|
| Add to Favorites |
| Printer Friendly |
| Send to a friend |
|
Moriel Ministries > Teachings > Sermons |
|
Die Boodskap van Jona. by James Jacob Prasch Jona was gewillig om uit sy eie vrye wil sy lewe af te lê vir redding vir ander, en so was die Messias, wat deur Jona as 'n teebeeld, 'n teken, voorgestel is, ook bereid om Sy Lewe af te lê vir die redding van ander mense.--Lukas 11:30: "Want soos Jona 'n teken was vir die Nineviete, so sal die Seun van die mens ook wees vir hierdie geslag". Ons weet uit die Boek Konings dat Jona die seun van Amittai was. Hy profeteer gedurende die heerskappy van Jerobeam. [Daar was twee Jerobeams, albei was baie slegte mense en konings] Met die prediking van Jona het die heidene tot bekering gekom maar nie die Jode nie. Met Christus het die Heidene die Woord van die Here aanvaar, maar die Jode het Hom verwerp, maar nie al die Jode het nie, net soos wat al die Jode ook nie vir Jona verwerp het nie, maar basies was dit net die Heidene en nie die Jode nie, wat in die dae van Jona tot bekering gekom het net, soos in die geval van Koning Jesus. Jona 1:16 vertel vir ons dat die Here 'n groot vis bestel het, en in 2:1 'n groot storm. Jona bid in die ingewande van die vis en sê: "-- Uit my benoudheid het ek die HERE aangeroep, en Hy het my verhoor:" Die Here het die storm bestel en ook die vis. Hierdie was 'n doods ondervinding. Sommige mense argumenteer uit die Hebreeuse teks dat Jona biologies gesterf het deur die implikasies wat die woord 'sheol' (doderyk) beteken. Maar sekerlik is die bedoeling hier dat dit 'n plek van dood is, en dit was die Here Self wat hierdie plek van dood vir Jona bestel het. In Handelinge 2:23 lees ons: "Hom, wat deur die bepaalde raad en voorkennis van God oorgelewer is---". En in Jesaja 53:10: "Maar dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel;" Jona was deur die Voorkennis van God bestem tot 'n plek van verwoesting en die dood, en net so was Koning Jesus deur die Voorkennis van God bestem vir 'n plek van verwoesting. Jona het in die see 'gesterf', dit was sy doods ondervinding, of hy nou werklik gesterf het of nie, hy het in die see sy doodservaring gehad. Psalm 69. Hierdie is 'n Psalm van Dawid met 'n Messiaanse Profesie in die Hebreeuse Lofsange. In hierdie Psalm lees ons in Vers 21: "En hulle het aan my gal gegee as my spys, en vir my dors het hulle my asyn laat drink". Dit in 'n Profesie wat met Koning Jesus op die Kruis gebeur het, maar hierdie Psalm wat vooruit gegaan het met die dood van Christus, begin met die woorde:} Hoshanna Elohim} "Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies." 'n Psalm van Dawid. Verlos my, o God, want die waters het tot by die siel gekom". ---Hier sien ons dan dat die dood van Christus metafories in die Hebreeuse Lofsange uitgebeeld word as 'n verdrinkings ondervinding. Ons sing die pragtige lied: 'When peace like a river attended my soul; when sorrows like sea billows roll"-- wat geskrywe is deur 'n sekere Mnr. Stockwood, en wat baie mense nie geweet het nie, en ek ook nie tot so ongeveer ses jaar gelede, is dat hy hierdie lied gekrywe het nadat sy familie in Jerusalem, van al die plekke, verdrink het terwyl hy besig was met die bou van die Colony Hotel. Die idee van: "Sea Billows roll', was 'n verdrinkings ondervinding wat met sy famillie gebeur het, maar dit is ook 'n Bybelse tipologie wat verwys na die Verdrinkings proses van Koning Jesus soos wat ons in die Psalm lees. Jona 3:8: "---maar mens en dier moet 'n rougewaad om hê, en hulle moet ernstig tot God roep, en elkeen moet hom van sy verkeerde weg bekeer en van die onreg wat aan sy hande kleef". Jona roep uit: bekeer julle, bekeer julle, bekeer julle want God gaan die stad binne veertig dae verwoes,--en hy gaan voort en in Vers 8 en hy sê dat as hulle tot bekering kom dan sal God miskien nie Ninevé verwoes nie. Baie mense wil hierdie profesie nou gebruik om valse profesie te regverdig waar mense dinge profeteer wat nie gebeur nie. Hulle wil sê dat die profeet Jona dinge geprofeteer het wat nie gebeur het nie. Maar die teks maak dit baie duidelik dat hierdie 'n voorwaardelike profesie was: Hy sê baie duidelik dat as hulle nie tot bekering kom nie dan sal God Ninevé verwoes, hy het nie gesê dit gaan gebeur nie! Hierdie is 'n baie onredelike vergelyking met dit waarmee die valse profete van vandag besig is. Ons sien dat Jona 'n baie direkte boodskap van bekering aan die Nineviete gebring het, want die Here se oordeel was besig om oor hulle te kom. In Matt.4:17 sien ons: "Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom". Jona bring ook 'n bekerings boodskap sodat die oordele van God afgeweer kan word. Net so ook is dit met Koning Jesus en Sy Dissipels: "Red julleself van 'n bose en verdraaide geslag". Jona 2: 4 "Toe het ek gesê: Ek is weggestoot, weg van u oë; tog sal ek weer u heilige tempel aanskou". Die Hebreeuse teks sê dat Jona verwyder was voor die Aangesig van God. Net so sien ons in Matt.27:46: "--en omtrent die negende uur het Jesus met 'n groot stem geroep en gesê: Eli, Eli, lama sabagtáni? Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?" Net soos wat Jona deur God verlaat is, is Koning Jesus ook verlaat. Jona 1:17: "En die HERE het 'n groot vis beskik om Jona in te sluk; en Jona was drie dae en drie nagte in die ingewande van die vis."--Net so was Koning Jesus ook drie dae en nagte in die graf. Jona is net soos wat elke ander Israelse profeet was, 'n tipe, 'n beeld van Christus. Jona getuig van die Messias wat ná hom sal kom, en net so het al die ander profete ook geprofeteer. Al die profete se lewens getuig op die een of ander wyse oor die Messias, en Jona is nie 'n uitsondering nie.
B) Hy het ook nie die medelye van God gehad nie, hy het egter die Oordeel en die toorn van God verstaan, maar hy het nie die medelye van God gehad nie, en hy was ook baie goed om te kan kla, want hy het oor alles gekla. Maar hy was iemand wat 'n baie goeie rede gehad het om oor te kla teen dit wat God hom beveel het om te doen, want dit wat die Here hom gevra het om te doen was vir hom 'n baie moeilike saak. Hy moes na mense toe gaan wat hy niks van gehou het nie, mense wat hom gaan haat omdat hy nie een van hulle is nie. In terme van die ou tyd was hy van die Weste en hulle van die Ooste. En by wyse van die feit dat hy 'n Hebreer was, 'n Gelowige in die Ware God, en dat hy nie 'n heiden was nie, en dat hy van die Weste, die gekende Wêreld af gekom het, en hulle van die Ooste, het van hom net om daarna toe te gaan, 'n teiken gemaak. Hierdie dinge was geldige menslike redes vir sy teenkanting om nie te doen wat die Here hom beveel het nie. Hy kon absoluut nie verstaan hoedat God medelye kon gehad het vir hierdie heidene nie. Dit sou vir my dieselfde gewees het as om na 'n fondamentel Moslem toe te gaan, of dit sal wees soos vir 'n Jood om die Evangelie aan 'n Duitser te gaan bring.
Die Jona binne in ons. Die Woord van die Here het twee keer tot Jona gekom. Die betekenis van die woord vir 'Woord' in Hebreeus is 'Dabar'en in Grieks is dit 'Logos' Dit beteken nie net 'n boodskap nie, dit beteken meer 'n persoon. Jesus Christus is die 'Dabar / Logos' in die Bybel. In die Ou Testament was die Heilige Gees net vir sekere mense in sekere omstandighede en tye, Hoë priesters, konings en profete, maar die Heilige Gees het Jesus Christus aan almal verkondig soos wat dit vandag met ons die geval is. Dit was net Koning Jesus se identiteit wat nie teenwoordig was nie, maar dit was in alle gevalle Hy wat verteenwoordig was / is. Die Woord het na ons toe gekom, wat beteken dat Koning Jesus self na hulle gekom het. In die Tuin van Eden toe Adam die Here in die tuin hoor wandel het was dit Jesus wat daar was. Toe Jakob met die Engel (Die Metatron) van God geworstel het was dit Koning Jesus self. Koning Jesus was in die Ou Testament dieselfde as in die Nuwe Testament. Toe die Woord van die Here gekom het, was dit 'n ontmoeting met Christus self. Wanneer die Here vir ons iets vra om te doen wat ons nie wil doen nie, of as daar iets in ons karakter is wat die werk van die Here ondermyn, dat gaan die Here nie net vir ons 'n boodskap gee nie, nee, Hy gaan self na ons toe kom. Koning Jesus gaan voor ons staan, en ons gaan Hom 'sien'. Die boodskap gaan baie duidelik tot ons deurkom as Hy na ons toe gekom het, en ons gaan baie sekerlik weet wat met ons verkeerd is. Dit is 'n ontmoeting met die Persoon Self. Wanneer Christus na ons toe kom en ons voor Hom verskyn dan sal ons absoluut weet waar ons staan. In die Hebreeuse families het die Jode normaal weg hulle kinders vernoem na hulle afgestorwe families, en in die Bybel, in die geskiedenis van Israel het hulle, hulle kinders vernoem na die Bybelse karakters. In die Hebreerse denke as iemand die seun van iemand is, dan is dit nie noodwendig iemand se nakomeling nie, maar dit kan ook beteken dat die seun in die karakter van 'n sekere persoon is. In Matt.16:17 sê Koning Jesus aan Petrus: "Geseënd is jy Simon bar Jona"---Dit is natuurlik in Aramees en nie Hebreeus nie, in Hebreeus sou dit 'Ben-Jona' gewees het. Nou hoekom het Koning Jesus hom op sy van en voornaam genoem? Sy vader se naam was egter Jona, maar daar is meer hieraan verbonde. Dit is egter wonderbaar dat Petrus se naam ook Bar-Jona was, want hy was in die karakter van die profeet Jona, en so is u en ek ook. Hier was hulle in 'n plek met die naam van Caesarea Philippi, 'n plek waar die Grieke die god Pan aanbid het, en ook 'n plek waar die Romeine die Keiser Augustus aanbid het. Hier in Matt. 16:22 was Petrus baie ongelukkig en hy wou gehad het dat Christus hierdie heidene moet veroordeel omdat hulle die heilige Land verontreinig het, net soos in die geval van Jona wat wou gehad het dat God die Nineviete moes oordeel. Jona wou nie na die heidene toe gaan nie, en net so wou Petrus wat in die karakter van Jona was, ook nie na die heidene toe gaan nie. In Handelinge 10 lees ons die verhaal van Cornelius en die onrein voedsel, Petrus wou net soos Jona niks tedoen hê met die heidene nie. Koning Jesus sê vir Petrus dat hy in die karakter van Jona is omdat hy niks met hierdie Romeine en Grieke te doen wil hê nie. Hy wou nie gaan waar die Here hom heen gestuur het nie. Kyk na Johannes 21:18: "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, (Jesus praat hier met Petrus) toe jy jonger was, het jy jouself gegord en rondgegaan waar jy wou; maar wanneer jy oud geword het, sal jy jou hande uitsteek, en 'n ander een sal jou gord en bring waar jy nie wil wees nie." Petrus, in die karakter van Jona, wou nie gaan waar die Here hom heen gestuur het nie. Kyk na Galasiërs 2:11-12, Jona het 'n veroordeelde houding teen die Nie-Jode gehad wat veroorsaak het dat hy 'n gedrags probleem gehad het, net so in die geval van Petrus-- V11-12: "Maar toe Petrus in Antiochíë gekom het, het ek hom openlik teëgestaan, omdat hy veroordeeld gestaan het". Want voordat sommige van Jakobus af gekom het, was hy gewoond om saam met die heidene te eet; maar ná hulle koms het hy hom teruggetrek en hom eenkant gehou uit vrees vir die wat uit die besnydenis is". Net soos in die geval van Jona, was Petrus ook in die karakter van Jona. Daar was 'n rede waarom Jona om nie iets met die heidene te doen wou hê nie, want hy het gelees wat Amos van hulle gesê het. Hy het geweet wat God met hulle sou gaan doen het, en hy was nie verkeerd nie. Maar hy kon nie die Medelye van God vir hierdie mense insien en verstaan nie. Dit maak nie saak hoe sleg mense is nie, want die oomblik wanneer God tot ons nader en ons voor Koning Jesus te staan kom dan sal ons weet en sien hoe sleg ons ook is, as ons onsself met Koning Jesus vergelyk. Die Here bestel 'n groot storm en Jona word in die see gegooi, en God bestel 'n dood en hy word begrawe in 'n buik van 'n groot vis onder die Middellandse see iewers tussen Turkye en Tel-Aviv. Hierdie is 'n spesifieke ondervinding wat in die Woord van die Here vir ons opgeteken is wat ons Teologies leer van die lewe na die dood. Maar dit is ook een van die dinge wat iets aan ons openbaar oor Koning Jesus. Toe Christus aan die Kruis vir ons sondes gesterf het, kon Sy Vader Hom nie bystaan nie, maar die Stem van ons Hemelse Vader het Koning Jesus uit die doderyk opgewek. Handelinge 2:24 vertel vir ons: "Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word. Die Doderyk, die dood en die graf kon nie onse Here vashou nie. 2Kor. 4:8-14: "Want ons wil nie hê, broeders, dat julle onbekend moet wees met ons verdrukking wat oor ons in Asië gekom het nie, dat ons dit bo ons krag uitermate swaar gehad het, sodat ons selfs aan ons lewe gewanhoop het. Ja, ons het al self by onsself die doodvonnis oor ons gehad, sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dode opwek; wat ons verlos het uit so 'n groot doodsgevaar en nog verlos; op wie ons hoop dat Hy ook nog sal verlos, terwyl julle ook vir ons saamwerk deur die gebed, sodat daar vir die genadegawe aan ons deur baie persone op baie maniere vir ons gedank mag word. Want ons roem is dit: die getuienis van ons gewete dat ons in eenvoudigheid en reinheid van God, nie in vleeslike wysheid nie, maar in die genade van God in die wêreld verkeer het, en veral by julle. Want ons skryf aan julle niks anders as wat julle lees of ook verstaan nie, en ek hoop dat julle dit ook tot die einde toe sal verstaan, soos julle ook gedeeltelik van ons verstaan het dat ons julle roem is, net soos julle ook ons roem is in die dag van die Here Jesus". Soos wat die profeet Hosea dit gestel het in 6:2; die Opstanding van Koning Jesus Christus is ons opstanding, omdat Sy Dood ook ons dood is. Hosea sê: "Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe". Kon die dood Koning Jesus vashou? Nee! Kan die dood vir u en vir my deur Koning Jesus Christus vashou?--Nee! Daar is nie 'n tekort aan dinge in my lewe wat die Opdragte van my Here teenstaan nie, en somtyds voel ek dat ek besig is om te sterf as gevolg van die pyne in my liggaam waaroor ek gedurig deur kla, ook wanneer ek kla oor die mense en kerke wat my werke en myself verwerp omdat ek nie saam met hulle stem nie. Maar toe ontvang ek 'n brief van my Christen broer wat vertel van sy werk vir die Here in absolute haaglike omstandighede waar hulle totaal nie instaat is om hulleself te onderhou nie. Dan kyk ek na my eie lewe en dan sien ek dat my kinders 'n dak oor hulle koppe het, en dat hulle altyd genoeg het om te eet en aan te trek. Wat het ek om oor te kla? Ja, my nek is seer, maar ek het pille wat ek kan drink vir die pyn. Daar is mense met erge pyne as ek, wat nie geld het om pille te koop nie! Dan vra ek waarom moet ek elke dag sterwe vir die saak van die Here? Hoekom is dit so dat al die bedienings wat staan vir die Waarheid, altyd sukkel met geld terwyl die vervalsers altyd genoeg daarvan het? Dit is omdat hulle ook vir geld stry, maar al wat hulle bereik is 'n groter afvalligheid. Eerlike en opregte bedienings stry vir die Waarheid en die Geloof in God en nie vir geld ook nie. Die dood werk in my, hoekom? Omdat ek die Waarheid omhoog hou. Wanneer ek standpunt inneem teen die valshede dan sê hulle ek is ongebalanseerd. Wat sê God vir my deur al hierdie dinge? Wat sê die Here vir jou en my wanneer ons in die ingewande van die vis is? Onthou Koning Jesus het gesê dat Hy soos Jona is. Dit het vir ons Here an die Kruis voorgekom of Sy Hemelse Vader hom verlaat het. Ons gedrag is nie redeloos nie, ons het 'n rede om so te voel maar ons is in 'n baie slegte situasie. Somtyds het ons nie 'n werk nie, somtyds is ons in 'n finansieële gemors, somtyds het ons gesondheids probleme, probleme in die kerke, en dit wil voorkom asof ons God verlate is. Hy plaas ons in 'n graf. O' Nee, tog nie die Nineviete nie!, ook nie die Mormone of die Moslems nie! Die Here plaas ons in die doderyk. Maar die dood kon Jesus Christus nie hou nie, en die dood kan jou en my ook nie hou nie. Ek het dit al duisende kere gesê dat die toets vir 'n ware Christen nie is dat hulle nie verdrukkinge sal hê nie, in teenstelling, as u nie verdrukkinge het nie dan is u nie 'n ware Christen nie. Nee die toets is nie om in die vis se buik te beland nie, die toets is wat gebeur as jy binne in die vis se buik is. Blaai na Psalm 18:4-6. Daar is direkte verbindtenisse met dit wat met Jona gebeur het toe hy in die ingewande van die vis was. "Bande van die dood het my omring, en strome van onheil het my oorval. Bande van die doderyk was rondom my; strikke van die dood het my teëgekom. Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit sy paleis gehoor, en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom". Ons is miskien uit die Gesigsveld van ons Hemelse Vader, maar Hy Hoor as ons na Hom Roep. Psalm 42:7: "Die vloed roep na die vloed by die gedruis van u waterstrome; al u bare en u golwe het oor my heengegaan". Psalm 116:3-9: "Bande van die dood het my omring, en angste van die doderyk het my getref; ek het benoudheid en kommer gevind. Maar ek het die Naam van die HERE aangeroep: Ag, HERE, red my siel. Die HERE is genadig en regverdig, en onse God is 'n ontfermer. Die HERE bewaar die eenvoudiges; ek het swak geword, maar Hy het my gehelp. My siel, keer terug tot jou rus; want die HERE het goed aan jou gedoen. Want U het my siel gered van die dood, my oog van trane, my voet van struikeling. Ek sal wandel voor die aangesig van die HERE in die lande van die lewendes. Al sterf ons, is daar nog steeds 'n opstanding vir ons, want daar is 'n Millennium Koninkryk: Vers 15: 15 "Kosbaar is in die oë van die HERE die dood van sy gunsgenote. Al sterwe ons sal ons Hom nie in die land van die dooies sien nie maar in die land van die Lewendes. : Job19:25-27: "Maar ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan. En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou; Hom wat ék sal aanskou my ten goede, en my oë--en geen vreemde nie---" Al sterwe ons sal ons nogtans die Goeie van onse Here in die Land van die Lewendes sien! Dawid skrywe : "Uit die dieptes het ek na U geroep O' HERE" Wanneer ons in hierdie dieptes is, dan is ons nie in die teenwoordigheid van die Here nie, Ons Argumente kan grondig wees, al is dit vir ons self, maar as ons in die ingewande van die vis is en die waters is besig om ons te verdring dan is ons nie besig om te verdrink nie, want ons is al reeds verdrink en die tralies van die doderyk laat vir ons geen gaping om die Here ons God te aanskou nie, ons het uit die Gesigsveld van die Here u God verdwyn. Maar hierdie Psalms vertel ons nie dat die Here onse God ons sien nie, Nee, Hulle sê Hy 'hoor' ons. En net op hierdie oomblik, alleenlik op hierdie oomblik, sal die vis ons uitspuug op die strand. Jona moes baie sleg gelyk en guruik het, maar hy was reg vir aksie!. Wanneer ons deur so 'n gemors gegaan het dan sal ons heelwaarskynlik ook nie so goed voel en lyk nie, en ons sal heelwaarskynlik 'n paar liter reukweerder nodig hê, maar ons sal gereed wees vir aksie! Soos wat Paulus sê, sy dood is ons dood, en net so is sy opstanding ons opstanding. Die dood kan hom nie hou nie, en ook nie vir ons nie. Net soos wat Hosea ook gesê het. Die doderyk kon Koning Jesus nie hou nie, en hy kan ons ook nie hou nie. Miskien gaan ons al onder vir die derde keer, en God roep ons om dinge vir Hom te doen wat ons nie wil doen nie, en ons weet dat daar dinge in ons karakter is wat nie die Karakter van Jesus Christus verteenwoordig nie, net soos in die geval van Petrus en Jona. Daar is Storms wat deur God self gestuur is, en daar is 'n vis wat wag op sy ete, en dit is ons. Terwyl ons in die dieptes van elende, in die buik van die vis is, is daar valse leraars wat ongestoord voortgaan met hulle valshede, maar die Hand van die Here het teen ons opgekom en nie teen hulle nie. Alles is teen ons, geestelik en emosioneel! Jona 2:3-9: "U tog het my in die diepte gewerp, in die hart van die see, sodat 'n stroom my omring het; al u bare en u golwe het oor my heengegaan. Toe het ek gesê: Ek is weggestoot, weg van u oë; tog sal ek weer u heilige tempel aanskou. Waters het my omring tot aan die siel toe, die vloed was rondom my; seegras was om my hoof gedraai. Ek het afgedaal tot by die grondslae van die berge, die grendels van die aarde het my vir altyd ingesluit; maar U het my lewe uit die kuil opgetrek, HERE my God! Toe my siel in my versmag het, het ek aan die HERE gedink; en my gebed het tot by U gekom in u heilige tempel. Die wat nietige afgode vereer, verlaat die Een wat vir hulle goedertieren is. Ek daarenteen sal aan U offer met 'n stem van lof; wat ek beloof het, sal ek betaal. Die heil behoort aan die HERE". Toe ek Wedergebore is het ek 'n gelofte afgelê, ek het belowe dat ek Jesus Christus as die HERE van my lewe sal aanneem. Hy is die Een wat my verlos het. Hy is die Een wat vir my 'n nuwe lewe gegee het, en ek het belowe om my lewe vir Hom te gee, en elke keer wat ek sondig dan verbreek ek hierdie gelofte, en elke keer wat ek nie my Koning se Wil nakom nie dat verbreek ek hierdie gelofte. Ek het 'n gelofte gemaak, maar elke keer as dit by betaal kom, dan het ek 'n geldige argument om dit nie te doen nie. Wanneer ons 'n gelofte aan die Here gemaak het, moet ons maar liewer betaal wat ons aan Hom verskuldig is want Hy sal ons nie laat vry kom nie. Die storms en die vis gaan verseker kom, hierdie vis gaan ons eet, maar die vis kon nie vir Jona inhou nie, en hy sal ons ook nie kan inhou nie. Wat met ons gebeur, gebeur nie sonder 'n rede nie en die vis sal ons ook op die strand uitspuug. Ek dink almal van ons behoort Bar-Jona genoem te word. Ek is seker dat so 'n naam my sekerlik sal pas! Somtyds wil die golwe my ook oorspoel en my verdrink, en al bestaan hierdie golwe uit mense, dan is die vraag vir my en u;--Wat wil my Here vir my daardeur sê? Ek weet nie wat Hy vir u sê nie en baie keer weet ek nie eens wat Hy vir my wil sê nie, maar dit weet ek, dat die enigste plek waar ek somtyds kan weet wat die Here my God vir my wil sê, is in die buik van die vis. Dit maak nie saak in watter omstandighede u u bevind nie, al voel dit vir u of die Here u verlaat het, kan hierdie vis u nie inhou nie. Die graf kon nie onse Here Jesus Christus nie vashou nie. Ek weet nie wat se soort vis gaan u insluk nie, ek weet ook nie in wat se graf u is nie, maar dit weet ek, as u in die wee van die Here wandel dan sal hierdie vis u nie kan inhou nie. Die Seën van die
Here vir u almal.
|
|||||||||||||||||||||
|