The Crucified Body - Afrikaans

April 1, 2025

Die kruis in die lewe van 'n gelowige.®

“ En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg.

Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.” (Luk.9:23 / Matt.7:21)

Sommige mense sal probeer beweer dat wonders en tekens sal veroorsaak dat ongeredde mense tot bekering kom. Op Paasfees in die tyd van Christus het bekende rabbi’s bymekaar gekom om oor godsdienstige onderwerpe met mekaar te debateur. Op een spesifieke Paasfees was daar die Rabbi wat almal wou sien, Hy was Iemand wat duisende mense kon voed met een seuntjie se piekniek mandjie, Hy kon op water loop, Hy kon die siekes gesond maak, en Hy kon dooies opwek. Die mense wou vertonings sien, en hulle het 'n wonder en tekens Evangelie gehad. Hulle wou ook iemand gehad het wat van die Romeine ontslae kon raak, net soos wat die Makkabeërs van die Grieke ontslae geraak het. Hulle het 'n Koninkryk Nou Evangelie gehad. As u die Hallel Rabbah van Psalm 113 & 118 verstaan wat hulle vir die Here Jesus gesing het, wat beteken: Gee ons voorspoed en rykdom nou, dan sien ons dat hulle ook 'n voorspoed Evangelie gehad het! Hierdie mense wou nie die Messias gehad wat gekom het as 'n Lydende Dienskneg nie, hulle wou iemand gehad het wat hulle kon lei tot rykdom.

Suiwering van die Suurdeeg.

Die Paasfees begin met suiwering van die suurdeeg. Die Here Jesus was nie daar teenwoordig om 'n vertoning te lewer nie, Hy was daar teenwoordig om hulle te reinig van suurdeeg. Suurdeeg is die beeld van sonde, en in die besonders die sonde van hoogmoed omdat dit iemand opgeblase maak. Hoogmoed is die tipe sonde wat ook ander soorte sondes insluit.

As iemand 'n hebsug (gulsigheid) probleem het, dan is dit 'n onderliggende probleem wat deur hoogmoed ontstaan het. As iemand 'n wellus probleem het dan is die oorsprong daarvan deur die sonde van hoogmoed. Hoogmoed word ook verbind met valse leerstellings, dit is hoekom die Here Jesus gesê het: “Pasop vir die suurdeeg van die Fariseërs.” (Matt.16:6).

Die Sanhedrin was verantwoordelik om die Paaslam te ondersoek vir tot 74 gebreke en as hulle nie gebreke gekry het nie was die lam goedgekeur vir 'n offergawe, maar toe gaan hulle en pas die Tora aan en verander hulle Levitiese rol in ‘n besigheid. Hulle het hulle sosiale lewenstyl verander in godsdienstige leiers wat die Woord van die Here vir eie gewin aangepas het en so het hulle begin teer op God se mense en die op die bloed van die lam. Maar wat het gebeur? Instede daarvan dat God van die Romeine ontslae geraak het, het Hy van hulle ontslae geraak.

Die Here is altyd baie meer bekommerd oor die sondes in my en u lewe as oor die sondes in die lewens van die ongereddes. Die Here Jesus het die geldskieters (suurdeeg) uit die tempel verwyder omdat die oordeel in die huis van God begin. Nádat die Here Jesus die tempel gereinig het van hierdie skatte jagters en handelaars (suurdeeg) het die mense die verlamdes na Hom gebring en Hy het hulle gesond

gemaak. Hierdie tekens het gevolg na die reiniging deur die Water, die Woord van God, Jesus Christus. Die Here Jesus het nooit toegelaat dat wonders en tekens verhewe was bo sonde belydenis wat deur Sy Woord geopenbaar is nie. Dieselfde het gebeur met Hanukah, die Joodse fees van wonderwerke. Die Jode wou Christus hier stenig toe Hy vir hulle vra: “Jesus antwoord hulle: Baie goeie werke het Ek julle getoon van my Vader. Oor watter een van dié werke stenig julle My? (Joh. 10:32).

As wonders en tekens regtig die sleutel is tot herlewing, hoekom het die Jode dan ‘n paar dae later uitgeroep: “Kruisig Hom, Kruisig Hom”, terwyl hulle geweet het dat die Here Jesus Lasarus uit die dood opgewek het en dat Hy die lammes laat loop, en die blindes laat sien het?

Die voorspoed predikers wat daarop aanspraak maak dat hulle al die wonderwerke gawes het is al baie lank saam met ons maar waar sien ons herlewing? Al wat ons sien is ‘n al groter en groter afval met een skandaal op die ander.

Ongelowige Thomas

“En Thomas wat genoem word Dídimus, een van die twaalf, was nie saam met hulle toe Jesus gekom het nie. Die ander dissipels sê toe vir hom: Ons het die Here gesien! Maar hy het vir hulle gesê: As ek nie in sy hande die merk van die spykers sien en my vinger steek in die merk van die spykers en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie. En agt dae daarna was sy dissipels weer binne, en Thomas saam met hulle. En Jesus het gekom terwyl die deure gesluit was, en het in hul midde gestaan en gesê: Vrede vir julle! Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig. En Thomas antwoord en sê vir Hom: My Here en my God! Jesus sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het.” (Joh. 20:24?29).

Thomas is die beeld van alle mense se ongeloof. Jesus het Homself gemanifesteer met die breek van die brood??Die Brood is Sy Woord. Toe die Here Jesus uit die dood opgestaan het, het Hy probeer aantoon dat Hy nie ‘n Gees is nie, deur fisies te eet. Nadat die Here Lasarus uit die dood opgewek het, het Hy fisies saam met Lasarus geëet. (Joh. 12:12) Dieselfde met die dogtertjie wat die Here uit die dood opgewek het, sy het fisies geëet. (Mark.5:43) Geestelike liggame eet nie, daarom gebruik die Bybel die fisiese eet van voedsel om te bewys dat iemand fisies uit die dood opgestaan het, met ander woorde; Die opstanding uit die dode is ‘n fisiese opstanding. Die Here Jesus was uitkenbaar, nie aan die begin nie, maar hulle het Hom geken by die breek van die brood, Hy was instaat om deur mure te loop.

Dit leer vir ons met wat se liggaam ons beklee gaan wees met ons opstanding.

“Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.”(1Kor.15:20). Die Hoë Priester het in die Kidron vallei ingegaan by eerste lig op die eerste dag van die Paasfees vanwaar hy die eerste vrugte van die graan offer deur die Oospoort in die tempel ingebring het. Al vier Evangelies vertel vir ons dat die Here Jesus se opstanding plaasgevind het by eerste lig, met dagbreek op die eerste dag van die week, so was die Here Jesus dan die Eerste Vrugte van die Opstanding uit die dode. Ons opstanding en die Here se Opstanding is dieselfde gebeurtenis, Hy is die Eerste. Christus se Opstanding is die Beeld van ons opstanding. Moses, die Here Jesus en Elia het ‘n

gedaante verandering ondergaan by die Verheerliking op die berg. Elia? ‘n man wat nooit gesterf het nie?

?hy was weg geraap. Moses??is iemand wat gesterwe het, en die Here Jesus. Ons sal wees soos wat Hy is. Dit maak nie saak of u gesterf het of in die lewe sal wees by die Wederkoms nie, ons sal almal op dieselfde manier ‘n liggaamlike verandering ondergaan.

Groot verwagtings

Die tweede beeld wat Thomas verteenwoordig is die mens se twyfelsug.

Die Apostels het hoë verwagtings gehad maar toe die Here Jerusalem op ‘n esel ingery kom was hulle nie instaat om te onderskei tussen die Messias as die Seun van Josef, en die Messias as die Seun van Dawid nie. Hulle kon nie verstaan dat dit Een Messias met twee verskynings sou wees nie. Hulle kon nie verstaan dat die Here Jesus eers Sy Koninkryk gaan oprig by Sy Tweede Koms nie. Die Here het tenminste drie of vier keer per jaar met die Pelgrim feeste Jerusalem ingekom: ?Met Paasfees, Pinksterfees, Tabernakels en met Hanukah.

Antiochus Epiphanes het die klippe van die eerste altaar verontreinig met die bloed van ‘n vark wat hy daarop geoffer het. Die Jode kon nie wegdoen met hierdie klippe nie omdat hulle geheilig was en hulle kon nie verder daarop offergawes bring nie omdat dit verontreinig was.

Hulle het dus die altaar afgebreek en die klippe in die tempel weggebêre en hulle het geredeneer dat op die Fees van Hanukah, die Reiniging van die Tempel, dan sal die Messias kom en hulle vertel wat om met die boustene te maak, maar toe die Messias gekom het wou hulle Hom met hierdie selfde klippe stenig!

Palm Sondag

Dit is buite Skrif verband vir Christene om Palm Sondag te vier. Die Here Jesus het die Pelgrim feeste vervul maar nie soos wat die mense gedink het nie. Die mense het gedink dat na alles wat hulle gesien het moes hierdie laaste gebeurtenis, die oorwinnings inkoms in Jerusalem alles tot ‘n einde bring. Hulle het die Hallel Rabbah met wuiwende Palm takke vir die Here Jesus gesing asof dit die Fees van Tabernakels was.

Die Jode is veronderstel om die Hallel Rabbah twee keer ‘n jaar te sing, wat hulle nog steeds doen. Die eerste keer is met die Paasfees, wanneer dit gevier word met wuiwende hande vir die Seun van Josef. Die tweede keer is met die fees van Tabernakels wanneer hulle veronderstel is om dit met wuiwende Palmtakke te doen.

Die Jode het egter met die binnekoms van die Here in Jerusalem die Paasfees begin vier asof dit die Fees van Tabernakels was. Met ander woorde hulle het met hierdie gebaar gesê: 'Moet nie vir ons die Seun van Josef gee nie, gee vir ons die Seun van Dawid, ons wil nie die Messias hê wat op ‘n esel ry nie, nee, ons wil ‘n Messias hê wat met ‘n limousine na ons toe kom. 'Ons soek die Messias se heerskappy, Sy voorspoed, maar ons soek nie Sy lyding nie.'

Die meeste Jode het drie foute gemaak wat veroorsaak het dat hulle nie gereed was met Christus se eerste koms nie:?? Hulle het ‘n oorheersing Teologie, en ‘n Voorspoed Teologie bedink, maar hulle het

ook ‘n verkeerde insig gehad oor wonders en tekens. Dit is presies dieselfde drie misleidings wat Satan gaan gebruik om die Christene te mislei en wat sal veroorsaak dat hulle ook nie gereed sal wees vir die Here Jesus se Tweede koms nie.

Skeptisisme

Thomas het gekom by ‘n punt waar hy die een ontnugtering op die ander beleef het. Die eerste was by die Paasfees, toe was dit by die Purim fees, en toe weer by Tabernakels, toe was daar ‘n ander paasfees waar hulle die Messias gekruisig het, en dit was genoeg vir Thomas, hy was nou baie skepties, en hy het nie meer geweet wat hy moes glo en wat nie.

Die dekade van die ‘Oes Insameling’ bewegings, (Harvest) ?Toronto, Promise Keepers, Pensacola, Alpha Course, die een vervalsing en misleiding op die ander, die een ontnugtering op die ander, het veroorsaak dat mense baie skepties begin raak het, die kerke raak al leër en die dobbel plekke en tronke al voller.

Thomas het gesê: “Tot hiertoe en nie verder nie, dit wat ek geglo het, het niks opgelewer nie, alles wat hulle vir my vertel het, het nie gewerk nie! Ek het hierdie Man gevolg en kyk wat het ek daarvan gekry, absoluut niks! Van nou af glo ek niks as ek dit nie self met my eie oë sien en met my eie hande voel nie! As jy wil hê ek moet glo, wys my!” Dit is presies wat met die Christene van vandag gebeur, hulle is absoluut skepties en die ongereddes is nog erger: “As jy wil hê ek moet glo aan jou Jesus en die Evangelie, wys my dan Sy Gekruisigde Liggaam wat uit die dood opgestaan het! Ek het Morris Cerullo en Benny Hinn en baie van hulle mede bedrieërs hier by ons gesien, en jy wil hê ek moet hierdie dinge glo! Is dit julle wedergebore ‘Christen’ leiers? Nee, my vriend as ek nie jou Christus se Gekruisigde Liggaam en Sy Opgestane deurboorde Liggaam met my eie oë sien nie sal ek hierdie dinge nie glo nie. Die Moslems, die Jehova Witnesses, die Mormone, die Hare Krishnas en die New Agers, almal wil hê ek moet glo wat hulle sê, Nee, jammer ou vriend, genoeg is genoeg, wys my jou Jesus se Gekruisigde en Opgestane Liggaam dan kan ek dit dalk oorweeg.”

Die Kerk in China

Sendelinge het hard gewerk in China maar met baie min resultate, dit was bitter moeilike sendings en hulle het die plek ontnugter verlaat. Toe die Kommuniste oor vat het hulle die sendelinge uitgeskop en een van hulle eie leiers, Watchman Nee is in die tronk gestop en almal het gedink dit is die einde. Die jare wat Mao geregeer het, het gelei tot ‘n kultuur rewolusie en die doelwit was om al die Christene uit te roei. Hulle het probeer om hulle te ‘herprogrameer’ deur hulle eerstens op plase te laat werk en as dit nie gewerk het nie moes hulle doodgemaak word. Hierdie mense het verskriklik gely onder die Kommuniste. Hier was ‘n hele generasie Christene wat geweet wat die vroeë Christene geweet het: “As ek ‘n Christen word dan gaan ek met my lewe daarvoor betaal, en miskien gaan dit ook my familie se lewe kos.”

Dit was ongelooflik toe die Bamboes gordyn begin lig, niemand het geweet hoeveel mense in die Here Jesus geglo het nie, maar een ding weet ons, en dit is dat die Liggaam van Christus astronomies in hierdie verskriklike vervolging gegroei het.

Dit was die groei wat die sendelinge begeer het om te sien, maar wat hulle in generasies nie gesien het nie, en wat die getroue leier Watchman Nee ook nie gesien het nie.

Wat het China laat groei? Hulle het iets gesien wat die mense in Afrika, London New York en baie ander plekke nie gesien het nie: Hulle het ‘n Gekruisigde Liggaam gesien wat gelewe het deur die Krag van die Opstanding, dit is wat hulle gesien het!

Die Romeinse Ryk.

Die Boek Daniël het voorspel dat die Romeinse Ryk ‘n baie groot en vreeswekkende dier sal wees, meer as al die ander diere en geen leër sou teen hom kon standhou nie. Ongeveer een derde van die mense sou slawe wees en die Keisers en konings sou as God aanbid word, en almal is doodgemaak wat dit nie gedoen het nie. Daar was onuitspreekbare gruwels van afgodery en kultus hoerery wat ingevoer was van die Griekse Hellenistiese godsdienste. Mense was geforseer om swaard vegters (Gladiators) te word om die aristokrate te vermaak, vegters wat moes doodmaak of bereid wees om doodgemaak te word. Niemand kon teen hierdie Roomse Ryk optree om hierdie heerskappy en afgodery te stop nie, behalwe ‘n Gekruisigde Liggaam wat uit die dood opgestaan het in die Krag van die Here Jesus. Dit was hierdie Krag wat die Heidense Rome plat gevee het. Dit is ‘n tragedie van die geskiedenis dat die pouslike Rome niks beter geword het as die Heidense Rome nie, maar afgesien van dit het die Vroeë Christene die heerskappy van die heidense Rome omvergewerp.

Tertullian het gesê: “Die bloed van die martelare was die saad van die kerk.” Hierdie mense het hulle lewens tot die dood toe nie liefgehad nie. Paulus skrywe aan die Romeine en haal aan uit Psalm 44:23: “Maar om U ontwil word ons die hele dag gedood; ons word gereken as slagskape.”

Die apostel Paulus.

Wat was die bewys dat Paulus ‘n gesalfde Apostel was? Was dit al die gemeentes wat hy opgerig het? Was dit al die mense wat deur hom tot redding gekom het? Was dit omdat hy kon opstaan teen beroemde rabbi’s en met hulle oor die Skrifte redeneer? Nee, dit was nie die bewys nie, ook nie eens die wonderwerke wat hy gedoen het nie, selfs nie eens dat hy iemand uit die dood opgewek het nie. (Hand.20) Die bewys van die Salwing wat hy gehad het was dit: “Verder moet niemand my moeite aandoen nie, want ek dra die littekens van die Here Jesus in my liggaam.” (Gal.6:17) Paulus gebruik die Griekse woord ‘Stigmata’ waarvan ons woord stigma (Brandmerk ? Littekens) vandaan kom. Paulus was bereid om fisies, in sy vlees verdrukking te ly vir die saak van die Here Jesus Christus.

Romenië

Die Jode was verskriklik in Romenië deur die Nazis vervolg verdruk, en van die min van hulle wat vandag nog lewe het net net met hulle lewens daarvan afgekom. Hulle het bitter gely onder die Kommuniste en vandaar het van hulle later geïmmigreer na Israel, baie min van hulle het enigsins familielede oorgehad. Ceausescu was ‘n vreeswekkende bose man maar die kerk het gegroei in Romenië en daar het herlewings onder die Gypsies en onder mense begin wat voorheen as onbekeerbaar gereken was. Baie Jode het tot bekering gekom.

Richard en Sabena Wurmbrand (Voice of the Martyrs) het uit hierdie Joodse gemeenskap gekom, en baie van die Joodse gelowiges wat vandag in Israel is het uit Romenië gekom.

Wat het ‘n gemeente soos hierdie laat groei? Wat het hierdie mense gesien wat gemaak het dat hulle tot geloof gekom het? “Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.” (Gal.2:20)

Hulle was nie net na?apers, resiteerders van die Woord nie, maar daders van die Woord. Die onluste wat Ceausescu in Romenië tot ‘n val gebring het, het begin in ‘n plek waar die meeste Evangeliese Christene in Romenië was. Daar is vandag baie pragtige Christene en Messiaanse Jode wat in die Krag van die Opstanding lewe.

Baie jare terug in Israel toe die Yster Gordyn nog gestaan het was baie min Jode daartoe instaat om na Israel uit Rusland uit te kom, maar die wat daarin kon slaag was gelowiges wat in die ondergrondse Pinkster en Baptiste gemeentes tot redding gekom het.

Die Here Jesus het jou Lief.

So, was daar ‘n broer en sy vrou met vyf kinders wat ‘n soort van ‘n leier was in een van hierdie ondergrondse gemeentes wat die KGB vir jare in die tronk gestop het terwyl sy familie sekere tye glad nie meer seker was of hy nog gelewe het of dood was nie. Die KGB het hom gemartel om sy Here Jesus te verloën, hulle het hom ingespuit met groot dosisse Psigotropiese spuit stowwe, hulle het skok behandeling op hom toegepas om hom so ver te kry om sy geloof te verloën. Hy was ‘n middeljarige man maar hy het gelyk soos ‘n stokou man soos wat hulle hom verwoes het. Hy is vandag in Israel, hy is ‘n Jood. Sy vrou lei hom aan die hand waar hulle gaan en daar is net ‘n paar woorde wat hy kan sê en dit is: “Jesus het jou lief.” Die KGB het alles probeer om sy geloof in sy God te verwoes maar deur die groot genade van onse Here Jesus het hy die Opstanding Krag en ‘n Kroon ontvang. Hulle het sy lewe in die wêreld verwoes, hulle het sy verstand en sy gesondheid verwoes, hulle het alles verwoes, maar sy geloof in die Here Jesus kon hulle nie verwoes nie, Hallelu?Jah Prys die Here, Loof U Heilige Naam, wie is daar soos U?

Rose Werner

Dan is daar ‘n Joodse vrou uit Hongarye wat uit die ‘n tweede generasie Joodse gelowiges was: Rose Werner. Gedurende die Tweede wêreld oorlog het sy ‘n geleentheid gehad om uit Hongarye te ontsnap. Die Here het egter direk met haar gepraat en gesê: “Nee, Ek wil hê dat jy jouself aan die Gestapo moet gaan oorgee as ‘n Jood.” Sy het dit gedoen. Bitter min mense, Joods en Gypsies, het die gas oonde van Aushwitz oorleef, maar sy was een van hulle. Wat met haar in hierdie plek van verskrikking gebeur het kan woorde nie beskrywe nie. Hulle het Joodse vroue by die duisende elke dag gevat en hulle klere uitgetrek, en al hulle hare afgeskeer, hulle tande is uitgetrek waarna hulle vergas is in die gasoonde, en dit is waarvoor sy gevra het!!

Toe sy, gehoorsaam aan die opdrag van die Here, gegaan het om Hom te ontmoet, was daar baie mense wat vir haar voor die gasoonde gewag het, maar ’n groot getal Joodse vroue wat hulle dood te gemoed gegaan het in die gasoonde het die Evangelie van hulle Messias van hierdie Joodse vrou gehoor wat haar Messias ontmoet het, en hulle het tot die Geloof van die Here Jesus Christus gekom voordat hulle gesterf het, Prys die Here!.

Rose Werner het die lewe van die Kruis geken, sy het ‘n gekruisigde en opgestane liggaam gehad, en sy het gelewe in die Opstanding van Yeshua die Messias. Daar is vandag nog ‘n oorblyfsel van hierdie martelare wat gely het vir die Geloof wat hulle eenmaal ontvang het en bewaar het, baie maar nie almal nie, en dit is gewoonlik nie die mens met die groot mond wat bereid is om sy lewe te gee vir die Waarheid wat hy ontvang het nie, nee, dit is gewoonlik die ou vroutjie wat die kerk se trappies op haar knieë skrop, dit is hulle wat in die meeste gevalle nie eens raakgesien word nie, wat baie dae vas en bid vir die Geloof, dit is hulle wat hierdie dinge deur die Geloof kan weerstaan. Daar is ook ‘n groot verskil tussen gewone Christene en Christene met ‘n gekruisigde liggaam.

Ons, Wedergebore Christene is veronderstel om die Liggaam van Christus te wees, en wanneer mense die opgestane gekruisigde liggame van Jesus Christus deur ons sien, dan sal hulle luister na die Boodskap van Redding en hulle sal daarop agslaan.

Herlewing

Die Here Jesus se Dood is ons dood, Sy opstanding is ons opstanding. Die wêreld is skepties oor die boodskap wat ons uitdra en dit vererger daagliks. Wat is die oplossing? Gebed? Ja, natuurlik! Die Preek van die Evangelie? Absoluut! Maar daar is net een ding wat die mens se verharde harte weer sal terugbring na werklike waaragtige Herlewing, daar is net een ding wat gaan maak dat hulle weer die aansprake van die Here Jesus sal her oorweeg. Dit sal egter nie hierdie Amerikaanse verhoog kunstenaars se evangelies wees nie, ook nie die towenaars met hulle lang hare en oorbelle en hulle spoggerige limousines wat aan die mense die Koninkryk Nou en voorspoed en al hierdie strooi en foefies verkoop nie, ook nie vermomde Roomse Katolieke kerke nie, ook Toronto dwalings wees nie.

Wat die mense weer sal laat glo is wanneer ons gaan agslaan op hulle versoek: “Wys my die Gekruisigde Liggaam wat uit die dood opgestaan het, dit is wat ek wil sien!

Paulus kon sê; 'Hier is dit” Rose Werner sê; 'Hier is dit.' Richard Wurmbrand sê; 'Hier is dit.' 'n Gekruisigde liggaam is wanneer elkeen van ons kan opstaan en sê: “Kyk hier is die littekens van die kruis aan my liggaam.” (Nie die Roomse kruisie om die nek nie.)

Wys my Jesus.

Richard Wurmbrand is ‘n Joodse gelowige en hy vertel die verhaal van ‘n Romeense plattelander wat tot redding gekom het en wat deur die Kommuniste in die tronk gegooi en gemartel is oor sy geloof. Saam met hom was daar ook ‘n wetenskaplike uit die Universiteit van Bucharest wat nie ‘n kommunis was nie, hy het nie in God geglo nie, maar hy het net in die tronk beland omdat hy nie ‘n Kommunis was nie, dit waarom hy ook gemartel was.

Hulle was ongeveer 40 persone in ‘n kamer waarin hulle moes lewe en waar hulle gemartel en geslaan is met bykans geen kos of water nie. Die Romeense boer, wat nie ‘n geleerde man was nie, het rondbeweeg en aan almal wat saam met hom besig was om te sterf sy geloof en getuienis meegedeel. Wurmbrand was ook daar.

Die wetenskaplike wat ‘n prominente intellektueel was het begin om met hom die spot te drywe en hy het aan hom gesê: Hoe kan jy so gelukkig wees? Hoe kan jy sê jy het vreugde en vrede terwyl jy in hierdie gemors is? Jy weet nie eens of hulle jou familie alreeds vermoor het nie! Kyk net wat gaan hier aan, elke dag word hier drie of vier dooies uit gedra en wonder jy nie wanneer dit jou beurt gaan wees nie?” Die boer het hom geantwoord: “Ek het vir jou baie maal gesê, my geluk en vrede het ek in die Here Jesus gevind” [Onthou u Jeremia se vreugde in die HERE, hy kon nie in die kring van die spotters sit nie, maar hy het nog vreugde gehad.] Die wetenskaplike sê vir hom: “Jesus! Jy is gelukkig oor Jesus, kan jy Hom sien? “O’ Ja,’ Antwoord die boer, “Ek sien hom elke dag”??“Praat jy met jou Jesus” Vra die geleerde. O’ Ja. Ek praat elke dag met Hom”??antwoord die boer. “Praat Jesus met jou terug” vra die geleerde. O’ Ja, Hy praat elke dag met my.”??antwoord die boer. “Wat doen jou Jesus, glimlag hy vir jou?” “O’ Ja Hy glimlag vir my” “Wys my hoe glimlag Hy vir jou.”

Die boer wys toe aan hom die Glimlag wat die Here Jesus vir hom gegee het en daar kom ‘n verheerlikte gesig tot die geleerde wat hom op sy aangesig laat neerval het terwyl hy die vloer met sy vuiste slaan en hy sê: “Jy het Christus gesien, jy het Hom gesien!” En hy het net daar tot bekering gekom en ‘n gelowige geword.

Laodicéa

Ons lewe in die dae van Laodicéa, (Opb.3:14?22): 'n Lou warm kerk vol van hoogmoed, trots, materialisties en opgeblase. Laodicéa se eerste probleem is dat hulle nie weet dat hulle Laodicéa is nie, hulle weet nie dat hulle lou warm is nie. Hulle dink omdat hulle materialisties en finansiële welaf is dat alles met hulle geestelik goed gaan, maar dit is ver van die waarheid af.

Maar daar is ‘n getroue oorblyfsel in Laodicéa en die Here Jesus sê: “Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.” (Opb.3:19)

Ek weet nie wat u wil doen nie, maar ek wil die dinge reg maak wat verkeerd is in my lewe, daar is so baie dinge in my lewe verkeerd, daar is hoogmoed in my, ek probeer myself opblaas deur ander mense met groot wêreldse woorde te beïndruk, die 'EK' in my lewe staan met sy voet in die deur wat my na die Here Jesus Christus kan lei. Ek kan dit nie self oorwin nie maar deur die groot genade van my Hemelse Vader het ek my suurdeeg en oortredings aan Hom bely en die DEUR, Jesus Christus het vir my oopgegaan, want wat baat dit my as ek die wêreld vermaak en bevredig met paaie wat na die verderf lei en daarmee myself mislei en nie gereed sal wees vir die Koms van my Koning nie?

“Hier is dit.”

Toronto, Kansas City, Jim Challenge en al hulle volgelinge hier by ons kan nie herlewing bring nie. Die ‘Harvest' dekade gaan dit ook nie bring nie, hierdie dinge is vervalsings en misleiding. Mense glo nie

meer nie, hulle staan totaal skepties as hulle die dinge sien wat onder die vaandel van Christelikheid verkondig word. Ons kan hulle nie blameer nie. As ek nie alreeds tot redding gekom het nie sou ek ook een teen tien dieselfde pad geloop het. “Wys my, ek wil sien, as ek gesien het dan sal ek glo. Laat my Sy gekruisigde Liggaam sien, laat my Sy Opgestane Liggaam sien, dan sal ek glo.” “Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld.???die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het. (Gal.6:14 / Hebr.12:2). †††



By David Passmore April 14, 2026
A critical juncture in NATO'S future Rubin Rothler LLB, LLM NATO was originally established in 1949 to keep the Russian hordes at bay from toppling those European countries not forked over to the Soviet sphere of influence at the Potsdam conference. Europe lay in ruins. Britain had passed on the torch of global hegemony to the U.S. by tacitly acquiescing to the decolonization of its Empire when Churchill and Roosevelt agreed terms of the Atlantic Charter for the post-war new world order in 1941. So from its start NATO was very much an American driven endeavor. American money with the Marshall plan was propping up western European economies and its military might was forming the bulk of their defensive capabilities. The lopsided nature of this dynamic has informed how tensions have persisted and recently erupted in the Alliance. During the Cold War the U.S. felt obligated to shoulder the costs of underwriting Europe's security in light of the broader interests to keep the Soviet's in check. Following the fall of the Iron Curtain European complacency became a sticking point with the 'peace dividend' further exploiting American largesse. European NATO allies spent ever smaller percentages of their GDP on defense expenditure at U.S. expense. Now in a multi-polar world U.S. and European perceived threats are less aligned. This was first tested in the aftermath of September 11th when for the first time NATO elected to trigger its article 5 collective defense protocol. And since then the U.S. has sought to continue to expand the traditional theatre of operations beyond Europe's borders. No longer is Russia perceived by America as being a proximate existential threat to its interests, but rather containing Chinese expansion in the Pacific arena. Parallel to NATO a discrete 'five eyes' intelligence sharing alliance comprising the Anglo-sphere (the U.S., U.K., Canada and New Zealand) emerged. This stands at the center of the U.S. – U.K. 'special relationship'. A relevant question would be can this signals intelligence (NSA-GCHQ) partnership persist should the U.S. withdraw from NATO? Conventional thinking would have led one to believe that with Brexit the U.K. would naturally pivot towards closer U.S. relations but under Starmer the U.K. is distancing itself. European powers misrepresent the present conflict as an aggressive, rather than defensive U.S. adventure while they themselves are more likely to be at risk. In this the Starmer government resembles the Labor party led committee for nuclear disarmament in the 1980's. It opposed the Thatcher supported deployment of U.S. cruise missiles in response to the Soviet SS20's pointed at Britain's cities. The British left branded their response to Soviet strategic escalation to U.S. aggression. This time however there is for the moment no Thatcher to bring common sense into an equation dominated by emotionally driven ideologies in the face of an aggressor with definite aims. In terms of the Russian-Ukraine conflict we are reverting to the old question dating back to the Napoleonic war era: to what extent is London happy with the European nations fighting it out alone for dominance of the continent. Britain was never willing to accept a single power in control. Many variables will dictate what kind of world emerges from the current conflicts in Ukraine and Iran. How will power be extracted from potential gains? What will be the strategic impact of this? What is sure, in the age of Trump this pattern of reliance on U.S. muscle is becoming quickly exhausted. Dating back to the Roman Empire, a factor in the decline of major powers has always been astronomical military spending, a budgetary demand that the U.S. under Trump is no longer willing to shoulder alone. (Author is an Israeli American lawyer academically qualified in British and in U.S.A. law, and a graduate of the School of Oriental & African Studies, London. He is a Jewish believer in Jesus and is currently based in Israel).
By David Passmore April 9, 2026
Please keep brother Malcolm Betts from the New Life Pentecostal Church, Winsford in prayer. He is suffering from heart failure, valve problems and spinal stenosis. Your prayers for healing and intervention are coveted. Also, Malcom’s daughter Laura-Louisa is having complications with her pregnancy. Her baby boy is due on the 22nd of April and was in a breach position, however he is now moved to an oblique position which carries serious risk and possible surgical intervention. Laura is also at risk of postpartum haemorrhage. Please pray for the midwives and obstetricians skill and wisdom. Please also pray for Malcolm’s sister Susan who has sepsis in her leg. And please pray also for Sheila Carlisle. She is undergoing knee replacement surgery.
By David Passmore April 8, 2026
Greetings Dear Brethren in Yeshua our Lord & God Hope your all well Further developments: The NHS and oncologist from day one got my Markers wrong which in result denied me access to the latest treatments such as immunotherapy and targeted treatment. After getting a second opinion from Royal Marsden they discovered my Markers were not zero but 13-14 and that I was also Claudine 18.2 which confirmed I was allowed to all the latest treatments such as targeted treatment. My local MP and Health secretary are now involved and have written to both the treatment companies and NHS trust. I have also spoken to doctors in the states. Dear brethren my family & I have been through so much in the past and the valley is truly a battle. I truly thank The Lord Yeshua for Him humbling us all, correcting us in His parental love (1 Cor 4-6 & 2 Cor 2). It’s been very hard but also a blessings to truly draw closer The Lord- cast of works of darkness/old garments and be washed in His Blood daily. Your prayers are vital and above all The Glory Of The Lord to be magnified. Please remember us in your love & prayers as we walk through this battle in The Lord. Praying for you all and much love in Yeshua. Your brother - Teerth & Family
By David Passmore March 26, 2026
Contrary to the near unanimous chorus of media coverage concerning the current impasse in the straits of Hormuz it isn't obvious that this is an American problem. The chief consumers of oil passing through this critical juncture are China, India, South Korea, Japan and the European markets. The U.S. has alternative reserves due to domestic crude from Alaska, the Permian Basin, the Gulf of America and domestic fracking. This is further augmented by Venezuelan heavy crude now refined in the U.S. and possible further supplementation with Canadian sand shale from Alberta. Based on those determinations if European powers won't contribute to efforts to keep the straits open, Trump can simply leave them to their own repercussions that will further drive up the price of Brent crude oil. The question may then become whether the U.S. can redefine the global oil market by legislatively mandating the West Texas Intermediate. Can America divorce the WTI from the Brent prices and from the Rotterdam spot market prices by maintaining a domestic market legislatively controlled? In so doing, keeping all oil being drilled from federal lands subject to a semi-interventionist price control system that in theory could average domestic gasoline prices at $2/gallon varied only by state taxes. Such a fundamental restructuring of oil markets will allow the U.S. to operate independent of global bench marks. This might be opposed by petroleum industry interests who would benefit from higher international prices, but would likely have public support. Such price regulation would not be government mandated price controls in the ordinary sense, but could be legally enforced as terms of condition in federal licensing policies for drilling on federal lands. Approximately 25% of oil pumped in the U.S. is drilled on federal land where contractual conditions can be easily implemented. These strategies would have a short to medium term impact on global markets and on domestic prices. Medium to longer term strategies however would require a national network construction of safer pebble cooled nuclear reactors, generating a viable source of electricity for electric vehicles. Additionally, similar to the energy company SASOL, the U.S. should begin domestic production of a coal conversion variant of gasoline, jet fuels and certain petrol chemicals. The Fischer-Tropsch process technology allowing for the production of cleaner synthetic fuels has existed since the 1930's and enhanced upgrades of this method are in active production use in South Africa. This would avoid the failed folly of moving towards 100% renewables that have crippled the German economy and driven energy costs punitively higher in order to placate Green Party-political interests. The Trump administration must lower domestic gasoline prices in an election year in the short term. However, in the medium to longer term the current conflict with Iran affords an opportunity to restructure the international oil market in such a manner that it will immunize the U.S. from surging oil prices. In theory such a fundamental revamping of oil markets could keep domestically produced oil under $50/barrel. Events are marching forward at pace. At time of writing some European nations have indicated a willingness to perhaps contribute towards a naval response. Trump himself has said that Iran is negotiating an end to the blockade. Irrespective of this, the situation has elucidated the vulnerability of European and Asian gas and oil supply and the opportunity for the U.S. to advance its energy independence in such a way that will directly translate into savings for domestic consumers. (Author is an Israeli American lawyer academically qualified in British and in U.S.A. law, and a graduate of the School of Oriental & African Studies, London. He is a Jewish believer in Jesus and is currently based in Israel).
By David Passmore March 23, 2026
An ex-catholic and bible scholar responds to the eucharist
By David Passmore March 11, 2026
THE CONFGLAGRATION OF HOSTILITIES IN THE MIDDLE EAST AND CURRENT RISING GLOBAL ENERGY PRICES. WHAT IS REALLY HAPPENING? Rubin Rothler LLB, LLM The markets historically have responded with grave alarm at the prospect of disruptions in the major sea lanes for transporting fuel. So far, Iran has exercised a degree of reluctance to fully close this critical channel due to Chinese pressure for their major source to remain. The Chinese economy could be savaged should Iran fully attempt to shut down all shipping in its entirety. As the war continues, Iranian capability to realize these ends becomes less likely due to the severe damage inflicted upon maritime forces. The U.S. has strategically positioned their Armada in place so that they are effectively choking the deployment of the Iranian Navy at sea in all theatres. From the coast of Sri Lanka in the mid Indian Ocean to the outer reaches of the Persian Gulf, the Iranian Navy is simply out gunned and woefully inadequate technologically to pose any meaningful opposition. However, they may decide to go all in and actively concentrate directed attacks by their small boats at all incoming oil tankers in the Straights. If this scenario unfolds, we may see an impasse in the conflict. Fear in the Gulf States and Saudi Arabia has already greatly increased. These regimes continue to be actively targeted by Iran to cause maximum economic impact. They may lean on the U.S. to seek a negotiated settlement. Europe with the exception of Spain has so far largely fallen into line with the Washington consensus. But if prices rapidly increase policy may shift (as it has been with now over $100 per barrel of oil). The combination of Arab consternation, Chinese pressure and European pliability together with a collapse in global energy supplies could cause the U.S. to reconsider its objectives in terms of what can be realistically realized. Trump prepared for these repercussions and mitigated the damage by posturing accordingly. The City of London's traditional monopoly on ensuring the maritime industry is being effectively displaced by U.S. surety for transit in the Straights. Further, the operation to remove Maduro in Venezuela with the consequent assumption of their oil reserves lent handsomely to the aim of forging an alternate fuel supply to the global markets. Albeit there remain questions concerning the ability to refine thick Venezuelan crude oil as its refining is more costly and arduous than Saudi and Gulf oil. Trump gained an extension of time for getting these operations underway by drawing out the prior negotiations with Iran. Here we can see that contrary to popular comment Trump's actions are strategically calculated. Complicating matters, after the oil and natural gas embargo was imposed on Russia, Europe became increasingly reliant on Middle Eastern supplies. Qatar is the prime source of natural gas and its depots are being choked by Iranian strikes. If this persists Europe will find it extremely difficult to secure its energy needs. Similarly, India has been acutely impacted to such an extent that Trump was moved to allow Delhi to lift sanctions on Russian energy. It must also be noted however that at present there exists no shortage of ready refined petroleum supplies, not even including the embargoed Russian oil (much of it unrefined) stored in tanker ships due to Ukraine War sanctions. Trump Administration plans using US naval and allied naval assets to escort tankers through the Straights f Hormuz would easily allow Lloyds of London to provide usual insurance once those vessels clear the Persian Gulf. Hence, the upward trajectory of crude prices is in part being manipulated by certain City of London and Wall Street interests that are in some measure politically motivated to favour the American Democrat Party in upcoming mid-term congressional elections. In terms of supply actualities, crude increases should be no higher than 25% in terms of Brent and 20% in terms of West Texas Intermediary. Predictably the legacy media is misrepresenting the price surge as purely market driven, when it is to some degree being engineered. Certain questions can be raised regarding how current events will unfold. A catastrophic situation could plausibly embroil dragging in additional actors to the conflict. Serious commentators have actually cautioned that we are heading towards World War Three. Short of this, Qatar is warning of global economic disaster. At the very least we will continue to see instability in global energy markets that will increasingly hit everyday consumers at the gasoline pump.
By David Passmore March 9, 2026
There appears to be a number of good pastors in very serious health struggles at the moment in England. These include Pastor Tony Pearce (London), Pastor John Anglisse (reading area), and Moriel Pastor Teerth Sonde (Wolverhampton). To these we have just learned that another Moriel Pastor in Winsford, Pastor Malcom Betts has suffered a serious coronary and is likewise in deep need of prayer. This may or may not be a general demonic attack on pastors in the area of health, however Our God Is Indeed Able to undettake for all of them and each of them.
By David Passmore March 7, 2026
URGENT PRAYER REQUEST Moriel has learned that Pastor John Anglisse of Ark Christian Fellowship in England, a long standing friend of Moriel, has been medically diagnosed as being pre terminal in his on going health battles. Moriel and Jacob Prasch earnestly request prayer for The Lord's intervention and prolonging of John's temporal life for the sake of his wife Mary and for his congregation and ministry. While "to Live is Christ and to die is gain" for John, his homecoming would be quite a loss for those of us who remain, and we ask The Lord for healing. We also thank our subscribers for their prayers for our friend & brother Pastor Tony Pearce in London. Tony is scheduled for two surgery procedures this week for skin cancer, one of which involves potential risks for his eye. Continued prayer is much appreciated.
By David Passmore February 19, 2026
Prayer request for Sue
By David Passmore February 17, 2026
Prayer request for Joan Philips