraanse kerk in Minnesota, evangeliese Luteraane het kinders in ‘n metaal stoel gesit met hulle hande vasgebind en hulle met elektrisiteit geskok terwyl hulle ouers bygestaan het omdat hulle nie aandag in hulle Sondag skool gegee het nie. In Kalifornië was daar ‘n groep wat mense (vrywillig) geslaan het om die duiwels uit hulle te dryf. In Engeland was daar ‘n jong meisie, ‘n student in die regte oorspronklik van Gibraltar wat na ons bidure toe gekom het wat nadat sy gegradueer het met kultus? Raima deurmekaar geraak het. Omdat sy Spaans kon praat het hulle haar na Chicago gestuur.

Hier het sy met ander Christene in aanraking gekom wat in dieselfde dinge gevang was. Gnostisisme, Nikolaisme? en al die geld het na hulle toe gegaan. Omdat sy meertallig en goed opgelei was het sy meer vryhede gehad as ander vroue en sy was toegelaat om my en my vrou te ontmoet. In hierdie groep het die leiers hierdie mense oorreed om in geloof met HIV positiewe mense te trou en dan op God te vertrou. Babas is met Vigs gebore en mense het gesterf aan Vigs terwyl hulle leiers huwelike met HIV positiewe mense aanbeveel het, hulle het hulle eie doodsvonnisse geteken. Hierdie is wedergebore Christene! Ek het haar aan my vrou voorgestel en haar ouers in Engeland gekontak en haar na ‘n veilige plek gevat en vir die mense daar gesê hulle moet haar opsluit tot die volgende dag waarna ek het vir haar ‘n vliegtuig kaartjie gekoop het terug na Engeland. Dit is die soort beheer wat begin met ‘n partygees wat gekoppel is aan Gnostisisme en Nikolaisme.

‘n Tree Verder.

Wanneer mense vergeet dat Jesus ons Wysheid is (1 Kor. 1:30) dan begin hulle opkyk na wysheid van mense. Wanneer ‘n gelowige nie meer ‘n Beriaan is nie dan gee hy homself oor aan die soort beheer oor sy lewe wat teen die wil van God is behalwe Homself.

(Maar ook God sal Hom nie op mense afdwing om hulle te manipuleer nie.) Dit kom by ‘n punt waar mense onbybelse dinge sê en doen terwyl niemand iets daaroor iets sê nie, immorele dinge! Hulle verloor hulle kapasiteit om rasioneel te dink! Dit verskil net in vlakke tussen die sogenaamde “Christen” kultusse en die valse Christene. In Utah dra die Mormone T hempies wat sê: “Brigham Young het dit

gesê, Ek glo dit, en so sal dit wees.” Wanneer ‘n JW's in ‘n hoek gedryf word oor ‘n onderwerp dan sê hulle dieselfde dinge, hulle word opgelei om dit te doen.

Mormone val terug na hulle belydenis, ‘n subjektiewe proklamasie. “Ek het ‘n las in my hart om jou te vertel dat die Mormoonse Kerk die Ware kerk is.” Dit is veronderstel om alles reg te verklaar. Dit maak nie saak wat logies reg en verkeerd is nie, dinge wat hulle nie kan verklaar nie, hulle getuienis is die alfa en die omega! Totaal subjektief.

Ek praat met ‘n Mormoon en sê vir hom: “Ek hou van jou T hemp!” Hy sê: “Halleluja!” Ek sê vir hom: “So jy glo daar is kwakers op die maan? En jy glo dat as Brigham Young dit gesê het dan is dit waar? Hier staan dit in julle kerk Tydskrif “Journal of Discourses.”

Brigham Young en Joseph Smith sê daar is kwakers op die maan wat al meer as ‘n duisend jaar oud is, Brigham Young sê hulle is ook op die son?” Ek sê vir ‘n swart Mormoonse man: “Weet jy wat, die Nuwe Testament sê dat die eerste nie?Jood wat Christus aangeneem het was ‘n swart Afrikaan man van Ethiopië! En weet jy wat het die Mormoonse kerk, Brigham Young oor jou te sê? Hulle sê jy is ‘n afstammeling van die gevalle engele, duiwels? Wie wil jy volg? Jesus wat lief is vir jou of ‘n Mormoon wat sê jy is ‘n duiwel omdat jy swart is? Kyk hier staan dit!” En wat is die Mormoon se antwoord? “Ek het ‘n las in my hart om jou te vertel dat die Mormoonse Kerk die Ware kerk is.” En wat het ek vir hom gesê? “Ek het ‘n las in my hart en ek vertel vir jou daar is lewende Kwakers op maan!” Logika is by die venster uit, die eenvoudige leer van die Skrifte is by dieselfde venster uit! Subjektiwiteit skop in.

Nugter Denke

“En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid.” (1 Pet. 4:7)

Onthou julle die video van Rodney? Howard Brown en Copeland waar hulle mense aangespoor het om dronk te word en om nie te bid nie? ??word dronk in die gees? ??ingetoë en nugter?

“Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter… (1 Pet. 1:13)

“ Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.” (1 Pet. 5:8)

Drie keer waarsku Petrus? “Wees nugter”. Paulus waarsku: “maar julle wees nugter”. (2 Tim. 4:5)

Dieselfde Petrus wat hulle in die Toronto vergaderings aangehaal het oor die “dronk” in die gees leuen is die een wat gesê het die mense is nie dronk nie. (Hand. 2:15) Die mense het van die Groot Dade van God gehoor, hulle was nie histeries dronk soos Howard? Brown leer nie!

Ek het met vyf pastore in Melbourn gepraat wat gevang is in die Toronto dwaling en vir hulle videos van Howard Brown en Copeland gewys wat hulle nie kon verdedig nie. Hulle het geweet dit is ketters, vleeslik, en ook demonies maar nog steeds het hulle hierdie mense ondersteun. Hoekom? Hulle was nie

blind nie, hulle was moedswillig blind! Dit is die soort kerk leiers wat hele gemeentes mislei! Jesus Christus gaan hulle as herders verantwoordelik hou vir hierdie dinge. (1 Pet. 5)

Die vrug van die Gees is egkrateia in Grieks – “selfbeheersing”. (Gal. 5:22?23) Dit en wat Petrus gesê het oor om nugter te wees was aan hulle uitgewys, maar hulle antwoord het niks met die Bybel te doen gehad nie! Was hulle antwoorde logies? Nee! Het hulle kulties geantwoord? Ja! “Ek was so geseën, ek weet dit was reg omrede dit wat met my gebeur het!” Wat het die Mormoon gesê? “Ek het ‘n brandende gevoel in my bors en ek weet dit is die waarheid!” Dit is nie logies nie en by dieselfde venster uit met Bybel en al. Dit is net ‘n geval van vlakke.

Daar is nie meer ‘n groot verskil tussen die Assemblies of God en die Mormone nie, hulle is op dieselfde pad. Daar is egter nog goeie gemeentes onder die Assemblies of God kerke en ek dink hulle moet opstaan teen hierdie dinge en uitkom onder hulle anders gaan hulle op dieselfde pad beland, dit is net ‘n geval waar die een net ‘n paar tree verder weg is as die ander.

Verder op dieselfde Pad.

Die sielkundige gebondenheid wat hier plaasvind het ‘n demoniese karakter. Wanneer mense uit hierdie dinge kom dan is hulle outomaties verstoot deur die ander wat nog steeds deel is van die kultus. Dit is soos katolisisme. Wanneer jy die “enige ware kerk” verlaat is dit ‘n sonde tot die dood, daar is geen vergifnis nie? jy gaan Hel toe. Hulle gaan teen diegene draai wat padgee terwyl hulleself in gebondenheid bly. Maar is die wat padgee vry? Nee, nie in die begin nie.

Mense wat uit ‘n kultus kom is baie deurmekaar as gevolg van die pyn van al die manipulasies, dit vat ‘n lang tyd vir mense om uit ‘n kultus pad te gee, maar nog langer om ‘n kultus uit mense te kry. Dit is soos die Rock lied? Hotel California? “Jy kan enige tyd gaan maar jy kan ons nie verlaat nie”. Hulle bly in ‘n sielkundige en geestelike gebondenheid en meer ernstig as hulle in hierdie dinge tot redding gekom het. Hulle kan nie in ander kerke geakkommodeer word nie omdat ander kerke nie kan verstaan wat hulle deurgegaan het nie. Hulle het ‘n geheime vrees. “Wat as hulle reg was?” Dit is ‘n geveg wat baie lank kan duur. Baie van hierdie mense kry senuwee ineenstortings en hulle word geestelik siek. Drank en verdowingsmiddels en selfmoord en huwelike wat in slag bly is baie keer die volgende stap as gevolg van hierdie dinge.

‘n Ander groot nagevolg van hierdie dinge is dat mense so seer gekry het dat hulle nooit weer ander kerke kan vertrou nie en so word die oplossing van ‘n slegte kerk? geen kerk. Die oplossing van swak leierskap word geen leierskap nie.

Die regte oplossing vir swak leierskap en slegte kerke? is goeie leierskap en goeie kerke maar hulle kan dit nie aanvaar nie. Ander mense verstaan nie waardeur hulle gegaan het nie, hulle verstaan nie wat binne in hulle aangaan nie. Hulle kan nie by ander kerke inpas nie totdat iets gebeur, dit vat lank om te gebeur maar uiteindelik kan dit gebeur… Dit is ‘n groot probleem en dit word al groter en voordat Jesus terugkom gaan dit nog groter word.

Leon Festinger, ‘n sosiologiese sielkundige het godsdienstige sielkunde geindentifiseer as “Oorwegende onenigheid” Ek weet nie of hy ‘n Christen is nie, maar wêreldse sosiologie en sielkunde sien hierdie

dinge. Oorwegende onenigheid is wanneer mense so vasgevang word in ‘n sekte deur swaarhand leiers wat dinge profeteer wat nie gebeur nie. Maar in plaas daarvan dat hulle hulle gesonde verstand gebruik en padgee word hulle al meer toegewyd aan die sekte.

Een van die dinge wat gedoen moet word wanneer JW’s aan jou deur klop is om vir hulle van hulle eie afskrifte van die Wagtoring of die “Awake” boekies te wys waar hulle leiers dinge geprofeteer het wat nie gebeur het nie en vir hulle daarop te wys dat hulle valse profete is. (Deut. 18:22) Maar hulle kan dit nie sien nie.

Gerald Coates het ‘n aardbewing in New Zealand geprofeteer wat nie gebeur het nie terwyl daar in vier en veertig kerke van die Elim kultus oorlewings kursusse aangebied was! Wat van Rick Joyner en al sy valse profesië in sy boek “The Harvest”? Hy het onderandere gesê kommunisme gaan seëvier maar vyf maande later val die yster gordyn? Wat van die Kansas City Profete, mense soos Paul Caine en Mick Bickle wat in Oktober 1990 ‘n groot herlewing in Brittanje en Duitsland geprofeteer het, dit het nie gebeur nie en in die laaste 10 jaar is meer Moskees in Engeland opgerig as kerke? Wat van Benny Hinn, Rodney Howard Brown wat vals geprofeteer het? Wat maak ons met sulke mense? Deut. 18 sê gee pad van hulle, moet niks met hulle te doen hê nie, moenie bang wees vir hulle nie. In ‘n kultus maak dit egter nie saak nie.

Is daar ‘n verskil in wat die JW’s of die Mormone en mense soos Hinn en Howard Brown doen? Nee daar is nie, die een is maar net verder in dieselfde pad af as die ander? dit is? “oorwegende onenigheid”.

Wêreldse sielkunde sien dit, die wêreld sien dit maar misleide mense word nog meer toegewyd aan hierdie kultusse.

Hulle sal altyd verskonings aanbied om hulleself te verdedig of met ‘n ander datum kom en as dit nie werk nie begin hulle weer van vooraf. Mense wat mense volg in plaas van Jesus Christus.

Ons sien mense in ‘n gebondenheid, geredde Christene is dood, families en huwelike word verwoes. Hulle is bedrieërs en misleiers, onstabiel en onseker en hulle weet niks van die dinge wat hulle moet weet nie. Hulle is baie bang vir mense wat meer weet as hulle en stel nie belang in opvoeding nie, maar aan die ander kant is daar ook mense wat ‘n afgod daarvan maak.

Arnold Fruchtenbaum het gesê: “Ek gee nie om of jy van die “Plymouth Broeders”, of wat se Broeders ook al is nie, moet net nie ‘n oningeligte broeder wees nie.”

Dieselfde as die Sanhedrin.

Wanneer iemand deur hierdie dinge gered is en dit al is wat hulle nog ooit geken het, dan is dit verstaanbaar hoe dit met hulle kon gebeur. Maar wat gebeur met mense wat in hierdie dinge betrokke raak wat nie deur dit tot redding gekom het nie? Dit is baie sleg.

Veronderstel jy was deel van een van hierdie groepe in dieselfde patroon, hoe die leiers optree, hulle vrees vir kennis, almal weet wat hy nie weet nie, wat ander gebruik as sy boodskappers, hy het ‘n spesiale insig in die Bybel wat as ander dit nie kan sien nie hulle in rebellie teen God is omdat hulle nie onderdanig aan sy gesag is nie, ander draai teen jou en veroordeel jou en spreek ‘n vloek oor jou uit.

www.Moriel.org

(Hulle sal altyd vir jou vertel van mense wat hulle verlaat het en daarna gesterf het.) Hulle is baie selektief oor hoe hulle dinge hanteer, hulle werk soos die sanhedrin.

Die Sanhedrin het Jesus voor hulle hof gestel. Hoekom het julle Jesus nie in die Tempel gevange geneem waar almal kon sien nie? Hierdie mense sal nooit in die openbaar in ‘n debat voor ‘n video kameras betrokke raak nie, maar altyd saam met hulle maatjies.

Michael Brown, die misleier van Pensecola, sogenaamde teoloog en ‘n groot geleerde in Hebreeus kan nie Hebreeus praat nie. Hy het ‘n paar jaar terug na Israel toe gekom en vertel dat die vuur wat 22% van Israelse plantegroei verwoes het die embleem was van die uitstorting van God se Heilige Gees oor Israel. Hy het mense sover gekry dat hulle ‘n hele nag gesit en wag het vir die tweede Pinkster wat sou kom. Ek en hy sou mekaar in openbare debat oor Pensecola ontmoet maar toe hy uitvind dat ek al die band materiaal by Joe Chambers gekry het waar Kilpatrick leuens verkondig het oor ’n rukkende meise, het hy dit onmiddellik gekanselleer.

Kultus leiers sal jou nie op eie terrein aanvat nie. Hulle sal altyd soos die Sanhedrin jou op hulle terrein aandurf en nie in die openbaar nie, dit is waar hulle in beheer is.

Opsomming.

Soms vat dit maande selfs jare vir mense om ‘n persoon uit ‘n sentrale rol in sy lewe te kry en Jesus Christus in plek daarvan te stel. Hierdie mense is in ‘n verskriklike gebondenheid en as jy nie self in so iets betrokke was nie sal jy nie verstaan waarvandaan hierdie mense kom nie, jy sal hulle probleme nie verstaan nie. Hoekom kan hulle nie inpas nie? En nie net dit nie, baie van dit wat hulle sê is die waarheid, die Kerk is “louwarm”. Die kultus was meer toegewyd. Dit is baie waar en dit is ‘n groot gevaar. Hulle praat nie net leuen leuens nie, hulle vertel Satan se leuens, hulle verdraai die waarheid. Kyk na die resultate, die skade dit is nie moeilik om te sien nie.

Hulle het sosiaal as ‘n kultus en teologies as kerke ontstaan, maar gee hulle ‘n paar jaar? nie meer as 10 nie dan sien jy kettery. Finansiële korrupsie, immoraliteit, maar miskien aan die einde daarvan sal jy Jesus vind.

As jy gebonde is aan so ‘n groep dan sê die Bybel: “Waar die Gees van God is, daar is vryheid.” (2 Kor. 3:17)

Die voortreflikheid van die feit dat jy in ‘n gebondenheid is vertel vir jou dat dit nie God se Gees is nie want waar die Gees van God is daar is vryheid.

Gebondenheid is ‘n ander gees, ‘n party gees, ‘n vleeslike daad, ‘n sonde, die teenoorgestelde van die vrug van die Gees. Vleeslike dinge, ons ou natuur is die teenoorgestelde van die vrug van die Gees, jy is in gebondenheid. Die som totaal van alles is dit: Hou jou oë op Jesus en een Bybel vers uit die Bybel sal vir jou ‘n werklikheid word soos nog ooit te vore:

“As die Seun jou vrygemaak het sal jy waarlik vry wees.” (Joh. 8:36)

God seën u. †††

www.Moriel.org

Read a sermon (in 14 different languages!)

click to pick - or scroll left and right with the arrows

Welcome in the demo
Another demo

Links and resources

Please note any link from anywhere within the Moriel Ministries web site does not necessarily imply endorsement...

Educational Resources

These Books are books that young Christians should read. these are foundational works for…
BeAlert!

BeAlert!

Our Moriel correspondent, Sandy Simpson, is the editor of Be Alert! Whose job as…
Links

Around the Web

It's very important that you clearly understand that the inclusion of any link from…
Moriel Affiliates

Moriel Affiliates

Moriel is an international multi-faceted ministry of Jewish and non-Jewish regenerate…

Questions for Catholics

Questions for Jewish People

Questions for Mormons

Questions for Hindus

Questions for Muslims

Questions for Jehovah's Witnesses

Questions for Seventh Day Adventists

Copyright © 2024 Moriel - God is my Teacher. All Rights Reserved.

Maintained by Cybersalt