Elijah A Man Who Could Make It Rain - Afrikaans

April 1, 2025

Elia, 'n man wat reën gebring het.®

Die opregte gebed van 'n regverdige man kan baie dinge laat gebeur. Elia was 'n mens net soos ons en hy het ernstig tot God gebid dat dit nie moet reën nie, en dit het op die aarde vir drie jaar en ses maande nie gereën nie.

Elia het weer tot God gebid en die Hemel het reën gegee en die aarde het baie vrugte gegee.

“Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag. Elía was 'n mens net soos ons, en hy het ernstig gebid dat dit nie moes reën nie, en dit het op die aarde drie jaar en ses maande lank nie gereën nie;” (Jak.5:16?18) Elia was 'n mens net soos ek en u, en wat die Heilige Gees vir ons in hierdie Skrifte wil sê is dat as hy dit kon gedoen het dan kan ons dit ook doen. Maar wat beteken dit?

Reën is 'n Tipe van die Uitgestorte Heilige Gees.

In Bybelse tipologie word die Heilige Gees voorgestel deur verskillende vloeistowwe in verskillende omstandighede. Nuwe Wyn stel die Heilige Gees in aanbidding voor. Olie word in verband gebring met die Salwing van die Heilige Gees, maar Lewende Water in die Skrifte is altyd die Uitgestorte Heilige Gees. Die uitgestorte reën val op die aarde en voed die water tafels en so word dit lewende water, die Here Jesus verduidelik soos volg: “Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.” (Joh. 7:38?39).

Die Here Jesus sê vir ons duidelik dat die Lewende Water die Uitgestorte Heilige Gees is: “Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge.” (Jes.44:3) Weereens sien ons dat God die Lewende Water sal uitgiet, ??Reën op droë grond is 'n tipologie van die uitstorting van die Heilige Gees.

Dit reën op een plek maar nie ander plekke nie .

“Alhoewel Ék die reën van julle teruggehou het toe dit nog drie maande voor die oestyd was en op die een stad laat reën maar op die ander nie laat reën het nie, die een stuk land reën gekry het, maar die ander waarop geen reën geval het nie, verdor het;” (Amos 4:7).

Hoekom sien ons dat Evangeliste soos Reinhard Bonke in Afrika kan preek en duisende kom tot bekering in een diens maar as hy na Duitsland of Engeland toe gaan gebeur daar niks noemenswaardig nie? Die antwoord is in Amos 4:7: God sal Reën stuur op een plek maar nie op 'n ander plek nie, en die plek waar dit nie reën nie sal daar nie 'n oes wees nie. Daar is 'n soewereine werk van genade in die Uitstorting van die Heilige Gees.

Dit reën in plekke soos Amerika en 'n groot gedeelte van Afrika maar in die Protestantse Westerse lande wat die Bybel al vir 500 jaar het is daar nou 'n droogte. God laat sy Genade nou neerdaal oor die arm volkere en Hy neem dit weg van die ryk lande. Wit Protestantse Christelikheid is in getalle, in 'n morele, finansiële, teologiese en 'n geestelike verval oor die hele wêreld. Die kerk is besig om te groei in Roomse Katolieke, swart en Oosterse lande.

Die Anglikaanse kerk in Engeland is in 'n massiewe verval, maar dieselfde kerk in Afrika toon 'n groot herlewing waar hulle biskoppe uitgesproke is teen die valshede. (Biskop Desmond Tutu is egter 'n uitsondering) Die Afrika Anglikane word op grootskaal deur die Moslems in Algerië vervolg en reg deur Asië is hierdie kerk heel lewendig, maar in Brittanje is die Kerk van Engeland 'n dooie kerk. Dieselfde gebeur hier by ons.

Die herlewings wat plaasgevind het in die verlede soos die Sunshine in Australië, Azusa straat in Kalifornië, die Sunderland in Engeland met Smith Wigglesworth, is die soort herlewings wat nou plaasvind in plekke soos Ekwador, Chili, die Fillipyne, Indoniesië en Kenia. God stuur reën op die een plek terwyl ander plekke uitdroog en tot niet gaan.

Vandag kry ons mense met herlewings formules om kerk groei te stimuleer, maar dit is 'n groot klug en dit beteken absoluut niks en dit sal nie werk nie, want daar is ‘n baie vername bestanddeel wat vermis word: Die Soewereine Genade van God: Die Uitgestorte Heilige Gees. God se Woord keer nooit leeg terug nie.

Hier en daar sal mense tot redding kom, maar as daar gepraat word van 'n groot oes insameling, dan beteken geen reën, geen oes nie! Maar Elia was 'n man wat dit kon laat reën, hy was 'n mens net soos ons, met ander woorde, wat hy kon gedoen het kan ons ook doen.

Vir die ontwil van ons Vaders en die Naam van die Here.

Ek is seker daarvan dat ons Hemelse Vader die Westerse Protestantse demokrasieë nog een kans gaan gee om tot bekering te kom voor die Wederkoms van die Here Jesus. God wil hulle nog 'n kans gee, nie vir ons ontwil nie, maar om Sy Naam ontwil. Nie omdat ons dit verdien nie, ons verdien niks nie want ons kerke is totaal vervalle,??maar dit is om ons vaders se ontwil.

Soos wat die Skrif in Romeine 11 lees: God wil vir die Jode nog 'n kans aan die einde gee, voor die Wederkoms van die Here. Hoekom? Omdat wanneer God na Israel kyk, dan sien Hy nie net die sonde van Israel nie, Hy sien ook nie hulle blywende verwerping van hulle Messias nie, nee, God sien nog steeds vir Jeremia in die tronk. Hy sien vir Jesaja wat middeldeur gesaag word deur koning Manasse. Hy sien hoedat Sagaria in die tempel gemartel word, Hy sien hoedat Johannes die Doper onthoof word, en God sê: "Vir die ontwil van die vaders wil ek die nasies nog een kans gee om tot bekering te kom."

Brittanje is dieselfde. Wanneer God na Brittanje of Suid Afrika kyk dan sien Hy nie die Brittanje wat ons sien nie, Hy sien nie 'n sogenaamde Christen land waar Hindu gode aanbid word in die Canterbury Katedraal en ook waar biskoppe die Opstanding en die Maagdelike geboorte van Christus verwerp nie. Wanneer God na die Brittanje van vandag kyk dan sien Hy die hede, verlede en die toekoms. God sien

steeds John Bunyan wat vir twaalf jaar in die tronk van Bedford aan 'n muur vasgeketting was, en ook die skrywe van die 'Pilgrimm Progress'. God sien steeds vir John Wesley waar hy gestenig word deur mense wat opgesteek is deur die Kerk van Engeland omdat hy die Evangelie verkondig het.

God sien nog vir Tynedale wat lewendig verbrand is deur die toedoen van die Kerk van Rome sodat ons die Bybel in Engels kon ontvang. God sien nog steeds die Engelse martelare soos Charles Haddon Spurgeon; Ridley, Latimer en Hooper. En God sê: "Vir die ontwil van die vaders en vir My Naam ontwil,?? vir die ontwil van die vaders en vir My Naam Ontwil wil ek die nasies nog een kans gee." Dit is ook net so waar vir Amerika!. God sien nog vir Jonathon Edwards en D. L. Moody en Harry Ironsides. God sien nog steeds hierdie getroue Christene.

God sien nie hierdie voorspoed en Mammon predikers van vandag nie.

God wil die Westerse Protestante nasies nog een kans gee om tot bekering te kom, maar vir hulle om hierdie kans te kan kry moet dit eers reën.

Eerstens moet ons die werklikheid begryp, ons moet tot die besef kom en erken dat ons midde in 'n groot droogte is, ons moet besef dat al hierdie slim planne en foefies wat gebruik word om skyn herlewings in die kerke aan te blaas niks beteken nie, dit is geen en sal geen herlewing in enige kerk denominasie bring nie.

Dit sal moet reën, want as dit nie reën nie sal daar geen graan oes wees nie. Daarom kyk God of daar nie dalk iewers manne en vroue is wat dit kan laat reën nie.

“En Elía, die Tisbiet, uit Tisbe in Gílead, het vir Agab gesê: So waar as die HERE, die God van Israel, leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen dou of reën in hierdie jare wees nie, behalwe op my woord! Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê: Gaan hiervandaan weg en draai jou na die ooste toe en steek jou weg by die spruit Krit wat oos van die Jordaan is; en jy moet uit die spruit drink, en Ek het aan die kraaie bevel gegee om jou daar te onderhou. En hy het gegaan en gehandel volgens die woord van die HERE: hy het gaan bly by die spruit Krit wat oos van die Jordaan is. En die kraaie het vir hom smôrens brood en vleis gebring, en saans brood en vleis, en hy het uit die spruit gedrink. Maar ná verloop van tyd het die spruit opgedroog, want daar was geen reën in die land nie. Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê: Maak jou klaar, gaan na Sarfat wat by Sidon is, en bly daar; kyk, daar het Ek aan 'n weduwee bevel gegee om jou te onderhou. Daarop het hy hom gereedgemaak en na Sarfat gegaan; en toe hy by die ingang van die stad kom, was 'n weduwee juis besig om daar houtjies bymekaar te maak. ???

“En hy roep haar en sê: Gaan haal tog vir my 'n bietjie water in die kan, dat ek kan drink. Terwyl sy loop om dit te gaan haal, roep hy na haar en sê: Bring tog vir my 'n stukkie brood saam. Maar sy antwoord: So waar as die HERE u God leef, ek het nie 'n broodkoek nie, net maar 'n handvol meel in die pot en 'n bietjie olie in die kruik; en hier maak ek nou 'n paar houtjies bymekaar; dan gaan ek en maak dit vir my en my seun klaar, dat ons dit kan eet en sterwe. En Elía sê vir haar: Wees nie bevrees nie, gaan heen, doen volgens jou woord; maar maak eers daarvan vir my 'n broodkoekie en bring dit uit vir my; daarna kan jy vir jóu en jou seun iets klaarmaak. Want so sê die HERE, die God van Israel: Die meel in die pot sal nie opraak en die olie in die kruik sal nie minder word nie, tot op die dag dat die HERE reën op die aarde

sal gee. En sy het gegaan en gehandel volgens die woord van Elía; en sy het geëet??sy en hy en haar gesin dae lank: die meel in die pot het nie opgeraak en die olie in die kruik nie minder geword nie, volgens die woord van die HERE wat Hy deur die diens van Elía gespreek het. Ná hierdie dinge het die seun van die vrou, die eienares van die huis, siek geword; en sy siekte was baie ernstig, totdat daar geen asem meer in hom oorgebly het nie. Toe sê sy vir Elía: Wat het ek met u te doen, man van God! U het na my gekom om my ongeregtigheid in gedagtenis te bring en my seun dood te maak! Maar hy antwoord haar: Gee jou seun vir my. En hy het hom van haar skoot af geneem en hom opgedra na die bo?kamer waar hy self gewoon het, en hom op sy bed neergelê; en hy het die HERE aangeroep en gesê: HERE my God, het U selfs oor die weduwee by wie ek as vreemdeling vertoef, 'n onheil gebring deur haar seun te laat sterwe? Daarop het hy hom drie maal uitgestrek oor die kind en die HERE aangeroep en gesê: HERE my God, laat die siel van hierdie kind tog in hom terugkeer. En die HERE het Elía verhoor; en die siel van die kind het in hom teruggekeer, sodat hy weer lewendig geword het. Daarop neem Elía die kind en bring hom af uit die bo?kamer in die huis en gee hom aan sy moeder; en Elía sê: Kyk, jou seun lewe! En die vrou sê vir Elía: Nou weet ek dit dat u 'n man van God is en dat die woord van die HERE in u mond waarheid is.

“En geruime tyd daarna het die woord van die HERE in die derde jaar tot Elía gekom en gesê: Gaan heen, vertoon jou aan Agab, dan wil Ek reën gee op die aarde. En Elía het gegaan om hom aan Agab te vertoon. En die hongersnood was swaar in Samaría.” (1Kon.17:1?18:2)

“En net toe Agab Elía sien, vra Agab vir hom: Is dit jy, jou beroerder van Israel?” (1Kon.18:17)

“Toe sê Elía vir Agab: Trek op, eet en drink, want hoor, die gedruis van die reën! En Agab het opgetrek om te eet en te drink; maar Elía het op die top van die Karmel geklim en hom op die grond neergebuig en sy aangesig tussen sy knieë gesteek. Daarop sê hy vir sy dienaar: Klim tog op, kyk uit na die see. En hy het opgeklim en uitgekyk en geroep: Daar is niks nie. Toe sê hy: Gaan weer??sewe maal. En die sewende maal roep hy: Daar gaan 'n wolkie soos 'n man se hand op uit die see. Toe sê hy: Gaan op, sê vir Agab: Span in en trek af, dat die reën jou nie terughou nie. En in 'n oogwink was die hemel swart van wolke en wind, en 'n groot reën het gekom; en Agab het op die wa geklim en weggetrek na Jísreël; maar die hand van die HERE was oor Elía, sodat hy sy heupe omgord en voor Agab uit geloop het in die rigting na Jísreël. (1Kon.8:40?46)

En dit het gereën en gereën!

Kort agtergrond.

Die drie en 'n halwe jaar wat dit nie gereën het nie is 'n tipe van die drie en 'n halwe jaar waarna Daniël en Openbaring verwys, dit is wanneer die Heilige Gees nie uitgestort sal word by die einde van die wêreld nie. Dit is 'n eskatologiese tipe gebeurtenis waar die gees van Elia op 'n sekere manier weer na vore sal begin kom soos wat dit deur die Profeet Maleági geprofeteer is. Net soos wat Elia die heidense vrou en haar seun gered het, leer dit vir ons op 'n manier hoedat God die gees van Elia op 'n manier gaan gebruik om om te sien na die heidense kerk aan die einde van die tye.

Elia, Elisa en Johannes die Doper, almal het dieselfde gees gehad. [Die Here sê vir Moses: “Dan sal Ek neerdaal en daar met jou spreek; en van die Gees wat op jou is, sal Ek afsonder en op hulle lê; en hulle sal jou help om die las van die volk te dra, sodat jy dit nie alleen hoef te dra nie. (Num.11:17)]

Wanneer ons dinge in die Bybel geografies op sekere plekke sien gebeur dan moet ons weet dat daar 'n geestelike en 'n Teologiese verbintenis bestaan. Elia se bediening eindig op die vlaktes van Jerigo, dit is waar Elisa sy mantel ontvang het. ('n Teken van gesag.) Dit is ook waar Johannes die Doper se bediening plaasgevind het, almal op dieselfde plek.

Die bose vrou, Isébel, wat ook 'n teëbeeld van die bose Isébel in die Boek Openbaring is ??[Die gees van alle valse godsdienste.] dit is sy wat die koning, die politieke mag, manipuleer, en op aandrang van Agab het sy Nabot se wingerd ingepalm wat Agab begeer het.

In die Skrifte is die beeld van die wingerd Israel en by wyse van inenting ook die kerk, die bose vrou probeer die wingerd vir die koning in die hande kry. Dit bring haar in konflik met Elia en sy probeer die koning oorreed om Elia dood te maak. Dit is ook presies die beeld en die verhaal wat Herodias gedoen het. (Matt.14:3?12) Die bose vrou stel die koning teen Elia (Johannes die Doper) op. Alle bose vroue in die Bybel is 'n beeld en in die karakter van die bose vrou in Openbaring, en dit is waarom die konflik wat Elia gehad het weer navore kom in die Laaste Dae.

Hoekom het dit opgehou Reën?

Die eerste ding wat ons hier sien is dat God 'n man soos Elia neem en van hom iemand maak wat dit kon laat reën, en ook kon laat ophou reën. Hoekom het die reën opgehou? Dit het opgehou reën omrede die sonde van God se mense. Die werke van die Heilige Gees het opgehou in die Westerse Protestantse wêreld omrede hulle sondes identies is aan die sondes van Israel in die dae van Elia. Aborsie kom ooreen met die offer van kindertjies aan duiwels wat ons in die geledere van Israel en Juda in die Ou Testament sien.

Aanbidding van ander gode.

Die Baal priesters was nie buitelanders nie, hulle was almal Jode. Vandag is dit dieselfde. Reg oor die Westerse Protestantse wêreld sien ons 'n dramatiese vermeerdering van afgode aanbidding soos: Islam, die New Age en Hinduisme. Die New Age denke is oral vandag te vinde in Evangeliese en Pinkster kerke, mense meng Christelikheid met heidense praktyke, en dit is waar die Roomse Katolieke kerk vandaan kom, en dit is presies wat vandag in baie Pinkster kerke aan die gebeur is.

Materialisme:

Die kerk is lou warm en materialisties en vol van ligsinnige leerstellings.

Ons sien 'n geloof denke wat nie in die Bybel is nie, 'n tipe Mammon aanbidding, 'n maskerade van hebsug onder die waan van Christelikheid. Dit is Laodicéa, dit is waarom dit opgehou Reën het. Maar wie is die mense wat die meeste verantwoordelik vir die groot afval in die Westerse beskawings? Is dit die sekulêre, wêreldse, gemeenskap? Nee, dit is ons, dit is as gevolg van die sondes van God se mense, dit is waarom dit opgehou reën het. Probleme wat in gemeenskappe na vore kom is dinge soos: Dwelm

misbruik, aborsies, egskeidings, roof en moord, alles dinge wat daarop wys dat die kerk gefaal het. God se mense gaan ooreenkomste aan en uiteindelik het Israel geëindig met die Baal priesters. Dit is wat in Elia se tyd gebeur het en dit gebeur vandag weer. Op verskeie plekke reën dit nie en daar is groot droogtes as gevolg van die sondes van God se mense.

Die Spruit Krit.

Die eerste ding wat God aan Elia gesê het was om na die spruit Krit toe te gaan wat Oos van die Jordaan lê. (1Kon.17:3) Dit is waar die kraaie vir hom voedsel gebring het.

Krit was aan die anderkant van die Jordaan, en toe God vir Elia gesê het om sy land te verlaat, het God aan hom gesê om sy nasionale en kulturele identiteit, en die rustigheid van sy eie huis te verlaat. En bo dit alles het die onreine kraaie hom ook nog gevoed. Kraaie is onrein voëls, en God het aan Elia dinge voorsien wat hy nooit verwag het nie.

Die droogtes is vandag so krities in die Westerse wêreld dat mense wat dit kan laat reën sal moet kans sien om na die spruit Krit toe te gaan.

Dit sal in sommige gevalle beteken dat kerke hulle tradisionele denominasie, wat so ver van die Woord van God afgedwaal het en gesondig het en nie sonde belydenis wil doen nie, sal moet prysgee, wat sal beteken dat hulle vir alles wat daarna gaan gebeur, uit en uit op God sal moet vertrou en dat God hulle sal te gemoed kom op maniere wat hulle sal dink onheilig is, soos die kraaie wat Elia gevoed het. Elia was gewillig om God eerste in sy lewe te plaas in plaas van sy aardse skatte, volk en vaderland. Vandag egter sien ons dat die materialistiese dinge absoluut eerste in die lewens van mense gekom het. Kultuur, identiteit, en denominasies is eerste, en getrouheid en geloof in God is tweede. Maar mense wat dit sal kan laat reën sal mense wees wat nie bang sal wees om na die spruit Krit toe te gaan, en daar met alles op God te vertrou nie.

Sarfat.

Dit is die donkerste voor Sonop. Dinge gaan baie slegter word voordat dit sal begin beter gaan. Die spruit Krit gaan opdroog! In vers 9 sien ons dat Elia na 'n plek toe gaan wat genoem word Sarfat. Die woord Sarfat kom van 'n Hebreeuse wortel wat: 'Reiniging deur vuur' beteken.' As God iemand soos myself met 'n sondige ongelowige natuur moet neem en my so vorm dat ek dit kan laat reën, dan moet Hy my eers deur vuur reinig. Daar gaan 'n baie moeilike tyd kom, nie net 'n tand pyn en toets nie, nie net 'n droogte nie, nie net vervolging nie, maar al hierdie dinge terselfdertyd. Dit sal op 'n punt kom waar mense wat u sal wil help sal dink dat u hulle verraai het, soos met die weduwee by Sarfat. Maar dit maak nie saak hoe sleg, of hoe donker dinge sal wees nie, of hoe groot die droogte sal wees nie, daar is 'n belofte van twee dinge: Daar sal altyd Meel in die Pot, en Olie in die Kruik wees vir hulle wat gereinig wil word. Dinge gaan baie slegter word voordat dit sal begin beter gaan, maar daar sal altyd Meel en Olie wees: U sal die Woord van God, en die Salwing van die Heilige Gees ontvang, al gebeur wat.

Die ou Wynsakke sal sterf

Toe sê sy vir Elía: Wat het ek met u te doen, man van God! U het na my gekom om my ongeregtigheid in gedagtenis te bring en my seun dood te maak, (1Kon.17:18)

www.Moriel.org

Haar seun sterf en sy gee Elia die skuld. Die mense wat gaan swaarkry en die wat u wil help gaan u daarvoor verantwoordelik hou. Dinge wat so lank al sleg gaan, gaan veroorsaak dat die dinge wat ons die meeste liefhet eers sal moet sterf voordat hulle opgewek kan word.

Baie mense in die Westerse kerke van vandag sal eers moet sterf voordat hulle opgewek kan word. Nuwe wyn kan nie in ou wyn sakke gegooi word nie. Dit is een van die groot probleme van die Charismatiese bewegings, hulle probeer nuwe wyn in ou wyn sakke stoor. Die dinge waarvoor ons die meeste lief is sal moet sterf voordat ons opgewek kan word.

Die beroerders van Israel.

“Is dit jy, jou beroerder van Israel?” (1Kon.18:17).

Is dit jy jou moeilikheid maker van die kerk? Is dit jy wat opstaan teen die ekumeniese beweging, die Kingdom Now, Voorspoed predikers, New Wave, New Age, Name it, claim it? Is dit jy wat opstaan teen die valse profete en valse leraars en hulle leuens? Dit is wat die mense met Elia gedoen het, en as u iemand is wat die reën wil sien dan is dit wat hulle van u gaan sê.

Die konflik.

Vervolgens gaan hulle na die Berg Karmel. Dit is hier waar die konflik kom met Isébel??die konflik met die gees van valse godsdienste: Roomse Katolieke, Ekumeniese beweging, Vry Messelaars, aborsies en die New Age bewegings. Daar gaan 'n konflik wees en diegene wat hierdie konflik wen sal diegene wees wat by Sarfat gereinig is.

So baie van die sogenaamde Charismatiese aanbidding van vandag, die geraas, 'Rave' Toronto en al hierdie vervalsings lyk alte veel meer en meer na die Baal priesters op die Berg Karmel, as na die Profeet Elia. U moet oplet dat hierdie Baal priesters gedink het dat dit waarmee hulle besig is, regtig gaan werk! Net so sien ons dat ons broers en susters wat gevang is deur hierdie valse profete van vandag, soos die Kingdom Now, New Wave, Toronto, Pesacola, ens.

Almal glo dit is dinge wat herlewing gaan bring, maar wanneer die werklike konflik kom dan gaan ons sien wie die opregte Profete van die Here is.

Die Reënwolk.

Dit begin by 'n klein wolkie, dit wil voorkom asof enige ding kan begin gebeur, waar is dit? Met die Baal priesters is dit grootpratery, arrogansie en 'n hoop valshede, maar God werk nie so nie, dit begin klein, soos 'n klein handjie wat uit die see uit kom. Dit begin altyd klein, maar dit word al groter en groter totdat die hele hemel gevul is met swaar reënwolke. Dan, Weerlig, en God se Gees val, en dit Reën en Reën.

Dit is my fout.

Daar is nie 'n maklike manier om die agteruitgang in die Westerse Christen wêreld te stuit nie want dit het te ver gegaan en ons almal is deur ons leiers uitverkoop. Al hierdie namaaksels en valshede sal nie 'n Siele Oes inbring nie, dit gaan Reën vat om dit te weeg te bring, maar dit het opgehou reën. Dit het opgehou reën, gedeeltelik asgevolg van die sonde van die samelewing maar grootliks asgevolg van die

sonde van die kerk, van God se mense. en totdat die kerk nie hulle bekeer en hulle sondes bely nie gaan daar nie 'n bekering van die wêreld plaasvind nie.

Die reën het opgehou omdat ek wat die waarheid ken dit verruil het vir die genot en wellus van die oë en die wêreld, dit reën nie omrede ons sondes.

Diegene wat dit kan laat reën.

Diegene wat reën gaan bring is diegene wat nie bang sal wees om na die spruit Krit toe te gaan nie, diegene wat nie gebonde is aan tradisies en organisasies nie. Dit sal diegene wees wat nie Nuwe Wyn in ou wyn sakke sal wil gooi nie, hulle sal mense wees wat doen wat God hulle beveel om te doen en wat uit en uit op Hom sal vertrou op maniere wat hulle nie verwag nie. Hulle sal mense wees wat nie bang sal wees om deur vuur gereinig te word nie maar wat bereid sal wees om na Sarfat te gaan. Mense wat bereid sal wees om te sien dat die dinge waarvoor hulle lief is sal moet sterwe sodat hulle in Reinheid opgewek kan word. Dit gaan moeilik wees, maar dit maak nie saak hoe moeilik dit sal gaan nie, God het belowe dat daar altyd Olie in die Kruik, en Meel in die Pot sal wees.

Die mense wat gereinig is sal na die Berg Karmel toe gaan en hulle sal voor Isébel staan, die valse godsdienste van die Wêreld, hulle sal voor die Baal profete, diegene wat hulle self profete en predikers noem, vervalsers van die Evangelie, en hulle sal in 'n konflik wees, maar die beroerders van Israel, die Elias, gaan oorwin.. †††



By David Passmore April 9, 2026
Please keep brother Malcolm Betts from the New Life Pentecostal Church, Winsford in prayer. He is suffering from heart failure, valve problems and spinal stenosis. Your prayers for healing and intervention are coveted. Also, Malcom’s daughter Laura-Louisa is having complications with her pregnancy. Her baby boy is due on the 22nd of April and was in a breach position, however he is now moved to an oblique position which carries serious risk and possible surgical intervention. Laura is also at risk of postpartum haemorrhage. Please pray for the midwives and obstetricians skill and wisdom. Please also pray for Malcolm’s sister Susan who has sepsis in her leg. And please pray also for Sheila Carlisle. She is undergoing knee replacement surgery.
By David Passmore April 8, 2026
Greetings Dear Brethren in Yeshua our Lord & God Hope your all well Further developments: The NHS and oncologist from day one got my Markers wrong which in result denied me access to the latest treatments such as immunotherapy and targeted treatment. After getting a second opinion from Royal Marsden they discovered my Markers were not zero but 13-14 and that I was also Claudine 18.2 which confirmed I was allowed to all the latest treatments such as targeted treatment. My local MP and Health secretary are now involved and have written to both the treatment companies and NHS trust. I have also spoken to doctors in the states. Dear brethren my family & I have been through so much in the past and the valley is truly a battle. I truly thank The Lord Yeshua for Him humbling us all, correcting us in His parental love (1 Cor 4-6 & 2 Cor 2). It’s been very hard but also a blessings to truly draw closer The Lord- cast of works of darkness/old garments and be washed in His Blood daily. Your prayers are vital and above all The Glory Of The Lord to be magnified. Please remember us in your love & prayers as we walk through this battle in The Lord. Praying for you all and much love in Yeshua. Your brother - Teerth & Family
By David Passmore March 26, 2026
Contrary to the near unanimous chorus of media coverage concerning the current impasse in the straits of Hormuz it isn't obvious that this is an American problem. The chief consumers of oil passing through this critical juncture are China, India, South Korea, Japan and the European markets. The U.S. has alternative reserves due to domestic crude from Alaska, the Permian Basin, the Gulf of America and domestic fracking. This is further augmented by Venezuelan heavy crude now refined in the U.S. and possible further supplementation with Canadian sand shale from Alberta. Based on those determinations if European powers won't contribute to efforts to keep the straits open, Trump can simply leave them to their own repercussions that will further drive up the price of Brent crude oil. The question may then become whether the U.S. can redefine the global oil market by legislatively mandating the West Texas Intermediate. Can America divorce the WTI from the Brent prices and from the Rotterdam spot market prices by maintaining a domestic market legislatively controlled? In so doing, keeping all oil being drilled from federal lands subject to a semi-interventionist price control system that in theory could average domestic gasoline prices at $2/gallon varied only by state taxes. Such a fundamental restructuring of oil markets will allow the U.S. to operate independent of global bench marks. This might be opposed by petroleum industry interests who would benefit from higher international prices, but would likely have public support. Such price regulation would not be government mandated price controls in the ordinary sense, but could be legally enforced as terms of condition in federal licensing policies for drilling on federal lands. Approximately 25% of oil pumped in the U.S. is drilled on federal land where contractual conditions can be easily implemented. These strategies would have a short to medium term impact on global markets and on domestic prices. Medium to longer term strategies however would require a national network construction of safer pebble cooled nuclear reactors, generating a viable source of electricity for electric vehicles. Additionally, similar to the energy company SASOL, the U.S. should begin domestic production of a coal conversion variant of gasoline, jet fuels and certain petrol chemicals. The Fischer-Tropsch process technology allowing for the production of cleaner synthetic fuels has existed since the 1930's and enhanced upgrades of this method are in active production use in South Africa. This would avoid the failed folly of moving towards 100% renewables that have crippled the German economy and driven energy costs punitively higher in order to placate Green Party-political interests. The Trump administration must lower domestic gasoline prices in an election year in the short term. However, in the medium to longer term the current conflict with Iran affords an opportunity to restructure the international oil market in such a manner that it will immunize the U.S. from surging oil prices. In theory such a fundamental revamping of oil markets could keep domestically produced oil under $50/barrel. Events are marching forward at pace. At time of writing some European nations have indicated a willingness to perhaps contribute towards a naval response. Trump himself has said that Iran is negotiating an end to the blockade. Irrespective of this, the situation has elucidated the vulnerability of European and Asian gas and oil supply and the opportunity for the U.S. to advance its energy independence in such a way that will directly translate into savings for domestic consumers. (Author is an Israeli American lawyer academically qualified in British and in U.S.A. law, and a graduate of the School of Oriental & African Studies, London. He is a Jewish believer in Jesus and is currently based in Israel).
By David Passmore March 23, 2026
An ex-catholic and bible scholar responds to the eucharist
By David Passmore March 11, 2026
THE CONFGLAGRATION OF HOSTILITIES IN THE MIDDLE EAST AND CURRENT RISING GLOBAL ENERGY PRICES. WHAT IS REALLY HAPPENING? Rubin Rothler LLB, LLM The markets historically have responded with grave alarm at the prospect of disruptions in the major sea lanes for transporting fuel. So far, Iran has exercised a degree of reluctance to fully close this critical channel due to Chinese pressure for their major source to remain. The Chinese economy could be savaged should Iran fully attempt to shut down all shipping in its entirety. As the war continues, Iranian capability to realize these ends becomes less likely due to the severe damage inflicted upon maritime forces. The U.S. has strategically positioned their Armada in place so that they are effectively choking the deployment of the Iranian Navy at sea in all theatres. From the coast of Sri Lanka in the mid Indian Ocean to the outer reaches of the Persian Gulf, the Iranian Navy is simply out gunned and woefully inadequate technologically to pose any meaningful opposition. However, they may decide to go all in and actively concentrate directed attacks by their small boats at all incoming oil tankers in the Straights. If this scenario unfolds, we may see an impasse in the conflict. Fear in the Gulf States and Saudi Arabia has already greatly increased. These regimes continue to be actively targeted by Iran to cause maximum economic impact. They may lean on the U.S. to seek a negotiated settlement. Europe with the exception of Spain has so far largely fallen into line with the Washington consensus. But if prices rapidly increase policy may shift (as it has been with now over $100 per barrel of oil). The combination of Arab consternation, Chinese pressure and European pliability together with a collapse in global energy supplies could cause the U.S. to reconsider its objectives in terms of what can be realistically realized. Trump prepared for these repercussions and mitigated the damage by posturing accordingly. The City of London's traditional monopoly on ensuring the maritime industry is being effectively displaced by U.S. surety for transit in the Straights. Further, the operation to remove Maduro in Venezuela with the consequent assumption of their oil reserves lent handsomely to the aim of forging an alternate fuel supply to the global markets. Albeit there remain questions concerning the ability to refine thick Venezuelan crude oil as its refining is more costly and arduous than Saudi and Gulf oil. Trump gained an extension of time for getting these operations underway by drawing out the prior negotiations with Iran. Here we can see that contrary to popular comment Trump's actions are strategically calculated. Complicating matters, after the oil and natural gas embargo was imposed on Russia, Europe became increasingly reliant on Middle Eastern supplies. Qatar is the prime source of natural gas and its depots are being choked by Iranian strikes. If this persists Europe will find it extremely difficult to secure its energy needs. Similarly, India has been acutely impacted to such an extent that Trump was moved to allow Delhi to lift sanctions on Russian energy. It must also be noted however that at present there exists no shortage of ready refined petroleum supplies, not even including the embargoed Russian oil (much of it unrefined) stored in tanker ships due to Ukraine War sanctions. Trump Administration plans using US naval and allied naval assets to escort tankers through the Straights f Hormuz would easily allow Lloyds of London to provide usual insurance once those vessels clear the Persian Gulf. Hence, the upward trajectory of crude prices is in part being manipulated by certain City of London and Wall Street interests that are in some measure politically motivated to favour the American Democrat Party in upcoming mid-term congressional elections. In terms of supply actualities, crude increases should be no higher than 25% in terms of Brent and 20% in terms of West Texas Intermediary. Predictably the legacy media is misrepresenting the price surge as purely market driven, when it is to some degree being engineered. Certain questions can be raised regarding how current events will unfold. A catastrophic situation could plausibly embroil dragging in additional actors to the conflict. Serious commentators have actually cautioned that we are heading towards World War Three. Short of this, Qatar is warning of global economic disaster. At the very least we will continue to see instability in global energy markets that will increasingly hit everyday consumers at the gasoline pump.
By David Passmore March 9, 2026
There appears to be a number of good pastors in very serious health struggles at the moment in England. These include Pastor Tony Pearce (London), Pastor John Anglisse (reading area), and Moriel Pastor Teerth Sonde (Wolverhampton). To these we have just learned that another Moriel Pastor in Winsford, Pastor Malcom Betts has suffered a serious coronary and is likewise in deep need of prayer. This may or may not be a general demonic attack on pastors in the area of health, however Our God Is Indeed Able to undettake for all of them and each of them.
By David Passmore March 7, 2026
URGENT PRAYER REQUEST Moriel has learned that Pastor John Anglisse of Ark Christian Fellowship in England, a long standing friend of Moriel, has been medically diagnosed as being pre terminal in his on going health battles. Moriel and Jacob Prasch earnestly request prayer for The Lord's intervention and prolonging of John's temporal life for the sake of his wife Mary and for his congregation and ministry. While "to Live is Christ and to die is gain" for John, his homecoming would be quite a loss for those of us who remain, and we ask The Lord for healing. We also thank our subscribers for their prayers for our friend & brother Pastor Tony Pearce in London. Tony is scheduled for two surgery procedures this week for skin cancer, one of which involves potential risks for his eye. Continued prayer is much appreciated.
By David Passmore February 19, 2026
Prayer request for Sue
By David Passmore February 17, 2026
Prayer request for Joan Philips
By Mea Fredrickson February 16, 2026
Please pray for Tony Pearce of Light for the last days in UK