This Generation - Afrikaans

April 1, 2025

Hierdie Geslag!

Mat. 24:34‐: “Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.”

Hierdie vers en die woorde: “Hierdie Geslag” uit die Olyfberg rede het al tot baie spekulasies, misverstande, profetiese uitlatings en voorspellings aanleiding gegee wat nie gewerk het nie.

Die word aangeneem uit die verhaal van die Eksodus dat die geslag wat in die woestyn omgekom het veertig jaar geduur het, dit sou beteken dat ‘n Bybelse geslag dan veertig jaar moet wees.

Hierdie idee was deur Hal Lindsey in sy groot verkoopstuk “The Late Great Planet Earth,” uitgedra waar hy gespekuleer het dat iets apokalipties in ‘n veertig jaar siklus vanaf die geboorte van Israel moet gebeur.

Die Gees van Waarheid en die gees van dwaling

Daar is twee weergawes van die foutiewe verklaring van die woord “hierdie geslag”? Die eerste gaan oor ‘n beweging met hulle Post Millennialisme siening en hulle moderne volgelinge, die Koninkryk Nou en die Oorwinnaars bewegings (Die dwaling dat die Kerk die wêreld moet oorwin voordat Christus kom om Sy Koninkryk op te rig, Christus sal kom vir ‘n triomferende kerk.) Dit is egter ‘n direkte teenoorgestelde wat die Woord van die Here leer. Jesus kom nie VIR ‘n triomferende kerk nie maar MET ‘n triomferende kerk, ‘n Kerk wat weg geraap is. Dit is die SAAD van die vrou wat die slang se kop verbrysel en nie die vrou, die Kerk nie. Romeine 16:20: “En die [God van vrede] sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel.?” Dit is die Wederkoms van Jesus wat die finale oorwinning ‘n finale oorwinning maak.

Post? Millennialiste vergeet dat die vroeë Apostoliese kerk voor die Raad van Nicia byna almal pre millennialiste was. Daar was ketters soos Soirthis, wat ‘n pre millennium volger was, maar daar is geen indikasie dat die apostoliese kerk geglo het aan enigiets anders as dat daar ‘n letterlike Millennium regering van die Here Jesus sal wees nie.

Nadat Konstantyn die Romeinse Ryk verchristen het en die kerk deur Augustinus van Hippo geplatoniseer is om die sogenaamde verchristening van die Roomse Ryk te akkomodeer, het hulle ‘n nuwe Eskatologie nodig gehad; ‘n nuwe leer basis om die Laaste Dae te verklaar. Terwyl Jesus gesê het dat Sy Koninkryk nie van hierdie wêreld is nie het die “Christendom” gesê o’ ja dit is! Dit is die oorsprong en die basis van die dwase denkrigting van die post millennialisme.

Inderdaad sal die sagmoediges die aarde beërwe, maar as daar nie ‘n aarde is nie hoe sal hulle dit beërwe? En vir die idee dat die kerk die aarde gaan oorneem, en dat Satan alreeds vir ‘n duisend jaar gebind is, moet daar gevra word: Wanneer het die duisend jaar van vrede dan begin?

Diegene wat Augustinus volg glo nie aan die Y2K nie maar aan Y1K? die dwaling dat Christus sou teruggekeer het aan die einde van die eerste Millennium. Met die aanbreek van 999 n.C. het mense begin om hulle grond, geld en kastele, ens. aan die Pous en die kerk te gee. Ons weet egter dat Jesus nie in 999 n.C. onder Pous Sylvester gekom het nie, en niemand het hulle geld terug gekry nie! Dieselfde mense, soos Gary North in Amerika, het begin om die idee van Y2K aan te blaas met wilde dwase spekulasies oor die wederkoms van Christus. Daar was mense soos Brae in Amerika, en ander wat probeer het om te beweer dat die gebeure van die Olyfberg rede totaal in vervulling gekom het in 70 n.C. met die verwoesting van Jerusalem.

Hulle het beweer dat “ Hierdie geslag” moet diegene insluit wat in die lewe was toe Christus op die aarde was en wat die vernietiging van die Tempel gesien het. Dit sou ongeveer 40 jaar later gewees het wat hulle sou gepas het. Maar in vers 21 sê Jesus dat daar ‘n Verdrukking sal wees wat van die fondasie van die wêreld af nie sal wees nie en ook nie weer sal wees nie.

Daar was ander verdrukkinge vir beide die Jode en die kerk wat baie swaarder was as dit wat in 70 n.C gebeur het toe die Romeine die tempel verwoes het, so het hierdie verklaring deur die toets van die geskiedenis gefaal. By dit alles is die Olyfberg rede nie net Mat. 24 nie maar Mat. 24 en 25. In 70 n.C. het Jesus nie die bokke van die skape geskei nie ook het die Here nie aan die mense hulle ewige beloning gegee wat gebaseer word op dit wat hulle met hulle talente gedoen het nie.

Wat seker is? is dat die dinge wat in 70 n.C. gebeur het ‘n voorspel, ‘n skaduwee was van dinge wat in die laaste dae gaan gebeur daarom is dit belangrik om dit te bestudeer.

In 70 n.C. was die kerk uit Jerusalem gered onder die leierskap van Simeon, ‘n neef van Jesus wat Pastoor was van Jerusalem nadat die Apostel Jakobus gemartel was. Hulle het gevlug na ‘n plek met die naam van Pella wat ook ‘n tipe was van die wegraping, net soos wat dit gebeur het op Pinksterdag is dit ‘n voorbeeld wat in die laaste dae gaan gebeur. Maar nie dit wat Joel gesê het en dit wat ons lees in Handelinge 2, ook nie dit wat ons lees in Mat. 24:29 het in 70 n.C. gebeur nie: ??“die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie??” dit het net gedeeltelik in vervulling gekom. Daar was ook nie ‘n unieke Groot Verdrukking voor of na 70 n.C. nie, dit is dinge wat nog gaan kom wat gebaseer is op die gebeure van 70 n.C. met die uiteindelike vervulling met die Wederkoms van Jesus.

Die gelykenis van die vyeboom en die ander bome

Die ander misverstand met betrekking tot “hierdie geslag” is die pre? millennialiste wat besef dat dit ook ‘n toekomstige betekenis het en hulle gebruik dit om datums te bepaal. Hulle glo met reg dat daar ‘n toekomstige vervulling van die Olyfberg rede gaan wees, dat daar ‘n Antichris sal wees, ‘n terugkeer van die Jode na Israel, en ‘n toekomstige 1000 jaar regering van Jesus op die aarde.

Hulle neem die gelykenis van die Vyeboom in Mat. 24:32?34 “??? Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is. So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur. Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.” En hulle gebruik die veertig jaar konsep in die Eksodus vir ‘n geslag as basis en die feit dat Israel in Mei 1948 weer ‘n volk geword het en dan bereken hulle: 1948 na ‘58 na ‘68 na ‘78 na 1988 en kom tot die gevolgtrekking van ‘n datum vir die Wederkoms. ‘n Persoon met die naam van Edgar Whisenant het ‘n boek geskryf: “88 Reasons Why the Rapture Could Be in 1988.”

In 1987 op Yom Kippur, die Joodse dag van Ootmoediging was daar ‘n Baptiste fundamentalis prediker van Amerika wat op Speakers Corner in Londen gestaan het en vir Moslems vertel het dat hy binne 48 uur weg sal wees, en natuurlik was hy na die datum nog daar, hy het ‘n openbare gek van homself gemaak en vernederd die land verlaat. Maar die volgende jaar het dieselfde man weer na vore gekom met nog ‘n datum, hy het gesê: “Dit was nie in 1987 nie maar 1988” Hierdie mense was nie hierdie hiper charismate nie, hulle was fundamentele Baptiste! Hulle het gekke van hulleself gemaak deur om datums vir die Wederkoms te bepaal wat nie gewerk het nie en daarmee het hulle ook ‘n bespotting van Bybelse Profesie gemaak.

Baie mense verstaan dat die hergeboorte van Israel die Vyeboom is wat begin bot, maar is dit?

Daar is geen twyfel dat die terugkeer van die Jode na die nasie Israel ‘n profetiese merkwaardigheid is nie; die verhoog word opgestel vir die Groot Verdrukking ? ha tekufot tsorat Yacov – soos wat Jeremia die profeet sê: “? 'n tyd van benoudheid vir Jakob? (Jer. 30:7) Daar is geen twyfel dat Israel deur die Antichris mislei gaan word nie. Daar is ook geen twyfel dat Israel weer terug gekeer het vir wat Daniël sê die 70 ste Week nie, daar is geen twyfel dat hierdie dinge besig is om te gebeur nie. Maar is hierdie dinge die enigste betekenis van die vyeboom? Het hierdie beeldspraak dalk ‘n ander betekenis?

Wanneer die Heilige Gees ons ’n meervoudige weergawe gee van dinge dan moet ons dit deeglik ondersoek, biddend en ons moet alles bestudeer in die lig van vergelyking van al die weergawes.

In hierdie geval het ons nie net Mat. 24 en 25 nie maar ook Lukas 17, 21 en Mark 13. Jesus het nie gesê: “Wanneer julle die vyeboom sien”? punt? nie! Hy wys vir ons: Leer die gelykenis van die

vyeboom EN die ander bome, nie net die vyeboom nie. Die gelykenis van die vyeboom en die ander bome kom van uit Boek Rigters 8?9.

Die seuns van Gideon, 70 van hulle, was deur Abimeleg uitgewis en net Jotam, wat die gelykenis van die vyeboom en die ander bome geken het? het die bedrieër herken.

“Toe sê al die bome vir die steekdoring: Kom jy, wees koning oor ons!” (Rigt. 9:14) Die Steekdoring wou omdat die olyfboom dit nie wou doen nie omdat die wingerdstok dit nie wou doen nie. Aan die einde maak die ongeloof en ontrouheid van God se mense die ‘n pad oop vir die bewind van die Antichris. Dit is die uiteindelike betekenis van die vyeboom.

In Judaïsme is die vyeboom ‘n metafoor van die boom van die lewe ? Eytz Hayim? dit wat ons sien in ‘n millennium konteks van Esegiël 47 en die skeppings verhaal in Genesis, en dit wat ons sien in die einde van die Boek Openbaring. “En die blare van die boom is vir die genesing van die nasies.” In die Bybel is vyeblare ‘n metafoor vir goeie werke. Ongeredde mense sal altyd probeer om hulleself te regverdig deur hulle goeie werke.

Elke “godsdiens” is vasgestel op ‘n werke gebaseerde regverdigheid. Die regverdigheid van die Evangelie is nie gebaseer op werke nie, Christene doen nie goeie werke om gered te word nie, hulle doen goeie werke omdat hulle gered is.

Daar is meer aan die vyeboom as die nasie van Israel maar die hoof aspek van Israel met betrekking tot die Vyeboom is dat Jesus die vyeboom vervloek het. Hoekom? Omdat hy blare gehad het maar nie vrugte nie. Israel het die werke maar nie die vrugte van die Heilige Gees nie.

Die blare verskyn gewoonlik dieselfde tyd as die vrugte. In die Midde Ooste sal die son die vrugte verbrand as die blare hulle nie beskerm nie. Geloof sonder die werke is dood. Maar dit was nie die seisoen vir vye toe Jesus gekom het nie! Die Seun van die Mens kom op ‘n tyd dat niemand dit verwag nie.

Maar die dag en die uur weet niemand nie

Jy kan nie die Wederkoms van die Here bereken op die basis van ‘n geslag van 40 jaar nie, ook kan jy nie die dag bepaal op die basis van die hergeboorte van Israel nie. Ons kan ook nie spekuleer dat dit net Jerusalem beteken nie en begin bereken vanaf die tyd dat die nasies nie meer Jerusalem sal vertrap nie. In 1967 het die Jode beheer gehad oor die Tempelberg, dus vanaf 67?77, na 87 na 97? dus sal dit in 2007 wees en sal Jesus terug wees omdat Jerusalem nie meer deur die Nasies vertrap is nie.

Maar Jesus het gesê totdat die tye van die nasies vervul is, maar Jerusalem is nog steeds onder die voete van die Heidene. Die Israeli Generaal Moshe Dayan het ‘n eensydige beheer oor die Tempelberg aan die Moslems gegee. Die Moskee van Omar, met ‘n opskrif uit die Koran wat sê:

“God het nie ‘n Seun nie”? is op die Tempelberg, net so die Moskee van Al?Aqsa. Dit is nog steeds onder die voete van die Heidene, die tye van die nasie is besig om uit te loop? maar dit is nog nie verby nie.

Na hulle Soort

Dit is nooit wys om te spekuleer oor die Wederkoms van Christus nie en die korrekte verklaring oor “hierdie geslag” het komplikasies. Ons het die Hebreeuse woord Dor en Min?Dor la Dor? “van geslag tot geslag.” Dor is ‘n biologiese geslag; Min is? “van ’n soort” soos verwys na die Boek Genesis.

God het die spesies na hulle soorte geskape? let op die onmoontlikheid van Darwinisme.

Daar is absoluut geen bewyse dat ‘n hersaamgestelde DNS oor die genus grens in die natuurlike omgewing verander nie, en nou dat die Mens begin het om betrokke te raak in biogenetiese ingenieurswese en die oordrag van DNS oor die genus grens? loop ons die gevaar om monsters te ontwikkel. Dinge kan baie maklik verkeerd loop en alle dinge wat die gevalle mens vir boosheid kan gebruik? sal hy gebruik!

Kan kernkrag energie vir ‘n goeie doel gebruik word? Ja, maar die gevalle mens sal dit ook vir verkeerde dinge gebruik, dieselfde met biogenetiese ingenieurswese. Die wêreld is in die hande van die Bose.

As hulle spesies kan kloon of nuwes kan uitvind gebaseer op verkillende DNS vermengings dan kan ons nie langer seker wees dat die monsters waarvan ons lees in Openbaring net simbole is nie maar ook ‘n werklikheid! God het hulle gemaak na hulle soort of? “Min” in die Hebreeuse Teks, en nie basters nie.

Daar is nou rotte wat al 1% menslike breins het as gevolg van biogenetiese veranderinge. Kan u dink wat gaan rotte doen met ‘n menslike denke? Die teoretiese moontlikhede kan nie buite rekening gelaat word nie. Min is ‘n soort van en is ook die wortel van die Hebreeuse term vir seks en seksuele reproduksie? minee. Maar, geslag? dor? is ‘n heel ander Hebreeuse woord. Die probleem kom wanneer ons hierdie Hebreeuse term in Grieks weergee.

Die woord gennao in Grieks is baie naby aan min. Jesus is die monogenes? “die eniggeborene.”

Gennao beteken “begotten? eniggebore.” Dit is ook die wortel van die woord Genesis. Maar die woord wat in Mat. 24 gebruik word is genne[ a ] en nie genna[ o ] nie. Die konteks en sy aansluitings bepaal wat dit beteken.

Daar kan twee moontlike betekenisse wees. Dink aan die Engelse woord “blue.” Dink aan ‘n blou beker, dit is duidelik hy is blou, dit verwys na die kleur. Maar “blue” in Engels is ook ‘n metafoor om sleg te voel. Daar is ook ‘n soort musiek wat deur die swart Amerikaners uitgevind is naamlik die “Blues.” Rhythm & Blues is ook ‘n soort Joodse musiek, dit is beide opgewek en ook terneergedruk.

Wat beteken blue dan? Is dit ‘n kleur of is dit ‘n metafoor vir om sleg te voel? Wel, die omstandighede sal dit verklaar. So is dit in die geval van gennea. Gennea kan byna ‘n sinoniem wees vir gennao, wat van die selfde soort beteken omdat dit betrekking het op die gemeenskaplike afstamming. Om gebore te word uit dieselfde oorsprong kan byna ‘n sinoniem wees vir gennao, of dit kan ‘n bestek van tyd beteken of dit kan ‘n metafoor soos “blue” wees.

Byvoorbeeld: Daar is ‘n vliegtuig wat 747 genoem word. Hulle word al vanaf 1960 gemonteer.

Die volgende generasie (geslag) sal die 787 wees, ‘n vliegtuig wat aanmekaar vanaf Rio de Janeiro na Tokyo kan vlieg, dit is die volgende generasie. (geslag) As ons ‘n 747 neem wat in 1968 gemonteer is en 20 jaar terug geskroot is, en ons neem een wat in 1995 gemonteer is en wat nog vlieg, dan is hulle nog steeds van dieselfde generasie / geslag, hulle is van “dieselfde soort.” Dit is die 787’s wat die volgende generasie / geslag is. Op dieselfde manier kan die betekenis van gennea vasgestel word, deur die woord verband.

In Mat. 24:34 beteken dit “van ‘n soort” omdat ons ‘n geslag van Jesus is. Hy is die monogenes? die Eniggeborene van die Vader? en die Kerk is saamgestel deur hulle wat wedergebore is. Ons is gebore in ‘n geestelike opset, ons is gebore uit dieselfde soort, wedergebore uit die Gees, en ons is van dieselfde soort. Wat Mat. 24 vir ons sê is dat die Kerk nie sal nie verbygaan nie, diegene van hierdie soort wat uit Jesus gebore is sal nie verbygaan totdat al hierdie dinge gebeur het nie.

Hierdie gebeure sal hulleself herhaal maar op ‘n baie groter skaal as dit wat in 70 n.C. gebeur het.

Dit is wat die pre millennialiste nog altyd geglo het, maar die post millennialiste kan dit nie begryp nie.

Die oordele oor Egipte en die gebeure wat plaasgevind het in die Boek Eksodus is ‘n beeld van wat met die hele planeet in die Laaste Dae gaan gebeur. Dit is ‘n herhaling, maar dit beteken nie ‘n geslag van veertig jaar nie.

Wie het ons Boodskap geglo?

Hierdie dinge het tot groot verwarring aanleiding gegee wat veroorsaak het dat Christene, ware gelowiges geminag is. Hulle het geëindig waar die seun geëindig het wat wolf, wolf uitgeroep het, in hierdie fabel het hy so baie wolf? wolf uitgeroep dat toe die wolf regtig daar was het

niemand hom geglo nie. Netso sal Satan as hy nie mense kan mislei nie, sal hy hulle in dinge soos die Y2K of die wegraping in 1982 / 1993 laat deel neem. Hoe meer Satan valse alarms kan uitstuur hoe meer sal mense dit nie glo wanneer die ware alarms begin weerklank nie.

Hierdie dinge word nie noodwendig deur mense met verkeerde motiewe gedoen nie, maar deur Christene wat graag die regte dinge wil doen. Maar in plaas daarvan om die regte klanke uit te stuur blaas hulle ‘n valse basuin soos wat Paulus in Korinte waarsku en wanneer dit kom by die ware basuine gaan niemand luister nie.

Ons het nou gekom by ‘n punt waar onmoontlike dinge begin gebeur. In ons moderne media aangedrewe samelewing kyk die wêreld vandag na Hollywood inplaas van na die Kerk. Daar is flieks soos die “End of Days” met Arnold Schwarzenegger, mense kry hulle eskatologie daarvan!

Mense sal dink: “Wel dit kan nie die Antichris wees nie.” “Dit kan nie van ‘n profetiese belang wees nie; die prent was nie so nie.” Moet nie dink dat mense nie so sal reageer nie, daar is baie mense wat so gaan dink.

Wat erger is as die wêreld wat na Hollywood kyk, is dat wedergebore Evangeliese Christene hierdie dinge omhels soos die onbybelse film: “The Passion of the Christ.” Hierdie prent was deur ‘n man gemaak wat ‘n self erkende tradisionele Katoliek is, wat erken het dat die prent nie net op die Evangelies gebaseer is nie maar ook op die openbaringe van ‘n Rooms Katolieke mistieke vrou Anne Catherine Emmerich. In hierdie prent dryf Mel Gibson met sy eie hande die spykers deur die metacarpus van Jesus inplaas van die radius, wat natuurlik inpas by die RKK superstisie van die stigmata.

Mel glo ook nie dat dit nodig is om in Jesus Christus te glo vir redding nie. (Dit is heel duidelik dat hy nog nooit tot redding en bekering gekom nie.) In sy onderhoud met Diane Sawyer, Maandag, die 18 de Februarie 2004 was dit soos volg: Diane: “ Toe ons met Gibson en sy akteurs gepraat het? het ons gewonder, sou dit beteken dat met sy (Gibson) se tradisionele siening, dat die deur na die Hemel geslote is vir Jode, Protestante, Moslems?

Mel Gibson: ??“Dit is glad en geheel nie die geval nie. Dit is moontlik vir mense wat nie eens Christene is nie om in die Koninkryk van die Hemel in te gaan, dit is net makliker? ek moet dit sê want dit is wat ek glo.”

Diane Sawyer:?? “Ons het ‘n geen stop kaartjie?”

Mel Gibson:???“Wel, ja, ek sê dit is ‘n makliker rit van waar ek is en ek moet dit glo.”

In Augustus 2004 was daar deur ‘n Australiaanse koerant man ondersoek gedoen na wat se impak die film “The Passion” op Mel se lewe gehad het, hy het gesê: “Ek het nou baie meer geld as wat ek ooit gehad het en ek het nie nou meer nodig om sulke vrae te antwoord nie.” Met

ander woorde hy het die fliek gemaak om geld te maak? ‘n Bybelse en historiese onakkurate film. Die Evangelie sê: ? “want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe.” (Joh. 8:24) As iemand nie wedergebore is nie kan hy nie in die Koninkryk van Hemel ingaan nie.

By dit alles sê “wedergebore” Evangliese predikers dat hierdie prent baie goeie Evangelisasie materiaal is? As die Kerk na Hollywood toe gaan vir haar Evangelie hoekom sal ongeredde mense nie Hollywood hardloop vir hulle eskatologie nie?

Wanneer die ware dinge begin gebeur, wie gaan dit glo? Die tekens van die tye en wêreld gebeure toon duidelik dat Christus se Wederkoms baie naby is. Afval en misleiding in die kerk is ‘n baie duidelike teken. Dit is merkwaardig hoe vinnig die ekumeniese beweging, gelei deur agente van Lucifer soos Chuck Colson, wedergebore Christene se voete onder hulle uit geslaan het met die idee dat die Roomse kerk Bybels is.

My moeder se familie is Katoliek, maar jy moet wedergebore wees; redding is nie deur sakramente nie, nie deur ‘n ex opera operato ritueel nie. Om vir die dooies te bid is die sonde van towery, transubstansiasie is kannibalisme en afgodery. Die Apostels het die drink of eet van bloed verbied, maar as geredde Christene nie deur ‘n Chuck Colson kan sien nie, wat gaan gebeur as die ware misleiding kom? As geredde Christene nie deur hierdie valse akteurs en geld predikers, mammon aanbidders wat hebsug ‘n deugsaamheid noem, op die TV kan sien nie, wat gaan hulle doen wanneer die ware vervalser kom?

Die Hebreeuse profete vertel vir ons dat een van die dinge wat ons in die Laaste Dae moet doen is om die basuin na ons mond toe bring, soos wat ons lees In Joel 2: Blaas die basuin op Sion, blaas die basuin op my heilige berg.

In hierdie boodskap se historiese opset het dit te doen met die inval van Nebukadnezar, die Babiloniese leër, die sprinkane is ‘n beeld van die Babiloniese inval. In Openbaring 9 sien ons ook die demoniese leërmag van die Antichris. In die Vineyard beweging en hulle denominasies soos die Holy Trinity Brompton in London? spring hulle rond en sing:

“They run on the city, they run on the walls, great is the army who carries His Word.” Hulle sing oor die Babiloniese leërmag van Satan en die Antichris en hulle dink hulle sing oor hulleself? Die Kerk triomfeer!? Uitvindsels van mense onder die inspirasie van Satan.

Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam

Dit is waar, hierdie geslag sal nie verbygaan totdat al hierdie dinge gebeur het nie. Wel hierdie dinge is besig om te gebeur. Ons is hierdie geslag, wat beteken dit?

Beteken dit dat dit ‘n waarborg is dat jy in die lewe sal wees wanneer Jesus kom? Nee, miskien kan jy, miskien ek ook, miskien ook nie? maar dit sal diegene wees wat uit God gebore is, hulle wat wedergebore is, die gennao? wat van “die soort is,” dit is hulle wat hier sal wees wanneer dit gaan gebeur wanneer Hy kom, en Hy kom!

As Hy nie gou gaan kom nie sou Satan nie so vasberade gewees het om so intensief misleiding te versprei nie, en wat van al die vele valse leraars en profete in hierdie geslag?

Daar is geen Bybelse logika vir wederkoms datums in die jaar 2000 of in die jaar 1000 of in 1988 nie. Netso om te beweer dat Jesus se Wederkoms in die Jaar 2007 moet wees.

Ware Christene moet hierdie dwalende spekulasies oorlaat aan kultus leiers soos die JW’s, wat dit verdien om gekke in die openbaar van hulleself te maak deur die bepalings van datums.

Die enigste ding wat ons verseker kan weet is dat Hy verseker binnekort gaan kom!

Maranata? kom gou Here Jesus! †††



By David Passmore April 14, 2026
A critical juncture in NATO'S future Rubin Rothler LLB, LLM NATO was originally established in 1949 to keep the Russian hordes at bay from toppling those European countries not forked over to the Soviet sphere of influence at the Potsdam conference. Europe lay in ruins. Britain had passed on the torch of global hegemony to the U.S. by tacitly acquiescing to the decolonization of its Empire when Churchill and Roosevelt agreed terms of the Atlantic Charter for the post-war new world order in 1941. So from its start NATO was very much an American driven endeavor. American money with the Marshall plan was propping up western European economies and its military might was forming the bulk of their defensive capabilities. The lopsided nature of this dynamic has informed how tensions have persisted and recently erupted in the Alliance. During the Cold War the U.S. felt obligated to shoulder the costs of underwriting Europe's security in light of the broader interests to keep the Soviet's in check. Following the fall of the Iron Curtain European complacency became a sticking point with the 'peace dividend' further exploiting American largesse. European NATO allies spent ever smaller percentages of their GDP on defense expenditure at U.S. expense. Now in a multi-polar world U.S. and European perceived threats are less aligned. This was first tested in the aftermath of September 11th when for the first time NATO elected to trigger its article 5 collective defense protocol. And since then the U.S. has sought to continue to expand the traditional theatre of operations beyond Europe's borders. No longer is Russia perceived by America as being a proximate existential threat to its interests, but rather containing Chinese expansion in the Pacific arena. Parallel to NATO a discrete 'five eyes' intelligence sharing alliance comprising the Anglo-sphere (the U.S., U.K., Canada and New Zealand) emerged. This stands at the center of the U.S. – U.K. 'special relationship'. A relevant question would be can this signals intelligence (NSA-GCHQ) partnership persist should the U.S. withdraw from NATO? Conventional thinking would have led one to believe that with Brexit the U.K. would naturally pivot towards closer U.S. relations but under Starmer the U.K. is distancing itself. European powers misrepresent the present conflict as an aggressive, rather than defensive U.S. adventure while they themselves are more likely to be at risk. In this the Starmer government resembles the Labor party led committee for nuclear disarmament in the 1980's. It opposed the Thatcher supported deployment of U.S. cruise missiles in response to the Soviet SS20's pointed at Britain's cities. The British left branded their response to Soviet strategic escalation to U.S. aggression. This time however there is for the moment no Thatcher to bring common sense into an equation dominated by emotionally driven ideologies in the face of an aggressor with definite aims. In terms of the Russian-Ukraine conflict we are reverting to the old question dating back to the Napoleonic war era: to what extent is London happy with the European nations fighting it out alone for dominance of the continent. Britain was never willing to accept a single power in control. Many variables will dictate what kind of world emerges from the current conflicts in Ukraine and Iran. How will power be extracted from potential gains? What will be the strategic impact of this? What is sure, in the age of Trump this pattern of reliance on U.S. muscle is becoming quickly exhausted. Dating back to the Roman Empire, a factor in the decline of major powers has always been astronomical military spending, a budgetary demand that the U.S. under Trump is no longer willing to shoulder alone. (Author is an Israeli American lawyer academically qualified in British and in U.S.A. law, and a graduate of the School of Oriental & African Studies, London. He is a Jewish believer in Jesus and is currently based in Israel).
By David Passmore April 9, 2026
Please keep brother Malcolm Betts from the New Life Pentecostal Church, Winsford in prayer. He is suffering from heart failure, valve problems and spinal stenosis. Your prayers for healing and intervention are coveted. Also, Malcom’s daughter Laura-Louisa is having complications with her pregnancy. Her baby boy is due on the 22nd of April and was in a breach position, however he is now moved to an oblique position which carries serious risk and possible surgical intervention. Laura is also at risk of postpartum haemorrhage. Please pray for the midwives and obstetricians skill and wisdom. Please also pray for Malcolm’s sister Susan who has sepsis in her leg. And please pray also for Sheila Carlisle. She is undergoing knee replacement surgery.
By David Passmore April 8, 2026
Greetings Dear Brethren in Yeshua our Lord & God Hope your all well Further developments: The NHS and oncologist from day one got my Markers wrong which in result denied me access to the latest treatments such as immunotherapy and targeted treatment. After getting a second opinion from Royal Marsden they discovered my Markers were not zero but 13-14 and that I was also Claudine 18.2 which confirmed I was allowed to all the latest treatments such as targeted treatment. My local MP and Health secretary are now involved and have written to both the treatment companies and NHS trust. I have also spoken to doctors in the states. Dear brethren my family & I have been through so much in the past and the valley is truly a battle. I truly thank The Lord Yeshua for Him humbling us all, correcting us in His parental love (1 Cor 4-6 & 2 Cor 2). It’s been very hard but also a blessings to truly draw closer The Lord- cast of works of darkness/old garments and be washed in His Blood daily. Your prayers are vital and above all The Glory Of The Lord to be magnified. Please remember us in your love & prayers as we walk through this battle in The Lord. Praying for you all and much love in Yeshua. Your brother - Teerth & Family
By David Passmore March 26, 2026
Contrary to the near unanimous chorus of media coverage concerning the current impasse in the straits of Hormuz it isn't obvious that this is an American problem. The chief consumers of oil passing through this critical juncture are China, India, South Korea, Japan and the European markets. The U.S. has alternative reserves due to domestic crude from Alaska, the Permian Basin, the Gulf of America and domestic fracking. This is further augmented by Venezuelan heavy crude now refined in the U.S. and possible further supplementation with Canadian sand shale from Alberta. Based on those determinations if European powers won't contribute to efforts to keep the straits open, Trump can simply leave them to their own repercussions that will further drive up the price of Brent crude oil. The question may then become whether the U.S. can redefine the global oil market by legislatively mandating the West Texas Intermediate. Can America divorce the WTI from the Brent prices and from the Rotterdam spot market prices by maintaining a domestic market legislatively controlled? In so doing, keeping all oil being drilled from federal lands subject to a semi-interventionist price control system that in theory could average domestic gasoline prices at $2/gallon varied only by state taxes. Such a fundamental restructuring of oil markets will allow the U.S. to operate independent of global bench marks. This might be opposed by petroleum industry interests who would benefit from higher international prices, but would likely have public support. Such price regulation would not be government mandated price controls in the ordinary sense, but could be legally enforced as terms of condition in federal licensing policies for drilling on federal lands. Approximately 25% of oil pumped in the U.S. is drilled on federal land where contractual conditions can be easily implemented. These strategies would have a short to medium term impact on global markets and on domestic prices. Medium to longer term strategies however would require a national network construction of safer pebble cooled nuclear reactors, generating a viable source of electricity for electric vehicles. Additionally, similar to the energy company SASOL, the U.S. should begin domestic production of a coal conversion variant of gasoline, jet fuels and certain petrol chemicals. The Fischer-Tropsch process technology allowing for the production of cleaner synthetic fuels has existed since the 1930's and enhanced upgrades of this method are in active production use in South Africa. This would avoid the failed folly of moving towards 100% renewables that have crippled the German economy and driven energy costs punitively higher in order to placate Green Party-political interests. The Trump administration must lower domestic gasoline prices in an election year in the short term. However, in the medium to longer term the current conflict with Iran affords an opportunity to restructure the international oil market in such a manner that it will immunize the U.S. from surging oil prices. In theory such a fundamental revamping of oil markets could keep domestically produced oil under $50/barrel. Events are marching forward at pace. At time of writing some European nations have indicated a willingness to perhaps contribute towards a naval response. Trump himself has said that Iran is negotiating an end to the blockade. Irrespective of this, the situation has elucidated the vulnerability of European and Asian gas and oil supply and the opportunity for the U.S. to advance its energy independence in such a way that will directly translate into savings for domestic consumers. (Author is an Israeli American lawyer academically qualified in British and in U.S.A. law, and a graduate of the School of Oriental & African Studies, London. He is a Jewish believer in Jesus and is currently based in Israel).
By David Passmore March 23, 2026
An ex-catholic and bible scholar responds to the eucharist
By David Passmore March 11, 2026
THE CONFGLAGRATION OF HOSTILITIES IN THE MIDDLE EAST AND CURRENT RISING GLOBAL ENERGY PRICES. WHAT IS REALLY HAPPENING? Rubin Rothler LLB, LLM The markets historically have responded with grave alarm at the prospect of disruptions in the major sea lanes for transporting fuel. So far, Iran has exercised a degree of reluctance to fully close this critical channel due to Chinese pressure for their major source to remain. The Chinese economy could be savaged should Iran fully attempt to shut down all shipping in its entirety. As the war continues, Iranian capability to realize these ends becomes less likely due to the severe damage inflicted upon maritime forces. The U.S. has strategically positioned their Armada in place so that they are effectively choking the deployment of the Iranian Navy at sea in all theatres. From the coast of Sri Lanka in the mid Indian Ocean to the outer reaches of the Persian Gulf, the Iranian Navy is simply out gunned and woefully inadequate technologically to pose any meaningful opposition. However, they may decide to go all in and actively concentrate directed attacks by their small boats at all incoming oil tankers in the Straights. If this scenario unfolds, we may see an impasse in the conflict. Fear in the Gulf States and Saudi Arabia has already greatly increased. These regimes continue to be actively targeted by Iran to cause maximum economic impact. They may lean on the U.S. to seek a negotiated settlement. Europe with the exception of Spain has so far largely fallen into line with the Washington consensus. But if prices rapidly increase policy may shift (as it has been with now over $100 per barrel of oil). The combination of Arab consternation, Chinese pressure and European pliability together with a collapse in global energy supplies could cause the U.S. to reconsider its objectives in terms of what can be realistically realized. Trump prepared for these repercussions and mitigated the damage by posturing accordingly. The City of London's traditional monopoly on ensuring the maritime industry is being effectively displaced by U.S. surety for transit in the Straights. Further, the operation to remove Maduro in Venezuela with the consequent assumption of their oil reserves lent handsomely to the aim of forging an alternate fuel supply to the global markets. Albeit there remain questions concerning the ability to refine thick Venezuelan crude oil as its refining is more costly and arduous than Saudi and Gulf oil. Trump gained an extension of time for getting these operations underway by drawing out the prior negotiations with Iran. Here we can see that contrary to popular comment Trump's actions are strategically calculated. Complicating matters, after the oil and natural gas embargo was imposed on Russia, Europe became increasingly reliant on Middle Eastern supplies. Qatar is the prime source of natural gas and its depots are being choked by Iranian strikes. If this persists Europe will find it extremely difficult to secure its energy needs. Similarly, India has been acutely impacted to such an extent that Trump was moved to allow Delhi to lift sanctions on Russian energy. It must also be noted however that at present there exists no shortage of ready refined petroleum supplies, not even including the embargoed Russian oil (much of it unrefined) stored in tanker ships due to Ukraine War sanctions. Trump Administration plans using US naval and allied naval assets to escort tankers through the Straights f Hormuz would easily allow Lloyds of London to provide usual insurance once those vessels clear the Persian Gulf. Hence, the upward trajectory of crude prices is in part being manipulated by certain City of London and Wall Street interests that are in some measure politically motivated to favour the American Democrat Party in upcoming mid-term congressional elections. In terms of supply actualities, crude increases should be no higher than 25% in terms of Brent and 20% in terms of West Texas Intermediary. Predictably the legacy media is misrepresenting the price surge as purely market driven, when it is to some degree being engineered. Certain questions can be raised regarding how current events will unfold. A catastrophic situation could plausibly embroil dragging in additional actors to the conflict. Serious commentators have actually cautioned that we are heading towards World War Three. Short of this, Qatar is warning of global economic disaster. At the very least we will continue to see instability in global energy markets that will increasingly hit everyday consumers at the gasoline pump.
By David Passmore March 9, 2026
There appears to be a number of good pastors in very serious health struggles at the moment in England. These include Pastor Tony Pearce (London), Pastor John Anglisse (reading area), and Moriel Pastor Teerth Sonde (Wolverhampton). To these we have just learned that another Moriel Pastor in Winsford, Pastor Malcom Betts has suffered a serious coronary and is likewise in deep need of prayer. This may or may not be a general demonic attack on pastors in the area of health, however Our God Is Indeed Able to undettake for all of them and each of them.
By David Passmore March 7, 2026
URGENT PRAYER REQUEST Moriel has learned that Pastor John Anglisse of Ark Christian Fellowship in England, a long standing friend of Moriel, has been medically diagnosed as being pre terminal in his on going health battles. Moriel and Jacob Prasch earnestly request prayer for The Lord's intervention and prolonging of John's temporal life for the sake of his wife Mary and for his congregation and ministry. While "to Live is Christ and to die is gain" for John, his homecoming would be quite a loss for those of us who remain, and we ask The Lord for healing. We also thank our subscribers for their prayers for our friend & brother Pastor Tony Pearce in London. Tony is scheduled for two surgery procedures this week for skin cancer, one of which involves potential risks for his eye. Continued prayer is much appreciated.
By David Passmore February 19, 2026
Prayer request for Sue
By David Passmore February 17, 2026
Prayer request for Joan Philips