Eenmaal gered altyd gered - 14. Die Pottebakker in Jeremia

Article Index

Die Pottebakker in Jeremia

“God is die Pottebakker, ons is die klei.” Dit kom uit die Boek Jeremia 18-19. Kom ons kyk na die Ou Testamentiese teks in sy konteks en waarvan Paulus praat. “Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het”: Wanneer gepraat word van die “Woord”-Here, dan is dit “d’var” in Hebreeus en in Grieks is dit “logos.” Dit is Jesus. Dit is Jesus Self wat na Jeremia in ’n soort van openbaring gekom het. Dit is nie soos in ’n boodskap nie, dit is soos ‘n persoon wat kom. Dit het te doen met ‘n persoonlike ontmoeting met wat die rabbis “d’var of “mamre,” (Aramees) of wat die Nuwe Testament die “Logos” noem, ‘n persoonlike ontmoeting met Christus.

Wanneer ons die Bybel in die Gees lees dan is dit nie net ‘n eenvoudige ontmoeting met die teks nie; dit is ‘n ontmoeting met die Persoon. Wat ons van die teks kry word afgelei van die ontmoeting met die Persoon. As jy vandag net informasie ontvang dan hoor jy nie van Jesus nie, jy hoor net wat ek vir jou sê. Die vraag vandag is, ontmoet jy Jesus? Ontmoet jy die Woord of net woorde? As jy die Woord het, dan sal die Woord kristal helder wees.

Maak jou klaar en gaan af na die huis van die pottebakker, en daar sal Ek jou My woorde laat hoor.” Jeremia moes iewers heen gaan. God gaan vir hom iets deur ‘n afbeelding wys van ’n pottebakker, daar is iets wat hy moes verstaan. God het nie gesê, “Ek gaan vir jou iets wys nie, “maar” Ek gaan vir jou iets wys wat dit sal verduidelik en verklaar as ‘n objektiewe les.”

“Toe het ek afgegaan na die huis van die pottebakker, en hy was juis besig om 'n stuk werk op die skywe te maak. En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk--soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker--maar hy het daaruit weer 'n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak. Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:-- (Ons kan amper sê: “Jesus het vir hom gesê.”)--Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek die HERE. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel!”

(Kan ek nie... met jou deel soos met die pottebakker nie?” Weereens, vir wie sê die Here dit? ‘n persoon of ‘n nasie? Hulle vat iets wat baie duidelik van toepassing is op ‘n gemeenskaplike groep mense- nasie- en maak dit van toepassing op individuele. Die tweede fout is hulle let nie op hoe die pottebakker werk nie.

Copyright © 2024 Moriel - God is my Teacher. All Rights Reserved.

Maintained by Cybersalt

Joomla! Debug Console

Session

Profile Information

Memory Usage

Database Queries