Jesus in the Garden - Afrikaans

Jesus in die Tuin.®

Vir ‘n Christen om die Bybel in sy oorspronklike konteks van die eerste eeuse Kerk te verstaan wat deur die Here Jesus en deur Joodse Christene oorgedra is, moet ons probeer om die Bybel op dieselfde manier te lees as die vroeë Kerk.

Die vroeë Kerk het die Bybel verstaan en verklaar deur wat genoem word midrasj. Midrasj is kortliks ‘n Hebreeuse kommentaar op Skrifgedeeltes. Deur die eeue was daar mense wat dit probeer het maar met verskillende stadiums van sukses, die mees bekende groep was Plymouth Broederskap.

Ons glo dat om die Bybel in die Laaste Dae te verstaan moet ons dit verstaan soos wat die eerste eeuse Kerk die Skrifte verstaan en verklaar het.

Wanneer ‘n Joodse Christen van die eerste eeu die Evangelie van Johannes gelees het dan het hy dit verbind met die Boek Genesis. Johannes praat van ‘n Nuwe Skepping, dinge wat betrekking het op die eerste Skepping. Die Skepping in Johannes stem ooreen met die Skepping in Genesis. Genesis vertel vir ons dat God op die aarde gewandel het en Adam het God se Stem in die tuin gehoor. Hier word gepraat van die Here Jesus, ‘n Ou Testamentiese manifestasie van die Here Jesus. Johannes sê vir ons in die eerste hoofstuk dat die Woord Vlees geword het, en weereens, God het weer op die aarde gewandel.

Die Skepping in Genesis praat van die klein liggie en die groot lig wat verwys na die son en die maan. In Johannes sien ons weer die klein liggie en die Groot Lig: Johannes die Doper met die Hebreeuse naam van Yochanon Ha Matbil – en die Groot Lig Jesus die Messias wie Hebreeuse Naam Yeshua Ha Mochiach is.

In Genesis het God se Gees oor die water beweeg en die skepping is gebore. In Johannes lees ons van mense wat uit water en die Gees gebore is, en weereens het die Gees oor die waters beweeg, hierdie keer met die skepping van die Nuwe Skepping. Op die derde dag van die Skepping in Genesis het God ‘n wonderwerk met water gedoen. In Johannes 2:1 lees ons van die bruilof in Kana en weereens is daar ‘n wonderwerk op die derde dag met water, hierdie keer in die Nuwe Skepping. Met God se eerste plan vir die mensdom het God dit begin met ‘n eenwording in die huwelik tussen Adam en Eva, die Here Jesus begin Sy openbare bediening by ‘n bruilof in Kana en God se tweede plan vir die mensdom begin ook met ‘n huwelik. So is die nuwe skepping in Johannes vol parallelle ooreenkomste met die ou skepping in Genesis, die een is ‘n midrasj, ‘n beeld van die ander.

Daar is baie Skrifte wat so uitstaan. In Judaïsme verteenwoordig die Boom van die Lewe, wat in Hebreeus die “es hayyim’ genoem word, die vyeboom. Ons sien dit in Esegiël 47 en in die Boek Openbaring, maar ons sien dit ook in die Skepping in Genesis.

In Johannes hoofstuk een, toe Natánael vir Jesus gevra het hoedat die Here hom so goed ken, het die Here geantwoord: Omdat “Ek jou onder die vyeboom gesien het.” Wat die Here hier vir Natánael gesê het was nie net dat Hy hom onder ‘n letterlike vyeboom gesien het nie, alhoewel dit deel was daarvan, wat die Here hier in midrasj gesê het was dit: Ek het jou in die Tuin gesien, van die begin van die Skepping van die wêreld af.

Genesis en Johannes beskryf die Ou Skepping en die Nuwe Skepping. Vergelyk die Bybel met ‘n vars brood wat uit die oond kom: Voordat dit gesny is lyk albei ente presies dieselfde, op dieselfde manier vertel die Skrifte ons, en verklaar God: “Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here.” (Op. 1:8) As ons hierdie brood oopsny dan kom ons by Johannes se Evangelie. Baie konserwatiewe Evangeliste glo dat dit ook dieselfde Johannes was wat die Boek Openbaring geskrywe het, en in die lig hiervan het ons die Eerste Skepping teenoor die Nuwe Skepping, maar dan ook die Herskepping. As ons na Genesis kyk in vergelyking met Openbaring dat sien ons hierdie ooreenkomste.

In Openbaring sien ons die Boom van die Lewe wat ons ook in Genesis sien. In Genesis 49 vind ons Jakob se profesie met betrekking tot die twaalf stamme van Israel, en in Openbaring 7 & 14 sien ons weer die twaalf stamme van Israel. Openbaring vertel vir ons dat die draak en die slang uit die Hemel op die aarde gewerp is. Ek glo nie die stories dat dinosourusse biljoene jare oud is nie soos wat die gaping teorie wetenskaplikes dit probeer verklaar nie.

Die slang was eens op ‘n tyd ‘n viervoetig of tweevoetig dier, met ander woorde hy het geloop. Dit is interessant om op te let dat daar in Mexico tot in Sjina baie verhale bestaan oor drake. Ek was al ‘n paar keer by die Turanga dieretuin in Australië, en wat ‘n pragstuk. Wat sal jy ‘n akkedisagtige reptiel noem wat twee of drie meter lank is en een meter hoog, en een meter breed is, en wat ‘n mens maklik kan verslind? Ons noem dit ‘n Komodo draak. Die woord dinosourus beteken eenvoudig ‘n groot vreeslike akkedis. Die draak waarvan Openbaring praat is Satan die vervolger en die slang is Satan die misleier.

Die Here Jesus sê in Mat. 23 dat Abel die eerste martelaar was. “Jou broer se bloed roep uit.”

God sê dit ook vir ons in Genesis. Wat sien ons in Openbaring? Die bloed van die martelare onder die altaar roep uit. In Genesis lees ons van die gesig wat Josef gesien het oor die vrou en die twaalf sterre. In Openbaring 12 sien ons weer dieselfde vrou en die twaalf sterre. So is daar baie ooreenkomste. Dit is soos ‘n brood, altwee kante is dieselfde voordat jy dit gesny het, en wanneer jy dit sny, dan sien jy ‘n patroon: Skepping, Nuwe Skepping en Herskepping.

Met hierdie agtergrond kom ons kyk na Genesis Hoofstuk 3.

Die Hebreërs noem Genesis “Bereshit” wat “In die Begin” beteken. Vers 4?6: “Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie; maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken. Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy 'n lus was vir die oë, ja, 'n boom wat 'n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet.”

Ons sien hier die lus, die begeerlikhede van die oë, die lus van die vlees en die hoogmoed van die lewe waaroor ons in Johannes se brief gewaarsku word. (1 Joh. 2:16) Johannes, die skrywer van die Boek Openbaring en ook die Evangelie van Johannes, is ook die skrywer van drie send briewe, en deur al hierdie Geskrifte vind ons die Hebreeuse manier van Skrif vertolking met Genesis: Die lus van die oë, die lus van die vlees en die hoogmoed van die lewe is ook ‘n ander voorbeeld.

In God se ekonomie is daar net twee mense gebore: Die eerste Adam en die Laaste Adam.

Toe jy fisies gebore is, is jy uit Adam gebore, en toe jy tot wedergeboorte gekom het is jy gebore uit die Laaste Adam, wat die Here Jesus is. Die tweede Adam moes in sekere aspekte soos die eerste Adam wees. Adam en Jesus is beide direk deur God geskape sonder hulp van enige verwekking agentskap, en hulle was albei geskape sonder sonde. Die eerste Adam het egter in sonde geval. Voordat Jesus na die kruis toe gegaan het en ons sonde op Hom geneem het, moes Hy eers dit regstel wat die Eerste Adam verkeerd gedoen het.

Dit is hoekom daar in Markus hoofstuk een staan, waar die Here se versoeking beskrywe word, dat die Here Jesus saam met wilde diere was, dieselfde wat met Adam gebeur het. Dit is die beeld van die Here Jesus in die karakter van die eerste Adam. Satan het na Jesus toe gekom met dieselfde versoekings waarin Adam en Eva geval het: Die Lus van die oë, die lus van die vlees en die hoogmoed van die lewe. Waarin die eerste Adam geval het, het die tweede Adam nie geval nie. Voordat Jesus na die kruis toe kon gaan moes hy dit oorkom waardeur die eerste Adam oorkom is, en eers toe kon Hy na die kruis toe gaan. Dit is hoekom die teks sê: “En toe die duiwel elke versoeking geëindig het, het hy 'n tyd lank van Hom gewyk. (Luk 4:13) (“And Satan departed from Him until the appropriate time.”) By hulle eerste ontmoeting moes Satan probeer om die Here Jesus te laat val in dieselfde sonde as wat die Eerste Adam geval het. Met hulle tweede ontmoeting het die Here Satan weerstaan en Hy het ons sonde op Hom geneem. Die Here Jesus kon nie in ons plek na die kruis toe gaan voordat Hy dit waarin die eerste Adam gefaal het oorkom het en dit reggestel het nie. By hierdie punt moet ons die teks gedeelte van nader beskou en ons moet kyk wat beteken die frase: “om te ken”.

Die Hebreeuse woord vir om “te ken” is “la daot” (yada) en die Griekse term is Ginosco.

Die slang was alreeds in die tuin toe God vir Adam en Eva gesê het dat hulle die aarde moet onderwerp. Dit was egter nog altyd bedoel dat hulle moes weet van die bestaan van dit wat sleg is en dat hulle objektief moes weet wat dit is, maar dit was nie bedoel dat hulle dit in hulle moes ken nie. Hulle moes dit nie as ‘n ondervinding ervaar het nie alhoewel hulle moes weet dat dit bestaan.

Ons weet alreeds dat die boom van die lewe teenwoordig was in die Tuin van Eden, en die Boom van kennis goed en kwaad was ook daar. Adam en Eva het ‘n keuse gehad tussen die twee bome: Die Boom van die lewe, of die Boom van kennis goed en kwaad. Hulle het gekies om te probeer om hulle eie god te wees, om kennis te bekom wat hulle nie moes gehad het nie.

Dit was bedoel dat hulle moes weet dat kwaad bestaan, maar dit was nie bedoel dat hulle dit moes ervaar nie. Om dit verstaan moet ons kyk na die verskillende soorte kennis en in die Bybel, daar is twee voorbeelde. Die eerste word gevind in verband met die hoëpriester op die Dag van Versoening. Net die

Hoëpriester kon in die allerheiligste ingaan en ook net een maal per jaar op Yom Kippur, die Dag van Versoening. Maar enige Hebreër kon in die Boek Levitikus lees en weet wat in die Allerheiligste aangaan. Hy kon die beskrywing van meubels lees, van die Toon Brode, die Ark van die Verbond ens. en so kon hy weet wat daarin was. Maar net die hoëpriester kon weet wat dit was om fisies daarin te gaan omdat hy aangewese was vir hierdie taak. Hy was geheilig, of eenkant geplaas vir hierdie doel, in Hebreeus is dit “ma qadesh” Die Hebreeuse term vir om “te weet, te ken” en om geheilig te word, soos om eenkant geplaas te word, is dieselfde. La?daoth en Le Heet qadesh kom gereeld saam in die Bybel voor. Enige persoon kon weet wat in die Allerheiligste was, maar net die persoon wat geheilig was vir die doel kon weet wat dit is om in die Allerheiligste in te gaan.

By ander geleenthede waar hierdie term gebruik word is by ‘n huwelik. Enige persoon kan materiaal en inligting bekom om die grys anatomie van ‘n vrou se liggaam te bestudeer, maar die Hebreeuse term vir om in die huwelik bevestig te word, beteken ook om geheilig te word. In ‘n Joodse huwelik seremonie word daar gesê: Me qadesh, of met hierdie ring word julle gebind, dit beteken letterlik om geheilig, om eenkant geplaas te word ooreenkomstig die Wette van Moses en Israel. Die woord vir: Om in die huwelik bevestig te word, of om geheilig te word is dieselfde. Die Hebreeuse woord om ‘n huwelik te voltrek is en om “te weet” of “te ken”. Enige persoon kan weet wat binne in ‘n vrou aangaan maar net die man wat geheilig is vir die doel kan weet wat dit beteken om in te gaan. Dit is presies dieselfde as in die Allerheiligste, niemand anders behalwe die hoëpriester kan weet wat dit beteken om daarin te gaan nie. Dit is presies dieselfde met Griekse term “ginosco”. Adam en Eva moes weet dat die kwaad altyd teenwoordig was en dat daar ‘n duiwel is. Hulle was ook veronderstel om te weet dat die aarde onderwerp moet word alhoewel hulle nog nie geval het nie. Dit was bedoel dat hulle objektief moes weet maar nie deur ondervinding nie. Hulle moes weet maar ook nie weet nie.

Vers 7: “Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak.”

Naaktheid in die Bybel beteken nie net eenvoudig naaktheid soos in kaal nie. Adam en Eva was letterlik naak maar daar is meer daarin. Kyk na die Kerk van Laodicéa in Op. 3:17: “Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en [naak] is nie.” Soos wat Jesaja sê, naaktheid simboliseer dat iemand nie die Kleed van Geregtigheid aan het nie. (61:10)

Adam en Eva het geweet dat hulle nou gered moet word omdat hulle gesondig het, en met hierdie skuldgevoel het hulle vyeblare aan mekaar gewerk. Wat sien ons in Genesis en in Openbaring? ‘n Vyeboom. In Openbaring lees ons dat die vyeblare vir die genesing van die nasies is. In die Bybel simboliseer vyeblare goeie werke. Adam en Eva het vyeblare aanmekaar gewerk en op dieselfde manier sal die gevalle mens hom altyd met goeie werke probeer regverdig voor ‘n Heilige Sondelose God.

Elke godsdiens op hierdie aarde is die diametriese teenoorgestelde van die Evangelie. Toe God, dit is Jesus, Adam en Eva in die Tuin vind met vyeblare aan het Hy die blare verwerp en Hy het gesê daar moet ‘n bloed versoen offer wees om sonde weg te neem. Godsdiens is wanneer die mens probeer om God te bereik met goeie werke. Die Evangelie probeer die mens bereik met ‘n versoen offer van bloed.

Godsdiens is die mens wat probeer om God te bereik en die Evangelie is God wat probeer om die mens te bereik. Weereens, godsdiens is die diametriese teenoorgestelde van die Evangelie, dit maak nie saak in watter vorm dit is nie, al is dit ‘n Jehova se Getuienis, Mormone, Ortodokse Jode, Katolieke, Moslem ens.

Elke godsdiens is gebaseer op die feit dat hulle blare aanmekaar werk om hulle voor God te regverdig en daar is absoluut geen versekering van redding in dit nie. Al ons regverdige dade is verdorde blare. (Jes. 64:6) Sê ek dat al Moeder Theresa se regverdige dade verdorde blare is? Nee, Ek sê dit nie, God sê so.

Christene doen nie goeie werke om gered te word nie, hulle doen goeie werke omdat hulle gered is. Dit is nie ons geregtigheid nie, maar Christus se geregtigheid in en deur ons, dit is totaal verskillend van ‘n mens gemaakte godsdiens. Ons doen goeie werke omdat ons gered is en dit is nie ‘n poging om ons eie redding te bewerkstellig nie. Dit bring ons by die rede waarom Jesus die vyeboom vervloek het. Die boom het blare gehad maar geen vrugte nie. Op dieselfde wyse het Israel ‘n geregtigheid uit werke gehad wat gebaseer was op wettisme maar hulle het nie vrug van die Heilige Gees gehad nie. Maar ons moet ook verstaan dat die blare belangrik is.

In die Midde Ooste is die son so warm dat ‘n boom wat nie blare het nie se vrugte baie vinnig vernietig sal word en ‘n vye boom se vrugte word direk deur die blare beskerm. Toe Jesus hierdie boom egter vervloek het, sê die teks vir ons dat dit nie eers die vye seisoen was nie. Die waarskuwing wat ons hieruit kan haal is dit: Die Seun van die Mens kom op ‘n tyd dat ons Hom nie verwag nie daarom moet ons moet altyd gereed wees. Weereens, sonder blare sal die vrugte vernietig word, soos wat die Here Jesus vir ons sê: “Geloof sonder die werke is dood.” Daar is niks verkeerd met die blare nie, maar die feit is, ons kan dit nie eet nie, die heel beste blare wat daar is kan nie opmaak vir die vrugte nie alhoewel ons die blare nodig het.

Dit word nie vir ons gesê dat ons mense sal ken aan hulle werke, blare nie, ons sal hulle ken aan hulle vrugte. Dit moet opgelet word dat werke ‘n bewys van vrugte kan wees omdat die blare normaalweg ongeveer op dieselfde tyd verskyn as die vrugte. Maar baie blare is nie bewys dat jy vrugte sal vind nie. Adam en Eva het vyeblare aanmekaar gewerk net soos wat elke godsdiens vandag nog doen. Vandag is daar is baie nie? evangeliese kerke wat dink hulle is Christene. As jy hulle vra hoe kom ‘n mens in die hemel dan sal hulle jou vertel dit is om genoeg goeie dade te doen wat jou slegte dade kan uit kanselleer, of iets soortgelyk. Wat doen hulle om hulle naaktheid weg te steek? Hulle werk vyeblare aanmekaar. Wat doen hulle by ‘n Mis en ‘n moskee? Hulle werk vyeblare aanmekaar alhoewel dit nutteloos is om enige redding daaruit te verkry, want dit kan net deur ‘n Bloed offer verkry word.

Die verhaal gaan aan: Gen. 3:8: “En hulle het die stem van die HERE God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie;??” Die Hebreeuse woord “koel” soos in koel luggie is ook die woord vir briesie of ‘n windjie? ruach. Die Hebreeuse woord vir briesie is ook dieselfde woord vir gees: Pneuma in Grieks en Ruach in Hebreeus. Hier word die teenwoordigheid van die Heilige Gees in die Hebreeuse teks geïmpliseer. “??en die mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van die HERE God tussen die bome van die tuin. Toe roep die HERE God na die mens en sê vir hom: Waar is jy?” (Vers 8?9) Ons sien hier word gepraat van die bome van die tuin. Met betrekking tot die Laaste Dae: Jesus het nooit gesê dat

ons die gelykenis van die vyeboom moet ken nie. Ons lees in Lukas dat die Here gesê het: Leer die gelykenis van die vyeboom en al die ander bome. (Lees Rigters 9)

Wat ons nou hier sien is die verskillende karakters wat in die Tuin vergader, die eerste en die belangrikste het ons God in die Persoon van Jesus, daarna het ons Satan in sy persoonlikheid as die misleier, dan het ons die naakte mens.

So ver het ons drie karakters: God, Satan en die naakte mens. Die Skrifte gaan verder: “Toe roep die HERE God na die mens en sê vir hom: Waar is jy? En hy antwoord: Ek het u geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg. En Hy sê: Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie? (Gen. 3:9?11) Dit wil voorkom asof God nie geweet het nie, maar God weet natuurlik, maar Hy is besig om Adam op die proef te stel.

Vers 12: “En die mens antwoord: Die vrou wat U gegee het om by my te wees, sy het my van die boom gegee, en ek het geëet.” Let op dat God in Sy alomteenwoordigheid alreeds weet wie eerste geëet het, maar Hy gaan nie na Eva toe nie, Hy gaan na Adam toe.

As daar iets in my huwelik of met my familie verkeerd gaan of in jou huwelik of in jou familie, mag God dit verhoed, dan mag dit miskien nie jou fout wees nie maar wat dit God aangaan is dit ons, die hoof van die gesin se probleem, ons is verantwoordelik, die man is die hoof gesag in hierdie verhouding. In die Bybel, elke keer wanneer ‘n man toelaat dat ‘n vrou geestelike leierskap oorneem dan is daar chaos.

Abraham en Sarah, of Agab en Jesebel is twee voorbeelde hiervan. Dit gaan terug tot in die Tuin van Eden en as sulks is dit een van Satan se oudste truuks. Hoekom is kerk leierskap nou in so groot chaos? Kom ons kyk.

Vers 12?15: “En die mens antwoord: Die vrou wat U gegee het om by my te wees, sy het my van die boom gegee, en ek het geëet. Daarop sê die HERE God aan die vrou: Wat het jy nou gedoen? En die vrou antwoord: Die slang het my bedrieg, en ek het geëet. Toe sê die HERE God aan die slang: Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe. En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.”?? as gevolg van die opstanding.

Vers 16?17: “Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers. En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie???” Let op, die vloek is eerste op Satan, dan die vrou en die man laaste, die oordeel is in die volgorde wat hulle gesondig het.

As gevolg van die val het die man onsensitief, maar as gevolg van die val het die vrou hiper sensitief geword. Wanneer ‘n man en sy vrou tot redding kom is dit die meeste van die tyd die vrou wat eerste tot redding kom, maar dit is nie altyd die geval nie, maar ongeveer 75% van die gevalle is dit die vrou wat eerste tot bekering kom, water neem die vorm van die houer aan.

Maar as die vrou eerste tot redding kom is dit ‘n moeilike situasie. Christen vroue kry partykeer vir jare swaar oor hulle ongeredde mans. Hoekom kom vroue makliker tot bekering?

Omdat hulle meer sensitief is. Wanneer ‘n man en ‘n vrou saam bid vir leiding dan is dit gewoonlik die vrou wat eerste van die Here hoor, en so is die man afhanklik van die vroulike sensitiwiteit as gevolg van die Val. Maar aan die anderkant terwyl dit makliker vir die vrou is om die Stem van die Heilige Gees te hoor is dit ook vir haar baie makliker om die stem van ander geeste te hoor en om so mislei te word, geestelike misleiding. Vroue is baie meer vatbaar vir geestelike misleiding as mans. Daarom, net soos wat ‘n man afhanklik is van ‘n vrou se sensitiwiteit is vrou ook net so afhanklik van die man se beskerming. Die onderwerping in ‘n Christen huwelik moet dus eweredig wees maar op verskillende maniere, dit is ‘n gelykheid met verskillende funksies, maar die man bly verantwoordelik. Vroue is meer vatbaar vir geestelike misleiding terwyl mans meer vatbaar is om enigsins iets te hoor. Dit is hoe dit is in ons gevalle wêreld gaan en dit het in die tuin gebeur.

Vervolgens stel God ‘n engel in die tuin en Adam en Eva word uit die tuin gesit en hulle mag nie weer daarin kom nie. Hier het ons die voorstelling van die vierde karakter, die engel wat sê gaan uit. In hierdie tuin het die mens geval, en in hierdie tuin het God die vloek oor die man en vrou uitgespreek. In hierdie tuin het die engel gesê: Gaan hier uit, julle kan nie meer hier in kom nie, en hierdie tuin is die mens naak voor God, maar in hierdie tuin is daar ook die belofte van redding: Vers 15: “En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad.” (Onderskeiding tussen goed en kwaad.)

Soos wat baie van julle al weet verteenwoordig Eva Israel en by verlenging ook die Kerk. Die Kerk is die bruid van Christus en Israel is God se vrou. Anti Semitisme en die vervolging van die gelowige kerk is soos kop en stert, die twee kante van dieselfde muntstuk. Ons kan onderskei tussen die twee, maar ons kan hulle nie skei nie. God se plan met die redding van die wêreld is afhanklik van die profetiese agenda vir Israel en die Jode en ook vir die gelowige Kerk. Die twee soorte mense wat die Bybel Abraham se kinders noem, is die Jode en die gelowige Kerk. Die Wederkoms van die Here Jesus is afhanklik van die profetiese plan van God vir Israel en die Jode en die gelowige Kerk. En let op, die Kerk en die Jode het dieselfde vyand. Hoekom dink julle haat die Moslems Israel en Amerika? Is dit polities? Nee, daar is ‘n geestelike rede.

In hierdie tyd van die geskiedenis is Amerika die middelpunt van die Evangeliese Christendom soos wat Brittanje twee of driehonderd jaar terug was, en soos wat Duitsland en Switserland gedurende die Reformasie was. “En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad.” Kyk na heidense Rome: Hulle het eerstens teen die kerk gedraai in die tyd van Nero, en ‘n paar jaar later het hulle onder Titus teen die Jode gedraai. ‘n Paar eeue later onder die kommuniste in die Sowjet Unie, wie het die Sowjet die meeste vervolg? Jode en wedergebore Christene! Deur al die eeue van hierdie inkwisisie, die pogroms, die volksmoorde, wie het die Roomse Katolieke kerk die meeste vervolg? Jode en wedergebore Christene! Wat sê Arafat se volgelinge? Wat wys hulle nie vir ons op CNN nie? Hulle wys nie vir ons dat die Islamitiese Arabiere, wat hulle so ophemel, dieselfde mense is wat elke dag van die week sê: Eerste die Saterdag mense en dan die Sondag mense.” Jihad! Jihad!" Met ander woorde: Ons gaan eers die Jode doodmaak en dan die Christene. “Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, tussen jou saad en haar saad.” Dit het gebeur in die tuin. Kom ons kyk wat beteken dit.

Johannes 18: 1: “Nadat Jesus dit gesê het, het Hy met sy dissipels oor die spruit Kedron gegaan waar daar 'n tuin was, waarin Hy self gegaan het en sy dissipels.” Van die vier Evangelies, die een wat Getsémané identifiseer as ‘n tuin, is Johannes. Johannes het altyd te doen met ‘n Hebreeuse verklaring, ‘n midrasj van Genesis.

Die Kedron is ‘n smal vallei tussen die Tempel Berg aan die weste kant en die Olyf berg (Har Zeitim) aan die Ooste kant. Getsémané kom van die Hebreeuse woord “Sheman” of “olie” wat “Shemen ziot” genoem word ? in ‘n rituele gebruik. Hulle oes die olywe wat op die Olyfberg groei en hulle bring dit na Getsémané waar die olie pers was. (Daar is vandag nog olyf bome op die Olyfberg. Kenners vertel dat daar van die bome is wat al meer as 2000 oud is en wat nog steeds groei. Hulle moes daar gewees het in Jesus se tyd want olyfbome kan baie oud word as hulle nie deur aardbewings, besoedeling of ‘n omgewing katastrofe geraak word nie.)

Die Here Jesus gaan na Getsémané en daar het iets begin gebeur. Vir God is een man sonder sonde meer werd as al die mense met sonde, dit is hoe een vir almal kon gesterf het. In hierdie tuin het God al ons sonde op Hom geneem, Hy neem ons sonde en Hy sit dit op Sy Seun, Jesus, om sodoende Sy regverdigheid te neem en dit op ons te plaas.

Jesus het fisies gely, Hy was gemartel, Hy het emosioneel gely, die Bybel praat van die tyd van die moeite, en die barensnood van Sy siel. Maar nog iets het gebeur: Sy gemeenskap met Sy Vader is verbreek. Ons moet ook oplet dat Hy ook gesê het: “Vader, dit is volbring, in U hande gee Ek My Gees oor.” Satan se leuenaars in die Kerk ontken vandag hierdie fundamentele Waarheid. Copeland, Hagen, Joyce Meyer, al hierdie mense is besig met kettery.

Hulle sê dat Satan die oorwinning op die kruis behaal het en dat die Here Jesus se Gees nie aan Sy Vader oorgegee is nie, dat alles nie volbring was nie en dat Hy Hel toe is! Hulle leer verder dat Hy vir drie dae en drie nagte in die Hel gemartel is en dat Hy in die Hel wedergebore moes word, dit is Copeland en Hagen se fondamente leerstellings wat hulle van E. W. Kenyon ontvang het! Hulle het ‘n ander Jesus, die Antichris, hulle het ‘n ander evangelie, soos wat baie van julle weet, omdat die kruis van Jesus nie die middelpunt van hulle sieninge in verband met Redding is nie, ook is die kruis nie die middelpunt van hulle Christelike lewe nie.

In plaas van: “Tel op jou kruis en volg My, leer hulle: “Jy is ‘n Konings kind, noem dit, raam dit en eis dit!” God wil hê dat jy ryk moet wees, glo God vir ‘n ander Mercedes ens, ens. Hierdie mense is van die duiwel en hulle is ook van die valse profete waar teen die Here Jesus ons gewaarsku het wat ons in die Laaste Dae sal sien, hulle doen presies wat die Here Jesus gesê het hulle gaan doen. Jesus neem ons sonde op Homself, nie in die Hel nie, maar in die Tuin. Dit is waar God begin het om ons sonde op die Here Jesus te plaas. God se volle wraak was op die Here Jesus uitgestort terwyl Hy aan die kruis gehang het.

Joh. 18: 2: “En Judas, sy verraaier, het ook die plek geken, omdat Jesus daar dikwels met sy dissipels saamgekom het.” Jesus het gereeld Sy dissipel hier ontmoet. Vers 3?5: “En Judas het die afdeling soldate

en die dienaars van die owerpriesters en die Fariseërs geneem en daar gekom met fakkels en lampe en wapens.

En omdat Jesus alles geweet het wat oor Hom sou kom, het Hy uit die tuin gegaan en vir hulle gesê: Wie soek julle? Hulle antwoord Hom: Jesus, die Nasaréner.?” Jesus se regte Naam was: Rabbi Yeshua Bar Yosef vi Netzeret. Hulle sou nie weet wie Jesus Christus is nie maar hulle sou weet wie Rabbi Yeshua was: Hy is die een wat die dooies laat opstaan het, Hy kon op water loop! “Jesus sê vir hulle: Dit is Ek. En ook Judas, sy verraaier, het by hulle gestaan.” Vers 6: “Toe Hy dan vir hulle sê: Dit is Ek, het hulle agteruitgegaan en op die grond geval.”

Die Griekse Teks sê hulle het agteroor geval en toe vorentoe geskuif.?? Elke knie sal buig en ook die van Sy vyande.

Om onder die Krag van die Gees te val het op verskillende tye in die Bybel plaasgevind, vernaamlik in die Nuwe Testament. In Openbaring hoofstuk een was Johannes in die Gees op die Dag van die Here en toe die Krag van die Here op hom gekom het, het hy soos ‘n dooie voor Hom neergeval. Hy het vooroor op sy aangesig geval en hy was so vreesbevange dat God ‘n engel moes stuur om hom te versterk. Toe Jesus die duiwel uit die kind uitgedryf het wat hom elke keer in die vuur gegooi het, het hulle gedink hy is dood, maar toe hy opgestaan het was hy ‘n totale ander mens. Met Daniël het dieselfde gebeur, hy was net so vreesbevange. Ons moet oplet dat as iemand in die Bybel in die Gees geval het was dit ‘n eenkeer in ‘n leeftyd gebeurtenis. Dit maak nie saak wat met mense gebeur as hulle val nie, maar die vraag is, is daar enige verskil as hulle opgestaan het? Wat sien ons vandag? Wie staan in die toue? Dieselfde mense wat laas week in die toue gestaan het, hulle val vir die genot daarvan. “ ‘n Bose en ‘n owerspelige geslag soek na wonder en tekens.” In die Bybel, as ‘n Seën of ‘n boodskap van God af gekom het, het die persoon altyd vooroor op sy aangesig geval. Die enigste tyd waar mense agteroor geval het was toe daar ‘n vloek en ‘n oordeel oor hulle gekom het: Toe hulle gekom het om Christus gevange te neem. Vandag sien ons mense soos Rodney Howard Brown en andere wat hulle eie offisiële “vangers” het! Maar die gesneuweldes val na die verkeerde kan toe! Hierdie mense maak daarop aanspraak dat hierdie ondervindings van God af kom, dit is dalk waar, en as dit waar is dan is dit God se toorn wat op hulle is! Ek is persoonlik baie seker daarvan dat in die meeste gevalle hierdie ‘n hipnotiese induksie is wat gekombineer word met ‘n demoniese misleiding, en al is dit van God dan is dit ‘n oordeel oor hulle. “Wie soek julle? Jesus!? Dit is Ek. Of ?“Ego ami.” Die Griekse ekwivalente vind ons in die einde Joh. 8 waar Jesus sê: Voordat Abraham was? Is Ek ? Ego ami. Die mense het Hom toe probeer stenig omdat Hy Hom gelyk gestel het aan God. Kom ons kyk weer na die karakters: In die tuin van Eden is God in die Persoon van Jesus. In die Tuin van Getsémané is God in die Persoon van Jesus, maar dan, in die Tuin van Eden was Satan die misleier teenwoordig. In Johannes se Evangelie, wat gebeur met Judas net voor die dissipels Jesus na Getsémané gevolg het? Die Teks sê duidelik: Satan het in Judas gevaar.

Die enigste twee mense wat persoonlik deur Satan besete sal wees is die Antichris of die valse profeet en Judas, die Seun van sonde (Perdition) Johannes beskryf die Antichris in sy send brief in die karakter van Judas. “Hulle het van ons uitgegaan maar hulle was nie van ons nie”

Wanneer daar iets oor Judas in die Bybel gesê word, dan vertel die Heilige Gees jou iets van die Antichris. Beide Judas en die Antichris word verbind met geld en beide kan die broeders mislei? Die dissipels vra: Here is dit ek, Here is dit ek? Hulle het nie die identiteit van die veraaier geken voordat Jesus hom geopenbaar het nie. Net so sal mense ook nie weet wie die ware Antichris gaan wees voordat die Here Jesus hom openbaar nie. As mense nou al nie deur mense soos Benny Hinn of Kenneth Copeland of Chuck Colson kan sien nie, wat gaan gebeur as die ware antichris kom? Hoe het Judas die mense mislei? Hy het hulle mislei met die Moeder Theresa truuk: Vye blare! “Kan ons nie die parfuum verkoop en die geld vir die armes gee nie? Hy het met ‘n geveinsde medelye vir die armes homself voorgestel as die goeie herder, ’n vermomming wat hy gebruik het om mense te manipuleer. Moeder Theresa het voor sy gesterf het gesê dat sy nie die versekering van redding het nie. Toe sy die Nobel prys gewen het, het sy dit duidelik gestel dat sy nie die Indiërs tot bekering in die Christen geloof gelei het nie

, maar dat sy net van hulle beter Hindus en Moslems gemaak het. Dit was haar evangelie, sy het hulle gewas en skoongemaak en vir hulle ‘n skoon plekkie gegee waar hulle rustig kon sterf en so het sy hulle in ‘n wassery glybaan Hel toe gestuur in die Naam van die Vader, Seun en Heilige Gees.

Die Antichris gaan presies dieselfde doen. Hy gaan voorgee dat hy baie omgee vir die armes en so gaan hy mense manipuleer dat hulle dink hy ‘n wonderlike vredeliewende mens. Let op, dat wanneer jy die waarheid praat oor moeder Theresa dan gaan die meeste Christene jou aanvat omdat jy dit durf waag om iets teen hierdie “heilige” van God te sê. Jy mag haar miskien net aanhaal, maar in hulle oë is sy ver bo jou verhewe. Mense wat deur mense heilig verklaar word. Die Antichris gaan egter moeder Theresa na ‘n kombinasie tussen Jesebel en Ma Barker laat lyk, ? verskriklik vreeslik!

In die tuin, in Getsémané het ons Satan die misleier, en wie is nog daar? Laat ons kyk na die oorsig sover. Toe hulle gekom het om Jesus gevange te neem was daar ‘n jong man: Mark. 14:51: En 'n sekere jongman met 'n linnedoek om sy naakte lyf het Hom gevolg; en die jongmanne het hom gegryp; maar hy het die linnedoek laat staan en naak van hulle weggevlug.”

Hier het ons die soort man wat toe hulle die Here Jesus gevangene geneem het, het hy naak weg gehardloop. Hy verteenwoordig die tipe mens wat in die tyd vervolging sal terugval, hulle hardloop weg sonder die Kleed van Regverdigheid in ‘n poging om hulle nekke te red, baie gaan wegval. Die probleem met vervolging is dat dit diegene is wat dit nie nodig het nie wat altyd slegste daarvan gaan afkom.

Onthou u wat Jesus gesê het: Baie sal afvallig raak en hulle sal mekaar verraai. Die Christene wat afvallig gaan raak en jou more gaan verraai is diegene wat vandag na die Copelands en Hagins luister. Wanneer hierdie leuens aan mense vertel word: God wil hê dat jy ryk moet wees, jy nie hoef swaar te kry om in die geloof te bly nie, en: Jy is ‘n Konings kind! Dit is hulle wat gaan agterkom dat hulle in groot moeilikheid beland het!

Wat se hoop het hierdie mense om in die geloof te bly staan? Hulle geloof was nooit ‘n ware geloof om mee te begin nie. Ek is ‘n Pinkster mens, maar die pinkster van vandag is net so afvallig en korrup as die Roomse Katolieke, die Griekse Ortodokse en die liberale Protestante Kerke. Dit is ‘n Satanistiese misleiding.

Kom ons kyk na die karakters. Ons het God, en ons het Satan en ons het die naakte mens in die tuin. “Wie soek julle” “Jesus die Nasarener!” “Dit is Ek” En dit gebeur weer: “Wie soek julle?” “Jesus die Nasarener!” Ek het julle gesê dat dit Ek Is. Drie keer sê Jesus; EK IS.

“As julle My dan soek, laat hierdie manne weggaan??”?(Joh. 18) Hierdie is ‘n korporate solidariteit, ‘n teologiese term waar een persoon ‘n groter groep mense verteenwoordig. In Johannes se Evangelie is daar baie voorbeelde hiervan. Twee voorbeelde: In Aramees beteken Bar?Abbas: Seun van die vader. Hy was die ekwivalente van ‘n moderne terroris. Ek woon in Engeland en ek gaan gereeld na Noord Ierland, dit is waar die IRA en die UVF, Protestante en die Katolieke terroriste groepeer. Hierdie mense is basies bendes wat georganiseerde misdaad bedryf in die naam van politieke godsdienstigheid. Protestante en die Katolieke is betrokke. Hulle is besig met godsdienstige geveinsdheid in ‘n ernstige graad en is basies dieselfde as Barabbas. Pilatus vra: “Wie wil julle hê moet ek vir julle vrylaat, hierdie terroris of Rabbi Yeshua? Wil julle hierdie moordenaar hê of die Rabbi wat die klein dogtertjie uit die dood laat opstaan het? Wat die blindes weer laat sien het, die dowes laat hoor het, wat die melaatses gesond gemaak het, wat die mense oor liefde vrede en die Waarheid geleer het?

“Gee vir ons Barabbas!” Dit is hulle versoek. Barabbas is die beeld van ons almal: Die regverdiges en die onregverdiges. Bar?Abbas, Seun van die Vader!” Ons word seuns van die Vader omdat Jesus in ons plek na die kruis gegaan het. Al vier die Evangelies plaas die Evangelie in ‘n forum van geregtelike ondersoek, ‘n hof. Jesus het in ons plek in hierdie hof gestaan. John Wimber sê egter dat ons die Evangelie uit hierdie forum van geregtigheid gaan haal, dit egter, is ‘n boodskap uit die Hel uit. Ons kan nie God as die Geliefde Vader ken as ons Hom nie ook ken as die Regverdige Regter nie.

‘n Ander korporate solidariteit is een van die apostels. Die ongelowige Thomas. Hy was nie die enigste onseker apostel nie maar hy het gesê: “Ek sal nie glo voordat ek die merke sien nie.”

In Sag. 12:10, met Jesus se wederkoms, dan gaan die Jode opkyk na Hom wat hulle deurboor het en hulle gaan oor Hom treur en ween soos wat iemand treur oor ‘n eniggebore seun. Dit is wanneer die ongelowige Israel sal glo: Wanneer hulle die merke van die kruis sien.

Thomas verteenwoordig sy mede Joodse broers in hierdie beeld. Daar is ‘n ander korporate solidariteit: “Wie soek julle?” “Jesus” Dit is Ek, laat hulle gaan,” Wie was hulle? Petrus, Jakobus en Johannes, wat ons verteenwoordig, vir jou en my. Wel, wat van die ou wat sy pad in die wêreld oop gewerk het en kokaïne gesmokkel het? Laat hom gaan! Ek is die Een wat julle soek, laat hom gaan! “Maar hy is die radikale een wat polisie motors met ‘n petrolbomme bestook het!” “Ja Ek weet wie hy was en Ek weet wat hy gedoen het, Ek het hom onder die vyeboom gesien, laat hom gaan. Wel, wat van die homoseksueel? Laat hom ook gaan! Vat My, Ek is die Een na wie julle soek! Wat van die dobbelaar, die prostituut? Laat hulle gaan. Vat My! Wie is U? “Ek Is wie Ek Is! Ek is die Een wat in die Tuin gewandel het, dit is Ek wat hierdie reëls maak, neem My.” Dit is die Evangelie, hulle het gedoen wat Hy sê en hulle laat gaan, dit het in die Tuin gebeur.

Blaai na Joh. 19, en weereens is ons in die Tuin. Vers 39: “En Nikodémus, wat die eerste maal in die nag na Jesus gegaan het, het ook gekom met 'n mengsel van mirre en alewee van omtrent honderd pond

gewig.” Mirre in die Bybel was gebruik vir een ding, en dit is die salwing van ‘n lyk vir die dode. Toe Jesus gebore is het hulle vir Hom goud gebring omdat Hy ‘n Koning sou word. Wierook omdat Hy ‘n Priester sou wees, en mirre vir die dood wat Hy sou sterf.

Onthou u wat Jesus vir die Kerk in Smirna gesê het: “Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê.” Mirre, of Smirna in Grieks.

“En hulle het die liggaam van Jesus geneem en dit in doeke toegedraai saam met die speserye, soos die gewoonte van die Jode is om te begrawe. En daar was op die plek waar Hy gekruisig is, 'n tuin??” (Joh. 19:40?42) Dit moes in ‘n tuin plaasvind, net soos in Genesis en Getsémané: “En daar was op die plek waar Hy gekruisig is, 'n tuin en in die tuin 'n nuwe graf waar nog nooit iemand in neergelê was nie. Daar het hulle Jesus toe neergelê weens die voorbereiding van die Jode, omdat die graf naby was.” Jesus was begrawe in ‘n tuin. Die vorige dag, die Saterdag, het hulle die Ha Shir Hashirim gelees. En vandag nog in die Sinagoges op hierdie Saterdag van Ha Matzot, die Pasga week word die Megilla gelees, wat ook geken word as Liedere van Salomo. Hooglied 4:6: “Totdat die aandwind waai en die skaduwees vlug, sal ek gaan na die mirreberg en na die wierookheuwel.” Die bruidegom was gesalf vir die begrafnis, gesalf om te sterf vir die bruid; om die aanvaarbare offer te bring. Salomo se romanse met Sulammiete is ‘n metafoor van Christus se romanse met die Kerk. Hy is gesalf vir die dood, om vir Sy Bruid te sterf. Dit is wat hulle in die Sinagoges gelees het. Kyk na hoofstuk 5 vers 1: “Ek het in my tuin gekom, my susterbruid, ek het my mirre met my balsem gepluk??,” Of anders gestel: “Kom in, kom in die tuin in.” Dit is wat hulle in die Sinagoges gelees het op hierdie Saterdag. Die volgende dag, die Sondag was die eerste dag van die week, wat ons in Hebreeus Rishon noem. Maar hierdie spesifieke yom Rishon was ‘n unieke yom Rishom, ‘n unieke Sondag in die Joodse kalender, die Hebreeuse Fees van Eerste Vrugte. Blaai na 1 Kor. 15:20, die Opstanding hoofstuk, en wat lees ons?: “Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.” Let op: “Ontslaap”—“Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.”

Wanneer jy gaan slaap dan gaan jy ook weer opstaan. Die Bybel praat nooit van die dood van ‘n gelowige as “dood” nie maar van slaap. Lasarus het geslaap, die dogtertjie, Talita Kume, het geslaap. Paulus sê moet nie treur oor broeders wat slaap nie. (1 Tes. 4:13) Ongeredde mense gaan dood maar gelowiges gaan slaap.

Daar is twee redes waarom die dood van ‘n gelowige beskryf word as slaap. Die eerste is natuurlik die Opstanding. Wanneer jy gaan slaap is die volgende ding waarvan jy bewus word dat jy wakker geword het. Die volgende ding waarvan gelowiges wat gaan slaap het bewus gaan word is die Opstanding. Maar iets anders gebeur wanneer jy gaan slaap: Jou bewustheid beweeg na ‘n ander sfeer waar dinge wat geen sin maak terwyl ons wakker is nie, bymekaar uit kom. Wanneer jy droom dan kan jy droom van mense wat dood is wat weer lewend geword het en jy kan met hulle praat. In ‘n droom kan jy gebeure van die verlede in die hede sien, die verlede, hede en die toekoms is dieselfde, daar is ‘n kronologie maar tyd bestaan nie. Ons het twee woorde in Grieks vir tyd: Chronos en Cairos. In die ewigheid het jy net chronos en geen cairos nie.

Met ander woorde, ewigheid is nie ‘n horlosie wat net aan en aangaan nie, dit is nie ‘n horlosie nie. Dit is chronos, kronologie. ‘n orde van gebeure maar tyd bestaan nie. In ‘n droom kan jy dinge van die verlede weer sien gebeur. Jy kan dinge sien wat gaan gebeur, jy kan droom oor ‘n vakansie of enigiets, jy kan dooie mense lewend sien, soos die dinge wat in Openbaring gebeur het. Die Lam wat geslag is voor die fondasie van die wêreld.

Johannes het die 24 ouderlinge op die troon gesien, toekomstige dinge wat nog nie gebeur het nie het hy in die hede gesien. Wanneer jy gaan slaap dan droom jy, dinge wat psigoloë bevestig, almal droom, hulle weet dit uit navorsing met onderandere enkefalografie en alfa brein golwe. Jou onderbewussyn beweeg na ‘n ander sfeer waar dinge wat in ‘n normale wakker toestand geen sin maak nie, tog sin maak, en dit is wat gebeur wanneer jy sterf. Die vraag is dan, gaan jou siel slaap of gaan jy om by die Here te wees? Relatief tot ons, is jy in jou graf. Relatief tot die ewigheid het dit alreeds gebeur. Efesiërs sê ons sit alreeds saam met die Here in Hemelse plekke. Jy kan nie tyd verbind met die ewigheid nie en dit is een van die eerste dinge waar die Calviniste verkeerd gegaan het, hulle probeer om die ewigheid aan tyd koppel. Is daar ‘n ewige sekuriteit? Ja. Omdat in die ewigheid het dit alreeds gebeur, maar ‘n ewige versekering in die Bybel beteken nie een maal gered altyd gered nie, vir ons is ‘n veranderbare.

Daar is ‘n ewige versekering maar nie op die wyse wat Calviniste dink dit bestaan nie en hulle verwar alles met dit. Calvinisme is gebaseer op humanisme.

Gelowiges gaan slaap en Christus is die Eerste vrugte van die ontslapenes, dit is die Messiaanse vervulling van die Hebreeuse Eerste Vrugte Fees. Wat het gebeur op hierdie Sondag van die Eerste vrugte fees? Yom Rishon? Hierdie sondag was ‘n sondag gedurende die Pasga Week!

Saterdag het hulle Hooglied van Salomo in die sinagoges gelees, en hulle doen dit vandag nog.

Daardie Sondag toe dit nog steeds donker was, net voor dagbreek, het die hoëpriester in die Kidron vallei in beweeg waar hy gewag het vir die eerste lig wat in die Kidron Vallei op die rug van die Olyfberg sou verskyn. En toe hy hierdie eerste lig sien het hy seremonieel die eerste graan spruite van die lente oes geoes, en dit word die Eerste Vrugte genoem.

Al vier die Evangelies vertel vir ons dat Jesus met eerste lig opgestaan het, die opstanding van die Seun is ‘n metafoor van die opkoms van die Son. Jesaja sê dit ook. Die Glorie van die Opgestane Here is helderder as die son. Dieselfde uur van hierdie dag van die jaar toe die Hoëpriester die eerste vrugte in die tempel ingebring het, het Jesus opgestaan as die Eerste Vrugte van die Opstanding.

Wat gebeur in die Tuin? Die mens het geval in die tuin. Die vloek het in die tuin oor die mens gekom, maar in dieselfde tuin het dieselfde God ook al ons sondes op Hom geneem en Hy is in ons plek vir ons sondes gevangene geneem, en in die tuin is Hy ook vir ons sondes gekruisig. Maar dan gebeur iets anders in die tuin. Joh. 20:1?2: “En op die eerste dag van die week kom Maria Magdaléna vroeg, terwyl dit nog donker was, by die graf en sien dat die steen van die graf weggeneem was. Sy hardloop toe en kom by Simon Petrus en by die ander dissipel vir wie Jesus liefgehad het, en sê vir hulle: Hulle het die Here uit die graf weggeneem, en ons weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.” Let op die slegte nuus, die vloek, het in die tuin ook eerste na die vrou toe gekom. Die slegte nuus het eerste op die vrou gekom

en so het die goeie nuus ook eerste deur ‘n vrou gekom, verstaan u hoekom dit ‘n vrou moes wees? Dit kon nie ‘n man wees nie, dit moes ‘n vrou wees. Joh. 20: 3?7: “Toe gaan Petrus en die ander dissipel uit en kom by die graf. En die twee het saam gehardloop, en die ander dissipel het vooruit gehardloop, vinniger as Petrus, en eerste by die graf gekom. En terwyl hy neerbuk, sien hy die doeke lê; maar hy het nie ingegaan nie. Toe kom Simon Petrus agter hom aan en gaan in die graf en sien die doeke lê; en die doek wat op sy hoof was, sien hy nie by die doeke lê nie, maar opgerol op een plek afsonderlik.” Hier is ‘n kultuur nuanse, onderskeiding. Wanneer timmermanne in die Midde Ooste in Bybelse tye ‘n taak opgelê was, of as hulle dit afgehandel het, het ‘n hulle doek opgehang en wanneer hulle ‘n taak afgehandel het, het hulle dit gebruik om die sweet af te vee. Maar aan die einde van die dag wanneer die werk klaar was het hulle die kleed of die doek opgevou en dit daar gelaat. “Daarop het ook die ander dissipel wat eerste by die graf gekom het, ingegaan, en hy het gesien en geglo.??

?? Want hulle het nog nie die Skrif verstaan dat Hy uit die dode moes opstaan nie. En die dissipels het weer huis toe gegaan. Maar Maria het buitekant by die graf gestaan en ween; en terwyl sy ween, buk sy na die graf toe en sien twee engele daar sit met wit klere aan, een by die hoof en een by die voete waar die liggaam van Jesus gelê het.” (Joh. 20:8?12)

Nou, weereens, hierdie twee engele stem ooreen met die twee Gerubs op die Ark van die Verbond. Vers 13?15 “En hulle sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Sy antwoord hulle: Omdat hulle my Here weggeneem het, en ek weet nie waar hulle Hom neergelê het nie. En toe sy dit gesê het, draai sy haar om agtertoe en sien Jesus staan, en sy het nie geweet dat dit Jesus was nie. Jesus sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Wie soek jy? Sy het gedink dat dit die tuinier was??” Nou, wat het die tuinier die vorige dag in Hooglied gesê? “Kom in tuin my geliefde”

In Genesis het die engel gesê gaan uit, gaan uit die tuin uit, julle mag nie meer hier inkom nie. Maar toe Hy ons sonde in die tuin op Hom geneem het, en uit die dood opgestaan het, toe sê die engel: Kom in, kom in want Hy het opgestaan, kom in!

Vroue is meer sensitief, hulle ontvang dit eerste, mans is hardhorend. Sy probeer die boodskap aan die apostels oordra terwyl sy dink Jesus is die tuinier en sy sê vir Hom: “Meneer as julle Hom weggedra het sê vir my waar u Hom neergelê het.” Maar Jesus sê vir haar: “Maria! Sy draai haar om en sê vir Hom: Rabboeni! dit beteken Meester. Jesus sê vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God.”

In Johannes se Evangelie vroeër het Jesus na die Vader in ‘n persoonlike besitlike wyse verwys as Sy Vader. Maar nadat Hy ons sondes op Hom geneem en uit die dood opgestaan het, is Hy ons Vader.

Maria Magdaléna vertel die goeie nuus aan die dissipels, vroue ontvang dit eerste. Agt uit die tien keer wanneer ‘n vrou en ‘n man tot redding kom is dit die vrou wat eerste tot bekering gekom het. Vers 18? 19: “Maria Magdaléna het aan die dissipels gaan vertel dat sy die Here gesien het en dat Hy dit vir haar gesê het. En toe dit aand was op daardie eerste dag van die week (Die Joodse se dag begin die aand tot die volgende aand.) en die deure waar die dissipels vergader het uit vrees vir die Jode, gesluit was, het

Jesus gekom en in hul midde gestaan en aan hulle gesê: Vrede (Shalom elechem) vir julle!” Nou, toe hulle gesê het “Uit vrees vir die Jode.” het dit nie beteken dat die mense Joods was nie, hulle almal was Jode, Jesus was ook Joods, Maria en die apostels was Jode. Wat ons hier het is ‘n vertaling probleem van die Griekse woord yudeioi, dit beteken Judeërs. Dit was die godsdienstige gesag orde in en om Jerusalem en die mense wat hulle beheer het. Dit beteken nie etniese Jode nie omdat hulle almal Jode was, dit beteken die godsdienstige gesag orde, in en rondom Jerusalem, die Sanhedrin en die mense wat hulle beheer het. “En Hy sê Vrede vir julle.”

Ons dink aan vrede in die Griekse opset as “Irene” ‘n vrou se naam, as ‘n afwesigheid van konflik, dit is egter die vrede wat die wêreld jou bied. God se vrede is Shalom. Nou, uiteindelik sal God se vrede ‘n vrede wees sonder enige konflik, wanneer Jesus weer kom sal die nasies van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoei messe maak. (Jes. 2:4) Uiteindelik sal Shalom die einde van alle konflik insluit. Maar die afwesigheid van konflik is nie Shalom nie. Shalom kom van die onbepaalde Hebreeuse werkwoord “leshalem.” Leshalem beteken om te betaal. In Bybelse Hebreeus is dit ‘n sinoniem vir die woord “le malot”, wat beteken om vol te maak. Dit is nie in moderne Hebreeus nie maar in Bybelse Hebreeus, dit is om vol te maak of om te vervul. Die woord shalom kom van die woord leshalem. Ons het shalom omdat Jesus gekom het en vir ons die prys betaal het vir ons sonde, en om ons met Sy Gees te vul en om die Wet te vervul, die Tora. Ons het Shalom omdat die Messias gekom het om te leshalem, om vir ons die prys te betaal. Jy kan in die grootse konflik van jou lewe wees maar jy kan nog steeds shalom hê, of jy kan in ‘n perfekte oorspronklike omstandighede wees en dit nie hê nie. Yeshua sê: My vrede gee Ek vir julle, nie die vrede van die wêreld nie maar “My Vrede” Dit is wat die Here gesê het. Nou is die vraag dit: In die tuin het ons misluk. In die tuin het Satan ons bedrieg en hy doen dit vandag nog. In die tuin het ons die vloek oor onsself gebring, maar in die tuin het God vir ons verlossing belowe.

Of jy dit glo of nie glo nie, dit maak nie saak nie. Dit is die mens bestem om eenmaal te sterwe en daarna is die oordeel. As jy dit nie glo nie wag maar want daar gaan ‘n tyd kom dat dit sal glo, maar dit sal te laat wees. Dit enigste kwessie is dit: Is dit waar of is dit vals? Dit is baie waar, jy sal dit eendag glo, maar dit gaan te laat wees. Nou, op hierdie oomblik is die bestemde tyd, nou is die tyd van redding. Net soos Adam en Eva staan jy naak voor ‘n Drie maal Heilige God en al die vyeblare van die wêreld is nie genoeg om jou te bedek nie. Geen massa vyeblare gaan jou red van die wraak van God nie. Jy kan miskien glo en vertrou in jou werke en volgens jou sosiale stand mag jy ‘n goeie mens wees, maar dit maak nie saak hoe goed jy is nie, jy is nie goed genoeg om hemel toe te gaan nie, en jy is ook nie te goed om Hel toe te gaan nie. Maar dit maak nie saak hoe sleg jy is nie, jy is nie so sleg dat God jou nie sal liefhê en jou nie sal wil red nie. Ek het ‘n voordeel, ek het nie opgegroei in ‘n protestante kultuur nie, ek het nie eens geweet wat dit beteken om ‘n wedergebore Christen te wees nie. Toe ek sestien was het ek met heroïen gespeel, ek het nie geweet nie. Niemand het my oortuig dat ek ‘n sondaar was nie, ek het dit geweet.

Die duiwel kry meer mense in die Hel met godsdiens as wat hy dit regkry met al die sondes van verdowing middels, dobbel en immoraliteit saam. Vyeblare maak die Hel vol. So, jy staan naak voor jou Maker en jy is besig om vyeblare aanmekaar te werk, en jy vertrou op jou godsdiens, maar sonder ‘n bloedoffer is daar nie vergifnis van sonde nie. Maar iemand het in die Tuin in jou plek in gekom. Dink aan ‘n hofsaak waar daar ‘n regter, ‘n aanklaer en advokaat vir die verdediging is. Nou, of die regter en die aanklaer en die advokaat gaan of vir jou, of teen jou wees. Veronderstel jy is in hierdie hof waar

hierdie regter ook jou advokaat vir jou verdediging is, dan kan jy mos nie verloor nie. Waar die aanklaer van die broers die Satan is en die Regter ook jou Advokaat is, en Satan jou aanklaer dan kan jy nie verloor nie. Maar as die Regter nie jou verdediging behartig nie en Hy is ook jou aanklaer, dan kan jy nie wen nie, maar jy kan wen. Hoe? Laat Hom toe om jou sonde op Hom te neem. In die Tuin het Hy dit alreeds gedoen, jy moet net aanvaar dat Hy dit gedoen het. Dit is die Evangelie. Hy het dit alreeds op Hom geneem, jy moet dit net aanvaar. Vyeblare beteken niks. Sakramente, godsdiens, beteken niks, dit is vyeblare. Ek is nie teen goeie werke nie, maar ons doen goeie werke omdat ons gered is en nie om gered te word nie. Dit is jou keuse, Hy het jou sonde op Hom geneem, jy kan jou bekeer van sonde en Hom vra om jou te vergewe, vra Hom om in jou lewe te kom en om vir jou ‘n Nuwe Lewe te gee. Hy kan van jou Bar?Abbas maak. Hy het jou onder die vyeboom gesien, Hy wil aan jou sê wat Hy vir Sy dissipels gesê het, Hy wil vir jou sê wat hy vir my gesê het. Hy wil hê dat ons Sy dissipels moet wees. Vrede vir julle: Shalom alechem. Wil jy shalom hê, jy kan dit kry omdat Ek gekom het om in die tuin te leshalem, die prys is betaal vir jou sonde. Om jou met My Gees te vul, en om die Wet van God te vervul wat jy nooit kom hou nie. Dit is wat Jesus aan Maria Magdaléna gesê het, en vir Petrus, Jakobus, Johannes en ook vir jou en vir my. Shalom alechem. †††