Welcome to Moriel Ministries...

Moriel is an international multi-faceted ministry of Jewish and non-Jewish regenerate believers one in Jesus the Messiah and is committed to the evangelization beginning with the Jews and also people of other faiths including Islam, Hinduism, Buddhism, and theologically deviant expressions of Christendom including Roman Catholicism (which we view as aberrational much as we deem Talmudic Judaism to be likewise largely unscriptural).

‘n Ander Jesus (A different Jesus)

Deur Jacob Prasch / vertaal..

 

Vanaf ongeveer 1978 het dinge in die kerk begin gebeur soos die Woensdae bidure en Bybel studie groepe wat begin doodloop het. Dit was nie net as gevolg van sekere veranderinge nie maar ook as gevolg van die Heilige Gees wat besig is om die Kerk voor te berei vir die toekoms waar daar ‘n tyd gaan kom waar kerklike geboue ‘n probleem gaan raak. Dat die kerk weer gaan terug beweeg na ‘n ondergrondse beweging is ’n feit.

Baie mense raak bewus van die agteruitgang van die tradisionele Christen kerke die afgelope 25 jaar, wat ons sien is ’n teologiese, geestelike, morele en Skriftuurlike selfdood, ’n selfvernietiging.

As daar na kerklike verslae gekyk word dan sien jy ‘n algemene agteruitgang van kerk bywoning tot in die tradisionele Bybel streke, en al wat vandag basies oorgebly het is ‘n kulturele evangelisasie. Die Bybel Streek in die Verenigde State word in die algemeen gesien as die Suide. In Groot Brittanje is dit Noordelike Ierland, in Suid Afrika is dit die Oranje Vrystaat, die Afrikaanse mense en die Duits Hervormde Kerk, almal tipes van ‘n Bybel Streek met ‘n kulturele Evangelisasie.

Op papier mag dit wat hulle leer lyk na die Evangelie maar in terme van die Evangelie uit die oogpunt van persoonlike redding is dit iets heel anders, dis net op papier, ‘n kultuurlike evangelie wat die Skriftuurlike Evangelie vervang het. Daar is die algemene agteruitgang van baie dinge soos die veragtelike ketterse verdraagsaamheid teenoor homoseksuele en lesbian aanstellings op die kansels, dit is aan die orde van die dag. Denominasionele Christelikheid is oppad uit.

Die mega kerke is ‘n produk van die Jesus Beweging, die hippies. “Ons is jonk, ons het die getalle, ons het die mag en gesag, ons het die toekoms, ons kan maak wat ons wil.” Dit is wat hulle gedink het. Dit was dinge wat in die kerke ingekom het. “Ons het die getalle ons kan die wêreld verander.” Die hippie geslag het dit egter nie reg gekry nie, maar iets het verander maar nie ten goede nie.  Hulle het die een boosheid met ‘n ander boosheid vervang.

Dinge is besig om mee te gee, dinge kom en gaan maar nou begin ander dinge hulle kleure wys.

Daar is Schuller, (oorlede) met ‘n skuldlas van 55,000,000. Rick Warren het ‘n skuldlas van twee miljoen dollar. Benny Hinn soek dringend groot geld nadat sy vrou hom gelos het en as gevolg van die ekonomie. Dinge is besig om moeilik te raak vir hierdie mense, die krake is daar. Hierdie kerke het probleme.

As jy vermaaklikheid gebruik om mense te trek dan moet jy ook vermaaklikheid gebruik om hulle te behou maar uiteindelik gaan hulle nogtans na die volgende show stroom, na Toronto, Kansas City, van Toronto na Pensacola, na Lakeland, hierdie dinge kom en gaan, die show is verby. Die Jim Baker show is verby. Die Jimmy Swaggart show is verby.

George Barna wys iets wat besig is om te gebeur, mense verlaat kerke maar daar is iets wat Mnr. Barna en Mnr. Brierly nie kan bepaal nie, hulle kan statisties getalle bepaal deur wat mense doen, maar wat  God doen is vir hulle ‘n groot probleem. Mense gaan na huise toe, hulle kom al meer en meer bymekaar in klein sel groepe waar daar ‘n mate van gemeenskap is wat nie in die mega kerke gebeur nie. Hulle het nie probleme met geld, geboue en programme nie. Hulle kan meer geld bydra vir Evangelisasie en vir die behoeftiges onder hulle.

Christelike tuis opvoeding is ‘n volgende stap en so word die huiskerk ‘n gemeemskappie. Dit gaan om opleiding, gemeenskap, aanbidding en so gaan baie mense nie meer kerk toe nie en jy kan hulle nie kwalik neem nie.

Vandag as gevolg van TV evangeliste wat so kragtig deur Satan gebruik word om die geloofbaarheid van die Evangelie in twyfel te trek, wil hulle nie meer hoor nie en dit veroorsaak dat ongelowiges nie tot bekering kan kom nie. Maar jy kan mense na ‘n huis toe nooi, hulle sal nie na ‘n kerk toe wil kom nie, maar miskien na gewone huis toe –

    “Kom Sondag na ons plek toe, ons glo nie aan godsdiens nie, ons verkondig net Jesus.” Hierdie groepe het ‘n evangelisasie potensiaal.

    Oral in die wêreld kom mense bymekaar in huiskerke, en baie van hierdie mense is klaar met denominasie kerke. Hulle soek die Christendom, ware lering en nie mengsels van die waarheid en valsheid nie. Hulle soek nie godsdiens nie, hulle soek Jesus, hulle is deeglik daarvan bewus dat die kerk hulle gaan faal. Hulle soek gemeenskap, hulle soek die Handelinge Kerk. Van hierdie groepe het probleme. Een daarvan is dit word subjektief, hulle sit in kringe en hulle lees die Skrifte en sê: “Dit is wat dit vir my beteken.” Dit word baie subjektief. Die opjektiewe betekenis is nie daar nie omdat daar geen behoorlike be-oefening van die bedienings gawes in die liggaam is nie. Wie het die gawe van lering? Wie het die gawe van Evangelisasie? Wie is ‘n herder? Daar is probleme maar van hierdie groepe doen goed.

Eenmaal ‘n maand kan groepe bymekaarkom om te luister na predikers soos Dr. Arnold Fruchtenbaum, of Jacob Prasch, Roger Oakland ens. Dit is ‘n kerk wat nie deur mense gebou word nie maar deur God, dit is ‘n kerk wat sal bly staan in moeilike en sosiale tye. Dit is ‘n kerk wat sal staan gedurende vervolging. Dit is ‘n kerk wat anders is, iets wat deur God gebou word en nie deur mense nie. Tande kry en groei probleme sal daar wees, van hierdie groepe sal van die pad af wees maar van hulle gaan goed wees, ’n gemengde groep, maar wat belangrik is dit gebeur en mense kan dit nie verklaar nie. Dit is wat gebeur het in Handelinge en dit gaan al meer gebeur voor Jesus se koms.

Van hierdie gevestigde kerke pleeg self moord en die ander het probleme. Wat gaan gebeur as daar ‘n wetgeleerde kom wat sê; “Jou gebou is nie meer belasting vry nie omdat jy nie ‘n lesbiese of homoseksuele pastoor erken nie, dit is diskriminasie op die basis van seksuele oriëntasie. Daarom kwalifiseer jy meer om ‘n lid van ‘n belasting vrye organisasie te wees nie.”

Vandag het ons hoë geregshof regters wat dink hulle is goddelike wesens, ons weet wie hulle is en ons weet waarheen hulle oppad is. God spot met hierdie mense. Hulle gaan voor Hom staan. “Julle het my uit die klaskamer gejaag maar God gaan julle uit die Hemel ban.” Hierdie regters en politikusse is arrogant, maar ons wag op Jesus se koms. Hierdie kerke sal of moet toegee of saam met die stroom swem. Hulle sal wettig, sosiaal en finansieel onder druk geplaas word, of hulle verloën dit wat God gesê het boos is, of hulle verloor alles, of hulle gaan ondergronds. Dit is al kans wat hulle het.

Dit beteken nie ons mag nie opstaan vir ons regte nie, om ons te beroep op die Keisers is Bybels, ek glo daaraan, ons moet opstaan vir die waarheid maar ons moet ook besef dat aan die einde van die pad gaan dit op ‘n sekere manier eindig. Gedeeltelik waarom dit op ‘n sekere mense oes gaan eindig is nie wat die regters doen nie of wat militante homoseksuele doen nie, dit gaan terug na die feit dat kerke self besig is om self moord te pleeg. Wie is verantwoordelik vir die agteruitgang van die Metodiste? Die Metodiste. Wie is verantwoordelik vir die agteruitgang in die groot kerke? Hulleself!

Nou, in al hierdie bewegings is daar mense wat gewaarsku het wat in die volgende 10 tot 20 jaar sal gebeur het. 50 tot 60 jaar terug het Tozer dinge gesien wat nou besig s om te gebeur. Daar is dinge wat Charles Spurgeon and J.C. Ryle voorspel het van nou gebeur, ‘n 100 jaar terug. Ons kan nie sê dat ons nie gewaarsku is nie. Nie net wat gebeur nie maar ook die pas waarteen dit gebeur, en die mense wat ons vertrou en gerespekteer het wat saam met die wêreld begin loop het, dis ondenkbaar. Daar gaan ‘n tyd kom wanneer hierdie “ander kerke” nie meer in staat gaan wees om te bly staan nie hulle sal of moet komprimeer of hulle gaan vou.

Maar daar is ‘n ander dimensie, die kerke wat komprimeer is die kerke wat teen die kerke gaan draai wat dit nie wil doen nie. Daar is die geval van ‘n pro Islamitiese “Christen prediker” wat ‘n gevangenis gedagvaar het omdat hulle toegelaat het dat die Evangelie daar gepreek was. So dit is reg om Islam te akkommodeer maar nie die Evangelie nie en hierdie pro- Islamitiese “Christen prediker” sê dit is sy bediening.

    Ons moet die ware gevaar verstaan. Ja, hierdie regters is boos, en net so ook hierdie politikusse, bose mense.

Die Anti- Christen houding wat ons in Hollywood media sien is die werk van die duiwel, hulle is in sy mag, maar die ware kanker, die rot in die spens is die mense binne in die kerk. Nie net die liberale nie, of die mense wat openlik antiteties is teen wat die Woord van God leer, en ook mense wat daarop aanspraak maak dat hulle evangeliste is terwyl hulle in kompromie staan.

Ons moet weet waar ons staan, hoe ons daar gekom het, hoekom God ons daar geplaas het en waarheen ons oppad is. Ons moet verstaan wat die toekoms vir ons gaan inhou, ons is hier vir ‘n rede, ons is onder die wat oorleef het, nie soos in ‘n bunker mentaliteit soos in die geval van Dawid Koresh nie. Ons moet hierdie kerke wat in kompromie gegaan het verstaan, hulle gaan nie oorleef nie, nie in getalle nie, nie ekonomies nie en ook nie wetlik nie, hulle verdien dit ook nie. Hulle is besig om dood te gaan omdat hulle dit oor hulleself gebring het. Maar wat van ons?

2 Korinte 11:3-4: [Paulus skryf vir die Kerk in Korinte]. Maar ek vrees dat- [lest]” Die Griekse woord wat hier gebruik word is “lest” wat te doen het met ‘n aangevoegde- gemoed; dit beteken ‘n teoretiese moontlikheid. Dit is iets wat nie sommer gebeur nie en dit sal nie met die getroues gebeur, maar as ons nie aandag gee op wat hy sê nie dan word die teoretiese moontlikheid ‘n praktiese een.

Maar ek vrees dat…net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus.”

Dieselfde Satan wat Eva bedrieg het, wat bestaan as ‘n letterlike persoon maar wat ook ’n metafoor is van Israel of van die Kerk, is ook besig om ons korporaatlik en persoonlik te probeer mislei. Hy probeer dinge in ons denkes plant; Om ons deur sy listigheid te bedrieg sodat ons sinne bedorwe kan raak dat ons verkeerd begin dink.

Wat beteken “dat ons sinne bedorwe kan raak, ‘n verkeerde denke? Dit is om iets te bedink wat nie volgens die leer van die Skrifte, die Woord van God is nie. Wanneer die eenvoudigheid en die reinheid van ons geloof in Jesus aangetas word, dan raak dinge moeilik. Dit is nou nie om te sê dat daar nie komplekse teologiese en leerstellige struikelblokke is nie, maar die verhouding is nie kompleks nie. Daar is mense wat betrokke raak in huweliks probleme en baie ou koeie word opgegrawe maar as mense verlief is dan is dit eenvoudig, hulle is verlief, dit is wanneer mense ophou om mekaar lief te hê wanneer al die ander dinge na vore begin kom. “Sy laat my dink aan my ma.” Of wat ook al.

Paulus gaan verder en hy sê: “Want as iemand kom en 'n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle 'n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of 'n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.” (2Kor 11:4)

Hier word van drie dinge gepraat: ‘n Ander Jesus, ‘n ander gees en ‘n ander Evangelie.

Wanneer Satan mislei en die Kerk begin dinge onbybels te bedink dan is die eind doel altyd ‘n ander Jesus, ‘n ander gees en ‘n ander evangelie. Paulus praat van: ‘hulle laat dit hulle goed geval’, hulle hou daarvan. Romeine 16:17 sê ons moet ‘n persoon wat faksies veroorsaak merk en vermy. Hier word gepraat van ‘n persoon wat afwyk van die Apostoliese leer van die Nuwe Testament wat skeiding bring. Dit is die mense wat sê jy bring skeiding as jy hulle werke in die lig bring.  ”O jy is teen Toronto, jy glo nie aan die ekumenies beweging nie, jy glo nie aan eenheid nie, jy is die oorsaak van skeiding in die gemeente!” Maar wie is die een wat in God se Oë afwyk van die Bybelse leer? 1 Kor 11:19- praat van partyskappe -faksies : “Want daar moet ook partyskappe onder julle wees, sodat die beproefdes onder julle openbaar kan word.”

Faksies is bedoel om skeiding te bring; ware Bybelse leer verenig ware gelowiges. Dit wat Paulus verkondig bring skeiding tussen ware en valse gelowiges, dit is bedoel om die afvallige Kerk van die ware kerk te skei. Paulus se probleem met Korinte gemeente is, hulle verdra dit en die manier wat hulle dit verdra is normaalweg met hulle godsdienstige dwaasheid, vandag is dit dieselfde, dit is nie ‘n nuwe probleem nie.

     O’ ons moet liefhê, ons moenie kritiseer nie en ook nie oordeel nie…”  En weereens, as die Woord van God sê iets is reg of verkeerd of waar, dan is dit nie ons wat oordeel nie, ons doen maar net wat God sê. Dit is God wat oordeel, nie ons nie. Maar vir hierdie mense gaan dit nie oor wat die Skrifte sê nie.

Jesus sê vir ons iets wat Paulus sê, hy praat van ‘n ander Christus, ‘n ander gees en ‘n ander evangelie. Dit begin by Satan wat kom in die karakter van die slang, die verleier. Paulus praat van misleiers. 2 Kor 11:13: “Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus.” Hy praat van mense wat openlike misleiers is, wat dinge leer wat die Bybel sê vals en boos is, hulle kom soos engele van ‘n lig, Paulus se probleem was dat die Christene van Korinte dit hartlik aanvaar het.

Daar kan volgens wat hierdie manne preek en skryf bewys word dat hulle boodskappers van Satan is. Die “Purpose Driven” is van die duiwel, mense soos Tony Campolo, Brian McLaren en Chuck Colson preek deur die duiwel, die god van die wêreld, hulle het ‘n agenda om die uitverkorenes doelbewus of onwetend te mislei; God sal hulle oordeel. Petrus het nie geweet dat Satan deur hom gepraat het nie. Dieselfde met hierdie mense wat sê dit is reg om te glo aan ‘n ander Christus, ‘n ander Evangelie en ‘n ander gees.

Die Eukaristiese Christus is nie die Christus van die Bybel nie. Pouslike onfeilbaarheid is nie die leiding van die Heilige Gees nie, die pous is nie onfeilbaar nie. ‘n Evangelie wat gebaseer word op sakramente, werke en vergunnings, is nie die Bybelse Evangelie nie. Dis altyd ‘n ander Christus, ‘n ander gees en ‘n ander evangelie. Die Bybel praat van werkers wat hulle self vermom as apostels van Christus, mense wat daarop aanspraak maak dat hulle op ‘n manier deur die Here gestuur is.

Jesus het die gemeente van Efese aanbeveel omdat hulle hierdie bose mense verwerp het, hulle het hierdie mense op die proef gestel. Op.2:2: “Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy dié op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het;..”

Mense soos Brian McLaren en Benny is bose mense. Hulle is nie net mislei nie, hulle is mense soos wat 2 Timoteus sê (3:13) goddelose mense wat verlei en verlei word en hulle weet hulle is mislei. Hinn het ‘n Eucharis broodjie in die lug opgesteek en gesê dit is Jesus Christus. ‘n Ander Christus, ‘n ander Jesus. Die vrug van die Gees is ‘egkrateia,’-self-beheersing. Hy het mense oorreed om allerhande vreemde dinge te doen—buite beheer, ‘n ander gees, altyd dieselfde drie dinge.

Dit begin met Satan wat deur dwaalleraars werk, false apostels wat aanspraak op ‘n leerstellige gesag wat hulle van God sou ontvang het en hulleself op gelyke voet stel as die Skrifte. Die woord wat Paulus gebruik is hupernium, waar ons die woord hipper vandaan kry, dit is die mense teen wie Paulus gestaan het.

Paulus, Petrus en Johannes het rondgegaan en die waarheid geleer. Hupernia, het  rondgegaan en ‘n valse leer verkondig en aanspraak gemaak op ‘n geestelike gesag, Paulus waarsku ons teen hierdie mense. Wanneer jy vir die dode bid dan sondig jy, dit is towery. Wanneer jy voor of vir ‘n gesnede beeld of ikone bid, kerse brand, is dit afgodery. “O’ ons bid nie eintlik vir beelde nie, dit herinner ons net…”  “Jy mag vir jou geen gesnede beeld van enigiets maak nie.”

In die Hebreeus teks is dit dieselfde woord, hishtachbyon, jy buig voor ‘n afgod, in Grieks is dit dieselfde woord- proscuneo. God noem dit afgodery. Hulle bid nie regtig vir die valse Jesus nie en wat ‘n feit is, van hulle bid nie eers vir die ware Jesus nie, hulle bid vir Maria maar dit is ook nie die Maria van die Bybel nie. Hulle het ‘n ander Jesus ’n ander Maria.  ‘n Ander Christus, ‘n ander gees en ‘n ander Evangelie.

Iemand wat ‘n ander Christus of ‘n ander gees of ‘n ander evangelie het, is altyd uitkenbaar. Die Mormoon Jesus is die geestelike broer van Satan. Mormone het ‘n ander reddings leer en ‘n ander siening van enige iets, dis hoekom hulle ‘n ander Jesus het.

    Die Eucharistiese Christus is heel duidelik ‘n ander Jesus. Die ware Jesus sê Hy sal nie fisies terugkeer as dit nie sal wees soos wat Hy gegaan het nie. Hy sal terug keer via die Berg Seir, sy voete sal op die Olyfberg staan. Maar as enige iemand beweer Hy het al terugkom dan moet jy fisies wegkom van hom af. Hierdie Christus is heel duidelik ‘n ander Jesus. Die ware Christus sê Hy sal nie fisies terugkeer behalwe as dit gebeur soos wat Hy opgevaar het nie.

Die Roomse Katolieke Kerk sê deur die gebruik van die Mis dat Jesus fisies gekom het en daarmee aanbid hulle die brood en die wyn as Jesus wat fisies in die vlees gekom het en hulle verdraai die Skrif Teks in Johannes 6  Vers. 53  “--as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie.-”  Maar ‘n paar verse verder lees ons vers 63: ‘--die vlees is van geen nut nie’--  Maar hiervan word niks gesê nie. Dis ‘n ander Jesus.

Dis duidelik, die Mormone het ‘n ander Jesus, die Roomse Kerk het ‘n Eucharistiese Jesus, ‘n ander Jesus. Die New Age het Maitreya, die kosmiese Christus, dis ‘n ander Jesus. Die JW’s sê Jesus is Migael die Aards Engel en nie God nie- ’n Ander Jesus. Islam het ‘n Jesus wat ‘n profeet is wat onderdanig is aan Mohammad. Al die kultusse en valse godsdienste het ‘n ander Jesus. Maar iets het in die laaste 10 jaar begin gebeur, spesifiek die laaste 5 jaar en nog meer spesifiek die laaste 2 jaar wat verstommend en skrikwekkend is.

Ons het nie net belangrike evangeliese figure nie maar ook belangrike evangeliese geleerdes, akademici, teoloë van verskeie seminariums, mense wat ons sal dink van beter moes geweet het, bekende mense soos Ravi Zacharias, Richard Mouw van die Fuller Seminarium, Craig Hazen van Biola wat voetjie voetjie begin speel met die Mormone. Hulle gee voor dat hulle dieselfde Jesus as ons het terwyl hulle ‘n totale ander Jesus, ander evangelie en ‘n totale ander gees het. Daar is ‘n boek “Ecumenical Jihad” wat deur Chuck Colson en J.I Packer onderskryf en deur Peter Kreeft geskryf is: “Ons het ekumeniese eenheid met Islam nodig om gemeenskappe moreel te bevry.”

Dit is mense wat daarop aanspraak maak dat hulle gered is wat hierdie dinge goedkeur. Hulle heul met mense met ‘n ander Jesus, ander evangelie, wat se gees is dit? Waar kry ons dit? Nou het ons nie net gewone mense maar ook ‘n ander Jesus, mense wat aanspraak maak dat hulle weergebore Christene is wat kragte saam span en hierdie dinge ondersteun, dit is ‘n ander evangelie!

Die outeur van die Shack sê openlik:  “Enige God wat van sy seun verwag om as ‘n soenoffer vir sonde te sterf- bestaan nie.” William Young is nie ‘n Christen nie en hy glo nie aan God nie. Hy glo aan “‘n god” en nie God nie. Hy glo nie aan die God van die Bybel nie, God van die Skrifte bestaan nie. Hy het ‘n mensagtige God volgens sy eie ontwerp wat verpersoonlik word deur ‘n verwagtende swart vrou, dit is in sy boek. Met dit alles is daar baie geredde Christene, of mense wat voorgee dat hulle Christene is, wat hulle geld in die boek belê het.

Ons kla oor Satan, ons weet dit kom van hom af, hy het Eva verlei, hy verander mense se denkes en hy mislei hulle en hulle begin onbybels dink. Dit kom van die duiwel af en dit begin deur om die manier waarop mense dink aan te tas, en dan kry hy mense in kerke wat daarop aanspraak maak dat dit van God afkom, om die Kerk te mislei. Dit is waar, maar waar kom dit werklik vandaan, waar kom die synsleer- verstandelike kennis – ontologie vandaan? Waar kom dit andersins vandaan as van Satan homself af? Ons sal nie hierdie leiers in ons kerke gehad het as daar nie ’n mark vir hulle produk is nie. Paulus waarsku ons oor hierdie dinge. Mense wat hulle ore laat streel en vir hulle ’n menigte leraars bymekaarmaak volgens hulle eie begeertes. Misleiers soos Chuck Colson, Rick Warren, Brian McLaren, and Bill Hybels, as daar nie mark vir hulle produkte was nie. Maar hoekom is daar ’n mark? ’n Ander Jesus, ander evangelie en ’n ander gees?

Om te verstaan wat Paulus vir die Korintiërs, en vir ons sê, kyk na 2 Kor.4:1-3:

Daarom, aangesien ons hierdie bediening het volgens die barmhartigheid wat ons ontvang het, gee ons nie moed op nie. [Dit is maklik om ontmoedig te word] Maar ons het van die heimlike dinge wat skandelik [oneervol] is,- afstand gedoen, en ons wandel nie in listigheid of vervals die woord van God nie; maar deur die waarheid aan die lig te bring, beveel ons ons by elke menslike gewete voor God aan.

Dit is die soort oneer wat ‘n dief sal ondervind wanneer hy op heterdaad betrap word.

Ons het afstand gedoen van die geheime skandelike dinge as gevolg van hierdie spesifieke soort oneer. Iemand is verontreinig omdat hy gevang is waar hy iets oneervol gedoen het.

ons wandel nie in listigheid of vervals die woord van God nie- [Nou, hierdie listigheid in Grieks is dieselfde term wat in die Skrifte gebruik word as die wyse waarop Satan Eva mislei het, Paulus gebruik dieselfde term. Dit wat die god van die wêreld doen kan mense ook doen, hulle doen dinge op ‘n listige wyse. Ons doen dit nie net om ander te mislei nie maar ook onsself, ons kan heel listig te werk gaan om onsself te mislei en sonde self is ‘n misleiding. Sonde self word verpersoonlik, sonde het ‘n ingebore krag om te mislei, sonde self is ‘n misleier.]

“--  of vervals die woord van God nie;--” [Die Griekse woord is doloo, dit beteken om te mishandel, te vervals met ‘n slinkse voorneme. Wanneer mense begin om dinge te doen wat hulle eens op ’n tyd verwerp het, en dit dan weer in die geheim begin doen, dan doen hulle dit omdat hulle eerloos is en hulle kan listig raak. Hulle probeer om met hulleself te onderhandel om ‘n manier te kry om dinge te doen wat hulle nie mag doen nie en dan begin hulle speletjies speel met die Skrifte. Hulle begin om die Woord van God te mishandel om hulle dinge te regverdig. Dit is die gevaar wat onsself in die gesig staar. Wanneer dit wat mense verkondig skipbreuk ly dan is dit omdat hulle moraliteit agteruit gaan. Die een is ‘n simptome van die ander en wanneer mense moreel versleg dan is dit byna onafwendbaar dat hulle leerstellig afvallig gaan raak om dit te probeer regverdig.

Daar is geen Skriftuurlike regverdiging vir Jimmy Swaggart om voort te gaan in die bediening nie. As hy werklik tot bekering gekom het dan kon hy by ‘n gemeenskap inskakel maar hy kan nie terugkeer na ‘n bediening nie, maar hy het in die bediening gebly. Wel, wat het hy gedoen? Hy het listig geraak, hy het begin om dinge te rasionaliseer, hoe hy iets kan doen om dinge te laat werk. Hy was gevang om iets te doen wat oneervol was.

Nou, sy seksuele sonde was nie sy oneer nie. Almal het ‘n probleem met seksuele sonde. Is dit verkeerd? Is dit is ernstig? Natuurlik is dit verkeerd en ernstig, maar die eintlike probleem is, hy het ander mense in die openbaar gehang vir iets wat hyself gedoen het. Ek is absoluut seker daarvan dat God hom oorwinning kon gee oor sy seksuele dinge, maar om ander mense soos Gorman en Jim Baker in die media te hang vir dinge wat hyself gedoen het, dit is te ver. Glo vir my, daar is baie ander dinge verkeerd met Jim Baker, maar waarom het hy hom spesifiek oor dinge aangevat wat hy self besig was om te doen? Dit is te ver, dit is oneervol.

Om iemand te hang vir iets wat jy ook besig is om te doen is te ver. Seksuele sonde is verkeerd maar om iemand te hang vir dinge wat jy ook besig is om te doen is absoluut verregaande. Romeine sê jy doen dieselfde dinge. Maar jy word al slimmer en om dit te laat lyk asof dit Bybels en Skriftuurlik is begin jy dinge doen wat geken word as “doloo”. Jy hanteer die Skrifte met minagting.

Maar daar word gepraat van vervalsing, "doloo" van die Woord van God, Logos. Jesus is die Logos. Hy is die Woord wat Vlees geword het. Ons begin nie net om die Skrifte dinge te laat sê wat die Skrifte nie sê of beteken nie maar ons raak ook besig om ‘n ander Jesus op te rig.

Maar deur die waarheid aan die lig te bring,” (sunistem) wat beteken om dinge aan ander voor te stel met ‘n aanbeveling. “-beveel ons ons by elke menslike gewete voor God aan. (suneidesis’-morele gewete) Wanneer iemand begin om die Woord van God te vervals deur om ‘n valse Skriftelike argument te vind wat hulle kunstig saamgeflans het, dan mislei hulle hulle self en hulle eindig met ‘n ander Jesus.

     As jy eindig met ‘n ander Logos, dan eindig jy met ‘n ander Jesus. Jy skep vir jouself ‘n ander Jesus. Jy doen dinge wat die outeur van die Shack gedoen het. In plaas van ‘n theopomorfiese man en vrou- eindig ons met ‘n theopomorfiese God en nie ‘n antropomorfiese God nie. In plaas daarvan dat ons na die Beeld en gelykenis van God geskape is skep ons Hom na ons beeld gelykenis. Ons doen presies dieselfde wat die Mormone, Katolieke die Moslems en die New Agers doen, ons skep vir ons ‘n ander Christus volgens ons eie idees.

Wanneer jy begin om vir jou ‘n ander Christus volgens jou eie idees te skep en iemand begin om so ‘n Christus te preek, een wat jy wil glo en wil hoor, dan word jy een van hulle. Dit is waarom hierdie soort boeke die soort aan trekkings krag het wat hulle het. Dit is waarom mense dinge soos die Godchasers, die Shack, en die gebed van Jabez lees. Hulle het alreeds begin om in hulle eie denke af te wyk van die waarheid af.

Daar moet ‘n mark wees vir die produk anders sal dit nie verkoop nie. As die mark nie daar was nie sou die produk nie verkoop het nie. As iemand iets wil hê, kyk wat bied die mark. Dit maak nie saak wat dit is nie, al is dit iets onwettig, immoreel of iets gevaarlik. As iemand iets wil koop dan sal daar altyd iemand wees wat gewillig is om te verkoop, daar is ‘n mark.

Ja ek kan sekerlik die duiwel blameer, ons almal blameer hom, sy skuldigheid kan nie onderskat word nie. Dit is eindeloos. Ja ons kan die valse apostels blameer, en ons moet die doen, die Skrifte doen dit, God ook. Maar eerstens moet ons onsself blameer, ons almal. Kom ek begin by myself.

Wat gebeur wanneer die Heilige Gees ons aankla- “Dit is verkeerd, hou op om so te dink, stop dit.” Maar wat gebeur as die Heilige Gees ons aankla en ons luister nie, wat gebeur dan? Wel dan ontvang ons ‘n ander gees, ons kry ‘n ander Jesus. So hulle ontvang ‘n ander gees. Weereens, die vrug van die Gees is selfbeheersing.

Wat in Lakeland, Toronto, en Pensacola gebeur het kon sekerlik nie die gees van Jesus gewees het nie. Die gees van Jesus is die Gees van profesie en nie van valse profesie nie. Met ander woorde mense soos Rick Joyner en ander met al hulle valse profesie het ‘n ander gees wat nie die Gees van Jesus is nie.

So wanneer jy ‘n valse Jesus ontvang het dan ontvang jy ook ‘n valse Vikaris van Christus. Die ware Vicar van Christus is die Heilige Gees. En daar is nog een, die Pous. “O hy spreek uit die hemel en is onfeilbaar.” Hy het ‘n ander gees.

Rom. 8:13-15: “--want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe. Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. Want julle het nie ontvang 'n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!”

Sal jy jou kind seermaak? Sal jy hom of haar onterf as hy iets verkeerd doen? Nee! Jy sal hom teregwys maar jy sal hom nie onterf nie. Dit is die soort familie verhoudings wat God skep om vir ons te wys hoe Hy verwant is aan ons. Maar as daar in jou ou mens iets goeds is dan sal hy doen wat nodig is om jou te bewaar van wat sleg is. Maar as jy nie jou ou mens se gesag erken nie dan het jy ‘n probleem. As jy nie bang is dat jou vader ‘n lyn gaan trek nie dan het jy probleem. Maar as jy in die Gees wandel dan het jy nie ‘n probleem nie, maar as jy ophou om in die Gees te wandel dan is daar net twee oplossings; kom tot bekering of kry vir jou ‘n ander gees en dan ‘n ander evangelie.

Gal. 6:7-8:  “Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na 'n ander evangelie toe,-- [Let op wanneer jy die Bybelse evangelie verwerp dan verwerp jy ook die ware Christus. ‘n Ander Christus en ‘n ander evangelie gaan hand aan hand, hulle is twee aspekte van dieselfde ding] --terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai.

    [Met ander woorde wanneer jy die mense wat in hierdie dinge gevang is vra: “Glo jy dat Jesus Christus vir jou sonde gesterf het en dat Hy uit die dood opgestaan het om vir jou die ewige lewe te gee?” Dan is die antwoord: “O ja ons glo in dit.” Hulle sal nie ontken dat hulle dit altyd geglo het nie terwyl dit wat hulle glo so verdraai is dat dit ‘n ander evangelie geword het. Hulle kan dit net nie sien nie. Dit gaan verder, hulle moet ‘n ander evangelie kry terwyl hulle nie besef dat as jy ‘n ander evangelie ontvang het dan is jy deur God vervloek.]

2Kor. 5: 5: “Maar Hy wat ons juis hiervoor toeberei het, is God, wat ons ook die Gees as onderpand gegee het.

2Kor 3:17: “Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.”

Let op vers 17 bevestig eerstens die Godheid van die Heilige Gees. Maar ‘waar die Gees van God is daar is vrede,’ - wat beteken dit? Beteken dit vryheid van ‘n godsdienstige en wettiese gebondenheid? Ja. Maar dit beteken ook vryheid van die Wet, watter wet? Die wet van sonde en dood.  Jy is nie langer ‘n slaaf van sonde nie.

Hierdie kerk het begin omdat ‘n pastoor en sy vrou, belydende Christene, geskei het omdat dit nie gegaan het oor onbelyde hoerery nie, hulle het getrou en gedink dit was heel aanvaarbaar om aan te gaan in die bediening terwyl die Nuwe Testament, Jesus sê so ‘n huwelik is ‘n hoerery. “Wel ek kan haar nie nou verlaat nie”- hulle is in ‘n gebondenheid. Hulle het hulself in ‘n gebondenheid gebring waaruit hulle nie kan kom nie; ons het kinders, ’n familie, ja maar as hulle deur die Gees van die Here gely was sou hulle nie in hierdie gebondenheid beland het nie. Wel jy het ‘n ander gees en die Evangelie vra van jou om sonde belydenis te doen. Jy het ‘n ander evangelie, en so beland ons in die moeilikheid. Die volgende wat gebeur is die kerk beweeg met die lyn af na die volgende program.

2Kor. 5:10:”Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.

As ‘n kind iets baie verkeerd doen dan beteken dit nie sy ou mens gaan hom laat vrykom nie, hy moet nog steeds verantwoording doen. Dit beteken sy vader is nog steeds sy vader en hy sal nie ophou om hom lief te hê nie, maar as gevolg van dat die ou mens nog lief is vir die kind, gaan die ou mens sekere toepaslike aksie neem. Nou, God gaan nie in die wêreld wat kom met ons sonde deel nie, Hy deel nou met ons sonde. God oordeel die sonde van die ongelowiges in die wêreld wat kom. Nietemin, daar sal ‘n dag van oordeel wees wat gaan bepaal wat ons ewige loon gaan wees, of nie gaan wees nie. Daar is mense wat ons vertel dat ons hemel toe gaan as gevolg van wat Jesus gedoen het, maar hulle werke gaan verbrand; dit wat hulle in die vlees doen, die slegte dinge wat hulle gedoen het is in die vlees, tensy hierdie dinge bely is anders gaan dit teen hulle tel in die dag van oordeel.

2Kor. 6:14-16: “Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?  Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God,-”

Roomse Katolisisme is afgodery, hoe kan jy pro- ekumenies wees? Hoe kan jy deel wees van ‘n denominasie wat beide gelowige en ongelowige leiers het? “O’ ons vikaris is weergebore, hy is waarlik gered.” “Ja maar die vikaris in die ander gemeente is ‘n homoseksueel, hoekom is jy deel van hulle?” Hoe werk jy dit uit?

Wel hulle kan dit nie Bybels uitwerk nie, so hulle werk dit listig uit.

Eers kom die duiwel om te mislei maar dan mislei hulle hulleself. Hulle verdraai die Woord van God en hul eindig met ‘n ander Jesus. Wanneer jy die Woord van God, die Logos verdraai “Doloo” dan eindig jy met ‘n ander Jesus, en wanneer jy vir jou ‘n ander Jesus opgestel het dan kry jy ‘n ander gees van Jesus, en dan moet jy ook ‘n ander evangelie kry. Die JW’s het ‘n ander Jesus, die Mormone het ‘n ander Jesus, die Katolieke het ‘n ander Jesus.

     Daar mense wat sê hulle is weergebore maar hulle spring in die bed saam met Mormone of Katolieke en tot met Moslems wat ook ‘n ander Jesus het. Wat se gemeenskap het die lig met die duisternis?

Hulle kan in die bed spring met mense wat ‘n ander Jesus het omdat hulle self ‘n ander Jesus het.

Ek is net so in staat om ‘n ander Jesus te ontvang en al wat ek moet doen is om listig te werk te gaan met dit, en wanneer listigheid intree dan begin ek die Woord van God verdraai om dinge te regverdig, en as ek die Woord van God, Jesus is die Woord, verdraai het dan het ek ‘n ander Jesus en dan kom die ander gees en ‘n ander evangelie. Alles is baie eenvoudig, dit klink ondenkbaar maar dit gebeur. Prediker na prediker, leier na leier het al in die bed gespring met mense wat heel duidelik ‘n ander Christus het.

Maar wat van ons? Wat van my? Het ek altyd die ware Christus of het ek somtyds my eie Jesus? My eie Jesus kan baie soos die ware Jesus lyk, behalwe dat my eie Jesus vir my knik as ek sondig.

Omdat die oordeel van God nie altyd dadelik val vir dinge wat verkeerd is nie word my eie Jesus ‘n Jesus wat my laat wegkom met sonde wat dan die idee skep dat daar geen nagevolge gaan wees nie. Die nagevolge egter is Hy het aan die kruis gehang om te betaal vir wat ek gedoen het. Jy kan nie voordeel trek nie maar jy is baie goed om ‘n voordeel daaruit te trek. Ons skep ons eie Jesus en ons trek voordeel uit hom. Wanneer dit gebeur, dan kry ons ons eie Heilige Gees. Hy is nie langer meer die Heilige Gees wat jou aankla oor jou sonde nie, hy is die Heilige Gees wat ons net laat goed voel oor onsself. Of soos in  2Korinte, Paulus sê die Heilige Gees laat ons sleg voel oor onsself sodat Hy miskien ons kan laat goed voel oor onsself. En dan ‘n ander evangelie.

Elke keer wanneer ek of jy te ver gaan dan moet ons net die spyker onthou wat in Jesus se gewrig in geslaan was. Jy dink dit kom sonder ‘n prys? Kom ek wys jou wat het dit gekos. Dit is die ware Jesus, dit is hoe ernstig dit is wat jy nou net gedoen het. Moenie jou eie Jesus skep nie, kom ek wys jou die ware Jesus.

Daar is Hy aan die kruis, sien jy Hom? Hy het nie net vir ons almal gesterf nie, Hy het vir elkeen van ons gesterf. O’ ek kan my eie Jesus skep, ek kan listig te werk gaan met my eie Jesus. Wel ek het gesien wat gebeur wanneer mense hulle eie Jesus skep. Of hulle bekeer hulle en maak dit reg of hulle eindig in die afvallige kerk, of hulle eindig in die bed saam met die Mormone of met Rome, of met Belial. Dit is wat gebeur as ons ‘n ander Jesus skep.

‘n Duidelike ander Jesus is die Katolieke een, of die Mormone of die Moslem een, maar dit is nie die ander Jesus wat my pla nie, die ander Jesus wat my die meeste pla is die een wat ek uitgevind het. Dink daaraan-- daardie listigheid van Satan is besig om in almal van ons te werk. Ons kan net so listig wees soos hy.

Dit is ‘n goed dat jou gemeente die afvalligheid van die kerk insien vir wat dit is. Dit is ‘n goeie ding dat jou gemeente vir Mormone, Jode en Katolieke getuig. Almal van hulle het ‘n ander Evangelie, of ‘n ander wat ook al, ons weet dit. Ons sien hulle probleme, hulle ander gees en hulle ander Jesus, en ons sien hulle ander Evangelie. Ek wens net ek kan my eie sien.

Jacob Prasch / Moriel / vertaal--A different Jesus.

Groete in Jesus

Welcome in the demo
Another demo

Links and resources

Please note any link from anywhere within the Moriel Ministries web site does not necessarily imply endorsement...

Educational Resources

These Books are books that young Christians should read. these are foundational works for…
BeAlert!

BeAlert!

Our Moriel correspondent, Sandy Simpson, is the editor of Be Alert! Whose job as…
Links

Around the Web

It's very important that you clearly understand that the inclusion of any link from…
Moriel Affiliates

Moriel Affiliates

Moriel is an international multi-faceted ministry of Jewish and non-Jewish regenerate…

Questions for Catholics

Questions for Jewish People

Questions for Mormons

Questions for Hindus

Questions for Muslims

Questions for Jehovah's Witnesses

Questions for Seventh Day Adventists

Copyright © 2024 Moriel - God is my Teacher. All Rights Reserved.

Maintained by Cybersalt