USA

20

 
United Kingdom

20

 
South Africa

20

 
Australia

20

 
New Zealand

20

   
   
USA

20

   
United Kingdom

20

   
South Africa

20

   
Australia

20

   
New Zealand

20

   
   
Discernment

20

   
Israel & End TimeProphecy

20

   
Notice Board

20

   
Sermons

20

   
   
Branches

20

   
Itinerary

20

   
Jacob

20

   
Moriel

20

   
 
 

Home

 

About Us

 

Be Alert!

 

Merchandise

 

Message Board

 

Missions

 

Teachings

 

Tours

 

Radio

 

Other Links

 
Change text size
 
Add to Favorites
 
Printer Friendly
 
Send to a friend

Moriel Ministries > Teachings > Sermons

     
 

 
 

 
 

 
 
 
Barnabas Fund exists to assist persecuted Christian minorities by prayer and practical support Read more


Politically Concerned Christians
http://www.
politically
concerned
christians.
org


Moriel does not necessarily agree with the contents of this site.


Moriel Associated Churches, Affiliated Messianic Fellowships, and Misgav Ladach Fellowship Groups
For a complete listing, please click here



ACT
Apologetics Coordination Team
ACT provides churches and organisations with an easy way to book apologists and discernment speakers online. ACT does the footwork for your church or event in finding biblically sound speakers in your area. Please click here to learn more.

 
 
Links marked with the symbol denote external sites which will open in a new browser window. Moriel is not responsible for the content found in external sites.
 
 

Die Boodskap van Jona.

(Part 1 of 2)


So baie is al gesê oor hierdie pragtige boodskap in die Woord van die Here. Baie mense verwerp vandag hierdie Boek as onwaar, maar die Woord van die Here is Brood vir die siel en die gees van die mens, dit is Voedsel vir die wat wil eet aan die Tafel van die Here.

Hand. 24/27: "Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word". En Vers 27 wat uit Jesaja en Psalms aangehaal word: 27: "Want U sal my siel nie aan die doderyk oorlaat of u Heilige oorgee om verderwing te sien nie".

Ons sien in die Boek Hebreers dat Abraham bereid was om sy enigste seun te offer, wat ook 'n tipe van Christus is, want hy het geweet dat God sy seun uit dood kan opwek om Sy doel te vervul. Dit is vir ons 'n voorbeeld hoedat iemand in 'n doods situasie geplaas kan word met die sekerheid dat hy / haar opstanding daarin gevind kan word.

Jona Hoofstukke 1-4:

"En die woord van die HERE het gekom tot Jona, die seun van Amíttai, en gesê: Maak jou klaar, gaan heen na die groot stad Ninevé en preek daarteen, want hulle boosheid het opgestyg voor my aangesig. Maar Jona het hom klaargemaak om na Tarsis te vlug, van die aangesig van die HERE af weg; en hy het na Jafo afgegaan en 'n skip gevind wat na Tarsis sou vaar. En hy het die reisgeld daarvoor betaal en daarin geklim om saam met hulle na Tarsis te vaar, van die aangesig van die HERE af weg. Maar die HERE het 'n sterk wind op die see gewerp, en toe daar 'n groot storm op die see ontstaan, het die skip gevaar geloop om skipbreuk te ly.

Toe word die seeliede bang--hulle het elkeen tot sy god geroep en die lading wat in die skip was, in die see gegooi om vir hulle verligting aan te bring. Maar Jona het na die onderste dele van die skip afgeklim en daar gaan lê en vas aan die slaap geraak.

Daarop kom die skeepskaptein na hom toe aan en sê vir hom: Wat makeer jou dat jy so vas slaap? Staan op, roep tot jou God! Miskien sal dié God aan ons dink, sodat ons nie vergaan nie.

Hulle sê toe vir mekaar: Kom en laat ons loot; dan sal ons weet om wie se ontwil hierdie ramp ons getref het. En hulle het geloot, en die lot het op Jona geval. [Spreuke 16:33: In die skoot word die lot gewerp, maar elke beslissing daarvan kom van die HERE.]

En hulle sê vir hom: Vertel ons tog om wie se ontwil hierdie ramp ons getref het? Wat is jou nering? En waar kom jy vandaan? Wat is jou geboorteland, en uit watter volk is jy?

En hy antwoord hulle: Ek is 'n Hebreër, en ek vrees die HERE, die God van die hemel, wat die see en die droë land gemaak het. Toe word die manne baie bang en sê vir hom: Wat het jy nou gedoen! Want die manne het geweet dat hy van die aangesig van die HERE af wegvlug; want hy het hulle dit te kenne gegee.

Verder sê hulle vir hom: Wat moet ons met jou doen, sodat die see om ons heen kan bedaar? --want die see het hoe langer hoe onstuimiger geword. En hy antwoord hulle: Neem my en gooi my in die see; dan sal die see om julle heen bedaar; want ek weet dat om my ontwil hierdie groot storm oor julle gekom het. Nogtans het die manne geroei om die skip weer land toe te bring; maar hulle kon nie, omdat die see hoe langer hoe onstuimiger teen hulle geword het.

Toe roep hulle tot die HERE en sê: Ag, HERE, laat ons tog nie vergaan weens die lewe van hierdie man nie, en bring geen onskuldige bloed oor ons nie; want U, HERE, het gedoen na u welbehae. En hulle het Jona geneem en hom in die see gegooi.

En die see het stil geword van sy onstuimigheid. En hulle het Jona geneem en hom in die see gegooi. En die see het stil geword van sy onstuimigheid.

Toe het die manne die HERE gevrees met 'n groot vrees en 'n slagoffer aan die HERE gebring en geloftes gedoen.

En die HERE het 'n groot vis beskik om Jona in te sluk; en Jona was drie dae en drie nagte in die ingewande van die vis. En Jona het tot die HERE sy God gebid uit die ingewande van die vis en gesê: Uit my benoudheid het ek die HERE aangeroep, en Hy het my verhoor; uit die binneste van die doderyk het ek geroep om hulp--U het my stem gehoor.

U tog het my in die diepte gewerp, in die hart van die see, sodat 'n stroom my omring het; al u bare en u golwe het oor my heengegaan. Toe het ek gesê: Ek is weggestoot, weg van u oë; tog sal ek weer u heilige tempel aanskou".

"Waters het my omring tot aan die siel toe, die vloed was rondom my; seegras was om my hoof gedraai. Ek het afgedaal tot by die grondslae van die berge, die grendels van die aarde het my vir altyd ingesluit; maar U het my lewe uit die kuil opgetrek, HERE my God!

Toe my siel in my versmag het, het ek aan die HERE gedink; en my gebed het tot by U gekom in U heilige tempel. Die wat nietige afgode vereer, verlaat die Een wat vir hulle goedertieren is.

Ek daarenteen sal aan U offer met 'n stem van lof; wat ek beloof het, sal ek betaal.

Die heil behoort aan die Here.

Daarop het die HERE die vis beveel om Jona op die droë grond uit te spuug. En die woord van die HERE het vir die tweede maal tot Jona gekom en gesê: Maak jou klaar, gaan heen na die groot stad Ninevé, en verkondig daar die boodskap wat Ek jou sal sê.

Toe maak Jona hom klaar en gaan na Ninevé volgens die woord van die HERE. En Ninevé was 'n ontsaglike groot stad, drie dagreise te voet. En Jona het begin met een dagreis ver die stad in te gaan en het gepreek en gesê: Nog veertig dae, dan word Ninevé verwoes".---}-[Die woord wat hier gebruik word vir verwoes is "Nechpakeh'--haphak {haw-fak), dit is dieselfde woord wat in Genesis gebruik word by die verwoesting van Sodom en Gomora, dit was die mees verskriklike verwoesting van 'n stad wat deur die Jode vir ons in die Torah opgeteken is. Met die gebruik van hierdie term in die boodskap van Jona is dit duidelik dat hierdie boodskap ook 'n baie ernstige saak is.]

"En die manne van Ninevé het God geglo en 'n vasdag uitgeroep, en groot en klein het hulle met rougewaad beklee. En toe die berig die koning van Ninevé bereik, het hy opgestaan van sy troon en sy mantel afgehaal en in rougewaad gehuld in die as gaan sit.

En hy het in Ninevé laat uitroep en sê: Op las van die koning en sy groot manne--geen mens of dier, beeste of kleinvee mag aan iets proe nie, hulle mag nie wei of water drink nie; maar mens en dier moet 'n rougewaad om hê, en hulle moet ernstig tot God roep, en elkeen moet hom van sy verkeerde weg bekeer en van die onreg wat aan sy hande kleef.

Wie weet of God nie sal omkeer en berou sal hê nie, sodat Hy Hom afwend van die gloed van sy toorn en ons nie vergaan nie? En God het hulle werke gesien dat hulle hul bekeer het van hulle verkeerde weg; toe het God berou gehad oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy hulle sou aandoen, en Hy het dit nie gedoen nie.

Maar Jona was hieroor erg ontstemd, en hy het kwaad geword. Toe bid hy tot die HERE en sê: Ag, HERE, het ek dit nie gedink terwyl ek nog in my land was nie? Daarom het ek tevore na Tarsis gevlug; want ek het geweet dat U 'n genadige en barmhartige God is, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil. O HERE, neem dan nou tog my siel van my weg, want dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe.

Daarop sê die HERE: Het jy rede om vertoornd te wees? En Jona het die stad verlaat en aan die oostekant van die stad gaan sit. Daar maak hy toe vir hom 'n skerm, en hy gaan daaronder in die skaduwee sit, totdat hy sou sien wat met die stad gebeur.

Toe beskik die HERE God 'n wonderboom en laat dit oor Jona opskiet om te dien as skaduwee oor sy hoof, om hom van sy ontstemdheid te bevry; en Jona was baie bly oor die wonderboom.

Maar God het die volgende môre toe die dag breek, 'n wurm beskik; en dié het die wonderboom gesteek, sodat dit verdor het. En met sonop het God 'n gloeiende oostewind beskik; en toe die son op die hoof van Jona steek, het hy magteloos geword en gewens dat hy mag sterwe, en gesê: Dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe. Toe sê God vir Jona: Het jy rede om vertoornd te wees oor die wonderboom? En hy antwoord: Ek het rede om vertoornd te wees tot die dood toe. Verder sê die HERE: Jy wil die wonderboom spaar waar jy geen arbeid aan bestee het nie en wat jy nie grootgemaak het nie, wat in een nag ontstaan en in een nag vergaan het.

Maar Ek mag Ninevé, die groot stad, nie spaar nie waarin meer as honderd en twintig duisend mense is wat die onderskeid tussen hulle regter-- en hulle linkerhand nie weet nie, en baie vee?"

Die klimaat in hierdie gebied is uiters droog en onvrugbaar, en dit is nie dat die lugversorging nie werk nie, nee dit is 'n onheidhoudbare situasie om in te wees!

Die idee dat hulle nie hulle regterhand van hulle linkerhand kon onderskei nie, is volgens die Hebreeuse teks dit: Ons het die term-'Jad'. Die woord vir regter hand is 'yemani, soos in:

Psalm 137:5 "As ek jou vergeet, o Jerusalem, laat my regterhand dan homself vergeet!" [Im eshchachak yerushalim tiscah yemani]

Die Regterhand van die Here in die Bybel.

Ps. 20:6 "Nou weet ek dat die HERE sy gesalfde verlos; Hy sal hom verhoor uit sy heilige hemel met magtige dade van verlossing van sy regterhand".

Die Regterhand in die Ou Testament is 'n tipe van Koning Jesus, en wat basies hier gesê word is dit: "Hierdie heidene ken nie die Weg tot redding nie, hulle ken nie die verkil tussen hulle regter en linker hand nie, en hulle weet nie hoe om hulle self te red nie!"

Dit is die Regterhand van God wat verlossing bring. Dit is kortweg die betekenis van die Hebreeuse term: Die Regterhand.

Wat 'n wonderlike verhaal! Hierdie Boek was geskrywe gedurende die koningskap van Jerobeam, ongeveer tussen die jaar 814-783V.C. Ons weet uit die geskiedenis dat daar 'n monotheïstiese (Geloof in een God) Asiriese koning met die naam van Adad-Nirari rofweg tussen die jare 810--782 V.C geregeer het. (Daar was ook 'n Egiptiese Farao en 'n paar Babiloniese konings wat ook monotheïsties was-Sien die Boek Daniël) Dit is moontlik dat dit hierdie koning was wat hom tot die Ware God bekeer het.

Die Jode was altyd gereken as 'n lig vir die Heidene---net so ook in die Ou Testament. Hulle het dit egter nie op dieselfde manier gedoen as wat dit vandag gedoen word nie, maar redding moes deur die Jode kom soos wat Koning Jesus sê in Joh. 4 dat die Jode Sy getuies aan die Nasies moet wees om die Ware God aan hulle verkondig.

Vandag kla die rabbis dat die Christene onder die Jode die Evangelie bring, maar hulle vergeet dat die Jode hulleself veronderstel is om, volgens die bevel van Moses, die Ware en Enige God aan die Heidene te verkondig, en die feit dat hulle dit nie doen nie is 'n bewys dat hulle nie meer die Ware Judaisme onderhou nie.

Die Verhaal van Jona.

Jona wou nie na Ninevé toe gaan nie, maar hy het 'n baie goeie rede daarvoor gehad.

Hierdie mense was om die minste daarvan te sê, slegte mense, absoluut goddeloos en heidens, en meer nog, Jona as 'n gelowige Jood, wat sy voorganger, Amos, se profesie gelees het, het sekerlik gesien wat ons Hemelse Vader oor Ninevé deur Amos geprofeteer het. Jona het dus 'n Bybelse rede gehad om nie na hierdie stad toe te gaan nie. Dit was nie net dat hy geweet het dat God medelye gehad vir hierdie mense nie, maar hy was seker daarvan dat hulle hom kan doodmaak. Hy het ook geweet dat Ninevé tot 'n oordeel gedoem is soos wat die profeet Nahum geprofeteer het. (Dit het op 'n latere geleenheid gebeur toe die Nineviete teruggekeer het na die heidense wee.) Ons sien dus dat Jona sekerlik 'n baie goeie rede gehad het om nie te doen wat die Here hom beveel het nie.

Maar kom ons begin by die naam van Jona.

In Hebreeus beteken die naam Jona 'n duif. Wat sou dit beteken? Een betekenis vind ons in Johannes 2:16 waar Koning Jesus die mense uit die tempel uitgedrywe terwyl hulle besig was om handel te dryf met duiwe. (Ons vind dit in Levitikus 14 waar 'n duif 'n offergawe was en wat ook 'n tipe van Christus was soos wat al die ander diere offers ook was) In Hoogliedere 1:15 sê hy dat sy beminde oë het soos 'n duif.

Duiwe is monogamies, hulle het net een maat. In Genesis 8 het Noag eerste 'n onrein voël, n kraai, uitgestuur, maar die tweede voël wat hy uitgestuur het was 'n duif.

In die Nuwe Testament sien ons dat die Heilige Gees soos 'n Duif op Koning Jesus afgedaal het. Al hierdie beelde was vasgelê in die denkes van die Jode en dit het inspraak op die karakter van Jona gemaak, maar die belangrikste inspraak kom uit die Psalms van Dawid.

Ps.55:4-6: "My hart krimp inmekaar in my binneste, en verskrikkinge van die dood het op my geval. Vrees en bewing kom oor my, en angs oordek my. Toe het ek gesê: Ag, had ek maar vlerke soos 'n duif, dan sou ek wegvlieg en wegbly!"

Die idee hier is dit: Dawid wou probeer weg vlug van die rampe wat hom oorgekom het, net soos wat dit die geval was met Jona, hy wou ook weg vlug.

Wat beteken hierdie rampspoed vir ons? Die eerste ding wat ons van die profeet Jona moet verstaan is dieselfde as wat ons moet verstaan van al die Hebreeuse profete.

Elke Hebreeuse profeet was 'n tipe, 'n skaduwee van Christus, 'n Beeld van die Messias.

Deur hulle leer ons wie Christus is, en wat Hy gedoen het. Daar is nie 'n enkele Hebreeuse profeet wie se lewe nie 'n skaduwee of 'n Beeld van die Messias uitgedra het wat ná hulle gekom het nie. Dit is deur Hom wat daar Redding vir alle volke nasies en tale gekom het soos wat die profete oor Hom geprofeteer het.

Kom ons kyk na Jona as 'n tipe van Christus.

2Kon.14:25 is die eerste plek in die Bybel waar ons oor die profeet Jona lees.

"Hy (Jerobeam) het die grondgebied van Israel herower van die ingang na Hamat af tot by die see van die Vlakte, volgens die woord van die HERE, die God van Israel, wat Hy gespreek het deur die diens van sy dienskneg Jona, die seun van Amíttai, die profeet, wat uit Gat-Hefer was".---U moet oplet dat Jona eertstens na sy eie mense, die Jode, gestuur is, en na dit is hy eers na die heidene toe gestuur.

In Matt. 15:24 lees ons die volgende: "Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel".

Christus was eerstens uitgestuur na Sy eie mense, die Jode, en eers later was Koning Jesus gestuur na die nie-Jode. Ons sien dat Jona van die plek Gat-Hefer gekom het, Gat-Hefer was binne loop afstand van Nasaret af. Hier is egter iets in die geskiedenis wat baie uniek is oor Jona, iets wat die Sanhedrin heeltemal misgekyk het.

Joh. 7:52,. "Hulle antwoord en sê vir hom: Jy is tog nie ook uit Galiléa nie? Ondersoek en sien dat daar geen profeet uit Galiléa opgestaan het nie." (Of soos wat hulle in dieselfde hoofstuk, vers 41, gesê het)-- "Ander het gesê: Hy is die Christus. En ander het gesê: Kom die Christus dan uit Galiléa?" Geen profeet het van Galiléa af gekom nie?? Hulle was verkeerd, Jona het van Galiléa af gekom! en net Jona en Christus is die enigste twee Profete wat van Galiléa af gekom het.

In Joh.1:4-6 kom 'n baie groot storm, en die woord in Grieks in die Nuwe Testament vir wind is 'Pneuma', en in Hebreeus is dit 'Ruach', maar in albei gevalle is dit ook die woord vir 'gees'.

In hierdie storm wat deur ons Hemelse Vader gestuur is sien ons dat Jona geslaap het terwyl die storm gewoed het terwyl die mense wat saam met hom die skip was angsbevange was. --'Hoe kan jy slaap terwyl ons en die skip deur die storm besig is om te vergaan?'

Maar op 'n ander plek in die Skrifte sien ons: Markus 4:37-38: "En 'n groot stormwind het opgekom, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat dit al vol wou word. Maar Hy was agter op die skuit aan die slaap op die kussing. En hulle het Hom wakker gemaak en vir Hom gesê: "Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?"

Wat met Jona gebeur het was 'n beeld wat met Koning Jesus gebeur het. Jona was 'n voorbeeld van Christus. Laat ons meer verstaan wat hier gesê word.

Jona 1:12: "Neem my en gooi my in die see; dan sal die see om julle heen bedaar; want ek weet dat om my ontwil hierdie groot storm oor julle gekom het".

Jona, uit sy eie keuse, was gewillig om sy lewe af te lê vir redding vir ander mense, ingeslote die heidene. In Joh.10:17-18 sê Koning Jesus: "Daarom het die Vader My lief, omdat Ek my lewe aflê om dit weer te neem. Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit Myself af. Ek het mag om dit af te lê en Ek het mag om dit weer te neem. Hierdie gebod het Ek van my Vader ontvang".

Continue to Part 2


     
 
 
 

Home | Be Alert! | Branches | Itinerary | Jacob | Moriel | Missions | Discernment | Message Board | Israel & Endtime Prophecy | Notice Board | Sermons | Radio | Other Links | Tours
 
2008 MORIEL Ministries ©. All graphics and other content contained on this site
may not be copied without prior permission.
 
Questions, comments or bad links e-mail: morielcarol@yahoo.com