Beëlsebub: God van die Vlieë.

    Kom ons kyk na ’n minder aangename onderwerp, Beëlsebub, ’n Skriftuurlike metafoor vir Satan. In Hebreeus beteken Beëlsebub letterlik God van die Vlieë ‘Lord of the Flies’, ook die titel van die bekende roman van William Golding waarmee hy ’n Nobelprys gekry het. Heel waarskynlik het Golding hierdie titel en ’n gedeelte van die tema van die boek uit die Bybel gekry.

Soos wat ek al verskeie kere gesê het, per definisie is alles wat in die Bybel staan belangrik, maar daar is ’n orde van belangrikheid. Jesus praat van die swaarder dinge van die Tora en Hy waarsku teen die uitsif van die muggie en die insluk van die kameel. (Mat. 23: 23-) Jesus het nie dinge gesê wat die Woord benadeel het nie, Hy het gepraat van dinge wat te doen het met die klein dingetjies wat nie nagelaat moet word nie. Jesus het dit baie duidelik gestel dat sommige dinge belangriker is as ander dinge.

Ons kan dit soos volg verstaan: As die Woord van die Here eenmalig na iets verwys dan is dit belangrik. As die Woord van die Here meer as eenkeer na iets verwys dan is dit meer belangrik, maar as daar drie keer na iets verwys dan is dit baie belangrik, en as dit ook na die Ou en die Nuwe Testament verwys dan is dit uiters belangrik. Hoe meer die Heilige Gees iets in die Skrifte inspireer hoe belangriker word dit, vernaamlik as dit ook in beide Testamente voorkom.

Hierdie element van meervoudige insluitings en herhalings is nie net ’n literêre beklemtoning van die geïnspireerde skrywers nie, (alhoewel dit die geval kan wees) maar dit is iets wat God deur Sy Gees in Sy Woord geblaas het vir ten minste drie redes. Eerstens is dat die element van repetisie ‘n kardinale hoë vlak van belangrikheid dra. Die tweede rede is, wanneer ons ’n meervoudige verwysing na dieselfde persoon, voorwerp of gebeure in verskillende boeke of Skrifgedeeltes kry, al is dit sinopties of nie, dan is die bedoeling om dit biddend te lees en te bestudeer in kontras van die ander omdat hierdie gedeeltes onderling verlig word.

Die ooreenkomstige gedeeltes verlig verskillende aspekte van dieselfde ding waar tot die klein verskille in die detail belangrik kan wees. Daar is redes waarom God ons sinoptiese weergawes van die Lyding van Christus en Sy Opstanding gegee het- ens. Hierdie kenmerk word die mees uitstaande belangrike aspek om die lyding, kruisiging en Opstanding en wederkoms van Jesus behoorlik te verstaan, maar dit kom ook na vore in ander gedeeltes soos in die geval van Beëlsebub en demonologie.

’n Derde rede waarom God Sy woord so ontwerp het, is die inter- Testamentiese aspek, waar die Nuwe Testament die Ou Testament verklaar maar die Ou Testament dra omgekeerd die moeilike detail wat in die Nuwe Testament verklaar word. Daar is mense wat die belangrikheid van die Ou Testament verwerp deur te beweer dat dit deur Jesus in die Nuwe Testament vervul is, maar hulle verstaan nie wat “vervulling” Skriftuurlik regtig beteken nie.

Hierdie goedkoop godsdienstige siening van mense soos Barbara Aho, Victoria Dillen, W. Howard en W. Buester kan beteken dat ons net die Boek Openbaring nodig het om die eindtyd profesie te verstaan. Ons kan nie die Boek Openbaring verstaan sonder die Boek Daniël nie, ook kan ons nie die werklike betekenis en die diepte van die Laaste Nagmaal verstaan as ons nie die Pasga Maal verstaan nie. Dieselfde is waar met betrekking tot die onderwerp van Beëlsebub. Ons kan nie regtig begryp wat Jesus oor Beëlsebub geleer het as ons nie eerstens die Ou Testamentiese agtergrond waarna Jesus verwys verstaan nie.

Leraars wat hierdie verdraaide definisie van “Nuwe Testamentiese Christenskap” verkondig, verwerp funksioneel die belangrikheid om die Hebreeuse wortel van die Christelike geloof teologies te begryp. So het dit dan ’n valse leerstellige bedmaat vir die ‘In Plek Van’ pseudo- teologie geword wat deur die Kerk Vaders na die era van die apostels in die Patristiese Eeu uitgevind is. Vervanging teologie het onder die invloed van Platoniese filosofie en sekulêre politici ontwikkel met die idee dat die Nuwe Verbond die Oue teologies vervang het met die Heidense Kerk wat Israel geestelik vervang het.

    Hierdie valse ekklesiologie het verder ontwikkel na ’n valse hermeneutic wat beweer dat die kerk as gevolg van die Nuwe Testament nie meer die Ou Testament nodig het nie. Hierdie dwaasheid (wat baie keer hand aan hand loop met Joodse bygelowigheid) is net so pervers kontra Skriftuurlik aan die een uiterste as die sieklike wettiese kappie van die moderne Messiaanse Beweging (maar nie almal nie) by die ander uiterste. Dan is daar ook die pogings om ’n neo-Galasiëisme te propageer om Christene terug te kry onder die Wet deur om fundamentele vals Talmoediese Judaïsme te vereer wat deur ongelowige rabbi’s uitgevind is.

Om so ’n verskuilde dwaling aan beide uiterstes te verwerp moet ons die Skrifte hanteer soos wat die Skrifte die Skrifte hanteer. Beide van hierdie uiterstes het hulle eie geestelike voedsel gehad, dit is hulle leerstellings wat demonies deur Beëlsebub se vlieë besoedel is. Die Here verwag van ons om geestelike voedsel in te neem wat vry is van hierdie vlieë en hulle braaksels.

Beëlsebub is in die Ou en Nuwe Testament. Ons het die drie Sinoptiese Evangelies en Johannes; ons het Konings en Kronieke met parallelle weergawes (die een beklemtoon biografie en die ander die historiese kant, plus dit wat die profete in hierdie tye geprofeteer het volgens die opskrifte van die profetiese boeke. Weereens, wanneer God twee of drie of tot vier weergawes van dieselfde gebeurtenis of dieselfde lering vir ons gee, dan word dit beklemtoon op ’n vlak van belangrikheid. Alhoewel, ons moet onthou dat elke Woord in die oorspronklike geïnspireerde Skrifte in die oorspronklike tale belangrik is; nie een van hierdie lettergrepe is onbelangrik nie. Hoe meer iets in die Skrifte voorkom hoe belangriker word dit.

Met die meervoudige verwysings na Beëlsebub in beide Testamente is dit duidelik dat hierdie diaboliese onderwerp in ’n kategorie van baie belangrike praktiese en teologiese vlak val. Beëlsebub is in beide Testamente-in die Evangelies in meer as een plek en in die Tenaag (Die Ou Testament). Kom ons kyk wat die Here deur Sy Woord vir ons wil sê en wat ons moet verstaan met betrekking Beëlsebub, hoe hy as aartsvyand van God te werk gaan.

“En Moab het na die dood van Agab van Israel afvallig geword. (Vandag is Moab sentraal Jordanië) En Ahásia het deur die tralievenster in sy bo-kamer, in Samaría, geval en siek geword. Toe stuur hy boodskappers uit en sê vir hulle: Gaan raadpleeg Baäl-Sebub, die god van Ekron, of ek van hierdie siekte gesond sal word.” (2 Kon. 1:1-2)

’n Traumatiese besering deur ’n ongeluk wat ’n siekte geword het; ’n wond van die een of ander aard wat besmet geraak het. Ahasia stuur sy boodskapper om vir die god van die vlieë, die god van Ekron te vra of hy gesond sal word. Ekron word vandag geken as die Gaza strook. Die aria rondom die Gaza strook en wat vandag as Kirjat Gat bekend is, was die habitat van die oorspronklike Palestyne—die Filistyne van die Skrifte. In Hebreeus en in Arabies word hulle geken as Filistyne maar die oorspronklike Filistyne was soos die oorspronklike Amerikaners. Die oorspronklike Amerikaners was rooi Indiane, nie Europeërs nie. Net so was die oorspronklike Filistyne- Grieke; hulle was indo- Europees en nie Arabies nie. Die Arabiere het eers baie eeue later gekom. ’n Ware Palestyn is nie ’n Arabier nie maar ’n Griek. Net soos wat die ware oorspronklike Amerikaners Cheyenne, Sioux of Seminole was. Euro-Amerikaans, Asiër-Amerikaans, Afro-Amerikaans, Hispanies-Amerikaans- het eers later gekom.

So, die ware antropologiese Filistyne was eerste in Gasa en nie die Arabiere nie. Ons weet dit van die ruïnes by Knossos in Kreta waar hulle vandaan kom. Hulle het onder andere die visgod Dagon en Beëlsubub, die god van die vlieë aanbid. (Lord of the Flies) Ahasia raak besoedel met hierdie geloof en hy sê vir die boodskappers: “Gaan vra vir Beëlsebub of ek gesond sal word.”

Maar die Engel van die Here sê vir Elia die Tisbiet (Eliyahu haTishbe), “Maak jou klaar, gaan op, die boodskappers van die koning van Samaría tegemoet, en spreek met hulle: Gaan julle, omdat daar glad geen God in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg?”

Hier word nie gepraat van [’n engel] van die Here nie, maar Dié Engel van die Here, Hy is die Metatron van Judaïsme- Ha Melech Adonai. Dit is ’n Christofanie, ’n Ou Testamentiese voor vleeswording verskyning van Christus. Regdeur die Skrifte leer God ons van Satan deur die geïnspireerde skrywers. Die Boek Job openbaar sekere dinge oor Satan.

    Die Boek Sagaria leer ons dinge oor Satan, Moses leer ons dinge oor Satan, net so ook Paulus en Petrus, maar wanneer Satan gekarakteriseer word as die ‘god van die vlieë’ dan is dit net Jesus alleen wat dinge oor hom openbaar. Die Heilige Gees inspireer nie enige persoon om dinge van Beëlsebub te sê nie, dit is altyd Jesus Persoonlik wat dinge van Satan bespreek, dit is iets om oor na te dink.

God betreur Ahasia se lojaliteit: “Jy gaan na Beëlsebub toe in plaas van na My?”

Ons weet dat die Griekse term Antikristos (antichris) nie net teen Christus beteken nie; maar ook “in plek van Christus.” Die Pous se titel in Latyn is Vicarios Christos (Vicor of Christ- antikristos (Grieks) en dit maak nie saak watter pous aangestel word nie, hy sal ’n antichris wees. Wie sê so? Die Roomse Katolieke Kerk sê so en ook die pous self. Ons lees dus: “Jy gaan na hom in plaas van na My!” Maar die Eerste Gebod sê: “Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.”

Elia sê vir Ahasia:

“Daarom dan, so sê die HERE: Van die bed waar jy op geklim het, sal jy nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe. En Elía het gegaan.  En toe die boodskappers by hom terugkom, sê hy vir hulle: Waarom kom julle nou terug?  En hulle antwoord hom: 'n Man het opgekom ons tegemoet en aan ons gesê: Gaan terug na die koning wat julle gestuur het, en spreek met hom: So sê die HERE: Stuur jy, omdat daar glad geen God in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg? Daarom sal jy van die bed waar jy op geklim het, nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe. Daarop sê hy vir hulle: Hoe was die voorkoms van die man wat opgekom het julle tegemoet en hierdie woorde met julle gespreek het?  En hulle antwoord hom: 'n Man met 'n harige mantel en omgord met 'n leergord om sy heupe. Toe sê hy: Dit is Elía, die Tisbiet! [Eliyahu ha Tishbe].

(Johannes die Doper het eeue gelede dieselfde soort kleed as Elia gedra, so asof dit deur dieselfde kleremaker gemaak is, Johannes en Elia het dieselfde gees gehad)

En hy het 'n owerste van vyftig met sy vyftig na hom gestuur. En toe hy na hom opklim, terwyl hy juis op die top van die berg sit, sê hy vir hom: Man van God, die koning spreek: Kom af!  Toe antwoord Elía en sê aan die owerste oor vyftig: As ek dan 'n man van God is, mag daar vuur van die hemel neerdaal en jou en jou vyftig verteer! En daar het vuur van die hemel neergedaal en hom met sy vyftig verteer.(2 Konings 1:4-9)

Dit is een van die redes waarom ons een van die twee getuies in Openbaring 11 as Elia kan identifiseer. Johannes die Doper, Elia en Elisa het dieselfde gees gehad. Die vraag is, is die Elia figuur in Openbaring 11 dieselfde as in Mat. 17:11, wat Jesus gesê het wat moet kom by ’n toekomstige punt? Sal hy iemand in die karakter van Elisa en Johannes wees, iemand wat dieselfde gees het, of sal hy Elia wees wat ons fisies sal kan sien- wat teruggekeer het?  Ons kan ook vra wie die ander getuie sal wees, baie sê dit is Henog, ander sê dit kan Moses wees?

In die Midde-Ooste is daar Christene wat dink dit kan die Apostel Johannes wees (Dit is ’n siening wat ek net in die Midde Ooste gehoor het, behalwe een keer, maar dit is ’n meer populêre siening in die Midde-Ooste. Die oorgrote mening egter is dat een van die getuies in Op. 11 op die een of ander manier Elia moet wees. Elia word altyd gekarakteriseer deur die vraag: “Hoekom gaan jy na ’n ander god toe in plaas van na My?”

In die Elia/Elisa era was die groep getal 50 ’n verpligting en in die Skrifte is 50 ’n belangrike getal; dit is die getal van die Heilige Gees. Onthou, Jesus het die mense in groepe van ‘50’ laat sit, net so was 50 ook die getal van die “profete seuns.” Daar is iets omtrent ‘n dinamiese groep getal van 50—hierdie Pinkster getal van die Heilige Gees en die Kerk; “Voed hulle in groepe van vyftig.” Dus, tipologies, net soos wat daar ’n ware Kerk is, is daar ook ’n vals kerk, ’n beginsel wat in sy Ou-Testamentiese skadu gesien kan word met die 50 profete seuns en hulle skandelike teenbeeld groep van 50.

    Vers 11: “En hy het weer 'n ander owerste oor vyftig met sy vyftig na hom gestuur; en die het begin spreek en vir hom gesê: Man van God, so sê die koning: Kom gou af! Daarop antwoord Elía en sê vir hulle: As ek 'n man van God is, mag daar vuur van die hemel neerdaal en jou en jou vyftig verteer! En daar het die vuur van God uit die hemel neergedaal en hom met sy vyftig verteer. En hy het weer 'n owerste van 'n derde vyftig met sy vyftig na hom gestuur. En die derde owerste oor vyftig het opgeklim en aangekom en op sy knieë voor Elía gebuig en hom gesmeek en vir hom gesê: Man van God, laat tog my lewe en die lewe van u dienaars, hierdie vyftig, kosbaar wees in u oë!”  (2 Kon.1: 11-13):

Hierdie herhalende merkwaardige gebeure waar vuur uit die hemel neergedaal het sien ons in Elia se geding met die priesters van Ba’al en in Openbaring 11. Wanneer ons weer van Elia in die Boek Openbaring hoor, dan het die tye van die nasies tot ’n einde gekom en ook die tyd van genade. In hierdie tydperk draai God weer Sy profeties doelwit van redding en genade terug na Israel en die Jode. By ’n sekere punt sal die Kerk weggeraap word en wanneer dit gebeur het sal God se genade tyd vir ’n rebelerende wêreld verby wees en God deel weer met mense in die karakter van die Ou Testament, dit is die bediening van Elia. Nou is dit nog die tye van die nasies maar dit kom ten einde. Net mense wat die oordele van God sal kan onderskei sal tot bekering kom, maar die Boek Openbaring sê ook vir ons dat mense met dit alles nie tot bekering sal kom nie.

Vandag is daar mense wat met ’n valse liefde en vrede evangelie wat ongegronde dinge kwytraak met betrekking tot wat profeties na die Wegraping sal gebeur, soos- daar sal ’n groot herlewing wees nadat die ware Kerk weggeraap is. Die Bybel sê voor die wegraping gaan daar ’n groot afval kom, weg van die waarheid af, wat egter ’n feit is, is dat vir iemand wat na die wegraping tot bekering gaan kom, dit ook ’n verpligte doods vonnis sal beteken, en nog meer, na die wegraping deel God met Israel en die Jode en die tye van die nasie is verby. Hierdie idee van ’n herlewing na die wegraping is buite konteks van die Nuwe Testament. Dit sal die eeu van Elia wees. Ja,- mense sing ’n koortjie met woorde soos: “dit is die Dae van Elia.”- Nee, dit is nie. Mense sal weet wanneer die dae van Elia aanbreek. Hulle kan strooi sing soos hulle wil maar wat ’n feit is, is dat die ware gelowiges nie meer hier sal wees vir die dae van Elia nie.

So, dan is daar die derde groep van Vyftig—‘Ag spaar net ons lewe’

“Toe sê die Engel van die HERE (Die Metatron, weereens ‘n Christofani) vir Elía: Gaan saam met hom af; wees nie bevrees vir hom nie. En hy het opgestaan en saam met hom na die koning afgegaan en met hom gespreek: So sê die HERE: Omdat jy boodskappers gestuur het om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg--is dit omdat daar glad geen God in Israel is om sy woord te raadpleeg nie? --daarom sal jy van die bed waar jy op geklim het, nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe.”  (2 Kon. 1:15-16)  So word ons voorgestel aan Beëlsebub, die god van Ekron, die god van die vlieë.

Ons weet uit die Nuwe Testament en uit die Mishnah- Joodse geskiedenis, dat in die tweede Tempel periode, met die tyd van Jesus, dit algemeen bekend was onder die Jode dat Beëlsebub ’n beeld van Satan was. Kom ons kyk na die Evangelie van Mattheus- 10:25:

Dit is vir die leerling genoeg dat hy soos sy meester word en die dienskneg soos sy heer. As hulle die heer van die huis Beëlsebub genoem het, hoeveel te meer sy huisgenote!”

Die teruggevalle Sanhedrin noem Jesus, ‘Satan.’ Dit is nou skynheilig! En dit sluit mense in wat hulself ‘Christene’ noem, hulle sal altyd ware Christene volgelinge van ‘Satan’ noem. Vals godsdienste sal altyd ware volgelinge van Jesus as volgelinge van Satan sien, maar waarom Beëlsebub?

Die verwantskap tussen Jesus en die engele van Psalm 45 kan gesien word in die Christologiese detail in Hebreërs 1 en 2. Dit het ook sy diaboliese gelyke in die verhouding tussen Satan en sy demone. Satan is die koning van die demone; hy is die god van die demone. Met ander woorde, vlieë is ’n Bybelse beeld van demone.

    Kyk na die natuur van ’n vlieg. Daar is spesies in Afrika tussen die Sahara en die Kalahari wat geken word as die tsetse vlieg. Dit is nie ’n opregte vlieg nie; maar ‘n filogenetiese verwant van die vlieg. Hierdie soort vlieg kan doodmaak, maar dit is nie ’n ware vlieg nie. Die basiese filogenetiese term vir ’n gewone huisvlieg is ‘Musica Domestica,’ letterlik ‘Huis Musiek, maar daar is variasies daarvan, fonetiese variasies, maar almal werk dieselfde, die groot perde vlieë byt.

Dan het ons “Musica Vomitoria” ’n Latynse term. Dit gaan oor die manier waarop die vlieg eet, die opbring en sagmaak van die kos. Die vlieg bring ‘n bakteriese slym op wat ’n reuk afgee wat ander vlieë lok. Die opgeloste kos word dan opgesuig. Vlieë is ’n erge irritasie en as hulle ’n kans kry sal hulle jou piekniek verwoes.

Sekere vlieg variasies kan byt, maar daar is net een manier waardeur ’n vlieg kan doodmaak, en in die derde Wêreld kan ‘n vlieg doodmaak. Die manier waarop ’n vlieg kan doodmaak is om voedsel bakteries te besoedel en dit dan te versprei. Hulle bring bakteriese slym oor kos op, eet dit en bring dit weer op, ’n mengsel wat menslike en dierlike afval ingesluit. In Afrika en die Midde Ooste en in die derde Wêreld is vlieë geweldige plae. Hulle kan jou verpes maar hulle kan jou nie direk doodmaak nie maar hulle kan voedsel so vergiftig dat hulle kan doodmaak. Hulle kan dodelike siektes versprei, ’n indirekte proses, maar hulle kan ook in ‘n direkte proses doodmaak soos die tsetse vlieg.

Net so maak demone gelowiges nie direk dood nie, maar hulle kan jou piekniek erg besoedel en verwoes. Hulle maak dood deur demoniese inspirasie van vervolging maar hoofsaaklik deur middel van misleiding en vals leerstellings. As jy hulle verjaag kom hulle maar net weer.  Maar hoe maak hulle gelowiges dood?

Hulle besoedel hulle voedsel. Baie mense het al die boek ‘Shack’ gelees, hierdie boek kan mense doodmaak! Dit is geskryf deur ‘n nie-Christen William B. Young wat verkondig dat Jesus Christus nie vir sy sonde gesterf nie, ’n boek wat deur Gayle Irwin geëndosseer is. ‘n Boek geskryf deur ’n selferkende nie–Christen wat nie die plaasvervangende soenoffer van Christus aanvaar nie.

Baie mense het die boek die ‘Purpose Driven Life’ of eerder die “Purpose Driven Lie”- gelees wat deur Rick Warren geskryf is. In plaas van ‘n goedgekeurde vertaling van die Woord van die Here lees baie mense Eugene Peterson se Boodskap (The Message), ’n verdraaide korrupsie van die betekenis van die oorspronklike teks. In ’n wanvoorstelling van die oorspronklike teks is daar ‘n doelbewuste mis vertaling soos: “Die Woord het vlees geword en in ons buurt kom woon” (Joh. 1:14 ) wat geen ooreenkoms met die bewoording van die Grieks teks het nie. Peterson se “The Message” is ’n vlieë nes. (’n voorkeur vertaling vir Warren).

Daar is inderdaad ’n demoniese aanval op ons geestelike voedsel. Johannes 6 sê vir ons die Woord van God is ons voedsel. As jy vandag in ‘n Christelike boekwinkel instap dan sien jy oral swerms vlieë wat besig is om te ontlas en op te bring op godsdienstige materiaal opgestel deur onkundige Christene wat nie kan onderskei nie, wat dink dit is ’n heerlike poeding! Wat los vlieë op die voedsel? Ontlasting! (geestelik) en mense eet dit! In verskeie plekke in die Woord van die Here word die Skrifte met voedsel vergelyk, Eseg. 2, Eseg. 3, Jerm. 14, Op. 10, Joh. 6 ens. Die Woord is ons voedsel; Bybelse leer is óf ons voeding óf dit is gif, afhangende van wat ons eet. Is dit God se voedsel of vlieë braaksel? Is dit ’n Bybelse lering of is dit deurtrek van bakteriese slym of gekonsentreerde bakteriese diere ontlasting wat siektes kan versprei en jou kan doodmaak? Wil jy vlieë drek eet? Geen probleem, luister net na Bill Johnson, Beth Moore, TD Jakes of Benniy Hinn.

Vlieë kan in enige plek ingaan, al is dit die beste higiëniese omgewing. John MacAthur leer dit is moontlik om die merk van die dier te ontvang, met ander woorde om die Antichris en sy beeld te aanbid (’n werklike inkarnasie van Satan) en dan nog hemel toe gaan.

    Beëlsebub se vlieë het slym oor al die kos wat hy aan sy volgelinge bedien- gestrooi. Sy kerk in die San Fernando Vallei, in die noordelike gedeeltes van Los Angeles was eens op ’n tyd ’n skoon plek om te eet met redelike goeie voedsame kos op die spyskaart, met dank aan die vlieë wat hy laat inkom het toe hy en Phil Johnson die skerms verwyder het. Nou is dit Phil Johnson wat met ’n vuil lepel besmette slym bedien met Jimmy De Young wat vir almal vertel hoe heerlik dit smaak.

Vlieë kan babas en ou mense sekerlik doodmaak. Die derde Wêreld is vol siektes en die meeste daarvan is as gevolg van swak higiëniese standaarde in die voorbereiding van voedsel. Het jy al ooit deur die ou gedeelte van Jerusalem in ’n Moslem vleismark geloop? ’n Mens wonder hoe hulle dit gewoond geraak het? Die half verrotte vleis wat aan die vleishake hang is ’n refleksie van die besoedelde pseudo geestelike voedsel- lering van Islam, wat hulle in moskees gevoer word. God het nie ’n Seun nie, die Jode is varke en ape en Christene is ongelowiges. Ek haat nie Moslems nie, maar ek verag Islam as gevolg van sy vlieg besmette leringe.

Ons is ver beter af met tradisionele kosse, ons sal nooit siek word van die lees van klasieke leesstof soos Andrew Murray of William Gurnall nie. As iemand van rein voedsel hou dan sal ek dinge soos die Messiaanse Bybel verklaring van D. Arnold Fructenbaum voorstel. Vir Sjinese voedsel: “Normal Christian Birth” deur Watchman Nee. Vir Indië- Zak Punin. As jy in Brittanje woon probeer David Pawson se leesstof vir ‘n tradisionele Engelse ete. Dan is daar boeke van Dr. Walter Ironside, wyle Dr. Martin Lloyd Jones, Harry Ironside of Dr. Walter Martin en Dave Hunt.

Ons kan nooit die kerk genoeg waarsku teen valse leraars nie, en ons moet mense altyd na goeie kerke verwys. Om mense te waarsku teen besoedelde voedsel is absoluut nodig en belangrik, maar om goeie voedsel te bedien is uiters belangrik. Geen student van die Woord van God is volmaak nie, maar hierdie voedsel moet rein, gesond en vry wees van vlieë.

Wanneer ons sinoptiese of gelyke weergawes van iets in die Skrifte sien dan is die verskille net so belangrik as die ooreenkomste. Wanneer iemand in ’n mediese kollege gradeer dan het hy net ’n graad wat sê hy is ’n mediese dokter, maar dit is nog net ’n akademiese titel. Hierdie persoon is nog nie gelisensieer om te praktiseer nie, daar lê nog ’n drie of vier jaar postdoktorale kliniese tydperk voor. Die enigste ding wat ‘n graad in mediese wetenskap beteken is dit is ’n agtergrond om te leer om ’n dokter te wees, hy moet eers ’n lisensie bekom en dit gaan nog ’n drie of vier jaar duur voordat hy of sy kan praktiseer. Hoekom?

Een rede hoekom dit so lank duur is: vat ’n hand vol algemene simptome soos- koors, veluitslag, naarheid, hoë bloeddruk, vinnige pols, sweterige hande, slaaploosheid— Hierdie sewe simptome kan ’n indikasie wees van tenminste vyf dosyn algemene mediese toestande en honderde minder algemene toestande. Die simptome lyk almal dieselfde; dit is die verskille wat saak maak. Watter bloed spesialiste het ons nodig? Wat se soort biopsie is nodig? Dit is so maklik om ‘n verkeerde diagnose te maak omdat die mees duidelike simptome almal dieselfde lyk.

Dit neem lank om ‘n mediese gradeerde tot op ’n spesialis vlak in kliniese diagnose op te ly omdat hulle kyk na die subtiele verskille wat die gemiddelde persoon sal miskyk. Dit is hoekom medisyne net so wel ‘n kuns as ’n wetenskap is. Dit is ooreenkomste maar ook die verskille wat baie versigtig geweeg en bestudeer moet word.

Die Skrifte is dieselfde, wanneer die Heilige Gees ons iets meer as een keer gee, moenie net na die ooreenkomste kyk nie want die verskille is daar vir ’n rede.

In die Evangelies het ons twee weergawes oor Beëlsebub. Mattheus en Lukas.

   Mat. 12: 22-23: “Toe het hulle 'n duiwelbesetene wat blind en stom was, [Let op- blind en stom] na Hom gebring; en Hy het hom gesond gemaak, sodat die blinde en stomme kon praat en sien.  En die hele menigte was verbaas en het gesê: Is Hy nie miskien die seun van Dawid nie?” (Seun van Dawid was ’n idioom vir die Messias)

Die Hebreeus van daardie tyd het, wat hulle in daardie tyd genoem het: “Messiaanse wonderwerke” gehad. Daar was sekere wonderwerke wat hulle geglo het net die Messias kon doen. Vandag, in moderne wetenskaplike terms sal hulle dit neurale herlewing noem.

Wanneer senuwee selle (cytons) dood is, is hulle permanent dood. Dentrites kan herstel, hulle kan her-knoop. Ons kan seine oor die axons vuur as die dentrites (’n woord vir boom in Grieks) reïntegreer. Ons kan sinoptiese funksies weer herstel, (dit word sinapse genoem waar die selle koppel vir die doel van seine of impuls transmissie)- maar as die cytons dood is dan is dit verewig dood.

As die optiese senuwee dood is dan is dit- dit- ongeneesbare blindheid. Wanneer die audio senuwee dood is dan is ‘n persoon doof. Hulle is blind en totaal doof. Met nanotegnologie word daar ge-eksperimenteer, nie met neuro herlewing nie, maar met iets wat seine en impulse kan vuur en stuur deur ’n sintetiese proses. Miskien is daar plek vir micro kompressors met ‘n koolstof bases wat hierdie realiteit kan verander, maar dit is ’n duur en tydsame proses. Miskien kan ‘n blinde persoon iets sien of ‘n dowe persoon met ‘n versterker iets hoor maar dit is nog in die toekoms, as neuro nekrose ingetree het en die senuwee weefsel is dood, dan is dit verby.

Die Hebreërs van ouds het geglo dat net die Messias neurale weefsel kan herstel, soos wat ons dit met moderne fisiologiese wetenskap sou verstaan, alhoewel hulle nie die kennis gehad het wat ons vandag het nie. Net die Messias kan ’n blinde of ’n dowe persoon weer laat sien en hoor. Wat interessant is, is dat om iemand uit die dood te laat opstaan was nie gesien as ’n Messiaanse wonder werk nie omdat Elia dit gedoen het, maar om ‘n blinde te laat sien en ’n dowe te laat hoor, is ’n ander saak. ‘Dit moet die Messias wees’, dit was hulle denke. ‘Is Hy nie dalk die Seun van Dawid nie?’

Ons- natuurlik, verstaan dat hierdie fisiese genesings deur Jesus ’n demonstrasie is van die teologiese realiteite van geestelike genesing via die herlewing wat dit bring. Ons is almal geestelik doof totdat ons Jesus se stem hoor. Iemand kan die letterlike stem van ‘n evangelis hoor wat die Evangelie bedien, maar hulle moet deur die Heilige Gees verkwik word om Jesus se stem te hoor en om in die Gees weergebore te word. So word ons almal geestelik blind gebore totdat ons weergebore word en die Lig sien. Ons is lam gebore totdat Jesus deur Sy Gees ons krag gee om in die Gees te wandel.

Hierdie reserwe genesings wonderwerke was in Israel van ouds gesien as die eksklusiewe gebied van die Messias wat demonstreer dat net Jesus die Messias ‘n geestelike blinde persoon die Lig kan laat sien en dat ’n geestelike dowe mens Sy Stem kan hoor.

Mat. 12:24: “Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie anders uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, nie.”   Satan is die owerste van die demone; die opperhoof, die aanvoerder van die vlieë, ’n duidelike beeld van demone.

Mat 12:26- 29: “Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie. En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan?  En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees.  Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom. Of hoe kan iemand in die huis van 'n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie? En dan sal hy sy huis beroof.

Hierdie beginsel van geestelike oorlogvoering, (ek soek na ‘n beter term) word net in een soort situasie in die Skrifte toegepas—‘n term wat ek voorheen gebruik het: ekbalo (waar die term ‘ballisties’ vandaan kom) wat eksorsisme, duiwel uitdrywing beteken.

    Daar is nie altyd een goeie ou en een slegte ou in enige konflik teenwoordig nie. In Sirië het ons ’n konflik waar Assad, Al Qaeda en ISIS betrokke is. Daar is geen ‘goeie ou’ nie, die onskuldige mense en kinders is slagoffers, maar onder die vegtende faksies is daar nie een goeie kant en een slegte kant nie. Die enigste keer wat daar altyd ‘n goeie en slegte kan wees is met ’n duiwel uitdrywing.

Jy moet die sterkman vasmaak, boei. Hierdie vasmaak van die sterk man het niks met “vasmaak en losmaak” (Binding and loosing) te doen nie. Vasmaak en losmaak, as jy nie weet nie, is basies ‘n Griekse vertaling van twee Hebreeuse juridiese terms—hitir en assus wat beteken ‘om toe te laat’- luo- of te verbied- deo in Grieks. In die Joodse wet, wat Halakhah genoem word, is daar ’n rabbi wat geken word as Dyan wat ’n kenner is van die Joodse wet, en net hy besluit of iets toelaatbaar is of nie—waarskynlik gebaseer op die Torah.

Maar, die rabbi’s het die Torah vervals. Alhoewel, om ‘n lewe te red kan ‘n Jood enige van die 613 gebooie van die Torah breek behalwe drie. Hulle mag nie betrokke raak in afgodery en seksuele perversie nie- soos bloedskande en homoseksualiteit, maar hulle kan skulpvis en vark eet, op die Sabbat vuurmaak, hulle kan ’n bokkie in sy ma se melk kook. Dus, om ’n lewe te red kan hulle enige ding doen behalwe afgodery, moord en onnatuurlike seksuele perversie, dit is verbode- assur of deo, hulle is steeds gebonde - gebind. Dit is ’n term wat twee keer in die Nuwe Testament voorkom:

1) Dit is nie ‘n gesag wat Jesus aan Petrus alleen gegee het nie. In Mattheus 16 tot 18 is dit vir die Ekklesia (die gemeente- “uitgeroepenis” soos in ’n groep gelowiges) dit het te doen met onbekeerde sonde in die broederskap. As ’n persoon in die kerk betrokke raak in ‘n buite huwelikse seksuele verhouding dan mag hy nie Nagmaal gebruik nie, dit is verbode. Hulle mag nie as kommunikante aanvaar word voordat hulle nie tot inkeer gekom het nie.

2) Die gesag wat Jesus vir apostels gegee het, om die Nuwe-Testamentiese leerstellings te definieer, Hand. 15: Die eet van bloed, is- assus-, dit is verbode, in Grieks is dit deo. Afgodery en immoraliteit; Diere mishandeling en wat verwurg is, (wat ‘n heidense konneksie het) is alles deo.

Aanbidding op Sondae in plaas van Saterdae is toegelaat. Verpligte Saterdag aanbidding is ’n gebod waarvan gelowiges losgemaak is – luo. Maar dit is nie wat die binding van die sterkman beteken nie. Binding van die sterk man is ’n ander situasie waar binding nie toegepas word as ’n term in vergelyking met betrekking tot losmaak nie. Dit word gebruik waar ’n persoon aktief Satan besete is, (ons praat nie van onderdrukking nie) dit is waar daar ’n werklike demoon besetting is. Ware demoon besetenheid en uitdrywing is nie hierdie algemene demoon behepte bevryding strooi wat in sekere kerke bedryf word nie.

Op ’n eiland in Indonesia het ek gesien hoe duiwel besete gemaskerde mense rondspring en orang-oetangs namaak, hoe hulle met hulle tande groot kokosneute oopruk wat normaalweg met pangas oopgekap word. Nadat hulle die maskers afgehaal het – het hulle die geeste opgeroep en een van hulle het ’n stuk glas so groot soos ’n handpalm letterlik voor my opgeëet met geen gevolge nie.

Met demoon besetenheid is dit nie noodwendig ‘n 24/7 aksie van ’n onrein gees nie. Onthou julle die jongman wat in die vuur gegooi was? Sy vader het na Jesus gekom vir hulp en ons lees van “hoe dikwels hy hom in die vuur gegooi het” (Mark. 9) Maar as iemand onder aktiewe besetenheid van Satan is, ’n ware besetenheid, dan kan die persoon nie na Christus gelei word nie. Om vir ‘n demoon besete persoon te sê: “My vriend, jy moet weergebore word, jy moet tot bekering kom en jou sondes bely en---” Vergeet dit!

Hierdie persoon is onder die beheer van ’n demoon. As daar nie met die demoon gedeel word voordat ons die persoon na Christus probeer lei, dan gaan dit nie werk nie. Daar moet eers met die demoon gedeel word voordat met die persoon gedeel word. Die sterkman moet eers gebind word want ons gaan sy huis plunder, dit is waar die demoon tuis is.

    Hiervandaan gaan Jesus na Mat. 12:30: “Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.”

Jy kan ‘n bietjie dors, of ’n bietjie moeg, of ‘n bietjie lui, honger of geïnteresseerd wees. Ons kan ‘n klein bietjie van alle soorte dinge wees, maar niemand was nog ooit ’n bietjie dood of ’n bietjie swanger nie. Net so was iemand nog nooit ’n bietjie Christen nie, jy is gered of jy is nie, daar is nie ’n grens nie. Jy is of ‘n nuwe skepsel of dit is ernstige nodig om een te word.

In baie gevalle soos in ’n familie opset sien jy waar die man saam met sy vrou kerk toe gaan net omdat sy ’n Christen is en omdat hy die vrede in sy huwelik wil bewaar of om in sy familie se guns te bly. Hulle kinders gaan Sondagskool toe om hulle ma se ontwil. Die man kan sosiaal met ander Christene verkeer en vriende wees, hulle kan basies doen wat ander Christene doen, hy ken tot die woorde van die koortjies. Dit is wat ons sien in die Bybel belt soos in die suide van Amerika, Suid-Korea of Noord-Ierland, dit is dinge wat ons baie sien onder kultuurlike Protestantisme. Hulle doen alles wat ’n Christen uiterlik doen maar hulle is nie weergebore Christene nie. Jy is of in of jy is uit. Of jy werk vir Jesus of jy werk vir Beëlsebub- daar is nie ’n middelpad nie.

Kom ons kyk na die volgende teks- Mat. 12:31-32 : “Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie. En elkeen wat 'n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie.”

Ek weet nie van een pastoor wat nog nie in sy bediening met hierdie vraag te doen gekry het nie.

Oor die jare het ek verskillende mense ontmoet met die vrees dat hulle die Heilige Gees gelaster het. Jy kan dit in hulle gesig uitdrukking sien voordat hulle dit noem en hulle is in ‘n geestelike en sielkundige stryd en desperaat. Iewers in hulle lewe het hulle iets gesê wat hulle wens nooit gesê het nie en Satan gebruik hierdie dinge.

“Jy het ’n onvergeefbare sonde gedoen, daar is geen manier dat jy kan terugdraai nie, jy kan nie vergewe word nie, gaan heen en geniet jou lewe voluit, jy is buitendien op pad Hel toe.”

Mense wat dink hulle het dit gedoen vra: “Pastoor, is ek skuldig?” Hulle word geestelike en sielkundig gemartel, dit is wat met hulle gebeur. Wat is hierdie onvergeefbare sonde wat tot die bloed van Jesus nie kan reinig nie?

Ons dink aan die man in die hok in die Pilgrims Progress wat aanhoudend geskree het: “Ewigheid!” Weereens, wat is hierdie sonde wat nie eers deur die Bloed van Jesus vrygekoop kan word nie? My antwoord hierop is: My vriend, broer suster, as jy dit gedoen het dan is dit hoogs onwaarskynlik dat jy met my daaroor sal praat. As jy dit gedoen het sal jy vir niks in hierdie lewe iets omgee nie, niks sal jou pla nie. Kyk na die mense wat dit gedoen het; hulle gee vir niks om nie. Jesus sê vir hulle: “Hoe sal julle die oordele van Gehenna ontvlug?”-“Wat is dit? Kyk na die gelykenis van die wingerd—“Kom ons maak die seun dood!

Hierdie laster is waar jy by jou volle wete en verstand dinge aan Satan toe te skryf wat jy verseker weet van Christus afkom, met die doel om mense van Christus af weg te lei, dit is die onvergeefbare sonde. Dit is nie iets wat enige mens maklik kan doen nie. Die Sanhedrin het dit gedoen, en in die eerste eeu was daar gelowiges wat die gevaar geloop het om dit te doen toe hulle wou terug gaan onder die wet om hulle nekke te red van die vervolging.

Kyk na Heb. 10:28-29: “As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie; hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het?”

Dit is iets wat nie maklik gedoen kan word nie. Maar daar is mense wat dit al gedoen het.

   Ek stem nie saam met mense wat beweer dat dit net ‘n sonde was wat in die eerste eeu onder die Joodse godsdienstige leierskap voorgekom het nie. Dit is egter ‘n siening van baie bekende Bybel verklaarders. Ek wil nou nie sê dat daar nie mense is wat dit al gedoen het nie, maar as hulle dit wel gedoen het sou hulle- hulle nie daaroor bekommer het nie.

Dit is maklik om verstaan waarom mense so sleg voel wat dink hulle het hierdie sonde gedoen, maar wat hulle gedoen was dwaas en verkeerd om so vir die duiwel ’n vatplek in hulle lewe te gee. Dit is iets wat hulle oor hulleself gebring het, om hulle te laat martel vir dinge wat hulle nie gedoen het nie, ’n pyn wat God hulle kon gespaar het.

Gedurende die Toronto dronk in die gees fiasko was ek in Wales waar 600 Pinkster pastore my aan Satan oorgegee het, van hulle het gesê ek het die Gees gelaster omdat ek gesê het Toronto was ‘n valse herlewing- en van hierdie mense was my vriende.

Om willens en wetens dinge aan Satan toe te skryf wat jy weet van God is, en verklaar dat dit nie van die Gees van God is nie maar van Satan met die doel om ander te mislei weg van Jesus af, is die Sriftuurlike voorbeeld daarvan. “Hoekom gaan jy na Beëlsebub in plaas van na my”? Dit is wat ons in die Ou Testament lees. Dit is Mattheus se weergawe.

Kom ons kyk na die sinoptiese ooreenstemmende weergawe in Lukas.

Luk. 11:14-20: “En Hy het 'n duiwel uitgedryf, en dié was stom. En toe die duiwel uitgaan, het die stom man gepraat; en die skare het hulle verwonder. Maar sommige van hulle sê: Deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, dryf Hy die duiwels uit. En ander het Hom versoek en van Hom 'n teken uit die hemel begeer.  Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en 'n huis wat teen homself is, val. En as die Satan ook teen homself verdeeld is, hoe sal sy koninkryk bly staan? Want julle sê dat Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf. En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees. Maar as Ek deur die vinger van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God waarlik by julle gekom.

Kyk na die verskille. Die algemene punt is, Mattheus sê die man is blind en doof, hy noem blindheid eerste. Vir Lukas gaan dit oor die doofheid. Mattheus skryf vir die Jode, Lukas skryf vir die nie-Jode. Ons moet altyd die ‘Sitz im Leben,’ die kulturele situasie waarvan die teks praat- verstaan.

Dit is beteken nie dat dit wat Mattheus sê nie van toepassing is op die nie-Jode nie, ook nie dat dit wat in Lukas staan nie van toepassing is op die Jode nie. Net so is hierdie waarhede op ’n gelyke voet ook van toepassing op alle gelowiges. Dit beteken eenvoudig dat vir ’n Jood om te verstaan wat Lukas vir hom beteken, moet hy verstaan wat dit vir die Heidene van hierdie tyd beteken het. En vir ’n nie-Jood om te verstaan wat Mattheus vir hom beteken moet hy eerstens verstaan wat dit vir die Jode van daardie tyd beteken het. (Vandag beteken dit in ’n mate nog dieselfde vir die Jode)

Mattheus, Johannes, Judas, Petrus, Hebreërs, is vir die Jode geskryf. Om reg te verstaan wat dit vir ons beteken moet ons verstaan wat dit vir die Jode beteken, vernaamlik vir die Jode van daardie tyd, maar wat nog steeds belangrik is vir die Jode van vandag. Die teenoorgestelde is ook waar vir Jode wat die Briewe en die Evangelies lees wat aan nie-Jode geskryf is. So, Mattheus het vir die Jode geskryf en Lukas vir die nie-Jode. In ’n geestelike term kan ons op die basis van die Skrifte sê dat die Jode blind is en die heidene doof. Die Jode soek ’n teken en die heidene soek wysheid.  Paulus praat van die blindheid van die Jode, hy skryf:

“Ja, tot vandag toe, wanneer Moses (Tora) gelees word, lê daar 'n bedekking oor hulle hart;” (Hulle kan dit nie sien nie) (2 Kor. 3:15)

    Israel se blindheid vir hulle Messias-Jesus- word in Paulus gesien. Hy was verblind. Die blindheid van die Jode; hy was verblind totdat die skille van sy oë afgeval het. Jode kan hoor. “Shema Israel, Adonai, Elohanu, adonai echad”  “Hoor O Israel, die HERE jou God is ’n Enige Here.”

Jode kan hoor. Die Skrifte sê so. In die Sinagoge besing die ‘chazzan’ die teks. (Liturgiese Soloist), of die rabbi lees die Skrifte vir die gehoor en die Jode luister in aanbidding daarna, hulle lees uit die Boekrol, die megilah, of hulle sing daaruit. Jode hoor die Skrifte, Jode kan hoor en hulle kan verstaan, tenminste intellektueel en nagelang van hulle geskiedenis en kultuur kan hulle begryp wat jy vir hulle sê as hulle oplet. Hulle kan net nie sien dat dit oor Yeshua (Jesus ) gaan nie. Die Heidene is anders, jy sien dit wanneer jy vir ’n JW probeer getuig.  Jy kan 10,000 keer vir hulle dieselfde ding sê, maar jy praat met ’n muur.

Ek het op ‘n keer vir ’n sekere Moslem in Engeland wat Islam preek ’n vraag gevra wat gaan oor syfers en tekens vir getalle. Die Arabiere het syfers uitgevind en die Grieke en Jode gebruik nommers, alfanumeries, die Arabiere was slim. Toe Europa in die Donker Eeue was het die Arabiere hulle Goue Eeu gehad, toe verwesters Islam gebaseer op die Griekse Filosofie en nie op Islamitiese fundamentalisme nie, ook nie soos die Wahabisme van Saudi Arabië van vandag nie. Dit was anders en baie meer modern.

Ek vra vir hierdie Arabiere oor die Koran teks wat sê dat Miriam (Maria) die moeder van Jesus en Miriam die suster van Moses dieselfe vrou was. (In Hebreeus is Maria en Miriam dieselfde naam.) “Is Miriam die suster van Moses en Maria, (Miriam) die moeder van Jesus dieselfde vrou wat 1,300 jaar uitmekaar gelewe het? Gegewe die feit dat julle mense nommers uitgevind het, hoe is dit dat julle nie kan tel nie? Hoe kan die Koran reg wees? Hierdie twee vroue het 13 eeue uitmekaar gelewe!

“Hoe kon Haman van die boek Ester ‘n hof burokraat van Farao in Egipte gewees het 900 jaar voor Haman se tyd?” Hulle kon nie antwoord nie. “As Allah God is wat hierdie boek deur die engel Gabriël vir Mohammed gegee het, soos wat julle sê, dan beteken dit God kan nie tel nie, of het Gabriël ‘n fout gemaak? Kan julle antwoord? Hulle het baie kwaad geword en geskree: “Allahu akbar” en dit was veronderstel om alles reg te stel.

‘n Vraag vir Mormone: In die leerstellings en verbonde Volume 17 sê Joseph Smith daar is Kwakers op die maan, terwyl Brigham Young sê daar is Kwakers wat op die son lewe? Jy kry altyd dieselfde reaksie as jy hulle ’n vraag vra. “Ek het so ’n warm gevoel in my bors en ek getuig vir jou dat die Kerk van die ‘Latter Day Saints’ waar is.” Dit is veronderstel om alles reg te stel!

Ongeredde Jode is nie doof nie, hulle is blind. Mattheus beklemtoon hierdie blindheid, Lukas beklemtoon die doofheid. Baie gelowiges is voormalige Rooms Katolieke met R.K. familie. Die mees algemene reaksie wanneer voormalige Katolieke die Evangelie met hulle Rooms Katolieke vriende deel is doofheid. Wat is die resultaat? “Heil Maria vol van genade--” “Maar waar in die Bybel word Maria aanbid?” Antwoord: “ Die Here is met jou, geseënd is jy onder die vroue...” Maar met ongeredde Jode is dit nie doofheid nie. Vra vir hulle om na Jesaja 53 te kyk wat volgens die Rabiniese Targum Yonatan gaan oor die Messias. “Is jy dan nie ’n rabbi nie, kan jy nie sien nie?” Nee, die rabbis is blind.

Die tweede verskil: Mattheus plaas dit op die Sanhedrin omdat hulle die mense mislei. Hy beklemtoon die onvergeefbare sonde. Die Sanherin het geweet wie Yeshua- Jesus is, dat Hy van God is en met hierdie wete het hulle mense mislei.

Lukas sê dit was ‘n meer algemene verskynsel met sommige van hulle wat sê Hy dryf demone uit. In die teks groepeer Jesus die Sanhedrin met die mense wat aan hulle glo, so hier het ons die tweede verskil. Die verskille is weereens net so belangrik as die eendersheid of soos die gemeenskaplike terrein.

Daar is ‘n derde verskil. In Mattheus sê Jesus: “Maar as Ek die duiwels uitdryf deur die Gees van God...”  In Lukas: “As Ek duiwels uitdryf deur die vinger van God..” In die Griekse wêreld is God ontasbaar. ’n Griek kan ’n probleem met Johannes 1 vers 14 hê, nie met logos nie, maar wanneer gesê word God het vlees- sarx- geword. dan kan hulle dit nie verwerk nie. God kan nie mens, vlees word nie, vir ‘n Heiden se denke is dit onmoontlik. Maar in die Joodse denke kan God enigiets doen.

Adam het gehoor hoe God in die tuin wandel. Met die skrywe aan die Jode: “Ek doen dit deur die Gees, deur die Shekinah.” Met die skrywe aan die Grieke sê Lukas- God het mens geword, dieselfde God wat die Tora met Sy vinger geskrywe het, dieselfde God wat die dekaloog- Tien Gebooie geskryf het, hierdie selfde God is ook Jesus. God het met Sy vinger geskryf, in Johannes 8 het Hy deur die Gees op die grond geskryf. Dit is belangrik om te verstaan waarom Lukas dit anders as Mattheus beskryf, hierdie detail is belangrik.

Dit is baie dieselfde as die mediese wetenskap waar die simptome van twee verskillende siektes dikwels baie in gemeen kan hê maar in die begin is daar dikwels onmerkbare verskille. Hierdie verskille veroorsaak probleme om die korrekte diagnose te formuleer. Teologie werk analities en diagnosties op dieselfde beginsels.

Kom ons kyk verder na Luk. 11:21-23: “Wanneer 'n sterk man wat goed gewapend is, sy huis bewaak, is sy besittings in veiligheid. Maar as een hom oorval wat sterker is as hy en hom oorwin, neem hy sy volle wapenrusting weg waar hy op vertrou het, en deel sy buit uit. Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.”

Weereens, ons dien óf die Here Jesus óf ons dien Beëlsebub.

Luk. 11:24-26: “Wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus; en as hy dit nie vind nie, sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het. En hy kom en vind dit uitgevee en versierd. Dan gaan hy en neem sewe ander geeste, slegter as hy self, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste.”

Wat gebeur wanneer ons ‘n vlieg wegjaag? Hy vlieg weg en kom terug met ’n klomp vlieë saam met hom. Die vlieg moet dood! Ons kan hulle aanhoudend wegjaag maar hulle gaan terugkom. As ons ’n demoon uit iemand dryf en hierdie persoon kom nie tot redding nie dan keer die demoon terug met nog ander demone saam met hom. “Hy kom en vind die huis uitgevee en skoon.” Ja, jy kan hulle op Prozak sit en hulle stuur vir berading, maar die demoon gaan verseker terugkeer met nog ander demone saam met hom, en die laaste is slegter as die eerste. Dit is waarom God vlieë gebruik om ons demoon strategie te leer.

Niemand het ooit die Here Jesus ontmoet en dieselfde gebly nie. Iemand wat werklik die Here Jesus ontmoet het gaan baie duidelik of ‘n beter persoon of baie duidelik ’n baie slegter persoon wees. As jy dink ek is nou in ’n slegte toestand, dan gaan my vrou saam met jou stem. Maar dank God dat jy my nie geken het voordat ek Jesus ontmoet het nie. Ek was 16 toe ek met heroïen te doen gekry het, ek was ‘n dwelm smous. Ek is nie trots daarop nie, maar dit is wat ek was en wat ek gedoen het. Niemand kan Jesus ontmoet en dieselfde bly nie, jy gaan duidelik ‘n beter mens of ’n baie slegter mens wees.

Kom on kyk na die vlieë wat die piekniek verwoes. Kyk wat sê God met verwysing na die vlieë in Jes. 7:18: “En in dié dag sal die HERE vir die vlieë fluit wat aan die einde van die strome van Egipte is,  ”

Wat het in die dae van Agab met Miga die profeet gebeur? “Ek sal ’n leuengees in die monde van jou profete lê.”

    Wat sê die Here deur Paulus met betrekking tot die Antichris in 2 Tes. 2? God sal vir hulle die krag van dwaling stuur. Die God van alle dinge is groter as die god van die vlieë, tot die vlieë is aan Hom gehoorsaam. Nog meer, God het ook vlieë teen Farao in Egipte gebruik. Die vraag aan teruggevalle mense is: “Wil julle vlieë hê? God sal hulle vir julle stuur!

Die vlieë moet doodgemaak word, hulle besoedel die voedsel. Hulle versprei slym en die slym trek nog meer vlieë- ‘Musica Vomiteria’; hulle gooi op oor die voedsel en besoedel dit met diere ontlasting, hulle is onreine onheilige kreature, ek haat elkeen van hulle- ek wens ek kan hulle almal uitroei. ‘Sewe stappe na voorspoed! Vyf sleutels na oorwinning, The Shack, die Godchasers, Die Boodskap, die Doel gedrewe Leuen, dit is vlieë wat ek wil doodmaak. Ek haat hierdie soort vlieë. Ek het nog nooit ’n vlieg gesien wat ek nie wou doodmaak nie, nooit nie!

Pastoor Bill Randles is ‘n vlieg doder, net so ook was Dave Hunt. Ek kan vlieë doodmaak, ek kan vir jou wys hoe om dit te doen. Vlieë is slim en in ‘n vlieg se oë is daar honderde kleiner ogies wat nie ‘n beweging mis nie, hulle het ’n byna bonatuurlike krag en hulle weet op ‘n manier wanneer jy hulle bekruip. Jy moet baie vinnig wees vir hulle, dit is hoe ‘n vlieg is.

Ons is almal vatbaar om die een of ander tyd iets verkeerd te doen maar as jy die Here lief het dan sal die Heilige Gees jou help om te sien wat jy verkeerd doen. Vlieë hou niks van gelowiges wat dinge Skriftuurlike onderskei nie, nie omdat hulle so geestelik is nie, maar omdat hulle deur die jare geleer het hoe vlieë funksioneer. Maar my probleem is nie die ‘Musica Domestica’, die ‘Musica Vomiteria’, die huisvlieg of die perde vlieg nie, my probleem is:

Pred. 10:1: “Dooie vlieë laat die salf van die apteker stink en bederwe; 'n bietjie dwaasheid weeg swaarder as wysheid, as eer.”

Die olie, die shemen, die Salwing van die Gees, God se salf. Ons moet ’n lewe leef wat God verheerlik, ’n lieflike geur, ’n soete aroma vir God (om antropomorfisme – menskunde aan te wend) ‘n Lewe om God te aanbid, dit is hoe dit moet wees, maar dit beteken om onder die Salwing van die Gees te lewe. Maar wanneer daar ’n dooie vlieg in die mengsel kom dan stink die salf.

Nee, my probleem is nie die lewende vlieë nie, maar die dooie vlieë. Dit is die ou natuur, die ou skepping, die ou mens, hierdie lyke lok vlieë! O, hulle vlieg nie meer in die kamer rond nie en hulle besoedel nie meer die kos nie; ek is nie meer ’n dwelmverslaafde nie, ek is ’n nuwe skepsel, hierdie vlieë kan nie meer vlieg nie- hulle is dood. Maar hulle karkasse is nog steeds oortrek met giftige bakterie. Hulle is nog steeds in die omtrek en hulle laat nog steeds die apteker se salf stink!

Ek moet eerlik wees, my probleem is die dooie vlieë, dit is die slegte nuus. Kom ek vertel julle nog slegter nuus- en dit is julle probleem ook. Die ou man, die ou vrou, die ou skepping, dit is die dooie vlieë wat die apteker se salf laat stink. Niks lok vlieë soos ‘n lyk nie, niks trek demone soos die ou natuur nie. Ja, deur die genade van God is die vlieë- my kokaïen verslawing en hoerery- wat op ’n tyd my lewe beheer het- dood. Ek loof God vir Sy Genade en krag. Dit is waar, hulle is dood, ek lewe nie meer so ’n lewe nie. As gevolg van Jesus doen ek dit nie meer nie. Maar die geraamtes is daar, ‘n klein bietjie dwaasheid oorweldig die wysheid. Die dooie vlieg laat die apteker se salf stink. Kerkleiers wat met dwaalleer, kettery, afval, ekumenisme en morele verval betrokke raak- is oortrek met vlieë, dit is nie jou probleem nie, jou probleem is die dooie vlieë, die ou skepping. Dank God die vlieë is dood. Nou moet ons op God vertrou om ontslae te raak van die stinkende lyke.

God Seën!

JP / Moriel / vertaal/  02/2016