Midrash - Afrikaans

April 1, 2025

Wat Is Midrasj?®

Midrasj is ‘n manier van Bybel interpretasie, Skrif vertolking, wat deur Rabbi’s van ouds en in dit tyd van Jesus en Paulus gebruik was. Midrasj sluit ‘n historiese grammatika eksegese in, vaagweg dieselfde as die westerse modelle van Bybel interpretasie wat die Hervormers by die sestiende eeu se Humaniste gekry het, maar dit was maar die eerste stap in hierdie rigting.

Die doel van midrasj in die hantering van verskillende Bybelse literatuur style, soos verhale, wysheid literatuur, Hebreeuse digkuns en apokalipties, is om verwante verhoudings tussen verskillende Skrif te vind en dan so die Skrifte te verklaar in die lig van ander verwante Skrifte. Die benadering is egter meer op temas gevestig as lynvormig. Die duidelikste stel riglyne in midrasj is die Sewe Midroth wat toegeskrywe word aan Rabbi Hillel, die stigter van die Farasetiese skool van Hillel, waar Rabbi Shaul (Paulus) sy onderrig as ‘n rabbi ontvang het onder Rabbi Gamaliel, die kleinseun van Hillel.

Midrasj maak intens gebruik van allegorie en tipologie om Skrif gedeeltes te illustreer en te verlig maar dit word nooit gebruik as ‘n basis vir Bybelse Leerstelling nie. In midrasj word daar gekyk na die veelvuldige betekenisse wat in ‘n Skrif gedeeltes gevind kan word.

Dit verskil egter heeltemal met sekere fundamentele beginsels van die gnostiese en Aleksandrynse gebruike van interpretasies en sinnebeelde wat met Philo en Origen verbind word waar meer klem gelê op die Hebreeuse agtergrond in plaas van ‘n Hellenistiese filosofiese wêreldse en ‘n teologiese oorsig.

Midrasj interpreteer profesie as ‘n sikliese patroon van historiese herhalings, (Profesie het ‘n veelvuldige vervulling.) met die uiteindelike vervulling wat geassosieer word met die eskatologie wat die finale fokuspunt van die redding proses is. ‘n Klasieke werk in midrasj is die Midrasj Rabba op Genesis. (Berashith) ‘n Ander een is Lamentations Rabba. Midrasj handhaaf ‘n sekere formaat, een is die Mashal / Nimshal formaat wat ons sien in Spreuke, of die gelykenisse waar fisiese dinge geestelike dinge verteenwoordig. Beeldryke midrasj blootstelling in die Nuwe Testament word gesien soos byvoorbeeld in die Brief van Judas of Galasiërs 4:24?34. Dit is midrasj wat toegeskryf kan word vir die manier waarop die Nuwe Testament die Ou Testament hanteer. ‘n Ander formaat is die parashiyot; gedeeltes wat begin met ‘n petihah waar ‘n basis teks opgevolg word deur 'n kommentaar. Addisioneel tot eksegetiese midrasj is daar homiletiek midrasjims wat gerangskik is in temas beredeneerde pisaqaot. Dit word dikwels opgevolg deur yelammedenu rabbenu formaat wat deur Jesus in die Evangelies gebruik is. Beide hierdie midrasjims is haggadies. Daar is ook ander midrasj literatuur wat halakik is, maar hulle is minder belangrik in Nuwe Testamentiese studies.

As iemand nie in Judaïsme, Hebreeus of in teologie opgelei is nie dan is dit makliker om midrasj te demonstreer as wat dit is om dit te verduidelik. Moriel verskaf verskillende klank kassette en video

bande waar midrasj prakties toegepas word en hoedat die Skrifte geinterpreteer word.

Een voorbeeld is die vrou by die fontein, en ‘n Midrasj interpretasie van Johannes 4 waar die Skrifte gebruik word in verband met Roomse Katolisisme.

As u oplet na die wyse waarop die Nuwe Testament die Ou Testament aanhaal, dan is dit baie duidelik dat die apostels nie ‘n westerse protestantse eksegese metodes of ‘n interpretasie gebruik het nie. Jesus was ‘n Rabbi en Paulus was ‘n rabbi en hulle het die Bybel ge interpreteer soos die ander rabbi’s wat midrasj metode gevolg het. Iets het verkeerd gegaan in die vroeë Kerk, sy het weg beweeg van haar Joodse wortels, en soos wat al meer heidene die Christelike geloof aangeneem het, het iets gebeur waarteen Paulus ons in Romeine 11 gewaarsku het wat nie moet gebeur nie. “??en jy wat 'n wilde olyfboom was, onder hulle ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom, moet dan nie teen die takke roem nie; en as jy roem dit is nie jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou. “??maar jy staan deur die geloof. Moenie hoogmoedig wees nie, maar vrees.” (Rom.

11:16?20) Die kerk het haar wortels, haar fondasie vergeet.

Wanneer daar ‘n verandering in ‘n wêreld siening plaasvind dan gaan daar ook ‘n verandering in die teologie plaasvind. ‘n Positiewe stap om sulke veranderings te hanteer word genoem her? kontekstualisering, maar ‘n negatiewe stap word genoem her? definiëring.

Toe Wycliffe ‘n Bybel vertaling vir ‘n Afrika stam moes doen wat op die ekwator gewoon het waar mense nog nooit sneeu gesien het nie, het hy Jesaja 1:18 aangepas deur dit vertaal na: “?al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos ‘n kokosneut. (sneeu) Dit is her? kontekstualisering waar dieselfde waarheid geneem word en dit dan in konteks van iemand anders se taal, of kultuur of wêreld visie te plaas. Dit is heel aanvaarbaar want dit doen geen skade aan die boodskap nie, in kontras met her? definiëring. Konstantyn die Grote, ‘n Roomse Keiser in 306?337, het in 312 ‘n ander vorm van die kruis aangeneem, die Labarum. In 313 het hy die Edik van Milaan uitgevaardig wat die Christendom wettig verklaar het. Die Evangelie word geherdefinieer inplaas van om dit te her verklaar volgens die Bybel.

Herdefiniëring verander die betekenis van die Bybel, dit is verkeerd, en dit is wat in die vroeë Kerk gebeur het. Nadat Konstantyn die Grote die Christendom in ‘n staat godsdiens verander het, het mense begin om die Evangelie radikaal te herdefinieer. Sommige van die vroeë Kerk Vaders het geglo dat dit wat die beste was in die Griekse teosofie, byvoorbeeld die monistiese idees van Plato en Sokrates, sal help om die Griekse wêreld voor te berei vir die koms van Jesus op dieselfde wyse wat die Tora (Die Ou Testament) die Joodse wêreld voorberei het. Tot op ‘n punt is hierdie ‘n aanvaarbare stelling. Teosofie is enige filosofie wat probeer om ‘n direkte goddelike beginsel vas te stel in ‘n poging om geestelike insig te verkry. Daar is ‘n Griekse (Hellenistiese) manier van dink en daar is ‘n Hebreeuse manier van dink, Paulus het albei gebruik. Toe Paulus in die Aropagus in Athene vir die Jode die Evangelie gebring het, (Hand. 17:22?31) het hy die Griekse manier van dink gebruik. Die Jode soek na ‘n teken en die Grieke soek na wysheid. Daar is ‘n geldigheid in albei as dit Skriftuurlik toegepas word.

‘ n Groot probleem het ontstaan toe mense begin het om ‘n Joodse geloof te Helleniseer. In stede van om die Evangelie te herkontekstualiseer het hulle begin om die Evangelie in Griekse terme te

herdefinieer.

Origen, ‘n leier van die beroemde teologiese skool in Aleksandrië, een van die eerste Bybel Teks kritici in die jare 185?245, het Mattheus 19:12 letterlik opgeneem en homself gekastreer, hierdie befaamde leier was een van die eerste mense wat ‘n sistematiese verklaring van geloof voorgestel het, een van die eerste Bybel kommentators, een van die eerste sistematiese teoloë. Dit het uitsluitlik gebeur in Aleksandrië in die tyd van Origen, maar dit het ‘n groot probleem geword na Konstantyn, met die bekendmaking van die leerstellings van Augustinus van Hipo, en die mense wat hom beïnvloed het soos Cyprian van Carthage, Ambrose en ander.

Die Grieke het baie dinge geken van Plato en Sokrates wat waar was soos die feit dat ‘n mens na die Beeld van God geskape is, enige mens, self mense wat nie ‘n Joods Christelike agtergrond gehad het nie en wat geen toegang tot die Bybel gehad het nie, kan deur hulle natuurlike instinkte weet dat daar net een ware God bestaan en dat die mens gevalle is. (Dit staan in Romeine 1:18?20) Ons kan tot op ‘n punt saamstem met die Griekse Teosofie, tot op ‘n punt waar hulle saamstem met die Bybel, maar wanneer mense die Evangelie herinterpreteer en herdefinieer in die lig van ‘n Griekse wêreld visie, dan het ons ‘n probleem. Die Grieke het geglo aan dualisme. Hulle het geglo dat alles wat van vlees is sleg was, en dat alles wat van die gees was, goed was. ‘n Griek wat hierdie woorde lees: “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God,” ?(Joh. 1) kon daarmee saamstem, maar waar die Skrifte sê: “Die Woord het Vlees geword” kon hulle nie saamstem nie. (Joh. 1:14)

Die Grieke het geglo dat alle fisiese dinge sleg was net omdat dit fisies was. Die Bybel sê dat die geestelike en die vleeslike veronderstel is om in harmonie met mekaar saam te werk, en dit is nie veronderstel dat daar enige afwyking of konflikte tussen die twee moet wees nie.

Die vlees is gevalle, dit is waar, maar daar is niks verkeerd met die fisiese elemente van die vlees nie. Augustinus het nie net die Bybel geherkontekstualiseer nie, hy het ook die Christendom geherdefinieer as ‘n Griekse Platoniese godsdiens. Augustinus het dinge gesê soos: Die enigste goeie ding van ‘n huwelik is om kinders te hê wat selibaat sal wees. (Kinders met geen seksuele verhoudings nie.) Die Manichane, (‘n Persiese?Christelike beweging in die derde eeu) wat beweer het dat die eerste sonde uit die huwelik verhouding ontstaan het, het hierdie idees in die Griekse wêreld ingestuur. Dit is hoekom Roomse Katolisisme tot vandag toe nie seksualiteit kan hanteer nie, dit is ook waarom daar so baie beperkinge en seksuele probleme onder die Roomse Katolieke bestaan. Mense het begin om die Bybel te herinterpreteer, hulle het die Joodse metode van midrasj verwerp en Griekse metodes begin gebruik.

Tipologie en allegorie.

Midrasj gebruik tipologie en allegorie om Skrif gedeeltes te illustreer en te verlig. Byvoorbeeld:

Jesus is die Pasga Lam. Die simboliek van die Joodse Pasga illustreer die Bybelse leerstellings van versoening uitstekend maar nooit word die leerstellings van versoening gebaseer op simbolisme nie. Die

simboliek illustreer die leerstellings wat self duidelik in ander gedeeltes van die Skrifte aangehaal word. In die Gnostiese wêreld van die Griekse denke gebeur net die teenoorgestelde. Die Gnostiese wêreld maak daarop aanspraak dat hulle ‘n subjektiewe mistieke insig het in verband met simboliek wat hulle dan ook gnostisisme noem. Hulle herinterpreteer dan ook die eenvoudig betekenis van die teks in die lig van die gnosis. Vir gnostiese is simbolisme dan ook die basis van hulle dogma wat heeltemal in teenstelling is met die metodes van die Jode van ouds. Hierdie metodes het dan ook in die Kerk ingesluip deur mense wat beïnvloed was deur Philo. Philo het dan ook progressief in die Roomse Katolisisme stelsels ingesypel tot by ‘n punt waar Augustinus gesê het: “As God dan geweld gebruik het om Paulus tot bekering te bring, dan kan die Kerk ook geweld gebruik om mense tot bekering te bring,” Dit is hierdie dinge wat aanleiding gegee het tot die Kruistogte, die Spaanse Inkwisisie en andere. In stede van herkontekstualisering het hulle die Skrifte geherdefinieer. Hulle het ‘n Joodse Boek gelees asof dit ‘n Griekse boek is, dit was ‘n groot fout.

Die Reformasie.

Dit het begin by Origen in die Ooste en Augustinus in die Weste en so het dit stadigaan oor die eeue versleg. In die Middel Eeue het dit baie sleg gegaan en dinge soos Skolastiek het in die prentjie gekom. Islam het Aristoteles se idees opgeraap, daarna het die Kruisvaarders dit terug gebring na Europa en in die Middeleeue Roomse Katolisisme. Moses Maimonidus het Judaïsme herskryf as ‘n Aristoteles godsdiens daarna met Thomas Aquinas ook die Christendom herskryf as ‘n Aristoteles godsdiens. Hierna het die Hervormers gekom en dit probeer regstel wat verkeerd gegaan het in die Middeleeue Katolisisme, maar ongelukkig, alhoewel die Hervormers dinamiese persoonlikhede was, was hulle nie dinamiese denkers nie.

Humanisme: Die fondasie van die Reformasie.

Die Reformasie was gebore uit wat genoem word Humanisme. (Let op: Die eerste Humanisme was nie sekulêr nie, hulle was Christene.) Die beste humaniste was manne soos Thomas A Kempis, John Colet, en Jacques Lefèvre. Maar die grootste van hulle almal was Erasmus van Rotterdam. Luther, Calvyn, Zwingli en die meeste van die ander Hervormers het hulle idees van Erasmus gekry. Erasmus en die ander Humaniste het probeer om die Bybel te bestudeer en te leer in sy eenvoudige letterlike betekenis in ‘n poging om die Middeleeue korrupsie van Roomse katolisisme reg te stel. Hulle het dit beklemtoon dat die Bybel as literatuur en geskiedenis bestudeer moet word en so het hulle vir ons ‘n stelsel van historiese grammatika eksegese gegee wat tot vandag toe deur die Protestantse Kerke gebruik word.

Die probleem van die Hervormers is dat hulle net so ver gegaan het. Hulle het reëls gemaak wat hulle applikasie van historiese grammatika stelsels beheer het om die Middeleeue Katolisisme teen te staan en baie van hierdie reëls staan vandag nog. Een van hierdie reëls bepaal dan ook dat daar baie toepassings van die Skrifte kan wees maar dat daar net een interpretasie kan bestaan. Dit is ‘n totale mistasting. Die Talmoed vertel vir ons dat daar meervoudige interpretasies bestaan. Met wie het Jesus saamgestem? Met die Hervormers? Of met die rabbi’s?

Die teken van die profeet Jona.

“ Maar Hy antwoord en sê vir hulle: 'n Slegte en owerspelige geslag soek na 'n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.” (Mat. 12:39)

Wat is die “teken” van die profeet Jona? Op een plek sê Jesus: “Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees.”(Mat 12:40) Maar dieselfde tyd sê die Here dat dit as gevolg van die feit is dat Ninevé hulle bekeer het op die prediking van die profeet Jona. (Luk 11:32)

Die boodskap hier is dat die Heidene tot bekering sal kom en die Jode nie, dit is ook ‘n teken van die profeet Jona. Hier is alreeds twee geloofwaardige interpretasies van hierdie teken. So, waar Protestante Bybel vertolking beweer dat daar net een interpretasie bestaan en dat die res net ‘n toepassing is, is nie waar nie, hulle is uit lyn uit met die Here self.

Die verhaal van die Nuwe Skepping.

‘ n Ander reël van Gereformeerde hermeneutiek sê: “As die eenvoudige bewoording van die Skrifte sin maak moet dan nie verder soek na ander betekenisse nie, vat dit soos dit daar staan en los dit.” Dit is ook nie waar nie.

Wanneer ‘n Joodse Christen van die eerste of die twee eeu n.C. die Evangelie van Johannes gelees het dan het hy dit verbind met die Boek Genesis. Johannes praat van ‘n Nuwe Skepping, dinge wat betrekking het op die eerste Skepping. Hy het gesien hoedat God se Gees oor die waters beweeg het en hoedat die eerste Skepping in Genesis geskape is, en nou het God se Gees weer oor die waters beweeg en die Nuwe Skepping is gebore in die Evangelie van Johannes. Die Skepping in Genesis praat van die klein liggie en die groot lig wat verwys na die son en die maan. In Johannes sien ons weer die klein liggie? Johannes die Doper en die Groot Lig? Jesus die Messias, in die Nuwe Skepping.

Die vye boom in Joodse midrasj verteenwoordig metafories die Boom van die Lewe wat ons in die tuin in Genesis, en in Esegiël 47, en die Boek Openbaring sien.

In Johannes 1:48, toe Natánael vir Jesus gevra het hoedat die Here hom so goed ken, het die Here geantwoord: Omdat “Ek jou onder die vyeboom gesien het.” Wat die Here hier vir Natánael gesê het was nie net dat Hy hom onder ‘n letterlike vyeboom gesien het nie, alhoewel dit deel was daarvan, wat die Here hier in midrasj gesê het was dit: Ek het jou in die Tuin gesien, van die begin van die Skepping van die wêreld af.

Deur om die Bybel as literatuur en geskiedenis te lees soos wat die Humaniste dit doen gaan jy net een gedeelte van die Skrifte sien. Die Humaniste het gereageer teen die Middeleeue skolastiek en Gnostisisme waarop Roomse Katolisisme gebaseer is, maar hulle benadering van die Skrifte het daartoe aanleiding gegee dat die diepte van die Skrifte uit hulle gesigsveld verdwyn het.

Om Openbaring te verstaan.

Deur om van die historiese grammatika metodes (Streng volgens die reëls) gebruik te maak was die Hervormers daartoe instaat om waarhede soos Regverdigheid deur Geloof en die Gesag van Skrifte te ontdek, maar dit is al wat hulle kon sien en dit is waar hulle gestop het. Martin Luther het die Boek Romeine as die hoof boek van die Bybel gesien maar hy het die Boek Openbaring totaal verwerp terwyl Openbaring oor die Laaste Dae gaan. Luther het erken dat iemand met Protestante denkwyse nie hierdie Boek kan verstaan nie. Wat is verkeerd? Is die Boek Openbaring verkeerd of is dit die Protestantse denkwyse? Wees baie versigtig, Daniël (Dan. 12:4) en Johannes (Op. 10:4) is aangesê om hierdie dinge te verseël tot aan die einde, en in die volheid van God se tyd sal die interpretasie van hierdie Skrifte aan die getroue gelowiges geopenbaar word.

Wanneer jy mense sien wat diagramme en kaarte optrek en wat dink dat hulle volle eskatologiese program van Openbaring uit geredeneer het, pasop! Hierdie dinge is verseël tot op die regte tyd. God sal dit op Sy manier en op Sy tyd openbaar en dit sal stukkie vir stukkie wees. Die eerste stap is om terug te beweeg en om die Bybel te lees as ‘n Joodse Boek in plaas van ‘n Griekse boek.

Bybelse Literatuur genre.

Die Sendbriewe is kommentare op ander Skrifte, hulle vertel vir ons wat die ander Skrifte op ‘n baie praktiese vlak beteken. Dit is goed om die Sendbriewe as literatuur en geskiedenis te lees deur gebruik te maak van die historiese grammatika metodes. Maar daar is verskillende literatuur in die Bybel, verskillende literatuur genre, (skryfstyl, kuns voortbrengsels) wat God daarin geplaas het vir verskillende redes. Psalms? Hebreeuse digkuns, Openbaring –apokaliptiese literatuur. Die Evangelies? verhale; Spreuke? wysheid literatuur.

Ons lees nie ‘n brief op dieselfde wyse as dig stuk nie. Ons lees nie die Narnia Kronieke (C.S. Lewis) op dieselfde wyse as tant Sarie se brief uit die Kaap nie. As jy die Sendbriewe lees dan sal jy sien dat die apostels die ander Boeke van die Bybel nie ge?interpreteer het deur ‘n historiese grammatika metode nie.

Die Boek Hebreërs is ‘n kommentaar op die simboliek van die Levitiese priesterorde en die tempel. Kyk na Galasiërs 4:24 en verder, die verhaal van die twee vroue? dit is ‘n midrasj op die doel van die Wet. Kyk na die Sendbrief van Judas, dit midrasj literatuur. Die apostels het nie die Skrifte volgens die Protestantse historiese grammatika reëls verklaar nie.

Bybelse Profesie is ‘n patroon.

Daar is verskillende soorte profesie in die Bybel. Die twee wat belangrik is om die Laaste Dae te verstaan is die Messiaanse profesie en, met betrekking tot hierdie profesie, is daar ook die Eskatologiese profesie. Wanneer ons na Bybelse profesie kyk dan is dit baie belangrik, omdat in ons Westerse denke met ons basis in die sestiende eeu se Humanisme wat sê dat profesie bestaan uit ‘n voorspelling en ‘n vervulling.

In die Joodse denke egter, is dit nie net ‘n kwessie van iets wat voorspel is en wat in vervulling gekom het nie, dit is ‘n verkeerde opvatting van Bybelse profesie, die Jode van ouds het profesie gesien as ‘n patroon van gebeure, dinge wat gebeur en weer gebeur, met ander woorde, daar is veelvuldige vervulling in een profesie, en elke vervulling, elke siklus leer ons meer oor die uiteindelike vervulling van die profesie. Byvoorbeeld: Gedurende ‘n hongersnood gaan Abraham na Egipte. (Gen. 12:10?20) God oordeel Farao en Abraham en sy nakomelinge kom uit Egipte en hulle vat die rykdomme van Egipte saam met hulle na die Beloofde Land. Abraham se ander nakomelinge ondervind egter dieselfde ondervindinge. Gedurende ‘n hongersnood gaan hulle ook na Egipte (Gen. 42) en weereens oordeel God Farao, ‘n bose koning. Abraham se nakomelinge kom uit Egipte en hulle vat Egipte se rykdom saam met hulle (Eks. 12:36) en hulle gaan die Beloofde Land.

Wat met Abraham gebeur het, gebeur ook met sy nakomelinge. Dan gebeur dieselfde met Jesus. “En toe hulle teruggegaan het, verskyn daar 'n engel van die HERE in 'n droom aan Josef en sê: Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte, en bly daar totdat ek jou sê; want Herodes gaan die Kindjie soek om Hom dood te maak. Hy het toe opgestaan, die Kindjie en sy moeder in die nag geneem en na Egipte vertrek. En hy was daar tot die dood van Herodes, sodat die woord vervul sou word wat die Here gespreek het deur die profeet: Uit Egipte het Ek my Seun geroep.” (Mat. 2: 12?15) Mattheus sê dat toe die Here Jesus uit Egipte gekom het, na die slegte koning se dood is die Profesie van Hosea vervul. “Toe Israel 'n kind was, het Ek hom liefgehad, en uit Egipte het Ek my seun geroep. (Hos. 11:1)

Hosea hoofstuk 11 gaan oor die Eksodus, oor wat met Moses gebeur het, volgens die Historiese grammatika reëls word hier gepraat van die Eksodus en nie oor die Messias nie, maar dit wil voorkom asof Mattheus hierdie Skrif gedeelte buite alle redelike konteks aanhaal en dit verander sodat dit oor Jesus gaan. Was Mattheus verkeerd? Of is daar iets verkeerd met Protestantse interpretasie van die Bybel? Daar is niks verkeerd met Mattheus nie, en daar is ook niks verkeerd met die Nuwe Testament nie maar daar is iets verkeerd met ons Protestantse mentaliteit.

Nie ‘n Voorspelling nie, maar ‘n patroon.

Die Joodse idee van profesie is nie voorspellings nie maar ‘n patroon. Abraham het uit Egipte gekom toe God Farao geoordeel het. Abraham se nakomelinge kom uit Egipte toe ‘n bose koning geoordeel was.

Dan word ‘n ander bose koning geoordeel en die Messias kom uit Egipte, hier sien ons verskeie vervulling van profesie. Volgens midrasj is Israel ‘n indirekte verwysing na Yeshua (Jesus) die Messias. Wanneer jy verse sien soos: Israel my heerlikheid, my eersgeborene, dan is dit midrasj verwysings na die Messias. Maar dan, in 1 Kor. 10 gebeur daar iets: Ons kom uit Egipte uit. Paulus vertel vir ons dat Egipte die beeld, die simbool van die wêreld is. Farao wat deur die Egiptenare vergoddelik en wat as God aanbid was, is ook die simbool van die duiwel, die god van hierdie wêreld. Net soos wat Moses ‘n verbond met bloed gesluit het en die mense met bloed besprinkel het, net so het Jesus ook ‘n verbond gesluit. Moses het vir veertig dae gevas, en so ook Jesus. Jesus is ‘n Profeet soos Moses, wat in Deut.

18:18 geprofeteer is. Net soos wat Moses die kinders van Israel uit Egipte deur die water in die Beloofde Land ingelei het, so lei Jesus ons ook uit die wêreld deur die doopwater na die hemel. Weereens ‘n

patroon. Maar dan word die perd en sy ruiter in die see gewerp. (Eks. 15:1) Ons sing die lied van Moses? die perd en sy ruiter is in die see gewerp? Op. 15: 3. Hoekom? Dit is ‘n patroon, die uiteindelike betekenis van die uittog uit Egipte is die opstanding en die wegraping van die Kerk. Die oordele wat ons in Eksodus sien word in Openbaring herhaal. Net soos wat Farao se towenaars daartoe instaat was om die wonderwerke van Moses en Aäron te vervals, gaan die Antichris en die valse profeet ook die wonderwerke van Jesus en Sy Getuienisse vervals. Hulle het Josef se beendere met die Eksodus (13:19) saam met hulle uit Egipte gebring. Hoekom? Die wat in Christus gesterwe het sal eerste opstaan, dit is patroon. Dit is die outyd se Joodse denkwyse wat die Nuwe Testament voortgebring het, hulle het nie na profesie gekyk as ‘n voorspelling nie maar as ‘n patroon. Om te kan weet wat in die toekoms gaan gebeur moet jy gaan kyk wat in die verlede gebeur het. Daar is veelvuldige vervullings en elke suksesvolle vervulling vertel vir ons iets oor die uiteindelike vervulling daarvan.

Die oplossing van die vergelyking.

Jy sal nooit die Boek Openbaring verstaan met die beperkte benadering van Bybelse interpretasie wat in die Protestantse kringe gehandhaaf word nie. Midrasj is soos ‘n kwadratiese vergelyking of ‘n baie komplekse tweede orde differensiale vergelyking, ‘n dertien of ‘n veertien stap vergelyking. Sommige mense neem die eerste stap van historiese grammatiese eksegese en dan dink hulle die vergelyking is opgelos. Daar is niks verkeerd met wat hulle doen nie, maar wat hulle nie doen nie is baie verkeerd en die vergelyking word nie opgelos nie. Die grammatika eksegese is ‘n belangrike eerste stap en dit is goed om die Sendbriewe te lees, maar dit is al. Dit vat die wysheid van die profete van ouds om waarlik hierdie dinge te kan verstaan. “Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken??” (Op. 13:18)? Dit is nie die wysheid van die sestiende eeu nie maar die wysheid van die Eerste Eeu.

Jer. 6:16: “So spreek die HERE: Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siel. Maar hulle het gesê: Ons wil daarin nie wandel nie.” †††



By David Passmore April 14, 2026
A critical juncture in NATO'S future Rubin Rothler LLB, LLM NATO was originally established in 1949 to keep the Russian hordes at bay from toppling those European countries not forked over to the Soviet sphere of influence at the Potsdam conference. Europe lay in ruins. Britain had passed on the torch of global hegemony to the U.S. by tacitly acquiescing to the decolonization of its Empire when Churchill and Roosevelt agreed terms of the Atlantic Charter for the post-war new world order in 1941. So from its start NATO was very much an American driven endeavor. American money with the Marshall plan was propping up western European economies and its military might was forming the bulk of their defensive capabilities. The lopsided nature of this dynamic has informed how tensions have persisted and recently erupted in the Alliance. During the Cold War the U.S. felt obligated to shoulder the costs of underwriting Europe's security in light of the broader interests to keep the Soviet's in check. Following the fall of the Iron Curtain European complacency became a sticking point with the 'peace dividend' further exploiting American largesse. European NATO allies spent ever smaller percentages of their GDP on defense expenditure at U.S. expense. Now in a multi-polar world U.S. and European perceived threats are less aligned. This was first tested in the aftermath of September 11th when for the first time NATO elected to trigger its article 5 collective defense protocol. And since then the U.S. has sought to continue to expand the traditional theatre of operations beyond Europe's borders. No longer is Russia perceived by America as being a proximate existential threat to its interests, but rather containing Chinese expansion in the Pacific arena. Parallel to NATO a discrete 'five eyes' intelligence sharing alliance comprising the Anglo-sphere (the U.S., U.K., Canada and New Zealand) emerged. This stands at the center of the U.S. – U.K. 'special relationship'. A relevant question would be can this signals intelligence (NSA-GCHQ) partnership persist should the U.S. withdraw from NATO? Conventional thinking would have led one to believe that with Brexit the U.K. would naturally pivot towards closer U.S. relations but under Starmer the U.K. is distancing itself. European powers misrepresent the present conflict as an aggressive, rather than defensive U.S. adventure while they themselves are more likely to be at risk. In this the Starmer government resembles the Labor party led committee for nuclear disarmament in the 1980's. It opposed the Thatcher supported deployment of U.S. cruise missiles in response to the Soviet SS20's pointed at Britain's cities. The British left branded their response to Soviet strategic escalation to U.S. aggression. This time however there is for the moment no Thatcher to bring common sense into an equation dominated by emotionally driven ideologies in the face of an aggressor with definite aims. In terms of the Russian-Ukraine conflict we are reverting to the old question dating back to the Napoleonic war era: to what extent is London happy with the European nations fighting it out alone for dominance of the continent. Britain was never willing to accept a single power in control. Many variables will dictate what kind of world emerges from the current conflicts in Ukraine and Iran. How will power be extracted from potential gains? What will be the strategic impact of this? What is sure, in the age of Trump this pattern of reliance on U.S. muscle is becoming quickly exhausted. Dating back to the Roman Empire, a factor in the decline of major powers has always been astronomical military spending, a budgetary demand that the U.S. under Trump is no longer willing to shoulder alone. (Author is an Israeli American lawyer academically qualified in British and in U.S.A. law, and a graduate of the School of Oriental & African Studies, London. He is a Jewish believer in Jesus and is currently based in Israel).
By David Passmore April 9, 2026
Please keep brother Malcolm Betts from the New Life Pentecostal Church, Winsford in prayer. He is suffering from heart failure, valve problems and spinal stenosis. Your prayers for healing and intervention are coveted. Also, Malcom’s daughter Laura-Louisa is having complications with her pregnancy. Her baby boy is due on the 22nd of April and was in a breach position, however he is now moved to an oblique position which carries serious risk and possible surgical intervention. Laura is also at risk of postpartum haemorrhage. Please pray for the midwives and obstetricians skill and wisdom. Please also pray for Malcolm’s sister Susan who has sepsis in her leg. And please pray also for Sheila Carlisle. She is undergoing knee replacement surgery.
By David Passmore April 8, 2026
Greetings Dear Brethren in Yeshua our Lord & God Hope your all well Further developments: The NHS and oncologist from day one got my Markers wrong which in result denied me access to the latest treatments such as immunotherapy and targeted treatment. After getting a second opinion from Royal Marsden they discovered my Markers were not zero but 13-14 and that I was also Claudine 18.2 which confirmed I was allowed to all the latest treatments such as targeted treatment. My local MP and Health secretary are now involved and have written to both the treatment companies and NHS trust. I have also spoken to doctors in the states. Dear brethren my family & I have been through so much in the past and the valley is truly a battle. I truly thank The Lord Yeshua for Him humbling us all, correcting us in His parental love (1 Cor 4-6 & 2 Cor 2). It’s been very hard but also a blessings to truly draw closer The Lord- cast of works of darkness/old garments and be washed in His Blood daily. Your prayers are vital and above all The Glory Of The Lord to be magnified. Please remember us in your love & prayers as we walk through this battle in The Lord. Praying for you all and much love in Yeshua. Your brother - Teerth & Family
By David Passmore March 26, 2026
Contrary to the near unanimous chorus of media coverage concerning the current impasse in the straits of Hormuz it isn't obvious that this is an American problem. The chief consumers of oil passing through this critical juncture are China, India, South Korea, Japan and the European markets. The U.S. has alternative reserves due to domestic crude from Alaska, the Permian Basin, the Gulf of America and domestic fracking. This is further augmented by Venezuelan heavy crude now refined in the U.S. and possible further supplementation with Canadian sand shale from Alberta. Based on those determinations if European powers won't contribute to efforts to keep the straits open, Trump can simply leave them to their own repercussions that will further drive up the price of Brent crude oil. The question may then become whether the U.S. can redefine the global oil market by legislatively mandating the West Texas Intermediate. Can America divorce the WTI from the Brent prices and from the Rotterdam spot market prices by maintaining a domestic market legislatively controlled? In so doing, keeping all oil being drilled from federal lands subject to a semi-interventionist price control system that in theory could average domestic gasoline prices at $2/gallon varied only by state taxes. Such a fundamental restructuring of oil markets will allow the U.S. to operate independent of global bench marks. This might be opposed by petroleum industry interests who would benefit from higher international prices, but would likely have public support. Such price regulation would not be government mandated price controls in the ordinary sense, but could be legally enforced as terms of condition in federal licensing policies for drilling on federal lands. Approximately 25% of oil pumped in the U.S. is drilled on federal land where contractual conditions can be easily implemented. These strategies would have a short to medium term impact on global markets and on domestic prices. Medium to longer term strategies however would require a national network construction of safer pebble cooled nuclear reactors, generating a viable source of electricity for electric vehicles. Additionally, similar to the energy company SASOL, the U.S. should begin domestic production of a coal conversion variant of gasoline, jet fuels and certain petrol chemicals. The Fischer-Tropsch process technology allowing for the production of cleaner synthetic fuels has existed since the 1930's and enhanced upgrades of this method are in active production use in South Africa. This would avoid the failed folly of moving towards 100% renewables that have crippled the German economy and driven energy costs punitively higher in order to placate Green Party-political interests. The Trump administration must lower domestic gasoline prices in an election year in the short term. However, in the medium to longer term the current conflict with Iran affords an opportunity to restructure the international oil market in such a manner that it will immunize the U.S. from surging oil prices. In theory such a fundamental revamping of oil markets could keep domestically produced oil under $50/barrel. Events are marching forward at pace. At time of writing some European nations have indicated a willingness to perhaps contribute towards a naval response. Trump himself has said that Iran is negotiating an end to the blockade. Irrespective of this, the situation has elucidated the vulnerability of European and Asian gas and oil supply and the opportunity for the U.S. to advance its energy independence in such a way that will directly translate into savings for domestic consumers. (Author is an Israeli American lawyer academically qualified in British and in U.S.A. law, and a graduate of the School of Oriental & African Studies, London. He is a Jewish believer in Jesus and is currently based in Israel).
By David Passmore March 23, 2026
An ex-catholic and bible scholar responds to the eucharist
By David Passmore March 11, 2026
THE CONFGLAGRATION OF HOSTILITIES IN THE MIDDLE EAST AND CURRENT RISING GLOBAL ENERGY PRICES. WHAT IS REALLY HAPPENING? Rubin Rothler LLB, LLM The markets historically have responded with grave alarm at the prospect of disruptions in the major sea lanes for transporting fuel. So far, Iran has exercised a degree of reluctance to fully close this critical channel due to Chinese pressure for their major source to remain. The Chinese economy could be savaged should Iran fully attempt to shut down all shipping in its entirety. As the war continues, Iranian capability to realize these ends becomes less likely due to the severe damage inflicted upon maritime forces. The U.S. has strategically positioned their Armada in place so that they are effectively choking the deployment of the Iranian Navy at sea in all theatres. From the coast of Sri Lanka in the mid Indian Ocean to the outer reaches of the Persian Gulf, the Iranian Navy is simply out gunned and woefully inadequate technologically to pose any meaningful opposition. However, they may decide to go all in and actively concentrate directed attacks by their small boats at all incoming oil tankers in the Straights. If this scenario unfolds, we may see an impasse in the conflict. Fear in the Gulf States and Saudi Arabia has already greatly increased. These regimes continue to be actively targeted by Iran to cause maximum economic impact. They may lean on the U.S. to seek a negotiated settlement. Europe with the exception of Spain has so far largely fallen into line with the Washington consensus. But if prices rapidly increase policy may shift (as it has been with now over $100 per barrel of oil). The combination of Arab consternation, Chinese pressure and European pliability together with a collapse in global energy supplies could cause the U.S. to reconsider its objectives in terms of what can be realistically realized. Trump prepared for these repercussions and mitigated the damage by posturing accordingly. The City of London's traditional monopoly on ensuring the maritime industry is being effectively displaced by U.S. surety for transit in the Straights. Further, the operation to remove Maduro in Venezuela with the consequent assumption of their oil reserves lent handsomely to the aim of forging an alternate fuel supply to the global markets. Albeit there remain questions concerning the ability to refine thick Venezuelan crude oil as its refining is more costly and arduous than Saudi and Gulf oil. Trump gained an extension of time for getting these operations underway by drawing out the prior negotiations with Iran. Here we can see that contrary to popular comment Trump's actions are strategically calculated. Complicating matters, after the oil and natural gas embargo was imposed on Russia, Europe became increasingly reliant on Middle Eastern supplies. Qatar is the prime source of natural gas and its depots are being choked by Iranian strikes. If this persists Europe will find it extremely difficult to secure its energy needs. Similarly, India has been acutely impacted to such an extent that Trump was moved to allow Delhi to lift sanctions on Russian energy. It must also be noted however that at present there exists no shortage of ready refined petroleum supplies, not even including the embargoed Russian oil (much of it unrefined) stored in tanker ships due to Ukraine War sanctions. Trump Administration plans using US naval and allied naval assets to escort tankers through the Straights f Hormuz would easily allow Lloyds of London to provide usual insurance once those vessels clear the Persian Gulf. Hence, the upward trajectory of crude prices is in part being manipulated by certain City of London and Wall Street interests that are in some measure politically motivated to favour the American Democrat Party in upcoming mid-term congressional elections. In terms of supply actualities, crude increases should be no higher than 25% in terms of Brent and 20% in terms of West Texas Intermediary. Predictably the legacy media is misrepresenting the price surge as purely market driven, when it is to some degree being engineered. Certain questions can be raised regarding how current events will unfold. A catastrophic situation could plausibly embroil dragging in additional actors to the conflict. Serious commentators have actually cautioned that we are heading towards World War Three. Short of this, Qatar is warning of global economic disaster. At the very least we will continue to see instability in global energy markets that will increasingly hit everyday consumers at the gasoline pump.
By David Passmore March 9, 2026
There appears to be a number of good pastors in very serious health struggles at the moment in England. These include Pastor Tony Pearce (London), Pastor John Anglisse (reading area), and Moriel Pastor Teerth Sonde (Wolverhampton). To these we have just learned that another Moriel Pastor in Winsford, Pastor Malcom Betts has suffered a serious coronary and is likewise in deep need of prayer. This may or may not be a general demonic attack on pastors in the area of health, however Our God Is Indeed Able to undettake for all of them and each of them.
By David Passmore March 7, 2026
URGENT PRAYER REQUEST Moriel has learned that Pastor John Anglisse of Ark Christian Fellowship in England, a long standing friend of Moriel, has been medically diagnosed as being pre terminal in his on going health battles. Moriel and Jacob Prasch earnestly request prayer for The Lord's intervention and prolonging of John's temporal life for the sake of his wife Mary and for his congregation and ministry. While "to Live is Christ and to die is gain" for John, his homecoming would be quite a loss for those of us who remain, and we ask The Lord for healing. We also thank our subscribers for their prayers for our friend & brother Pastor Tony Pearce in London. Tony is scheduled for two surgery procedures this week for skin cancer, one of which involves potential risks for his eye. Continued prayer is much appreciated.
By David Passmore February 19, 2026
Prayer request for Sue
By David Passmore February 17, 2026
Prayer request for Joan Philips