The Last Days - Afrikaans

Wat Die Heilige Gees Baie Duidelik Vir Ons Oor Die Laaste Dae Se?

Ons weet uit die Evangelies dat die jaar 2000 N.C. gekom en gegaan het. Ons weet ook uit die historiese tydsberekening van Keiser Augustus dat daar tussen twee en vier jaar verskil is tussen die Joodse Maan Jare en die Gregoriaanse datum stelsel. Met ander woorde, die jaar 2000 is al alreeds verby. Dit was egter 'n groot storie vir die Westerse Wêreld met betrekking tot rekenaarstelsels en al die gedoentes daarom.

 Teologies is daar vir ons wat op die Wederkoms van onse Here Jesus Christus wag, nie 'n afwagting op 'n Wêreldse Millennium nie, maar op die Millennium van onse Here Jesus Christus. So sien ons dan ook die Globalisasie van die wêreld ekonomie, en 'n her?konfederasie van die nasies in die Romeinse ryk en 'n Pouslike Ryk, ook sien ons 'n al swakker wordende demokratiese federale Europa wat verval in 'n ekumeniese stelsel, en ook 'n menigte van omgewings faktore wat strek van seismologiese tot verwarmings besoedeling, en etniese suiwering prosesse by baie nasies wat aan die orde van die dag is. Dan is daar nog die die wêreld se soeke na 'n valse vrede in die Midde Ooste en ook oral in die wêreld. Dan sien ons ook die die misleiding van die Evangeliese kerk, 'n kerk wat al minder voorbereid is vir die Wederkoms van Christus. Al hierdie dinge dui daarop dat ons sekerlik die dag van die Wederkoms van onse Here Jesus Christus nader.

Maar deur die Genade van ons hemelse Vader sien ons ook die gelowige oorblyfsels wat deur die Heilige Gees bymekaar gemaak en voorberei word. Hierdie is die gelowiges wat nie wil betrokke wees met dinge soos die wêreld millennium partytjies en die misleiding in die hipper Charismatiese en Calvinistiese bewegings nie. Hierdie oorblyfsel is die mense wat daarna strewe om saam met Koning Jesus in die Nuwe Millennium te regeer.

Maar 'n baie belangrike aspek van onse Hemelse Vader se voorbereiding van die getroue oorblyfsel, is om hulle voor te berei vir wat ná die Wederkoms van Koning Jesus gaan plaasvind.

Een van die mees duidelike en baie belangrike profesieë wat in die Nuwe Testament opgeteken is, gaan oor wat gaan gebeur net voor die Wederkoms van Koning Jesus Christus, wat vir ons opgeteken in die Brief van Paulus aan Timotheüs. Die toestand in die eerste eeuse kerk verwys in sekere opsigte tipologies na wat die toestand van die laaste eeuse kerk gaan wees.

As ons vandag na al die gebeure rondom kyk dan is natuurlik baie moontlik (Baie sal nie saamstem nie) dat ons nou in hierdie era in beweeg, en dit is met hierdie agtergrond dat Paulus die Brief aan Timotheüs geskrywe het:

1Tim.4:1?16:

  • Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang

  • deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete,

  • wat verbied om te trou en gebied dat die mense hulle moet onthou van voedsel wat God geskape het om met danksegging gebruik te word deur die gelowiges en die wat die waarheid ken.

  • Want alles wat deur God geskape is, is goed, en niks is verwerplik as dit met danksegging ontvang word nie;

  • want dit word geheilig deur die woord van God en die gebed.

  • As jy hierdie dinge aan die broeders voorhou, sal jy 'n goeie dienaar van Jesus Christus wees terwyl jy jouself voed met die woorde van die geloof en van die goeie leer waarvan jy 'n navolger geword het.

  • Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid.

  • Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het.

  • Dit is 'n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word;

  • want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons gehoop het op die lewende God wat 'n behouder is van alle mense, insonderheid van die gelowiges.

  • Beveel en leer hierdie dinge.

  • Laat niemand jou jonkheid verag nie, maar wees 'n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid.

  • Totdat ek kom, moet jy aanhou met voorlesing, vermaning en lering.

  • Verwaarloos nie die genadegawe wat in jou is nie, wat jou gegee is deur die profesie met die handoplegging van die ouderlinge.

  • Wees vlytig in hierdie dinge, leef daarin, sodat jou vooruitgang vir almal duidelik kan wees. Hierdie Boodskap deur die Heilige Gees deur Paulus, bevat die Apostoliese Instruksies wat deur die Heilige Gees deur Paulus aan Timotheüs gegee is, om dit aan alle mense te verkondig, (1Tim. 4:6&11) Hierdie Kanon van die Nuwe Testament sluit alle gelowiges van alle tye in, en die woordverband van hierdie Skrif verwys na die eskatalogie? na die Laaste Dae.

Die eerste saak wat in hierdie Brief duidelik na vore kom is dat die Heilige Gees baie duidelik verwys na 'n afvalligheid. Die Griekse woord is 'Apostasontai', die toekomstige term van die woord 'Apostasia', wat

beteken: 'Om weg, of uit te beweeg'. Dit is dieselfde woord wat gebruik word in 2Thess.2:3 wat verwys na die Antichris en die groot afval. (Moriel het by verskeie geleenthede gewaarsku dat die ekumeniese beweging, die hipper Charismatiese en Pinkster bewegings en die Liberale teologie, ens. baie beslis deel is van van 'n wêreld wye aanslag op die kerk) Paulus profeteer dieselfde afval in verband met die antichris in 2Thessalonicense, maar in die Brief aan Timotheüs deel Paulus meer op 'n pastorale vlak met betrekking tot hierdie gebeure. Ons kan sê dat Paulus in 2Thessalonicense baie meer direk met die afval deel, terwyl hy in 1Timotheüs meer deel met die omstandighede in die kerk wat aanleiding gaan gee tot hierdie gebeure. Paulus se optrede is die van 'n senior herder wat baie ernstig by 'n jonger herder daarop aandring dat hy die skape baie ernstig moet waarsku en beskerm, en dit sluit ons in, teen die dinge wat aan die kom is.

Die eerste gevaar hier is dat Christene dink dat hulle nie afvallig kan word nie. (Die denke van eenmaal gered altyd gered) Maar iemand kan nie afdwaal van iets waarin hy nog nooit gewees het om mee te begin nie. Die Bybel waarsku ons uitdruklik en baie duidelik van 'n groot, 'n masiewe afval, en die denke dat dit net ongeredde mense is, is fataal. Hulle kan nie deel wees van 'n afval waarvan hulle nog nooit deel was nie, want Satan het nie 'n saak met die ongereddes nie omdat hy hulle al reeds in sy mag het, hy soek egter die uitverkorenis. Hierdie denke is Teologies en logies absurd. Net so was die Brief aan die Hebreers geskrywe aan die Joodse Gelowiges wat in gevaar gestaan het om van die Geloof afvallig te word en terug te val onder die Wet toe hulle voor 'n vervolging gestaan het. Net so is dit ooreenkomstig ook absurd om voor te stel dat diegene wat die Kennis van die Waarheid ontvang het en 'n offer vir hulle sonde gehad het, en wat nou in gevaar is, dat hulle nie gelowiges is om mee te begin nie, en dat hulle nie afvallig kan word nie, word weerspreek in Hebr.10:26.

Die woord wat hier vir afval gebruik word is 'Parapito' (Wat verwant is aan 'Apostasia) wat afkomstig is van die werkwoord: Om te 'Apostatise'. Hier is ook 'n dubbele onlogiese?? Hoe kan iemand afvallig word van iets waaraan hy nog nooit geglo het nie? Tweedens, om te sê dat 'n ongelowige deel kan hê aan die Werke van die Heilige Gees is ook 'n totale leuen. Dit is die teologie van liberale Christene soos Desmond Tutu wat reken dat die Hindoes ook 'n deel kan hê aan die Heilige Gees, dit is absoluut nie die Teologie van die Woord van die Here nie, en sulke verdraaide redenasies is totaal absurd.

Instede daarvan om 'n Skrifteks in sy woordverband te bestudeer en toe te laat dat die Skrif Homself verklaar, word dit geherdefinieer om by die denke van die spreker aan te pas, dit is misleiding.

In alle redelikheid moet ons erken dat toe Johannes Calvyn sy leerstellings van van volharding geformuleer het, (Eenmaal gered altyd gered) het hy probeer om die ketterse middeleeuse Roomse kerk teen te staan wat mense in gebondenheid geplaas het. Maar oplossings vir 'n dwalings is nie nog groter dwalings of 'n ander dwaling nie, die oplossing is om terug tegaan na die Waarheid.

Ons is natuurklik verewig verseker in Koning Jesus Christus met dien verstande dat ons vrye wil wat deur die kruis herstel is, maar wat deur Wedergeboorte in beslag gelê word om in Koning Jesus Christus, deur die samewerking van die Genade van God, standvastig te bly staan.

Deur die ontkenning dat die vrye wil van die mens, wat die mens verloor het by die sondeval in Eden, herstel is by die Kruis, ontken Calviniste, (Net soos in die geval van die Rooms Katolieke, maar in 'n ander opset) die volle Krag van die Kruis van Koning Jesus. Ironies is dit dat een van die grootste misleidings die misplaasde idee is dat 'n gelowige nie afvallig kan word nie. Hierdie gurusstelling is van die duiwel en hy kry 'n menigte pragtige mense in die Hel met hulle godsdiens.

Niemand kan ons uit die Hand van ons Vader ruk nie, maar ons kan self ons herstelde vrye wil misbruik om Hom te verlaat of om nooit werklik tot bekering te kom nie. Dit is waarom V16 vir ons baie duidelik sê dat ons self verantwoordelik is vir ons redding: "Let op jouself en op die leer; volhard daarin; want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as die wat jou hoor".

Hierdie Skrifteks vertel vir ons baie duidelik dat dit net diegene is wat vooraf gewaarsku is en wat absoluut daarop agslaan, wat kan seker wees van hulle redding, en dit sluit nie diegene in wat ontken dat gelowiges nie afvallig kan word nie. Die Heilige Gees sê uitdruklik dat dit is wat gaan gebeur! (1Tim.4:16)

Leringe Van Duiwels

Hiervandaan vertel Paulus ons deur die Heilige Gees hoedat die gebeure van die Laaste Dae en die en die gepaardgaande misleiding sal begin, en hy dui aan dat daar geveinsde leunaars in die kerk sal wees wat demoniese lerings sal propageer om die Christene te mislei. Die Heilige Gees Spreek nie deur Paulus met sagte strelende 'verskoon my' woorde, wanneer Hy hierdie misleiers beskrywe nie, en ook maak Hy geen verskoning vir hulle nie. Hierdie is nie goeie mense wat in 'n dwaling beland het nie, maar baie slegte mense wat soos wat Jeremia sê, ons nie eens vir hulle moet bid nie. (Jerm.14:11) Paulus plaas ook nie al die blaam op die duiwel nie. Die leringe kom van duiwels maar hierdie bose leringe word deur bose leiers in die kerke vir die waarheid verkondig. Aanvanklik is die leerstellings in 'n sagte wettiese vorm wat Nomianisme genoem word, wat ingestel is op sekere voedsel wat geëet en nie geëet mag word nie. Dit is ook nie hier die geval dat hierdie mense hulle net onthou van sekere voedsel omrede dit vir hulle 'n getuienis in die gemeenskap is nie, of omdat dit vir hulle 'n persoonlike keuse is nie, nee, hulle verkondig dit as 'n Skriftuurlike voorvereiste. Hierdie is om terug te beweeg na Judaisme, dit is ook nie die Judaisme wat die oorsprong van die Christelike geloof is nie, maar dit is 'n terug beweeg na 'n godsdienstige gebondenheid. Dit is ook nie 'n toeval dat die Sewende dag Adventiste, Mormone en die hipper Messiaanse ekstremiste en ook die Katolieke ens. betrokke is by sulke demoniese praktyke wat mense weer in gebondenheid van die voedsel wette en mense wette wil plaas nie. Ons kan nie pragtig en skoon en heilig probeer lewe op die gebooie van mense nie, die basis is óf die Woord van die Here óf die gebooie van die mense, u moet self kies. Om die wet en die genade te meng is 'n mengsel, en God haat mengsels!

Een groot gevaar wat uit die Post Millennium, en die 'Dominion' Teologie uit vloei is die Oorbeklemtoning van die Eskatalogie wat beter bekend is as die Kingdom Now beweging.

In 'n meer ernstige graad is die gereformeerde herboures, (Dit is die Calvinistiese idee van goddelike heersing waar die kerk al die regering se wettlike instansies oorneem en 'n goddelike regering instel voor die koms van Christus, wat ook gebaseer is op die polisie staat idee van Calvyn , Knox, Zwingli en

die Massachusetts Purityne.) wat nou deur die Charismania bewegings voorgestel word as 'n restorasie van die aarde, soos voor die sonde val van Adam, voor die Koms van Christus.

(Let maar op in nuusberigte hoedat die kerke al meer begin inmeng met staats instellings omrede die goddeloosheid wat al meer aanleiding gee tot 'n globale verval asgevolg van die verrotting wat binne in die huis van die Here begin het)

In Britanje, gedurende die bose uitbreking van die Toronto dwaling, het een van die Anglikaanse kerke wat tot vandag toe nog die dwaalprofete van Kansas City in Sheffield na volg, op die Nasionale TV senders verskyn waar die mense halfnaak en bostukloos in die kerk rondgedans het om sodoende aan die wêreld te toon dat hulle oppad is na die tyd van Adam en Eva soos voor die sonde val. Net soos wat die mens voor die sondeval net vrugte en groente geëet het en geen vleis nie, is natuurlik ook deel van hierdie wettiese voedsel instellings.

Met die besoedeling van die New Age denke in die Evangeliese kerke via die Vineyard bewegings en skrywers soos Clark Pincock, William De Artega, Patrick Dickson en Yongee Cho, is 'n menigte geredde Christene blootgestel en beïnvloed deur alle vorme van New Age denkes.

Dit is dan ook nie 'n toeval dat in baie plekke die idees van Hollistiese medisynes en vegetaristiese idees 'n weg begin vind het na 'n verhewe geestelikheid wat 'n ander bedekking ontvang het en nou genoem word die 'Evangelie tot Heiligmaking' wat natuurlik deur duisende Christene, wat die Skrifte verontagsaam aanvaar word. (verstommend)

Hiervandaan beweeg Paulus na die lering wat mense sal verbied om te trou, 'n lering van duiwels wat tot vandag toe nog deur die Roomse Katolieke Kerk as wet onderhou word, en hierdeur word die verordening van die natuurlike huweliksinstelling verwerp.

Die uitwerking van hierdie dwaling word duidelik in die Roomse kerk geopenbaar deur die plaag van homoseksualisme en kindermolesteerders onder hulle leiers omdat hulle ook afgewyk het van konvensionele owerspel tegnieke.

Vanaf die klooster hoerhuise (godsdienstige bordele) in die Donker Eeue en in die Herlewings tydperk tot en met dieselfde skandale in die tye van vandag (Kyk maar na die nuusberigte) wat tot regerings tot 'n val gebring het, en die seksuele skandale wat deur 'n Roomse priester gepleeg is met klein seuntjies wat aan die lig gekom het,?? Dit alles is die resultaat van hierdie leringe van duiwels!. Wanneer die natuurlike en die morele standaarde vernietig word, dan kom die onnatuurlike en die immorele standaarde as 'n plaag in die plek daarvan. (1Kor.7:9)

Die oorsprong van hierdie duiwelse leerstellings kan by Augustyn van Hippo gevind word wat onder die invloed van die Mancheanisme sekte was waarvan hy 'n lid was voordat hy hom tot die Christendom bekeer het onder die toesig van sy leermeester Ambrose van Milaan. Die Mancheane het 'n gnostieke leerstelling gehad wat leer dat alle dinge wat fisies is, verkeerd is omdat dit deur 'n 'minderwaardige god' beheer word. Augustyn het hierdie denke in sy godsdiens beginsels ingebou deur te sê dat die enigste goeie ding van 'n huwelik is om kinders te hê wat selibaat is. (Hulle kinders is met ander woorde

www.Moriel.org

nie gebonde aan hierdie huwelik nie) Terwyl Augustyn sekere eer verdien omdat hy die Palagietiese dwaling verwerp het, wat die oorspronklike sonde van die mens nie erken nie, het die bose dade wat deur die eeue in die naam van Christus gepleeg is soos die kruistogte en die vervolging van die 'Afvalliges', (Inkwisisie) deur die invloed van Augustyn ontstaan wat die idee gehad het dat die kerk brute vervolging kon toepas om mense tot bekering te dwing. Dit is ook Augustyn wat verantwoordelik is vir die dwaalleer van die Post Millennialisme idee wat weg beweeg het van Pre Millennianisme van die vroeë Apostoliese Kerk. Dit was ook Augustyn wat Christelikheid geherskryf het as 'n Platoniese godsdiens en met die idee van die Sigbare en die Onsigbare kerk na vore gekom het wat 'n voetstoel vir Konstantyn was waardeur die Christendom as 'n godsdienstige instelling van die Romeinse Ryk onderskrywe is.

Tragies is dit dat toe Johannes Calvyn met die Hervorming van die Kerk betrokke geraak het, het hy nie terug beweeg na die Bybelse riglyne soos wat die Ana Babtiste gedoen het nie, maar het hy terug beweeg na die leerstelling van Augustyn, en net soos in die geval van Augustyn was sy einde ook 'n Mengsel tussen die Waarheid en die valsheid.

Dit is ook ironies om te weet dat beide die Roomse Katolieke en die Hervormde Protestante afkomstig is van Augustyn, albei beklemtoon verskillende aspekte van dieselfde man se leerstellings en geloof terwyl hulle sekere aspekte deel. Die staat van die Huwelik was een van die dinge wat die Hervormers korek gehanteer het toe hulle die verwronge idees verwerp het as 'n demoniese leerstellings Maar die Heilige Gees sê uitdruklik dat hierdie denke weer na vore gaan kom aan die einde van die tyd.

In Amerika is 'n kerk: 'The Churh of Bible Understanding', 'n kultus wat gelei word deur Stuart Trail, wat uit die 'Jesus beweging' uitgegroei het, maar net soos wat die 'Children of God' beweging ontaard het in 'n demoniese kultus, het een van hierdie beweging se evangeliese groepering 'n beleid van eerbare kuishuid aanvaar. (Hulle leer om nie te trou nie)

Kommerwekkend is dit ook om op te let dat Bill Gotthard in sy seminare dieselfde rigting begin inslaan, en die potensiële gevaar is al reeds baie groot.

Gotthard ontmoedig huwelike tot op die ouderdom van 30 jaar, maar dit is 'n ginakologiese feit dat vroue wat nog nie by die ouderdom van 30 jaar 'n kind gehad het nie, 'n hoë kliniese risiko loop van onvrugbaarheid en miskrame en ook 'n hele aantal geboorte probleme en afwykings by hulle babas. Problematies is dit sekerlik dat Gotthart geensins enige mediese óf Teologiese kwalifikasies het nie.

Dit is dat ook nie verbasend dat Gotthard se broer betrokke was by 'n seks skandaal wat sy Illinois basis guruk het nie. Maar nog steeds is daar baie pastore en predikante wat hulle jeug gemeentelede aanmoedig om sy seminare by te woon! Nog meer verontrustend is egter die hande vattery met die Roomse Katolieke kerk om hulle te aanvaar as 'n Christelike beweging, nie teenstande die feit dat hulle leerstellings van duiwels aanhang!

Goeie Voeding En Nie Fabels Nie

In Vers 6 deur 'n Griekse woordespel, speel Paulus die dwaalleer van die verbod om voedsel te eet, of deur die slegte voedsel te vergelyk met opregte Leerstellings wat as Goeie Voeding verklaar word.

(Entraphomenos, wat goeie voeding beteken) Paulus neem dit verder deur om die valse leertellings te vergelyk met fabels, (Versinsels) of soos dit in die Grieks weergegee word as 'Muthos' wat Mites of godeverhale beteken, iets wat onheilig is. Hierdie onheilige versinsels is aan die orde van die dag in baie Charismatiese en Pinkster bewegings as dit getoets word teen die Charismata van die vroeë kerk en die Woord van die Here.

Dit is uit versinsels soos hierdie dat die Mancheanisme dualistiese mitise geloof wat Augustyn aangehang het, geleer het dat seks innerlik onbegeerlik is omdat dit 'n fisiese handeling is, en soos hierdie sekte se denkes was/is, is alles sleg wat fisies ingebore is. [Hierdie valse lering van duiwels word direk teengestaan deur die Skrif in 1Joh.}Want die Woord (Logos) het Vlees geword.]

Uit hierdie leerstelling kom daar die volgende: Die eerste is demoniese leerstellings (In hierdie geval, die verbod teen die huwelik) Die tweede is hierdie leuenaars, wat Paulus hulle noem, wat hierdie demoniese dwalings verkondig.

In Vers 2 noem Paulus hierdie leuenaars in Grieks 'Psuedologon' wat 'n valse 'Logos' beteken, en meer korrek is dit 'n demoniese vervalsing van die Woord wat Vlees geword het,??Koning Jesus wat Homself in die Vlees, deur die Heilige Gees geopenbaar het as die Lewende Woord in die Skrifte.

Onthou dat die tema van 2Thess.2 en 1Tim.4 albei die afval van die laaste dae aanhaal, en in albei kan die verhouding tussen die komende antichris en die afval gesien word. In 2Thess is hy die seun van verderf, 'n valse christus, (In plek van) In 1Timotheüs word die term 'Psuedo?logon' gebruik wat 'n valse logos (In plek van die Ware Woord) beteken. Daarom sien ons in 1Tim.4 dan instede daarvan dat die Ware Logos in die vlees openbaar word, gaan daar 'n valse Logos kom wat sal sê dat alles wat vlees, sleg is. (Dit is ook een van die hoof kenmerke van die antichris in 1Joh.4:1?3) Instede daarvan dat die Ware Logos Homself deur die Persoon van die Heilige Gees, in die Lewende Woord openbaar, word die valse logos deur 'n bonatuurlike wyse in 'n fabel geopenbaar. (Soos hierdie goudstof en goue tande wat so ophef maak) Instede daarvan dat die Ware Logos gepreek word deur die getroue diensknegte van die Here, soos Paulus en Timotheüs, word die logos nou gepreek deur 'n valse teruggevalde leuenaar wat alles die resultaat is van 'n godslasterlike valse kennis.

Dit, soos wat die Woord van die Here dit in hoofstuk 4 vir ons vooruit gesê het, het presies so gebeur, en dit gebeur vandag weer, maar die heel laaste keer, wanneer die laaste geboorte pyne die geboorte voorafgaan, dan gaan daar 'n totale afval wees, soos wat die Woord van die Here, deur die Heilige Gees deur Paulus en Timotheüs dit vooruit aan hulle gemeentelede en aan ons gesê het.

Die Redder Van Alle Mense

Hiervandaan gaan Paulus verder met 'n lys van persoonlike vermanings en aanbevelings aan Timotheüs en ook aanmoediging soos wat die Here Jeremia gesê het dat hy nie moet toelaat dat hy deur sy jonkheid ontmoedig word nie. (Jerm.1).

Ons hemelse Vader meet die ouderdom van 'n mens deur hoe lank 'n persoon Hom ken en ook aan 'n persoon se geestelike rypheid, en nie deur mense kennis en die biologiese aardse ouderdoms jare nie.

Met ander woorde 'n Wedergebore Christen se ouderdom word bepaal van die dag van sy / haar se geestelike wedergeboorte

Baie van Paulus se vermaning in verse 4?8 kan net so toegepas word op baie opregte gelowiges van vandag, maar in vers 10 openbaar die Heilige Gees deur Paulus dat 'God Die Redder van alle mense is', en baie belangrik: 'Die wat waarlik en opreg Glo'. Hierdie is beide 'n Christologiese en 'n Soteriologiese verklaring met betrekking tot ons redding, waardeur die Heilige Gees Paulus inspireer om die twee Skriftuurlike dwalings en misleidings baie duidelik moet aanhef, want die Here onse God het deur Sy alomteenwoordigheid dit vir ons vooruit gesê wat in die tyd na die apostels gaan gebeur en ook in die tye van vandag. Die eerste is dat daar mense gaan wees wat gaan ontken dat ons Redder, Koning Jesus Christus, ook God is, en die tweede is die Calvinistiese denke dat Koning Jesus net gesterf het vir die sondes die uitverkorenis en nie vir die sondes van die wêreld nie. In hierdie selfde Brief verklaar die Heilige Gees deur Paulus dat dit die Wil van God is dat ALLE mense tot redding moet kom (1Tim.2:4) Petrus skrywe ook : 2Pet.3:9: "Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom".

Die HERE ons God is Ewig, en is nie aan tyd gebonde nie. (Dit is waarom die verlede, die hede en die toekomstige dinge terselfdertyd in die Boek Openbaring plaasvind) Dit is waarom tyd relatief tot die ewigheid nie bestaan nie en dit is waarom die getal mense wat gered is / word voor die fondasie van die wêreld verordeneer is, maar met die vleeswording van die mens het God 'n TYD tafel ingestel en so tyd van die Ewigheid afgeskei om sodoende Redding tot alle mense te bring wat sal agslaan op God se onverdienstelike Groot Genade. Relatief tot die sfeer van tyd verklaar die Here dat Hy geen behae in die benarde toestand van die afvalliges het nie, maar dat Hy begeer dat almal tot bekering moet kom.?? Eseg.18:4: "Kyk, al die siele is myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun??hulle is myne; die siel wat sondig, dié moet sterwe".

Petrus wat in sy Rede Joël aanhaal sê: Hand. 2:21: "En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word". Met ander woorde die mens wat na Jesus Christus toe kom, wat antwoord op die Roepstem van die Heilige Gees, wat Christus leer ken het deur die Woord van God, dit is die persoon wat gered sal word, en niemand anders kan hier vir jou instaan nie. Die Heilige Gees het geweet dat misleiding en valse leerstellings gaan kom wat die Pragtige Waarheid gaan vervals en wat die Soewereine Genade van die Here aan enige iemand beskikbaar gaan stel deur misleiers wat eendag Sy Kerk gaan infiltreer, mense wat goedkoop handel dryf met die Genade van onse Here, mense word vertel dat hulle gered is wat nooit die geval is nie en hier maak die Here in die Skrifte voorsiening daarvoor. Die dwaling van die Hervormers in hulle denke oor die Soewereiniteit en die uitverkiesing van onse Here het deur die eeue baie groot skade aan die kerk aangerig. Dit is egter nie al die Calviniste wat so radikaal opgetree en sover gegaan as om 1Tim.4:10 effektief uit die Kanon van die Skrifte te vertaal nie.

Die vertaling was daarop gemik om te leer dat Koning Jesus NIE die redder van alle mense is nie. [1Tim.4:10: Afrk.83: Met hierdie vooruitsig span ons ons kragte in en stry ons, want ons het ons hoop op die lewende God gevestig, wat die Verlosser is van alle mense, van almal wat glo] Dit is die hipper

Calvinistiese ekstremiste wat leer dat God sekere mense geformeer het om ewig in die Hel te brand, terwyl die Woord van die Here duidelik sê dat dit die Wil van God is dat alle mense tot bekering moet kom.

As daar na die Calvynse komentaar: "Seneca's De Clementia" gekyk word dan sal gesien word dat die oorsprong van die Hervormers se Skrif eksegese afkomstig is van die Humaniste en nie uit die Bybel nie. 'n Oorsig van die Calvinistiese Post Millennium denke en Erastianisme, ('n Staats kerk) en die kinderdoop, openbaar dat hulle kerkleer van die Roomse Katolieke kerk afkomstig is. As die Skrifte geondersoek word vir die Calvynse Hervormers denke van 'n Verbond Teologie, waar God net twee verbonde gesluit het, een met Adam en een met Abraham, (Waaruit die Vervangings Teologie ontstaan het) dan kan dit nie gevind word nie. Bo en behalwe dit is die Calvinistiese denke oor die uitverkiesing verbind aan die filosofiese basis van die fatalistiese stellings van die Inja Allah van Islam, en nie aan Christelike leerstelling nie.

1Timotheüs 4:10 spreek duidelik sy misnoë uit teen die Calvinistiese denkes wat God se Genade beperk en wat die Bloed van Koning Jesus beperk om vir alle mense Redding te bring.

Maar dit is ook waar dat die Here van die begin af weet wie aan Hom gaan behoort, dit is diegene wat gaan agslaan op Sy Roepstem en hulle tot Hom bekeer. Ons kan ons nie self red nie, ook kan ons nie tot bekering kom as die Here ons nie self uit die doderyk uit roep nie. Maar God het geen mens geformeer vir die Hel nie! Die Hel is gemaak vir Satan en sy engele. (Matt.25:41) Onse Here is 'n God van Liefde en wil dat ALMAL tot redding kom.

Maar almal sal Hom nie aanneem nie, en onse Here weet wie hulle is wat Hom gaan aanneem en wie nie. Koning Jesus is God en Redder van alle mense, en baie duidelik is dit die Gelowiges. Ons glo, óf wat Paulus deur die Heilige Gees opgteken het, óf ons glo Calvyn!

Goddelike Balans

Gee ag aan die Woord van die Here en verwaarloos nie Gawe wat jy ontvang het nie.

In Vers 13 vermaan Paulus dat aandag gegee moet word aan die lees van die Skrifte, DEUR VOORLESING, VERMANING EN LERING. As hierdie drie belangrike riglyne nie in 'n bediening teenwoordig is nie sal so 'n bediening in 'n afval beland. Vandag kan ons dit baie duidelik waarneem deur die drastiese daling van gemeente lede getalle van die Verenigde Gereformeerde, Metodiste, Prebiteriaanse en baie ander kerke. Die BBC in Engeland het in 'n statistiek getoon dat gemeente lede getalle in hierdie kerke met 36,000 gedaal het. Daar word egter 'n groot groei in ledetalle van Oosterse gelowe en ander kultusse waargeneem, alles dui daarop dat die vermaning van Paulus absoluut verontagsaam is.

Dit is opmerksaam dat eerste doelwit wat Paulus aanhaal die: 'LEES VAN DIE SKRIFTE' is. Die eerste kerk was afhanklik van Skrifte wat op perkament of boekrolle aangeteken is en wat dus assulks voorgelees moes word, nie almal het boekrolle gehad nie, maar vandag is dit merkwaardig hoeveel mense kerk toe kom sonder 'n Bybel en wat sit en luister na 'n seremonie sonder om enigsins belang te stel wat in die Woord van die Here staan. Geloof kom deur die Woord van God, en die klem val hier op die lees van die Skrifte. Vandag egter, in plaas daarvan om 'n skrif gedeelte te lees en dit te bespreek en te verklaar

volgens die Skrifte, word net hier en daar 'n paar verse aangehaal en dan volg dit met 'n bespreking wat totaal buite konteks van die gegewe Skrifteks is en wat dan as 'n preek bedien word. Ons moet Skrif met Skrif vergelyk en nie Skrif met mense denke nie! Dit is waarom die Here ons waarsku om nie baie leermeesters te wees nie, want diegene wat leer sal 'n groter oordeel ontvang. (Jak.3:1)

Tweedens beveel Paulus dat die SKRIFTE gebruik moet word in Bybelse onderrig. Soos wat Watchman Nee gesê het: Daar is 'n groot verskil tussen Ware Kennis en gewone inligting.

Die Bybel is nooit vir ons gegee om ons kennis te verryk vir die doel van kennis nie, maar die Woord van die Here is aan ons gegee om ons lewens te verander. Paulus gebruik die Griekse woord 'Paraklesio'?? wat beteken om af te smeek soos in 'n vermaning met die oog op vertroosting, en is direk verwant aan die Griekse woord 'Parakletos' (Paraclete) wat 'n beskrywendte titel van die Heilige Gees is wat ons tegemoet kom as ons Trooster, maar die Heilige Gees se hoofdoel is om Jesus Christus, die Woord wat vlees geword het, te openbaar en te verheerlik.

Die Gees en die Waarheid is gemeenskaplik afhanklik van mekaar en nie gemeenskaplik eksklusief nie. Die Heilige Gees handel volgens die Geskrewe Woord want Hy is Geïnspireer.

Dit bring ons by die derde bespreking van Paulus.

Lering, in Grieks is 'Didasklia' wat in die Nuwe Testament 'Skrifuitleg' beteken. Hierdie woord kom direk van die Griekse woord 'Didaskein' wat die 'Geskrewe Woord' van die Here is. Die Heilige Gees noem dit die Lering van Koning Jesus, en om die Skrifte te verwerp is om Jesus Christus self te verwerp. In Skriftuurlik Woordverband is die Lering van die Heilige Gees absoluut gefondeer op die Skrifte en die Skrifte alleen, en om te probeer om met mense denke die Here te verheerlik is 'n dwaling wat aanleiding gee tot misleiding.

Paulus se rede is absoluut eerstens gefondeer op die Skrifte waardeur hy vir Timotheüs aanmoedig om nie die Geestelike Gawe wat hy ontvang het te verwaarloos nie.

Die woord vir gawe hier is 'Charismatos', 'n Genade Gawe wat aan 'n induvidu geskenk is om die Liggaam te bedien, dit om 'n persoon toe te rus vir die bediening wat in hierdie geval verbind word met die gawe van 'n profetiese bediening.

As daar nie in 'n bediening 'n ferme Bybelse Skriftuurlike basis bestaan nie, dan kan daar nie 'n Bybelse Charismatiese basis bestaan nie, en alles sal gebonde wees aan 'n on?Bybelse Charismatiese bediening. (Wonders en tekens) Bybelse Charismatiese, en Bedienings Gawes is tot stigting van die gemeente en dit is gereedskap wat ons nodig het om die taak wat ons opgedra is te kan uitvoer. (1Kor. 12:4?5) Hierdie is die 'Talente' waarna Koning Jesus verwys het, en ons sal geoordeel word navolgens hoe ons dit belê het tot eer en verheerliking van onse Here Jesus Christus. (Matt.2514?26)

Een van die redes waarom die duiwel vervalsde charismatiese gawes gebruik is om dit onaanvaarbaar vir mense te maak en daardeur die mens ongewapen in 'n geveg in te stuur. (1Kor.14:23) Dit is ook waarom Satan mense gebruik om die Genade Gawes af te skryf as iets wat net in die apostels se tyd gebeur het

en dat dit nie meer vandag bestaan nie. Satan gebruik ongeredde mense om te sê dat mense sielsiek is wat deur die Heilige Gees gelei word in 'n openbaring van Charismatiese Gawes.

Romeine 11 deel met die Profetiese Doelwit van ons Hemelse Vader vir die Jode, en Romeine 12 begin waar Paulus leer oor die verbintenis tussen die Charismatiese en die Bedienings Gawes. Daar is nie hoofstuk skeidings in die oorspronklike Griekse Teks nie, en so is dit vir 'n baie goeie rede dat Paulus die uitverkiesing van Israel verbind met die Charismatiese Gawes in Rom. 11:29, (Die woord wat hier gebruik word is ook Charismata) wat dit duidelik maak dat die Jode én die Charismatiese Gawes nie opgehou bestaan het nie.

As enige mens of instelling vir u vertel dat daar 'n verskil is tussen Eerste Kerk en wat die Kerk van vandag behoort te wees, dan moet u weet dit is 'n misleiding, want die Woord van die Here het nog nooit verander nie, die Here gaan nie terug op Sy Heilige Woord nie. Die rede waarom Paulus die Roeping Gawes en die Charismatiese Gawes verbind met Romeine 11:29, is omrede die dwalings wat sê dat God die Gawes in die vroeë Kerk be?eindig het, en ook die dwaling wat leer dat God klaar is met die Jode. Paulus noem diegene wat onkundig in die Charismatiese Gawes is 'Idiotai' wat idiote, swaksinnig beteken! (1Kor.14:23) .

In 1Korinte 13 sien ons dat die Gawes sal aangaan todat die 'volmaakte' gekom het, wat in die woordverband van hierdie Skrifteks verwys na die 'Perousia' : Die Wederkoms van Koning Jesus Christus en nie na die Kanon van die Nuwe Testament nie. 1Korinte 1:7?8 sê baie duidelik dat die Charismatiese Gawes sal aangaan tot met die Wederkoms van Koning Jesus Christus.

Paulus lê baie klem op die waarheid van 1Tim. 4:15 wat hy opdra aan Timotheüs waardeur hy hom aanspoor om die pyn te verdra wat sal volg as hy hierdie Waarheid aan alle mense bring, (Gered en ongered) as 'n getuienis vir die wat verlore gaan, maar ook as 'n voorbeeld en 'n regverdiging van sy bediening aan die Kerk. (Ook diegene wat op hom neergekyk het asgevolg van sy jeugdigheid) Paulus sluit sy Rede af deur baie ernstig by Timotheüs, en by ons, aan te dring om baie versigtig op ons bediening en lerings te let, want dit is nie net genoeg om die Regte Lerings te leer nie as ons gerdrag nie daarby pas nie. Daar is mense wat dink dat as hulle reg lewe dan kan hulle maar sekere dwalings ignoreer, maar die Heilige Gees wat deur Paulus spreek sê nie so nie. Verkeerde leerstelling sal sekerlik lei to verkeerde optredes, en as ons gedrag en ons leerstelling reg is, dan is daar nie 'n rede vir ons om vir so 'n afval te vrees waarteen die Heilige Gees ons uitdruklik waarsku nie, maar ons sal wees soos in vers 16: "Let op jouself en op die leer; volhard daarin; want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as die wat jou hoor".

Spreuke 2:1?5: MY SEUN AS JY MY WOORDE AANNEEM EN MY GEBOOIE BY JOU BEWAAR, SODAT JY JOU OOR LAAT LUISTER NA DIE WYSHEID, JOU HART NEIG TOT VERSTAND; JA, AS JY NA DIE INSIG ROEP, NA DIE VERSTAND JOU STEM VERHEF, AS JY DAARNA SOEK SOOS NA SILWER EN DIT NASPEUR SOOS VERBORGE SKATTE, DAN SAL JY DIE VREES VAN DIE HERE VERSTAAN EN DIE KENNIS VAN GOD VIND. †††

You are here:

Sermons in Afrikaans