USA

20

 
United Kingdom

20

 
South Africa

20

 
Australia

20

 
New Zealand

20

   
   
USA

20

   
United Kingdom

20

   
South Africa

20

   
Australia

20

   
New Zealand

20

   
   
Discernment

20

   
Israel & End TimeProphecy

20

   
Notice Board

20

   
Sermons

20

   
   
Branches

20

   
Itinerary

20

   
Jacob

20

   
Moriel

20

   
 
 

Home

 

About Us

 

Be Alert!

 

Merchandise

 

Message Board

 

Missions

 

Teachings

 

Tours

 

Radio

 

Other Links

 
Change text size
 
Add to Favorites
 
Printer Friendly
 
Send to a friend

Moriel Ministries > Teachings > Discernment

     
 

 
 

 
 
 
Barnabas Fund exists to assist persecuted Christian minorities by prayer and practical support Read more

Islamist Alert
http://www.
moriel.org/
islamist_alert.
htm


Free Bible Study Software:
http://www.
e-sword.
net


Psalm 83
http://www.
acwitness.org




Politically Concerned Christians
http://www.
politically
concerned
christians.
org


Moriel does not necessarily agree with the contents of this site.


Moriel Associated Churches, Affiliated Messianic Fellowships, and Misgav Ladach Fellowship Groups
For a complete listing, please click here



ACT
Apologetics Coordination Team
ACT provides churches and organisations with an easy way to book apologists and discernment speakers online. ACT does the footwork for your church or event in finding biblically sound speakers in your area. Please click here to learn more.

 
 
Links marked with the symbol denote external sites which will open in a new browser window. Moriel is not responsible for the content found in external sites.
 
 

Wagters Wat Nie Wagters Is Nie

[Om n strik te vermy moet ons weet waar die strik, en wie die opstellers is.]


DIE PROFETIESE WAGTERS VAN JERUSALEM EN JUDA, GISTER EN VANDAG!

"O' Jerusalem, Ek het wagte op jou mure uitgesit wat gedurigdeur die hele dag en die hele nag nie sal swyg nie. o Julle wat die HERE herinner aan sy beloftes--moenie rus nie en laat Hom nie met rus nie, totdat Hy Jerusalem bevestig en maak tot 'n lof op aarde!" (Jes.62:6-7)

Dit was Jesaja wat eerste geprofeteer het dat God wagters gaan oprig spesifiek met betrekking tot die algemene geskiedenis van die Hebreërs en met hulle land Juda, met ook 'n direkte verwysing na hulle hoofstad Jerusalem, waar die Tempel en die Ark ook was.

Soos wat die gebeure wat deur Jesaja geprofeteer was profeties begin ontvou het, sien ons inderwaarheid hoedat God die Profeet Esegiël begin oproep het as 'n duidelike Wagter volgens die riglyne van die geskrewe Woord: "Mensekind, Ek het jou as wag vir die huis van Israel aangestel; en as jy 'n woord uit my mond hoor, moet jy hulle van my kant waarsku." (Eseg.3:17/33:7) En dit is Esegiël wat vir ons in die Bybelse weergawe demonstreer wat 'n ware wagter behoort te wees. Eerstens moet ons oplet dat wagters nie 'n term is wat in die Nuwe Testament gebruik word nie. Wagters was eerstens rigters vir die Hebreërs van ouds, daarom, alhoewel daar sonder enige misverstand sekerlik ook diegene is wat as wagters in die kerk kan optree, moet ons eerstens verstaan wat hierdie posisie in die Ou Testament beteken het as ons oplet na die voorbeeld wat die Profeet Esegiël vir ons gestel het, en ook wat die verskil is tussen die Ou, en die Nuwe Testamentiese Profete. (Esegiël was die enigste individu wat spesifiek geroep was vir hierdie taak.) [En soos u sal oplet is beslis nie die selfaangestelde 'profete', die sensasie soekers wat ons vandag sien nie, valse profete van vandag wat die Skrifte in 1Kor.12:29 & 14:32 misbruik om hulle valse profesië te regverdig.] Wat beweer dat: "Een verskil tussen die Ou en Nuwe Testamentiese profete is NIE dat hulle altyd 100% reg moet wees nie, (Deut.18:20-22) Maar, sê hulle: "Omdat ons te dele ken en ten dele profeteer kan die Nuwe Testamentiese profete half reg en half verkeerd wees??" Met sulke verdraaiings, buite alle redelike woordverband wil mense vandag valse profete regverdig soos in die geval van die Vineyard Beweging met hulle selfaangestelde profete soos Mike Bickel, Paul Cane, Gerald Coates, en Rick Joyner. 'Profete' wat probeer om hulle posisies te behou nadat hulle God se mense in 'n leuen laat glo het. (Jerm. 28:15-17). Daar bestaan geen gramatika samestelling in die Griekse óf die Engelse Skrifteks om hierdie verdraaide vertolking te regverdig nie.

Een groot verskil vandag tussen die Ou en die Nuwe Testamentiese profete is dat as iemand vandag in Israel, of in enige ander nasie, in 'n profetiese bediening wil staan, dan moet so 'n persoon 'n geredde gelowige, Jood of Heiden wees, maar daar was in konteks, nie geredde gelowiges in die NT voor die koms van die Messias nie. Korinte vertel ons dat 'n profetiese bediening ook in die kerk kan bestaan, maar wat nie sodanig in die Ou Testament bestaan het nie. Nuwe Tetamentiese profesie egter, kan net betrekking hê tot woorde van stigting, troos en bemoediging, (1Kor.14:3) en dit hoef nie noodwendig 'n Wagters element soos in die Ou Testamentiese konteks intesluit nie. Israelse profete het die mense gewaarsku en aangemoedig om tot bekering te kom en terug te keer na die Torah.

Die grootste en belangrikste verskil egter, is dat die Ou Testamentiese profete die Kanon van die Ou Verbond se Skrifte geskrywe het en die Apostels die Nuwe Testamentiese Kanon. Die Hebreeuse Profete het die volk gewaarsku en hulle terug geroep na die Wet en het geprofeteer op die basis van wat alreeds in die Hebreeuse Skrifte, die Hebreeuse Kanon bestaan het. (Dan.9:2) Maar die Bybel in die geheel was nog nie geskrywe nie, en so was daar verdere Skriftuurlike openbarings wat uitstaande was. Maar noudat die Kanon van die Skrifte, die Nuwe en die Ou Testament in die geheel voltooi is bestaan daar nie meer 'Nuwe' openbaring en byvoegings tot Skrifte nie, (Opb.22:18-19) net openbaring aan die Einde van die Tye oor dinge wat alreeds geskrywe staan. (Dan.12:4)

Dit is ook wat ons lees in die proloog tot die Boek Hebreers 1:1: "Nadat God baie keer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun."-

Dus sal enige voorspellende profetiese bediening in 'n waarskuwende vorm, soos in die geval van 'n wagter, nie net moet funksioneer in die karakter van die profetiese Wagters van Israel van ouds nie, soos in die geval van Esegiël, maar hulle profesie sal ook Skriftuurlik moet ooreenstem met dit wat alreeds geopenbaar is in die Nuwe én in die Ou Testament soos wat die Ou Verbond, vertolk, verklaar en vervul word in die Nuwe Testamentiese openbarings, deur en in Christus.

As ons dus na die karakter en die natuur van die wagters van ouds kyk, dan sien ons dat so baie van dit wat vandag gepromofeer word as 'Wagter bedienings', in der waarheid net uitvindsels van mense is wat niks in gemeen met die Bybelse model het nie. Soos wat die Bybel vir ons dit duidelik stel, soos in die geval van Esegiël, het die Wagter bediening in die besonders, maar nie eksklusief nie, 'n direkte verband met Jerusalem en Juda gehad.

Dit is dus dan ook nie toevallig dat die eerste groot voorbeeld van 'n Nuwe Testamentiese Profetiese bediening, wat deur Agabus gekom het, spesifiek betrekking gehad het op die belofte aan die gelowiges wat in Jerusalem en Juda was. (Hand.11:27-30) Soos wat ons sien toe God die Wagters aangestel het, was 'n Wagter iemand wat die Woord van die Here aan die mense gebring het.

Esegiël het die mense tot bekering geroep weg van die afgodery en weg van die valse profete wat die volk mislei het. Dus, enige wagters bediening wat vandag in Jerusalem sal kan staan, moet volgens die Bybelse voorskrifte, die Joodse volk tot bekering roep en hulle aanspoor om Jeshua ons Messias aan te neem, en om hulle te waarsku teen die valse profete en misleiers wat vandag in Jerusalem, asof deur 'n magneet getrek, bedrywig is. Dit sluit bewegings in soos: 'Bridges For Peace', (Volgens die Bybel kan werklike vrede net deur die Vredevors kom.) Die sogenaamde 'International Christian Embassy' met hulle geskiedenis van inhuisige probleme en dwalings. Die Woord van die Here sê dat die enigste Christen Ambassadeurs wat in Jerusalem kan bedien net die gesante van Christus moet wees, en niemand anders nie (2Kor.5:20)

Een van die groot Christelike tydskrifte, wat self ook onderandere die hiper Charismatiese ekstremiste onderskryf, het Ruth Hefflin, van die goue tande faam, op die Olyfberg ontmasker, die sogenaamde 'Goue Vlokkies' was niks anders as plastiekstof wat oral in die winkels verkrygbaar is nie. Maar by dit alles maak haar aanhangers daarop aanspraak dat hulle 'n 'Wagters' bediening in Jerusalem bedryf!

Maar wat egter die swakste verskoning vir 'n wagter in Jerusalem is, is Lance Lambert wat by een van die Toronto groepe van Mahesh Chavada aangesluit het. Op 'n Video band is dinge vasgelê waar mense in 'n kerk in 'n deurmekaar rituele styl van die 'Manifest Sons' al singende sonder hemde met swaaiende arms en swaarde skree en gil: 'Prepare For War'.

Chavada was al in die verlede geassosieer met die Christen Ambassade--wat ook verbind word met die invoer in Israel van skattejagters soos Morris Cerullo.

Maar tenspyte van al die 'opvoerings' van sy vriende het Mnr. Lambert saam met sy kolega, Chavada in hierdie fiasko opgetree.

In Jerusalem is Bybelse Wagters mense wat die woord van God aan die mense gebring het, dit was mense wat geprobeer het om God se mense te bewaar van misleiding en verleiers, maar dit is 'n feit dat Israel en Joodse bedienings 'n teelaarde is vir alle soorte dwalings.

Opregte Messiaanse leraars lê hulle daarop toe om die oorspronklike Bybelse Joodse konteks van die Skrifte te onderhou. Mense soos Arnold Fruchtenbaum en Dwight Pryor moet egter meeding met valse leraars soos Jospeph B.Goode en Peter Michas. (Wat die Drie Enigheid van die Godheid verloën.)[Een God in Drie Persone.) Maar moontlik die mees bekende valse wagter in hierdie kategorie was seker Michael Brown, wat 'n kloning is van die 'Brownsville Assemblies of God' uit die stal van die Toronto misleiding in Pensacola.

Brown het jare gelede by 'n Messiaanse konferensie in Jerusalem met die nasionale ramp wat daar plaasgevind het toe 'n geweldige vuur ongeveer 'n kwart van die plantegroei vernietig het, het hy dit verklaar as die uitstorting van Heilige Gees!

Brown het toe saam met 'n groep mense 'n halwe nag gesit en wag vir die Wegraping wat natuurlik nooit plaasgevind het nie en toe eindig hy as 'n 'wagter' in Pensacola!

Laastens is die karakter van wagters soos wat dit opgedra word deur Jesaja:
Om die Here te herhinner aan Sy Verbond beloftes en om hulleself geen rus te gun in hierdie proses nie. [Jes.62:6: O' Jerusalem, Ek het wagte op jou mure uitgesit wat gedurigdeur die hele dag en die hele nag nie sal swyg nie. o Julle wat die HERE herinner aan sy beloftes--moenie rus nie.] Dit is natuurlik die Nuwe Verbond beloftes soos wat dit aan Israel en Juda opgedra is in Jerm 13:31. Die klem op waaragtige wagters in Israel val altyd op gebed en intersessie om die Here te herhinner aan Sy beloftes om Israel uit te red. Rom.11:25-26: "Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het; en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend--"

Ander selfaangestelde wagters vandag word getrek deur die indentiteits bewustheids bewegings soos die mite van Britse Israelisme of soos ons hulle hier ken as die Israel Visie, wat in Noord Ierland deur Jim Mc Connell in Whitewell in Belfast gepromofeer word. Hierdie mense lewe in die skaduwee van hulle eie denkes en hulle is ook in die meeste gevalle anti-Semities. Hierdie sogenaamde 'wagters' se teologiese denkes is niks anders as die vervangings teologie nie--'In plek van die Jode' Dit is eenvoudige on-Skriftuurlik en hulle is self aangestelde wagters wat leuens profeteeer.

PREDIKERS WAT WOLF, WOLF SKREE

Dan is daar die ander groep wagters wat ook by hierdie groepering ingedeel word, maar wat hartseer is om te beskrywe. Hierdie mense is nie doelmatige misleiers of valse profete, of Anti Joods nie, maar hulle is eerlik en opreg in hulle motiewe en baie van hulle is pragtige Christene met 'n geroepe gawe om in 'n geldige bediening te staan in plaas daarvan om in 'n bediening te staan wat God hulle nie in geroep het nie. Hier word gepraat van predikers wat wolf-wolf skree soos in die geval van die Y2K fiasko. Hierdie is broers en susters wat met 'n kinderlike geloof optree maar wat nie onderskeidings vermoëns besit of wil besit met betrekking tot geestelike wysheid nie, kortliks, hulle het nog nie Christelike volwassenheid bereik nie, hulle lewe in 'n waan en wil voorgee dat hulle Skriftuurlike en Teologiese kennis het wat hulle nie het nie. Ons kan egter nie hulle motiewe oordeel nie al sou dit uit hoogmoed, of 'n skuldige gewete of trots, of 'n kombinasie van dinge wees, ons sal nie weet nie.

Ons lees egter in 1Thessalonicense dat sulke wilde denkes probleme veroorsaak het in die vroeë gemeentes daarom waarsku Paulus dat ons alle dinge moet ondersoek en die goeie moet behou, ons moet nie eens dink bo wat geskrywe staan nie. Maar dit gebeur vandag nog, mense hoor 'n klok lui maar hulle weet nie waar die klepel, dit tong van die klok, hang nie.

So was daar deur die eeue die Montaniste teen die einde van die tweede eeu.

Pous Sylvester met sy wegraping denke by die sluiting van die 10de eeu toe die 2de Juliaanse Millennium begin het. Die Muenster Ana Babtiste aan die einde van die 16de eeu; Die Shakers aan die einde van die 18de eeu; Die Milleriete / 19de eeue, en natuurlik ook by die einde van die 20ste eeu die Y2K en die Wegraping? Soos wat Dr.Martin Lloyde Jones gesê het: "As ons nie uit al die eeue van die kerk die lesse geleer het nie, dan gaan ons al die foute weer herhaal." -- Met dank natuurlik aan al die wagters wat nie wagters was of is nie!!.

Dit is dan ook nie sonder oorsaak dat die selfaangestelde, in plaas van deur God geroepe wagters ook deel gehad het aan die 'Bible Code' uitvindsels en ander dwalings nie. Maar die ware probleem lê nie by die wagters wat nie wagters is nie maar by diegene wat nog steeds hierdie dwaalleraars bly ondersteun en volg tenspyte van hulle valse profesië.

Kyk maar na die Kansas City, Toronto en Pensacola dwalings, die mense weet dit is vals maar nog bly hulle in hierdie bewegings: Dit is moedswillige sonde.

(Jerm. 5:30-31: " 'n Ontsettende en afskuwelike ding het in die land gebeur: die profete profeteer vals, en aan hulle sy oefen die priesters mag uit, en my volk wil dit graag so hê. Maar wat sal julle doen aan die einde daarvan?"

Met betrekking tot dinge soos die Y2 fiasko is daar in die wêreld sekere onstabiele persoonlikhede wat enige ding sal aangryp en sal saamflans om mense op hol te dryf sonder dat dit enigsins geondersoek word. Hulle het 'n obsessie met betrekking tot wêreld gebeure wat samelewings kan beïnvloed. Ek het nie 'n groot vertroue in sekulêre sielkunde nie maar hierdie is inderwaarheid kompulsiewe, of gedwonge onstabiliteit. So is dit ook in die politieke wêreld van vandag. Baie hooggeleerde mense het nooit verwag dat die Amerikaanse regering in 'n sameswering sekere feite oor die Kennedy sluipmoord sou wegsteek nie, maar hierdie feite het deur forensiese ondersoeke en navorsing na vore gekom en nie deur wilde saamgeflansde spekulasies nie.

Die probleme in die kerk het begin toe hierdie sielkundige versteurde mense Christene geword het en met hulle verwronge idees van die Bybelse Eskatologie en profesie, 'wagters' geword het. Die Internet is vandag letterlik oorlaai van naywerige dwaalleraars en dwalings en dit is hierdie groep mense wat met dinge soos die Y2K fiasko oploop gegaan het.

Maak nie 'n fout nie ek het geen tweede mening nodig om my te oortuig dat Vry Messelary 'n demonies beweging is nie, 'n beweging wat deur Felix Weisshaupt se Illuminatie onderskrywe word en dit is sekerlik dinge waaruit Christene gered moet word.

Baie van die wêreld se hoof figure soos in die Internasionale Finansiële top bestuurslui en die wet en politieke sektore, is Vry Messelaars, maar om nou luidkeels dinge te verkonding, soos wat dit vandag gebeur, dat daar 'n Vrymesselaars sameswering bestaan en dat dit die Antichris se voetbank is om sy wêreld regering in te stel, is ongeregverdig, dit is maar een van die fasette. Daar is egter duidelike planne van Satan om die Christene in 'n ekumeniese beweging saam te snoer onder die antichristelike Roomse Pousdom, maar hierdie is nie dinge wat uit die lug gegryp word nie want dit is duidelike feite.

Net so is daar ook planne om Groot Britanje in 'n stoomroller taktiek deel te kry van 'n Federale Europa ten koste van haar soewereiniteit. Sommige mensesal sê dit is 'n politieke sagmaak proses terwyl baie ander sal sê dit is 'n demokratiese proses.

Die gebeure vandag in die Midde Ooste is van uiterse groot profetiese waarde en daar gebeur baie dinge wat 'n sameswerings is van die bose magte, maar om hierdie dinge te ondersoek moet 'n persoon 'n baie goeie Bybelse fondasie, en ook oor Bybelse georiënteerde kwalifikasies beskik.

Daar is mense soos die Christen joernalis David Dolan, of die universiteits lektor Bill Alnor wat God geroep het om die huidige toestande met 'n Bybelse oog te ondersoek. Maar God het Chuck Missler geroep vir 'n Bybelse oorsig oor die dinge en vir Barry Smith vir Evangelisasie, en dit is 'n tragedie om te sien dat twee sulke begaafde mense van hulle self sulke groot openbare pampoene laat maak het en so hulle bedienings baie skade aangedoen het en alles wat hulle deur die jare opgebou het nietig gemaak het omdat hulle nie dinge Skriftuurlik geondersoek en beoordeel het nie. Hulle videos het uitgegaan en nou lag die wêreld, nie net vir hulle nie maar ook vir ons. Moriel is oorval deur mense met navrae en klagtes wat voel dat hulle mislei is deur die bedienings wat hulle geondersteun het, die feit is, Moriel het Dave Hunt se boek oor die Y2K geondersteun deur saam te stem dat dit 'n massa histerie was.

Terwyl ek self nie so voel nie, het ek niks teen iemand wat 'n paar kaste proviant bymekaar gemaak het vir die onbekende nie. Maar Christus vertel vir ons baie duidelik dat ons ons nie moet bekommer oor wat ons sal eet of aantrek nie, maar instede daarvan dat mense na die Gebod van Christus luister, sien ons hoedat predikers ooral rondgaan en in seminare vrees en bewing preek.

Die waaragtige wagters op die mure van Sion sal 'n baie duidelike groep Basuin note laat hoor, 'n absolute duidelike uitkenbare klank wat baie duidelik 'n waarskuwings alarm sal wees en nie valse note wat verdere onsekerheid sal veroorsaak nie. (Joël 2:1, Jerm.4:5, Hos.8:1, Amos 3:16) Die skape is afhanklik van hulle wagters en daar word van hulle verwag om duidelike en opregte ongemengde boodskappe te verkondig, en nie dit wat ons vandag sien en hoor nie.

Vandag vind ons leraars wat nie vir die skape duidelike antwoorde kan gee nie, en as mense begin vrae vra oor misleidings soos die Toronto dwalings dan kan hulle nie vir hulle sê of die lig rooi of groen is nie, hulle gee vir hulle 'n geel lig! Dit egter, is die klanke van 'n valse basuin, die lig is rooi maar hulle is te bang om dit te sê, omdat hulle mense meer vrees as vir God! Baie skerm vir hulle posisie en hulle waggel by die regspraak!.

Die vrug van die Gees is selfbeheersing, (Ekreitei) en nie die teenoorgestelde, 'n wanorde nie, daarom het die ware Wagters geprofeteer dat geen herlewing deur die Toronto dwaling sal kom nie. Die feit is dit, hierdie dinge is 'n mengsel tussen dit wat goed en wat sleg is, wat dit 'n onreinheid (Akatharsis) gemaak het, en wat bewys het dat dit nie van God af gekom het nie, (1Thess.2:3) en die feit dat dit 'n mengsel tussen die Ware en die valse (parasouxousin) is, bewys dat dit 'n misleiding is. (2Pet. 2:2) Net soos wat Jesaja gewaarsku het is die leiers in die hierdie laaste dae besig om te wankel: "En ook die manne hier wankel deur die wyn en waggel deur sterk drank; priester en profeet wankel deur sterk drank, hulle is verward van die wyn, hulle waggel van sterk drank, hulle wankel as hulle gesigte sien, hulle waggel by die regspraak." (Jes.28:7)

In hierdie laaste dae het ons nie sulke leiers of wagters nodig nie, ons kan dit nie bekostig om na valse wagters en basuine te luister nie.

Wanneer 'n prediker geredde mense in sy bediening in 'n misleiding in lei instede van 'n Bybelse gefondeerde kerk, dan is daar 'n ernstige afwyking van God se Standaarde. In die Berg Rede: Matt. 24&25; Luk. 21: Waarsku Koning Jesus ons eenmalig oor oorloë en gurugte van oorloë en pessiektes, vermeerdering in aardbewings en hongersnood en oor gebeure in die Midde Ooste rondom Jerusalem. Maar Christus waarsku ons vier keer meer oor misleiding en valse profete onder die uitverkorenis as oor die ander dinge. Christus het nie gepraat van onklaar rekenaars wat groot chaos sal veroorsaak nie, nie eers een keer nie!

As mense dan geroep is om in hierdie laaste dae die kerk voor te berei, hoekom waarsku hulle dan nie die Christene kerke oor die misleiers en die valse profete soos wat Christus beveel het nie? Hoekom konsentreer hulle op dinge wat Christus glad nie eens een keer beveel of genoem het nie? Die bedienings van Barry Smith en Chuck Misssler word op die prys gestel maar dit is baie jammer om te sien waarin hulle hulle begewe het en van hulle pampoene gemaak het, mag die Here ons deur Sy Groot Genade bewaar dat ons nie dinge op spekulasie sal verkondig vir die waarheid nie. (Ondersoek alle dinge en behou die goeie.)

Wanneer 'n begaafde prediker van die riglyne van die Woord van die Here begin afwyk en op sy eie ontwerpe begin konsentreer dan is hy besig om te beweeg na 'n vlak van 'n gekraakte kruik, en dit is hier waar die ongelukkige resultaat van so 'n misstap na vore begin kom. Barry en Chuck is ver van die gekraakte kruik stadium maar dit is presies wat hulle Y2K fiasko van hulle gemaak het.

Mense wat betrokke raak in sulke dinge is nog steeds ons broers en susters, hulle is nie diegene wat in 2 Timótheüs beskrywe word nie:
[2Tim.3:13: "Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word."]

Die werklike probleem egter is nie hulle voorspellings van grootskaalse kragonderbrekings, kern ontploffings, sosiale en politieke chaos, groot vliegongelukke en 'n totale ineenstorting van die ekonomië wat nie plaasgevind het nie! (Italië het 1.5 miljoen gespandeer aan voorbereidings terwyl Britanje 'n halwe biljoen pond gespandeer het.

Niks het egter in Italië gebeur nie.) Nee, die groot en werklike probleem is dat wanneer die werklike gevaar begin aankom en die Ware Wagters die Basuine van God sal begin blaas dan sal dit gebeur dat niemand meer daarna sal wil luister nie, dit is die groot gevaar. Ek haat dit om enige iets goeds te sê van die Bose, maar hy ken sy werk, en as hy misleide Christene as pionne kan gebruik om die kerk te mislei dan is daar sekerlik nie beter gereedskap te vinde vir dit nie. Die tye waarin ons lewe is sekerlik die Laaste Dae volgens die Skrifte, en persone wat die Bybelse Profesië in hierdie laaste uur misbruik skep daardeur vir die skape 'n gevaarlike situasie. Mense wat voorgee dat hulle wagters is waarin hulle nie geroep is nie sal geweldige skade in die kerk aanrig.

Hierdie is 'n saak tussen die Hemel en die Hel vir baie pragtige mense wat God liefhet, en ons mag nie voorgee wat ons nie is nie. Ons moet waaragtige Wagters in ons midde hê en laat ons gebede wees dat hierdie wagters wat nie wagters is nie, navore sal kom en hulle oortredings bely, en laat ons tot God bid en vra dat as dit moonlik is dat Ons Hemelse Vader die skade sal herstel wat in die gemeentes aangerig is sodat die Waarheid weer kredietwaardig kan word.

DIE VALSE MAKKABEËRS

In Daniël 11:33-35 lees ons van wat teoloë noem, 'n dubbelsinnige profesie.

Daniël profeteer van die doen en late van Matthias die Makkabeër en sy seuns, Johannes, Eleazar, Jonatan, en Yehudah onder in die regering van Antiochus IV wat ook geken was as Epiphanus wat 'n vark in die tempel geslag het en 'n wet ingestel het wat die Jode verbied het om die voorskrifte van die Tora te onderhou terwyl hy ook die algemene populasie ver-Helleniseer en verheidens het. Hy het ook 'n afbeelding van die afgod Zeus in die tempel opgestel met sy eie voorgeskrewe aanbiddings wette.

Antiochus Epiphanus was natuurlik die verpersoonliking van die Antichris wat gaan kom waarvan die gees alreeds in die wêreld is, en tot en met vers 36 het die Skrifte gedeel met hierdie bose heerser. Die Antichris sal aan die einde van die tye weer die werke van Antiochus Epiphanus laat herleef---volg vanaf Vers 36 en verder, en net soos Epiphanus sal hy ook deur bedrog en misleiding mense onder sy mag kry.

Soos wat dit in die tyd van die Makkabeërs was, wat aan baie mense insig gegee het so sal dit in die Laaste Dae ook weer wees wanneer hulle wat hulle God ken, sal optree en vir baie tot insig wees wanneer die Riglyne van die Woord van die Here (Die Verbond) verontagsaam sal word.

Dit is vandag baie duidelik dat die ekumeniese beweging wat ons baie duidelik vandag waarneem, 'n voorloper is van die hergeboorte van Babilon, die Groot Hoer van Openbaring, en dat misleidings soos die Toronto en Pensacola die voorlopers is van die Groot Afval van Thessalonicense.

Soos wat dinge huidiglik ontwikkel in Israel met die valse vrede tussen Israel en Islam, die herkonfederasie van die Romeinse Ryk deur ooreenkomste in 'n federale Europa, is dit merkwaardige tekens van die tye wat daarop dui dat die resultaat van hierdie dinge besig is om die verhoog op te stel vir die verskyning van die Man van Sonde wat Antiochus onderandere tipifiseer, of waarvan hy 'n skadubeeld is. En net soos in die voortyd sal daar diegene wees wat hulle God ken en wat gaan aksie neem en baie tot insig lei oor dit wat oppad is. Maar soos wat dit in die dae van Antiochus gewees het, sal daar baie wees wat in 'n skyn heiligheid by hom sal aansluit en hulle broers en susters sal verraai. (Twee van die Oorspronklike Makkabeërs was doodgemaak asgevolg van interne Verraad) Net soos wat ons dit vandag duidelik sien gebeur.

Daar is vandag mense in die kerk wat wil voorgee dat hulle wagters is, wat hulle self aangestel het as "Onderskeidings bedienings" maar wat grootliks niks anders as 'n groepering van kwaksalwers, na-apers en misleiers is nie, wat hulle eie agendas bedink en wat alreeds hierdie roeping verloën het nie.

Hierdie mense het baie in gemeen en neig om mekaar na te boots. Baie is sielkundige grensgevalle wat baie maklik beïnvloedbaar is. Hulle flans dinge saam op die basis van wat hulle vermoed of wat hulle dink, en diegene wat nie met hulle saamstem nie word as vals of ook as 'New Agers" onder 'n vermomming gebrandmerk.

Constance Cumby wat self gepubliseerde verklarings uitgereik het vir haar ondersteuning van die Roomse Katolieke stelsels, het Dave Hunt aangeval. Kevin Burgess het Mike Oppenheimer, 'n Joodse broer wat in Hawai 'n Christelike TV en radiostasie bedryf onder die naam van :-Come Let Us Reason, ook aangeval. Tex Mars het 'n hele aantal pragtige mense aangeval en ook onderandere Dave Hunt. Twee dinge is karaktrekke van valse wagters.

Die Eerste is: Hulle is sogenaamde Christene met 'n witgewaste teologiese kennis met geen egte akademiese teologiese agtergrond het in die bediening wat hulle probeer voorgee hulle spesialiste in is, maar wat hulle nie is nie.

'n Persoon het nie nodig om 'n intelektueel te wees om 'n bediener te wees, of om onderskeidings vermoëns te besit nie, maar 'n persoon moet kwalifiserende kennis besit om te weet waarvan hy praat. Petrus, in sy Brief, het sy skolastiese probleme aan Paulus oorgelaat, en Paulus het die probleme wat hy gehad het aan Apollos oorgelaat.

Die tweede ding wat valse wagters definieer is hulle altyd soekende neigings na redes om die ware wagters in oneer te laat beland.

Die fondasie raamwerk van hierdie valse Makkabeërs is sekerlik die Ruckmaniete, genoem na hulle groot vader: Peter Ruckman, wat nou al in sy derde huwelik is na nog 'n egskeiding.

Ruchman lewe met die idee dat die King James vertaling van die Bybel die enigste gemagtigde geskrewe Woord van God is, en hy maak daarop aanspraak dat die aanhegsels tot die 1611 uitgawe, wat egter nie in die ou manuskripte gevind kan word nie, 'n verdere openbaring van God is. Sy volgelinge stem nie almal met hom saam nie maar hulle word tog deur hom beïnvloed!

Op hierdie gebied is daar dan ook Gail Riplinger wat in die openbaar teruggebring is na die aarde toe deur die 'Christian Research Institute' deurdat sy nie eens Grieks kan lees nie. Sy het ook geen akademiese teologiese kwalifikasies in Grieks of Hebreeus of enige analitiesese agtergrond van Aramese manuskripte, wat uiters noodsaaklik is om Bybels vertalings op 'n basiese vlak aan te vat nie. Haar kwalifikasies strek egter net oor behuisings ekonomie.

In plaas daarvan dat sy 'n tesis opstel oor koste effektiewe skoonmaak produkte, waarin sy gekwalifiseer is, gaan sy en publiseer 'n boek oor "New Age Bible Versions", en doen hierdeur meer skade aan die bewaring van oorspronklike grondteks manuskripte as wat die omskrywende verklarende Roomse Katolieke Bybels, en die politieke korekte vertalings kon aangerig het.

Laat ons dit net hier duidelik stel, Moriel het nie 'n probleem met KJ vertaling nie, ons lees dit met toewyding en ons respekteer dit wat God in die verlede daarmee bereik het. Om meer na 'n punt te kom, wie kan nie die nalatings waarde en die toegewydheid van mense soos Wycliffe, Tyndale en Coverdale in die voorbereiding tot die samestelling van hierdie werk waardeer nie?

Die "Trinitarian Bible Society" om maar een voorbeeld te noem, het dit duidelik gemaak dat hulle niks met haar of haar boek te doen wil hê nie. Daar bestaan uitstekende boeke oor die betroubaarheid van die Nuwe Testamenstiese manuskripte wat deur akademies gekwalifiseerde mense soos F.F. Bruce en Dr. Craig Blohmberg geskrywe is.

Mense soos: Ruckman, Engstrom, Aho , Dillen en Marrs is ook 'n voorbeeld van mense wat skriftelik tekenne gegee het dat hulle niks met haar en haar boek te doen wil hê nie, maar, Ruckman, Engstrom, Aho, Dillen, Marrs en Riplinger is nie akademikuste nie, hulle is ook nie wagters nie, hulle is gewone mense wat wil voorgee wat hulle nie is nie. Maar die probleem hier is dat, terwyl geen akademiese skool enige kredietwaardigheid aan sulke mense sal verleen nie, is daar altyd die gewone gematigde Christen wat ongelukkig uit onkunde dit wel sal doen. So is daar in hierdie rigting hipper Kalviniste soos Peter Clover wat uit onkunde die Joodse Skrifuitlegkunde, Midrash, afmaak as gnosisme net om in die openbaar tereg gewys te word dat dit 'n geëerde Puritynse Kalvinistiese Teoloog was wat die eerste gedokumenteerde kommentaar geplaas het oor die gebruik van die Joodse Skrifuitlegkunde, Midrash, in die Nuwe Testament.

Net soos Cumby wat ander onderskeidings bedienings aangeval terwyl sy self vasgevangs is in 'n ernstige afwyking van die Skrifte en ook in die Ekumeniese misleiding deel het. Clover het weer op sy beurt waardige bedienings soos Bill Randles en Michal Penford aangeval, terwyl hy self betrokke is in 'n AIDS geld insamelings veldtog saam met Patrick Dixon.

Dixon is weer een van die mees ekstremistiese ondervindings georiënteerde charismatiese predikers wat hom toelê op 'New Age' teologie soos in die Toronto dwaling. Kuber kultus leiers soos Aho, Dillen, en Engstrom met hulle verbintenisse met die Ruchmaniete en die identiteits bewuste bewegings, kan vergelyk word met 'n kinderbende.

Hulle het nie die mag van 'n profesionele kriminele organisasie, skelm prokureers of geld verduisterings skemas nie, maar wanneer iemand 'n geweer in 'n gewone misdadiger se hand plaas dan dink hy hy is 'n groot meneer.

Dit is dan ook wat gebeur wanneer 'n kuberruimte ridder toegang kry op die Internet. Die meeste kuber kultus ridders het geen verbintenis met enige kerk nie, hulle doen ook nie Evangelisasie werk nie of enige iets wat met Bybelse georiënteerde Christenskap te doen het nie.

Hulle spits hulle egter hoofsaaklik toe om net soos die dwaalwagters, die Ware en opregte wagters, en ook diegene wat nie met hulle teorie saam stem nie, aan te val. So was daar onlangs 'n voorbeeld van hierdie ridders se optredes wat gegaan het oor hulle weersin teenoor die Ster van Dawid, maar dit is niks anders as 'n sameswering van die anti-Semitiese denkes en die identiteits bewuste bewegings nie.

Die feit is egter dit: In Judaisme word dit geken as Die Skild van Dawid of 'Magen Dawid', en dit word nie gesien as 'n ster nie. Die Rabiniese verklaring van hierdie teken is dat dit die samestelling van die 12 stamme van Israel is wat rondom die Ark opgestel is met hulle swerftog deur die woestyn. Dit was egter ook 'n Heidense simbool in die voor Christen era in Babilon, Phonecia, en in Egipte, net soos wat die kruis ook 'n voor Christen era heidense simbool in die Keltiese Britanje en Ierland was.

Die Minora, en nie die Ster van Dawid nie, was die simbool van die Jode van ouds en dit is vandag nog die staats simbool van Israel en ook die offisiële seël kenteken op die Israeliese staats dokumente.

Net so was die vis, en nie die kruis nie, die oorspronklike Christen simbool. Die vis was egter ook eers 'n heidense simbool wat gebruik was by die aanbidding van die vis god Dagon, soos in die Ou Testament. (Let maar op dit is ook die pous se hoofbedekking)

Die vyfster Pentagram is 'n sataniese embleem en nie die Ses Punt Ster van Dawid nie. Dus het beide die Joodse en Christelike simbole albei hulle heidense ekwivalente. Die Hebreeuse Tempel het sy argitektoniese ewebeeld in heidense Egipte gehad en die Sondvloed verhaal in Genesis word weer verbind aan die mite van Gilgemesh, Die Vry Messelaar se god:--Jah-Bul-On, is ook 'n drie eenheid. Maar beteken opervlakkige ooreenkomste dat dinge boos is? Dit is wat die simbool beteken het in 'n gegewe historiese en kulturele tydperk wat bepaal of dit boos is of nie. Die Amerikaanse ruimte program het 'n projek naam gedra van Murcury, Gemini en Apollo maar niemand het hierdie projekte geïdentifiseer met heidense afgode of met astrologie nie, en hulle ook nie as heidense praktyke gebrandmerk nie, maar die kuber kultus kwaksalwers wat gedryf word deur hulle eie vooropgestelde denkes kan dit doen en kom weg daarmee.

Daar is goeie Christen navorsers soos Dr.John Weldon, Dr.Ron Rhodes, en Dr.Tal Brooks wat uitstekende kennis het op die gebied van okultiese invloede.

Dan is daar ook Dr.Curt Koch, 'n spesialis op die gebied van die okkulte. Dan is daar die meesterstuk: "The Two Babilons" van Alexander Hislop wat handel oor die invloede wat die insypeling van heidense simboliek op die Christen leefwyse uitoefen. Die Ahos, Dillens, Howards, en die Engstroms of die kubus ridders is nie antropoloë of argeoloë, of sielkundiges of teoloë nie, hulle is basies die valse Makkabeërs van ons tyd wat wil voorgee dat hulle wagters is maar wat hulle nie is nie.

     
 
 
 

Home | Be Alert! | Branches | Itinerary | Jacob | Moriel | Missions | Discernment | Message Board | Israel & Endtime Prophecy | Notice Board | Sermons | Radio | Other Links | Tours
 
2006 MORIEL Ministries ©. All graphics and other content contained on this site
may not be copied without prior permission.
 
Questions, comments or bad links e-mail: Postmaster@moriel.org