Eenmaal gered altyd gered - 7. Soorte Calvinisme

Article Index

Soorte Calvinisme

Dan is daar ’n meer gematigde vorm van Calvinisme na links van Wesleyaanse Arminianisme wat geken word as “die “Vier- Punt Calvinisme,” en na dit is daar die “Vyf-Punt Calvinisme” wat, net soos Finney-isme aan die teenoorgestelde oordrewe grense van kettery is. Waaroor gaan die “Vier- of Vyf-Punt beskrywing? Daar is ‘n debat onder Kerk historikusse en ’n vraag is: Was Calvyn ’n “Calvinis”? Calvinisme soos wat ons dit vandag ken was nie deur Calvyn of deur Calvyn se Inststellings geformuleer nie maar deur iets wat geken word as- “Die Remonstrante van Dort.

Dit was Calvyn se volgers wat later begin het om Calvinisme te definieer soos wat ons dit probeer verstaan. Op dieselfde wyse moet ons iets maak van ’n onderskeiding tussen Wesley se persoonlike gelowe en wat geword het en geken word as “Calvinisme.” Klasieke Calvinisme, wat uit Die Remonstrante van Dort gekom het word geken as “TULIP”, ’n akroniem of ’n akrostiek.

T = “Totaal Bedorwe” Calvinisme en Armianisme glo dat ons totaal bedorwe is. Wat beteken dit? Die beteken ons is so sleg as wat ons in staat is om te wees, Bybels kan ons nie slegter word nie. Dit beteken net ons is totaal gevalle in liggaam, denke en gees. Die mens is geestelik so gevalle dat tot sy liggaamsdele totaal deurtrek is met sonde. Hy is totaal bedorwe. Dit is soos ’n ses eier omelet waar vyf van die eiers goed is en een wat vrot is; Die hele omelet is besoedel. Beide Calvinisme en Armianisme glo in “Totale Bedorwenheid,” ons kan nie onsself red nie en ons is gevalle.

U = Onverdiende Genade. (Undeserved Grace) Ek stem heeltemal saam, Wesley sou ook totaal saamgestem het, ons almal stem saam, God se genade is onverdiend. Christus het gesterf vir die goddelose; toe ons nog sondaars was het Christus vir ons gesterf (Rom. 5:8). Ons kan niks doen om redding te verdien nie en dit is ’n sonde om dit te dink. (Dit is die beginsel van die Calvinistiese denke) Dit was die reaksie teen die kettery en korrupsie van outydse Rooms Katolisisme.

’n Reaksie teen Katolisisme

Johannes Calvyn was ’n humanistiese geleerde. Nie een van sy idees was oorspronklik nie, hy was ’n dinamiese persoonlikheid en ‘n goeie skrywer maar al sy idees het van Erasmus van Rotterdam, Martin Luther en ander van die eerste geslag Hervormers en Humaniste voor hulle gekom. Hy was ’n Christen Humanis maar nog steeds ’n Humanis.

Gedurende die Renaissance (herlewing) van die Middeleeue was daar ’n kettery voorgestel deur mense wat ons ken as die “Thomasse” (Mense onder die invloed van Thomas Aquinas), wat geken was as “Middeleeuse Skolastiese.” Frances Schaffer het dit goed verduidelik. Wat dit op neergekom het in die Renaissance was dat alhoewel die mens gevalle is, was sy intellek dit nie. (Kan jy sien hoe absurd dinge geword het) En so het al hierdie godsdienstige argumente begin draai om die mens se intellek wat nie gevalle is nie, maar net sy gees.

Tot die Hervormers het nooit werklik die Filantroop-isme (mensevriend idee) totaal verwerp nie, maar die Humanistiese geleerdes wat Calvyn beïnvloed het en Calvyn self wat ’n Humanis geleerde was, het gegaan om hierdie dwaling onder die Middeleeuse geleerdes reg te stel wat ook in Gnostiese Hermeneutika en baie ander dinge begin ronddelf het. Calvyn het teen Rooms Katolisisme in die Renaissance van die Middeleeue opgetree met die stelling dat die mens nie totaal verdorwe is nie.

Tweedens was daar die geding oor “Onverdiende Genade.” Die Roomse Katolieke Kerk se lering is sakramentalisme en die verkoop van aflaat offers. (Dis hoe die Vatikaan gebou is en wat die Reformasie laat ontstaan het.) Luther het teen Tetzel die Dominikaan opgetree. “Wanneer ’n geldstuk in die koffer klingel dan spring ’n siel uit die vae vuur.”

Hierdie afgesaagde uitdrukking beklemtoon die idee dat ’n mens jou saligheid kan koop of verdien deur goeie werke, tot vandag toe glo mense dit in plekke soos Italië. Dit is erg om te sien hoe bejaarde vroue die “Scala Sancta” op hulle knieë opkruip met krale kranse in ’n poging om hulle moeders uit die Vae Vuur te red. Calvyn het heel waarskynlik teen hierdie verdorwenheid van die Roomse Katolisisme opgetree. Ons kan saamstem met die “T” en die “U” van TULIP, maar dan kom Calvyn by die “L.” Die begin van afdwaling.

L = “Beperkte Versoening” (Limited Atonement) of ‘n merkwaardige saligheid. “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!” (Jon. 1:29).

Jesus sê, “En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek.” (Joh.12:32).

Calvinisme beweer dat Jesus miskien nader trek maar Hy is nie van voornemens om almal te red wat Hy na Hom toe trek nie, net die uitverkorenes, die wat voorbestem is. God is almagtig; Hy is alwetend. Dit is onmoontlik om God met ’n menslike intellek te beskryf.

Natuurlik ken God die toekoms en God weet wie gered sal word. Natuurlik weet God wie sal reageer op Sy oproep van genade. Hy kies diegene wat Hy weet sal reageer—dit is Armianisme.

Calvinisme sê nee, dit is net diegene wie se name van die begin van die fondasie van die wêreld in die Boek van die Lewe opgeskryf staan en dit is al waaroor dit gaan. Niemand anders gaan gered word nie omdat hulle name nie in die Boek is nie en daar is niks wat iemand kan doen om hulle name uit die “Hel boek” en in die Boek van die Lewe te kry nie, omdat hulle so gebore is. Dit is nie baie goeie nuus nie, is dit nie?

Een van twee soorte Christelikheid wat die meeste geestelike versteurings ondervind, alhoewel die J.W. ‘n baie groter geestelike versteurings in die algemene gemeenskap het, is Roomse Katolisisme. Neem ’n land soos Ierland met hulle groot alkohol misbruik probleem, kinder mishandeling en homoseksuele pedophilia, al hierdie dinge is opgehoop in ’n psige, ‘n sosiale sielkunde onder die invloed van die Roomse Kerk. Die seksuele onderdrukking as gevolg van die invloede van Augustine se Manichaeism en ander dinge het begin om hulleself te manifesteer op verskillende maniere. Rooms-Katolieke lande sit met ’n groot sielsiek en alkoholisme probleem. Maar kom ons kyk na die ander uiterste.

Ek was in ’n Bybel kollege en het groot geword in ’n streng Presbiteriaanse agtergrond in Noordelike Ierland en Skotland. Hulle het van die een uiterste tot die ander uiterste gegaan. Roomse Katolisisme leer dat mense deur hulle werke en die sakramente gered word en so is hulle altyd besig om gered te word, hulle druk hulle self neuroties en sit hulleself op ’n skuld reis.

Omdat geloof sonder die werke dood is en werke die bewys van ons geloof is, (Jak. 2:17) sê die oordrewe vorms van Calvinisme ons moet werke doen om te bewys dat ons gered is.

“Ek moet gered wees kyk na al die goeie werke wat ek doen.” Nie een van die twee het ‘n ware versekering van redding nie. Nie een van hierdie uiterstes kan vir mense sielkundig ’n versekering van redding en ’n ware vrede gee nie. Moderne vorms van Calvinisme dryf mense nie tot raserny nie.

Ek het ‘n ma wat ’n Ierse Katoliek is en ek kan vir julle sê, Ierse Katolisisme is ’n vorm van sielsiekte, net so in die geval van Hassidiese Judaïsme. Ek het al die kante daarvan gesien. “Beperkte Versoening” beteken Jesus het net vir sekere mense gesterf. Stop. So sê die Calviniste, nee, sê die Arminiane.

I = Onweerstaanbare Genade (Irresistible Grace)

Hier word gesê niemand het ‘n keuse nie. As God ‘n naam in die Boek van die Lewe geplaas het voor die fondasie van die wêreld dan moet hulle gered wees, hulle moet gered wees en hulle sal gered word. Hulle het geen kapasiteit om Jesus te kies of te verwerp nie; dit is dit. God kies ons, ons het Hom nie gekies nie, daarom kan ons nie eers reageer op Sy oproep nie behalwe dat Hy ons reaksie tot Hom bestem het.

P = Volharding. (Perseverance)

Wat beteken “een maal gered (Onvoorwaardelik) altyd gered” Let op- “Onvoorwaardelik.” Ek glo aan eenmaal gered altyd gered maar dit is voorwaarderlik; dit is nie onvoorwaardelik nie.

You are here:

Sermons in Afrikaans