Eenmaal gered altyd gered - 22. Om dit uit te werk.

Article Index

Om dit uit te werk.

Eens op ‘tyd was daar ’n klein seuntjie- Donnie Berkowitz, wat graag ’n model vliegtuig wou hê.

Dit was ’n groot vliegtuig wat klein Donnie wou hê maar die prys was vêr bokant wat hy kon droom, R75.00 en hy was net tien jaar oud. Hy wou die instruksies kry en die vliegtuig bou en op die vertoon kas laat staan sodat sy ouers dit vir hulle kuier mense kon wys. Maar die prys was vêr bokant sy vuurmaak plek. Sy pa besluit toe hy gaan vir Donnie verras en vir hom die vliegtuig vir kersfees koop. Donnie maak die geskenk pakkie oop en daar is sy model vliegtuig wat hy so graag wou hê. Donnie het iets ontvang wat hy onder sy omstandighede nooit sou kon kry nie. So, hy het ’n keuse gehad: hy kon die pakkie oopmaak en die vliegtuig bou en dit op die vertoonkas sit of hy kon die pakkie op die vertoonkas sit waar almal na die prentjie kon kyk wat buite op die pakkie was.

Katergazomai”- beteken nie “werk vir, ” nie, dit beteken “werk uit.” Sy vader het vir hom iets gegee wat hy nie op sy eie kon verkry nie, maar hy moes steeds reageer op wat vir hom gegee was. Hy moes die pakkie oopmaak, die vliegtuig aanmekaar sit en op die vertoonkas sit.

Hierdie idee dat ons- ons geloof in Christus bely en dit dan op ’n vertoonkas sit- is ’n dwaasheid.

Jesus sê vir Sy dissipels—“As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.” (Joh. 15:6)

Dit het nie te doen met “werke” wat verbrand nie; hier word gepraat van mense wat ’n soortvan belydenis van geloof by ’n sekere punt in hulle lewe bely het maar wat nooit die vrugte van die Gees gedra het nie. Dit gaan nie oor wat ons gedoen het nie, maar wat ons gedoen het om meer soos Jesus te word. Nou, “vrugte” is die Vrug van die Gees. Wyse manne wen siele (Pred. 11:30), maar ons is almal getuienisse. Christene wat nie aktief deel van hulle Christelike lewe getuig nie is abnormaal, dit is abnormaal en net so ook ’n kenmerk van ontrouheid. Net so ook Christene wat nie Bybel lees nie, nie bid nie, of nie met ander Christene deel nie. Ons moet almal getuig, baie vrugte drae. Klein Donnie vat die pakkie en sy vader sê, “Donnie, ek het dit vir jou gegee maar nou moet jy dit in werking stel.

Om deur die kanaal te swem.

’n Ander manier om daarna te kyk is soos ‘n persoon wat probeer om van Calais in die Noorde van Frankryk na die Wit klowe van Dover te swem. Daar kom ’n stormwind op en hy begin verdrink, hy kan hom nie self uit die moeilikheid uitswem nie. Hy roep uit, help my, help my, red my ek verdrink. Hy is halfpad oor die kanaal, hy kan nie teruggaan na die noorde van Frankryk af na Calais nie, en hy kan ook nie na Engeland toe swem nie. Hy is besig om te verdrink en dit begin hard reën, die storm is erg en die golwe begin hom onderkry. Skielik verskyn daar ’n helikopter in die lug met naam “Jesus” op die sykante geskryf. Die Helikopter se deur gaan oop en hierdie Joodse Man met ’n baard sê. “Wil jy hê Ek moet jou red?” “Ja Meester! Red my asseblief! Ek sal dit nooit self kan doen nie.”

Jesus sê, “Begryp jy regtig?, sal jy My regtig vertrou?” Die man sê, “Ja, Here ek vertrou U! Jesus neem ’n reddings baadjie en gooi dit vir hom af en sê, “Trek dit aan!” Die man trek die baadjie aan en sê, “Reg, Here, ek het dit aangetrek! Wat wil U hê moet ek nou doen?” “Hou aan swem.” Die Here maak dit vir hom moontlik om iets te doen wat hy nooit self kon gedoen het nie. Jesus het iets vir hom onverdiend gedoen, maar hy moes die reddingsbaadjie aantrek en swem.

Nou, as iemand moeg word langs die pad en begin rus dan kan hy altyd weer aangaan maar as hy die baadjie uitrek en probeer om terug te gaan na Frankryk of hy verdwaal, wat gaan gebeur? Hy gaan verdrink. Wie se fout is dit?

You are here:

Sermons in Afrikaans