Christmas is Coming - Afrikaans

April 1, 2025

Die Hebreeuse woord vir Kersfees is: “Hag Ha nolod,” letterlik: “Die Fees van die Geboorte.” Romeine 14:4-6 sê vir ons dat ons nie mense moet oordeel vir geestelike fees dae wat hulle vier nie, en met dieselfde trant sê Kolossense 2:16-18 vir ons dat niemand ons moet oordeel in die hou van dae nie. Dit is geval van kultuur en verband wat streng tussen jou en die Here is. Vir my maak dit nie saak of iemand kersfees vier nie, maar wat baie saak maak is die teologie van kersfees, “Christmass”- en die Geboorte van Jesus. Wanneer is Hy gebore? Wie weet? Maar dat Hy gebore is, is ‘n feit en ons almal weet dit. Omdat my familie Israeli’s is, vier ons Hanuka. In Joh. 10 vier Jesus Hanuka, die fees van die tempelwyding, toewyding en dit is baie belangrik om onderandere die opkoms van die Antichris te verstaan deur Antiochus Epiphanes en die Makkabeërs. Ons het ‘n Hanuka geselligheid waarheen ons ongeredde Jode nooi, en weereens, in ons huis vier ons nie kersfees nie, ons gedenk die Geboorte. Ons gaan na ons gemeente toe en ons woon ook ‘n sang geselligheid by maar niks meer as dit nie. Kersfees of Christmass is vir ons iets wat met die Kerk te doen het, ons vier Hanuka.

Kersfees en die Laaste Dae.

Wat het kersfees, die Geboorte, te doen met die Laaste Dae? Dit gaan jou verras, want die antwoord is: - Alles. Ons sal nooit die Wederkoms van Christus verstaan voordat ons nie die eerste koms van Christus verstaan nie. Wat met Christus se eerste koms gebeur het gaan basie weer met Sy tweede koms gebeur. Jesus was gebore in die tyd van die Roomse Keiser Augustus, voorheen Octavius. Hy was die eerste Roomse heerser wat in sy tyd vergoddelik was. Dus, toe die Here Jesus die eerste keer gekom het was daar ‘n Roomse

Keiser wat oor die Roomse Ryk geheers het en wat as ‘n god aanbid was. Hierdie heerser het ‘n volkstelling gehou, hy het nommers, getalle aan mense toegeken, alhoewel hy nie die nommers op hulle gesit het nie, het hy nommers aan elke mens in die bekende wêreld toegeken. Daar was eintlik twee volkstellings deur Augustus gehou, beide vir die doel om finansiële beheer oor die wêreld te verkry.

Wanneer Jesus terugkom gaan dieselfde dinge weer gebeur: Ons gaan weer ‘n opgestane Rooms Ryk sien met iemand aan die hoof wat as ‘n god aanbid gaan word. Hierdie halfgod sal mense se hoofde nommer om sodoende ekonomiese beheer oor die wêreld te verkry. Wat met Jesus se eerste koms gebeur het gaan ook met Sy tweede koms gebeur. Kersfees is nie net iets van die verlede nie, dit is ook iets wat in die toekoms weer gaan gebeur, dit is profetiese gebeurtenis.

Die Boek Joel, Openbaring en die Berg Rede vertel vir ons van tekens in die lug en in die kosmos wat Christus se koms sal voorafgaan. Met Christus se geboorte was daar tekens in lug en in die kosmos wat die Geboorte voorafgegaan het. Die Jode was in hulle eie land, maar onder die beheer van ‘n Roomse Keiser. Hoe het hy daar gekom? Deur misleiding, die Roomse generaal. Pompeii het die Jode mislei en in die Allerheiligste van die Tempel ingegaan.

Wanneer jy sien dan iemand anders as die Hoëpriester op die Dag van Versoening in die Allerheiligste ingaan, dan is dit die een of ander beeld van die Antichris. Wat met Pompeii in Rome gebeur het, sal weer gebeur. Al hierdie dinge wat in Europa en die Midde Ooste gebeur is alles dinge wat besig is om die verhoog op te stel.

Jochanan ha Matbiel, Johannes die Doper het gekom in die gees en krag van Elia. Hy was net voor Jesus gebore en hy het ook net voor Jesus sy verskyning gemaak. Die profeet Maleági het dit op ‘n manier geprofeteer, Elia gaan weer kom, die Here Jesus bevestig dit.

Daar was baie valse profete in Israel toe Jesus die eerste keer gekom het, en daar sal weer baie wees wanneer Hy weer kom. Die algemene afvalligheid van die geloof van die mense wat die eerste keer in Hom moes geglo het, is in baie gevalle dieselfde as die afvallige toestand waarin die Kerk nou is.

Die Eerste Koms van Christus.

Kersfees is nie hier nie en ook nie daar nie, maar die Geboorte is baie belangrik. As ons nie verstaan hoedat die Here die eerste keer gekom het nie dan sal ons ook nie die Wederkoms verstaan nie.

Natuurlik is daar verskille, maar die een is ‘n beeld van die ander. Ek het in die laaste twintig jaar baie van my tyd as ‘n evangelis onder die Jode gespandeer aan een vraag:

Hoe was dit moontlik dat vir die laaste 2000 jaar van geskiedenis van voorbereiding vir die Messias se eerste koms, en in ‘n verbond verhouding met God, met al die Skrifte tot hulle beskikking. Hoe het dit gebeur dat so min Jode gereed was vir Jesus se eerste koms?

Paulus sê vir ons dat die duiwel hulle oë verblind het. Daar was 2000 jaar van voorbereiding vir die koms van Jesus, Israel het ‘n Verbond verhouding met God gehad, en hulle het die Skrifte gehad, maar tenspyte van dit was daar net ‘n oorblyfsel wat gereed was vir Sy koms? Dieselfde dinge gaan weer gebeur wanneer Hy weer kom, maar hierdie keer sal dit nie net Israel wees nie maar ook die sogenaamde Kerk. Watter soort Christene gaan in die Laaste Dae gereed wees vir Jesus se Wederkoms? As jy wil weet kyk dan na die soort Jode wat gereed was vir die Here se eerste koms. Die Here sal egter nie weer as ‘n baba kom nie, Hy sal nie weer uit ‘n aardse moeder gebore word nie. Daar is verskille tussen die twee komste, maar die een is ‘n beeld van die ander.

Die Soort Jode wat Nie Gereed was nie.

Wanneer ons verstaan watter soort Jode nie gereed was nie, dat sal ons ook verstaan watter soort Christene ook nie gereed sal wees nie. Blaai na Mattheus se verhaal oor die Geboorte: 2:1: “En toe Jesus te Betlehem in Judéa gebore is, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom en gesê: Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy ster in die Ooste gesien en gekom om Hom hulde te bewys. En toe koning Herodes dit hoor, was hy ontsteld en die hele Jerusalem saam met hom; en hy het al die owerpriesters en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar laat kom en by hulle navraag gedoen waar die Christus gebore sou word. En hulle het vir hom gesê: Te Betlehem in Judéa,

want so is daar deur die profeet geskrywe: En jy, Betlehem, land van Juda, is volstrek nie die geringste onder die vorste van Juda nie, want uit jou sal 'n Leidsman voortkom wat vir my volk Israel 'n Herder sal wees.”

Die Magi, Wyse manne:

Dit is hulle wat niemand verwag het nie, wat gereed was. Wat ons hier sien is dat sommige mense wat gereed was vir Jesus se eerste koms, mense was waarvan hulle dit die minste van verwag het.

Hierdie wyse manne het van Persië af gekom, hulle was veldpredikers van die ou tyd se Mede en Perse. Op ‘n manier was daar in die ou tyd se Persië ‘n godsdiens wat oor die eeue verander het, wat genoem was Zoroastrianisme. Hulle was monisties en hulle geglo dat daar net een God is en dat die mens verantwoordelik was vir sy eie sonde. Hulle het geglo dat daar ‘n stryd was tussen die seuns van die lig en die seuns van die duisternis, hulle het met ander woorde basies dieselfde geloof gehad as die Esseners en die Christene. Gedurende die Babiloniese gevangenskap toe Persië Babilon oorgeneem het volgens die profesie van Daniël, het sommige van die Persiese konings tot die geloof van die Jode se God gekom en hulle was alreeds monisties. Daar was ‘n langsame Joodse invloed in daardie gebied. Ons lees byvoorbeeld daarvan in Ester, en van Darius die Meder, sowel as die profesie oor koning Kores deur Jesaja die profeet, meer as 200 jaar voor die geboorte van Kores.

Ons lees in Esra en Nehemia wat daar gebeur het. Al die pad deur die Hasmoniese tydperk tot in die tyd van Jesus het die Perse van die Jode gehou. Tot met die val van die Sha van Iran (Persië) was hulle nog Israel goedgesind. Ek twyfel vir geen oomblik daaraan dat die Prins van Persië, waarteen Daniël gebid het en vir twee weke lank gevas het, dat hy vandag nog daar is in die vorm van Shai –Islam, die Islamitiese fundamentaliste in Iran. Mense in die moderne Christen sirkels hou daarvan om hierdie demone “gebied geeste” te noem wat natuurlik nie ‘n goeie vertaling of ‘n vertolking is nie. Die Griekse woord is “arche,” die Hebreeuse woord is “shadeem.” ‘n Beter woord kan miskien: Gebied heersers of vorste wees, dit beteken ‘n demoniese krag wat oor nasies heers. Daar is vandag baie dwaal

leraars met hulle “binding and loosing” idees wat natuurlik ‘n hoop strooi is, maar wat egter ‘n feit is, is die bestaan van bose magte wat oor volke heers, die Boek Daniël bevestig dit. Die duiwels het ook vir die Here gevra dat Hy hulle nie uit hulle gebied moet wegstuur nie. (Die Gergeséners) Gebied geeste bestaan, as jy die term wil gebruik. In Belfast (Engeland) sien jy oral afbeeldinge va die ou tyd se Keltiese oorlog gode in beide die protestantse en Rooms katolieke woongebiede. Die wyse manne het verstaan hoe om die tekens van die tye te vertolk. Dit is so jammer dat wedergebore Christene vandag nie die belangrikheid van wêreld gebeure en in die Midde Ooste kan verstaan nie.

Hulle is verblind en hulle nie kan sien nie, so as of die Boek Sagaria nie in die Bybel staan nie. Hulle kan nie sien wat in die EEC gebeur nie, hulle verstaan nie die globalisering van die wêreld ekonomie nie, die verwoesting van die omgewings, of enige van die tekens wat die wyse manne verstaan het nie.

Die hele Jerusalem was ontsteld.

Die wyse mane het gekom om die Messias te sien en hulle was nie Jode nie, mense van wie jy dit die minste verwag het, omdat hulle die Ster in die Ooste gesien het. Hulle het na Jerusalem toe gekom, dit is waar Herodes van hulle gehoor het en dit het hom en die hele Jerusalem ontstel. Dit is die stad waar Dawid gesê het die Messias sal kom, dit is ook waar die Tempel was, dit was die fokus punt van hulle identiteit en Messiaanse hoop, maar tog wou niemand wat daar gebly het gehad het dat Hy moes kom nie. So sal jy vandag baie kerke kry met dieselfde houding, ry maar so met die pad langs en kyk na al die kerke wat jy sien en vra jouself, hoeveel van hulle wil regtig hê dat die Here Jesus moet kom? Die Hele Jerusalem was in beroering, O’ ja, hulle het hulle rituele, liturgie, hulle feeste en vakansie dae gehad, maar toe dit begin lyk asof die Here sy verskyning gaan maak was hulle onrustig. Maar die nasionale en godsdienstige leiers was baie meer onrustig. Dink daaraan, en dit gaan nog slegter gaan. Hierdie mense het die Skrifte geken en Herodes wou weet waar die Messias gebore sou word en hulle vertel vir hom wat Miga 5:2 gesê het dat Hy in Betlehem gebore sou word.

Hulle het baie kop kennis van die Skrifte gehad maar geen hart kennis nie. Toe die Here gebore is was dit die laaste ding in die wêreld wat hulle verwag het of wou gehad het. Dink jy dit gaan anders wees met die Wederkoms van die Here?

Satan se Wip: Afvalligheid.

Omtrent elke leuen van Satan wat vandag in die kerk bedryf word is ontwerp vir een doel, en dit is om God se mense se hoop op hierdie lewe en in hierdie wêreld te vestig, per definisie is dit wat afvalligheid beteken, dit is om jou hoop op hierdie lewe en die wêreld te stel.

Die Koninkryk Nou teologie, gebied heersers, die segetog ridders, Calvinistiese herbouers, wat probeer hulle doen? Hulle probeer om die Koninkryk nou op te rig, hulle stel hulle vertroue in hierdie lewe. Voorspoed geloof, geld predikers wat die sonde van Hebsug preek wat hulle geloof noem, hulle noem die aanbidding van Mammon die aanbidding van God! Waaroor gaan dit? Geloof en vertroue in hierdie lewe!

Gerald Coates en Rick Joyner sê die wegraping is ‘n fantasie en ‘n mite, hulle spot daarmee, hulle vergelyk dit met Star Trek se: “Beam me up, Scotty”. Wat is hulle doelwit? Hulle wil die Kerk laat vergeet van die Wegraping en hulle wil mense se hoop op hierdie lewe stel.

Waaroor dink u gaan die ekumeniese beweging? Dit is die oprigting van die broederskap van die mens, weereens ‘n vertroue en geloof in hierdie lewe. Die hele Jerusalem was onrustig met die Here Jesus se eerste koms en dit gaan weer in Jerusalem gebeur wanneer Hy weer kom, en nie net Jerusalem nie maar die hele Israel. Hulle nasionale en godsdienstige leiers wat die Skrifte geken het, wou nie gehad dat Hy moes kom nie, vir 2000 jaar het God hulle voorberei vir Sy koms, die hele doel vir hulle bestaan as nasie en ‘n volk was die Koms van die Here, maar net ‘n oorblyfsel wou gehad het dat Hy moes kom, en dit sal weer so wees met die Wederkoms.

Hulle wat gereed was.

Watter soort Jode was gereed vir die Koms van die Here Jesus? Mirjam: Die bekendste vrou wat nog ooit gelewe het. In Lukas 1:46- 55 het ons die Lied van Verheerliking wat as jy dit in die Grieks lees, sal dit ‘n letterlike herhaling wees van die lied van Debora wat ons in Rigters 5 van die Septuagint kry. Die engel Gabriël, wat die “Magtige van God” beteken. Het gekom en vir Maria gesê dat sy die grootste vrou is wat nog ooit gelewe het. “Die Here is met jou; geseënd is jy onder die vroue. Vers 31: “En kyk, jy sal swanger word en 'n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.” Haar naam was nie Maria nie maar Mirriam, (Mirjam) dieselfde as Moses se suster. Sy het nie blonde hare en blou oë gehad nie, sy was donker en van ‘n Semitiese afkoms. Sy was ook nooit in plekke soos Medjugorje, Guadalupe, Fatima, of Lourdes nie. Haar naam was Mirjam en sy was ongeveer in haar middel tiener jare toe Gabriël vir haar hierdie verstommende boodskap gebring het.

Wat het hierdie grootste vrou wat nog ooit gelewe het gesê toe daar aan haar gesê is wat sy is? Vers 46-47: “En Maria het gesê: My siel maak die Here groot, en my gees is verheug in God, my Saligmaker;” Hierdie vrou noem God haar Saligmaker, haar Redder, sy erken dat sy gered moet word van haar sondes. As die beroemdste vrou wat nog ooit gelewe het ‘n Redder nodig gehad het, waar kom ek uit? Nie een is regverdig nie, nie een nie,- want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God-” (Rom. 3:23)

Die woord: “Theotokos- Moeder van God,” is nie in die Griekse Nuwe Testament nie. Daar is aan haar gesê dat sy die moeder van die Messias, wat Sy mense van hulle sonde sal red sou wees, waarop sy gesê het: Ek verheug my in God my Saligmaker. God Almagtig sou in haar Vlees word, en al wat sy kon sê is dat sy gered moes word. As hierdie beroemdste vrou wat nog ooit gelewe het gesê het dat sy ‘n Redder nodig het, dan glo ek haar. Ek glo nie sy sou gelieg het nie, maar al het sy ‘n leuen vertel dan sou God nie hierdie leuen in Sy woord gesit het nie, so wie sal ek glo? Maria self, of die leuen van die Sondelose Bevrugting waar daarop aanspraak gemaak word dat Maria ‘n sondelose vrou was? Wat hier gebeur het is dat daar ‘n verchristeliking van Minerva, Diana van Efese ens. plaasgevind het, en die toepassing daarvan op Maria in die vervulling van die

profesieë van Esegiël en Jeremia.

Die Madonna met die baba was oorspronklik afgelei van die Tammus aanbidding met wie Esegiël betrek was. Jeremia waarsku ons teen die aanbidding van die Hemel Koningin.

Die betekenis van ‘n “Persoonlike Redder.”

Mirjam sê sy het ‘n Redder nodig. God het ‘n Mens geword en Hy neem my sondes en plaas dit op Sy Seun, die Messias, en God neem Jesus se regverdigheid en plaas dit op my.

Hoekom het God ‘n Mens geword om my plek in te neem? Toe ek ‘n jong Christen was het ek hierdie uitdrukking van: Jesus is my (persoonlike) Verlosser, gebruik. Ek het nie verstaan wat dit alles beteken het nie. Ek het gedink dat Hy my persoonlike Redder was omdat ek persoonlik Hom aangeneem het, maar dit is net die helfte van wat dit beteken.

Wat dit in totaliteit beteken is dat al was ek die enigste persoon wat nog ooit gesondig het, dan moes Hy nog deur Mirjam gebore word en na die kruis gaan en uit die dood opstaan net vir my. Vir my alleen; Hoekom moes God vir my sterf, ek wat ‘n kokaïne verslaafde was?

Hoekom moes God ‘n Mens word en vir my sterf? Hoekom het Hy uit die dood opgestaan om vir my die ewige lewe te gee? Miskien kan ons dit van Mirjam verstaan, maar tog sê sy, sy het ‘n Redder nodig. Die godsdienstige mense dink nie hulle het ‘n Redder nodig nie, hulle het mos hulle rituele en feeste. Die duiwel kry meer mense in die Hel met godsdiens as met al die verdowing middels en immoraliteit, dobbel en alkohol saam. Per argument was die twee mense wat die meeste invloed op mense gehad het albei Jode. Carl Marks en Jesus Christus.

Daar is ‘n groot verkil tussen hulle en dit is dat beide op die teenoorgestelde ente van die spektrum is behalwe op een punt: Godsdiens is die grootste bedrog wat nog ooit in die geskiedenis teen die mensdom gepleeg is want die Evangelie is nie ‘n godsdiens nie maar ‘n verhouding, ‘n leefwyse. Maria het gesê sy het ‘n Redder

nodig. Sy was ‘n tiener meisie wat nie behep was oor Brittany Spears' se video’s, of oor haar persoonlike voorkoms nie, haar uitroep was dat sy ‘n Redder nodig het. Dit was die soort Jood wat gereed was vir Jesus se eerste koms. Ek hou van Mirjam, ek is lief vir haar en ek dink sy is wonderlike mens en ek kan nie wag om haar te ontmoet nie. Maar ek wil niks te doen hê met die blonde leeghoofdige meisie wat Maria geword het deur die sogenaamde Kerk nie.

Sagaria en Elisabet.

Mirjam het ‘n familie en ons lees daarvan in Luk. 1:5-6: “Daar was in die dae van Herodes, koning van Judéa, 'n sekere priester met die naam van Sagaría, uit die afdeling van Abía; en sy vrou was uit die dogters van Aäron, en haar naam was Elisabet. En hulle was altwee regverdig voor God en het in al die gebooie en regte van die Here onberispelik gewandel.”

Nou, onthou dat die Sanhedrin, die leiers, was korrup, dit was ‘n bedrogspul. Dit was Hinn, Copeland, en Hagen. So was dit met die eerste koms van Christus. Maar tenspyte van al die populêre verdorwenheid en die skynheiligheid van die leiers, was daar enkelinge tussen hulle wat regverdig was.

Ek ken enkele pastore in die Assemblies of God wat baie hartseer is oor wat in hulle denominasie gebeur. Ek ken Anglikaanse leiers in Engeland wat baie hartseer is oor wat in die Kerk van Engeland aan die gebeur is, ek ken ook Baptiste wat deur dieselfde dinge gaan. So sleg as wat dit is en wat dit nog gaan word, gaan daar mense soos Sagaria wees wat nog regverdig, toegewy en opreg gaan wees. Dit maak nie saak hoe korrup die stelsels en die leiers gaan wees of gaan word nie, hierdie mense gaan nie saam met hulle stem nie.

Daar is nie baie van hulle nie maar hulle is daar en dit is die soort Christen wat gereed sal wees vir die Wederkoms. Kom ons kyk verder.

‘n Arm man se Offer.

In Luk. 2:24 sien ons dat Maria ‘n paar duiwe as ‘n offer vir haar gebring het, sy het ‘n arm man se offer gebring. (Lev. 12) Daar is ‘n

leuenprediker in Amerika, John Avanzini, wat vertel het dat Jesus se familie ryk mense was en nie arm mense nie. ‘n Persoon het hom in die openbaar gevra dat as dit die geval was, hoekom het Maria die arm man se offer gebring? Sy antwoord was dat die inleiers haar moes uitlei, sy het die verkeerde vraag gevra.

Simeon.

Luk. 2:25-26: “En daar was 'n man in Jerusalem met die naam van Símeon; en hierdie man was regverdig en vroom en het die vertroosting van Israel verwag, en die Heilige Gees was op hom. En aan hom was dit deur die Heilige Gees geopenbaar dat hy die dood nie sou sien voordat hy die Christus van die Here gesien het nie.” Onder die Ou Verbond was die Heilige Gees net vir sekere mense in sekere tye soos vir hoëpriesters, konings, profete en sekere ander persone. Hulle het die Heilige Gees in ‘n sekere manier ontvang en eers na Pinkster het Hy gekom vir almal wat tot die geloof gekom het. Die Gawes van die Gees het net fundamenteel deur persone gewerk wat die gawes ontvang het. Vers 27: “En hy het deur die Gees in die tempel gekom; en toe die ouers die Kindjie Jesus inbring om met Hom te handel volgens die gebruik van die wet, (Die besnydenis) - het hy Hom in sy arms geneem en God geloof en gesê: Nou laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede volgens U Woord, omdat my oë U heil gesien het, wat U berei het voor die oë van al die volke-- 'n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel.” Hierdie man, Simeon, was met die Heilige Gees vervul en hy het die belofte ontvang dat hy nie sal sterf voordat hy die Messias gesien het nie.

Simeon was al oud en afgeleef maar hy het geweet dat hy nie sal sterf voordat hy Jesus gesien het nie, volgens die Nuwe Testament het hy die gawe van geloof gehad.

Die Gawe van Geloof.

In die Nuwe Testament lees ons van die mate van geloof. Ons word gered deur genade en geloof en sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag, en alles wat nie in geloof gedoen word nie is sonde maar afgesonder hiervan is daar die Gawe van Geloof en nie almal van ons het hierdie gawe nie. Dit is die kapasiteit om absoluut op God

te vertrou vir dinge wat nie spesifiek in die Skrifte geskrywe staan nie maar wat die Heilige Gees aan jou geopenbaar het.

Die meeste mense met hierdie gawe is voorbidders, dit is hierdie mense wat waarlik deur gebed vir ander kan intree, wat glo en weet en wat nie wensdenkery is nie, en wat ook nie vertrou op die futiliteit van hulle eie denkes nie, maar wat vashou aan die belofte wat hulle deur geloof weet dat dit wat hulle ontvang het waarlik van God af gekom het. Dink aan hierdie ou man, vervul met die Heilige Gees begeer hy die versoening van Israel, en al wat hy wou sien is die Koms van Jesus, dit is al waarvoor hy gelewe het.

Anna.

Nie net was daar hierdie ou man nie, maar daar was ook hierdie ou vroutjie.

In Luk. 2: 36-38 lees ons: “En daar was Anna, 'n profetes, die dogter van Fánuel, uit die stam van Aser. Sy was op baie ver gevorderde leeftyd en het van haar maagdom af sewe jaar lank met haar man saamgelewe; (Vergeet hierdie Britse Israelisme en Armstrongisme. Hierdie mense het hulle stam identiteite behou tot in tweede en die derde eeu.) en sy was 'n weduwee van omtrent vier en tagtig jaar. Sy het nie weg gebly van die tempel nie, en met vaste en gebede God gedien, nag en dag. En sy het in dieselfde uur daar gekom en die Here geprys en van Hom gespreek met almal in Jerusalem wat die verlossing verwag het.”

Vir baie jare is dit al wat hierdie ou vroutjie gedoen het, sy het gevas en gebid, sy het God in Sy huis gedien. Sy kon nie ophou om mense van Jesus te vertel nie, almal wat uitgesien het na die verlossing van Israel. Die wêreld vind jong vrouens aantreklik, maar God sien dit anders, lees die Boek Spreuke- God vind ouer vroue in ‘n geestelike wyse aantreklik. Hier is ‘n ou dame wat haar hele lewe toegewy het aan gebed en om God te dien en uiteindelik vertel sy die mense van Jesus. Dit was die soort Jood wat gereed was vir die eerste koms van Jesus en dit is ook die soort Christen wat gereed gaan wees vir die Wederkoms van Jesus.

Getroue Herders van gister.

Maar dan is daar in Luk. 2:8-11 sommige herders: “En daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. En meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig. En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.”

Wat opgevolg word in vers 14 in die Latynse Vulgaat deur: “Gloria in excelsis Deo” - 'Ere aan God in die hoogste Hemele.” Die Hebreeuse woord vir wagter en herder is dieselfde en dieselfde geld ook in Grieks. Hierdie mense was wagters wat hulle kuddes opgepas het, hulle was nie huurlinge nie. Daar kom ‘n groot geestelike duisternis aan die einde van hierdie eeu: “Wagter, hoe ver is dit in die nag?

Wagter, hoe ver in die nag? (Jes. 21:11) “Kom Hy in die tweede of die derde nagwaak? (Luk. 12:38) “Hy kom soos ‘n dief in die nag.” (1 Tes. 5:2) Werk terwyl dit nog lig is want as die nag kom kan niemand werk nie. (Joh. 9:4) Maar daar sal die getroue wagters en herders wees wat al is dit hoe donker, getrou sal bly.

Getroue Herders van vandag.

Ek het eenkeer met ‘n Engels gebore pastoor van Zimbabwe gesels waar vreeslike dinge gebeur, toe ek hom vra hoe dit met hom gaan het hy gesê hy is baie dankbaar vir al die gebede en hy vertel toe vir ons hoe sleg dit in Zimbabwe gaan en dat die meeste geleerde blankes en swart mense besig is om die land te verlaat en die wat nog daar is ook besig is om ‘n ander heenkome te soek. Ek wou hom die volgende dag weer sien maar hy het vir my gesê dat hy terugkeer na sy skape toe, “my skape is daar” het hy vir my gesê. Hier was ‘n wit man wat sy lewe toegewy het om swart mense te help wat besig is om aan vigs te sterf. Ek ken ook ‘n goeie Christen dokter wat ‘n baie goeie lewe in Amerika kan geniet wat saam met hom daar is.

Hoekom vlug hulle nie? Hierdie is ‘n gevaarlike plek en dit gaan nog

slegter word. Hulle is wagters, herders. Daar is twee soorte Jode wat gereed was vir Jesus se eerste koms en dit is die soort Christen wat gereed sal wees vir Hom wanneer Hy weer kom.

Wie is besig om gereed te maak? Herodes was baie ontsteld en die hele Jerusalem saam met hom. Die Sanhedrin was omgekrap. Die teoloë het hulle hare uit hulle koppe getrek. Hierdie soort mense sal nie gereed wees nie, by hulle is dit ‘n rare verskynsel. Maar individuele leiers soos die Sagarias, of Josef die pleeg vader van Jesus, ‘n regverdige man, en ‘n tiener meisie wat sê: “Ek het ‘n Redder nodig,” of die wagters wat waak oor hulle kuddes, of die ou vroutjie wat haar lewe gewei het aan gebed en om die Here te dien, wat mense van Jesus vertel het, of die ou man wat met die Heilige Gees vervul was en wat gewag het op die koms van die Here- dit is ‘n ander verhaal - hulle is die soort Jode wat gereed was vir Jesus se Eerste Koms en dit sal ook die soort Christene wees wat gereed sal wees vir Jesus se Wederkoms. My gebed vir julle en julle families, vir myself en my familie is, wanneer ek na al hierdie Jode kyk wat gereed was vir Jesus se Eerste Koms, is dat deur die Genade van die God van Israel, ons onder diegene sal wees wat gereed sal wees vir die Wederkoms van Jesus. My liewe broers en susters, moet nie ‘n fout maak nie, waak: Kersfees Kom! My geliefde Kers lied is: Hark the Angels Sing. Die musiek was gekomponeer deur Felix Mendelssohn, ‘n Jood, en die woorde is geskryf deur Charles Wesley, ‘n Heidense Christen, dit is een van grootste samewerking waarvan ek van weet. [Hark, the herald angels sing, Glory to the newborn King! Peace on earth, and mercy mild, God and sinners reconciled! Joyful all ye nations, rise, Join the triumph of the skies, With th'angelic hosts proclaim, Christ is born in Bethlehem! Hark, the herald angels sing, Glory to the newborn King!


By David Passmore April 14, 2026
A critical juncture in NATO'S future Rubin Rothler LLB, LLM NATO was originally established in 1949 to keep the Russian hordes at bay from toppling those European countries not forked over to the Soviet sphere of influence at the Potsdam conference. Europe lay in ruins. Britain had passed on the torch of global hegemony to the U.S. by tacitly acquiescing to the decolonization of its Empire when Churchill and Roosevelt agreed terms of the Atlantic Charter for the post-war new world order in 1941. So from its start NATO was very much an American driven endeavor. American money with the Marshall plan was propping up western European economies and its military might was forming the bulk of their defensive capabilities. The lopsided nature of this dynamic has informed how tensions have persisted and recently erupted in the Alliance. During the Cold War the U.S. felt obligated to shoulder the costs of underwriting Europe's security in light of the broader interests to keep the Soviet's in check. Following the fall of the Iron Curtain European complacency became a sticking point with the 'peace dividend' further exploiting American largesse. European NATO allies spent ever smaller percentages of their GDP on defense expenditure at U.S. expense. Now in a multi-polar world U.S. and European perceived threats are less aligned. This was first tested in the aftermath of September 11th when for the first time NATO elected to trigger its article 5 collective defense protocol. And since then the U.S. has sought to continue to expand the traditional theatre of operations beyond Europe's borders. No longer is Russia perceived by America as being a proximate existential threat to its interests, but rather containing Chinese expansion in the Pacific arena. Parallel to NATO a discrete 'five eyes' intelligence sharing alliance comprising the Anglo-sphere (the U.S., U.K., Canada and New Zealand) emerged. This stands at the center of the U.S. – U.K. 'special relationship'. A relevant question would be can this signals intelligence (NSA-GCHQ) partnership persist should the U.S. withdraw from NATO? Conventional thinking would have led one to believe that with Brexit the U.K. would naturally pivot towards closer U.S. relations but under Starmer the U.K. is distancing itself. European powers misrepresent the present conflict as an aggressive, rather than defensive U.S. adventure while they themselves are more likely to be at risk. In this the Starmer government resembles the Labor party led committee for nuclear disarmament in the 1980's. It opposed the Thatcher supported deployment of U.S. cruise missiles in response to the Soviet SS20's pointed at Britain's cities. The British left branded their response to Soviet strategic escalation to U.S. aggression. This time however there is for the moment no Thatcher to bring common sense into an equation dominated by emotionally driven ideologies in the face of an aggressor with definite aims. In terms of the Russian-Ukraine conflict we are reverting to the old question dating back to the Napoleonic war era: to what extent is London happy with the European nations fighting it out alone for dominance of the continent. Britain was never willing to accept a single power in control. Many variables will dictate what kind of world emerges from the current conflicts in Ukraine and Iran. How will power be extracted from potential gains? What will be the strategic impact of this? What is sure, in the age of Trump this pattern of reliance on U.S. muscle is becoming quickly exhausted. Dating back to the Roman Empire, a factor in the decline of major powers has always been astronomical military spending, a budgetary demand that the U.S. under Trump is no longer willing to shoulder alone. (Author is an Israeli American lawyer academically qualified in British and in U.S.A. law, and a graduate of the School of Oriental & African Studies, London. He is a Jewish believer in Jesus and is currently based in Israel).
By David Passmore April 9, 2026
Please keep brother Malcolm Betts from the New Life Pentecostal Church, Winsford in prayer. He is suffering from heart failure, valve problems and spinal stenosis. Your prayers for healing and intervention are coveted. Also, Malcom’s daughter Laura-Louisa is having complications with her pregnancy. Her baby boy is due on the 22nd of April and was in a breach position, however he is now moved to an oblique position which carries serious risk and possible surgical intervention. Laura is also at risk of postpartum haemorrhage. Please pray for the midwives and obstetricians skill and wisdom. Please also pray for Malcolm’s sister Susan who has sepsis in her leg. And please pray also for Sheila Carlisle. She is undergoing knee replacement surgery.
By David Passmore April 8, 2026
Greetings Dear Brethren in Yeshua our Lord & God Hope your all well Further developments: The NHS and oncologist from day one got my Markers wrong which in result denied me access to the latest treatments such as immunotherapy and targeted treatment. After getting a second opinion from Royal Marsden they discovered my Markers were not zero but 13-14 and that I was also Claudine 18.2 which confirmed I was allowed to all the latest treatments such as targeted treatment. My local MP and Health secretary are now involved and have written to both the treatment companies and NHS trust. I have also spoken to doctors in the states. Dear brethren my family & I have been through so much in the past and the valley is truly a battle. I truly thank The Lord Yeshua for Him humbling us all, correcting us in His parental love (1 Cor 4-6 & 2 Cor 2). It’s been very hard but also a blessings to truly draw closer The Lord- cast of works of darkness/old garments and be washed in His Blood daily. Your prayers are vital and above all The Glory Of The Lord to be magnified. Please remember us in your love & prayers as we walk through this battle in The Lord. Praying for you all and much love in Yeshua. Your brother - Teerth & Family
By David Passmore March 26, 2026
Contrary to the near unanimous chorus of media coverage concerning the current impasse in the straits of Hormuz it isn't obvious that this is an American problem. The chief consumers of oil passing through this critical juncture are China, India, South Korea, Japan and the European markets. The U.S. has alternative reserves due to domestic crude from Alaska, the Permian Basin, the Gulf of America and domestic fracking. This is further augmented by Venezuelan heavy crude now refined in the U.S. and possible further supplementation with Canadian sand shale from Alberta. Based on those determinations if European powers won't contribute to efforts to keep the straits open, Trump can simply leave them to their own repercussions that will further drive up the price of Brent crude oil. The question may then become whether the U.S. can redefine the global oil market by legislatively mandating the West Texas Intermediate. Can America divorce the WTI from the Brent prices and from the Rotterdam spot market prices by maintaining a domestic market legislatively controlled? In so doing, keeping all oil being drilled from federal lands subject to a semi-interventionist price control system that in theory could average domestic gasoline prices at $2/gallon varied only by state taxes. Such a fundamental restructuring of oil markets will allow the U.S. to operate independent of global bench marks. This might be opposed by petroleum industry interests who would benefit from higher international prices, but would likely have public support. Such price regulation would not be government mandated price controls in the ordinary sense, but could be legally enforced as terms of condition in federal licensing policies for drilling on federal lands. Approximately 25% of oil pumped in the U.S. is drilled on federal land where contractual conditions can be easily implemented. These strategies would have a short to medium term impact on global markets and on domestic prices. Medium to longer term strategies however would require a national network construction of safer pebble cooled nuclear reactors, generating a viable source of electricity for electric vehicles. Additionally, similar to the energy company SASOL, the U.S. should begin domestic production of a coal conversion variant of gasoline, jet fuels and certain petrol chemicals. The Fischer-Tropsch process technology allowing for the production of cleaner synthetic fuels has existed since the 1930's and enhanced upgrades of this method are in active production use in South Africa. This would avoid the failed folly of moving towards 100% renewables that have crippled the German economy and driven energy costs punitively higher in order to placate Green Party-political interests. The Trump administration must lower domestic gasoline prices in an election year in the short term. However, in the medium to longer term the current conflict with Iran affords an opportunity to restructure the international oil market in such a manner that it will immunize the U.S. from surging oil prices. In theory such a fundamental revamping of oil markets could keep domestically produced oil under $50/barrel. Events are marching forward at pace. At time of writing some European nations have indicated a willingness to perhaps contribute towards a naval response. Trump himself has said that Iran is negotiating an end to the blockade. Irrespective of this, the situation has elucidated the vulnerability of European and Asian gas and oil supply and the opportunity for the U.S. to advance its energy independence in such a way that will directly translate into savings for domestic consumers. (Author is an Israeli American lawyer academically qualified in British and in U.S.A. law, and a graduate of the School of Oriental & African Studies, London. He is a Jewish believer in Jesus and is currently based in Israel).
By David Passmore March 23, 2026
An ex-catholic and bible scholar responds to the eucharist
By David Passmore March 11, 2026
THE CONFGLAGRATION OF HOSTILITIES IN THE MIDDLE EAST AND CURRENT RISING GLOBAL ENERGY PRICES. WHAT IS REALLY HAPPENING? Rubin Rothler LLB, LLM The markets historically have responded with grave alarm at the prospect of disruptions in the major sea lanes for transporting fuel. So far, Iran has exercised a degree of reluctance to fully close this critical channel due to Chinese pressure for their major source to remain. The Chinese economy could be savaged should Iran fully attempt to shut down all shipping in its entirety. As the war continues, Iranian capability to realize these ends becomes less likely due to the severe damage inflicted upon maritime forces. The U.S. has strategically positioned their Armada in place so that they are effectively choking the deployment of the Iranian Navy at sea in all theatres. From the coast of Sri Lanka in the mid Indian Ocean to the outer reaches of the Persian Gulf, the Iranian Navy is simply out gunned and woefully inadequate technologically to pose any meaningful opposition. However, they may decide to go all in and actively concentrate directed attacks by their small boats at all incoming oil tankers in the Straights. If this scenario unfolds, we may see an impasse in the conflict. Fear in the Gulf States and Saudi Arabia has already greatly increased. These regimes continue to be actively targeted by Iran to cause maximum economic impact. They may lean on the U.S. to seek a negotiated settlement. Europe with the exception of Spain has so far largely fallen into line with the Washington consensus. But if prices rapidly increase policy may shift (as it has been with now over $100 per barrel of oil). The combination of Arab consternation, Chinese pressure and European pliability together with a collapse in global energy supplies could cause the U.S. to reconsider its objectives in terms of what can be realistically realized. Trump prepared for these repercussions and mitigated the damage by posturing accordingly. The City of London's traditional monopoly on ensuring the maritime industry is being effectively displaced by U.S. surety for transit in the Straights. Further, the operation to remove Maduro in Venezuela with the consequent assumption of their oil reserves lent handsomely to the aim of forging an alternate fuel supply to the global markets. Albeit there remain questions concerning the ability to refine thick Venezuelan crude oil as its refining is more costly and arduous than Saudi and Gulf oil. Trump gained an extension of time for getting these operations underway by drawing out the prior negotiations with Iran. Here we can see that contrary to popular comment Trump's actions are strategically calculated. Complicating matters, after the oil and natural gas embargo was imposed on Russia, Europe became increasingly reliant on Middle Eastern supplies. Qatar is the prime source of natural gas and its depots are being choked by Iranian strikes. If this persists Europe will find it extremely difficult to secure its energy needs. Similarly, India has been acutely impacted to such an extent that Trump was moved to allow Delhi to lift sanctions on Russian energy. It must also be noted however that at present there exists no shortage of ready refined petroleum supplies, not even including the embargoed Russian oil (much of it unrefined) stored in tanker ships due to Ukraine War sanctions. Trump Administration plans using US naval and allied naval assets to escort tankers through the Straights f Hormuz would easily allow Lloyds of London to provide usual insurance once those vessels clear the Persian Gulf. Hence, the upward trajectory of crude prices is in part being manipulated by certain City of London and Wall Street interests that are in some measure politically motivated to favour the American Democrat Party in upcoming mid-term congressional elections. In terms of supply actualities, crude increases should be no higher than 25% in terms of Brent and 20% in terms of West Texas Intermediary. Predictably the legacy media is misrepresenting the price surge as purely market driven, when it is to some degree being engineered. Certain questions can be raised regarding how current events will unfold. A catastrophic situation could plausibly embroil dragging in additional actors to the conflict. Serious commentators have actually cautioned that we are heading towards World War Three. Short of this, Qatar is warning of global economic disaster. At the very least we will continue to see instability in global energy markets that will increasingly hit everyday consumers at the gasoline pump.
By David Passmore March 9, 2026
There appears to be a number of good pastors in very serious health struggles at the moment in England. These include Pastor Tony Pearce (London), Pastor John Anglisse (reading area), and Moriel Pastor Teerth Sonde (Wolverhampton). To these we have just learned that another Moriel Pastor in Winsford, Pastor Malcom Betts has suffered a serious coronary and is likewise in deep need of prayer. This may or may not be a general demonic attack on pastors in the area of health, however Our God Is Indeed Able to undettake for all of them and each of them.
By David Passmore March 7, 2026
URGENT PRAYER REQUEST Moriel has learned that Pastor John Anglisse of Ark Christian Fellowship in England, a long standing friend of Moriel, has been medically diagnosed as being pre terminal in his on going health battles. Moriel and Jacob Prasch earnestly request prayer for The Lord's intervention and prolonging of John's temporal life for the sake of his wife Mary and for his congregation and ministry. While "to Live is Christ and to die is gain" for John, his homecoming would be quite a loss for those of us who remain, and we ask The Lord for healing. We also thank our subscribers for their prayers for our friend & brother Pastor Tony Pearce in London. Tony is scheduled for two surgery procedures this week for skin cancer, one of which involves potential risks for his eye. Continued prayer is much appreciated.
By David Passmore February 19, 2026
Prayer request for Sue
By David Passmore February 17, 2026
Prayer request for Joan Philips