Typology of the Dietary Law - Afrikaans

April 1, 2025

Tipologie van die Dieet Wette.

“Kyk, daar kom dae, spreek die Here HERE, dat Ek 'n honger in die land stuur, nie 'n honger na brood nie en nie 'n dors na water nie, maar om die woorde van die HERE te hoor.” (Amos 8:11)

Wat in die laaste dae gaan gebeur is aan ons vooruit gesê deur gebeure wat alreeds in die geskiedenis gebeur het. Spesifiek wat met Israel in die laaste dae gebeur het voordat hulle in ballingskap weggevoer is en ook wat gebeur het tot en met die Romeinse verwoesting van Jerusalem in 70 nC. is voorbeelde van die finale laaste tyd van die Laaste Dae.

In hierdie tye was daar en sal daar weer hongersnode wees en soos wat ons weet dat gedurende tye van hongersnood sal mense enige iets eet om te oorleef. Reëls en voorsienigheid en voorkeure word vergeet wanneer mense honger genoeg raak. Maar dit is belangrik om op te let dat die fisiese hongersnode van hierdie tye en die wat nog moet kom, simbole is van die meegaande hongersnood van die Woord van God.

In die voorbeelde van Samaria, Juda en Israel in 70 n.C. het die mense nie net letterlik gesterf van die honger nie maar ook geestelik as gevolg van die feit dat hulle nie die Woord van God ontvang het nie. Net soos wat ‘n sterwende persoon enigiets sal eet om aan die lewe te bly sal ‘n geestelike sterwende persoon ook na enige lering gryp wat normaalweg nie goed is nie, wat geen voedingswaarde bevat nie en wat die honger ook nie sal versadig nie. Bybels gesproke word die verskil tussen goeie lering en valse lering uitgedruk as rein en onrein.

(Lees Levitikus hoofstuk 11 voordat jy verder gaan. In hierdie studie word die teks nie streng in vers volgorde gevolg nie.)

Lev. 11: 44?47: “Want Ek is die HERE julle God; toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is heilig; daarom, verontreinig julle self nie deur enige ongedierte wat op die aarde kruip nie. Want Ek is die HERE wat julle uit Egipteland laat optrek het om julle God te wees. So moet julle dan heilig wees, omdat Ek heilig is. Dit is die wet oor die diere en die voëls en al die lewende wesens wat roer in die water en aangaande al die wesens wat op die aarde wemel, om te onderskei tussen wat onrein en rein is, en tussen die diere wat geëet en die diere wat nie geëet mag word nie.”

V: Wat beteken dit om “geheilig” te wees?
A : Die woord “toegewy” (consecrate) in Hebreeus is " qadash" en word ook vertaal as “geheilig.” Dit is om iets uit sy eenvoudige staat, aardse omgewing uit te haal na ‘n afgesonder sfeer. Iets wat skoon en aanvaarbaar gemaak word om in die teenwoordigheid van God te kom vir diens. Op die mees basiese vlak is ‘n gewone item “onrein” en ‘n geheiligde item “rein”.
V: Hoekom is dit belangrik dat die opdrag sê: Toon dat julle heilig is— “ Heilig julleself”?
A: Alhoewel God die reëls vir mense voorsien en stipuleer vir dinge wat afgesonder en skoongemaak moet word, word dit gedoen deur keuse. Dit ons wat KIES of ons geheel en al toegewyd wil wees. Dit gebeur nie in die teenwoordigheid van die Here nie maar in die voorbereiding om in die teenwoordigheid van die Here te kom vir aanbidding en diens.
Punt : Oorweeg ander Skrifte met betrekking tot die verhouding tussen die Woord van God en voedsel.

“En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die HERE uitgaan.” (Deut. 8:3)

“Hoe is dit dat julle nie begryp dat Ek nie in verband met brood vir julle gesê het om op te pas vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs nie? Toe het hulle begryp dat Hy nie gesê het dat hulle moes oppas vir die suurdeeg van die brood nie, maar vir die leer van die Fariseërs en Sadduseërs.” (Mat.

16:11?12)

“En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie”. (Joh. 6:35)

Toepassing:

Verstaan jy dat hierdie wette bedoel is om ons te leer om te onderskei tussen rein en onrein, en tussen die eetbare dinge en dinge wat ons nie mag eet nie, en dat dit nie beperk is tot fisiese voedsel nie maar ook geestelike voedsel?

Is jy bereid om jou politieke korrektheid eenkant te sit om hierdie soort onderskeidings te kan maak? Sien jy die nodigheid om jouself voor te berei, om te kies om jou self te heilig as ‘n voorbehoude om in die teenwoordigheid van God te kom? Bespreek die volgende Skrif of dit van toepassing is vir dit wat ons hier bespreek.

“En dit bid ek dat julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag word in kennis en alle ervaring, om die dinge waar dit op aankom, te onderskei, sodat julle rein en vir niemand 'n aanstoot mag wees nie, tot op die dag van Christus, vervul met die vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christus tot heerlikheid en lof van God.” (Fil. 1:9?10)

Waarneming:

Diere word deurgaans in die Skrifte gebruik, nie net vir geestelike dinge en omstandighede nie, maar ook heel dikwels om ons te leer oor die kwaliteite en die natuur van Jesus. In die res van hierdie hoofstuk leer die “rein” diere ons iets oor die Messias, ‘n duidelike voorbeeld van om die Lam te wees, en die onrein diere verteenwoordig die valse leraars / leiers, soos wanneer valse leraars as wolwe beskryf word.

Eerstens: Wat KAN ons eet?

Lev. 11:1?3: “En die HERE het met Moses en Aäron gespreek en aan hulle gesê: Spreek met die kinders van Israel en sê: Dit is die diere wat julle mag eet van al die viervoetige diere wat op die aarde is. Alles wat onder die diere gesplitste kloue het, en wel heeltemal gesplitste kloue, en herkou dit mag julle eet.”

V: Wat is sommige van die dinge wat aanvaarbaar is om te eet? Hoe kan hulle ons leer van die Messias?

  1. Die Lam . “??Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem! (Joh. 1:29) Die Paaslam is ‘n simbool van die Messias.
  2. Bok: Die Yom Kippur sondebok was ‘n beeld van die Messias.
  3. Vleis: . Soos die van Osse, die sterke sal vir die swakke sterf soos wat die onskuldige vir die skuldige gesterf het. [Daar is baie meer voorbeelde in die Skrifte as wat hier bespreek word, doen jou self die guns en ondersoek dit.]

Lev. 11: 9: “Dit mag julle eet van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het in die water, in die seë en in die riviere dit mag julle eet.”

V: Wat is sommige van die dinge wat aanvaarbaar was om te eet? Hoe leer dit ons van die Messias?
A . Vis: “En die HERE het 'n groot vis beskik om Jona in te sluk; en Jona was drie dae en drie nagte in die ingewande van die vis. (Jona 1:17) Jesus Self wys vir ons dat Jona se 3 dae in die vis ‘n teken van Sy geloofwaardigheid is.
V: Verse 13?19 praat van onrein voëls. Wat is die voorbeelde van onrein voëls, hoe tipeer dit die Messias?

A) 1) Kuikens: . “Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos 'n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie! (Mat. 23:37)

  1. Duif: “ En Johannes het getuig en gesê: Ek het die Gees soos 'n duif uit die hemel sien neerdaal, en Hy het op Hom gebly.” (Joh. 1:32)
  2. Lev. 11: 20? 22 : “Al die insekte met vlerke wat op vier pote loop 'n gruwel is hulle vir julle Maar die volgende mag julle eet van al die insekte met vlerke wat op vier pote loop: wat bokant die pote springbene het om daarmee op die grond te spring. Van hulle mag julle die volgende eet: die treksprinkaan volgens sy soorte en die boomsprinkaan volgens sy soorte en die springer volgens sy soorte en die voetganger volgens sy soorte.”
  3. V: Wat is sommige van die dinge wat vir ons aanvaarbaar is om te eet? Wat leer dit ons van die Messias?
  4. A : Sprinkane: “En Ek sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die afknyper verslind het??my groot leërmag wat Ek teen julle gestuur het.” (Joel 2:25) Wanneer mense hulle bekeer dan sal die Here dit herstel wat die sprinkane opgevreet het.
  5. Dit wat ons NOOIT mag eet nie.
  6. Lev. 11: 4?8: “Maar die volgende mag julle nie eet nie van die wat herkou en van die wat gesplitste kloue het: die kameel, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie onrein is hy vir julle; en die das, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie onrein is hy vir julle; en die haas, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie onrein is hy vir julle; ook die vark, want hy het gesplitste kloue, ja, heeltemal gesplitste kloue, maar hy herkou nie onrein is hy vir julle. Van hulle vleis mag julle nie eet nie en aan hulle aas nie raak nie onrein is hulle vir julle.”
  7. V: Hoe verwys onrein dinge na valse gelowe en vals lering?
  8. Kameel: . “Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk!” (Mat. 23:24) Hierdie is slegte geestelike leiers wat op die kleinste onperfekte dinge fokus terwyl hulle die mees uitstaande verkeerde dinge ignoreer, dit is ironies dat beide die muggie en die kameel “onrein” is en ten spyte van hulle valse toegewydheid kan hulle nie die “onrein” dinge vermy nie.
  9. Vark: “Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie.” (Mat. 7:6) Nota: Wat is die betekenis van die verhaal toe Jesus die duiwels in die trop varke gedryf het en van die krans af in die see? (Mat. 8:28?34; Mark 5:1?20; Luk. 8:26?39) Dit is beeld van die oordeel waar die onheiliges na ‘n plek toe gestuur word wat vir Satan en sy engele voorberei is. Diegene wat met die Evangelie spot sal in die poel van vuur eindig.
  10. Donkie . “Jy mag nie met 'n os en 'n esel tegelyk ploeë nie.” (Deut. 22:10) ‘n Herhalende Bybelse lering is om NOOIT die onrein met die rein te meng nie, dit moet apart en rein gehou word.
  11. Wilde donkie . “Want húlle het opgetrek na Assur??'n wilde?esel wat eiesinnig rondloop, is Efraim! ??hulle het onwettige bondgenootskappe gewerf.” (Hos. 8:9) Dit is beeld van diegene wat aan fisiese wellus oorgegee is.
  12. Perd: . “Wees nie soos 'n perd, soos 'n muilesel wat geen verstand het nie, wat 'n mens moet tem met toom en teuel as sy tuig, anders kom hy nie naby jou nie.” (Ps. 32:9) Sulke diere is rigtingloos en hulle verteenwoordig diegene wat van een lering na die ander gaan met geen gesaghebbende rigting of regverdiging nie.
  13. Perd . “Die perd help niks vir die oorwinning en red nie deur sy groot krag nie.”(Ps. 33:17) Daar is diegene wat net op hulleself en of hulle besittings vertrou, hulle is ‘n god vir hulleself.

Lev. 11:10?12: “Maar alles wat geen vinne en skubbe het in die seë en in die riviere nie, van al die gewemel van die water en van al die lewende wesens wat in die water is 'n gruwel is dit vir julle. Ja, 'n gruwel moet hulle vir julle wees; van hulle vleis mag julle nie eet nie, en hulle aas moet julle vir 'n gruwel hou. Alles wat geen vinne of skubbe in die water het nie 'n gruwel is dit vir julle.

V: Hoe verteenwoordig die onrein dinge valse geloof en lering?
A : Skulpvis:. Hulle is naby aan die bodem van die see. Bybels verteenwoordig die see die nasies. Hierdie diere verteenwoordig mense wat so ver in die wêreld afgedaal het dat hulle nie gered sal word nie, hulle is te naby.

Let op die kontras van Christus se belofte: “Ek sal julle vissers van mense maak” (Mat 4:19) waar mense uit die nasies uit die see gered word en in die koninkryk van God.

Lev. 11:13?19: “En die volgende moet julle van die voëls vir 'n gruwel hou hulle mag nie geëet word nie, 'n gruwel is hulle: die arend en die lammervanger en die aasvoël; en die kuikendief en die valk volgens sy soorte elke kraai volgens sy soorte; en die volstruis en die naguil en die seemeeu en die kleinvalk volgens sy soorte; en die steenuil en die visvanger en die steunuil; en die silweruil en die pelikaan en die klein aasvoël; en die groot sprinkaanvoël, die reier volgens sy soorte, die hoep hoep en die vlermuis.”

V: Hoe verteenwoordig die onrein dinge valse geloof en lering?
  1. Aasvoël . “Want oral waar die dooie liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.” (Mat. 24:28) Valse leraars wat op die skape teer en vir hulle niks terug gee nie, is tevrede om die bene kaal te vreet totdat hulle geheel versadig is.
  2. Die Arend: “??? Van ver kom hulle aangevlieg net soos 'n arend wat op sy prooi neerskiet!” (Hab. 1:8b) In realiteit is valse leraars roofdiere.
  3. Die Pelikaan en die uil : . “Ek is soos 'n pelikaan van die woestyn, ek het geword soos 'n uil op die puinhope. Ek is slapeloos en het geword soos 'n eensame voël op die dak.” (Ps. 102:6?7) Diegene wat nie hou van aktiwiteite nie, wat die geestelike vermy, is geestelik leeg en dor, hulle hou van vakuum leerstellings.

Lev. 11: 26?28: “? aan al die diere wat gesplitste kloue het, wat nie heeltemal gesplits is nie, en wat nie herkou nie. Onrein is hulle vir julle; elkeen wat aan hulle raak, sal onrein wees. En alles wat op kaal pote loop onder al die viervoetige diere onrein is hulle vir julle; elkeen wat aan hulle aas raak, sal tot die aand toe onrein wees. Ook hy wat hulle aas dra, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe.

Onrein is hulle vir julle.”

V: Hoe verteenwoordig die onrein dinge valse geloof en lering?

1) Die Jakkals: Jesus noem Herodus ‘n jakkals.(Luk. 13:32). Herodus verteenwoordig korrupte leraars.

2a) Wolf: “Maar die huurling en hy wat nie 'n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape uitmekaar.” (Joh. 10:12) Daar is sogenaamde pastore / herders net in naam vir wie dit nie ‘n roeping is nie maar ‘n be?roep, soos enige ander beroep. Hulle is huurlinge wat niks met die welsyn van die skape te doen wil hê nie. “Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. (Mat. 7:15)

  1. Wolf : “Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie.” (Hand 20:29?30) In sy vaarwel boodskap aan die leiers van Efese, praat Paulus van valse leraars.
  2. Hond: “ Want honde het my omsingel; 'n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe. (Ps. 22:16)? Ongelowiges.
  3. Hond: “Want dit sou vir hulle beter wees as hulle die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is. Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol. (2 Pet. 2:21?22) Teruggevalle Christene of die saad wat rotsagtige deel geval het, ’n ander uitdrukking van ongelowiges.
  4. Hond: “ Let op die honde; let op die slegte arbeiders; let op die versnyding. " (Filp. 3:2) Valse gelowiges.
  5. Hond: “ Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgode dienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen.” (Op. 22:15) Let op die “eenheid” wat die honde saamhou.
  6. Lev. 11:29?30: “En die volgende is vir julle onrein onder die ongediertes wat op die aarde wemel: die mol en die muis en die akkedis volgens sy soorte, en die krimpvarkie en die geitjie en die klipsalmander en die koggelmander en die verkleurmannetjie.”
  7. Q: Hoe kan onrein dinge valse gelowe en lering voorstel?
  8. Verkleurmannetjie: Die Hebreeuse woord vir verkleurmannetjie is "sabua"? iets wat van kleur verander, dieselfde woord wat vir geveinsdes? skynheiliges gebruik word. Eendag staan hulle vir die waarheid en die volgende dag verkondig hulle dwaalleer. “Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en 'n vinnige verderf oor hulleself bring;” (2 Pet. 2:1)
  9. Leviatan . “Hy kyk alles aan wat hoog is; hy is koning oor al die trotse roofdiere.” (“ He looks on everything that is high; He is king over all the sons of pride.) (Job 41:34) Mense geheel en al onder beheer deur eie belange.

Lev. 11: 41?43: “En al die ongediertes wat op die aarde wemel, is 'n gruwel dit mag nie geëet word nie. Alles wat op die buik seil en alles wat op vier pote loop, ook alles wat baie pote het, naamlik al die ongediertes wat op die aarde wemel julle mag dit nie eet nie, want dit is 'n gruwel. Moenie julle self 'n gruwel maak deur enige ongedierte wat wemel nie: julle moet jul daaraan nie verontreinig, sodat julle daardeur onrein word nie.”

V: Hoe kan onrein dinge valse gelowe en lering voorstel?

Slang: Satan as die slang is die verleier soos voorgestel toe die slang Eva verlei het. Pasop vir geestelike verleiding.

Adders: . “Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?” (Mat. 23:33) Die godsdienstige leiers in die dag van Jesus was korrup, en dit het gegaan oor geld, mag en self verheerliking. Adders verteenwoordig korrupte godsdienstige leiers.

Toepassing:

Het enige van die bogenoemde beskrywings jou laat dink aan godsdienste, organisasies of individuele? Hoekom dink jy hulle is onrein? Hoe gaan jy dit vir jouself bewys?

Kan jy sien hoekom dit so belangrik is om die oorsprong van die “NUWE” dinge wat in die kerke ingevoer word uit te vind en te verstaan? Hoe voel jy oor dinge wat gebaseer word op ander gelowe soos Joga, New Age, en die labirinte? ens?

Wat is JOU beste persoonlike beskerming? Wat moet jy doen vir ander se onthalwe?

Lev. 11:33?34: “En elke erdevoorwerp waar een van hulle in val alles wat daarin is, sal onrein wees, en julle moet die voorwerp self stukkend breek; enige voedsel wat geëet word waar water op kom, sal daarin onrein wees; en enige drank wat in so 'n voorwerp, van watter soort ook, gedrink kan word, sal onrein wees.”

V: Wat word in die aanhalings vanaf vers 31?40 uitgedruk in verband met hierdie les met betrekking tot rein en onrein lering en leraars?
A : Dit is ‘n lering oor mense wat probeer om onder twee verbonde te lewe, soos die Sewende dag Adventiste of kultusse soos die Ebioniete wat glo dat Jesus die Messias is maar nie God nie. Paulus sê vir ons in 1 Kor. 7 dat ‘n Jood en ‘n heiden nie hulle identiteit moet prysgee nie? dit is egter nie die punt nie. Die punt is dat ons nie moet toegee aan Satan se leuens om mense so ver te kry om onder twee verbonde te probeer staan nie.

Punt: Dit is ‘n manier hoe om al die verskillende variasies te dek van hoe om die bogenoemde dinge? rein en onrein te meng om iets te verkry wat ‘n voorkoms van wettigheid het Onthou: Vermenging word deur die Bybel verbied. Sal jy ‘n glas water drink wat net een druppel gif bevat?

Algemene toepassing:
  • Dink ernstig na oor jou die oorsprong van jou invloede. Is hulle stewig gegrondves in die Bybel of wyk dit somtyds af al klink dit na heel aanvaarbare verhale? Is hulle meer afhanklik van verduidelikings, illustrasies as aan Bybelse verklaring?
  • Wie is die leraars na wie jy die meeste luister? Hoe goed het jy hulle gemeet teen God se standaarde? Kom hulle persoonlike lewe ooreen met die kwaliteit van dit wat hulle praat?
  • Wat sal jy doen as jy ge konfronteer word met die feit dat ‘n organisasie of ‘n persoon by een van die onrein tipes pas wat hier gelys word? Is dit reg om toe te laat dat dinge aangaan as hulle “meestal” reg is of as hulle goeie bedoelings het?
  • Bespreek wat die volgende vir jou beteken in die lig van hierdie bespreking:

“Toe U woorde gevind is, het ek hulle opgeëet, en u woord was vir my vreugde en vrolikheid vir my hart; want u Naam is oor my uitgeroep, HERE, God van die leërskare!” (Jer. 15:16) †††


By David Passmore April 14, 2026
A critical juncture in NATO'S future Rubin Rothler LLB, LLM NATO was originally established in 1949 to keep the Russian hordes at bay from toppling those European countries not forked over to the Soviet sphere of influence at the Potsdam conference. Europe lay in ruins. Britain had passed on the torch of global hegemony to the U.S. by tacitly acquiescing to the decolonization of its Empire when Churchill and Roosevelt agreed terms of the Atlantic Charter for the post-war new world order in 1941. So from its start NATO was very much an American driven endeavor. American money with the Marshall plan was propping up western European economies and its military might was forming the bulk of their defensive capabilities. The lopsided nature of this dynamic has informed how tensions have persisted and recently erupted in the Alliance. During the Cold War the U.S. felt obligated to shoulder the costs of underwriting Europe's security in light of the broader interests to keep the Soviet's in check. Following the fall of the Iron Curtain European complacency became a sticking point with the 'peace dividend' further exploiting American largesse. European NATO allies spent ever smaller percentages of their GDP on defense expenditure at U.S. expense. Now in a multi-polar world U.S. and European perceived threats are less aligned. This was first tested in the aftermath of September 11th when for the first time NATO elected to trigger its article 5 collective defense protocol. And since then the U.S. has sought to continue to expand the traditional theatre of operations beyond Europe's borders. No longer is Russia perceived by America as being a proximate existential threat to its interests, but rather containing Chinese expansion in the Pacific arena. Parallel to NATO a discrete 'five eyes' intelligence sharing alliance comprising the Anglo-sphere (the U.S., U.K., Canada and New Zealand) emerged. This stands at the center of the U.S. – U.K. 'special relationship'. A relevant question would be can this signals intelligence (NSA-GCHQ) partnership persist should the U.S. withdraw from NATO? Conventional thinking would have led one to believe that with Brexit the U.K. would naturally pivot towards closer U.S. relations but under Starmer the U.K. is distancing itself. European powers misrepresent the present conflict as an aggressive, rather than defensive U.S. adventure while they themselves are more likely to be at risk. In this the Starmer government resembles the Labor party led committee for nuclear disarmament in the 1980's. It opposed the Thatcher supported deployment of U.S. cruise missiles in response to the Soviet SS20's pointed at Britain's cities. The British left branded their response to Soviet strategic escalation to U.S. aggression. This time however there is for the moment no Thatcher to bring common sense into an equation dominated by emotionally driven ideologies in the face of an aggressor with definite aims. In terms of the Russian-Ukraine conflict we are reverting to the old question dating back to the Napoleonic war era: to what extent is London happy with the European nations fighting it out alone for dominance of the continent. Britain was never willing to accept a single power in control. Many variables will dictate what kind of world emerges from the current conflicts in Ukraine and Iran. How will power be extracted from potential gains? What will be the strategic impact of this? What is sure, in the age of Trump this pattern of reliance on U.S. muscle is becoming quickly exhausted. Dating back to the Roman Empire, a factor in the decline of major powers has always been astronomical military spending, a budgetary demand that the U.S. under Trump is no longer willing to shoulder alone. (Author is an Israeli American lawyer academically qualified in British and in U.S.A. law, and a graduate of the School of Oriental & African Studies, London. He is a Jewish believer in Jesus and is currently based in Israel).
By David Passmore April 9, 2026
Please keep brother Malcolm Betts from the New Life Pentecostal Church, Winsford in prayer. He is suffering from heart failure, valve problems and spinal stenosis. Your prayers for healing and intervention are coveted. Also, Malcom’s daughter Laura-Louisa is having complications with her pregnancy. Her baby boy is due on the 22nd of April and was in a breach position, however he is now moved to an oblique position which carries serious risk and possible surgical intervention. Laura is also at risk of postpartum haemorrhage. Please pray for the midwives and obstetricians skill and wisdom. Please also pray for Malcolm’s sister Susan who has sepsis in her leg. And please pray also for Sheila Carlisle. She is undergoing knee replacement surgery.
By David Passmore April 8, 2026
Greetings Dear Brethren in Yeshua our Lord & God Hope your all well Further developments: The NHS and oncologist from day one got my Markers wrong which in result denied me access to the latest treatments such as immunotherapy and targeted treatment. After getting a second opinion from Royal Marsden they discovered my Markers were not zero but 13-14 and that I was also Claudine 18.2 which confirmed I was allowed to all the latest treatments such as targeted treatment. My local MP and Health secretary are now involved and have written to both the treatment companies and NHS trust. I have also spoken to doctors in the states. Dear brethren my family & I have been through so much in the past and the valley is truly a battle. I truly thank The Lord Yeshua for Him humbling us all, correcting us in His parental love (1 Cor 4-6 & 2 Cor 2). It’s been very hard but also a blessings to truly draw closer The Lord- cast of works of darkness/old garments and be washed in His Blood daily. Your prayers are vital and above all The Glory Of The Lord to be magnified. Please remember us in your love & prayers as we walk through this battle in The Lord. Praying for you all and much love in Yeshua. Your brother - Teerth & Family
By David Passmore March 26, 2026
Contrary to the near unanimous chorus of media coverage concerning the current impasse in the straits of Hormuz it isn't obvious that this is an American problem. The chief consumers of oil passing through this critical juncture are China, India, South Korea, Japan and the European markets. The U.S. has alternative reserves due to domestic crude from Alaska, the Permian Basin, the Gulf of America and domestic fracking. This is further augmented by Venezuelan heavy crude now refined in the U.S. and possible further supplementation with Canadian sand shale from Alberta. Based on those determinations if European powers won't contribute to efforts to keep the straits open, Trump can simply leave them to their own repercussions that will further drive up the price of Brent crude oil. The question may then become whether the U.S. can redefine the global oil market by legislatively mandating the West Texas Intermediate. Can America divorce the WTI from the Brent prices and from the Rotterdam spot market prices by maintaining a domestic market legislatively controlled? In so doing, keeping all oil being drilled from federal lands subject to a semi-interventionist price control system that in theory could average domestic gasoline prices at $2/gallon varied only by state taxes. Such a fundamental restructuring of oil markets will allow the U.S. to operate independent of global bench marks. This might be opposed by petroleum industry interests who would benefit from higher international prices, but would likely have public support. Such price regulation would not be government mandated price controls in the ordinary sense, but could be legally enforced as terms of condition in federal licensing policies for drilling on federal lands. Approximately 25% of oil pumped in the U.S. is drilled on federal land where contractual conditions can be easily implemented. These strategies would have a short to medium term impact on global markets and on domestic prices. Medium to longer term strategies however would require a national network construction of safer pebble cooled nuclear reactors, generating a viable source of electricity for electric vehicles. Additionally, similar to the energy company SASOL, the U.S. should begin domestic production of a coal conversion variant of gasoline, jet fuels and certain petrol chemicals. The Fischer-Tropsch process technology allowing for the production of cleaner synthetic fuels has existed since the 1930's and enhanced upgrades of this method are in active production use in South Africa. This would avoid the failed folly of moving towards 100% renewables that have crippled the German economy and driven energy costs punitively higher in order to placate Green Party-political interests. The Trump administration must lower domestic gasoline prices in an election year in the short term. However, in the medium to longer term the current conflict with Iran affords an opportunity to restructure the international oil market in such a manner that it will immunize the U.S. from surging oil prices. In theory such a fundamental revamping of oil markets could keep domestically produced oil under $50/barrel. Events are marching forward at pace. At time of writing some European nations have indicated a willingness to perhaps contribute towards a naval response. Trump himself has said that Iran is negotiating an end to the blockade. Irrespective of this, the situation has elucidated the vulnerability of European and Asian gas and oil supply and the opportunity for the U.S. to advance its energy independence in such a way that will directly translate into savings for domestic consumers. (Author is an Israeli American lawyer academically qualified in British and in U.S.A. law, and a graduate of the School of Oriental & African Studies, London. He is a Jewish believer in Jesus and is currently based in Israel).
By David Passmore March 23, 2026
An ex-catholic and bible scholar responds to the eucharist
By David Passmore March 11, 2026
THE CONFGLAGRATION OF HOSTILITIES IN THE MIDDLE EAST AND CURRENT RISING GLOBAL ENERGY PRICES. WHAT IS REALLY HAPPENING? Rubin Rothler LLB, LLM The markets historically have responded with grave alarm at the prospect of disruptions in the major sea lanes for transporting fuel. So far, Iran has exercised a degree of reluctance to fully close this critical channel due to Chinese pressure for their major source to remain. The Chinese economy could be savaged should Iran fully attempt to shut down all shipping in its entirety. As the war continues, Iranian capability to realize these ends becomes less likely due to the severe damage inflicted upon maritime forces. The U.S. has strategically positioned their Armada in place so that they are effectively choking the deployment of the Iranian Navy at sea in all theatres. From the coast of Sri Lanka in the mid Indian Ocean to the outer reaches of the Persian Gulf, the Iranian Navy is simply out gunned and woefully inadequate technologically to pose any meaningful opposition. However, they may decide to go all in and actively concentrate directed attacks by their small boats at all incoming oil tankers in the Straights. If this scenario unfolds, we may see an impasse in the conflict. Fear in the Gulf States and Saudi Arabia has already greatly increased. These regimes continue to be actively targeted by Iran to cause maximum economic impact. They may lean on the U.S. to seek a negotiated settlement. Europe with the exception of Spain has so far largely fallen into line with the Washington consensus. But if prices rapidly increase policy may shift (as it has been with now over $100 per barrel of oil). The combination of Arab consternation, Chinese pressure and European pliability together with a collapse in global energy supplies could cause the U.S. to reconsider its objectives in terms of what can be realistically realized. Trump prepared for these repercussions and mitigated the damage by posturing accordingly. The City of London's traditional monopoly on ensuring the maritime industry is being effectively displaced by U.S. surety for transit in the Straights. Further, the operation to remove Maduro in Venezuela with the consequent assumption of their oil reserves lent handsomely to the aim of forging an alternate fuel supply to the global markets. Albeit there remain questions concerning the ability to refine thick Venezuelan crude oil as its refining is more costly and arduous than Saudi and Gulf oil. Trump gained an extension of time for getting these operations underway by drawing out the prior negotiations with Iran. Here we can see that contrary to popular comment Trump's actions are strategically calculated. Complicating matters, after the oil and natural gas embargo was imposed on Russia, Europe became increasingly reliant on Middle Eastern supplies. Qatar is the prime source of natural gas and its depots are being choked by Iranian strikes. If this persists Europe will find it extremely difficult to secure its energy needs. Similarly, India has been acutely impacted to such an extent that Trump was moved to allow Delhi to lift sanctions on Russian energy. It must also be noted however that at present there exists no shortage of ready refined petroleum supplies, not even including the embargoed Russian oil (much of it unrefined) stored in tanker ships due to Ukraine War sanctions. Trump Administration plans using US naval and allied naval assets to escort tankers through the Straights f Hormuz would easily allow Lloyds of London to provide usual insurance once those vessels clear the Persian Gulf. Hence, the upward trajectory of crude prices is in part being manipulated by certain City of London and Wall Street interests that are in some measure politically motivated to favour the American Democrat Party in upcoming mid-term congressional elections. In terms of supply actualities, crude increases should be no higher than 25% in terms of Brent and 20% in terms of West Texas Intermediary. Predictably the legacy media is misrepresenting the price surge as purely market driven, when it is to some degree being engineered. Certain questions can be raised regarding how current events will unfold. A catastrophic situation could plausibly embroil dragging in additional actors to the conflict. Serious commentators have actually cautioned that we are heading towards World War Three. Short of this, Qatar is warning of global economic disaster. At the very least we will continue to see instability in global energy markets that will increasingly hit everyday consumers at the gasoline pump.
By David Passmore March 9, 2026
There appears to be a number of good pastors in very serious health struggles at the moment in England. These include Pastor Tony Pearce (London), Pastor John Anglisse (reading area), and Moriel Pastor Teerth Sonde (Wolverhampton). To these we have just learned that another Moriel Pastor in Winsford, Pastor Malcom Betts has suffered a serious coronary and is likewise in deep need of prayer. This may or may not be a general demonic attack on pastors in the area of health, however Our God Is Indeed Able to undettake for all of them and each of them.
By David Passmore March 7, 2026
URGENT PRAYER REQUEST Moriel has learned that Pastor John Anglisse of Ark Christian Fellowship in England, a long standing friend of Moriel, has been medically diagnosed as being pre terminal in his on going health battles. Moriel and Jacob Prasch earnestly request prayer for The Lord's intervention and prolonging of John's temporal life for the sake of his wife Mary and for his congregation and ministry. While "to Live is Christ and to die is gain" for John, his homecoming would be quite a loss for those of us who remain, and we ask The Lord for healing. We also thank our subscribers for their prayers for our friend & brother Pastor Tony Pearce in London. Tony is scheduled for two surgery procedures this week for skin cancer, one of which involves potential risks for his eye. Continued prayer is much appreciated.
By David Passmore February 19, 2026
Prayer request for Sue
By David Passmore February 17, 2026
Prayer request for Joan Philips