Eenmaal gered altyd gered - 18. Hy wil nie Een Verloor Nie.

Article Index

Hy wil nie Een Verloor Nie.

Esegiël profeteer in ‘n slegte tyd toe die oordeel ophande was en God sê vir Esegiël...

As Ek aan die goddelose sê: Jy sal sekerlik sterwe--en jy waarsku hom nie en spreek nie om die goddelose vir sy goddelose weg te waarsku om hom in die lewe te hou nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis. Maar as jy die goddelose waarsku, en hy hom nie van sy goddeloosheid en van sy goddelose weg bekeer nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered. En as 'n regverdige hom van sy geregtigheid afkeer en onreg doen, en Ek 'n struikelblok voor hom gooi, dan sal hy sterwe; omdat jy hom nie gewaarsku het nie, sal hy deur sy sonde sterwe, en aan sy geregtigheid wat hy beoefen het, sal nie gedink word nie; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis.” (Es. 3:18-20)

God sê vir Esegiël dat Hy geen behae het in die dood van ’n ongeredde mens nie, maar dat hulle tot bekering moet kom. “Waarsku hulle sodat hulle nie verlore gaan nie.” God wil hê almal moet tot redding kom! Ons Calvinistiese vriende sê dit beteken die “Ou Testamentiese Verbond,” ons is nou onder ’n nuwe Wet van Genade. Dit is wat hulle van genade.

Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.” (1 Tim. 2:3–4) God se “begeerte” is dat alle mense gered moet word!” God weet dat alle mense nie gered gaan word nie.

Hy weet wie hulle is wat Sy genade offer deur Sy Seun Jesus gaan verwerp, en Hy weet wie dit gaan aanvaar; Hy weet dit van altyd af—Hy weet hoe dinge gaan uitdraai, maar God se wil is dat alle mense tot redding moet kom. Ons moet na alles kyk wat die Bybel sê oor ’n onderwerp om die volle gewig van die Skrifte te verstaan. Daar is ’n balans. Die hoofrede van die probleem ontstaan as gevolg van die feit dat ons terug kyk na die 16de eeuse Hervormers in plaas van na die 1ste eeu en die vroeë Christene. Ons moet ons self in dieselfde situasie indink as die 1ste eeuse Christene om te verstaan wat die Apostels geskryf het en hoe dit op ons van toepassing is.

Maar die beginsel is nie van minder belang as ons kyk na Hervormer (of Calvinistiese) Teologie nie. Teen wat het Calvyn te staan gekom? Hoekom skryf hy soos wat hy skryf? Dit duidelik dat hy probeer het om mense van ’n gebondenheid los te kry en nie om hulle daarin te kry nie.

Die Roomse Katolieke Kerk het mense onder ’n gebondenheid van kommer, skuld en vrees vasgemaak, Calvyn het probeer om vir hulle te sê- “eenmaal gered altyd gered,” om hulle vry te maak van hierdie onderdrukking. Aan die ander kant was daar ’n ander onderdrukking wat gekom het as die resultaat van hierdie probleem, die idee van net die Uitverkorenes. Dit is ’n waarheid, maar ’n waarheid wat misverstaan was. Jesus wil niemand verloor nie. Daar is baie verse.

En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek.” (Joh.12:32)

Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.” (2 Pet. 3:9)

Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.”(1 Tim. 2:3–4) en in Esegiël 3: “Waarsku hulle sodat hulle nie verlore gaan nie.” Kom ons kyk verder.

You are here:

Sermons in Afrikaans