The Road to Emmaus / Die Pad na Emmaus

Die pad na Émmaüs

In hierdie tyd is ons volgens die Joodse kalender ingewig tussen “ Hag Mazot”en “Hag Shavu’ot—Pasga (Passover) en die Fees van Weke, wat in Christelike term ooreenstem met die opstanding van Jesus tot op die dag van Pinkster. Dit was gedurende hierdie spesifieke tyd wat Jesus uit die dood opgestaan het en begin het om in die tuin aan Sy dissipels te verskyn.

Jesus het deur mure van Jerusalem geloop; Hy verskyn op die strand van die See van Galilee, dan is daar Sy verskyning op die pad na Emmaus.

Wat met Jesus Gebeur, Gebeur met Ons.

Kom ons begin met die Hebreeuse Profeet Hosea – “Howshea Ha’Nabiy.” “Kom en laat ons terugkeer tot die HERE; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind. Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe. En laat ons ken--laat ons dit najaag om die HERE te ken; sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei.” (Hosea 6:1-3)

Hier het ons drie verse- elk met ’n profesie oor Jesus, maar op ‘n manier sê Hosea al drie van hulle word op ‘n manier gelykmatig op ons toegepas. “Kom laat ons terugkeer tot die HERE.”

‘Terugkeer’ is ‘tesuba’, die Hebreeuse woord vir “bekeer” Wat beteken om terug te draai na God. Ons dink van bekering soos toe ons weer gebore is, maar Jesus sê vir die gemeente by Efese, ‘n groep mense met die korrekte lering en goeie werke, om terug te keer na hulle eerste liefde. (Op. 2:4,5) maar dan lees ons—“want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind.”

Wat het met Jesus gebeur? Hy was gewond. Dieselfde term word in Jesaja gebruik- letterlik: “Hy was deurboor –“paga”- om oop gesny te word. (Jes. 53:5) Hierdie woord “paga”- gewond, gesny- kom van ‘n Hebreeuse woord- om tussenbeide te tree, wat beteken Hy was in die plek van iemand anders gewond. Maar alhoewel daar ‘n verwonding was, het die Here ‘n genesing gebring.

Jesus was aan die kruis in ons plek deurboor, maar met die opstanding was Hy genees. En wanneer die Here ons wond dan sal Hy ons verbind. “Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe.”

Wat met Jesus gebeur het gebeur met ons. Dit sê nie net Jesus sal op die derde dag opstaan nie, nee, ons sal op die derde dag opstaan. Sy dood is ons dood; daarom is Sy opstanding ons opstanding. Dink aan die opstanding as ‘n vrugbare gebeurtenis.

Ons wag nie vir die Wegraping of vir die opstanding nie; die Wegraping en die opstanding het alreeds begin, ons wag vir ons rol daarin. Die opstanding begin met die Eerste Vrugte—Jesus was die Eerste Vrugte van die Opstanding. (1 Kor. 15:20) Omdat Sy Dood ons dood is, is Sy opstanding ons opstanding. Die opstanding het alreeds begin en ons wag vir ons rol daarin. Net so met die hemelvaart; die Wegraping het alreeds begin. Ons wag nie vir die Wegraping nie, ons wag vir ons rol daarin. Dit is waarom Hebreërs 1-1-2 die konteks- “in hierdie laaste dae” voorsien. Omdat ons alreeds in die Laaste Dae is. Die Wegraping en die opstanding het alreeds begin.

Die beste manier wat ek dit kan verduidelik is deur die Normandiese inval met D-Dag in Junie 1944. Amptelik was D-Dag op die 6de Junie 1944 maar in werklikheid het dit al die 5de Junie begin toe Amerikaanse en die Britse valskerm soldate agter die Duitse linies geland het en hulle kommunikasie lyne verwoes het. Maar dit was ‘n geheim niemand het geweet wat in die werklikheid besig was om te gebeur nie alhoewel die inval in Normandië op die 5de Junie begin het, het net sekere mense geweet dit is die inval, dit was eers die volgende dag, D-Dag dat almal geweet het wat besig was om te gebeur toe die amfibiese voertuie op die strande geland het.

Dit is dieselfde met die Laaste Dae. Die Laaste Dae het alreeds begin maar net die ingeligtes weet dit. Net ons weet dit. Dit begin by die opstanding en die hemelvaart van Jesus, die wêreld weet dit nog nie. Ons is soos die Britse en Amerikaanse troepe wat agter die Duitse linies geland het om die weg voor te berei vir die groot inval.

Ons is eenvoudig net hier om die komende eeu in te lei, die koms van die Here Jesus. Jesus sal kom en die inval is inderdaad aan die kom. Die inval is alreeds besig om te gebeur, ons wag basies vir almal om dit te sien gebeur. Maar ons weet dit is alreeds besig om te gebeur. Jesus se dood is ons dood, Sy opstanding is ons opstanding.

En laat ons ken--laat ons dit najaag om die HERE te ken; sy opgang is so seker soos die dagbreek;” Weereens, al vier die Evangelies sê Jesus het met “Hag Ha’Mazot,” die Hebreeuse Eerste Vrugte Fees, die eerste dag van die week met dagbreek toe dit nog donker was-opgestaan, maar dan word dit as ‘n Pinkster profesie gesê... “--en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei.” (Hos. 6:3) Die uitstorting van die reën wat in die watertafel-“maim hayim” gevorm word, is ‘n metafoor vir die Heilige Gees.

Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge.” (Jes. 44:3)

Die reën wat begin val is ‘n beeld van die Heilige Gees as Lewende Water soos ons sien in Johannes 4 en 7 waar Jesus sê die Heilige Gees is Lewende Water. As ons dus weer in Hosea daarna kyk, dan sien ons die verwonding maar ook die opstanding. Ons het die uitstorting van die Heilige Gees na die opstanding. Wat met Jesus gebeur het, gebeur met ons, Sy dood moet ons dood wees, Sy lewe is ons lewe en die krag van Sy Gees wat in ons manifesteer.

Verenigde Samehorigheid in Bar Abbas.

Ons het ‘n teologiese term wat geken word as ‘n “verenigde samehorigheid.” (Corporate Solidarity) Dit is waar een persoon ‘n groter groep mense verteenwoordig, waar een man of een vrou ‘n beeld is van ‘n groter groep. In die Lyding verhaal, die verhaal van die dood en opstanding van Jesus, is daar ‘n hele paar belangrike “verenigde samehorigheid”, mense wat beelde is van ons. Een van die mees belangrike mense is iemand wat in Aramees “Barabbas”- “seun van die vader” genoem word. Ons sien dit toe Pilates hom in Lukas uitgebring het.

Maar die hele menigte skreeu en sê: Weg met Hom, en laat vir ons Barábbas los!” (Luk. 23:18)

“Gee vir ons Barabbas.” Pilates wou Jesus vrylaat, hy wou die saak na Herodes verwys.

Maar Herodes sou Jesus vrygelaat het as Hy ‘n vertoning gelewer het. As Jesus gewillig was om wonders en tekens te doen dan sou Herodes gewillig wees om Hom vry te laat. (Luk. 23:8).

Let op die enigste ding wat Jesus moes gedoen het om nie na die kruis toe te gaan nie was ‘n om ‘n “Benny” of ‘n “Kenny” op te dis. Al wat Hy moes doen was om godsdienstige drog tekens- vertonings (shows) op te voer.

Jesus het nie een keer wonder en tekens en genesings, “semeion mipla’ot” in Hebreeus, toegelaat om die hoof fokus van Sy boodskap in Sy bediening te wees nie. Dit is nie waaroor Jesus se bediening gegaan het nie. Hierdie tekens volg. Daar is mense wat beweer dat wonders en tekens die sleutel is om mense tot redding te lei; Dit is was John Wimber se argument, maar die feit is Johannes 10 sê die teenoorgestelde: Jesus vra: “Oor watter een van dié werke stenig julle My?” (Vers 32)

Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.”(Rom. 10:17)

Dit is nie om na vertonings te kyk nie. Die Antichris en die Valse Profeet gaan vertonings lewer en hulle gaan die nasies mislei. (Op. 16:13-14); Hulle gaan die Jode en die afvallige kerk mislei. (Die feit is, hulle is alreeds mislei, hulle wag net vir ‘n groter misleiding.

Herodes stuur Jesus na Pilatus en Pilatus sê” “Wel, ek sal hierdie man op ‘n manier moet loslaat, ek weet Hy is onskuldig, wat gaan ek doen? Ek weet! Ek gaan ‘n terroris in sy plek kry.”

Barabbas was iemand wat die Nuwe Testament na verwys as ‘n Zealot. (yweraar) Josephus skryf baie oor hulle, die “Sukim”. Dit was mense wat godsdiens gebruik het om hulle booshede soos moord en ander wreedhede weg te steek, baie soos Al Qaeda en die IRA of ander wat godsdiens gebruik as ‘n sambreel of ‘n propaganda oogmerk of ‘n pakket. Mense wat met die mees gruwelike kriminele aktiwiteite te doen het. Hulle teer op hulle eie mense. Josephus skryf oor die wreedheid van hierdie mense teenoor die Jode wat erger was as wat die Romeine met hulle gedoen het. Hierdie “Sukim” waarvan Barabbas een was, was wreder teenoor hulle eie mense as wat die Romeine ooit gewees het.

En dan het ons “Bar- Abbas.” Nie ‘n Hebreeuse naam nie, maar ‘n Aramese naam wat letterlik “seun van die vader” beteken.

“Wie gaan ek vrylaat? Bar-Abbas of Rabbi Yeshua Bar Jozef? Wil julle hê ek moet hierdie terroris, hierdie krimineel, moordenaar vrylaat, of wil julle hê ek moet hierdie rabbi van Galiléa loslaat wat liefde vrede en vergifnis leer, wat ‘n dogter uit die dood opgewek het, wat die blindes laat sien het, die dowes laat hoor het, die lammes laat loop het, hierdie man van liefde?”

Wie sal dit wees: “Bar-Abbas, of Rabbi Yeshua?” En dieselfde skare wat ‘n paar dae gelede Hosanna gesing het met die triomferende intog in Jerusalem- skree nou, “Kruisig Hom! Gee vir ons Bar-Abbas ! Toe Jesus gewillig was om vir hulle ‘n vertoning te lewer was almal vir hom maar toe Hy nie opgetree het soos wat hulle wou gehad het nie wou hulle niks meer met Hom te doen gehad het nie. “Kruisig Hom! Gee vir ons Bar-Abbas!” Nie almal nie maar baie van hulle was deur die godsdienstige leiers van die dag opgehits. Die Sanhedrin het hulle opgehits om te sê: “Gee vir ons Bar-Abbas!” Gee vir ons die seun van die vader!

Ons is almal Bar-Abbas

As iemand weergebore is- as mense hulle sonde bely het en Jesus aanvaar het dan het hulle ’n ander naam ontvang, en hierdie naam is “Bar-Abbas”. Elkeen van ons word ‘n seun van die Vader. “Gee ons Bar-Abbas!” Ons het ‘n seun van die Vader geword omdat Jesus deur die Vader ‘n vloek geword het vir ons sonde. Gee vir ons “Bar-Abbas!” Dit is altyd so.

Gee vir ons daardie dwelm smous in Oos New York, Jacob Prasch. Wat sal ek doen met hierdie Rabbi wat mense uit die dood laat opstaan, wat die siekes genees, wat die kreupeles laat loop, wat liefde en vrede leer, wat die dogter se lewe vir haar terug gegee het, wat sal ek met Hom doen? Maak Hom dood! Gee vir ons Jacob Prasch. Maak Hom dood! Gee vir ons John Higgens. Ek word ‘n “Bar–Abbas” omdat Jesus, wat onskuldig was, in my plek vervolg was.

Maar ek is die skuldig aan al hierdie dinge waarvan hulle Hom beskuldig het. Muitery, rebellie, laster, om mense te mislei. Ek was skuldig aan al hierdie dinge waarvan hulle Jesus beskuldig het.

Jy kan my “Jacob” noem, dit is aanvaarbaar, maar wat maak ons as my en jou regte naam- “Bar- Abbas,- Barabbas is?. Hoekom is ek Barabbas? Hoekom is ek ‘n seun van die Vader? Omdat met betrekking tot die Ware Seun van die Vader, van wie hulle gesê het “ Kruisig Hom!” Het Hy gesterf sodat ek ‘n seun van God kan word. Dit is die eerste verenigde samehorigheid.

 

Die Verenigde Samehorigheid van Simon van Cirene.

Volgens die Romeinse wet, wanneer ‘n persoon tereggestel word deur die Romeinse kruisiging metode (die Jode het mense gestenig en kruisiging was basies ‘n Grieks – Romeinse instelling) dan moes die persoon sy skuld dra wat hy in die openbaar moes vertoon deur die dra van die kruis. Die skuldige persoon moes sy eie kruis dra, dit was die Romeinse wet. Maar dan sien ons iets anders wat gebeur.

En toe hulle Hom weglei, neem hulle 'n sekere Simon van Ciréne wat van die veld af gekom het, en sit die kruis op hom om dit agter Jesus aan te dra.” (Luk. 23:26)

Hoekom het Jesus nie Sy eie kruis gedra nie? Omdat volgens die Romeinse wet sou dit beteken dat Hy skuldig was vir dit waarvoor Hy veroordeel sou word.

Jesus was nie skuldig vir dit waarvoor Hy veroordeel sou word nie; Simon was skuldig, ek was, jy was, ons was, Richard Wurmbrand was skuldig, hy was ‘n Joodse gelowige wat ‘n Christen geword het—My vrou het hom geken voordat hy gered is van die Joodse gemeenskap in Roemenië- hy was as ‘n Jood deur die Nazi’s vervolg en ook deur die Kommuniste as ‘n Christen. Hulle het hom vir 14 jaar toegesluit, hulle het sy vrou gearresteer, hulle het hom wreed mishandel en gemartel. My vrou kon met hom in Roemeens praat en hy het ‘n preek aangehaal wat hy gepreek het waar hy gesê het: “Jesus het nie net eenvoudig gesê ek gaan in jou plek sterf nie! Hy het gesê- Ek gaan in jou plek sterf, maar kom jy hier en sterf saam met My.”

Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe, (Hos. 6:2) omdat Sy opstanding ons opstanding is en Sy dood is ons dood, en so het Simon hom gevolg-- Simon het Hom gevolg. “Neem op jou kruis en volg My”. (Mat. 10:38; 16:24).

My las is lig” (Mat. 11:30). Hy het die ware werk gedoen en ons is geroep om die kruis te dra. Hy moes aan die kruis vas genael word. Neem die kruis op! Kruisig die ou natuur, kruisig daardie ou man! Kruisig daardie ou vrou!- die ou skepping. (Rom. 6:6) Neem op jou kruis en volg My!

As iemand skuldig is aan dit, kruisig dit en volg My. Ja, ons het ‘n ander naam. Miskien is jou naam “Jack” of “Jill” of miskien “Harry” of “Griet”, dit maak nie saak wat jou naam is nie, jou naam is ook “Simon van Ciréne” As jy ‘n ware Christen is, neem op jou kruis.

Die Verenigde Samehorigheid van die twee Kriminele.

Maar daar is ook ‘n derde verenigde samehorigheid wat baie belangrik is, ons lees daarvan in dieselfde hoofstuk wat gaan oor die kruisiging.

En een van die kwaaddoeners wat opgehang is, het Hom gesmaad en gesê: As U die Christus is, verlos Uself en ons. Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jy ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? --ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie. En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom. En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.” (Luk. (23:39-43)

 

Dit is belangrik. Ons is almal kriminele; ons is almal diewe; ons is almal moordenaars. Ek is ‘n dief en ‘n leuenaar. Die Bybel sê as iemand iets begeer wat aan iemand anders behoort dan is dit in die oë van ‘n Heilige volmaakte God dieselfde asof dit gesteel is. As ons iemand se vrou of man begeer, of by ‘n getroude man of vrou wil slaap dan is dit volgens God dieselfde asof dit alreeds gebeur het. (Mat. 5:27-28) Ons is almal hoereerders, ons is almal moordenaars. (Mt. 5:21-26).

As ek kyk na al die politieke korrupsie in die wêreld en die skynheiligheid van die media en Moslems dan bevind ek my in ‘n geestelike stryd om nie woedend te raak nie. Ek haat die sonde, nie die sondaar nie. Ek onthou dat afgesonder van die genade van Jesus is ek nie beter as hulle nie. Ons is Almal moordenaars.

Ons lees in die Boek Job en Klaagliedere dat niemand ‘n rede het om te kla nie. Daar is diegene wat ‘n baie slegte deel in die lewe ontvang het, ek is baie jammer daaroor, dit is moeilik, maar dit maak nie saak wat met hulle gebeur nie, dit maak nie saak hoe onregverdig dit is nie, omdat ons sondaars in die oë Here is, het ons geen rede om te kla vir dit wat ons ontvang het nie.

Jesus is die enigste Persoon wat nie sonde gehad het nie en Hy het die slegste deel van alles ontvang. Hy was totaal onskuldig maar Hy het nie gekla nie; Hy het nie ’n woord gesê nie. (Hand. 8:32) Ons kan kla en kerm (kvetch) maar Jesus het dit nie gedoen nie.

En so het ons ‘n derde verenigde gemeenskaplikheid: Die kriminele of, die “goeie” en of die “slegte” een. Een van hulle op die kruis sê: “Jesus, U is, is die Messias, kry ons hier af.” Al wat hy wou gehad het is dat Jesus iets vir hom moes doen in hierdie lewe en in hierdie wêreld.

Daar is mense wat heel gelukkig is om te bely dat hulle Christene is, of dat hulle na Jesus gekom het, hulle hand op te steek met ‘n kansel oproep, of om ‘n kerkraad vergadering by te woon, met die idee dat Jesus iets vir hulle in hierdie wêreld en lewe gaan doen.

Ek wil nou nie sê dat Jesus nie kan nie of dat Hy nie iets vir ons in hierdie wêreld en lewe doen nie, Hy doen dit verseker. Maar dit is nie waaroor dit gaan nie. Daar is Christene wat niks anders as ‘n tronksel ken nie. Met tye bedien ek in Indonesië in Aceh waar mense onder die Sharia wet is waar Christene gemartel word. Die enigste ding wat Jesus vir hulle gee is ‘n martelaar kroon en jy hoor hulle nie kla nie.

Die “goeie” dief sê, “Kyk, dit maak nie saak wat met my gebeur nie, ek ken my sonde, Jesus het nie sonde gehad nie. Asseblief Here dink aan my in U Koninkryk.” Al twee van hulle roep uit na Jesus maar met wat se motief? Daar is mense wat na Jesus roep net om vry kaartjie te kry, ‘n goeie lewe in hierdie wêreld, en hulle mis die hele punt. Aan die ander kant is die “goeie dief” iemand wat na Jesus roep en sê: “Ek weet wat ek is, ek weet hoe sleg ek is en ek weet hoe totaal goed U is. Here dink aan my in U Koninkryk”

Ons is almal kwaaddoeners, die vraag is wil ons ‘n “goeie” een of ‘n “slegte” een wees? ‘n “goeie” dief is nie die een wat nie gevang word nie; ‘n goeie dief is die een wat weet hy verdien om gevang te word en dat Jesus hom na alles wil vergewe.

 

Verenigde Samehorigheid Ná die Opstanding.

Ons het gekyk na verenigde samehorighede, maar hierdie verenigde samehorigheid oorskry Jesus se kruisiging; hulle tree in werking na Jesus se opstanding. En so in hierdie tyd van die jaar lees ons in die volgende hoofstuk van Lukas ‘n verstommende verhaal. Hierdie verhaal vertel ons iets wat op so baie maniere in ‘n neutedop so baie van wat die Christen lewe behoort te wees maar wat baie van ons nie regtig verstaan nie.

“En twee van hulle was dieselfde dag op pad na 'n dorp wat agt myl van Jerusalem af was, met die naam van Émmaüs. En hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat voorgeval het. En terwyl hulle praat en mekaar ondervra, kom Jesus self nader en loop met hulle saam.

Maar hulle oë is weerhou, sodat hulle Hom nie kon herken nie.”

“Hulle oë is weerhou, sodat hulle Hom nie kon herken nie.”

En Hy sê vir hulle: Watter woorde is dit wat julle met mekaar loop en wissel, en waarom is julle bedroef? En die een wie se naam Kléopas was, antwoord en sê vir Hom: Is U alleen 'n vreemdeling in Jerusalem en weet U nie van die dinge wat in hierdie dae daarin gebeur het nie?.

Weereens, dit is belangrik om die tye te verstaan, hier was dit die periode tussen die Pasga en die Fees van Weke. Beide die Pasga en die Fees van Weke—Pasga en Pinkster—was pelgrims feeste. Die Jode het van verskeie streke afgekom om dit in Jerusalem te vier en as dit vir hulle moontlik was het hulle in Jerusalem oorgebly inplaas daarvan om heen en weer te reis. Baie mense het die plek besoek, ons kan dit vergelyk met ‘n vakansie oord en mense getalle wat toeneem gedurende die seisoen en ook die vermindering ná die seisoen.

En Hy sê vir hulle: Watter dinge? En hulle antwoord Hom: Die dinge aangaande Jesus, die Nasaréner, wat 'n profeet was, kragtig in werk en woord voor God en die hele volk; en hoe ons owerpriesters en owerstes Hom oorgelewer het tot die doodstraf en Hom gekruisig het.

Let op die strafbaarheid van die godsdienstige instellings, in daardie tyd was dit die Sanhedrin, vandag is dit die Vatikaan Curia en die Wêreld Raad van Kerke, hulle kruisig Jesus vandag nog.

En ons het gehoop dat dit Hy was wat Israel sou verlos; maar nou is dit vandag, met dit alles, die derde dag vandat dit plaasgevind het.”

Die “derde dag” in Bybelse tipologie is altyd ‘n skadu verwysing na ‘n opstanding ondervinding.

Maar sommige vroue uit ons het ons ook ontstel nadat hulle vroeg by die graf was; en toe hulle sy liggaam nie kry nie, het hulle gekom en gesê dat hulle ook 'n gesig gesien het van engele wat sê dat Hy lewe. En sommige van die wat saam met ons was, het na die graf gegaan en dit net so gevind soos die vroue ook gesê het; maar Hom het hulle nie gesien nie.

“En Hy sê vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het! Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie? En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het. Daarop kom hulle naby die dorp waarheen hulle op reis was, en Hy het gemaak of Hy verder wou gaan; maar hulle het by Hom aangedring en gesê: Bly by ons, want dit is amper aand en die dag het gedaal; en Hy het ingegaan om by hulle te bly.”

(Let op, hulle nooi Hom in.) 

Toe is hulle oë geopen en hulle het Hom herken, en Hy het uit hulle gesig verdwyn. En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie? Toe staan hulle in dieselfde uur op en gaan na Jerusalem terug en vind die elf en die wat saam met hulle bymekaar was, wat sê: Die Here het waarlik opgestaan en het aan Simon verskyn. Toe vertel hulle wat op die pad gebeur het en hoe Hy aan hulle bekend geword het by die breking van die brood.” (Luk. 24:13-35)

Tot vandag toe hou Ortodokse Jode die week na Pasga miniatuur Seder etes. Die Apostels kon dit nie bywoon nie omdat Jesus vir hulle gesê het dat Hy nie weer die Pasga sal neem tot en met die Huwelik aandete van die Lam (Luk. 22:14-18). Die Apostels kon nie daar wees nie. Maar Jesus openbaar Homself by die breking van die brood en dit is altyd na die derde dag soos wat Hosea gesê het. (Hos. 6:2).

Die Derde Dag

Die vraag wat dikwels gevra word, is: Hoe kom ons by die drie dae en drie nagte van Jesus se kruisiging uit? Het Jesus op ’n Woensdag of op ‘n Donderdag gesterf?

“En dit was omtrent die sesde uur, en daar het duisternis oor die hele aarde gekom tot die negende uur toe-” (Luk. 23:43) Met ander woorde van 12 uur die middag af tot 3 uur die middag.

Die Jode bereken tyd van sonsondergang tot sonsondergang, dit word altyd gebaseer op die skeppings verhaal in Genesis- ‘Owr’ na ‘choshek’- lig tot donker. Dit maak nie saak hoeveel ure van die dag oor is nie omdat as die son onder gegaan het was dit gereken as ‘n dag. Dit kon nie ‘n verduistering gewees nie om twee redes, eerstens dit was die 14de Nissan.

Die Jode volg ‘n maan kalender. Dit is die teenoorgestelde fase van die maan siklus vir ‘n sonsverduistering om plaas te vind. Dit kon nie ‘n sonsverduistering gewees het nie; iets moes met die son gebeur het. Hosea sê Hy sal ons op die derde dag laat opstaan. (Hos. 6:2) Die Hebreeuse profeet sê dit het ‘n toekomstige eskatologiese betekenis.

En in dié dag, spreek die Here HERE, laat Ek die son op die middag ondergaan en vir die aarde die lig duister word terwyl dit nog dag is.” (Amos 8:9) Toe Jesus op die kruis gesterf het- het die son ondergegaan, net soos wat Amos geprofeteer het.

In die Bybel in verskillende tye het God tyd versteur .

Volgens Paulus is daar basies drie hemele. (2 Kor. 12:2) Die eerste hemel– die atmosfeer van die aarde; die tweede hemel- die buite ruimte; en die derde hemel- die ewigheid.

Maar tyd word altyd bereken en gekalibreer op die basis van die tweede hemel se planetariese beweging. Streng gesproke is daar atomiese horlosies wat nie deur die planetarium beweging werk nie maar deur die uitstraling van atomiese gedeeltes, maar tot hierdie uurwerk moet ook hulle berekeninge in nanosekondes uitdruk.

Tyd is afhanklik van die tweede hemel.

In Jesaja en Openbaring wanneer daar gepraat word van die “shamayim” – die hemele wat toegerol word soos ‘n boek (Jes. 34:4; Op. 6:14), wat beteken die buiteruimte verdwyn en die ewigheid ontmoet die aarde. Dit is wat gebeur; dan bestaan tyd nie meer nie.

Ons het twee woorde in Grieks vir tyd—“kronos” en “kairos.” Kronos is ’n kronologie van gebeure wat beteken ons het kronologie in die ewigheid maar daar is nie tyd nie. Ewigheid is nie ‘n uurwerk wat aanhou loop nie, omdat daar nie ‘n uurwerk is nie. God doen iets met tyd.

In die Boek Josua het God die son laat stil staan. (Jos. 10:12-13). In Openbaring 8:12 gaan God dit weer doen, ’n dag van 24 uur sal verkort word na 16 ure.

Met koning Hiskia se genesing het God die son laat terug beweeg. (2 Kon. 20:9-11).

As ons lees hoe oud Hiskia was gedurende sy regering dan het ons ’n man wat net so oud as Jesus sou gewees het—in sy 30’s- met die tyd wat terug gegaan het, so die tyd moes aangeloop het.

Met ander woorde toe die son met Jesus onder gegaan het, het die son met Jesus aan beweeg en die teenoorgestelde gebeur wat met Hiskia gebeur het.

Hier was ‘n man in sy dertigs wie se lewe verleng was omdat die uurwerk teruggeloop het, die son het terug gegaan, en soos met Jesus, is ’n man met dieselfde ouderdom se lewe verkort omdat dit aangeloop het. Dit het met Hiskia gebeur, en ons sien dit in Openbaring en in die Boek Josua.

In verskillende tye het God met tyd ingemeng. Toe die Here Jesus gesterf het, het die son twee keer ondergegaan. Gekruisig op ‘n Vrydag? Nee, nie op “Goeie Vrydag” nie. Mattheus , Markus Lukas en Johannes sê dit het met Pasga gebeur volgens die Maan Kalender, nie op die Paasfees (Easter) volgens die son kalender nie. Easter is ’n heidense fees. In die 4de eeu het die Roomse Katolieke kerk dit verander. Jesus het nie op ‘n “Goeie Vrydag” gesterf nie, maar ons kan sê Hy het op [‘n ] Vrydag gesterf. Die son het Vrydag onder gegaan, Jesus is van die kruis af, om 3 uur kom die son op, die son gaan weer onder op Vrydag nag, die son kom Saterdag op en gaan Saterdag aand onder en ons tel nog steeds 3 letterlike dae en nagte.. As Jesus op ‘n Donderdag gekruisig was dan het ons ‘n probleem gehad, ons sou 4 gehad het. Maar dit moes 3 dae en drie nagte gewees het, dieselfde as met Lasarus (Joh. 11:14), dieselfde met die twee getuienisse (Op. 11:9) en Jona. (Joh. 1:17)

 

Die Verenigde samehorigheid van Cleopas en die Dissipel

En met dit alles is dit die derde dag en Jesus is op pad na Emmaus en terwyl Hy op pad is ontmoet Hy Cleapas en ‘n ander dissipel, maar hulle oë is weerhou om Hom te sien, Jesus loop saam met hulle maar hulle kan Hom nie werklik sien nie.

Watter woorde is dit wat julle met mekaar loop en wissel?” En hulle vertel Hom van al die dinge wat gebeur het, asof Hy nie weet nie en Hy antwoord.... o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het!...Was dit nie nodig dat hierdie dinge moes gebeur het nie? Let op, Jesus betreur dit omdat hulle die Skrifte nie ken nie.

En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.” (Luk. 24:25-27) Skrifte, die Skrifte, die Skrifte. o Onverstandiges--- met harte wat traag is om te glo” Alles wat in die Skrifte is.

Baie van ons het voorkeur Bybel verse en Skrifgedeeltes. Tot klein kindertjies het voorkeur slaaptyd stories soos Dawid en Goliat, dit is goed, maar ‘n voorkeur is nie inklusief nie. Al die Skrifte is belangrik. Drie keer (ingeslote Luk. 24:32) beklemtoon Jesus die Skrifte, die Skrifte, die Skrifte. Hy is die Woord wat vlees geword het; Hy is die “Logos”. Die Bybel is Jesus in druk—die Skrifte.

Jesus het saam met hulle geloop maar hulle het dit nie geweet nie. Hy probeer die Skrifte aan hulle verduidelik maar hulle begryp dit nie. Jesus het sekerlik uit die dood opgestaan maar hulle kan dit nie regtig verstaan nie, hulle weet nie of dit waar is nie. En so het ons ‘n situasie waar Jesus se eie dissipels nie die Skrifte kon verstaan nie of die feit kon begryp dat dit Hy was wat saam met hulle geloop het nie. Hulle het hom nie werklik gesien nie en Hom ook nie werklik gehoor nie terwyl Hy saam met hulle, by hulle was.

HY was saam met hulle, maar hulle was nie regtig saam met Hom nie.

Ek is seker Jesus is saam met my, maar die vraag is, is ek altyd regtig saam met Hom?

Hy is hier, maar sien ek Hom? Nie as ek die Skrifte nie verstaan nie. Hy is daar en Hy praat met my maar verstaan ek wat Hy sê? Nie as ek nie die Skrifte begryp nie.

Wanneer ons bid dan praat ons met God, maar wanneer ons die Bybel lees dan praat God met ons, dit is ‘n dubbelbaan gesprek. So, ek wandel met Hom, ek gaan kerk toe en luister na preke maar wanneer ek in verkeers knoop vasval dan wil ek van hierdie mense uit die wegruim—die man met die selfoon teen sy oor en sigaret in die mond, in al hierdie dinge is Jesus met my, maar herken ek Hom? Sal ek die sneller trek as Hy sigbaar langs my sit? Die feit dat Hy nie sigbaar by my sit nie ontken nie die waarheid dat Hy nog steeds werklik by my is nie. Hy hoor wat ek sê, maar hoor ek wat Hy sê? Hy sien my maar sien ek Hom? Hy probeer aan my verduidelik maar luister ek?

Lewe ek en Wandel ek in die Krag van die Opstanding?

Die punt is, Jesus is inderdaad iemand wat dood was, en vir geen oomblik twyfel ek oor die historiese werklikheid van Jesus se kruisiging nie. Ek betwyfel nie vir een oomblik dat Hy in my plek gesterf het en dat hy gekruisig was nie.

Wat ek wel bevraagteken is hoeveel van Jakob Prasch, van my ou self is besig om saam met Hom te sterf? Dat Hy na die kruis gegaan het is ek baie seker van; maar hoe getrou dra ek dit en wandel ek in Sy voetspore soos wat Simon gewandel het? Dit is die hoofsaak.

Jesus het opgestaan maar hulle betwyfel dit. Het hy opgestaan? Ek betwyfel dit glad nie—maar dit is nie die vraag nie, die vraag is lewe ek en wandel ek met Hom in die krag van die opstanding? Dit is my vraag. Dat hy gesterf het en opgestaan het, is ek seker van, maar het ek gesterf en opgestaan? Dit is die probleem. Die Skrifte is daar maar hoe goed verstaan ek dit? Hy is met my, maar sien ek Hom en herken ek Hom? Hoor ek wat Hy sê? Maar let op, Hy maak Hom aan hulle bekend met die breek van die brood, Hy eet saam met hulle.

In die Bybel, die rede waarom ‘n persoon geëet het nadat die Here hom of haar uit die dood opgewek het was omdat dit ‘n bewys was dat daar ’n letterlike opstanding plaasgevind het, geeste eet nie. Toe Jesus die dogter opgewek het Hy gesê hulle moet vir haar iets gee om te eet. (Mr. 5:43) Dieselfde met Lasarus. (Joh. 12:2)

God weet van die Jehovah se getuienisse lank voordat hulle begin bestaan het en dat hulle gaan beweer dat die opstanding nie letterlik en fisies was nie. Geeste eet nie. Jesus het letterlik geëet omdat dit ‘n letterlike opstanding was, maar dit is met die breek van die brood wat Hy Homself gemanifesteer het.

Let op Jesus het gemaak of Hy verder wou gaan. “Dit is hier waar ek julle gaan los- groete, Ek gaan vêrder op hierdie pad.” En hulle sê nee “nee, nee, kom in, bly by ons!” “Ons wil meer hoor!” Verklaar die Skrifte vir ons!” “Verklaar U Woord vir ons!” Vertel ons meer van Jesus!” “Asseblief bly by ons!” Hulle moes Hom innooi.

Die Nodigheid om Hom in te nooi.

Vandag is dit presies dieselfde. As daar ooit ‘n groep Christene was wat vandag nog op die pad na Emmaus loop dan is dit die Christene van Laodicea. En Hy sê: “Ek staan by die deur en klop” (Op. 3:20) Hy sê: “Kyk, julle sien My nie; Julle hoor My nie regtig nie. Julle sien nie julle eie naaktheid vir wat dit is nie; Julle sien nie julle ware geestelike toestand vir wat dit is nie. Julle is verblind deur materialisme en oorvloed. Julle dink dit is ‘n barometer vir ‘n groot seën?”

Dit is seëninge, maar dit is nie die skietlood nie; dit is nie die lakmoes toets nie. Hulle kan net nie sien nie en hulle kan ook nie hoor nie, (Op. 3:17-18) behalwe die wat ore het. (Op. 3:22) Dit is wat Jesus sê...”Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.” (Op. 3:20)

Baie mense soos ek gebruik gewoonlik hierdie vers in die loop van Evangelisasie en dit is goed en aanvaarbaar, maar dit is nie primêr waarvan hier gepraat word in sy eksegetiese konteks nie.

Jesus praat nie hoofsaaklik met ongeredde mense nie alhoewel dit op ‘n manier van toepassing is op hulle; Jesus praat met ons. “Laat My inkom Ek wil saam met julle eet.” “Laat My saam met julle eet.” Eet saam met My en Ek sal saam met jou eet. “Ek sal hierdie dinge aan jou verduidelik.” Jesus wou verder gaan op die pad. Hy maak asof Hy verder wou gaan. Hulle moes Hom vra om in te kom en dit is net toe hulle Hom vra om in te kom dat Hy Homself aan hulle geopenbaar het, en toe verstaan hulle die Skrifte; Toe sien hulle Hom vir wie Hy is; en toe, en net toe, het hulle Sy Woord verstaan vir wat dit is. En toe, en net toe het hulle werklik gesien en waarlik gehoor.

Ja, Hy het opgestaan, maar wandel ons in die krag van daardie opstanding? Ja, Hy het gesterf, maar het ons gesterf? Ja, Sy Woord is die Waarheid, maar drie keer sê Hy vir Sy dissipels dat hulle dwaas is omdat hulle die Woord t nie verstaan het nie. Hulle kon nie sien nie en ook nie hoor nie.

Ons wandel op dieselfde pad met Jesus. Hy is volkome tevrede en volkome vasbeslote om self die pad te loop, maar Hy sal nooit ‘n uitnodiging na ‘n middag maal van die hand wys nie.

God Seën.

JP/ Moriel / 08/2017 / vertaal

You are here:

Sermons in Afrikaans