Hanukkah Part 2 - Afrikaans

April 1, 2025

Die Joodse Vakansie Seisoen.

In Johannes 9 doen Jesus ‘n Messiaanse wonderwerk: Hy gee sig aan ‘n persoon wat van sy geboorte af blind was.

“En toe Hy verbygaan, sien Hy 'n man wat blind was van sy geboorte af. En sy dissipels vra Hom en sê: Rabbi, wie het gesondig, hierdie man of sy ouers, dat hy blind gebore is?” (Joh. 9:1?2)? “Wie het gesondig, hy of sy ouers?”

In Levitikus 23 word daar drie Pelgrims feeste beskryf wat die Jode van oral af gekom het om in Jerusalem te vier.

Die Lente feeste is: Die Pasga (Pesach) en “ha Shavu’ot” (Weke, Pinkster), en die Herfs fees van Tabernakels? “ha Sukkot”. Maar in Jesus se tyd het Hanukkah ‘n vierde fees geword wat deur baie Jode in Jerusalem gevier was. (Alhoewel dit nie deur die Tora voorgeskryf word nie.) In plaas daarvan om al die pad van Galiléa af te kom net om weer om te draai om later terug te keer vir Hanukkah, want dit was daardie dae ‘n lang reis te voet, het hulle in Jerusalem rondgestaan tot met die fees. Dit is ook moontlik dat Jesus dit ook gedoen het. So het dit die Joodse vakansie seisoen geword wat vanaf herfs tot vroeg winter geduur het, baie vakansie dae aanmekaar.

Die vraag oor blindheid.

In teenstelling met die Heidense wêreld waar geleerdheid net vir die aristokrasie bedoel was, moes elke Jood instaat wees om die Tora te kan lees om so God te kon aanbid, so was om blind te wees dus gesien as ‘n vloek. Jesus se dissipels vra vir Hom: “Rabbi, wie het gesondig, hierdie man of sy ouers, dat hy blind gebore is?” En Jesus antwoord: “Hy het nie gesondig nie, en sy ouers ook nie; maar die werke van God moet in hom openbaar word.” (Joh. 9:2?3)

“Wie het gesondig, hierdie mens of sy ouers?” Jesus sê: “Nie een nie.”

Sondes wat nie bely is nie kan siektes veroorsaak soos wat ons sien in 1 Korinte en Psalm 32, maar om te beweer dat sekere siektes of geboorte afwykings die resultaat van sekere sondes is? is belaglik, Jesus sê baie duidelik dit is nie so nie.

Die Here begin om die Hanukkah tema te ontwikkel deur om Homself te identifiseer as die Lig van die Wêreld wat ook die doel van die Hanukkah Feesviering in Johannes 10 is.

Johannes is die mees feesvierende Evangelie van die vier, dit is waar Jesus voorgestel word as die Paaslam, hier word Jesus ook die meeste geopenbaar as die vervulling van die feeste. Deur ‘n groot gedeelte van Johannes se Evangelie sien ons hoedat Jesus in en uit Jerusalem beweeg, of waar Hy besig is om Homself voor te berei om te gaan of om terug te keer. Johannes is ook baie Jerusalem georiënteer en ook baie ernstig om aan te dui dat Jesus die vervulling van feesdae is. Hier bring Jesus ook die onderwerp van lig op soos wat die mense op die ligte gefokus het wat ook die Jode voorstel as ‘n lig vir

die nasies. “Ek moet die werke doen van Hom wat My gestuur het, so lank as dit dag is; die nag kom wanneer niemand kan werk nie. So lank as Ek in die wêreld is, is Ek die lig van die wêreld.” (Joh. 9:4?5)

Die Jode was geroep om die “owr goyim”? die lig vir die nasie te wees, ‘n lig vir die wêreld. Jesus vorm die klei met speeksel en sit dit op die oë van die jongman. “En toe Hy dit gesê het, spuug Hy op die grond en maak klei van die spuug en smeer die klei aan die oë van die blinde man en sê vir hom: Gaan was jou in die badwater Silóam, wat vertaal word: Uitgestuur. En hy het gegaan en hom gewas; en hy het siende teruggekom.”(Joh. 9:6?7) Gaan was jou in die badwater? die Poel van Shiloach, Shiloach is dieselfde woord waarvan ons die woord “Apostel” vandaan kry, een wat ‘n “gestuurde” is. Die poel van Silóam was ‘n poel aan die einde van Hiskia se tonnel. Hierdie water kom vanaf die Kidron en vloei dan deur ‘n tonnel in die Poel van Shiloach, dit is vandag nog daar. “Een wat gestuur is.” Gaan was jou in die Poel van Silóam. “Hy antwoord en sê: Die man wat Jesus genoem word, het klei gemaak en op my oë gesmeer en vir my gesê: Gaan na die badwater Silóam en was jou. En ek het gegaan en my gewas en ek sien.” (Joh. 9:11)

Die Reddende boodskap van die wonderwerke.

Die genesende wonderwerke van Jesus moet so verstaan word: Dit was wonderwerke wat net die Messias kon doen. Wanneer ‘n neurologiese vesel dood is kan dit nie herlewe nie. Wanneer ‘n optiese senuwee dood is gaan ‘n persoon nie weer sien nie en tot vandag toe sal dit net ‘n wonderwerk deur God wees wat so ‘n senuwee sal kan herstel. Jesus het wonderwerke om drie redes gedoen:

Die eerste is duidelik God se liefde, tweedens was wonderwerke die embleem van Jesus se Messiasskap, en derdens is dit op ‘n manier ‘n demonstrasies van redding. Die genesende wonderwerke in Johannes se Evangelie het altyd te doen met redding. In Johannes 5 sê Jesus vir die verlamde: “Staan op en neem jou bed op en gaan en sondig nie meer nie.” (Joh. 5:11?14) Hierdie was ‘n geval waar sonde hierdie verlamming veroorsaak het. Hoekom het Jesus vir hom gesê: “Neem jou bed op” as hy dit nie meer nodig gehad het nie?

Dit was omdat dit ‘n stuk hout was waaraan sy vlees gebonde was. Wat Jesus gesê het was dit: “Neem jou kruis op, lewe die lewe van die kruis en sondig nie meer nie.” Figuurlik gesproke, in Midrasj is dit wat Jesus gesê het. Die mens het dit nie meer nodig gehad nie. Ons is almal lam totdat ons die kruis opneem.

Ons kan nie in die Gees wandel voordat ons die kruis opneem nie, ook is ook almal blind totdat ons Jesus sien. Maar let op, Jesus sê: “Gaan was jou in die Poel van Shiloach” Hier sien ons weereens die doop. Die herstel van sig is altyd in verhouding met gehoorsaamheid aan die Here. Hoe meer jy Sy Wil doen hoe duideliker gaan jy sien.

Jy kry dit egter nie alles op een slag nie. Wanneer iemand wedergebore is sien hulle in die begin nie alles nie. Maar die doop maak mense se oë oop, jy begin jou redding verstaan as jy saam met Jesus begrawe is en saam met Hom opgestaan het.

Die verwerping van die wat gered is deur die wat ongered is.

Die tema ontwikkel verder. Hierdie seun was by die volwasse stadium (bar mitzvah). “Sy ouers antwoord hulle en sê: Ons weet dat hy ons seun is en dat hy blind gebore is; maar hoe hy nou sien, weet ons nie;

of wie sy oë geopen het, weet ons nie. Hy is self oud genoeg, vra hom; hy sal vir homself praat.” (Joh. 9:20?21). Let op dit is sy eie familie wat hom verwerp. “Die bure dan en die wat hom vroeër gesien het dat hy blind was, sê toe: Is hy nie die een wat gesit en bedel het nie? Ander sê: Dit is hy. Ander weer: Hy lyk na hom. Hy antwoord: Dit is ek.” (Joh. 9:8?9) Hy bly sê: “Dit is ek” Hulle sê: “Ons dink dit is hy, maar dit kan nie hy wees nie, dit is iemand wat soos hy lyk!” Ander sê dit was hy en hy sê: “Dit is ek” Dit is hoe ongeredde mense altyd sal reageer wanneer iemand wedergebore raak, jy is nie meer dieselfde mens vir hulle nie.? “Dit kan nie hy wees nie? Jacob Prash? Die dwelm verslaafde! Ek het altyd by hom dagga gekry! Hy het in die hoër skool met drugs gesmokkel? dit is nie hy nie! Dit lyk soos hy!”

Ongeredde mense dink altyd so. Hulle sal altyd deurmekaar raak oor ons identiteit wanneer ons Jesus leer ken het. Maar sy familie kon dit ook nie hanteer nie. Onthou hierdie gebeure is in ‘n Joodse opset. In vers 22 sê sy familie dit omdat hulle bang was vir die Jode, omdat hulle alreeds besluit het dat as iemand Jesus bely sal hy uit die Sinagoge geban word. Dit is om hierdie rede waarom sy ouers gesê het dat hy oud genoeg is om vir homself te antwoord. (Joh. 9:22?23).

Soos wat ek altyd oor Johannes gesê het, daar is ‘n groot vertalings probleem met die woord “Jood” (Ioudaios) hier in konteks. Dit beteken nie dat al die mense Jode was nie, hulle was almal Joods, Jesus was “Joods” Dit beteken dat die godsdienstige instelling rondom Jerusalem en die Judeërs, die mense wat beheer uitgeoefen het? Joods was.

Ook in die moderne Israel sien ons meer godsdienstige Jode en baie meer godsdienstige invloede in Jerusalem as wat jy sal sien in Haifa of Tel Aviw. Dit beteken die Judeërs, die godsdienstige instellings? die Sanhedrin en die mense wat hulle beheer. Jesus open sy oë en daar word aan ons vertel dat Jesus hom gesien rondloop het. Jesus het gehoor dat hulle hom uit die sinagoge geban het, en Hy vra hom: “Glo jy aan die Seun van die Mens?” Ons het ‘n spottery in Israel gehad, maar dit is nie grap nie.

Wanneer ‘n “frum” (‘n Ortodokse Jood) tot redding kom dan het sy familie vir hom ‘n begrafnis gehou, maar wanneer ‘n Moslem tot redding gekom het dan het hulle ook vir hom ‘n begrafnis gehad, maar dit was sy eie begrafnis. Wel wat sê dit? Jesus het hom gevind? “Jou familie mag jou verwerp maar Jesus gaan jou vind.

Die resultaat van moedswillige blindheid.

Jesus vestig Sy aandag op die Fariseërs en sê vir hulle: “As julle blind was sou julle nie sonde gehad het nie, maar omdat julle sê “ons sien” bly julle sonde.” In Johannes 9 vergelyk Jesus die moedswillige blindheid van die Fariseërs met die onwillige blindheid van hierdie jongman. Ons word almal blind gebore, maar vanuit God se perspektief is daar ‘n groot verskil tussen blindheid en moedswillige blindheid. Diegene wat onwillig blind is sal altyd die genade van Christus oproep maar die moedswillige blindes sal altyd die oordeel van Christus oproep.

Dit stel die verhoog op vir Hanukkah wat terug gaan na Psalm 23. Dit gaan terug na die tyd van Makkabeërs. “Kan julle nie sien wat aangaan nie? Hulle verbied die lees van die Woord van God, hulle verbied die rituele besnydenis (“brit milah”) hulle bring heidense gebruike in die Kerk? dit is afgodery. Kan julle nie sien wat hulle besig is om te doen nie?”

Verwerping van die Waarheid vir die Valsheid.

Dan lewer Jesus Sy pastorale rede wat teruggaan na Psalm 23. Dit was ‘n Makkabeërse sinspeling na dit omdat hulle die ware herders was. Die meerderheid van die geestelike leiers het saam met die mense gegaan: “Hulle sal 'n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie.”(Joh. 10:5)

Karaktertrekke in Johannes se Evangelie, meer as in al die ander Evangelies, en ook meer as Paulus, verwys heel dikwels na die Antichris. In sy Evangelie deel hy met die Antichris; in sy Brief (1 Joh.)verwys hy na die Antichris en in die Boek Openbaring openbaar hy hom.

In sy Evangelie haal hy Jesus aan met verwysing na die man van wetteloosheid: “Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As 'n ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem.” (Joh. 5:43). “Julle gaan My verwerp maar die valse Christusse gaan julle volg.”? en uiteindelik ook die Antichris. Hy sal ‘n ooreenkoms met hulle aangaan en hulle mislei.

In enige omstandighede verwys Johannes op een of ander manier na dinge met betrekking tot die Antichris. Wel dit is algemene waarhede maar later word dit ‘n eskatologies waarheid. “Diegene wat werklik aan My behoort is hulle wat die verskil gaan ken tussen Christus en die Antichris. “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van 'n ander kant af inklim, hy is 'n dief en 'n rower.

Maar hy wat by die deur ingaan, is 'n herder van die skape. Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit. En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken.” (Joh. 10:1? 4).

As jy die Bybel glo, as jy die Heilige Gees het, dan sal jy weet of iets reg of verkeerd is, jy sal weet. “My skape ken My stem.” “Hierdie gelykenis het Jesus aan hulle vertel; maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy tot hulle gespreek het nie.” (Joh. 10:6).

“Daar het toe weer verdeeldheid onder die Jode gekom oor hierdie woorde. En baie van hulle het gesê: Hy is van die duiwel besete en is kranksinnig; wat luister julle na Hom? Ander het gesê: Hierdie woorde is nie van 'n besetene nie; 'n duiwel kan tog nie die oë van blindes open nie.” (Joh. 9: 19?21)

Weereens as jy in die Gees van Jesus wandel en jy bedien in Sy Karakter dan sal diegene wat moedswillig blind is dieselfde oor jou sê.

Jesus by Hanukkah.

Kyk na vers 22. By hierdie tyd was dit die aanvang van die Fees van her? toewyding in Jerusalem; dit was Hanukkah, dit was ‘n spesifieke tyd. Al die ander dinge wat in Hoofstuk 9 en 10 aangaan is dinge wat die verhoog opgestel het vir dinge wat gaan kom. Dit is winter en Jesus wandel in die Tempel in die pilaar gang van Salomo.

Die pilaar gang van Salomo kan vandag ongeveer Oos van die Moskee van Aqsa op die Tempel Berg gevind word, by die suidoostelike hoek wat uitkyk na waar die Kidron begin oorgaan in die Tyropean. Dit is waar die Apostel Jakobus later gemartel is, hulle het hom hier van ‘n toring afgegooi.

“En die Jode het Hom omring en vir Hom gesê: Hoe lank hou U ons in onsekerheid? As U die Christus is, sê dit vir ons ronduit. Jesus antwoord hulle: Ek het dit vir julle gesê, en julle glo nie. Die werke wat Ek doen in die Naam van my Vader, dié getuig van My.” (Joh. 10:24?25)

Nou die term “werke” hier dra die bybetekenis? “semeion mipla’ot”, “wonders en tekens”. “Dit getuig van My.” Dit gaan terug na Johannes 5, die vyf dinge wat van Jesus getuig. “Maar julle glo nie, want julle is nie van my skape nie, soos Ek vir julle gesê het. My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My. En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie. Ek en die Vader is een. Die Jode het toe weer klippe opgetel om Hom te stenig. Jesus antwoord hulle: Baie goeie werke het Ek julle getoon van my Vader. Oor watter een van dié werke stenig julle My.” (Joh. 10:26?32). Onthou nou dat ons uit die Misjna weet wat alles in die Tempel was. Die enigste klippe wat in die Pilaar gang van Salomo was kan net die klippe van die afgebreekte altaar wees.

In die verhaal van Daniël, profeteer die profeet wat met Antiogus Epifanus en die Makkabeërs gaan gebeur.

Antiogus is ‘n hoof tipe van die Antichris wat ‘n vark voor ‘n afbeelding van Zeus geoffer het op die altaar in die tempel, ‘n Griekse god aan wie hy sy eie karaktertrekke gegee het, hierdie is ‘n belangrike tipe van die Antichris. En die altaar? die klippe van die altaar (die Mizbeach in Hebreeus) was heilig.

Die Jode kon nie die klippe weggooi nie maar hulle kon ook nie meer daarop offer nie omdat hulle verontreinig was met varkbloed? ‘n onrein dier wat aan ‘n vreemde god geoffer is. Hulle het nie geweet wat om daarmee te doen nie, hulle kon dit nie weggooi nie en hulle moes ‘n nuwe altaar bou en die ou klippe het hulle in die tempel gestoor totdat die Messias kom. Hulle het geglo dat die Messias met Hanukkah sou kom en aan hulle sou sê wat om met die klippe te doen.

Die Messias het gekom en wat maak hulle met die klippe? Hulle wou Hom daarmee stenig. Dit is moeilik om te glo dat dit nie die klippe was wat die Misjna beskryf het nie want daar was geen ander klippe in die pilaar gang van Salomo nie. Die Misjna beskryf alles in detail wat in die tempel was, dus alles in ag genome volgens die historiese bewyse kan ons geredelik aanvaar dat dit die klippe van die altaar was wat daar gestoor was.

“Die Jode antwoord Hom en sê: Dit is nie oor 'n goeie werk dat ons U stenig nie, maar oor godslastering, en omdat U wat 'n mens is, Uself God maak. Jesus antwoord hulle: Is daar nie in julle wet geskrywe: Ek het gesê, julle is gode nie? As dit húlle gode noem tot wie die woord van God gekom het, en die Skrif nie gebreek kan word nie, sê julle vir Hom wat die Vader geheilig en in die wêreld gestuur het: U spreek godslasterlik??omdat Ek gesê het: Ek is die Seun van God? (Joh. 10: 33?36)

Die Reaksie van Verwerping.

Ons moet verstaan wat “julle is gode” beteken. Die beste manier om dit te vertaal is om dit met die klein letter “g” van El? Elohim te verduidelik.God is die God van die heelal. Hy het ons geskape na Sy Beeld en om oor die skepping te heers.

So is ons dus dan ‘n god oor die skepping, ‘n god ondergeskik aan die God wat die Skepper is, ons as mense wat ageer as God se adjudante. Maar na die verbeuring van hierdie status as gevolg van sonde het Satan die god van hierdie wêreld geword. (2 Kor. 4:4). Maar nie “God” nie. Ons moet die konteks verstaan. Satan het die god van die wêreld geword in plaas van die mens. Met ander woorde? vir ‘n kameelperd is die mens god, ons het heerskappy en mag.

‘n Kameelperd se verhouding tot ons is dieselfde as die van ons tot God. Ons weet God is die Skepper.

Dit is die betekenis van “julle is gode”. Dit is nie die klein godjies idees wat deur Ken Copeland en Paul Crouch gepromoveer word nie.

Terwyl ons na die Beeld van God geskape is? is Jesus NIE geskape na die Beeld van God nie. Jesus is God wat mens geword het. Die Volheid van die Vader woon in Hom liggaamlik. As jy wil weet wie God is kyk na Jesus. Onder die Wet, die Tora kon jy weet van God, die Jode het van God geweet deur die Tora. In die Ou Testament kan jy dinge van God weet maar onder die Nuwe Testament kan jy Hom ken. Daar is ‘n groot verskil tussen om te weet van God en om Hom te ken. As jy Jesus ken, dan ken jy ook God. Jy ken Hom nie so goed as wat jy wil nie of so goed as wat jy hom nog gaan ken nie, maar jy ken Hom. En voordat ons in die Hemel kom sal ons ‘n kans kry om Hom beter te ken.

Maar Jesus gebruik die term: “Ek is die Seun van God”? dit verwys terug na Johannes 8 waar Jesus die term: “ego ami” – “EK IS die EK IS” gebruik. Dit is presies hoe GOD Yahweh Homself in die Boek Exodus aan die Hebreërs deur Moses geopenbaar het, dit is waarvoor hulle Hom wou stenig. “As Ek nie die werke van my Vader doen nie, moet julle My nie glo nie; maar as Ek dit doen, al glo julle My nie, glo die werke, dat julle kan erken en glo dat die Vader in My is, en Ek in Hom.” (Joh. 10:37?38). Hier is Jesus in ‘n argument konsep van “achtut”, ‘n enkelvoud? die “Shama”, dieselfde term wat gebruik word in die huwelik status vir ‘n eenheid, hoe twee mense een in die vlees word.

“Toe het hulle weer probeer om Hom gevange te neem, en Hy het uit hulle hand ontkom. En Hy het weer oor die Jordaan gegaan na die plek waar Johannes eers gedoop het; en Hy het daar gebly. En baie het na Hom gekom en gesê: Johannes het wel geen teken gedoen nie, maar alles wat Johannes van Hom gesê het, was waar. En baie het daar in Hom geglo.” (Joh. 10:39?42).

Vergelyk die Teologie.

Dit is die Hebreeuse fees van wonders en tekens. Kyk na die Teologie van Jesus en vergelyk dit met die teologie van die moderne kerk. Dit het begin by John Wimber. Hy was die mede skrywer, saam met Kevin Springer, van ‘n boek met die naam van “Power Evagelism”. Hy het ander mense soos Nicky Gumble van Holy Trinity Brompton beïnvloed. Die gedagte was dat as ongeredde mense wonders en

tekens sien? dan sal hulle glo? wonders en tekens was dus die sleutel tot geloof. Wel, sonder om na die onderwerp te kyk waar so baie van die wonders en tekens ‘n hoop strooi was? gemeet teen mediese bewyse? is dit waar? Sal wonder en tekens veroorsaak dat mense hulle lewe vir Jesus gee?

As dit waar is hoekom het Jesus dan gesê: “Vir watter van die tekens stenig julle My? Hy het ‘n blinde persoon weer laat sien en wat is hulle reaksie? Hulle wou Hom in elk geval nog doodmaak. As wonder en tekens die sleutel is na geloof hoe verklaar jy Hanukkah in Johannes 10? Onthou hierdie tekens VOLG. (Mark. 16:20)

Die enigste ding wat Jesus moes gedoen het is Hy moes vir Herodus ‘n vertoning gelewer het dan sou hulle Hom nie gekruisig het nie. Al wat Hy moes gedoen het was die “Kenny / Benny” toertjies: Lewer ‘n vertoning. “??'n Slegte en owerspelige geslag soek na 'n teken,??”(Mat. 12:39). Wanneer jy sien dat mense om mense soos Kenny en Benny begin saamdrom en na Holy Trinity Brompton of na Kensington Temple stroom, dan sien jy ‘n bose en owerspelige geslag wat na wonders en tekens soek.

Ek is nie ‘n stakings aanhanger nie, ek glo aan al die Gawes van die Gees, ek glo aan wonderwerke. Die idee dat die Gawes van die Gees opgehou het by die Apostels is ‘n Bybelse dwaling.

God doen nou nog steeds wonderwerke. Hy maak nog steeds mense gesond, maar daar is die Ware en daar is die Valse. Net omdat dit wat ons vandag sien ‘n klomp strooi is beteken nie dat die ware nie meer gebeur nie.

Ek het die Ware gesien. Maar ek sal liewers niks wil sien as wat ek na nagemaakte dinge moet kyk nie. “Hierdie tekens volg” maar hulle was nooit die fokus punt nie. Ek het nog altyd gesê Jesus het nooit ‘n wonderwerk dienste gehou nie, Hy het wonderwerke gehad maar nie ‘n wonderwerk diens nie. Hy het ook nooit genesing dienste gehou nie, Hy het genesing gehad maar nie genesing dienste nie, wat Hy gehad het was bekerings dienste.

Die plek waar hulle geglo het.

Waar het hulle geglo? Waar het hulle die vertoning gesien? Waar het hulle die tekens gesien? Waar het hulle wonderwerke gesien? Nee. Alhoewel Johannes geen wonderwerke gedoen het nie was alles wat hy oor Jesus gesê het die Waarheid. Kom geloof deur dit wat gesien word? Nee, dit is nie (Johannes) John Wimber nie maar Johannes die Doper. “Geloof kom nie deur wat ons sien nie. “Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.” (Rom. 10:17).

Die eerste dinge wat Jesus gedoen het toe Hy met Sy bediening begin het was dat Hy na die Jordaan gegaan het om gedoop te word. Hoekom die Jordaan? Ons moet die konnotasie tussen die Jode en die Jordaan verstaan. Dit is waar Josua die eerste keer in die land ingekom het, met ander woorde wanneer dinge so sleg gegaan het vir so lank, dan moet jy terug gaan na waar dit begin het. Terwyl Johannes geen tekens gedoen het nie was alles wat hy oor hierdie Man gesê het waar, baie het daar in hom geglo. Nie waar daar wonderwerke gedoen was nie, maar waar die Woord gepreek was. Wonders en tekens is nie, en was ook nog nooit die sleutel tot geloof nie.

Die Verkeerde sienswyse.

Die Jode het ‘n verkeerde sienswyse van Hanukkah gehad, ‘n verkeerde idee van toegewydheid. Hanukkah was nie eenvoudig ‘n toewyding nie maar ‘n HER? toewyding. Weereens die tempel was verontreinig. Mense gaan nie weer glo totdat die tempel her? toegewy is nie. Mense gaan nie weer glo totdat die ware Evangelie gepreek word nie.

Bewaar die Frank Sinatra opnames vir Johannesburg se Stadsaal – en nie vir die huis van God nie. Dit is wat dit sê. Johannes het geen wonders en tekens gedoen nie. “Vir watter tekens stenig julle My?” Hulle het dit heel verkeerd verstaan. Wat hulle wou hê? wat die Jode wou gehad het was ‘n Messias wat in die karakter van die Makkabeërs moes kom om van die Romeine ontslae te raak soos wat die Makkabeërs van die Grieke ontslae geraak het. Maar so lank as wat hulle gedink het dat Jesus ‘n politieke Messias was wat vir hulle die koninkryk sou gee? was almal vir Hom. Toe hulle egter uitvind dat in plaas daarvan dat Hy regs draai na die vesting Antonio, het Hy links gedraai en die geld predikers uit die tempel gejaag en dieselfde klomp skreeu toe “Kruisig Hom.” (Luk. 23:21)

Jesus was nie bekommerd oor die Romeine nie; God kon enige tyd na hulle omgesien het. Jesus was bekommerd oor mense wat met die Woord van God handel gedryf het, wat teer op die Bloed van die Lam. Die Makkabeërs was nie bekommerd oor Antiogus nie, hulle het ‘n groot probleem met Menlaus gehad: “Raak ontslae van hom dan sal God ons help om van Antiogus ontslae te raak.”

Vandag is dit dieselfde ? raak ontslae van Nicky Gumble dan sal God ons help om ontslae te raak van Alan Williams en homoseksuele leraars en wie ook al. Dit gaan oor die verraaiers. “Nee, raak ontslae van die Romeine!” Nee jy verstaan nie, hoekom is die Romeine hier? Julle wil hê dat Ek moet doen wat Makkabeërs gedoen het? Hoe het Antiogus al die mag in die hande gekry? Dit is as gevolg van die sondes van julle vaders; omdat julle voorvaders samesweerders was; omdat die wat geweet het dat dinge verkeerd was stil gebly het in plaas daarvan om vir die Waarheid op te staan. Hoe het die Romeine daar gekom? Op dieselfde wyse. Die Herodiane het met die Romeine saamgesweer. Raak ontslae van die Herodiane en dan die Sanhedrin ens.

Vandag is dit dieselfde.

Jesus begin met ‘n klein groepie, dit is wat die Makkabeërs gedoen het. Jesus het nie teen die Romeine getuig nie? almal het geweet wie hulle is? Hy het teen Sy eie mense getuig wat van beter moes geweet het.

Wil jy vir my sê dat Billy Graham nie weet dat dit verkeerd is om die Pous van Rome as ‘n groot geestelike leier op te lig nie? Dat die leiers van Holy Trinity Bromption nie weet dat dit verkeerd is om die boeke van ‘n Druid te motiveer wat homoseksuele as predikers aanstel nie? Dit is presies dieselfde ding, dit is siek. Die verhoog is opgestel vir die koms van die Antichris. Die openbare lees van die Woord van God gaan verbied word, dit is “haat spraak”. Hulle sê dit in Kanada en in Swede en dit gaan hier ook gebeur en baie van die sogenaamde kerk leiers gaan daarmee saamstem. God soek vir iets wanneer dinge so verkeerd gaan, vir Makkabeërs. Die Here soek mense wat sien dat Menlaus die vyand is. God soek mense wat wil opstaan en standpunt inneem, vir mense wat ‘n prys wil betaal, vir mense wat waarlik weer Sy huis wil her toewy. Dit gaan nie van bo af kom nie, dit gaan kom van gewone mense. Nie

van groot groepe en groot gemeentes nie, dit het nog nooit gebeur nie en sal ook nie. Dit gaan van klein groepies kom, klein gemeentes. Verwag teleurstellings, moeilikheid en verraad, maar Daniël het geprofeteer dat aan die einde sal hulle oorwin en hulle het oorwin. (Dan. 11:45) Openbaring profeteer dat ons sal oorwin en ons sal. Die stilbly van goeie mense is oorwinning vir slegte mense. (For wicked men to triumph, good men must merely remain silent.) Dit is nie in die Bybel nie maar die beginsel is waar. Hulle soek tekens, vertonings, maar dit is nie wat mense sal laat glo nie, as dit die geval was sou Suid Afrika al lank gelede tot redding gekom het, herlewing sou al lankal gekom het. Maar dit werk nie so nie. Dit is dinge wat uit die hart moet kom.

Wie gaan vandag teen Menlaus opstaan?

Ons kyk uit vir iets, vir mense wat nie bang is om die Swaard teen Menlaus op te neem nie; mense wat teen evangeliste op die ekumeniese pad gaan opstaan. Mense wat teen mense soos Steven Weiser sal opstaan wat op ‘n platform saam met Moslems staan en Israel veroordeel en dit sy Christelike bediening noem. Hy sê niks van al die Christene, ons broers en susters wat in die Moslem wêreld vermoor word nie. Maar hy staan saam met Moslems in ‘n kerk op dieselfde platform, ‘n Anglikaanse kerk en veroordeel Israel. Hy, Steven Weiser is my eerste vyand, hy is God se vyand, nie die Moslem nie. My eerste vyand is nie ‘n aartsbiskop wat homoseksuele as predikers aanstel nie maar Nicky Gumble wat hom promoveer en weergebore Christene mislei deurdat hulle sy boeke lees en hom vereer. Klink dit radikaal? Die Makkabeërs was radikaal en hulle is die enigste wat gaan oorwin! Die tempel is verontreinig, wil jy ‘n Makkabeër wees? Ek kan dit nie vir jou antwoord nie. Wat ek vir jou kan vertel is dat jy verwerp gaan word, jy gaan ‘n teiken wees. “En die verstandiges onder die volk sal baie tot insig bring; maar hulle sal struikel deur swaard en vlam, deur gevangenskap en berowing, dae lank.” (Dan.

11:33) Diegene wat insig het gaan baie mense se oë laat oopgaan maar sommige van hulle gaan deur die swaard val totdat hulle gelouter en gereinig is. “En van die verstandiges sal sommige struikel, om onder hulle loutering en reiniging en suiwering aan te bring tot die tyd van die einde??want dit sal nog duur tot op die vasgestelde tyd.” (Dan. 11:35). Ek kan vir jou sê om by die Makkabeërs aan te sluit en daar sal oorwinning en seëninge wees. Ek kan jou alles van die Makkabeërs vertel maar wat ek nie vir jou kan vertel nie is of jy regtig ‘n Makkabeër wil wees of nie wil wees nie, dit is ‘n vraag wat jy vir jou self moet antwoord. Ek? Ek staan in Modi’in. Ek werp my lot by Jehuda, Mathias, Jonathan, Eleazar. Ek het lankal besluit. Ek geniet dit nie om ‘n Makkabeër te wees nie, maar ek weet eendag sal die tempel weer her? toegewy wees en weereens sal daardie lamp in God se Huis brand.

Groete in Jesus. †††


By David Passmore April 14, 2026
A critical juncture in NATO'S future Rubin Rothler LLB, LLM NATO was originally established in 1949 to keep the Russian hordes at bay from toppling those European countries not forked over to the Soviet sphere of influence at the Potsdam conference. Europe lay in ruins. Britain had passed on the torch of global hegemony to the U.S. by tacitly acquiescing to the decolonization of its Empire when Churchill and Roosevelt agreed terms of the Atlantic Charter for the post-war new world order in 1941. So from its start NATO was very much an American driven endeavor. American money with the Marshall plan was propping up western European economies and its military might was forming the bulk of their defensive capabilities. The lopsided nature of this dynamic has informed how tensions have persisted and recently erupted in the Alliance. During the Cold War the U.S. felt obligated to shoulder the costs of underwriting Europe's security in light of the broader interests to keep the Soviet's in check. Following the fall of the Iron Curtain European complacency became a sticking point with the 'peace dividend' further exploiting American largesse. European NATO allies spent ever smaller percentages of their GDP on defense expenditure at U.S. expense. Now in a multi-polar world U.S. and European perceived threats are less aligned. This was first tested in the aftermath of September 11th when for the first time NATO elected to trigger its article 5 collective defense protocol. And since then the U.S. has sought to continue to expand the traditional theatre of operations beyond Europe's borders. No longer is Russia perceived by America as being a proximate existential threat to its interests, but rather containing Chinese expansion in the Pacific arena. Parallel to NATO a discrete 'five eyes' intelligence sharing alliance comprising the Anglo-sphere (the U.S., U.K., Canada and New Zealand) emerged. This stands at the center of the U.S. – U.K. 'special relationship'. A relevant question would be can this signals intelligence (NSA-GCHQ) partnership persist should the U.S. withdraw from NATO? Conventional thinking would have led one to believe that with Brexit the U.K. would naturally pivot towards closer U.S. relations but under Starmer the U.K. is distancing itself. European powers misrepresent the present conflict as an aggressive, rather than defensive U.S. adventure while they themselves are more likely to be at risk. In this the Starmer government resembles the Labor party led committee for nuclear disarmament in the 1980's. It opposed the Thatcher supported deployment of U.S. cruise missiles in response to the Soviet SS20's pointed at Britain's cities. The British left branded their response to Soviet strategic escalation to U.S. aggression. This time however there is for the moment no Thatcher to bring common sense into an equation dominated by emotionally driven ideologies in the face of an aggressor with definite aims. In terms of the Russian-Ukraine conflict we are reverting to the old question dating back to the Napoleonic war era: to what extent is London happy with the European nations fighting it out alone for dominance of the continent. Britain was never willing to accept a single power in control. Many variables will dictate what kind of world emerges from the current conflicts in Ukraine and Iran. How will power be extracted from potential gains? What will be the strategic impact of this? What is sure, in the age of Trump this pattern of reliance on U.S. muscle is becoming quickly exhausted. Dating back to the Roman Empire, a factor in the decline of major powers has always been astronomical military spending, a budgetary demand that the U.S. under Trump is no longer willing to shoulder alone. (Author is an Israeli American lawyer academically qualified in British and in U.S.A. law, and a graduate of the School of Oriental & African Studies, London. He is a Jewish believer in Jesus and is currently based in Israel).
By David Passmore April 9, 2026
Please keep brother Malcolm Betts from the New Life Pentecostal Church, Winsford in prayer. He is suffering from heart failure, valve problems and spinal stenosis. Your prayers for healing and intervention are coveted. Also, Malcom’s daughter Laura-Louisa is having complications with her pregnancy. Her baby boy is due on the 22nd of April and was in a breach position, however he is now moved to an oblique position which carries serious risk and possible surgical intervention. Laura is also at risk of postpartum haemorrhage. Please pray for the midwives and obstetricians skill and wisdom. Please also pray for Malcolm’s sister Susan who has sepsis in her leg. And please pray also for Sheila Carlisle. She is undergoing knee replacement surgery.
By David Passmore April 8, 2026
Greetings Dear Brethren in Yeshua our Lord & God Hope your all well Further developments: The NHS and oncologist from day one got my Markers wrong which in result denied me access to the latest treatments such as immunotherapy and targeted treatment. After getting a second opinion from Royal Marsden they discovered my Markers were not zero but 13-14 and that I was also Claudine 18.2 which confirmed I was allowed to all the latest treatments such as targeted treatment. My local MP and Health secretary are now involved and have written to both the treatment companies and NHS trust. I have also spoken to doctors in the states. Dear brethren my family & I have been through so much in the past and the valley is truly a battle. I truly thank The Lord Yeshua for Him humbling us all, correcting us in His parental love (1 Cor 4-6 & 2 Cor 2). It’s been very hard but also a blessings to truly draw closer The Lord- cast of works of darkness/old garments and be washed in His Blood daily. Your prayers are vital and above all The Glory Of The Lord to be magnified. Please remember us in your love & prayers as we walk through this battle in The Lord. Praying for you all and much love in Yeshua. Your brother - Teerth & Family
By David Passmore March 26, 2026
Contrary to the near unanimous chorus of media coverage concerning the current impasse in the straits of Hormuz it isn't obvious that this is an American problem. The chief consumers of oil passing through this critical juncture are China, India, South Korea, Japan and the European markets. The U.S. has alternative reserves due to domestic crude from Alaska, the Permian Basin, the Gulf of America and domestic fracking. This is further augmented by Venezuelan heavy crude now refined in the U.S. and possible further supplementation with Canadian sand shale from Alberta. Based on those determinations if European powers won't contribute to efforts to keep the straits open, Trump can simply leave them to their own repercussions that will further drive up the price of Brent crude oil. The question may then become whether the U.S. can redefine the global oil market by legislatively mandating the West Texas Intermediate. Can America divorce the WTI from the Brent prices and from the Rotterdam spot market prices by maintaining a domestic market legislatively controlled? In so doing, keeping all oil being drilled from federal lands subject to a semi-interventionist price control system that in theory could average domestic gasoline prices at $2/gallon varied only by state taxes. Such a fundamental restructuring of oil markets will allow the U.S. to operate independent of global bench marks. This might be opposed by petroleum industry interests who would benefit from higher international prices, but would likely have public support. Such price regulation would not be government mandated price controls in the ordinary sense, but could be legally enforced as terms of condition in federal licensing policies for drilling on federal lands. Approximately 25% of oil pumped in the U.S. is drilled on federal land where contractual conditions can be easily implemented. These strategies would have a short to medium term impact on global markets and on domestic prices. Medium to longer term strategies however would require a national network construction of safer pebble cooled nuclear reactors, generating a viable source of electricity for electric vehicles. Additionally, similar to the energy company SASOL, the U.S. should begin domestic production of a coal conversion variant of gasoline, jet fuels and certain petrol chemicals. The Fischer-Tropsch process technology allowing for the production of cleaner synthetic fuels has existed since the 1930's and enhanced upgrades of this method are in active production use in South Africa. This would avoid the failed folly of moving towards 100% renewables that have crippled the German economy and driven energy costs punitively higher in order to placate Green Party-political interests. The Trump administration must lower domestic gasoline prices in an election year in the short term. However, in the medium to longer term the current conflict with Iran affords an opportunity to restructure the international oil market in such a manner that it will immunize the U.S. from surging oil prices. In theory such a fundamental revamping of oil markets could keep domestically produced oil under $50/barrel. Events are marching forward at pace. At time of writing some European nations have indicated a willingness to perhaps contribute towards a naval response. Trump himself has said that Iran is negotiating an end to the blockade. Irrespective of this, the situation has elucidated the vulnerability of European and Asian gas and oil supply and the opportunity for the U.S. to advance its energy independence in such a way that will directly translate into savings for domestic consumers. (Author is an Israeli American lawyer academically qualified in British and in U.S.A. law, and a graduate of the School of Oriental & African Studies, London. He is a Jewish believer in Jesus and is currently based in Israel).
By David Passmore March 23, 2026
An ex-catholic and bible scholar responds to the eucharist
By David Passmore March 11, 2026
THE CONFGLAGRATION OF HOSTILITIES IN THE MIDDLE EAST AND CURRENT RISING GLOBAL ENERGY PRICES. WHAT IS REALLY HAPPENING? Rubin Rothler LLB, LLM The markets historically have responded with grave alarm at the prospect of disruptions in the major sea lanes for transporting fuel. So far, Iran has exercised a degree of reluctance to fully close this critical channel due to Chinese pressure for their major source to remain. The Chinese economy could be savaged should Iran fully attempt to shut down all shipping in its entirety. As the war continues, Iranian capability to realize these ends becomes less likely due to the severe damage inflicted upon maritime forces. The U.S. has strategically positioned their Armada in place so that they are effectively choking the deployment of the Iranian Navy at sea in all theatres. From the coast of Sri Lanka in the mid Indian Ocean to the outer reaches of the Persian Gulf, the Iranian Navy is simply out gunned and woefully inadequate technologically to pose any meaningful opposition. However, they may decide to go all in and actively concentrate directed attacks by their small boats at all incoming oil tankers in the Straights. If this scenario unfolds, we may see an impasse in the conflict. Fear in the Gulf States and Saudi Arabia has already greatly increased. These regimes continue to be actively targeted by Iran to cause maximum economic impact. They may lean on the U.S. to seek a negotiated settlement. Europe with the exception of Spain has so far largely fallen into line with the Washington consensus. But if prices rapidly increase policy may shift (as it has been with now over $100 per barrel of oil). The combination of Arab consternation, Chinese pressure and European pliability together with a collapse in global energy supplies could cause the U.S. to reconsider its objectives in terms of what can be realistically realized. Trump prepared for these repercussions and mitigated the damage by posturing accordingly. The City of London's traditional monopoly on ensuring the maritime industry is being effectively displaced by U.S. surety for transit in the Straights. Further, the operation to remove Maduro in Venezuela with the consequent assumption of their oil reserves lent handsomely to the aim of forging an alternate fuel supply to the global markets. Albeit there remain questions concerning the ability to refine thick Venezuelan crude oil as its refining is more costly and arduous than Saudi and Gulf oil. Trump gained an extension of time for getting these operations underway by drawing out the prior negotiations with Iran. Here we can see that contrary to popular comment Trump's actions are strategically calculated. Complicating matters, after the oil and natural gas embargo was imposed on Russia, Europe became increasingly reliant on Middle Eastern supplies. Qatar is the prime source of natural gas and its depots are being choked by Iranian strikes. If this persists Europe will find it extremely difficult to secure its energy needs. Similarly, India has been acutely impacted to such an extent that Trump was moved to allow Delhi to lift sanctions on Russian energy. It must also be noted however that at present there exists no shortage of ready refined petroleum supplies, not even including the embargoed Russian oil (much of it unrefined) stored in tanker ships due to Ukraine War sanctions. Trump Administration plans using US naval and allied naval assets to escort tankers through the Straights f Hormuz would easily allow Lloyds of London to provide usual insurance once those vessels clear the Persian Gulf. Hence, the upward trajectory of crude prices is in part being manipulated by certain City of London and Wall Street interests that are in some measure politically motivated to favour the American Democrat Party in upcoming mid-term congressional elections. In terms of supply actualities, crude increases should be no higher than 25% in terms of Brent and 20% in terms of West Texas Intermediary. Predictably the legacy media is misrepresenting the price surge as purely market driven, when it is to some degree being engineered. Certain questions can be raised regarding how current events will unfold. A catastrophic situation could plausibly embroil dragging in additional actors to the conflict. Serious commentators have actually cautioned that we are heading towards World War Three. Short of this, Qatar is warning of global economic disaster. At the very least we will continue to see instability in global energy markets that will increasingly hit everyday consumers at the gasoline pump.
By David Passmore March 9, 2026
There appears to be a number of good pastors in very serious health struggles at the moment in England. These include Pastor Tony Pearce (London), Pastor John Anglisse (reading area), and Moriel Pastor Teerth Sonde (Wolverhampton). To these we have just learned that another Moriel Pastor in Winsford, Pastor Malcom Betts has suffered a serious coronary and is likewise in deep need of prayer. This may or may not be a general demonic attack on pastors in the area of health, however Our God Is Indeed Able to undettake for all of them and each of them.
By David Passmore March 7, 2026
URGENT PRAYER REQUEST Moriel has learned that Pastor John Anglisse of Ark Christian Fellowship in England, a long standing friend of Moriel, has been medically diagnosed as being pre terminal in his on going health battles. Moriel and Jacob Prasch earnestly request prayer for The Lord's intervention and prolonging of John's temporal life for the sake of his wife Mary and for his congregation and ministry. While "to Live is Christ and to die is gain" for John, his homecoming would be quite a loss for those of us who remain, and we ask The Lord for healing. We also thank our subscribers for their prayers for our friend & brother Pastor Tony Pearce in London. Tony is scheduled for two surgery procedures this week for skin cancer, one of which involves potential risks for his eye. Continued prayer is much appreciated.
By David Passmore February 19, 2026
Prayer request for Sue
By David Passmore February 17, 2026
Prayer request for Joan Philips