Harpazo - Vooraf

April 1, 2025

Ons Sal Verander Word Soos Wat Hulle Verander het.

 

“Kyk, ek deel julle 'n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, in 'n oomblik, in 'n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word. (1 Kor. 15:51-52) 

“En Hy het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geblink soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig.” (Mat. 17:2)

Gebeure wat die Gedaante Verandering Voorafgaan.

In al drie die sinoptiese Evangelies sien ons die fase van Jesus se bo- Galilése bediening opgevolg deur Sy terugkeer van die Siro Feniciese streke van Tire en Sidon. Dit is hier waar Hy eerstens baie duidelik Sy dood voorspel het en waar Hy die god van hierdie wêreld by Caeserea– Phillippi uitgedaag het. Dit is waar Pan in die Griekse mitologie ’n god was wat voorgegee het hy ’n mens was wat in ’n Griekse tempel aanbid was waar Keiser Augustus in dieselfde omgewing voorgegee het dat hy ’n mens was wat as ’n god in ’n Romeinse tempel aanbid was.

Dit was ook hier waar Jesus Homself geïdentifiseer het as die “Rots”en melding word gemaak van die poorte van die doderyk (Hades- Mat. 16:13-20) Die poorte van Hades was ’n kaskade in ’n grot, wat vandag nog in die westerse fasade van die Berg Hermon gesien kan word. In heidense Pan aanbidding was bokke godsdienstig geoffer na ’n seksuele daad met heidense Griekse priesters. Hierdie bokke was dan in die malende water by die ingang van die grot gegooi wat hulle onder die water ingetrek en verdrink het en net hulle karkasse het oorgebly.

As die malende water nie die bok in die onderliggende skeure ingetrek het nie dan het dit in die heidense denke van die Pan aanbidders beteken die offer was onaanvaarbaar. Dit is hier waar Jesus gekom het, nie as ’n mens wat voorgegee het dat hy ’n god was nie, of ’n god wat voorgee dat hy ’n mens was nie, maar eerder as ’n Joodse Messias wat beide 100% mens en 100% God is. Hierdie poorte van Hades het ’n populêre Joodse metafoor geword vir biologiese dood.

Jesus is die Rots van ons redding (1 Kor. 3:11) Hy is die Rots waarop Sy Kerk gebou sal word en biologiese dood sal as gevolg van die lewe wat Hy gee nie meer enige mag hê nie.

Deur die Opstanding en Harpazo is dit geen toeval dat die Messias as die “sondebok” (Seir (Azazel”) (Heb. 9) in plaas van die offer bok die sondebok sou word wat in ons plek sou sterf, en hierdie reuse rots waarop die tempels gebou was- sou vervang word deur die Kerk, dieselfde rots waaruit die lewende waters vloei in ’n direkte tipologiese ooreenstemming met die water wat uit die rots gevloei het wat Moses geslaan het. In 1 Kor. 10 verwys Paulus hierna.

Baie kan gesê word oor wat by Caesarea-Philippi gebeur het soos om te sê dat dit voor die opgaan na die Berg was waar die gedaante verandering plaasgevind het- dat Jesus hier vir die eerste keer van Sy eie dood gepraat het en Sy oorwinning wat Hy sou behaal oor die dood. Diegene uit die Opstanding en hulle wat nooit sou sterf nie sou daar wees —dit is- Harpazo.

Wat uniek kan wees oor Christus as ons sondebok is dat nie soos met die heidense bokke wat of onder die water na die onder wêreld ingesuig was om nooit weer gesien te word nie, wat van hulle ’n onaanvaarbare offer gemaak het, terwyl Jesus as ons sondebok inderdaad na die onderwêreld afgedaal het, dit is na Hades, waar Hy Homself aan die Ou Testamentiese heiliges openbaar het en weer uit die dood opgestaan het. Dit sou wees asof een van die bokke by Cesaréa-Filippi ingesuig was na die dieptes van die rotsagtige spelonk maar wat dan weer uit die dieptes van die rotsagtige spelonk opgestaan het wat geen mag oor dit gehad het nie.

Net so sou die graf ook geen mag oor Jesus en diegene wat op Hom as die Rots van ons Redding vertrou hê nie.

   Dit was hier waar Jesus die eerste keer gepraat het van die Opstanding en die Harpazo. Die konsep van Hades was eenvoudig ’n oorplasing van ’n bestaande Hebreeuse konsep van ‘Sheol’ in ’n Grieks terminologie en kultuur wat soos met Hades bestaan het uit twee gedeeltes wat geskei word deur ’n onoorkombare kloof. Aan die eenkant was daar “Abraham se bors” waar die Ou Testamentiese heiliges saam met die voorvaders rus in afwagting vir die offer en Opstanding van die Messias deur wie hulle en ons gered word. Dit is waarheen Jesus na Sy kruisiging afgedaal het in ’n gedeeltelike vervulling van die profesie van Jesaja 61 se Jubilee tema. “om vir die gevangenes 'n vrylating uit te roep”. Die ander kant van kloof is waar die ongeredde mense wag op die oordeel. Die misverstand rondom hierdie konsep is as gevolg van vertaling probleme in sekere Engelse Bybel vertalings oor die onderskeiding tussen ‘Sheol en Hades.

Die Gedaante Verandering.

“En ná ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes, sy broer, saamgeneem en hulle op 'n hoë berg in die eensaamheid gebring. En Hy het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geblink soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig. En kyk, daar verskyn aan hulle Moses en Elía in gesprek met Hom.

Toe begin Petrus vir Jesus te sê: Here, dit is goed dat ons hier is; as U wil, laat ons hier drie hutte maak: vir U een en vir Moses een en een vir Elía. Terwyl hy nog spreek, oordek 'n helderligte wolk hulle meteens en daar sê 'n stem uit die wolk: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. Luister na Hom!

En toe die dissipels dit hoor, het hulle op hul aangesig geval en was baie bevrees. En Jesus het nader gekom en hulle aangeraak en gesê: Staan op en moenie vrees nie. Toe slaan hulle hul oë op en sien niemand meer nie, behalwe Jesus alleen.

En onderwyl hulle van die berg afklim, het Jesus hulle bevel gegee en gesê: Julle moet vir niemand iets van die gesig sê voordat die Seun van die mens uit die dode opgestaan het nie.

En sy dissipels vra Hom en sê: Waarom sê die skrifgeleerdes dan dat Elía eers moet kom? En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dis waar, Elía kom eers en sal alles herstel; maar Ek sê vir julle dat Elía al gekom het, en hulle het hom nie erken nie, maar aan hom alles gedoen wat hulle wou. So sal die Seun van die mens ook deur hulle ly. 13- Toe verstaan die dissipels dat Hy met hulle van Johannes die Doper gespreek het.”  (Mat. 17:11-13)

In teenstelling met sommige latere tradisies in die Oosterse Ortodokse en die Roomse Katolieke groepe kan die berg waar die Gedaante Verandering plaasgevind het nie die Berg Tabor aan die noordelike kant van die Vallei van Jisreël wees nie, maar sekerlik die Berg Hermon waar die voorafgaande teks sê Jesus en Sy dissipels gedurende ’n sekere tyd heen gegaan het, alhoewel hulle die Berg Tabor in ses dae te voet kon bereik. Die vroegste manuskrip vertel ons dat die berg van Gedaante Verandering ’n baie hoë berg is terwyl die Berg Hermon dit nie is nie. (Mark. 9:2)

Dit was hier op die Berg Hermon waar Galiléa, die Golan Hoogtes (wat geken was as Bashan) en Libanon- bymekaar kom en waar een van die mees diaboliese episodes in die geskiedenis van die mens volgens die Boek van Jerash en buite Bybelse Joodse historiese geskrifte plaasgevind het.

Dit was hier in die dae van Jabes dat die “Nephilim ”-Reuse na die aarde toe gekom het en gemeenskap met die mense vroue gehad het uit wie bose reuse voortgekom het- volgens Genesis 6 en die Boek Judas met ’n vae verwysing in ander Skrif gedeeltes soos 1 Kor. 11. Maar waarna hierdie bose wesens afgekom het- het die Seun van die Mens opgegaan. Jesus gebruik weer geografiese simboliek soos by Cesaréa-Filippi waar Hy demonstreer hoe Hy die gode van hierdie wêreld uitdaag.

Die Berg Hermon is ongeveer 10,000 voet (+- 3000m) hoog en op die hoogste piek sneeu bedek vir meer as sewe maande van die jaar. Dit is nie altyd wolk bedek nie en dit wil ook voorkom asof dit met die lig helderheid in die Gedaante Verandering verhale ooreenkom met ’n natuurlike lig en ’n bewolkte agtergrond.

   Met net Petrus, Jakobus en Johannes as getuienisse het Jesus van gedaante verander. Die term wat gebruik word is dieselfde wat Paulus gebruik het as: “Ons sal verander word”- wat heel gepas “metamorfobies” beteken.

In Mat. 17; Mark. 9 en Lukas 9 het ons drie sinoptiese weergawes van hierdie gebeurtenisse. Die skitter van die Here se gesig is vir die Jode ’n beeld uit die profesie van Moses in Deut. 18:18 dat die Messias ’n Profeet soos Moses sou wees. Soos wat Moses van die Berg af gekom het en sy gesig as gevolg van die Shekinah geblink het, net so sou dieselfde gebeure hom ook met die Messias herhaal.

Die glansende gesig van Jesus en die voorkoms van sy kleed wat beskryf word as helderder as die son en so wit soos lig sou weer deur Johannes op die eiland Patmos in Openbaring een ervaar en in detail beskryf word. (Op. 1:14-16)

Johannes het Jesus as ’n mens geken, maar in minstens twee gevalle tevore soos in Op. 4:1 was hyself in die hemel opgeneem en het hy dieselfde Jesus in Sy Goddelike Heerlikheid aanskou en hy moes bonatuurlik versterk word om Jesus vir wie Hy werklik is in Sy Goddelike Heerlikheid te kon aanskou, ten spyte daarvan dat hy die Here as ’n man geken het wat geen gestalte of heerlikheid gehad het nie. (Jes. 53:2)

Die Verskyning van Moses en Elia aan die Apostels en hulle gesprek met Jesus.

Die onderwerp van hierdie gesprek was die Here se komende hemelvaart en wat Hy in Jerusalem sou doen. In werklikheid volgens Lukas 9:28 was die doel van hierdie gebeure nie die Gedaante Verandering nie maar om te gaan aanbid. Dit sou ’n moeilike klim vir die Apostels wees en hulle was uitgeput en vaak.

Dit het plaasgevind in die Tuin van Getsémané waar hulle saam met Jesus gaan aanbid het en waar hulle weer aan die slaap geraak het en hulle vinnig wakker gemaak moes word. (Mat. 26:45-46) Weereens, met ’n agtergrond verwysing na Hooglied van Salomo, praat Jesus van beide die wyse en die dwase maagde wat aan die slaap geraak het en wat ook haastig wakker gemaak moes word met die koms van bruidegom. (Mat. 25:5) Hierdie herhalende gebeurtenis is ’n verwysing na die toekomstige toestand van dinge wanneer Hy weer gaan kom.

Die Skrifte praat van ons moet werk terwyl dit nog dag is omdat die nag kom wanneer niemand kan werk nie (Joh. 9:4) en met die wederkoms van Jesus en die tyd van die Opstanding en Harpazo gaan mense weer haastig wakker gemaak word. Sommige sal slaap, maar ons sal nie almal slaap nie. (1 Kor. 15:51) Wanneer ons haastig wakker geword het sal ons Jesus in sy Heerlikheid sien. Dit was in hierdie wakkerword toestand dat Petrus, Jakobus en Johannes bewus geword het van die teenwoordigheid van Moses en Elia, wat die Wet en die Profete verteenwoordig het. Dit is die duidelikste beeld wat ons van die Perousia het- dit is die Opstanding en Harpazo.

Moses en Elia

Soos verteenwoordig deur Moses, het ons ’n getroue dienskneg van God wat biologies gesterf het—dit is- “Slaap” in die Here. As gevolg van Moses wat die rots twee keer geslaan het beteken dit tipologies ’n meervoudige kruisiging van Christus daarom kon hy nie in die Beloofde Land ingaan nie en hy het op die Berg Nebo gesterf. Ironies is dit dat kerke wat die ‘Mis’ (RKK)’ leer aanhang waar Christus sakramenties herhaaldelik sterf- in dieselfde sonde van Moses betrokke is waar Jesus herhaaldelik gekruisig word. Jesus het net eenmaal gesterf. (1 Pet. 3:18; Heb. 7:27, 9:12, 10:12, 14)

Moses verteenwoordig die Wet, maar die Wet kan nie red nie maar die Wet leer ons dat ons redding nodig het. Maar as gevolg van sy sonde, en omdat hy die Tora verteenwoordig wat nie kon red nie, maar wat ons leer dat ons ’n Redder nodig het, was dit onmoontlik vir Moses om oor die Jordaan in die Beloofde Land in te gaan, ’n beeld van om in die Millennium Heerskappy van Christus en Sy ewige koninkryk in te gaan. Maar met die Koms van die Messias het dit vir Moses moontlik geword om die Land in te gaan.

   Toe Moses vir God gevra het om in die Beloofde land in te gaan het God vir hom gesê hy moet Hom nie weer oor hierdie saak raadpleeg nie. (Deut. 3:26)

Die Ou Testamentiese Israelitiese heiliges wat getrou aan God onder die Tora gesterf het kon die Messiaanse Koninkryk ingaan omdat hulle die Messias herken het. In Moses sien ons dan ’n man wat gesterf het maar wat nou in Christus lewe.

Elia aan die ander kant was ’n man wat nooit gesterf het nie maar wat weggeraap is, hy was weggeruk en in die hemel opgeneem (2 Kon. 2:1-4) na ’n ernstige konflik met ’n bose vrou Isébel. (1 Kon. 2:1-4) Jesus gebruik hierdie bose vrou Jesebel as ’n metafoor vir geestelike misleiding wat die valse godsdiens in Openbaring 2:20 verpersoonlik wat die diensknegte van die Here verlei sodat hulle voedsel eet wat aan afgode geoffer word. (’n profetiese verwysing na eucharistiese transsubstansiasie van Thiatíre, wat in Grieks “die kerk van ewigigdurende offerande”- beteken, Jesus sterf weer en weer, basies net soos die sonde van Moses.) Dus in Elia se konflik met Isébel, voordat hy gesterf het, slag hy diegene wat aan Isébel se tafel geëet het. (1 Kon.18-)

Sonder enige twyfel is die eucharistiese afgodery in die naloop van die Protestante Reformasie verantwoordelik vir die bloed van ’n menigte martelare wat nie weer in dit betrokke wou raak nie maar wat so ’n wrede geding eskatologies geword het wat ook verwys na Jeremia se profesie oor die koeke offers aan die koningin van die hemel in die laaste dae van Juda (Jer. 44:17-19) wat ’n beeld is van die laaste dae van die kerk wat dieselfde temas van Babilon en Babilon die Grote respektiewelik dra.

Wat interessant is- is dat Moses – die een wat in die Here gesterf het, en Elia – die een wat nooit gesterf het nie maar wat weggeraap is, net soos Jesus verskyn. Soos wat die Skrifte sê, ons sal wees soos wat Hy is. (1 Joh. 3:2)

Dit is ook merkwaardig dat hierdie Ou Testamentiese heiliges deur die Apostels geken was. Met die Opstanding en die Harpazo sal ons outomaties weet wie Moses, Elia, Jeremia, Maria, Petrus, Paulus, Johannes en Rut is, en hulle sal ons ken soos wat die Nuwe Testament sê, Hy bring Sy Heiliges saam met Hom. (1 Tes. 3:13) So was dit hier op die Berg Hermon, die hoogste berg in Israel, hulle ontmoet die Here in die lug.

Dit is sekerlik die duidelikste beeld wat ons van die Opstanding en die Harpazo het. Dit maak nie saak of ons in die Here in die karakter van Moses ontslaap het nie, of nog in die lewe sal wees nie, of die vrou Isébel wat weer amok maak in Openbaring in die vorm van valse gelowe in lyn met Antichris, en hoe Elia haar ontvlug het, al wat saak maak is of ons in Christus is.

Ons sal almal word soos wat Hy is. Soos wat Paulus skryf, of ons dan lewe of gesterf het, ons is in die Here. (Rom. 14:8)

Die Groter Betekenis

Ons het ten minste drie direkte en baie duidelike redes om die Gedaante Verandering as ’n beeld van die Opstanding en Harpazo te verstaan, en ook ’n vooruitsig van ons toekoms met die komende Here met die Perousia.

Eerstens het ons twee baie duidelike Skrif verwysings wat die eskatologiese gedeelte verbind met 1 Korinte 14 wat handel oor die Opstanding en die Harpazo-- dit is die Perousia of die openbaring van Christus en Sy Gedaante Verandering. Dieselfde woord wat deur Paulus gebruik word vir “Sal verander word” (Metamorphoo”) is dieselfde woord wat deur Matthéüs gebruik word om te beskryf hoe die Here verander het met die Gedaante Verandering.

Tweedens, Petrus se misverstand om drie hutte te bou kan net verstaan word as die eskatologiese vervulling van die Loof Hutte Fees (Hag Sukkot) besig was om te gebeur. Vir Jode soos Petrus, Jakobus en Johannes het hulle geweet dat met die vasstelling van die Messiaanse Koninkryk (Die Millennium heerskappy van Christus) die Loofhutte fees gevier sal word en gebaseer sal word op die Profesie van Sagaria 14 wat volg op die wederkoms van Christus soos beskryf in Sagaria 12 en 13.

   Derdens, die Gedaante Verandering verhaal word in Mark. 9:1, Mat. 16:28 en Luk. 9:27 voorafgegaan deur die woorde van Jesus dat van Sy Dissipels die biologiese dood nie sal smaak nie, wat presies in die Opstanding hoofstuk deur Paulus in 1 Kor. 15: 51 herhaal word - “Ons sal nie almal ontslaap nie.”

Die direkte skakels van hierdie drie faktore wys baie duidelik dat die Gedaante Verandering van Jesus ’n tipologiese toekomstige beeld is van die Opstanding en die Harpazo gebeure soos wat dit deur Paulus voorspel is in 1 Kor. 15- met ’n verwysing na 1 Tes. 4:15.

Die Verkeerde Veronderstelling

Petrus wou drie hutte bou met die veronderstelling dat die Messias nou in Sy Heerlikheid geopenbaar sou word. Moses was saam met Hom en ook Elia wat die Apostels, soos wat al die Jode van die dag in ’n sekere mate verstaan- moet kom voordat die Messias kom, gebaseer op die profesie van Maleági 4:5.

Dit was Petrus se verwagting dat die Messiaanse Eeu nou ingewy sou word. Terselfdertyd vertel Lukas 9:34 dat ’n wolk oor hulle gekom het waarin hulle gegaan het en uit die wolk het daar ’n Stem gekom wat sê: “Dit is My geliefde Seun; luister na Hom” wat dieselfde gebeurtenis bevestig met Jesus se doop in Luk 3:22, Mat.3:17 en Mark. 1:11, en ook geprofeteer in Jes. 42:1. Dit was met die aanskouing van hierdie heerlikheid dat Petrus ’n verklaring gemaak het.

“--want Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe hierdie stem uit die luisterryke heerlikheid tot Hom gekom het: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. En hierdie stem het ons uit die hemel hoor kom toe ons saam met Hom op die heilige berg was.” (2 Pet. 1:17-18)

Die afdaling van die wolk op die berg sou weereens vir enige Jood bekend wees wat hulle verstaan as die Shekinah Heerlikheid wat in die wolkkolom neergedaal het soos met Moses.

As gevolg van die hoogte was die natuurlike werwelwind ook vergelyk met die werwelwind wat Elia weggeneem het. (2 Kon. 2:1)

Dus, al drie die Persone van die Godheid was teenwoordig met die Gedaante Verandering. Met die Parousia sal al drie die Persone van die Godheid ook teenwoordig wees. Die Vader wat beveel, die heiliges- ingeslote die wat opgewek en weggeraap is wat die Here Jesus- die Seun in die lug sal ontmoet, en almal wat deur die Gees van God oorklee word. In Lukas se weergawe was Jesus in die wolk as die Seun van God wat ooreenkom met Jesus se teenwoordigheid in die Shekinah waaruit die Stem van die Vader gehoor was.

Ons het ’n ooreenstemmende gedeelte in die martelaarskap van Stefanus in Hand. 7:55 waar vertel word om met die Heilige Gees vervul te wees, het Stefanus ’n sigbare openbaring van die verhouding tussen die Vader en die Seun gesien terwyl hy tussen lewe en die dood gehuiwer het met sy marteling en ontvangs in die heerlikheid.

Dit is met reg dat baie sê dat ons in hierdie lewe maar net ’n gedeeltelike begrip van die Drie Eenheid van die Godheid en die Enigheid van die Vader en die Seun saam met die Heilige Gees kan begryp. Die gevangeneming en die begrip daarvan het vir Stefanus duidelik geword toe hy in die ewigheid ingegaan het vanwaar ons kan aanneem dat dieselfde waar sal wees ook vir ander gelowiges wat in Christus gesterf het.

Ons sal nie almal ontslaap nie maar volgens 1 Korinte 15 sien ons dieselfde openbaring van die natuur en die enigheid en tussenspel van die Drie Persone van die Godheid wat gedemonstreer word by die Gedaante Verandering- net soos hulle ook sal wees met die Episunagoge- dit is met die tyd van die Harpazo.

Die Seun sal in die wolk wees maar in die teenwoordigheid van die Vader, en dit is iets wat diegene wat weggeraap is in daardie oomblik ook sal aanskou. Hierdie Gedaante Verandering ondervinding is dalk die rede waarom die Apostels nie die nodigheid kon insien om in hulle geskrifte meer tyd toegewy het om die Drie Enigheid te verklaar nie.

  Vir Petrus, Jakobus en Johannes was dit nie ’n totale verborgenheid soos wat dit vir diegene sal wees wat weggeraap sal word nie, dieselfde met Stefanus.

Op ’n manier kan ons aan die Gedaante Verandering verhale dink soos wat hulle in Brittanje dink van ’n “movie trailer” of in Amerika as ’n “Coming attraction”. Dit moet so interessant wees dat ons moet uitsien om die volle verhaal te gaan sien, hoor en ondervind en wanneer ons Jesus, Moses, Elia, Petrus, Jakobus in die lug ontmoet.

Die tema van die ontmoeting van Jesus in die lug op ’n berg was nie vir Elia of vir Moses ’n nuwigheid nie. Waar God in ’n menslike gestalte verskyn het was dit altyd die Seun en nooit die Vader of die Heilige Gees nie, dit is ook wedersyds waar in die Ou Testament, niemand kan God sien en bly lewe nie, (Ex. 33:20) Daarom het God in ’n menslike gestalte verskyn as “Christofani”, dikwels as die “Engel van die HERE” of- “Ha Malach Adonai” (In Judaïsme geken as die “Metatrone”). Dit is die Here Jesus.

Die Engel van die HERE—dit is Christus—het aan Elia op die Berg Horeb, die berg van God verskyn en vir 40 dae en 40 nagte nie geëet nie, en hy het direk met God die Seun gepraat en die Here het voor hom verby gegaan. (1 Kon. 19:7-11)

Moses het ook vir 40 dae en 40 nagte nie geëet nie voordat hy die Berg van God betree en met God gepraat het. Beide hierdie twee Ou Testamentiese figure- Moses en Elia, kom weereens ooreen met die Wet en Profete, en hulle het tevore Jesus op ’n berg ontmoet. Die Gedaante Verandering was nie die eerste keer nie maar hierdie keer was die Apostels getuienis daarvan en deur hulle word ons aan die gebeure verbind.

Dit is interessant dat toe Petrus, soos wat die teks sê “verskrik” was, Elia en Moses sien opvaar dat hy drie hutte of tabernakels wou bou, en hy het nie besef wat hy gesê het nie. Dit was nog nie die tyd vir die lang verwagte Messiaanse Koninkryk nie omdat die Messias eers moes sterf en uit die dood opstaan; dit is hoekom die Here gesê het hulle moet vertel wat hulle gesien het nie tot na Sy Opstanding. (Mat. 17:9; Mr. 9:9) Hulle het nog nie die konsep van die “opstanding” verstaan nie. (Mr. 9:10) Dit is direk opgevolg deur Jesus wat in ’n bespreking van die profesië gepraat het van die koms van Elia voor die koms van die Messias. (Mk. 9:11-13)

Alhoewel Elia weer op ’n manier moet kom voor die Wederkoms van Christus, het Jesus geleer dat Elia alreeds op ‘n manier gekom het en dat Elia se gees op Johannes die Doper gerus het; maar op die berg van die Gedaante Verandering was dit nie Johannes die Doper nie maar Elia self wat wesenlik en letterlik gekom het. Hierdie twee aspekte van Elia wat beide in die gees deur Johannes gekom het, en wat werklik persoonlik gekom het, sal ’n beslissende faktor wees in die verstaan van die manier hoe Elia weer gaan kom voor die tweede koms van Jesus.

Die feit is, Johannes die Doper was alreeds deur Herodus (’n Tipe van die Antichris) vermoor in Mattheus 4 en Markus 6, ’n gebeure waarna Jesus in Mark. 9:13 verwys.

Dat dit ’n Eerste verkeerde veronderstelling in die Nuwe Testament sou wees sou nie waar wees nie, met die misverstand rondom die viering van die Fees van Tabernakels het hulle gedink dit is tyd van die finale Messiaanse vervulling. Inderdaad sien ons ’n gedeeltelike vervulling van dit in Johannes 7 met die rituele van “Simchat Beit Ha Shoy’iva”, met die uitgiet van die water wat uit die Poel van Siloam gekom het oor die Tempel Berg plaveisel waar Jesus gesê het: “Ek sal vir jou lewende Water gee.” (Joh. 7:37-39)

Met die triomfantlike intog volgens die Tempel Liturgie, ook geken as die Machzor vir Pasga, moes Psalm 113-118 met die ritueel gesing word met ’n klimaks koor wat sê: “Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here”. Dit moes weer gesing word, alhoewel met die Loof Hutte fees in die Herfs met Palm takke geken as “Lulavim”. Die Messiaanse verwagting van die mense met die triomfantlike intog het hulle Hosanna vir Jesus gesing en uitgeroep:

  “Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here”- en hulle het gedink Jesus gaan van die Romeine ontslae raak soos wat die Makkabeërs ontslae geraak het van die Grieke- en dan Sy Millennium Koninkryk vasstel. Maar in plaas van om die Heidene aan te vat en Sy koninkryk op te rig het die Here die geld wisselaars aangevat wat die geloof van Sy eie mense verdraai het vir wie Hy Hom voorberei het om te sterf.

Dus in Mat. 23 waar Jesus ween oor Jerusalem, sê die Here hulle sal Hom nie weer sien totdat hulle sal sê: “Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here” nie, ten spyte van die feit dat dit presies is wat hulle Hom ’n paar dae terug met wuiwende palmtakke toegesing het toe hulle van Hom verwag het om ontslae te raak van die Heidene en om die Messiaanse Koninkryk op te rig.

Hierdie koninkryk egter, sal nie kom met ’n teken wat herken sal word nie, maar eerder deur Sy dood in ons plek opgevolg deur die opstanding en Pinkster wat nie ’n koninkryk van hierdie wêreld sal wees nie, dit is met Sy Tweede Koms wanneer die Huttefees gevier moet word en wanneer Jesus Sy aardse Dawidse Messiaanse Koninkryk gaan oprig.

Weereens, met die Seëvierende Intog en die misverstand van Petrus op die Berg van Gedaante Verandering, word nou deur die hele nasie afgespeel wat in Jerusalem as pelgrims aangekom het vir die Pasga, en dit was hierdie gebeure in Jerusalem, waar Jerusalem spesifiek genoem word, wat Jesus met Moses en Elia bespreek het. (Luk. 9:31) Dit is dus duidelik dat vir Jesus om te kom om Sy Koninkryk op te rig moet die Jode terug wees in Israel met Jerusalem as hulle hoofstad. (Mat. 23:39; Luk. 21:24; Sag. 12:1-10) Wanneer hierdie gebeure saamgevat word sal die Israeliete en die nasies saam die Hutte fees in Jerusalem vier. (Sag.14)

Dit is wat Petrus en die ander Apostels en die mense in die algemeen nie kon verstaan nie, dit was: “Een Messias met twee verskynings”: Die eerste keer vir versoening vir sonde en die tweede keer as die Dawid Oorwinnaar. Hierdie gebeure word in diepte bespreek in die boek: “The Final Words of Jesus” en- “Satan’s Lies Today” waar die twee beelde van die Messias in die Joodse denke, soos die Messias as die Seun van Dawid, wat ’n Oorwinnaar was, en die Messias as die Seun van Josef wat die Lydende Dienskneg was, wat in Judaïsme ook geken word as “Ben Ephraim”-bespreek word.

Samevatting

Die belangrikheid om die Gedaante Verandering as ’n paradigma te verstaan en om die Opstanding en die Harpazo te begryp- kan nie oorbeklemtoon word nie.

Dit is aan die woorde en lering van Jesus wat vir ons in die Gedaante Verandering verhale gegee is wat die basis vorm van Paulus se latere leringe in sy briewe beide in Korinte en Thesalonicence oor die koms van Jesus en ons eindbestemming in die Opstanding en Harpazo. In sy kern is dit waar Paulus sy eie Opstanding en Harpazo eskatologie gekry het wat onder die inspirasie van die Heilige Gees verkry en vir ons deur hom ontsyfer is.

In enige oorweging van die onderwerp oor die Opstanding en Harpazo moet ons konsep omraam word met die Gedaante Verandering verhale en die leerstellige beginsels wat hoofsaaklik deur Paulus vir ons gegee is.

J.P. Moriel / Harpazo preview / 08 /2015



By David Passmore April 14, 2026
A critical juncture in NATO'S future Rubin Rothler LLB, LLM NATO was originally established in 1949 to keep the Russian hordes at bay from toppling those European countries not forked over to the Soviet sphere of influence at the Potsdam conference. Europe lay in ruins. Britain had passed on the torch of global hegemony to the U.S. by tacitly acquiescing to the decolonization of its Empire when Churchill and Roosevelt agreed terms of the Atlantic Charter for the post-war new world order in 1941. So from its start NATO was very much an American driven endeavor. American money with the Marshall plan was propping up western European economies and its military might was forming the bulk of their defensive capabilities. The lopsided nature of this dynamic has informed how tensions have persisted and recently erupted in the Alliance. During the Cold War the U.S. felt obligated to shoulder the costs of underwriting Europe's security in light of the broader interests to keep the Soviet's in check. Following the fall of the Iron Curtain European complacency became a sticking point with the 'peace dividend' further exploiting American largesse. European NATO allies spent ever smaller percentages of their GDP on defense expenditure at U.S. expense. Now in a multi-polar world U.S. and European perceived threats are less aligned. This was first tested in the aftermath of September 11th when for the first time NATO elected to trigger its article 5 collective defense protocol. And since then the U.S. has sought to continue to expand the traditional theatre of operations beyond Europe's borders. No longer is Russia perceived by America as being a proximate existential threat to its interests, but rather containing Chinese expansion in the Pacific arena. Parallel to NATO a discrete 'five eyes' intelligence sharing alliance comprising the Anglo-sphere (the U.S., U.K., Canada and New Zealand) emerged. This stands at the center of the U.S. – U.K. 'special relationship'. A relevant question would be can this signals intelligence (NSA-GCHQ) partnership persist should the U.S. withdraw from NATO? Conventional thinking would have led one to believe that with Brexit the U.K. would naturally pivot towards closer U.S. relations but under Starmer the U.K. is distancing itself. European powers misrepresent the present conflict as an aggressive, rather than defensive U.S. adventure while they themselves are more likely to be at risk. In this the Starmer government resembles the Labor party led committee for nuclear disarmament in the 1980's. It opposed the Thatcher supported deployment of U.S. cruise missiles in response to the Soviet SS20's pointed at Britain's cities. The British left branded their response to Soviet strategic escalation to U.S. aggression. This time however there is for the moment no Thatcher to bring common sense into an equation dominated by emotionally driven ideologies in the face of an aggressor with definite aims. In terms of the Russian-Ukraine conflict we are reverting to the old question dating back to the Napoleonic war era: to what extent is London happy with the European nations fighting it out alone for dominance of the continent. Britain was never willing to accept a single power in control. Many variables will dictate what kind of world emerges from the current conflicts in Ukraine and Iran. How will power be extracted from potential gains? What will be the strategic impact of this? What is sure, in the age of Trump this pattern of reliance on U.S. muscle is becoming quickly exhausted. Dating back to the Roman Empire, a factor in the decline of major powers has always been astronomical military spending, a budgetary demand that the U.S. under Trump is no longer willing to shoulder alone. (Author is an Israeli American lawyer academically qualified in British and in U.S.A. law, and a graduate of the School of Oriental & African Studies, London. He is a Jewish believer in Jesus and is currently based in Israel).
By David Passmore April 9, 2026
Please keep brother Malcolm Betts from the New Life Pentecostal Church, Winsford in prayer. He is suffering from heart failure, valve problems and spinal stenosis. Your prayers for healing and intervention are coveted. Also, Malcom’s daughter Laura-Louisa is having complications with her pregnancy. Her baby boy is due on the 22nd of April and was in a breach position, however he is now moved to an oblique position which carries serious risk and possible surgical intervention. Laura is also at risk of postpartum haemorrhage. Please pray for the midwives and obstetricians skill and wisdom. Please also pray for Malcolm’s sister Susan who has sepsis in her leg. And please pray also for Sheila Carlisle. She is undergoing knee replacement surgery.
By David Passmore April 8, 2026
Greetings Dear Brethren in Yeshua our Lord & God Hope your all well Further developments: The NHS and oncologist from day one got my Markers wrong which in result denied me access to the latest treatments such as immunotherapy and targeted treatment. After getting a second opinion from Royal Marsden they discovered my Markers were not zero but 13-14 and that I was also Claudine 18.2 which confirmed I was allowed to all the latest treatments such as targeted treatment. My local MP and Health secretary are now involved and have written to both the treatment companies and NHS trust. I have also spoken to doctors in the states. Dear brethren my family & I have been through so much in the past and the valley is truly a battle. I truly thank The Lord Yeshua for Him humbling us all, correcting us in His parental love (1 Cor 4-6 & 2 Cor 2). It’s been very hard but also a blessings to truly draw closer The Lord- cast of works of darkness/old garments and be washed in His Blood daily. Your prayers are vital and above all The Glory Of The Lord to be magnified. Please remember us in your love & prayers as we walk through this battle in The Lord. Praying for you all and much love in Yeshua. Your brother - Teerth & Family
By David Passmore March 26, 2026
Contrary to the near unanimous chorus of media coverage concerning the current impasse in the straits of Hormuz it isn't obvious that this is an American problem. The chief consumers of oil passing through this critical juncture are China, India, South Korea, Japan and the European markets. The U.S. has alternative reserves due to domestic crude from Alaska, the Permian Basin, the Gulf of America and domestic fracking. This is further augmented by Venezuelan heavy crude now refined in the U.S. and possible further supplementation with Canadian sand shale from Alberta. Based on those determinations if European powers won't contribute to efforts to keep the straits open, Trump can simply leave them to their own repercussions that will further drive up the price of Brent crude oil. The question may then become whether the U.S. can redefine the global oil market by legislatively mandating the West Texas Intermediate. Can America divorce the WTI from the Brent prices and from the Rotterdam spot market prices by maintaining a domestic market legislatively controlled? In so doing, keeping all oil being drilled from federal lands subject to a semi-interventionist price control system that in theory could average domestic gasoline prices at $2/gallon varied only by state taxes. Such a fundamental restructuring of oil markets will allow the U.S. to operate independent of global bench marks. This might be opposed by petroleum industry interests who would benefit from higher international prices, but would likely have public support. Such price regulation would not be government mandated price controls in the ordinary sense, but could be legally enforced as terms of condition in federal licensing policies for drilling on federal lands. Approximately 25% of oil pumped in the U.S. is drilled on federal land where contractual conditions can be easily implemented. These strategies would have a short to medium term impact on global markets and on domestic prices. Medium to longer term strategies however would require a national network construction of safer pebble cooled nuclear reactors, generating a viable source of electricity for electric vehicles. Additionally, similar to the energy company SASOL, the U.S. should begin domestic production of a coal conversion variant of gasoline, jet fuels and certain petrol chemicals. The Fischer-Tropsch process technology allowing for the production of cleaner synthetic fuels has existed since the 1930's and enhanced upgrades of this method are in active production use in South Africa. This would avoid the failed folly of moving towards 100% renewables that have crippled the German economy and driven energy costs punitively higher in order to placate Green Party-political interests. The Trump administration must lower domestic gasoline prices in an election year in the short term. However, in the medium to longer term the current conflict with Iran affords an opportunity to restructure the international oil market in such a manner that it will immunize the U.S. from surging oil prices. In theory such a fundamental revamping of oil markets could keep domestically produced oil under $50/barrel. Events are marching forward at pace. At time of writing some European nations have indicated a willingness to perhaps contribute towards a naval response. Trump himself has said that Iran is negotiating an end to the blockade. Irrespective of this, the situation has elucidated the vulnerability of European and Asian gas and oil supply and the opportunity for the U.S. to advance its energy independence in such a way that will directly translate into savings for domestic consumers. (Author is an Israeli American lawyer academically qualified in British and in U.S.A. law, and a graduate of the School of Oriental & African Studies, London. He is a Jewish believer in Jesus and is currently based in Israel).
By David Passmore March 23, 2026
An ex-catholic and bible scholar responds to the eucharist
By David Passmore March 11, 2026
THE CONFGLAGRATION OF HOSTILITIES IN THE MIDDLE EAST AND CURRENT RISING GLOBAL ENERGY PRICES. WHAT IS REALLY HAPPENING? Rubin Rothler LLB, LLM The markets historically have responded with grave alarm at the prospect of disruptions in the major sea lanes for transporting fuel. So far, Iran has exercised a degree of reluctance to fully close this critical channel due to Chinese pressure for their major source to remain. The Chinese economy could be savaged should Iran fully attempt to shut down all shipping in its entirety. As the war continues, Iranian capability to realize these ends becomes less likely due to the severe damage inflicted upon maritime forces. The U.S. has strategically positioned their Armada in place so that they are effectively choking the deployment of the Iranian Navy at sea in all theatres. From the coast of Sri Lanka in the mid Indian Ocean to the outer reaches of the Persian Gulf, the Iranian Navy is simply out gunned and woefully inadequate technologically to pose any meaningful opposition. However, they may decide to go all in and actively concentrate directed attacks by their small boats at all incoming oil tankers in the Straights. If this scenario unfolds, we may see an impasse in the conflict. Fear in the Gulf States and Saudi Arabia has already greatly increased. These regimes continue to be actively targeted by Iran to cause maximum economic impact. They may lean on the U.S. to seek a negotiated settlement. Europe with the exception of Spain has so far largely fallen into line with the Washington consensus. But if prices rapidly increase policy may shift (as it has been with now over $100 per barrel of oil). The combination of Arab consternation, Chinese pressure and European pliability together with a collapse in global energy supplies could cause the U.S. to reconsider its objectives in terms of what can be realistically realized. Trump prepared for these repercussions and mitigated the damage by posturing accordingly. The City of London's traditional monopoly on ensuring the maritime industry is being effectively displaced by U.S. surety for transit in the Straights. Further, the operation to remove Maduro in Venezuela with the consequent assumption of their oil reserves lent handsomely to the aim of forging an alternate fuel supply to the global markets. Albeit there remain questions concerning the ability to refine thick Venezuelan crude oil as its refining is more costly and arduous than Saudi and Gulf oil. Trump gained an extension of time for getting these operations underway by drawing out the prior negotiations with Iran. Here we can see that contrary to popular comment Trump's actions are strategically calculated. Complicating matters, after the oil and natural gas embargo was imposed on Russia, Europe became increasingly reliant on Middle Eastern supplies. Qatar is the prime source of natural gas and its depots are being choked by Iranian strikes. If this persists Europe will find it extremely difficult to secure its energy needs. Similarly, India has been acutely impacted to such an extent that Trump was moved to allow Delhi to lift sanctions on Russian energy. It must also be noted however that at present there exists no shortage of ready refined petroleum supplies, not even including the embargoed Russian oil (much of it unrefined) stored in tanker ships due to Ukraine War sanctions. Trump Administration plans using US naval and allied naval assets to escort tankers through the Straights f Hormuz would easily allow Lloyds of London to provide usual insurance once those vessels clear the Persian Gulf. Hence, the upward trajectory of crude prices is in part being manipulated by certain City of London and Wall Street interests that are in some measure politically motivated to favour the American Democrat Party in upcoming mid-term congressional elections. In terms of supply actualities, crude increases should be no higher than 25% in terms of Brent and 20% in terms of West Texas Intermediary. Predictably the legacy media is misrepresenting the price surge as purely market driven, when it is to some degree being engineered. Certain questions can be raised regarding how current events will unfold. A catastrophic situation could plausibly embroil dragging in additional actors to the conflict. Serious commentators have actually cautioned that we are heading towards World War Three. Short of this, Qatar is warning of global economic disaster. At the very least we will continue to see instability in global energy markets that will increasingly hit everyday consumers at the gasoline pump.
By David Passmore March 9, 2026
There appears to be a number of good pastors in very serious health struggles at the moment in England. These include Pastor Tony Pearce (London), Pastor John Anglisse (reading area), and Moriel Pastor Teerth Sonde (Wolverhampton). To these we have just learned that another Moriel Pastor in Winsford, Pastor Malcom Betts has suffered a serious coronary and is likewise in deep need of prayer. This may or may not be a general demonic attack on pastors in the area of health, however Our God Is Indeed Able to undettake for all of them and each of them.
By David Passmore March 7, 2026
URGENT PRAYER REQUEST Moriel has learned that Pastor John Anglisse of Ark Christian Fellowship in England, a long standing friend of Moriel, has been medically diagnosed as being pre terminal in his on going health battles. Moriel and Jacob Prasch earnestly request prayer for The Lord's intervention and prolonging of John's temporal life for the sake of his wife Mary and for his congregation and ministry. While "to Live is Christ and to die is gain" for John, his homecoming would be quite a loss for those of us who remain, and we ask The Lord for healing. We also thank our subscribers for their prayers for our friend & brother Pastor Tony Pearce in London. Tony is scheduled for two surgery procedures this week for skin cancer, one of which involves potential risks for his eye. Continued prayer is much appreciated.
By David Passmore February 19, 2026
Prayer request for Sue
By David Passmore February 17, 2026
Prayer request for Joan Philips