The Reign of King Asa - Afrikaans

Die Regering Van Koning Asa

Die onderwerp in die regering van koning Asa (2 Kroniek 13) is ‘n waarskuwing van God aan al goeie manne en vroue maar ook aan ons almal. Die waarskuwing is egter meer direk aan alle goeie leiers en herders. Die konings van Israel was deur die profete geken as wagters. God het vir die profete gesê dat hulle hul konings wagters moet noem. Die Hebreeuse woord vir wagter en herder is dieselfde‐ Roeh‐ en in ‘n pastorale bediening kan daar baie geleer word van die konings van Israel.

Daar is goeie wagters en herders en daar is slegte wagters en herders en die tipologie van die koning van Israel leer ons van die goeie en slegtes maar dit is van toepassing op ons almal.

Ons lees in hoofstuk 13 vers 20?22: “En Jeróbeam het geen krag meer behou in die dae van Abía nie, (Aviyah beteken My Vader is Yahweh) en die HERE het hom swaar getref, sodat hy gesterf het. Maar Abía het hom versterk; en hy het vir hom veertien vroue geneem en die vader van twee en twintig seuns en sestien dogters geword. En die verdere geskiedenis van Abía, sy weë en sy woorde, is beskrywe in die Uitleg van die profeet Iddo.”

Die woord “uitleg” wat hier gebruik word beteken in Hebreeus? “Midrash? Midrasj” (Om te ondersoek) Baie mense beweer dat midrasj nie in die Bybel voorkom nie maar dit is daar omdat baie van ons nie Hebreeus kan lees nie.

Asa volg Abia op in Juda in hoofstuk 14. Asa was ‘n goeie koning, sy vader was nie ‘n slegte koning nie en sy seun was ‘n baie goeie koning, maar Asa het begin as ‘n goeie koning. Aviyah ?Abia het ontslaap met sy vaders. Nou die idee om by die vaders gevoeg te word is wat in Hebreeus “Avot” genoem word. Avot is die meervoud van “Ava”? vader.

In Hebreeus het ons ‘n wêreld wat geken word as Sheol, wat die onderste wêreld beteken, die plek waar die geeste van siele en die dode heengaan. Sheol bestaan uit twee gedeeltes, een gedeelte was Geheno? Gehena. Gehena was geken as die plek buite die afval hek van Jerusalem waar al die afval verbrand word, daar was ‘n vuur wat dag en nag gebrand het, maar dit is ook ‘n gruwel plek waar Molech? Molog aanbidding plaasgevind het. Dit is waar die Kidron Vallei en die Hinnom dal (Tyropean) bymekaar kom waar hulle babas aan duiwels geoffer het. Gehenna is ‘n Bybelse simbool van die Hel. Jesus sê vir die Fariseërs: “Hoe sal julle die oordeel van die Hel? Gehenna ontvlug?

Sheol het dus twee gedeeltes, die een helfte is die plek Gehenna waar al die bose mense heengaan en dan is daar ‘n groot kloof tussen die twee gedeeltes wat niemand kan oorsteek nie, en aan die ander kant is die plek “Avot”? wat geken word as die “Boesem van Abraham.”

In Lukas 16 sien ons Lasarus en die ryk man, Lasarus was aan die boesem van Abraham en hy is in die plek Avot, die plek van die vaders? Abraham? Isak? Jakob? en die ander in die plek van verdoemenis? Gehenna? en daar is ‘n groot kloof tussen die twee. Nou, die Hel is ewig, en daar is ook ‘n volle

bewustheid, Lasarus was instaat om met die man wat in hierdie vuur was te praat en die ryk man was in staat om die seëninge van Lasarus en die Avot te sien.

Vandag is daar baie mense soos Roger Forster wat leer dat daar nie ‘n plek soos die Hel bestaan nie, Hel is ‘n plek van vernietiging. As jy jou nie bekeer van jou sondes nie sal jy na jou dood eenvoudig net nie meer bestaan nie. Dit is wat die “Optogte vir Jesus” se leier Roger Forster leer. Maar dit is wat ongeredde mense buitendien glo, wat is die nut daarvan om aan hulle die Evangelie te verkondig as hulle vernietig gaan word? Maar dit is wat die Bybel leer nie. Lasarus en die ryk man was by hulle volle positiewe en hulle het gesien wat met mekaar gebeur.

Nou, die probleem wat ons met die N.T. het toe hulle hierdie konsep in die N.T. vertaal het? het hulle die plek Sheol na Hades in Grieks vertaal. Dit is nie ‘n groot probleem nie, maar toe die King James Hades na Hel vertaal het was daar ‘n probleem en hulle het gedink Jesus het afgedaal in die Hel, baie kerke sien dit vandag nog so. Dit is waar Copeland en Hagan hulle verwronge idees vandag kry. Jesus het nie afgedaal in die Hel nie, Hy het na die Avot? Sheol – Hades gegaan.

Jesus het na die Ou Testamentiese heiliges gegaan wat getrou onder die Wet gesterf het, hulle wat in die boesem van Abraham gewag het vir die koms van die Messias, en nadat Hy aan die kruis vir sondes gesterf het kon hulle deur Hom die ewige Hemel ingaan.

1 Kron. 14:1?7: “En Abía het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die stad van Dawid, en sy seun Asa het in sy plek koning geword. In sy dae het die land tien jaar gerus. En Asa het gedoen wat goed en reg was in die oë van die HERE sy God: hy het die vreemde altare en die hoogtes verwyder en die klippilare stukkend gebreek en die heilige boomstamme omgekap en aan Juda gesê om die HERE, die God van hulle vaders, te soek en om die wet en die gebod te doen. Ook het hy uit al die stede van Juda die hoogtes en die sonpilare verwyder, en die koninkryk het gerus onder hom.

Verder het hy versterkte stede gebou in Juda, want die land was rustig; en daar was geen oorlog teen hom in daardie jare nie, omdat die HERE hom rus verskaf het. Daarom het hy aan Juda gesê: Laat ons hierdie stede opbou en met 'n muur omring en met torings, poorte en grendels, terwyl die land nog vry voor ons lê; want ons het die HERE onse God gesoek??ons het gesoek, en Hy het ons rus verskaf rondom. Hulle het toe gebou en was voorspoedig.” Let op hy bring al die dinge wat hy het en die voorspoed wat hy ontvang het direk in verband met die feit dat die mense getrou was aan God.

Vers 8: “En Asa het 'n leër gehad wat skild en spies dra: uit Juda drie honderd duisend man, en uit Benjamin, (Juda en Benjamin en ook van die Leviete was die twee suidelike stamme, die ander tien stamme was van die noordelike gebied)? wat die skild dra en die boog span, twee honderd en tagtig duisend; hulle was almal dapper helde.”

Let op! Die mense in die noorde het die leefwyse van heidene nagevolg, hulle godsdienstige geloof, maar die in die suide het getrou gebly. Die mense in die suide het nie dieselfde voorspoed en getalle gehad as die in die noorde nie, hulle het tien stamme gehad, die in die suide net twee stamme en die Leviete. Hulle het nie al die voorspoed gehad nie maar God was met hulle, dit is waar die Tempel was en

hulle het die troon van Dawid gehad. Dawid is die Ou Testamentiese skaduwee van Christus? as die Goeie Herder en Koning, hulle het die Here gehad.

Hulle het ‘n nalatingskap van Dawid gehad. Hulle het nie geld of getalle gehad nie. Die Noorde het ‘n groot leërmag gehad maar die soldate was nie almal dapper manne nie, let op? net mense wat regtig getrou is aan God sal dapper wees in geestelike oorlogvoering. Vir God is kwaliteit altyd baie meer belangriker as kwantiteit. Hierdie wêreld kerke het miskien die getalle en geld en baie besitting, maar in ‘n oorlog gaan hulle nie dapper vegters wees nie.

Kom ons kyk na hulle. Sien ons dat hulle Moslem na Christus toe lei? Nee natuurlik nie, hulle gaan ooreenkomste met hulle aan, nog erger, hulle lewe soos hulle. Ons moet onthou dat die oudste vyand van die Evangelie in die eilande die Druide was, ‘n Keltiese godsdiens van ouds, die klipsirkel (Stonehenge) groep in Engeland. ‘n Tyd gelede met die sonstilstand was daar in Brittanje weer ‘n herlewing van hierdie heidense godsdiens. Post? Christen en neo heidense Brittanje keer terug na heidenisme. In Belfast Ierland sien jy van beide Katolieke en Protestante muur tekeninge van die antieke Keltiese oorlog gode en mitiese helde. Cohowin en Arene. Arene was die ou heks wat altyd die bloed van jongmense gesoek het om haar jeugdigheid te behou. Dit is die beelde wat deur para?millitêre en terroriste organisasies gebruik word wanneer hulle kinders vermoor. Dieselfde demoniese kragte, sommige mense noem dit gebiedsgeeste, (principalities) is aan die werk. Die weergeboorte van heidenisme in Brittanje, die oudste vyand van die Evangelie. Dit was Patrick, St. Patrick wat die Druide gekonfronteer het. Die leier van die Kerk van Engeland is een, en hy is ‘n Druid wat homoseksuele in die huwelik verbind, wat homoseksuele as Biskoppe aanstel. Dit is net soos in Israel.

As jy die Torra lees wat dit beklemtoon, en hulle moes die hele Wet onderhou. Onder hierdie gebooie soos in Levitikus is daar baie gebooie teen onnatuurlike seksuele praktyke soos bestialisme, bloedskande en Homoseksuele en lesbiese verhoudings, onnattuurlik en perverse verhoudings.

Nou word daar wette gemaak wat as jy dit sê dan is jy skuldig aan haatspraak. ‘n Belediging vir die minderhede! Dit is dieselfde as om ‘n Jood ‘n kite te noem, ‘n swart mens ‘n swartnerf, of ‘n Asiaat ‘n Paki. Is Jode, swart mense en Asiate dieselfde as homoseksuele? Niemand het nog ooit Hel toe gegaan as gevolg van sy kleur of ras nie! Daar is niks verkeerd om ‘n Asiaat, swart of wit te wees nie, dit is nie pervers of onnattuurlik nie maar hulle gaan wette maak wat ons gaan belet om dit vir iemand te sê.

Wette wat kerke se liefdadigheid status kan wegneem en hulle belasting kan laat betaal, dinge wat in elk geval gaan kom. Maar wat nog meer siek is? is dat gevestigde kerke hierdie dinge ondersteun, en Pinkster kerke gaan dit ook doen. Israel het net soos die heidense nasies om hulle geword. Dit is wat om ons ook gebeur, hulle raak net so immoreel as die nasies om hulle.

Maar hulle wou nog steeds as Jode geken word, net soos vandag, hulle wil nog steeds as Christene geken word. Maar Jesus sê: As julle My lief het, bewaar My gebooie.

Let op die teks sê hulle het nie God se insettinge gehou nie, God het vir hulle in Deuteronomium gesê: Bewaar My insettinge sodat dit met julle goed kan gaan.” Ons onderhou nie God se gebooie om die Here se ontwil nie, God is God, Hy het niemand nodig om enigiets te doen nie. God sê bewaar My gebooie vir

julle onthalwe. As mense God se gebooie onderhou sal daar nie misdaad, sosiale ongeregtighede en ook nie Vigs wees nie. As ons God se gebooie bewaar sal dit met ons goed gaan. Maar hulle het geword soos die heidene om hulle en dit is wêreldwyd.

In Uganda in Kenia is daar baie ware wedergebore swart Anglikane, die meeste van hulle is waarlik gered, maar in Suid Afrika onder Desmond Tutu is dit nie die geval nie, hier wil hy Lesbiese vroue as priesters aanstel terwyl hy omgaan met toordokters, hy het geword soos die heidene om hom. Hier sien ons Israel en Juda. Vir ‘n Keniaan is homoseksualisme ‘n perversie.

Dit is interessant om op te merk dat mense wat onder die verval en die oorvloed van die Westerse wêreld uitkom en in ‘n eenvoudig derde wêrelds kultuur gaan woon, daar geen endemiese homoseksualiteit voorkom nie! Die enigste plek in die derde wêreld waar homoseksualiteit hoog gety vier is in Asië, waar kinders as homoseksuele prostitute vir die Westerlinge in Thailand aangehou word, Budhiste wat klein seuntjies en dogtertjies verkoop! Dit is dinge wat vroeër nie in die groter Afrika bestaan het nie, dit gebeur net wanneer mense beïnvloed word deur die korrupte westerse wêreld. Kyk na die diere wêreld, hulle doen dit nie, mense het slegter geword as diere. Israel en Judah, kom ons kyk: Asa raak ontslae van al hierdie dinge en God seën hom.

Vers 9: “En Serag, die Kusiet, het teen hulle uitgetrek hom met 'n leër van 'n miljoen met drie honderd strydwaens; en hy het gekom tot by Marésa.” (Asa kom te staan teen ‘n oormag)

Vers 10: “Toe trek Asa uit hom tegemoet, en hulle het die slagorde opgestel in die dal Sefáta by Marésa. Vers 11: En Asa het die HERE sy God aangeroep en gesê: HERE, niemand kan help soos U tussen die magtige en die kragtelose nie; help ons, HERE onse God, want op U steun ons, en in u Naam het ons teen hierdie menigte gekom; HERE, U is onse God; laat geen sterfling naas U magtig wees nie.” Let op: “HERE niemand kan help soos U nie?” Hierdie manne het baie meer strydwaens, ‘n groter leër, hulle is baie sterker en slimmer as ons. “Niemand soos U HERE?” om te help in die geveg tussen die magtige en die kragtelose nie: “HERE onse God, want op U steun ons, en in u Naam het ons teen hierdie menigte gekom.” Let op: ? “Laat geen mens teen U staan nie.”

Wanneer ons sien dat mense immorele agendas soos Homoseksualisme en heidenisme promoveer en getroue Christene en kerke probeer daarteen opstaan, dan kom hulle nie te staan teen ons nie maar teen God Self, hulle maak van hulleself vyande van God.

Groete in Jesus †††

You are here:

Sermons in Afrikaans