Hanukkah Part 1 - Afrikaans

 Hanukkah – Deel 1.

“Hanukkah” kom van die Hebreeuse term‐ “hanukkat” wat toewyding of “her‐toewyding” beteken.

 

Daar is vier aspekte van Hanukkah: Die eerste is die “tradisionele” een waarvan die meeste mense weet. Maar die mees belangrike is die historiese, die Messiaanse en die eskatologiese betekenisse.

  • Die historiese aspek van Hanukkah het betrekking met wat in die tyd van die Makkabeërs, ongeveer 160 jaar voor Jesus gebeur het.

  • Die Messiaanse weergawe van Hanukkah word geopenbaar in die tiende hoofstuk van die Evangelie van Johannes toe Jesus die fees herdenk het.

  • Die eskatologiese oorsig sien hoe hierdie dinge weer in die Laaste Dae met die wederkoms van Jesus afgespeel gaan word.

Ons hoof fokus is dan op die historiese? wat gebeur het; Die Messiaanse? hoe dit in Jesus vervul was ? en dan eskatologies? wat dit met Jesus se Wederkoms gaan beteken.

Die Tradisionele Aspek.

Baie mense sal soos volg argumenteer: “Wel, Kersfees was afkomstig van die Roomse fees van Saturnalia op die 25 Desember, dit was ‘n heidense fees tyd. Hanukkah was op die 25 ste Kislev van die Hebreeuse maand ongeveer dieselfde tyd.” Bykans al die Hebreeuse fees dae het ook ‘n heidense weergawe. Die heidene het hulle gode vereer aan die einde van ‘n landbou seisoen, hulle het ook hierdie gode gedank vir die son, die reën en die oes. Die Hebreeuse fees dae was dus ‘n polemiek teen die heidene. God (Yahweh) se opdrag is dat die Hebreërs die Ware God moet dank vir die reën en die oes ens. Maar wanneer jy sien dat mense oor hierdie dinge in ‘n argument betrokke raak soos: “Wel, dit en daardie was ‘n heidense dag”? dan raak hulle teologiese en historiese argumente baie twyfelagtig.

Die Apostel Paulus sê dat ons niemand moet oordeel oor ‘n fees of ‘n nuwe maan of ‘n Sabbat nie. (Kol. 2:16?17) Net so lees ons in Rom. 14:4?5: “??Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees.” Die belangrikste hier is dat hierdie dinge vir die Here gedoen moet word of glad en geheel nie. My groot probleem met die kersfees viering is dat nie vir die Here gedoen word nie. Ek sal graag wil sien dat dit nie gevier word soos wat dit gevier word nie. Ons het geen idee wanneer Jesus gebore is nie, ‘n geleerde raai kan wees gedurende die Fees van Tabernakels, maar niemand weet nie. God sê vir ons niks hiervan nie en dit is duidelik dat nie belangrik is nie, Jesus is gebore en dit is dit. Hanukkah is egter iets anders, daar is beide ‘n historiese en ‘n Bybelse weergawe? ‘n Nuwe Testamentiese voorbeeld vir die Fees van Hanukkah. Alhoewel, alles waarmee ons Hanukkah nou assosieer in die Joodse kultuur ? in “Yiddish kiten” – en baie Christene wat daarvan weet (As hulle iets daarvan weet?) kom uit die tradisionele sy daarvan.

Baie van die tradisies wat met Hanukkah geassosieer word het hulle oorsprong nie in die outydse wêreld nie maar in die Middeleeue, tot die woorde van die liedere wat geassosieer word met die Fees. Die mees bekende lied:? “Ma’oz tzury’shuati” het ontstaan uit Middel Eeu se Hebreeus en nie uit Bybelse of moderne Hebreeus nie.

Hanukkah tradisies sê dat die menorah se olie vir agt dae gebrand het. Daar was genoeg olie in die lamp? die Menorah? in die tempel vir ‘n dag of twee, maar dit het vir agt dae gebrand. Weereens, daar is geen historiese bewys daarvan in die boek van 1 en 2 Makkabeërs nie en sekerlik ook nie in die Skrifte nie, dit het later ontstaan. Dit is nie te sê dat nie waar is nie, miskien was dit so maar dit is nie in die geskiedenis opgeteken nie. Dit was nie deur Josephus in Antiquities beklemtoon nie. Mense wonder egter hoe Josephus daarvan geweet het, maar in sy Antiquities is baie dinge waarop daar vandag gefokus word wat nie deur hom beklemtoon word nie. Hanukkah is die Joodse Fees van Lig en Wonderwerke.

Die wonderwerk was nie gesien as die lamp wat vir agt dae gebrand het nie maar dat God hulle hierdie groot oorwinning oor die magtige vyand gegee het. En die lig was natuurlik toe hulle weer die tempel her?toegewy het, hulle kon weer die menorah in die tempel laat brand. Ons weet van Psalm 119:105: “U Woord is vir my ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.” Die brandende menorah in die tempel verteenwoordig dus die Woord van God vir die Hebreërs.

Die vensters van die tempel was egter uniek. Normaalweg word vensters wyd aan die buitekant gebou en dan smaller na binne toe om so die lig na binne te kan fokus. Maar die vorm van die tempel waar die Menorah gestaan het was wyd aan die buitekant en dan, om so veel as moontlik lig van die menora te vang, was dit so gefokus dat dit na buite oor? wat genoem word die “Millo” kon skyn vanaf die Tempelberg oor die Stad van Dawid daaronder.

Die idee wat in die argitektuur wat tempel ingebou was, was dat die Lig van Yahweh? die Lig van Sy Woord vanuit die tempel sou kom. Die argitektuur van die Tempel illustreer dat die Wet uit Sion sou uitgaan, dit sal na buite skyn. So was dit dan dat nadat die tempel her toegewy was, was die idee dat ons weer die menorah kon her belig.

Vandag is daar dinge soos tradisionele Hanukkah kos. Mense eet jellie donuts wat “sufganiot” genoem word. Ek dink nie hulle het dit in die ou tyd gedoen nie. Hulle het “latkas”? aartappel pannekoeke geëet, en spesiale soorte “knishes”, as jy van Joodse kos hou. En dan natuurlik, was daar die “dreidel”: ‘n Yiddish woord wat gebaseer word op die Hebreeuse woord? “tsvivon”, om te “spin”, en daar is ‘n akroniem aan dit gekoppel? “Nes, Gadol, Hya, Po”:? ‘n Groot wonderwerk het hier plaasgevind. Die dreidel was gespin en kinders het ‘n spel met die dreidel, ’n top gespeel. Wat ons hier sien is dat wat in die algemeen met Hanukkah geassosieer word dit baie min te doen het met wat dit histories beteken het. Dit het ook byna geen teologiese verbintenisse nie afgesien van dit wat die rabbi’s later aan bygedra het.

Daar is dan ‘n historiese Hanukkah en ‘n tradisionele Hanukkah. ’n Ander manier om daarna te kyk is om die geboorte te vergelyk soos wat dit opgeteken is in Lukas en Mattheus en met die tradisies van die

Kerk. Dit is nie net ‘n versiering nie; ‘n groot deel daarvan is net opgemaak. Tradisie sê daar was drie wyse manne, maar dit is nie in die Nuwe Testament nie, dit is opgemaak, net so is dit met Hanukkah.

Die Historiese Aspek.

Daniël is die enigste Boek in die Bybel wat al drie die oorspronklike tale bevat: Aramees (of Chaldee) Hebreeus en Grieks. Hier is Griekse woorde vir sekere dinge soos musiek instrumente en so voorts, wat deur heel waarskynlik Masedoniese handelaars ingevoer is.

Die gedeeltes van Daniël wat op die profetiese doelwitte van God fokus, in die besonders vir die Jode? is in Hebreeus. Die gedeeltes van Daniël wat fokus op God se profetiese doelwitte vir Israel, relatief tot die nasies, is in die “lingua franca” van die tyd wat Chaldeërs (Aramees) was.

Die opkoms en val van Assirië

Wanneer jy die Boek van Daniël lees onthou dan dat die Laaste Dae soos Daniël se dae gaan wees. Die Jode was vrees bevange oor Assirië, hulle was die slegte mense, die mense wat die tien noordelike stamme in ballingskap geneem het. Hierdie was die wreedste en mees magtigste heidene. Niemand het ooit kon droom dat Assirië eendag inmekaar sou stort nie en nadat dit gebeur het was daar ‘n valse gerustheid wat nie lank geduur het nie. Hulle het Babilon en sy meteoristiese opgang gekonfronteer wat baie slegter was as Assirië, en dit het ‘n outydse oorsprong gehad (verseker geestelik) wat terug gegaan het na die Toring van Babel.

Die opkoms en val van die Meders en die Perse.

Babilon het oornag ten gronde gegaan, en soos wat Daniël geprofeteer het, het die Meders en Perse in sy plek gekom.

Die Perse het met die Meders saamgewerk tot laat in die 20 ste eeu gedurende die regering van die Sha van Iran. As ons teruggaan na die profesie van Jesaja sien ons dat die Perse (Iraniërs) altyd van die Jode gehou het al was dit ‘n Islamitiese land.

Tot en met die val van die Shah in die 70’s het hy daarop aanspraak gemaak dat hy ‘n afstammeling van die Pou Troon van Kores (Cyrus) (Kowresh) die Grote was wat twee keer deur Jesaja geprofeteer was, en tot en met hierdie tyd het die Iraniërs van die Jode gehou. Hulle kultuur en taal was nie Arabies nie, maar “Zoroastriaan,” monisties vanaf Zoroastor maar beïnvloed deur die Jode.

Die magi was Mederse veld predikers vir die konings van die Meders en Perse, dit was die oorsprong van die Magi, die wyse manne. As gevolg van die monistiese invloede van Zoroastor en van die Jode in ballingskap (Wat Nebukatnesar beïnvloed het) het hulle gegaan om Jesus te sien. Daar sal altyd hierdie verbintenis met die Perse en die Jode wees tot en met die Laaste Dae. Die Sokratiese Grieke in die Weste het die meeste lig oor Monisme gehad, maar in die Ooste was dit Zoroastriaane wat die meeste lig van Monisme gehad het. Die Sokratiese Grieke was baie later in die Weste, maar die Perse – Zoroastriaane het die meeste lig gehad.

Die opkoms en val van die Grieke.

Die Persiese koninkryk het nie lank gestaan nie as gevolg van Aleksander die Grote, maar hy het ook nie lank gestaan nie, hy het tot by die woestyn van Belushistan gevorder, en ‘n groot gedeelte van die bekende wêreld oorwin en toe hy 36 jaar oud was het hy siek geword en gesterf. Sy koninkryk het opgebreek en was verdeel onder vier van sy generaals. Die mees belangrikste was Seleuces, wat Sirië, Lebanon, Galilee, en sentraal Israel gekry het – en Ptolemeus, wat Egipte en Suidelike Israel gekry het. Hulle is die belangrikste van die vier, histories maar ook in die Bybel. Die Seleukiede was Siro?Fenisiese Grieke, Grieke wat in die omgewing van Fenisië – van Lebanon en rondom Alippo in Sirië – af tot by die omgewing van Tirus en Sidon. Lukas die apostel was ‘n Siro?Fenisiër wat tot Judaïsme bekeer is. Antiogus Epifanus is een van die mees belangrike tipes of beeld van die Antichris in die Bybel. Hy kom uit die lyn van die Seleukiede wat geken word as die dinastie van Antiogus. Daar was Antiogus I, II, III, and IV. Antiogus IV is Antiogus Epifanus. Die Grieks sprekende Jode het sy naam verander na “Epimanus” wat die “mal een” beteken.

Hier het ons die historiese opset met die konings van die noorde en die konings van die suide. Assirië val, dan Babilon, dan die Meders en Perse. Persië val, dan die Grieke. Dan is daar ‘n wêreld wye chaos in die bekende wêreld en uit hierdie chaos die opkoms van Rome en in die middel van dit alles kom die Jode terug in hulle land. In die Laaste Dae gebeur dieselfde dinge.

Ooreenkomste met vandag.

Met die grootword in die Baby Boomer geslag was die grootse bedreiging die Sowjet Unie. Dit was hulle wat die Christene vervolg het, hulle het nie in God geglo nie en dogmaties was hulle Ateïsties. Niemand uit ons geslag wat die Kubaanse missiel Krisis en Viëtnam onthou het gedink dat die Sowjet Unie en die Berlynse muur sou val nie, net soos in die geval van Assirië het daar ‘n valse gerustheid van vrede gekom totdat teruggekyk is en die baie groter gevaarlike vyand gesien is naamlik? Islam.

Toe ek ‘n klein seuntjie was in New York gedurende die Kubaanse Missiel krisis, onthou ek dat Nikita Kruschev na New York gekom het en letterlik een van sy skoene uitgetrek het en daarmee in die U.N op die podium geslaan het en gesê: “Ons sal jou begrawe! Ons sal jou begrawe!” Binne ‘n paar maande het Brezhnev, Suzlov, en die Politburo van hom ontslae geraak, jy kan nie ‘n mal man wat lief is vir wodka en met sy vinger op die rooi knop vertrou nie.

Gedurende die Watergate Krisis was daar Nixon wat volgens sy mede kamerade? Colson, Haig, and Kissinger onder die invloed van verdowing middels en alkohol was.

Op ‘n stadium gedurende die Yom Kippur oorlog het hy ‘n stadium 3 kern waarskuwing teen die Sowjets uitgeroep in ‘n poging om sy nek polities te red en binne die volgende paar weke het hulle van hom ontslae geraak, die Amerikaanse gesag orde het teen hom gedraai. Jy kan nie so ‘n man met die rooi knop vertrou nie. Die Islamitiese en die Hindu wêreld dink nie so nie, die Hindu dink hy gaan gereïnkarneer word en die Moslem dink hy gaan deur “Shahadi.” Die enigste versekering van redding in Islam is om te sterf in ‘n Jihad. Dus, net soos wat die wêreld in ‘n baie meer onseker staat was nadat Assirië geval het, is dieselfde waar vir die tyd waarin ons nou lewe. Dit is ‘n baie meer gevaarlike onseker

stadium nou waar die Islamitiese lande nou verrykte kern materiaal in die hande kry om tot ‘n 50 megaton bom te kan maak.

So sien ons ‘n baie vinnige veranderde wêreld waar moondhede opkom en baie vinnig val en in die midde hiervan kom die Jode terug in hulle land? net soos wat dit gebeur het in die Boek Daniël. Om die Laaste Dae te verstaan moet ons verstaan wat hier gebeur het. Daar is ander waarna ons moet kyk wanneer gekyk word na die konings van die Noorde en die konings van die Suide. Die finale konflik kan nie Oos? Wes wees nie, dit moet ‘n Noord Suid konflik wees net soos in die dae van Daniël, en dit is wat ons gaan sien, ‘n Noord Suid konflik wat dieselfde soort chaos gaan veroorsaak as met die opkoms van Romeinse Ryk

Pompeii as ‘n Tipe van die Antichris.

Let op dat die figuur vroeër in die 11 de hoofstuk van Daniël, vers 16? ook in die Mooi Land ingekom het, en hy het ook ‘n valse verbond gesluit. Een van die probleme van die Laaste Dae is dat daar baie Antichriste gaan wees, dus, elke keer wanneer iemand gaan probeer om ‘n vredesverbond met die Midde Ooste te sluit? sal mense sê: “Dit is dit.”

Die uiteindelike Antichris gaan egter anders wees, hy gaan in die karakter? soos wat die teks vir ons sê? van twee persone wees. Die een is Antiogus IV Epifanus, en die ander een is: Generaal Pompeii. In die Bybel, wanneer iemand anders as die Hoë Priester op die dag van verootmoediging (of soos die Here Jesus Self in die boek Hebreërs ) in die allerheiligste ingaan, dan is dit ‘n tipe van die Antichris. Die Romeinse Generaal Pompeii het dit gedoen. Hy verteenwoordig die triumvirate, (drie hoofskap) van Rome wat ‘n ooreenkoms met die Jode aangegaan het en hulle ook bedrieg het en in die allerheiligste ingegaan het, hy is ‘n hoof tipe van die Antichris wat mense miskyk.

Antiogus IV as ‘n tipe van die Antichris.

Die Hasmoniese tydperk was tussen die tyd van die Makkabeërs en Pompeii. Die Hasmoniërs was afstammelinge van die Makkabeërs. Dit was ‘n voorspoedige tydperk waar hulle gedink het die troon van Dawid gaan weer opgerig word en die Messiaanse verwagting was ernstig uitgedra, die verhoog was opgestel vir Jesus se Wederkoms in hierdie Hasmoniese tydperk, hulle het egter goed begin maar sleg geëindig.

Antiogus IV het ‘n agenda gehad om kultuur te gebruik om so ‘n politieke beheer te verkry. Die Antichris gaan dieselfde doen, hy gaan probeer om iets multi kultureel en multi geloof te maak en hy sal kom in die karakter van Antiogus. Onthou dat ander mense voor hom dieselfde dinge probeer het. ‘n Belangrike ding wat onthou moet word is dat tot en met vers 36 van Daniël 11 was daar ‘n gedeeltelike vervulling, Antiogus het alles gedoen tot en met vers 36, maar vanaf vers 36 tot by hoofstuk 12 het niemand dit nog gedoen nie. Met ander woorde, die Antichris? die dier? gaan dit wat Antiogus gedoen het weer doen en ook die res daarvan. Hy gaan dinge doen wat Antiogus gedoen het tot en met vers 36 maar hy gaan verder. Antiogus het die Joodse kultuur verhelleniseer, hy het die populêre kultuur van die wêreld gevat en dit op God se mense geplaas wat in kompromie daarmee gegaan het. Hulle het daarmee saamgegaan tot op ‘n punt waar hulle dit nie meer kon stop nie.

Die gebruik van kultuur en godsdiens.

Alles in die Griekse kultuur was die diametriese teenoorgestelde van die Hebreeuse wêreld. Daar was die Griekse manier en die Joodse manier van dink. Die Hebreeuse manier van dink was gebaseer op ‘n konsep van die Theomorfiese man en vrou? ons is na die Beeld van God geskape. Die Griekse idee was gebaseer op ‘n antropomorfiese siening van God? die idee is: “Ons is gode.” Die Hebreërs was Monisties, (een God) die Grieke politeïsties? veelgodery? “ons is gode geskape na ons beeld.” Hulle gode het menslike kwaliteite soos jy kan hulle belieg en bedrieg, jy kan hulle mislei, jy kan hulle versoen. Dit was die onderliggende filosofie van die Grieke, totaal die teenoorgestelde wat die Jode geglo het. Daar is twee dinge wat filosofies meer onderling eksklusief is as Aristotelianisme (Aristotel se Filosofie) en Judeo?Christelikheid.

In die Middel Eeue het Thomas Aquinas iets geskryf wat die “Summa Theologica” genoem was, waar hy Christelikheid ver?Aristoteliaseer het. Maimonides (Rambam) kom toe en ver?Aristoteliaseer Judaïsme. Daar is nie twee dinge wat meer onversoenbaar is as ‘n Aristoteliaanse filosofie en ‘n Judeo?Christelike wêreld siening nie.

Daar is drie soorte mense in God se ekonomie: Jode, Heidene en die Kerk wat bestaan uit beide Jode en Heidene. So ver as wat dit die nasies aangaan is hulle alreeds mislei. Dit laat ons met twee soorte mense wat die Bybel God se uitverkorenes noem: Die Jode en die Kerk. Die Jode, behalwe vir ‘n getroue oorblyfsel wat die Messias aangeneem het, is alreeds mislei, dit laat ons die Kerk oor, wat bestaan uit Jode en Heidene.

Die Eindresultaat van Kompromie.

Wat ons sien wat in die geskiedenis met die Kerk gebeur het reflekteer dit wat in die tydperk van Daniël se profesie gebeur het, die Intertestamentiese Periode.

In die Griekse wêreld was Homoseksualiteit en biseksuele kultuurgewys kultureel endemies? ‘n siekte. Hulle was aanvaar as ‘n seksuele normatiewe gedrag. Seksuele misbruik van kinders was sosiaal gedeeltelik aanvaarbaar, maar perverse seks? homoseksualiteit en lesbianisme (Van die eiland Lesbos) – hierdie dinge was kultuurliks normatief!

In Griekse vermaaklikheid is daar ‘n mengsel van heidense godsdienstige filosofie en vermaaklikhede. Die probleem was nie sport nie, die probleem was in die Griekse idee van die Olimpiade: Dit was wellustig. Ek bedoel nie “naak” in die biologiese sin soos wat atlete soortvan naak meeding nie, maar “naak” in die vorm van seksuele uitstalling. In die Griekse wêreld, dinge wat ook later deur die Romeine aangeneem is? is wat die Romeine? Gladiators? swaardvegters? noem? geweld was gebruik as populêre vermaaklikheid.

Dit was die kultuur elemente van die Griekse wêreld wat Antiogus wou gehad het almal moes aanvaar, hy wou al die kulture verhelleniseer. Toe die Hebreërs daarmee saamgegaan het? het hulle vir hulleself groot moeilikheid bymekaar gemaak. Hulle het met alles saamgestem totdat daar wetgewing gekom het

www.Moriel.org

wat hulle geloof onwettig verklaar het. Laastens was die besnydenis ook onwettig verklaar en ook hulle dieet wette, (Kasrut) en ook die lees van die Tora.

Die Haftorah het gedurende hierdie periode ontwikkel omdat die Tora onwettig was. Hulle begin toe die Profete (Haftora) lees en probeer iets vind van die profete wat in tema korrespondeer na wat die voorgelese gedeelte in die Tora sou wees vir daardie week, dit het gewys dat jy die Haftorah besit het.

Dinge was progressief verban en die probleem was God se mense het stap vir stap daarmee saamgegaan tot op ‘n punt waar hulle dit nie meer kon stop nie, dit sluit die verbanning van die Levitiese Teokrasie in. Die priesters van die Levitiese Teokrasie was Sadokiete, die goeie priesters volgens Esegiël; die seuns van Sadok. Maar die Sadokim het die Sadduseërs geword, hulle het die slegte manne geword, maar hulle het reg begin. Die Hasmoniese tydperk het begin met die Makkabeërs en daarna het dit korrup geraak. Die Jode het kompromie aangegaan en dinge het onwettig geraak en dit kon nie gestop word nie.

Die groot probleem was nie die heidene nie, die groot probleem was die Jode wat meelopers geword het en die Jode wat dit geweet het? het niks daaraan gedoen nie.

In Brittanje was daar ‘n Eerste Minister wat gesê het: “In order for wicked men to triumph, good men must merely remain silent.” Wel hy was reg. As ons terug gaan na die 1930’s, die ekwivalente van die kern ontwapening, was die veldtog vir Kern ontwapening die Chamberlainiste.

Churchill en ‘n klein groep hoofsaaklik Torrey lede van die Parlement het gewaarsku en gesê: “Kyk, julle kan nie toelaat dat Hitler die Versailles Ooreenkoms so verontagsaam nie; ons sal hom vroeër of later moet beveg, vroeër is beter as later.” Hulle was gesien as Oorlog stokers en toe teken 10 miljoen mense ‘n petisie teen oorlog met Hitler en Sudaten was opgegee vir ‘n valse vrede. Maar iemand soos die kan nie deur ‘n vredes gebaar gestop word nie.

Dit was dieselfde as in die geval van die Kern ontwapening veldtog: “For wicked men to triumph, good men must merely remain silent.” Maar dit het in stilte heengegaan, hoe goed kon dit bly?

Die Makkabeërs.

Die apokriewe boeke van I en II Makkabeërs is nie in die Bybelse Kanon nie, maar hulle is betroubare geskiedenis boeke al skiet hulle te kort aan Goddelike inspirasie. Hulle vertel akkuraat die geskiedenis van die Joodse mense in die Intertestamentiese periode tussen die Ou en Nuwe Testament. (Lees dit gerus) Die Makkabeërs was ‘n priesterlike familie wat in dorpie buite Jerusalem gewoon het met die naam “Modein”. Een van hulle se naam was Menelaus, ‘n Hebreër wat met die vyand saamgewerk het. Die Makkabeërs het hom en een van Antiogus se offisiere doodgemaak en gevlug na een van die hoogtes van Juda naby Jerusalem wat geken was as die Shillah, tussen Jerusalem en die moderne Tel Aviv, of tussen die see en Jerusalem. Dit is interessant dat in die profesie van die Antichris hy ook sy tente in hierdie omgewing gaan opslaan, die Shillah. ‘n ander parallel is dat beide die Antichris en die Makkabeërs begin het met ‘n klein groepie en dan baie sterk geword het. Let op? hier het ons ‘n vader met vyf seuns. Ons het Eleazar, Jonathan, Jehuda (Judas) die Makkabeus, en Matatias, en twee van die

www.Moriel.org

vyf seuns was verraai deur hulle broeders. Weereens, in die Laaste Dae is dit dieselfde? Broer sal teen broer opstaan, baie sal afvallig raak en mekaar verraai.

Die eerste persoon wat hulle doodgemaak het was nie ‘n Seleukied nie maar ‘n Joodse samesweerder. Hulle het klein bendes gevorm, partygenote in ‘n guerrilla oorlogvoering tegniek en van uit die berge aanvalle geloods, so het hulle die Seleukied dag vir dag aangeval en teruggetrek. Verraad en omkopery was aan die orde van die dag maar uiteindelik het hulle die Seleukied oorwin.

Die Verontreiniging van die Tempel.

In die eerste hoofstuk van I Makkabeërs lees ons van die verontreiniging van die tempel, die klippe van die altaar was aan verskriklike dinge blootgestel: ‘n Vark was op hulle geoffer deur Antiogus en hy het ‘n beeld van Zeus (Jupiter) daar opgerig en sy eie kenmerke aan Zeus gegee. Nou, Zeus is ‘n verdraaiing van die woord “Theos” in Grieks, amper dieselfde spelling. In Grieks beteken Theos “god.” Die kenmerke is ‘n man wat probeer om homself te identifiseer as die groot god. Die was die Berg Olimpus teenoor die Berg Sion.

Die Makkabeër het Jerusalem bevry maar hy het ook ‘n groot probleem gehad: “Wat kan ons doen met die klippe van die tempel? Ons kan dit nie weggooi nie want hulle is “mei qodesh”? geheilig. Ons kan ook nie op hulle offer nie want ’n vark is op hulle geoffer.” Hulle het die altaar (Wat “misbeach” genoem word) afgebreek, en ons lees in die Mishna dat hulle dit buite Salomo se pilaargang op ‘n hoop gestoor het. Hulle het geglo dat of die Messias of Elia (Eliyahu ha?Navi) die profeet eendag op Hanukkah sal kom en vir hulle sal vertel wat om met die klippe te maak, en so het hulle ‘n ander altaar gebou.

Antiogus onder die krag van geestelike misleiding en deur om God se mense te verhelleniseer deur om die populêre kultuur te gebruik. Om op die rug van die populêre kultuur te ry was ‘n kompromie van moraliteit. So het dit die punt bereik waar dinge so veragtend in God se eie huis vir enige Jood geword het en die lees van die Woord van God was ook onwettig. Die Nuwe Testament noem die Kerk nie minder as sewe keer die tempel. Daar is verskillende woord in Grieks vir tempel: “naos”, “heikal ioudaios”, en? “heiron.”

Ek ontken nie dat daar mense is wat wil sien dat die tempel weer herbou moet word nie, ek sê ook nie dat dit nie sal gebeur nie. Ek sê ook nie dat daar ‘n afgodsbeeld beeld in dit opgerig sal word nie, wat ek sê is dit: Die fisiese reflekteer die geestelike. Toe Jesus aan die kruis gesterf het? het die voorhangsel (Velon) van bo tot op die grond geskeur.

‘n Werklike, letterlike fisiese gebeurtenis het plaasgevind in ‘n letterlike fisiese tempel? ‘n bonatuurlike gebeurtenis het plaasgevind. Maar dit was nie die mees belangrikste nie, wat belangrik was is wat dit beteken het. Sondige mense was nie langer van ‘n Heilige God geskei nie. Ons het nou toegang tot Hom deur die Bloed van die Hoë Priester. “As” die tempel weer opgerig sou word, ek sê nie dit sal nie, en daar ‘n beeld opgerig sou word sal dit net ‘n refleksie wees van die aanbidding van die Antichris deur die Christendom. Dit sal plaasvind soos wat dit nou besig is om te gebeur: Verhellenisering? God se mense word deur die populêre kultuur van die dag ingesluk? kyk om jou!

Om die Wêreld uit die Evangelie te hou.

Wat het met die Griekse kultuur gebeur? Homoseksualiteit en biseksualiteit was kultuurgewys ‘n siekte, en wat ‘n feit was, hulle het ‘n godsdienstige trappie vir dit gehad. In die geval van Tempel prostitusie was die vroue prostitute “hieros gamos” genoem. Die “hieros delphos” was die godsdienstige leiers.

In Swede en Kanada is daar alreeds bewegings wat die openbare lees van die Bybel met betrekking tot seksuele en homoseksuele sondes as “haat spraak” te klassifiseer ? Skrifgedeeltes soos: Romeine 1, of Levitikus. Jy kan die Koran lees maar die Bybel raak onwettig. Dit is presies wat met die Makkabeërs gebeur het, geweld was gebruik as vermaaklikheid. Nou, die Bybel praat baie van geweld maar nooit word dit goed gepraat nie, dit word weergegee vir wat dit is, ‘n nodige boosheid. Hele gemeenskappe begin so raak en hoe kan die Kerk die sout en die lig in ‘n gemeenskap wees as die Kerk met die kultuur saamgaan? “Vir die slegte mense om te triomfeer, is dit net nodig dat die goeie mense moet stil bly.” (“For wicked men to triumph, good men must merely remain silent.”)

Verlede April gedurende Lente het ek in ‘n Christelike tydskrif gelees waar aan verskeie Christene leiers gevra is oor hulle toegewyde boodskappe vir Lente. Nicky Gumble, die Alfa Kursus Ghoeroe, sê dat hy die werke van Rowan Williams gaan voorlees. Hierdie man is ‘n Druid wat homoseksuele as predikers aanstel! Dit is man na wie baie opkyk om Brittanje te evangeliseer! Daar is iemand in die Holy Trinity wat Druidse boeke aanbeveel, wat homoseksuele predikers aanstel en almal dink hy is ‘n pragtige mens! Dit is siek, kyk hoe verrot het die standaarde geword! Dit gaan nie gestop word nie en dit is presies wat gebeur het toe Makkabeus gekom het en die eerste persoon wat hulle uitgeroei het was Menlaus die samesweerder. Die mees uitstaande gevaarlike vyande van die Evangelie van Jesus Christus is Evangeliste wat met die vyand van die Kruis heul. Dit is presies wat in die dae van die Makkabeërs gebeur het, en die wat dit teen gestaan het was klein groepies mense wat in ‘n guerrilla aksie opgetree het, maar daar is ander wat by hulle begin aansluit.

Daar is mense wat uit hulle kerke padgee wat hierdie dinge sien, wat in huise begin saamkom omdat dinge ernstig verkeerd begin loop.

Ingesluipte Skynheiliges.

Maar iets anders het ook met die Makkabeërs gebeur, volgens II Makkabeërs 11:33?35; Het baie by hulle aangesluit , maar in skynheiligheid. Ons moet onthou dat as iemand teen dit is wat jy teenstaan, dit nie outomaties beteken dat hulle staan waarvoor jy staan nie. 90% van die mense wat saam met Moriel stem is opreg maar 10% van hulle gaan fout vind met alle kerke. Hulle sal by jou aan aansluit en iemand soos ek as ‘n klankbord gebruik om ander dinge aan te val. Daar is mense wat jy net kan verstaan as jy weet waarteen hulle is, jy kan nie ‘n gemeente bou op dinge waarteen jy is nie! Ja, ons weet baie dinge is verkeerd maar waarvoor staan ons? ? Ons weet Alfa is onbybels, maar vir wat staan ons, dit is die vraag?

Pasop vir mense wat sê hulle het ‘n onderskeidings bediening en al wat hulle doen is om dit wat verkeerd is aan te val terwyl hulle nooit sê wat reg is nie! Hulle wil niks te doen hê met Evangelisasie of Bybel studie nie of missies nie, pasop vir hulle. Daar is goeie onderskeidings bedieninge en ook slegtes, daar is goeie organisasies en ook slegtes. Maar jy kan nie die Liggaam van Christus bou op dinge wat

verkeerd is nie, net op dit waarvoor jy is. Onthou dat die beste verdediging teen dwaling altyd die kennis van die Waarheid is. Ons het onderskeidings bedieninge baie nodig omdat mense nie meer die waarheid ken nie. As mense hulle Bybel geken het sou hulle geweet het dat Nicky Gumble van die pad af is, hulle sou deur Benny Hinn en Creflo Dollar sien. As mense die waarheid ken sal hulle self dwalinge onderskei. Maar hulle ken nie die waarheid nie en die verdediging van die geloof is uiters belangrik.

Die wat insig het.

Maar in die dae van die Makkabeërs was daar mense net soos wat dit in die Laaste Dae sal wees, die verstandiges wat verstaan en wat baie tot regverdigheid sal lei. (Dan 11:3) Mense sal byeenkomste bywoon waar die Waarheid bedien en verdedig word en hulle sal die Waarheid uitdra. Met ander woorde, wanneer jy die rigting van die Ekumeniese beweging sien waar homoseksuele in die bediening opgeneem word dan sien jy die gruwel van verwoesting wat alreeds in die tempel opgerig is, hou jou een oog op Jerusalem en die ander een op die Liggaam van Christus. Kyk wat sien ons alreeds op die tempelberg waar die Moskee van Omar staan. Op hierdie Moskee is ‘n aanhaling uit die Koran wat sê “God het nie ‘n Seun nie.” Daar is alreeds ‘n gruwel van verwoesting en dit is alreeds in die Kerk.

Klein groepe.

Dit was die agtergrond, dit is wat toe gebeur het en dit is wat nou gebeur, ons het die tradisionele en die historiese en dan het ons die Eskatologiese. In die Laaste Dae sal dit dieselfde wees, ‘n klein groepie mense sal opstaan soos die Makkabeërs, diegene wat insig het sal vir ander ‘n lig wees en saam sal hulle vir God ‘n weermag oprig wat hierdie modderstortings gaan weerstaan. Baie sal in skynheiligheid aansluit, daar sal verraad in die binnekringe wees maar aan die einde sal hulle oorwin, aan die einde het die Makkabeërs gewen soos wat Daniël geprofeteer het.

Ek kan julle dit sê: Baie slegte dinge gaan gebeur, die twee diere gaan kom maar ek sien in die Boek Daniël dat aan die einde gaan ons oorwin, wat gebeur het gaan weer gebeur.

Die Makkabeërs, Jesus, Koning Dawid almal het dieselfde strategie gehad. Dinge het baie sleg geword onder koning Saul, dieselfde het gebeur onder die Seleukiede, dan baie sleg onder die Sanhedrin en die Romeine. (Herodiane). Maar wanneer dinge baie sleg begin gaan dan begin God iets nuuts gebaseer op klein groepe. Dit het Hanukkah geword, die Hebreeuse fees van lig en wonders wat in Hebreeus: “ Nesim v’ niflaot” genoem word.

Einde gedeelte een. †††